Skip to main content

Standard-WZ-Standard-E-edition - 20 August 2026

Page 1

Jou vallei - jou nuus

24 hours light & heavy duty towing/recovery

Donderdag, 20 Augustus 2026 Tel: 023 347 0968

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830

NM10069576-BW200826

‘Hy het ons lewe hel gemaak’

Die toneel was die afgelope Dinsdag nog afgesper terwyl die polisie hul ondersoek na die voorval voortsit. Foto: Francois Lombard

‘Terroris’ sterf op plaas Enrico Claassen

S

waargewapende polisie-taakmaglede het die afgelope Maandag (17 Augustus) ’n man wat na bewering maande lank ’n skrikbewind op ’n plaas in die Robertson-distrik gevoer het in ’n oor-en-weerskietery doodgeskiet.

Cornelius van Dalen is Maandagmiddag op die plaas Top View in De Hoop, Robertson, deur die polisie doodgeskiet. Foto: Facebook

Karl Smith, eienaar van die plaas Top View, sê die oorledene, Cornelius van Dalen (40), terroriseer die afgelope nege maande die inwoners op sy plaas. Hy sê Van Dalen se skietdood spruit uit ’n voorval die afgelope Sondag (16 Augustus) toe Van Dalen uit die bloute op sy (Van Dalen se) buurvrou se motor losgebrand het. Volgens Smith was daar in daardie stadium niemand in die motor nie.

Smith sê toe die skote begin klap, het hy onmiddellik die polisie ontbied. Volgens Smith is drie polisievoertuie beskadig toe Van Dalen op hom en die polisie losgebrand het toe hulle die plaas betree het. Volgens Smith is die spesiale taakmag toe ontbied. Die taakmag het later die aand by die plaas opgedaag. Hy sê ’n lid van die taakmag is gewond toe Van Dalen glo honderde skote op die polisie afgevuur het toe hulle op die plaas aangekom het. Smith sê die polisie wou glo ’n verklaring neem by die vrou op wie se motor Van Dalen vroeër die dag losgebrand het. Hy sê hulle wou ook haar beskadigde motor as bewysstuk indien. Hy sê die polisie kon daarin slaag om die vrou tot by haar motor te vergesel.

Volgens Smith het die skote toe weer begin klap. Smith sê die angsbevange vrou het toe terug na haar woonstel toe gekruip. “Ek het toe vir haar ’n Whats-App gestuur waarin ek vir haar gesê het om die woonstel se ligte af te skakel en plat te lê.” Smith sê Maandagoggend omstreeks 02:30 is die taakmag onttrek. Volgens hom is polisie-taakmaglede terselfdertyd van elders ingevlieg om hand by te sit. Hy sê die betrokke geregs-dienaars het hommeltuie gebruik om die uitleg van die plaas vas te stel. Volgens hom het sowat drie skerpskutters in bosse in die omgewing van Van Dalen se woning gaan skuil. Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard-WZ-Standard-E-edition - 20 August 2026 by Novus Media - Issuu