
Thursday, 9April 2026
Tel: 023 3470968

![]()

Thursday, 9April 2026
Tel: 023 3470968


EnricoClaassen
’nGesin van die plaas Alfalfain die Scherpenheuvel-distrik buite WorcestersePaasnaweek het op ’n tragiese noot begin toe ’n jong man sy tweelingbroer op Goeie Vrydag na bewering met ’n krat doodgeslaanhet.
’n Bebloede Frederick Moos(21) het minute ná die gru-voorval voor sy ouerhuis in sy ma, Miena Claasen (44),se arms gesterf.
’n Hartseer Mienavertel aan Standard BreederivierGazette dat Frederick die oggend van die voorvalomstreeks08:00 saam met sy stiefpa, Booi Claasen, gaan bier koop het.
“Na ’n rukkie is ek na ’n vriendin van my, want ek wou hê sy moes saam met my ’n bier hier by my huis kom drink.
“Toe ek terug by die huis kom, toe lê hy (Frederick) hier buite [voor die huis].
“Hy het na my geroep en gesê ‘mammie, ek is lief vir jou. Jy moet jouself oppas’.
“Ek vra hom toe ‘wat gaan aan en hoekom praat jy so?’
“Hy het op sy sy gelê en baie gebloei. Daar het bloed uit sy mond, neus en ore gekom. Aandie kantvan sy kop was drie blou merke.”

VolgensMienawou sy haar seun ’n drukkie gee. Sy sê toe sy onder aan sy gesigvat, toe voelsysy

kakebaanispapgeslaan.
“Ek het ’n handdoek gevatomdie bloedteprobeer keer. Ek het langs my kind gaan lê en homvasgehou.
“Ekhet homdie heeltyd gevrahoe kanhymyhier los, terwyl hy belowe het om vir my te sorg.”
Volgens Miena het ambulanspersoneel Frederickopdie toneel dood verklaar.
Sy tweelingbroer, Franco, is korthierna in hegtenis geneem.Miena vertel Franco het die heeltyd gehuil omdathysybroer wousien. Frederick wasongetrouden het nie kinders gehad nie.
“Ek weet nie watekvoelnie.Alles voel vir my nogsoonwerklik. My hart kan nie Ek weet nie Ek hetgister (Goeie Vrydag) niegeweet waarekmoet wees nie. Die een oomblik is ek by Frederick, dan is ek weer by Franco.”

Die tweelingbroers Frederick (links, met wit T-hemp)enFranco(metbloutop)Moos.
Franco hetdie afgelope Dinsdag (7April)opaanklag van moord in die Worcester-landdroshofverskyn.Die saak is virverdere ondersoek tot 14 April uitgestel.Hybly in aanhouding. Begrafnisreëlingsisinhierdie stadium nognie bekend nie.

TheLangeberg Municipality hastabled itsDraft Budget for the 2026-’27 financialyear on 31 March.
Residents are invitedtosubmittheir comments on thedraftbudgetand Integrated Development Plan (IDP) by 8May
In his budget speechMayorSchalkvan Eeden said that the budgetiscredible, funded,and aligned with national norms and standards. The total operating revenue, which includes capital grants, amounts to R1,397 billion, whilethe total operating expenditure is R1,369 billion.
Priority projects includewater infrastructure upgrades, road improvements, community facilities,and waste managementinfrastructure.
The draft capital budget of R108 million is mostly funded from the municipality’s own revenue (R60 million or 55%), while grants contribute afurther R48million (45%).
“This budget reflects our continued commitment to responsible governance, sustainable service delivery, and meaningful relief to our most vulnerable residents, while ensuring the long-term financial health of themunicipality,” Van Eeden said.
The municipality’s main income sourc-
es includeservice charges of R902 million and property ratesofR164 million. At the top of the expenses listare bulk electricity purchases at R654 million (47,78%), followed by employee-related costs of R360 million (25,35%).
Thefollowing tariff increasesare proposed: property rates, water andsanitation (up by 3,7%), refuse removal (8%), electricity (9,01%), salaries (4,75%) with general expenses, repairs andmaintenance(3,0%)
According to the mayor the municipal councilaimed to bring relief to pensioners andvulnerablehouseholdsby strengthening the property-rates rebate framework
Households with an income of R0 to R7 050 will geta proposed 60% rebate, households earning R7 051 to R8 500 will geta 50% rebate, whilehouseholds earningR8501 to R10 000 willget a40% rebate.
The property-value rebate threshold has been increased from R80 000 to R100 000. Theindigent household income thresholdhas been increased fromR4700 to R7 050 per household,extending relief tomore vulnerablefamilies
To address historical debt the municipality’sCredit Controland Debt Col-

EnricoClaassen
Paasfees het ’n slegte nadraaivir ’n ouerpaarvan Wellingtongehad toe hul sesjarige dogter Maandag(6April) in ’n motorbotsing op slag dood is Die botsing het omstreeks 20:20 op die N1 tussen die weegbrug en die Slanghoek-oorbrug in die Rawsonville-omgewing gebeur. Volgens sers.VivienneHurlingJordaan, ’n polisiewoordvoerder, hetdie meisie ten tyde van die botsing saam met haar ouers in hul Kia in die rigting van die Paarl gereis.
Hurling-Jordaan sê die meisie se
ouers is aanvanklik in die Mediclinic in Worcesteropgeneem, waarna hulle na ’n Kaapse hospitaal oorgeplaas is.
Albei moesnoodoperasies ondergaan. Sy sê die bestuurder van die tweede voertuig,’nYaris, wat ook in die ongelukbetrokke was, het in die rigting van Worcester gereis
Volgens haar wasvier mense –twee mans en twee vroue –indie Yaris. Die twee vroue is beseer, van wie een ernstig.
Hurling-Jodaan sê die beseerdes is in dieWorcester-hospitaal opgeneem.
Die polisie ondersoek ’n saak vanstrafbare manslag.

lection Policy was updated to includea debt-management solution.Itaimed to encouragepayment compliance.
Thedraft IDP andbudget-related policies andthe Spatial Development Framework (SDF) were tabled at the samemeeting. Themunicipalitysaid thatfollowing the annual review process
Thetop 10 capitalexpenditureprojects include:
1. Upgrading of Bonnievale WaterTreatment Works (R20 285 000)
2. Upgrading of roads in Ashton in residential and industrial area and curbs in Zolani (R12m)
3. Robertson Heights (R11 685000)
4. Constructionofnew watertreatment worksin McGregor (R11 432391)
5. Upgrade in Robertson Precinct (R8 695652)
6. Fencing at Robertson TransferStation(R4 700 000)
7. Upgrading of the VanZyl Street Sport Ground(R3 308 041)
8. Upgrading of the boundaryWallatCogmanskloof Sport Ground(R3,5m)
9. Upgrading of McGregor drop-off (R3m) 10.Replacement and repairs of network (R2,8m)
no strategicamendments were required. Full detailsofthe budget areavailable on the municipality’s website. Those who wish to comment cancontacttheir councillor, or send their comments via email to mm@langeberg.gov.za,idp@langeberg gov.za or submitacontactformatlangeberg.gov.za/contact-us.
–Ronélvan Jaarsveld
EnricoClaassen
Die polisie in Worcester is op soeknadie naasbestaandes van ’n bejaarde manwat se lykop21Junie verledejaar omstreeks 09:50 in ’n vlak graf bo-op ’n bestaande graf in die begraafplaas in Kerkhofstraat in Worcester aangetref is. Volgens AO Vathiswa Jacobs,’n polisiewoordvoerder, wasdie oorledene geklee in blou slaapklere metwit kolletjies
Sy sê die etiket op die slaapklere dui aandat dit by Woolworths gekoop is ’n Frokkie, langpyp-onderbroeken
borslap is by dieoorskotgevind. Jacobs sê nadereondersoek duidaarop dat dieoorledenetot en metsydood gesukkel hetomteloop.
Volgens haar bestaandie vermoede dat dieman se oorskot vir die eenof ander onbekende rede uit’nander graf gegrawe is Daar wordook vermoeddat die oorledeneaan natuurlike oorsake dood is Naasbestaandes van die oorledene wordversoek om die ondersoekbeampte in diesaak, AO Kobus Willemse, by 0662636995 te kontak.
Brandbestryders van die KaapseWynland-distriksmunisipaliteit(KWDM)het daaringeslaag om ’n groot gedeelte van die veldbrand in die Du Toitskloofpas onderbeheer te bring
Die brand het Dinsdagmiddag(7April) omstreeks 15:00 op private grondontstaan en hoog in die berge van die pas gewoed
Volgens ’n verklaring deur die KWDM is die regterflank vandie brand in die rigting van Worcester volledigingekamp, terwyl die vuurlynaan die Paarlkant van die berg gister steedsgebrand
en in ’n gebroke lyn en deur uiters rotsagtige en uitdagendeterrein versprei het.
Grondspanne salopdie toneelaanbly om opruimingstake voort te sit, terwyl ’n KWDM-brandvoertuig voortgaan met monitering om enigeopvlamming betyds op te spoor.CapeNaturesal ookhand bysit.Geenbeseringsofskade aaninfrastruktuur is aangemeld nie.
Allepaaie in die gebied was gisteroop virverkeer nadat dieDuToitskloofpas Dinsdag ookweens ’n vragmotorongeluk virverkeer gesluit was

DieWes-Kaap se damvlakke het tot 42,7%gedaal van 58,3% in dieselfde tyd verlede jaar, terwyl dieprovinsie steeds gebuk gaanonder aanhoudende droogtetoestande en ondergemiddelde reënval.
Data van 7April toon dat dieKaapstadse waterstelsel, wat die metrogebied voorsien, op 45,1% kapasiteit is –’n daling van 2% sedert verledeweeken aansienlik laer as die 63% wat in April 2025 aangetekenis.
Die Theewaterskloofdam,die provinsie se grootste dam met ’n inhoudsmaat van479,26 miljoen kubiekemeterhet tot 44,3% gedaal, vergeleke met 64% verlede jaar.
Ander belangrike damme in die Kaapstadse stelsel toon ook kommerwekkende dalings: die Bergrivierdam is op 39,6%, Voëlvlei op 50,9%, Wemmershoek op 49%, Steenbras Bo op 57,2% en die Steenbras-Onderdam op 35,8%.
Die Olifants-/Doornrivier-opvangsgebied ervaar die grootste druk, met damvlakke op slegs 21,3%, in vergelyking met34,9% verlede jaar.
Die Breederivier-opvangsgebied staan op 41,1%, terwyl die Gouritzrivier-opvangsgebied, wat die Tuinroete voorsien, op 52,7% is.
In Kaapstad bly waterverbruikbodie stadseteiken van 975 miljoen liter per dag, met huidige verbruik op ongeveer

eenmiljard liter daagliks. Stadsamptenare het gewaarskudat formelewaterbeperkings oorweeg kanwordindien verbruikhoog blyendamvlakke verder daal, veralaangesien winterreënvalna verwagtingondergemiddeldsal wees. Verskeiemunisipaliteite oor die provinsie heen het reeds waterbespa-
ringsmaatreëls ingestel. Beaufort-Wes het van 1Maart na fase vier-waterbeperkingsopgeskuif, methuishoudings watmeeras10kiloliter permaand verbruikwat ’n 200%-toeslag in die gesigstaar.Die dorp se Gamkadamisin Februarieopongeveer14% gerapporteer, metsowat 70% vandie dorpsewater-
voorsiening wat nouuit boorgatekom DieStellenbosch-munisipaliteit hetook inwonersversoek om waterverbruikmet 15% te verminder, metdie Idasvalleidam wat op 30% is Diemunisipaliteit hetaanvulling van Kleinplasie geaktiveer en verskeie boorgate in gebruik geneem. Laingsburghet drie bykomende boorgate geïnstalleerennagtelikewaterbeperkingingestelwat ’n 25% vermindering in gebruik behaal hetnadat boorgatwaterdieptes van 14 meter tot 30 meter gedaal het.
Diewaterkrisis hetKnysna ookgetref, waardie munisipaliteitinJanuarie ’n plaaslikeramp verklaarhet nadatdie Akkerkloofdam tot 15% kapasiteitgedaal het.
Amptenare hetgewaarskudat die dorp netdae wegwas van droë krane, wat noodfinansieringenaansienlikstrenger waterbeperkings genoodsaak het. Teen Maarthet diedam tot ongeveer 29% herstel, hoewelwatervoorraad steedsonder druk bly.
DieWes-Kaapse droogte is in Februarieas’nnasionale rampgeklassifiseer, wat noodfinansieringenvinniger verkryging van alternatiewewaterbronne in geraakte munisipaliteite moontlikmaak. Provinsiale owerhede doen’ndringende beroepopinwonersomwaterverbruik onmiddellikteverminder en monitor damvlakke noukeurig
Theadmissions windowfor on time online applicationsfor the 2027 school year is quickly drawing to aclose. Therefore the Western Cape Education Department (WCED)isencouragingparents to apply before 14 April.
“Parents are responsible forapplying on time foraplace in aschool fortheir child,but the parents of 28 003 Grade 7 learners currently attending school in the Western Cape have not yet applied for aplaceinGrade 8nextyear,” said WesternCape MEC for Education, David Maynier last week.

He urgentlyappealed to all parents and guardians, whose children will be in Grade R, 1and 8next yeartoapply before theclosing date.
TheWCED opened applications for ontime admissions earlyinMarchalready.
“Wehave made it as easy as possible toapply,and made help availabletoparents whoare notable to completetheir applicationsonline, so there is no reason not to apply on time.”
Maynier further added:“So far, the parents of 125 063 children have already appliedfor aplace in Grade R, 1or8
next year, and we thank these parents formaking these applications their priority.”
With every applicationparents and caregivers must uploadcopiesofseveral documents when submitting an application.
These include the child’s most recent officialschool report where applicable, andcertified proof of identity of the learner such as abirth certificate, ID or passport.
Forforeign learners, apassport, study permit, proof of application for apermit,
or acopyofthe parent’s asylumseeker or refugee permit will be accepted. If none of these documents areavailable, aSouth African Police Service affidavit maybesubmitted Applicants must alsoprovide the learner’s immunisation card (RoadtoHealth Certificate)for primary school applications, as well as proof of residencesuch as amunicipal account, lease agreement, or an affidavit confirming residence. To apply onlinevisit the WCED’s website on https://www.westerncape.gov.za/ education/service/learner-admissions.



CharlotteLesch
Hoewel nasionale brandstofvoorraadvlakke amptelik as stabiel beskou word, is die werklikheid op plaasvlak meer gefragmenteerd. Dit isdie bevinding uit Agri SA en Agbizsegesamentlikeopname rakendedie uitdagings met brandstof onder landbouprodusente, vulstasiesenbrandstofverskaffers.
Só het Jolanda Andrag,AgriSAsebedryfshoof, verlede Dinsdag (31 Maart) gesê, kort voordatdie minister vanfinansies, Enoch Godongwana, tydelikeverligting onder brandstofverbruikers aangekondig het. Verbruikers is verlede Woensdag (1April)met ’n tydelike R3-verlaging in die brandstofheffing begroet, terwyl Suid-Afrikanershulle gereed gemaak het vir massiewe prysstygings by diepetrolpomp. Die nuwepetrolpryshet verlede Woensdagmet R3,06 per liter gestyg, terwyl diesel nou R7,37 per liter meer kos.
Produsente en verskaffers in verskeie strekehet volgensAndraginMaart toenemende druk op beskikbaarheid, met duidelike tekens vanrantsoenering,aangemeld “Verskaffers beperk in baie gevalle volumes as gevolg van onsekerheid oor hervoorsiening, watbegin deurwerk na boerdery- en agri-sake-bedrywighede.”
In die Wes-Kaap, spesifiek voor planttyd, is die prentjie eenvan toenemende spanning in die stelsel.“Produsentekan in die algemeen nog brandstof koop, maar teen beperktevolumes. Hierdie soort omstandighede verhoogdie risiko van ontwrigting

Vulstasies in Malmesbury
die
gedurende ’n kritieke produksievenster.”
’n Belangrike gevolgtrekking is datdie huidige situasie nie deur ’n enkele faktor gedryf word nie, maar eerder deur ’n kombinasie van ’n wisselvallige internasionale olieprys, logistieke dinamikaindie voorsieningsketting en gedragsreaksies in die mark.“In so ’n omgewingbegin prysseine ’n belangrike rol speel in hoevoorraad versprei en bestuur word.”
Op grond hiervanhet AgriSA en Agbizdie departement van minerale hulpbronne en energie genader met ’n versoek vir ’n tydelike aanpassing aan die brandstofprysmeganisme. Ditsluit in ’n buite-siklus-prysaanpassing en meer gereelde hersienings vir die duur vandie huidige wisselvalligheid, metdie doel om die stelsel testabiliseer en die aansporings vir paniekaankope of terughoudingvan voorraad te verminder. Weens “plaaslike spanning en onsekerheid is tydige, proporsionele beleidsreaksie belangrik.”

Therising cost of fuel and the effect that it is going to haveonthe budget of householdsare topofmind for many, especiallywith indications thatanother sharp increase in the price of diesel may be coming in May.
The conflict between Iran,the USA andIsrael, with the resulting closeofthe Strait of Hormuz,which is amainroute for20% of the world’s oiland liquefied natural gas, hascaused worldwideincreasesinthe cost of fuel.
These increases willfilterdowntoconsumersasthe cost of the manufacturing of goods, producing of food andtransport costswillrise sharplytoo if this conflict is not resolved
There are,however, ways to buffer your ownbudget. Apart from cutting unnecessary expenses andluxuries, onecan
TheAAadvises thatmotorists should try andnot accelerate harshly as it contributes to higher fuel consumption Ratherpullawayfromstop streets and traffic lights gradually. Keep yourvehicle’srevs lower andthose with automatic vehiclesshould accelerate on alight throttle for early gear changes.
DRIVINGATACONSTANTSPEEDPREVENTATIVE Trydriving at aconstantspeed to avoid harshbreaking as it is more economical. Achieve thisbykeeping your attention on the traffic andkeepinga safe following distance.
Onecan save fuel by taking advantage of yourvehicle’s momentum. Build up speedbefore an uphill stretchand stop acceleratingonceyou areatthe top. Reduce the time yourcar idles.When it hastobelongerthan30seconds, ratherswitchitoff,although this is not


Diekampioenvandieskole-rugbykragmeting,EsselenparkSekondêr,viersyoorwinning. Foto:FrancoduToit

Dieo.19A-span vanEsselenparkSekondêrisasdie kampioen in die skole-netbaleindstryd gekroon ná ’n 18-12-oorwinning teen Worcester Senior Sekondêr. Foto:FrancoduToit
Die opwinding was groot– in aanloop tot die eerste Easter Clash tussen die buurspanne Young Hamiltons en Multisure Villagers Worcester wat die afgelope Saterdag in ’n kookwaterderby op die veld ontmoethet. Maar eers het vier plaaslike skole sake op die rugbyveldennetbalbaan uitgespook om diekampioene indie skole-afdeling te beslis en ook om die derde en vierdeplek te bepaal.
Wedstryde tussen dié vierplaaslike skole is reedsverlede Woensdag (25Maart) op Bolandpark gereël om te bepaal wie die afgelope Saterdag in die hoofvoorwedstryd teen mekaar sou speel.
In die eerste rugbywedstrydopdié dag moes Worcester Sekondêr tot die einde gefokus bly om ’n begeesterde Somerset Highmet 17-12 te klop, terwyl Esselenpark Sekondêr op meer as netvernuf moesstaatmaak om sy buurspanvan die Hoërskool Breëriviermet 7-3tetroef. Boonop het Esselenpark eers diewendrie behaalnadat die skeidsregtertwee geelkaarte vir ongeoorloofde spel aan Breërivier gegee het en hulle vir ’n lang rukmet net 13 spelers moes klaarkom In die netbal het Esselenpark en Breërivier mekaar op die baan ontmoet, met Esselenpark wat die oorhand met 21 doele teenoor Breërivier se 16 aangeteken het. Worcester Sekondêr hetook gewyswat

Senior Sekondêr se A-span, wat0-15indie eindstryd vandie skole-afdeling teen Esselenpark
Foto:FrancoduToit
in hulle steek met’neindtelling van21-9 teenSomerset High School.
Die wenspanne het Saterdag om die trofee meegeding,terwyldie “verloorspanne”omdie derdeenvierdeplekke uitgespeel het. Worcester Sekondêr en Esselenpark hetmekaar dus Saterdag in beidedie netbal enrugby die strydomdie wentrofeeaangesê, metdie Hoërskool Breërivieren Somerset High School wat vir diederde en vierdeplekuitgespeel het. Esselenpark het in beide afdelings in

sy eindstryd-kragmetingsteenWorcester Senior Sekondêr metdie wentrofee weggestap, met Worcester, wat helaasas naaswenners uit die strydgetreehet
•Die volledige uitslae:
Rugby: Eindstryd: Esselenpark15-0
Worcester Senior Sekondêr;
Derde plek: Die Hoërskool Breërivier 41-6 Somerset HighSchool.
Netbal: Eindstryd: Esselenpark 18-12
Worcester Senior Sekondêr;
Derde plek: Die Hoërskool Breërivier 28-12 Somerset HighSchool


met Hammiessevoorsitter, Carlton-John Isaacs, en die Multisure-borg, Denton Goodford Foto:FrancoduToit

Worcester Senior Sekondêr se eerstenetbalspanhet in die skole-netbaleindstryd teen Esselenparkkragte gemeet. Foto:FrancoduToit


Spelers vandie Wedstrydvereer
Ronaldinho May, Young Hamiltons se vleuel en JeandreSpangenberg
Twee maandegelede het twee van die dorp se oudsteklubs, Multisure Villagers Worcester (143 jaar oud) en Young Hamiltons (78 jaar oud), byeengekom met’ngemeenskaplike missie: “Rivalry on the field –Unity in thecommunity.” Die doel was om diemededinging tussendie twee klubs en hul ondersteuners tot die veld te beperk, en om diedikwels negatiewe energie vanhierdie wedywering in positiewe kragomteskep wat ’n verskil in die gemeenskap kan maak.
Ná twee maande van vergaderingsen deeglike beplanning kan ditnou onomwonde verklaar word dat die Plaaslike Organiserende Komitee (POK) sy doel bereik het: om dietwee klubs nader aan mekaar te bring en samewerking tussen hul ondersteuners te bevorder. Gesamentlike uitreikingnadie gemeenskaphet reedsbeginmet die besoek aan die kindersaalbyWorcester-hospitaal deur lede vanalbei klubs, die sanitêredoekies-veldtog om honderde meisies by skole te ondersteun, asook dieidentifisering vanvierhoërskole waar in rugby- en netbal-ontwikkelingbelê word deur aanvanklike voorsiening van rugby en netbalballe asook’nkontantskenkingvir sporttoerusting.
Nie net het dit tydens dierugbykompetisie reeds ’n feestelike atmosfeer geskep nie, maar dit het weer eens bewys dat rugby ’n krag is wat Worcester kan verenig.
Meer as6000 rugby-entoesiaste het op Saterdag 4April saamgedrom om deel te wees vaniets besonders.
Dit wasnie net ’n sportgeleentheid nie–dit was ’n viering van gemeenskap,trots en samehorigheid.
Ondersteuners soos Maryann Baron heteerstehands beleef hoe sport grense kanafbreek: “In dieverledehet ons mekaaraangegluur,maar rugby het vir my nuwe vriendegebring.”
Volgens CharlesBeukes, watdie media hanteer, het dieverrigtinge alle verwagtinge oortref en dien dit as bewysdat samewerking tussen die twee klubs ’n belowendeenkragtige toekoms inhou.
SoosPiet Hermanis,die POK-sameroeper, dit stel: “2027 gaan nóg groter wees.” Metborge wat reedsgereed staan om betrokke te raak, is daar groot vertroue in watvoorlê.
“Aanaldie spelers: julle het nienet wedstryde gespeel nie, maar julharte gegee
“Julle het duisendemense vermaak enherinner aan diewarebetekenis van sport
“Mag hierdie gees ons vorentoe dra–nie net tot2027 nie, maar na ’n toekomswaar ons as gemeenskap aanhou bou,glo en saamstaan.
•Volledigewedstrydverslag op bl.16.
met volgehoue aanvalleop Villagers se doellynuiteindelik die oorwinning beklink met’ndrieseweminute voor die eindfluitjie om verbyVilla te skuur en met een punttewen
Foto:JuanPrinsloo









Paasnaweek in die Breedevallei was’nfeesviering vantalent, kultuurengemeenskap.
Diejaarlikse Paasbasaar –een vandie grootstegebeurtenisse op diedorpskalender –het Maandag(6April) plaasgevind. Dit is voorafgegaan deur dieewe gewilde
Nekkies-musiekfees, watjaarnájaargroter word
DieNekkies-fees hetsyontstaanjuis uitWorcester se eeuoue Paasbasaar waar Christene en Moslems saam basaar houom geld virhul gemeentesintesamel. Mense hetvan wydensyd daarnatoe ge-
kom, maar diejonges hetnaietsgesoek om vroeër in dienaweektedoen. ’n Musiekfees wasdie ideale oplossing Metmeeras37000 besoekersverlede jaar (vanjaar se getalkon nieteendruktyd bevestig word nie),hou diémusiekfees aanmet groei en hetWorcester stewig op
diejaarlikse musiek-enkultuurkalender geplaas. Raymond Esau,direkteur vanstrategiese ondersteuningsdienste by dieBreedevallei-munisipaliteit, hetvroeërgesêdat die wortel vandié fees in diegemeenskap en sy kultuurgeanker is



AlverUys
Een van Worcester se gewildste polisiemanne en bekende in sportkringe lt.kol. Syster Pietersen (60) –alombekend as Sysie–het op 31 Maart vanjaar ná presies40jaar, ’n maand en 25 daeamptelik die tuig neergelê toe hy uit die polisiediens getree het
Sysie, gebore en getoë in Rawsonville, genietsygrootwordjare op die plaas“Die Straat” net buite Rawsonville.

Hy het sy laerskool-opleiding aan die Primêre Skool Rawsonville voltooi en later aan Breërivier Senior Sekondêre Skool in Worcester gematrikuleer
In Februarie 1986 sluit hy by die Suid-AfrikaansePolisiediens aan.
Ná sy amptelike opleiding washyindie polisiediens in onder meer die Paarl, Lansdowne, Midrand en Robertson waarnahy hom uiteindelik permanent in Worcester kom vestig het.
Hy het in verskeie departementeindie polisiediens gewerk en tree ná verdere studies uiteindelik uitashoofvan logistiek in diepolisiediens.
Sysie het 30 jaar gelede in die huwelik getree met Marshalene,wat ook in die polisiediens is en tans die rang van lt.kol. beklee.
Uit die huwelik is driekinders Shane, Zane en Evana gebore. Hy en Marshalene
spog ook mettwee pragtige kleinkinders.
Sysie is ook baie bekend in veral rugbykringe en was op sy dag self ’n kranigerugbyspeler. Hy het ondermeer vir Rawsonville United, Worcester Perseverance en Worcester Villagers uitgedraf.
In 1994 en 1995 het hy Boland as senter verteenwoordig
Sysie spits hominlatere jare toeoprugby-afrigting en word later aangewys as die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale afrigter.
Hyword ook aangewys as die Suid-Afrikaanse Magtespan se afrigter.
Deesdaesit hy hand by as afrigter by Worcester Gimnasium terwyl hy ookmeer as net gewillig is om ook sy kundigheid metklubs en veral skole te deel indien hulle homnodig het.
Sysie praat met trots van sy jare in die polisiediens en sê dat hy mettrots kan praat oor wathyalles vir homself kon vermagen wathykon gee en doen vir sy familie danksy sy betrokkenheid in die polisiediens
Hy sê hy is besonders dankbaaraan die polisie vir onder meer al die ervarings en plekkeoor die land heen wat hy konsien tydens sy tydperk in die diens.
Volgens hom gaan hy beslis sy kollegas mis, maar sien terselfdertyd ook uit na die “nuwe seisoen” wat hy binnekort gaan betree.

vandie RobertsonKorrektiewe Sentrum watafgetreehet,isvan links(agter) PeterSmith (40jaar), Koos Lukas(29 jaar)enHiltonWilliams (40jaar). Voor is Rendillvan Rooi (37jaar), Mandisa Ngonyama (26 jaar)enSagariaMinnaar (40jaar).
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het verledeweek ’n soet-suur oomblik beleef toealtesaam 19 van sy werknemers uit diéstaatsdiens getree het.
Diebetrokke lede wat uitgetree het, het tot met hul aftredeindie Vroueen mansentrum en areakommissaris se kantoor by Worcester Korrektiewe Sentrum gewerk.
Die ander lede het by Robertson- en Warmbokkeveld Korrektiewe Sentrums gewerk.
Die waarnemende areakommissaris, X. Madikane, het die span by die afskeidsgeleentheid vir hul toewyding, lojale diens en bydraes tot die DKD geloof.
Hy het hulle alles van die besteop hul aftreereis toegewens


Skoolleerders met ’n liefde vir Afrikaanse musiek en kuns kanweer hul talentewys met die terugkeer vandie Skilder metWoorde-kompetisie in 2026.
VolgensKarla Jansevan Vuuren van Afrikaans.com volg die kompetisie op die sukses van die eerste aanbieding in 2021
“Ons het ná die eerste kompetisie baie navrae van leerders en ouers ontvang, wat wou weetwanneer dit weer aangebied gaanword,” sê Janse van Vuuren.
“Dit het ons gewys hoe groot die behoefte aan kreatiewe platforms vir jongmense is.”
Die kompetisie, wat in samewerking met die kunstenaarElsieJoosteaangebied word, daag leerders uitomeen van 15 Afrikaanse liedjiestekiesendit in ’n kunswerk uit te beeld
Die liedjies sluit bekende name soos Anton Goosen, Laurika RauchenKaren
Zoid in “Die doelisomleerders aan te moedig om na musiek te luister en dit visueel te interpreteer,” verduidelik sy. “Elkeleerdergaan iets anders hoor en sien en dit maak elke inskrywinguniek.”
Die kunswerke sal deur Jooste en die sanger en kunstenaar Jan Blohmbeoordeel word. Volgens Janse van Vuuren saldie beoordelaarskyk na emosie,uitbeelding, komposisie en tegniek.
“Dit gaan nie net oor hoemooi iets is nie, maar oor hoe goedjydie gevoel van die lied oordra.”
Leerders kan in enigemedium werk en die kompetisie is oop vir laer- en hoërskoolleerders asook tuisskoolleerders. Om deel teneem, moethulle ’n hoëresolusiefotovan hul kunswerk saam met hul besonderhede per e-pos instuur.
’n Nuwe element van vanjaar se projek
is ’n kombi wat skole sal besoek om bewusmaking te skep.
“Dit maak die kompetisiemeer sigbaar en geeleerders ook die kans om deel van iets groter te voel,” sê sy.
Inskrywingshet op 25Maart geopen en sluit op 3Julie.
Stuur ’n hoëresolusie-foto van jou kunswerk aan Afrikaans.com by myafrikaans.com@gmail.com met jou naam, van,graad, die naam van jou skool asook die naam van die liedjie waarop die kunswerk gegrondis.
Die wenners sal in die eerste week van Augustus aangekondig word
Pryse ter waarde van R28000 is op die spel. Wenners in die laer- en hoërskoolafdelings ontvang R3000 elk, terwyl hul skole R8000 kry. Tweede en derdeplekke word ook beloon.
“Ons hoop leerders gebruik hierdie

Die tuisleerder MarisaSteynberghet dié kunswerk vanAnton Goosenseliedjie “Straattroebadoere”vir die vorigekompetisie in 2021 geskep Foto:afrikaans.com
geleentheid om hulselfuit te drukennuwe vaardighede te ontwikkel,” sê Janse van Vuuren. “Dit gaan oor meer as net wen–dit gaan oor deelname en groei.”


































Donderdag,9 April 2026

sementwerke cement works Sedert1954 Since



AlverUys
Die afgelope naweek se Easter Clash het Saterdag 4April virmeer as net rugby gesorg toe Multisure Villagers Worcester (Villa) en Young Hamiltons (Hammies) mekaar in Bolandpark-stadion in Worcester in drie wedstryde die stryd aangesêhet.
Die Easter Clash het duisende rugbyliefhebbers na die stadion gelok.
Om nog meer kleur aan die dag te gee, het vier plaaslike skole reeds van 10:00 af kragte gemeet In diehoofwedstryd het Hammies in die doodsnikke die wedstryd in hul guns beklink toe die linkervleuel Renaldino May in die hoekie oorgaan vir ’n onvervyfde drie om sy span met 2019 te laat seëvier nadat Villa teen rustyd nog met 12-8 voor was. Bygesê, albei spanne het meeste van hul spelers laat rus met die lang, uitmergelendeseisoen wat nog voorlêenVilla het
NormanEvertson

VillaenHammiessetweedespannevier’ngesamentlikeoorwinningnadathulwedstrydgelykop27elkgeëindighet.Foto:FrancoduToit net vier erkende eerstespan-spelers laatdiens doen. Villa het aanvanklik verwoed begin en geweldigedruk op die opponente toegepas. Dit werp vrugte aftoe die losskakel Elton Mfundisi oorgaan en heelagter Jaydrian Buys verdoel
Ná ’n titaniese stryd vanamper100 minute tussen Robertson Townen Safcol United was dit uiteindelik ’n koelkop Adriano Conradie (onderdie Town-ondersteuners bekendas“Koning Dawie”)wat die Ebrahim Patel Community Cup 2026-kampioenskap met ’nstrafdoel in die tweede helfte van bykomende tyd vir Robertson Town versekerhet Diéstryd hetopPaasmaandag(6April) op die Outeniquapark-rugbystadion in George –die tuiste van die SWDArende, waar die Ebrahim Patel CommunityCup 2026-Paastoernooi beslis is –gewoed Town het in die eerste 20 minute ’n agtpuntvoorsprong opgebouná’n strafdoel deurColin Willemse en ’n onderskepdrie deurLeighton Davids.
Safcol het teruggeslaan met ’n aanval waarin voor- en agterspelers die balhanteer het.Syheelagter is toeindie hoekoor, watdie telling 8-5 gemaak het. Town het hierna sy voorsprong met nog
Hammies kom hierna sterk terug in die prentjie toe dievaskopstut Keenan “Slaghuis”Heyman oorbars vir ’n drie wat die losskakel Freek Mallies ongelukkignie konverdoel nie.
Villa kry hierna weer punte toe dieslot Divan Erasmusoorgaan
vir’nonvervyfde drie. Kort voor rustydlaat Mallies dieagterstand krimp toe hy met ’n strafskopslaag. Kort ná rustyd neem Hammiesdie voortou toe dieslot WaylinPienaar oorbars vir’ndrie wat Mallies verdoel om Hammies met15-12 te laat
’n strafdoel vergroot.
In die 30ste minuut het Safcol die voortou die eerste keer geneem toe sy binnesenter ná verskeie fases agterdie pale afgerond en die doelskop tussen die pale deur is. Dit het die telling na 12-11 vir Safcol geneem.
Kort hierna het Town ná nog ’n Willemse-strafdoel weer sy neus voor gekry, metdie telling wat 14-12 geword het.
Net voor rustyd het Safcolweer verwoed aangeval en ná ’n rits fases het Dylan Africa (flank) afgerond. Die doelskop wasoor en Safcolhet weer die voortou geneem
Toe die spanne uiteindelik ’n blaaskans gaan geniet het, was dit Safcol wat met 1914die pas aangegee het.
Kort ná rustyd het Robertson sy agterstandmet ’n strafdoel deur Willemse verklein.
Die spanning het behoorlik begin oplaai
toeLeightonDavids in die 66ste minuut in die linkerhoek oorgegaanendie leisels weer aan Town besorg het. Die telling het tot22-19 gegroei.
Toe volg ’n dramatiese oomblik in die 70ste minuut. ’n Town-verdediger is deur ’n aanvallende Safcol-speler op volle vaart disnis geloop. Die speler het ’n oomlik roerloos op sy rug bly lê. Op die oog af het die besering ernstig gelyk
HoewelSafcol in daardie stadium in ’n gunstigeposisie was om punteaan te teken, het die skeidsregter spel onmiddellik gestaak en die noodhulpbeampteshet aan die beseerde speler aandag gegee. Die beseerde is minute later met ’n draagbaar van die veld gedra, waarna spel hervat is. Terwyl die uurglas besig was om leeg te loop, het Safcol hierna die telling met ’n strafdoel gelyk gemaak,maar daarna skynbaar weens druk twee redelike strafdoele,
voorloop. Villa neem weer die voortou toe dielinkervleuel Eushaan van derMerwe na ’n volle agterlyn-beweging oorgaan en Mfundisi verdoel om met 19-15 voor te loop.
Villa kry hierna ’n strafskop reg voor diepale, maar besluit egteromvir diedrie te gaan. Hammies wenegter diebal en bring verligtingmet ’n skopwat uiteindelik op Maysedrie uitloop en ook virhulle dieoorwinning besorg
In ’n opwindendehoofvoorwedstryd speel Villa en Hammies se naasbestes met 27 elkgelykop terwyl Hammies se derdespan Villa se derdespan met 17-13 troef. In dieskole-afdeling se eindstrydklop EsselenparkSeniorSekondêrWorcester Senior Sekondêr met15-0 om dietrofee te wenterwyl BreërivierSenior Sekondêr se A-span gans te sterk was virSomersetHighsespan en met41-6 die derdeplek in die kompetisie beklink het. Nog berigte en foto’s op bl 7–9.
wat hom ’n moontlike sege konverseker het,verbrou.
Die wedstryd het uiteindelik met 22 elk gelykop geëindig en volgens die toernooireëls moes bykomende tydgespeel word om ’n wenner te bepaal.
In die vierde minuut van ekstra-speeltyd het Safcol weer ’n geleentheid verspeel toe hy met nog ’n strafdoel misluk het Die spanning was byna tasbaar; toeskouers was op die randjie vanhul sitplekke terwylbaie gesukkelhet om hul frustrasie in toom te hou. Die strydhet voortgewoed
In die 17deminuut van dietweedehelfte van bykomendespeeltyd is Safcol vir’n oortreding gestraf, waarna Adriano Conradie ewe bedeesd aangelêhet pale toe. Hy het koel en kalm vorentoe getree en die bal tussen die pale deurgestuur, wat aan Robertson Town –onder luide toejuiging van sy ondersteuners en spelers –die Ebrahim Patel CommunityCup 2026-kam-pioenskap besorg het –met die eindtelling 2522 in Town se guns.
