Skip to main content

Standard-WZ-E-edition-19 February 2026

Page 1

Jou vallei - jou nuus

Donderdag, 19 Februarie 2 Tel: 023 347 0968

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634, or 084 448 2830

24 HOURS LIGHT & HEAVY DUTY TOWING/RECOVERY NM10047024-BW190226

Haglike toestande by Askamp kwel - 4

Jong spoedvrate skop stof op Blitsig op pad wenstreep toe! Dié drie atlete van die laerskole Roberston, Wynland en Worcester-Oos het deelgeneem aan die Eddie Nortier Junior-blitsuitdaging wat verlede Donderdag (12 Februarie) by die Laerskool Wynland gehou is.

Ál meer trollies kry voete Mense aangerand as hulle wil keer

Enrico Claassen Winkeltrolliediefstal in Worcester is besig om so handuit te ruk dat ’n trollieportier hospitaalbehandeling moes ontvang toe ’n trolliedief hom met ’n groot klip in die gesig gegooi het toe hy hom wou keer om ’n trollie te steel. Werkers van nog ’n groot kettingwinkel in die dorp is al met klippe en stokke bestook toe hulle gesteelde winkeltrollies in gevaarlike gebiede wou gaan haal. ’n Bestuurder van ’n derde kettingwinkel is al rassistiese aanmerkings toegesnou toe hy ’n gesteelde winkeltrollie van ’n booswig wou wegvat. Al die werknemers met wie Standard Breederivier Gazette gesels het, is dit eens dat winkeltrolliediefstal aan die toeneem is. Juan Prinsloo, takbestuurder van Spar in die Quenets Arkade, sê die trolliediefstal het hom genoop om vroeg in November verlede jaar 45 trollies vir sy winkel aan te skaf. Die winkel het die trollies in die eerste week van Desember ontvang.

Volgens hom het die trollie-aankope die winkel R75 000 uit die sak gejaag. Hy sê een trollie kos sowat R1 900. “Op Black Friday was daar net nie genoeg trollies in die winkel nie. “My personeel moes toe inspring en klante help om hul kruideniersware tot by hul motorvoertuie te kry. “Dit was moeilik, maar ons het dit moontlik gemaak vir die klante. “Vir ’n winkel soos hierdie moet jy minstens 70, 80, tot 100 trollies hê, maar ons sit tans met 65 trollies, want dit was al wat ons begroting toegelaat het.” Prinsloo sê hy het al by gevaarlike plekke ingestap om sy trollies te gaan haal, dan word hy gedreig en rassistiese aanmerkings toegesnou. Volgens hom was daar ’n geval waar die booswigte wou hê hy moes die winkel se trollie teen R100 by hulle terugkoop. ’n Ingeligte werknemer by nog ’n kettingwinkel, wat verkies om anoniem te bly, sê hy en sy span word met klippe en stokke bestook wanneer hulle gesteelde winkeltrollies wil gaan oplaai.

Rodger Stazlo is met ’n klip in die gesig gegooi toe hy ’n trolliedief probeer keer het.

“As die ouens begin klippe gooi en moeilik raak, dan moet ons vlug vir ons lewe. “Elke tweede of derde maand word ons voertuig se voor- of agterruit stukkend gegooi soos die ouens moeilik raak. “Die deure is al vol duike gegooi. Deesdae vermy ons sekere gebiede. “Van die mense sal sê hulle het die trollie vir R100 gekoop, dan wil hulle hê ons moet daardie R100 vir hulle teruggee.” Die werknemer verduidelik hoe winkeltrollies die meeste van die tyd gesteel word: “Die klant weier dat een van

ons mense hom of haar met hul inkopies tot by hul vervoer help. Hy of sy stap dan met die trollie tot by die taxistaanplek, klim in die voertuig en los die trollie net daar, en dis hoe dit meeste van die tyd wegraak. Prinsloo stem hiermee saam. “Van die mense loop sommer met die trollies van hier tot by McDonalds, pak hul goed in die taxi en los die trollie net daar. “Dis waar dit dan gesteel word.” Die ingeligte werknemer gaan verder: “In ’n week verloor ons twee takke sowat 30 to 35 trollies. “Wanneer ons van die gesteelde trollies terugkry, is die meeste van hulle stukkend, dan moet dit herstel word. “Van die trollies kan nie eens herstel word nie.” Hy sê daar is gevalle waar trollies vir ’n skamele R30 aan klein sake-ondernemings verkoop word. Msingathi Tyilana, verkoopsbestuurder van Game by Mountain Mill Mall, sê wanneer sy personeel trolliediewe teregwys, pluk hulle (die diewe) sommer ’n mes uit. Hy sê Rodger Stazlo, een van sy trollieportiere, is op Vrydag 6 Februarie met ’n klip in die gesig gegooi toe hy ’n trolliedief agterna

probeer sit het. “Tans sit ons met ’n trollietekort.” Hy sê as gevolg van die toenemende trolliediefstal beoog die winkel om volgende maand nog ’n trollieportier aan te stel. AO Vathiswa Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het tot nou nog geen klagtes van winkeltrolliediefstal ontvang nie. Sy sê indien die publiek winkeltrollies in byvoorbeeld hul woonbuurte gewaar, moet hulle die polisie by 023 348 8605 bel. George Rautenbach, voorsitter van die Worcester Sentrale Verbeteringsdistrik (WSVD), sê die verlies en misbruik van winkeltrollies is ’n groeiende kwelling vir die WSVD omdat dit die veiligheid, netheid en orde van die sentrale sakekern beïnvloed. “In samewerking met die polisie en wetstoepassers het ons dit meer sistematies begin aanpak. “Waar ’n trollie in ’n openbare ruimte gebruik word en die persoon kan nie bewys toon van die wettige gebruik of eienaarskap daarvan nie, word dit uit die openbare gebied verwyder, aangeteken en beveilig vir terugbesorging aan die wettige eienaar.” Na bladsy 4.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard-WZ-E-edition-19 February 2026 by Novus Media - Issuu