Skip to main content

Standard-E-Edition-17-July-2025

Page 1

Jou vallei - jou nuus

24 hours light & heavy duty towing/recovery

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830

Donderdag, 17 Julie 2025 Tel: 023 347 0968

NM10019781-BW170725

Oorskot naby buurt gekry

Kan dit Murcia wees?

Ronél van Jaarsveld

M

enslike oorskot, wat deur twee jong meisies en hul ouma in die veld langs Avianpark in Worcester gevind is, laat inwoners wonder of dit die liggaam van Marceleen (Murcia) Kock kan wees. Sy het drie weke gelede in dié woonbuurt vermis geraak.

Die gemeenskap en polisie het reeds verskeie soektogte na die vermiste Kock (23) gehad. Haar mansvriend het Maandag (14 Julie) in die hof in Worcester verskyn op aanklagte van onder meer aan-

Polisievoertuie was Dinsdagmiddag (15 Junie) op die toneel waar die oorskot gevind is.

randing, wat Kock voor haar verdwyning teen hom aanhangig gemaak het. Hy moet Woensdag 27 Augustus weer voor die hof verskyn. Anna Paulse, wat Murcia geken het, het Maandag saam met haar 11- en 12-jarige kleindogters in die oop stuk veld agter die woonbuurt gaan soek. “Ek het verlede week Donderdag ’n ribbebeen in ’n plas water in die veld sien uitsteek. “ ’n Groep seuns het vir my gesê dis ’n bok. Dit het my die heeltyd bly pla, want as kind het ons bokke geslag en dit het nie so gelyk nie. Ek het Maandag besluit om weer te gaan kyk, want dit was ook naby ’n plek waar ’n

drom verlede week gebrand het,” het Paulse gesê. Haar kleindogter het uitgeroep toe sy ’n gedeelte van ’n hand sien. Dit het tot die ontdekking van die res van die oorskot gelei. “Dit blyk die bene is gebrand,” het die raadslid Desiree Judge, wat by die soektog betrokke was, gesê. “Wat ons nie kan verklaar nie, is dat ons verskeie soektogte in daardie deel gedoen het. “Die polisie was ook daar met hul helikopter, hommeltuig en die honde-eenheid het ook in daardie deel gesoek,” het sy gesê. Van die inwoners sê die varke wat in die oop stuk veld agter die huise loop, was ná die naweek die heeltyd in daardie omgewing en kon die oorskot moontlik oopgekrap het. Reënweer het die soektog na Kock vroeër bemoeilik. AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, het bevestig dat menslike oorskot in die veld gevind is. “Ons kan nie in hierdie stadium bevestig of dit wel Murcia is nie en sal dit eers kan vasstel wanneer DNS-toetse gedoen is,” het sy gesê. Klere en skoene wat Kock se suster as Murcia s’n uitgeken het, is Vrydag 3 Junie langs die rivier by die brug by Nekkies-vakansieoord gevind. Dit is ’n paar honderd meter van waar die oorskot gevind is. Standard Breederivier Gazette het vroeër berig dat Kock volgens die gemeenskap gereeld aangerand is. Sy het kort nadat sy klagtes teen haar vriend by die polisie aangemeld het het, verdwyn. Op ’n foto van haar wat tydens die soektog versprei is, is merke aan haar nek en gesig te sien. ’n Buurvrou het gesê sy het een aand kort voor haar verdwyning in die nag om hulp geskree, maar hulle was te bang om ondersoek te gaan instel. Dinsdagmiddag was verskeie polisievoertuie op die toneel met lede wat verdere leidrade ingesamel het. Volgens AO Jacobs duur die ondersoek voort.

Anna Paulse en haar twee kleindogters het op die oorskot afgekom. Foto’s: Ronél van Jaarsveld


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard-E-Edition-17-July-2025 by Novus Media - Issuu