



![]()





Feesgangers by die Swartland-oly ees kies en keur tussen ’n verskeidenheid olywe en olyfolies.

Maryke en Louwrens Storm van die De Rustica-olyflandgoed verduidelik aan ’n feesganger meer oor hul gesogte olyfolies wat onder meer onder die top-10-ranglys ter wêreld is.

Ansie Nigrini van Het Vlock Kasteel deel meer oor hul bekroonde olywe en olyfolies wat onlangs skoonskip gemaak het by vanjaar se SA Olyf-toekennings met ’n ongelooflike vyf medaljes – vier silwer en een goud. Het Vlock Kasteel se suurlemoen-olyfolie het ook by die Suid-Afrikaanse kos-en-dranktoekenningsgeleentheid én die internasionale Aurora-proe-uitdaging goud opgeraap.
Drie pofadders is die afgelope Vrydag binne ’n oogwink deur brawe inwoners in die streek se kusdorp, Yzerfontein gevang. Otniel Dollie (26), beter bekend as Rasta van Darling, het die oë behoorlik laat rek toe hy sonder huiwer en kaalhand gehelp het om mens en dier binne ’n paar angswekkende oomblikke tot veiligheid te bring.
’n Video, geneem deur Kirsten-Lee Timcke, wat vir die naweek by haar ouma se vakansiehuis in Grysboklaan gaan bly het, is deur die bekende

slangvanger Eduann Niemand van die Paarl op sy sosialemediablad met aanhangers gedeel.
Timcke, wie se kêrel aanvanklik op die eerste slang afgekom het, is dankbaar niemand is tydens die gebeurtenis beseer nie – ook nie hul drie honde nie. Volgens haar het die plaaslike gemeenskap saamgestaan en nie geskroom om in te spring en te help nie.
Niemand van Boland Snake Removals sê dit is jaarliks ná die winterseisoen teeltyd vir pofadders. “In baie gevalle


vang ek een as iemand bel en dan kom ek op nóg twee af. Daar is gewoonlik ’n wyfie in die omgewing, wat feromone afskei, en een of twee mannetjies naby, wat agter haar aan is,” verduidelik hy. Daar is ook gewoonlik ’n bakleiery onder die mannetjies, voeg hy verder by. “Daarom kry jy ná die winter altyd meer as een pofadder by ’n huis.” Niemand sê as pofadders wil paar of baklei, steur hulle hulle nie aan mense nie.
Die Swartland-olyffees in samewerking met die SA Olyf-vereniging is die afgelope naweek (27 en 28 September) met groot sukses op die plein in Riebeek-Kasteel gehou.
Feesgangers het die geleentheid gekry om van die land se mees gesogte olywe en bekroonde olyfolies te proe. Volgens Swartland Toerisme het kaartjieverkope uitstekend gevaar. “Die fees het alle verwagtinge oortref,” sê Ann Heyns, die bestuurder.
“Ons wou vanjaar klein begin sodat ons ’n nuwe olyffees in ’n nuwe gedaante kan aanbied.” Die fees het oorgespoel na die plaaslike ekonomie, wat hulle wou gehad het. “Verblyf was vol en feesgangers het plaaslike restaurante en ondernemings wat tot die fees ingekoop het, ondersteun. Ons wou mense weer bewus maak van hoe mooi dit hier by ons is.”
Hoewel olyfprodusente van oor die land heen genooi is, het die organiseerders dit omgeskep in ’n poging om die fokus op die Swartland te plaas. “Ons glo dit gaan volgende jaar selfs nog groter en beter wees.”
Produsente was dit eens – hulle is volgende jaar terug. Wendy Petersen, uitvoerende hoof van die SA olyfvereniging, het die fees as ’n groot sukses bestempel. “Die produsente was baie beïndruk en die fees het hul verwagtinge rakende verkope heeltemal oortref,” voeg sy by. Volgens haar sien SA Olives, wat ’n drie-jaar-ooreenkoms met Swartland Toerisme gesluit het, uit “na wat die fees vir die toekoms inhou”.

Die drie slange is kort daarna in ’n nabygeleë natuurreservaat vrygelaat. ’n Skermgreep van die video wat op Facebook versprei is.













Twee vas oor pistool
Twee mans is onlangs vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie vasgetrek. Die misdaadvoorkomingseenheid van Malmesbury het in Chatsworth toegeslaan nadat inligting oor die besit van ’n onwettige vuurwapen ontvang is. Die polisielede het twee verdagte mans gedurende patrolliewerk in die dorpie voorgekeer. Een van die polisielede het ’n vuurwapen langs een van die verdagtes in die bos gewaar. Die polisie het op die vuurwapen, ’n Norincopistool met ammunisie in, beslag gelê. “Die verdagtes kon nie verduidelik aan wie die vuurwpapen behoort nie, waarna hulle in hegtenis geneem is.” Hulle het verlede week in die hof verskyn.
Rasaad Adams
’n Man wat ’n Pep Stores-winkel in Wellington se Hoofstraat saam met drie ander beroof het, is verlede Maandag (22 September) deur die polisie doodgeskiet.
’n Ooggetuie het op die toneel aan PaarlPost vertel dat die gewapende mans die winkel omstreeks 13:30 binnegestorm het.
Die klante en van die personeel is glo in een van die vertrekke aan die agterkant van die winkel toegesluit, vertel die ooggetuie.
Volgens haar was die polisie binne enkele minute nadat die mans by die winkel toegeslaan het, op die toneel, waarna ’n skietery uitgebreek het.
Een van die rowers is in Voorstraat, sowat 300 m van die Pep-winkel af, noodlottig gewond.
Wesley Twigg, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die polisie het inligting ontvang oor twee verdagte voertuie wat Maandagmiddag in die parkeerterrein van ’n supermark gestaan het.
“Met hul aankoms op die toneel het die twee voertuie – ’n silwer en ’n swart Kia Picanto – weggejaag.
“Hulle het vier onbekende mans opgemerk wat in die rigting van die taxistaanplek gehardloop het en hulle te voet agternagesit.
“Een van die verdagtes het die polisiebeamptes met ’n vuurwapen gedreig en is noodlottig gewond toe die polisie op hom geskiet het,” sê Twigg.
Volgens Twigg is nog drie volwasse mans in hegtenis geneem.
Hy sê die polisie het op twee 9-mmpistole met ammunisie asook ’n plastiek-

Die rower se lyk word deur lede van die forensiese patologiedienste van die toneel af verwyder.
Die polisie en forensiese patologiedienste verlede Maandag in Voorstraat, Wellington, waar een van die rowers noodlottig gewond is.
sak met selfone beslag gelê.
Die verdagtes het Donderdag (25 September) in die Wellington-landdroshof verskyn en sou weer gister (Maandag) in die plaaslike hof wees.
Die Wellington-gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) het die suksesvolle inhegtenisnemings verwelkom.
“Ons spreek ons opregte waardering uit teenoor die lede van die Wellingtonpolisie vir hul vinnige en doeltreffende optrede.
“Ons is veral dankbaar dat die polisie

hul lewe op die spel geplaas het om die gemeenskap te beskerm en dat hul vinnige optrede moontlike verdere misdaad verhoed het.
“Hierdie is ’n bewys van hul verbintenis tot die veiligheid van ons gemeenskap en ons sal aanhou om met wetstoepassingsagentskappe saam te werk om ’n veilige en misdaadvrye omgewing vir almal te help verseker,” het Jarque Jacobs, die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, by navraag gesê.
















Solidariteit Helpende Hand se Porterville-tak het vroeër vandeesmaand sy eie Helpende Hand-studiefonds gestig, wat aangewend gaan word vir die finansiële ondersteuning aan voornemende leerders wat verder wil gaan studeer. Hierdie gemeenskapstudiefonds staan bekend as die Porterville-studiefonds.
Die amptelike stigting van hierdie gemeenskapstudiefonds volg op ongeveer ’n jaar se harde werk deur die taklede en bestuurslede van die Porterville-tak. Hulle het deur die loop van die jaar spesifieke geldinsamelingsprojekte gedoen, waaruit die jaarlikse Ghongskiet-dag die grootste gedeelte van die geld gegenereer het.
Die stigtingsdokumente vir die Porterville-studiefonds is op Woensdag 17 September tydens die maandelikse takvergadering onderteken.
“Hierdie is ’n groot stap vir die plaaslike Helpende Hand-tak,” sê Jeannie Venter, die takvoorsitter. “Ons het hard gewerk met die fokus daarop om geld te skep om die stigting van hierdie studiefonds moontlik te maak. Dit bevestig ook dat die tak in ons jongmense wil belê en hulle die geleenthede wil bied om verder te kan studeer.”
Kinders uit die gemeenskap kry die geleentheid om aansoek te doen vir rentevrye studielenings, wat gedeeltelik deur

Jeannie Venter, voorsitter van die Porterville-tak teken die studiefonds stigtingsdokumente.
Helpende Hand ondersteun word. Venter het bygevoeg: “Ons hoop dat die vertroue wat ons hierdeur in die gemeenskap skep, verdere ondersteuning uit die gemeenskap aan hierdie studiefonds sal gee. Ons kinders het die gemeenskap nodig om hul toekoms te help verseker.”
• Kontak Jeannie Venter by jeannieventer@gmail.com of Mariëtte Roos, die streekorganiseerder van Helpende Hand, by marietteroos@ helpendehand.co.za vir enige navrae oor Helpende Hand of hoe om hierdie studiefonds verder te ondersteun.
Loraine Malan, wat al jare lank die bemarker by die Swartland Gazette is, het vroeër vanjaar met Novus Media se nasionale- en streekstoekenning van uitnemendheid as Verteenwoordiger van die Jaar in advertensieverkope in kleinhandel weggestap. Malan, wat in 2014 by die plaaslike gemeenskapskoerant begin werk het, was behoorlik uit die veld geslaan met die aankondiging. Sy beskryf met groot dankbaarheid hoe goeie, volhoubare dienslewering, integriteit en eerlikheid, ontwikkeling in die streek en gebed vir besigheid en haar kliënte bygedra het tot die oorwinning
van die prys op nasionale vlak. Volgens Malan kon sy nie “werk” vir die toekenning nie. “Dit was hoe God dit beplan het – die mens wik, maar God beskik. Dit is ongelooflik.”
Sy het met die noem van haar naam gedurende die prysuitdelingsgeleentheid op 31 Julie die Here met dankbaarheid en nederigheid bedank. “Jesus Christus het my geseën met ’n nasionale toekenning,” sê sy met ’n glimlag.
Haar leuse vir haar sukses is eenvoudig: “Do your very best and leave the result to God,” aangehaal uit die rolprent Facing the Giants.

enning van Uitnemendheid se prys vir Verteenwoordiger van die Jaar in advertensieverkope in kleinhandel





Graanprodusente van Agri Malmesbury se koringstudiegroep en rolspelers in die landboubedryf het verlede Dinsdag (23 September) koring- en kanola-proewe en -kampe in vanjaar se kamp-kompetisie besigtig.
Agri Malmesbury se koringstudiegroep het onlangs ’n suksesvolle koring- en kanola-kamp-kompetisie aangebied.
Produsente en rolspelers binne die landboubedryf was in ’n goeie luim terwyl ’n belowende oes danksy gunstige omstandighede op die horison wink.
Die beoordelaars onder die koring- en kanolakampe was in hul skik met hoe produsente se graan vanjaar vertoon.
Volgens Johan Pyper van Soill was die vyf beste inskrywings onder die kanolakampe se uitslae baie na aan mekaar. Hulle het onder meer na onkruid, inseken swambeheer, opbrengspotensiaal en stand gekyk.
Die topdrie onder die kanolakampe en wat vir vanjaar se kamp-
kompetisie ingeskryf het, is Johan Smuts (Kersfontein) in die tweede plek, Hennie Eksteen (Harmonie) in die derde plek en Jan Bester (Modderfontein) as die algehele wenner.
Wat die koring betref, is onder meer gekyk na swambeheer, plantgesondheid, insek-, gras- en breëblaarbeheer asook algemene indrukke met biomassa en aargetal wat by die finale uitslae ingebring is.
Die topdrie onder die koring-kampe is Eben Schelink en Jan Ernest Terblanche (Driefontein) in die tweede plek, Johan Smuts (Kersfontein) in die derde plek en Hugo en Derick Becker (Houmoed) as die algehele wenners.
Die prysuitdeling is by die Malmesbury-landbousaal aangebied met BASF as die byeenkoms se hoofborg.

Die topdrie wenners onder die kanolakampe wat vir vanjaar se kampkompetisie ingeskryf het, is Johan Smuts (Kersfontein) in tweede plek, Jan Bester (Modderfontein) as die alghele wenner en Hennie Eksteen (Harmonie) in derde plek. Foto’s Charlotte Lesch

Die topdrie wenners onder die koringkampe wat vir vanjaar se kampkompetisie ingeskryf het, is Eben Schelink en Jan-Ernst Terblanche (Driefontein) in tweede plek, Hugo en Derick Becker (Houmoed) as die algehele wenners in eerste plek en Johan Smuts (Kersfontein) in derde plek.



Maceala Samboya, ’n gebore en getoë Swar tlander, het onlangs teruggekeer van die Vroue -Rugby-Wêreldbeker in die Verenigde
Konink r yk waar sy deel van die Springbok-span was Maceala, wat maar vir ’n paar jaar rugby speel, het gewys dat enigiets moontlik is toe sy gekies is vir die Bokspan wat SuidAfrik a ver teenwoordig het.
Adjunk burgemeester Anet De Beer en Raadslid AK Warnick het saam met Maceala se ma, familie en vriende, Maceala op 17 September 2025 by Kaapstad Internasionale Lughawe ver welkom ná haar deelname aan die Wêreldbeker
Met haar terugkeer in Malmesbur y is sy ver welkom deur Minister Anton Bredell (die waarnemende premier op daardie stadium, asook Uitvoerende Burgemeester Harold Cleophas
Op 1 Augustus 2025 het
Henr y Witbooi hom by die Swar tland Munisipaliteit se bestuurspan aangesluit as die nuwe Direkteur van Beskermingsdienste.
Hier antwoord hy ’n paar vrae oor sy nuwe posisie by Swar tland Munisipaliteit en ook sy toekomsplanne. Baie welkom in die Swar tland Direkteur Witbooi!
1. Waar het u voorheen gewerk?
Ek het vanaf 2000 by die Cederberg Munisipaliteit gewerk en ek was onder andere die menslike hulpbronne bestuurder en later die direkteur vir korporatiewe en gemeenskapsdienste Dit is waar ek blootstelling aan en ook ’n liefde vir gemeenskapsveiligheid gekr y het. Voor die munisipaliteit het ek voltyds studeer
2. Hoe lank werk u al in plaaslike regering?
Ek is eintlik seder t laat 1999 in plaaslike regering maar het eers in 2000 met ononderbroke diens begin.
3. Wat het u verbaas van Swar tland tot dusver?
Ek was eintlik gedeeltelik bekend met die area, hoofsaaklik Malmesbur y omdat my oupa byna nooit by die viswinkel verby ger y het nie
Ek weet nou van heelwat meer as net daardie viswinkel
Wat my wel heelwat verbaas het, is hoe mooi die areas is hoe dit uitgebrei het, en wat alles hier is waar van ek nooit geweet het nie soos dat Pieter-Steph du Toit (Springbok) en Maceala Samboya (Springbok vroue span) hier skool gegaan het. Swar tland se grootste bydrae tot die BBP is ver vaardiging, en sluit duidelik ook ver vaardiging van sportmanneen vroue in. Laastens wat my as amptenaar die meeste verbaas het, is hoe effektief die raad hul vergaderings hou
4. Wat sal u graag wil bydrae tot die Swar tland Munisipaliteit en gemeenskap?
Ek wil graag bydra tot veiligheid in Swar tland
Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ek gekr y het om dit te doen, want my siening is dat wanneer mense nie veilig voel nie, sal n dorp nie in die regte rigting kan floreer nie Kinders moet veilig wees en voel ouers moet nie bekommerd hoef te wees oor hul kinders nie Daardie gevoel is iets wat die
munisipaliteit nie in isolasie kan vermag nie, derhalwe sal ons die samewerk ing van die verskillende staatsdepar temente, gemeenskapsorganisasies besighede ons buur-munisipaliteite asook die gemeenskap in geheel benodig
5. Wat sien u as die grootste uitdagings in Swar tland Munisipaliteit op hierdie stadium?
Swar tland is in hierdie opsig nie verskillend van ander munisipaliteite nie, en is die heersende uitdaging kriminaliteit, gepaardgaande met alkohol en dwelmmisbruik Hierdie is die grootste dr ywers van misdaad en is dit waar begin moet word om die probleem van kriminaliteit aan te spreek Ek het ook die voorreg gehad om n naweek kursus by te woon genaamd, “ The world needs a father ” , wat duidelik aandui hoe belangrik die rol van vaders in huishoudings en veral ons aktiewe aanwesigheid in die lewens van ons seuns is Vaderskap is oordonderend die deurslaggewende faktor wat uiteindelik die verskil maak in hoe kinders, families en gemeenskappe ontwikkel Ek sal vaders van enige ouderdom aanraai om hierdie enkele naweek opoffering vir hul kinders families en uiteindelik vir hul gemeenskappe te maak
6. Wat is u onmiddellike prioriteite vir die eerste ses maande?
My eerste prioriteite is om die area en sy mense te leer ken en volhoubare verhoudinge tot voordeel van veiligheid te bou
7. Wie inspireer u?
Daar is nie noodwendig ’n enkele persoon wat ek kan noem, wat my inspireer nie, maar ek was nog altyd geïnspireer deur mense wat teen alle ver wagtinge suksesse behaal het. Suksesse beteken nie noodwendig altyd om te wen nie maar om teen die negatiewe te seëvier

Minister Bredell en Burgemeester Cleophas het Maceala geloof vir haar prestasie by die Wêreldbeker en haar bedank vir die voorbeeldige rolmodel en ambassadeur wat sy vir die breër Swar tland-gemeensk ap is Baie geluk, Maceala. Ons sien baie uit na wat jy volgende gaan doen Jy is ’n inspirasie

S DARLING & MOORREESBURG 2025 - 2026
VRYDAG, 3 OKTOBER 2025 - SONDAG, 3 MEI 2026
FRIDAY, 3 OCTOBER 2025 - SUNDAY, 3 MAY 2026
TARIEWE/ TARIFFS: Enkel / Single: R13,00 Seisoen / Season: R529,00 Ma., Di., & Vr. / Mo., Tu.



At the recent Western Cape Government
Swar tland Municipality ’s
the Municipality has created a comprehensive database of 172 SMMEs making it easier for businesses to access resources and support.












Die Goedgedacht-trust teen die hange van Kasteelberg het op Erfenisdag (24 September) ’n suksesvolle kunstefees gevier. Die fees is met luide applous terugverwelkom sedert Covid-19 dié besonderse byeenkoms vir eers stopgesit het.
Altesaam 107 kinders van vyf Goedgedacht-POP-jeugsentrums van reg oor die streek het die afgelope Woensdag teen mekaar meegeding met indrukwekkende dansopvoerings, sang en kunswerke geïnspireer deur die tema “Een vallei, baie stemme; Een vallei, baie kleure.” Só vertel Lavern Maarman, die bemarkingskoördineerder van die trust.
Die fees, wat moontlik gemaak is deur bydraes van die provinsiale departemente sport en kultuur én maatskaplike ontwikkeling, sowel as die Weskus-distriksmunisipaliteit, het groot plesier, genot en hoop onder inwoners van die vallei en omliggende plase gebring.
Celeste Arendse, ’n vakadiviseur vir skeppende kunste in die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het nuttige wenke met die jong kunstenaars vir hul reis in die kunste vorentoe gedeel.
’n Spesiale opvoering deur Art Attack van Malmesbury onder leiding van Claudia Stuurman het tot ’n opvoekundige oomblik oor Apartheid,
ware vryheid, gelyke regte en die ervaring van demokrasie in gemeenskappe gelei.
Theodora Robinson, die bestuurder van die Porterville-sentrum, het met groot emosie vertel die geleentheid was vir die meeste van die kinders in die program ’n eerste besoek buite hul tuisdorp.
Nicky Antonie, die stigter van Help The Rural Child, ’n organisasie sonder winsbejag, het die spesiale oorhandiging van die trofee aan die algehele wenners behartig. Die span van Porterville (POP 12) het met die louere weggestap.
Haar organisasie ondersteun die Goedgedacht-trust al die afgelope 26 jaar.

“Hierdie geleentheid het nie net families en gesinne die kans gegee om saam tyd deur te bring nie, maar ook die vreugde om hul eie kinders op die verhoog te sien skitter en aan die kompetisie deel te neem.
“Dit was ’n kosbare herinnering dat wanneer ouers en kinders saam groei en leer, ’n hele gemeenskap sodoende versterk word,” het Maarman bygevoeg.


Die Suid-Afrikaanse fietsrygemeenskap treur oor die verlies van twee van sy mees geliefde figure, JP van Zyl (52), die stigter van Recycles Bike Shop in Bellville, en die Dirtopia-stigter, Meurant Botha. Die twee goeie vriende is voorverlede Saterdag (13 September) tragies in ’n motorongeluk naby Calvinia oorlede.
JP, wat vir sy vriendelike glimlag en goeie kennis van fietse bekend was, was veel meer as net ’n werktuigkundige.
Vir duisende fietsryers was hy ook ’n vriend, mentor en reddingsboei – die een wat hulle weer op die roete of die pad kon kry wanneer alles verlore gelyk het.
JP was sedert 1989 ’n toegewyde bergfietsryer en het 13 jaar in die
fietsbedryf gewerk voordat hy Recycles in 2002 gestig het.
Sy visie was eenvoudig dog kragtig – om ’n winkel en dienssentrum te skep waar fietsryers van alle vlakke welkom voel en waar fietse met dieselfde respek en sorg as hul eienaars behandel word.
Recycles het spoedig ’n hoeksteen van die Wes-Kaapse fietsrygemeenskap geword, maar JP se invloed het ook ver buite die winkelvloer gestrek. Hy was veral bekend vir sy tegniese ondersteuning tydens Suid-Afrika se mees uitdagende bergfietswedrenne.
Hy en sy span het sedert 2006 by fietsrytoere soos die Cape Epic, Sani2C, JoBerg2C, Wines2Whales, Tankwa Trek en Cape Pioneer Trek dienste gelewer.

Spring is Kidding Season at Fairview, an ultra-special time of the year when the most important residents of the farm, the Fairview goats, welcome their precious offspring into the world, delighting visitors of all ages. Don’t miss out on this enchanting opportunity to get up close and personal with Fairview’s newest farm friends who have just bounced into the world. You will find them waiting for you in a dedicated paddock next to the Goat Tower between 09:00 and 12:00 on Saturdays and Sundays in September and October, weather permitting. Please give Fairview a quick call first on 021 863 2450 to confirm that the baby goats will be out and about on the day of your visit. But be sure to know, the playful newborns can’t wait to meet you.

JP was ’n bekende gesig op plaaslike fietsryroetes en het gereeld saam met die Tygerberg-MTB-klub gery.
Hy het in ’n sport wat dikwels deur sterk mededinging gekenmerk word, vir sy nederigheid uitgestaan.
Botha se dood merk die einde van ’n era vir Suid-Afrikaanse bergfietsry, ’n sport wat hy van ’n nis-beoefening tot ’n hoofstroomverskynsel help omskep het.
“Meurant se lewe was gewy aan die roetes, die mense wat gery het en die gemeenskappe wat hulle bymekaar gebring het,” het sy vrou en sakevennoot, Arina, vroeër gesê.
Botha was onder die eerstes wat die Tygerberg-heuwels verken het voordat hy van die land se beste roetes uitgelê het.
Sy vroeë werk het die bou van SA se eerste afdraandebaan en die bekende Botmaskop-roetes ingesluit, wat later die gesogte 1997-1998-UCI-Wêreldbeker-renne sou aanbied.
Saam met Arina het Botha SA
Chantélle Hartebeest
Die groen boomblare is ’n bewys van die nuwe seisoen wat aangebreek het namate die koue weer terugtrek en plek maak vir die warm son.
So ontwaak verskeie diertjies ook uit hul winterslaap om weer in die lenteson te bak.
Paarl Post, ’n susterskoerant van Standard Breederiver Gazette, het met die bekende plaaslike slangvanger Eduanne Niemand gesels om te hoor of die slangseisoen reeds aangebreek het.
“Ek het verlede week net pofadders gevang, maar hierdie week is dit maar stil. Die afgelope naweek was ook stil, maar ek het een oproep oor ’n kobra gehad. Die mense het hom egter nie dopgehou nie en hy het weggekom. Twee weke gelede was dit rowwer. Nou is die koue weer terug, maar ja, die slangseisoen is aan die go.”
Volgens Niemand kom hy deesdae meer op pofadders af. Hy meen op warm dae kom die pofadders uit om hul “batterye te recharge”.
“Dit is mos maar nou hul (pofadders se) teeltyd ... en kobras ook.”
Niemand sê wanneer ’n mens op ’n slang afkom, moet jy net ’n paar treë agteruit loop en ’n veilige afstand van sowat vier meter hou.
“As dit ’n kobra is, gaan hy obviously sy kop oplig en bakkop maak as jy in die huis stap en jy kom op hom af, maar as jy
stilstaan, gaan hy onder iets soos ’n yskas of ’n rusbank wegkruip – iewers waar dit donker is onder. Dan kan jy maar geraas maak, want dan bly hy net daar. Dit help nie jy hol pad toe en dan kom die slangvanger oor ’n halfuur eers daar en dan staan jy in die pad en hy moet die hele huis deursoek nie. Geen slang jaag jou nie. As jy hom van ’n veilige afstand af dophou, sal jy kan sien wanneer hy van die yskas na byvoorbeeld die deep freezer toe gaan.”
Wanneer ’n mens ’n slang op jou erf of in die huis teëkom, sê Niemand, moet jy dadelik die honde ook bêre. “ ’n Slang raak deurmekaar as ’n hond langs hom begin blaf . Hy het mos nie ore nie – hy het egter ’n gehoorbeentjie, wat die vibrasie opvang, en ’n hond irriteer ’n slang. ’n Hond jaag graag ’n Kaapse kobra in ’n boom op omdat hy so aanmekaar staan en blaf en dan wil die slang net wegkom. Die beste is: Beweeg agteruit en staan doodstil. As ’n slang jou sien, sal hy onder iets wegkruip.”
Volgens Niemand, wat aan die stuur van Boland Snake Removals 24/7 & Pest Control is, moet mense na die netheid van hul erf omsien, want enige onnetheid kan slange lok.
“Blare in ’n tuin onder struike moet opgehark word sodat dit skoon is. Sny die bossies so 30 cm van die grond af oop sodat jy kan sien. As daar blare lê, kom daar muise, en as daar muise is, kom die slange. Met water features (soos fonteinjies) kom daar altyd slange, want daar is paddas.
se eerste nasionale bergfietsbyeenkoms in 1999 in Citrusdal en die land se eerste bergfietsfees in Greyton aangebied.
Hy het ook die eerste Cape Epic-roete ontwerp, wat sy reputasie as die land se voorste roeteontwerper verstewig het.
Deur Dirtopia, wat in 2000 as Suid-Afrika se oudste bergfietsbyeenkomsmaatskappy gestig is, en Amarider, wat vir volhoubare roetetoegang gepleit het, het Botha die land se mees ervare roetebouer en geleentheidsorganiseerder geword.
JP en Meurant se vriendskap het langer as drie dekades gestrek en elkeen het op sy manier tot die groei van bergfietsry in Suid-Afrika bygedra en saam die Wes-Kaap as die hart van nasionale bergfietsry gevestig.

Daar is muskiete, wat die paddas lok, en dan kom veral ’n kobra op soek na ’n padda om te vreet.”
Slange kom nie juis by vensters in nie, maar eerder by deure wat oop staan wanneer dit buite warm is, meen Niemand. “As dit warmer as 30 °C is, maak maar jou huis se deure toe, anders gaan ’n kobra, wat buite warm kry, in die huis kom afkoel. Dan verdwaal hy in die huis en dan loop jy hom die een of ander tyd in jou huis raak.”
Van 1 tot 31 Oktober gaan die Drakenstein-hospies dorpe en gemeenskappe in die Drakenstein- en Swartland-gebied as deel van die “Pink Trees for Pauline”projek pienk kleur – ’n mooi en betekenisvolle veldtog wat dorpe in helder pienk tonele ter bewusmaking van kanker om te skep en om geld in te samel vir dié in ons eie gemeenskappe wat daardeur geraak word.
Dit is ’n eenvoudige dog kragtige manier om saam te staan, hoop te gee en ’n verskil te maak – reg hier by ons. Hierdie projek vind reeds in nagenoeg 250 dorpe landwyd plaas.
Elke jaar verander hierdie veldtog gewone strate, tuine en openbare ruimtes in asemrowende pienk vertonings – ’n simbool van hoop, krag en eenheid. Gedurende Oktober bring elke pienk lint, elke gesprek en elke daad van goedhartigheid mense een tree nader aan die oorwinning oor kanker.
HOEKOM ‘PINK TREES FOR PAULINE’?
Dié inisiatief het begin met Carol-Ann van Jaarsveld van die Paarl, wat beide haar ma en ouma – albei met die naam Pauline – aan kanker verloor het. Carol-Anne het dié maatskappy sonder winsbejag in 2012 in haar tuisdorp,

Dorpe en gemeenskappe in die Drakenstein- en Swartland-gebied sal in Oktober pienk gekleur word as deel van die “Pink Trees for Pauline”-projek ter bewusmaking van kanker.
Graaff-Reinet, ter nagedagtenis aan hulle gestig en die konsep as ’n patent geregistreer. Haar leuse sê alles: “Elkeen van ons is, het of ken ’n Pauline.”
HOE JY BETROKKE KAN RAAK:
• Tooi ’n boom in pienk: Koop pienk materiaal vir ’n minimum skenking van R40 (meer word waardeer!) per meter by jou plaaslike koördineerder en draai die materiaal om ’n boom op die sypaadjie,
in jou tuin of buite jou werkplek, skool of kerk.
Materiaal kan by die Drakenstein-hospies se kantoor (Bredastraat 109, Paarl) en Doves Malmesbury (Pleinstraat 3, Malmesbury) gekoop word. Elke meter wat verkoop is, verander iemand se lewe.
• Gee ’n skenking: 100% van die geld wat ingesamel word, gaan direk vir die ondersteuning van kankerpasiënte. Hospies kan vir jou ’n Artikel 18A(1) (b)-belastingsertifikaat uitreik, wat jou
toelaat om jou skenking van jou belasbare inkomste af te trek.
• Deel die boodskap: Plaas foto’s van jou pienk bome op sosiale media met die hutsmerk #PinkTreesForPauline en volg die veldtog op Facebook of Instagram. Alle opbrengste sal aan die Drakenstein- palliatiewe hospies geskenk word. Die hospies bied hoëgehalte- palliatiewe sorg aan mense met lewensbeperkende en lewensbedreigende siektes. Hierdie dienste word gratis aan gemiddeld 250 pasiënte per maand aangebied– van Klapmuts tot Malmesbury en omliggende gebiede – sowel as ’n vooraf gereëlde betaalde tuisversorgingsdiens. Pasiënte ontvang gereelde besoeke van hul verpleegkundiges en versorgers. Hul leuse: “Help mense om mense te help.”
Gehalte- palliatiewe sorg stel hospiespasiënte en hul families in staat om ’n goeie lewensgehalte en waardigheid in sterwe te ervaar, met ondersteuning in die rouproses – wat hul reg is. Sorg word gebied in ’n holistiese benadering –sensitief vir kulturele en geestelike voorkeure.
Die Drakenstein-hospies sal ook op versoek materiaal by organisasies en skole aflewer. Skakel 021 872 4060 vir nog inligting.
Die Darling-krieketklub het die afgelope Saterdag (27 September) ’n indrukwekkende buiging in die eerste Swartland-T20-toernooi gemaak. Die kaptein, Jevon Cloete, het die loot in hul openingswedstryd teen Moorreesburg gewen en besluit om eerste te boul – ’n besluit wat uitstekend uitgewerk het.

CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.
AANDAG !!! Alle Kliënte VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen bankaflosse.











Darling se boulers het Moorreesburg se toporde vinnig laat kantel, wat die druk op die middel- en laer kolforde geplaas het.
Die span kon slegs 92 lopies vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 beurte aanteken. Brady Lewis het twee paaltjies vir 16 lopies geneem, terwyl die agterkant ook twee vir 14 gekry het.
Die res van die boulers was suinig met lopies en is ondersteun deur sterk veldwerk.
Darling het 93 lopies vir die oorwinning nodig gehad. Ná ’n stadige begin het AB Henkelman die momentum met grenshoue herstel.
het eerste gekolf, maar die blad het vroeg begin streke uithaal – iets wat Darling se boulers goed benut het. Lathan Beukes het net nege lopies afgestaan en een paaltjie platgetrek, terwyl Brady Lewis drie vir 15 geneem het. Met die ondersteuning deur Afrika, Stringer, Hoogbaard en Cloete, kon Malmesbury net 67 lopies aanteken.
Darling het van die eerste bal af beheer geneem. Sergio Thomas het 31 lopies aangeteken en die teiken is in die 11de beurt met ’n grenshou bereik. Dudley en Leander het ook elk ’n paaltjie vir Malmesbury geneem.
Die liga begin op 4 Oktober met Darling teen Piketberg. Malmesbury reis na Clanwilliam, terwyl Hopefield Wanderers ’n loslooitjie het.
Hopefield Wanderers open hul seisoen op 8 November teen Essex. Die 2025-’26-Swartland-krieketseisoen beloof opwindende Calypso-aksie op die krieketvelde.
Die Darling-krieketklub het Saterdag met ’n indrukwekkende vertoning van krag en spoed en uitstekende veldwerk die heel eerste Swartland-T20-kriekettoernooi teen Malmesbury gewen en gewys hulle is oorgehaal vir die 2025-’26-seisoen.

Die Malmesbury-krieketklub, wat vroeër in die eindronde 203 lopies teen die Riebeeck Warriors gemoker het, het met selfvertroue ingestap. Hulle





Kontak ons vir advertensies en nuus
Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.
Advertensies
Loraine Malan
T: 022 4824669
S: 071 4929797
E: loraine.malan@novusmedia.co.za
Geklassifiseerde advertensies
Jaydene Sampson
S: 071 434 7583
E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za
Redakteur
Maryke Swart
T: 022 713 1066
E: maryke.swart@novusmedia.co.za
Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za WhatsApp: 066 290 6512 Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Vredenburg benodigdiedienstevan‘n GekwalifiseerdePaneelklopper.



Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.


Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.
Verwysingsabsoluut noodsaaklik.
Indienugeenterugvoeringteen 24Oktober2025ontvanghet nie,kanuaanvaardatuaansoek onsuksesvolwas.



The Paarlberg Half Marathon, one of South Africa’s most historic road running races, is set to make its return on Saturday, 8 November. Next to the Comrades this event is the oldest road run in South Africa and steeped in history. Not held since Covid, it is going to make a welcome return.
Established in 1935, the inaugural race saw Laurie du Preez triumph in a remarkable 1:11:34 finish. Over the years, running legend Willie Olivier set a high bar, becoming the first to complete the original 18.4 km route in under an
hour—and he won the event an astounding six times. Though the course evolved to the modern 21.1 km (half–marathon) standard, it retains its historic character, including the iconic gravel stretch along Jan Phillips Road up Paarlberg Mountain.
Why enter? With a blend of heritage, natural beauty, and challenge, the Paarlberg Half Marathon offers something for every runner. The route winds through Paarl’s charming streets before ascending into gravel paths with sweeping valley vistas — an unforgettable scenic backdrop. Race-day options cater
to diverse abilities: the 21.1 km half marathon, a 10 km, and a 5 km fun run/ walk, ideal for families, newcomers, and seasoned athletes alike.
With a cap of 3 000 participants, and many more spectators the event will provide local businesses and tourism with a healthy financial injection. Entrants can register online via entries.onsite-events. co.za, or in person on Friday, 7 November, at De Poort (Turk Street) between 14:00 and 19:00.
Fees:
- Half Marathon (21.1 km): R180 for licensed athletes, R260 for unlicensed;
over–60s receive a R90 discount - 10 km Run/Walk: R130 licensed, R200 unlicensed; R65 for over–60s - 5 km Fun Run/Walk: R70 There are medals for all finishers, water points along the route, a festival atmosphere, and essential amenities like parking, and medical support. Whether you're chasing a personal best, soaking in Paarl’s scenic charm, or just out for a fun family activity, the Paarlberg Half Marathon offers a historic, heartfelt, and lively race-day experience. Entries are open now — see you at the start line!
David Rossouw
Die eerste Malmesbury-erfenisbekerwedstryd het die afgelope Saterdag (27 September) op ’n feestelike atmosfeer afgeskop toe Wesbank in die vyfde minuut ’n drie in die regterkantste hoek gaan druk het. Die agterlyn het die bal met indrukwekkende spoed laat vloei en die heelagter het die skare vroeg met ’n skerp binnesny opgewonde gemaak. Die suksesvolle doelskop het Wesbank ’n 7-0-voorsprong gegee. Die skeidsregter was streng oor oortredings en Spairs het hul eerste punte met ’n strafskop behaal nadat ’n Wessie vir onkantspel gestraf is. Spairs het hierna met hernude energie aangeval, maar hul momentum is kort voor die doellyn deur ’n stewige Wesbank-verdediging gestuit. ’n Tweede strafskop het die telling tot 7-6 gekrimp, maar Wesbank het sy voorsprong net voor rustyd met ’n strafskop tot 10-6 gerek.
Ná die pouse het Wesbank dadelik die aanval hervat en weer gaan druk om die telling tot 15-6 te verhoog. ’n Verdere oortreding deur Spairs het Wesbank nog ’n strafskop besorg, wat die telling tot 18-6 gestoot het. Spairs het weer probeer
aanval, maar ongedwonge foute het hul pogings gekniehalter. Wesbank het dié foute benut en nog ’n strafskop oorgeklits om die telling tot 21-6 te lig. Geniepsige spel deur ’n Spairs-speler het tot ’n rooikaart gelei, maar die gemoedere het vinnig bedaar. In die laaste minute het ’n skop wat vir die kantlyn bedoel was, in Wesbank se regtervleuel se hande beland. Hy het sy teenstanders met ’n systap geflous en verbygesteek en agter die pale gaan druk. Die doelskop het die eindtelling op 28-6 testaan gebring.
Die wedstryd is in ’n feestelike gees gespeel en hoewel Spairs kwelpunte aan Wesbank se kant uitgewys het, bied dit waardevolle insigte vir McNeil Hendricks en sy tegniese span voor die Top-12-reeks wat op 11 Oktober teen die Vanrhynsdorp Eagles afskop. Die Erfenis-beker het gewys sport is ’n kragtige middel om gemeenskappe te verenig.
Doppies Coetzee, die voorsitter van Wesbank en koördineerder van die ErfenisBeker het sy dank aan al die betrokkenes uitgespreek. Hy sien met opgewondenheid uit na die 2027-aanbieding deur Never Despair, met die hoop dat dit ’n nog groter sportiewe en gemeenskapsukses sal wees.


































































































































































































































































































































































































































































































































































































