24 September 2026 | Tel: 021 870 4600
Tom se kafee herbou? Die gebou by Lady Greystraat 181 is erg vervalle. Foto: Chantélle Hartebeest
Chantélle Hartebeest
D
ie gebou in Lady Greystraat waar die ou Tom’s-kafee destyds bedryf is, het sy aantreklikheid oor die jare weens vandalisme verloor. Vandag is dit so erg geplunder dat die gebou byna onherstelbaar voorkom.
Paarl Post het die gebou onlangs besoek. Die reuk van menslike afval het sterk in die lug gehang met enkele hawelose mense wat binne die gebou rondgedwaal het. Sommige van hulle was baie versigtig en nie vertroud om met die joernalis te praat nie, terwyl ander onthul het dat hulle in die gebou woon. “Niemand was nog ombeskof met ons hier nie. Ons is ook nog nie gevra om die gebou te verlaat nie,” het een vrou verduidelik. ’n Man, wat ook by die gebou rondgehang het en homself as Pikes voorgestel het, het aan Paarl Post verduidelik dat die gebou platgeslaan gaan word. “Hier gaan dan ’n [kruideniersware-] winkel gebou word. Op die vraag oor wat by die gebou gebeur het met die vensterrame en deure wat weg is, het hy effe gelag en gesê: “Dis die tikkoppe wat die plek so afbreek.” Met Paarl Post se ondersoek het Mariana Swarts meer oor die gebou se
‘Tikkoppe’ stroop die gebou geskiedenis vertel. Volgens Swarts, wat haar lewe lank in die Paarl woon, het haar oupa Daniel Truter Dreyer, ook bekend as Tom, die Tom’s-kafee in 1940 geopen. Swarts sê haar ouers, Casper en Nellie Dreyer, het die kafee in 1954 saam met haar oupa as ’n familieonderneming bestuur. “Ek kan onthou toe ek maar vyf jaar oud was en daar begin help het. [Ek] kon nie by die toonbank bykom nie en my oupa het vir my ’n appelkissie ingedra om op te staan. Destyds het die fabriekspersoneel 12:00 middagete gekry en hul stapelvoedsel was ’n halwe brood en ’n kwart pint melk in ’n glasbotteltjie, soos melk destyds verkoop is. Rembrandt se personeel was groot klandisie en het soos familie gevoel,” onthou Swarts, wat die herinnering as “heerlike dae” beskryf. “Om die besigheid uit te brei, het my ma begin koek bak en die getroue Jane het haar gehelp en later het Anna Badenhorst ook daar begin. My ma het gekookte etes begin voorsien, wat baie gewild was. My oupa Tom is op 31 Mei 1966 oorlede en ons het alleen met die winkel aangegaan. Later het dit uitgebrei en ’n kruideniersafdeling is bygevoeg.” Die 77-jarige Swarts sê haar familie het
die kafee met trots en harde werk bedryf. “Die dae toe ons koerantpapier in keëls gedraai het om lekkers in te sit en los tabak wat jy destyds in groot blikke gekry het; suiker het in streepsakke gekom en moes afgeweeg word, parrafien het in groot blikke gekom en moes met ’n handpomp in bottels afgemeet word. “Ons ligpunt was die dag as die strokieboekies ingekom het.” Volgens Swarts het die gebou destyds aan ’n Mnr Sevitz, wie se klerewinkel ook in die gebou bedryf is, behoort. “Hy het altyd op die sypaadjie gestaan en maak nie saak wie daar verby loop nie, altyd gesê ‘kom bienne, kom bienne, kom koep.” Langs sy winkel op die hoek was die Van Zyl-slaghuis. Die oop stuk grond langs die gebou by die rivier – ons het altyd van die ysterbrug gepraat en was maar bang om daaroor te loop omdat dit so oop was – daar was die eerste Tom’s-kafee. Daar was ook twee ander ondernemings – Jacob’s Garage en Krawitz, die elekrisiën,” onthou Swarts. Tom’s-kafee is in 1970 aan die Portugese Moirinho verkoop. “Dit is hartseer om te sien hoe die gebou vernietig word en ’n slegte naam daaraan kleef. Ek het soveel herinne-
ringe van die ou Paarl. Ek het hier grootgeword en woon nou nog hier Ek word volgende maand [in Oktober] 78.” Paarl Post het intussen navrae aan die Drakenstein-munisipaliteit oor die gebou se toekoms gerig. Seraj Johaar, Drakenstein se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, het hierop terugvoering verskaf. Hy sê volgens die munisipaliteit se rekords word die eiendom by Lady Greystraat 181 deur die KC-familietrust besit. Die munisipaliteit beskik in hierdie stadium nie oor verdere besonderhede rakende die trustees van die trust nie. “Die munisipaliteit het die gebou ingevolge die Verordening op Probleempersele (2020) formeel as ’n probleemperseel aangewys en dit is onderhewig aan die voorgeskrewe regsproses. Die munisipaliteit het met die eienaar geskakel.” Volgens Johaar het die eienaar van die gebou die munisipaliteit in kennis gestel van sy voorneme om die perseel binne die volgende week te besoek vir ’n inspeksie en om die nodige stappe te doen om die terrein te beveilig. “Die munisipaliteit het vroeër vanjaar ’n aansoek om bouplanne vir die perseel ontvang, wat tans gewysig word. Die voorgestelde plan sluit die byvoeging van winkels op grondvlak en veranderinge aan die binnekant in, terwyl die woonstelle op die eerste verdieping onveranderd sal bly.”
2
PaarlPost NUUSNEWS
24 September 2026
Twee lyke glo in een graf Chantélle Hartebeest
welstand, en uitgevoer sou word deur die ondernemer. Die departement het vandeesweek by monde van Leensie Lötter, woordvoerder vir Paarl-hospitaal, terugvoering verskaf in verband met die bewerings.
Verdoemende bewerings wat verband hou met ’n Paarlse begrafnisondernemer word tans deur die polisie ondersoek.
Sedert 1954 Since
Drakenstein se betonvennoot ( 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za NM10071727-PL030926
Daar word beweer dat Sienah Saaiman Funerals ’n lyk in ’n oop graf geplaas en voortgegaan het om nóg ’n lyk in ’n kis bo op die ander oorledene in dieselfde graf te laat neersak. Die beweerde ontdekking is glo op Donderdag (17 September) gemaak toe munisipale werkers by die Nieuwedrift-begraafplaas in die Paarl onraad begin vermoed het toe ’n voertuig met ’n sleepwa ’n bebloede kis na die begraafplaas gebring het. Die bestuurder van die voertuig het hom kort daarna vinnig van die toneel gehaas. Paarl Post verneem die twee grafte is aanvanklik gegrawe vir twee mense wat verwant is aan mekaar. Elkeen sou in hul eie graf begrawe word, maar is na bewering in een graf begrawe – een binne-in ’n kis en een net so sonder ’n kis. Toe onraad vermoed word, is die Paarl-polisie verwittig wat verdere ondersoek ingestel het. KIS OP SLEEPWA Die graf is weer oopgegrawe toe die grusame ontdekking gemaak is, verduidelik ’n bron. Volgens die bron was daar ’n derde liggaam in ’n afsonderlike kis op die toneel wat nog nie begrawe was nie. Die persoon voer ook aan dat die liggaam in die bebloede kis op die sleepwa ’n vierde lyk is wat na die oop grafte gebring is wat na bewering ook in een van die twee grafte begrawe sou word.
’n Lugfoto van die nuwe Nieuwedrift-begraafplaas in die Paarl. Foto: Drakenstein-munisipaliteit
Paarl Post het uitgereik na die ondernemer om hul kant te stel oor die ernstige bewerings. Die publikasie is egter verwys na hul prokureur, Ellerize Morrie, wat bevestig het dat sy nie in dié stadium gemagtig is om met die media te praat nie. Editha Barnard, Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van veiligheid en gemeenskapsdienste, het by navraag die volgende gesê: “Potensiële ongerymdhede by die Nieuwedrift-begraafplaas is [Donderdag] onder Drakenstein-munisipaliteit se aandag gebring. Ons het ondersoek ingestel en die aangeleentheid onmiddellik na die polisie verwys wat die saak volledig ondersoek en ’n verklaring aan die media sal uitreik.” Konst. Ndakhe Gwala, woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het die polisie se ondersoek bevestig. “Hierdie kantoor bevestig dat die Paarl-polisie ’n klagte ontvang het van beweerde wangedrag deur ’n begrafnisondernemer by ’n begraafplaas in die Paarl. Dit word ondersoek.” Onbevestigde gerugte dui daarop dat die grafte gegrawe is vir armlastige begrafnisse, glo in opdrag van die WesKaapse departement van gesondheid en
SAMEWERKING GEGEE “Paarl-hospitaal se bestuur is bewus van die voorval en verstaan die kommer wat die omstandighede rondom die liggame wat by die Nieuwedrift-begraafplaas gevind is, kan veroorsaak. Die hospitaal is Vrydagoggend, 18 September, deur beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens besoek. “Die hospitaal het ten volle met die beamptes saamgewerk en kon, aan die hand van die nodige dokumentasie en registers, bevestig dat die liggame wat gevind is nie liggame was wat deur die hospitaal vir armlastige begrafnisse bestem is nie.” Lötter verduidelik slegs een van die liggame is in ’n sak met die departement se besonderhede daarop gevind. “Volgens die lykshuis se rekords is hierdie liggaam reeds deur ’n geregistreerde begrafnisondernemer in ontvangs geneem. “Die hospitaal wil ook duidelik stel dat sy bestaande kontrak vir armlastige begrafnisse voorsiening maak vir verassing en nie vir teraardebestelling nie.” Lotter sê verder: “Die hospitaal besef die erns en sensitiewe aard van die aangeleentheid en sal voortgaan om, waar nodig, met die betrokke owerhede saam te werk. “Enige verdere navrae oor die hantering of begrafnis van die betrokke liggame sal aan die betrokke begrafnisdiens gerig moet word.”
NM10071576-PL170926
ROSENDAL POULTRY FARM Tel: 021 862 3100 KLEIN DRAKENSTEIN
OPEN Mon-Fri: 08:00 - 17:00 CLOSED BETWEEN: 12:00- 13:00 OPEN Sat: 08:00 - 13:00
FRESH FROM THE FARM SMALL MEDIUM UNGRADED
R47,50 R49,00 P/TRAY
P/TRAY
R60,00 P/TRAY
ONLY WHILE STOCKS LAST VALID FROM 24 SEPTEMBER 2026 – 28 SEPTEMBER 2026 WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES
NO DELIVERIES
WHILE STOCKS LAST NM10073428-PL240926
24 September 2026
NUUS NEWS
Man op plaas doodgeskok Megan Adendorff ’n 27-jarige man van Bellville het verlede Dinsdag (15 September) sy lewe verloor toe hy twee kollegas ná ’n elektriese skok op die Sandrivierplaas in Wellington probeer help het. Ewald Swart en die twee mans het sonpanele op die dak van ’n gebou geïnstalleer toe die voorval dié oggend omstreeks 11:00 plaasgevind het. Volgens kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is Swart doodgeskok toe hy sy twee kollegas, wat ook geskok is, probeer help het. Die drie mans was onafhanklike kontrakteurs wat deur Technoserve in diens geneem is, en is nie werknemers van die plaas nie. Volgens Swart se Facebook-blad is hy net meer as twee jaar gelede deur die maatskappy in diens geneem. Gerrit de Beer, die bestuurder van Le Roux Fuit Exporters, wat namens Sandrivier met Paarl Post gepraat het, het gesê: “Enige kommentaar van my kant oor die presiese omstandighede van die voorval sal bespiegeling wees, aangesien slegs vier mense in daardie stadium op die dak was.” Een van die mans het volgens Van Wyk ’n handbesering
opgedoen en is teen Woensdag (16 September) uit die hospitaal ontslaan. Die ander man is in die hospitaal opgeneem en later na ’n mediese fasiliteit op die Kaapse Vlakte oorgeplaas. Kurt Maske, ’n ER24-paramedikus en ’n lid van Franschhoek First Responders, het verlede Woensdag (16 September) by navraag aan Paarl Post gesê hy is omstreeks 11:30 na die toneel ontbied en het teen ongeveer 11:50 daar aangekom. Teen dié tyd is ’n man wat ernstig beseer is reeds na die hospitaal vervoer, het Maske gesê. Ander ambulansdienste, wat enkele minute voor hom op die toneel was, was besig om ’n pasiënt met matige beserings te behandel, terwyl van die nooddienspersoneel probeer het om Swart by te bring. “Ongelukkig is die pogings om die man by te bring, gestaak en hy is op die toneel dood verklaar,” het Maske gesê. Wynand Els, hoof van brand-en-reddingsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, het gesê hulle het om 11:48, op versoek van die Wes-Kaapse regering se noodmediese dienste, na ’n private eiendom in Wellington gegaan om tegniese bystand te verleen.
Paarl Post
3
Paarlse sportvelde sal Wêreldbeker huisves Megan Adendorff
’n 27-jarige man van Bellville is verlede Dinsdag (15 September) op ’n plaas in Wellington dood toe hy tydens werksure geskok is.
Met hul aankoms het brand-en-reddingsdienspersoneel ander noodmediese personeel bygestaan om Swart se liggaam van die dak te verwyder. Die Drakenstein-munisipaliteit het sy medelye betuig met almal wat deur die voorval geraak is. De Beer het die nooddienste geprys. “Die reaksie van die nooddienste was vinnig, professioneel en hoogs doeltreffend. Hulle het die situasie uitsonderlik goed hanteer,” het hy gesê. Die Hoërskool Melkbosstrand, waar Swart in 2017 gematrikuleer het, het intussen op sy Facebookblad hulde aan dié voormalige leerder gebring. Volgens die skool was Swart bekend vir sy toegewydheid, opgewekte gees en opregte vriendelikheid teenoor ander. “Sy verlies word diep deur ons hele gemeenskap gevoel,” het die skool gesê. Paarl Post het Swart se familie vir kommentaar genader, maar geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.
Boland Park in die Paarl is gekies as een van die gasheerstadions vir die 2027 Internasionale Krieketraad (ICC) se Wêreldbeker-kieket. Sowat R30 miljoen word aan opgraderings bestee om die stadion gereed te kry vir die internasionale toernooi. Die belegging deur Drakenstein-munisipaliteit en Boland Krieket sluit nuwe veldligte en ’n spelersbestuursgebied in wat as span-kleedkamers vir deelnemende lande gebruik sal word. James Fortuin, uitvoerende hoof van Boland Krieket, sê die werk word gedoen om Boland Park aan die vereistes van ’n Wêreldbekergasheerstadion te laat voldoen. Boland Park het reeds internasionale krieket aangebied. Suid-Afrika en Pakistan het in Desember 2024 die eerste eendagwedstryd tussen die twee lande in die Paarl gespeel. Suid-Afrika en Ierland se vrouespanne het in Desember 2025 ’n T20-internasionale wedstryd ook op die veld gespeel. Die Paarl Royals gebruik die stadion ook as hul tuisveld in die SA20-kompetisie. Parys-krieketveld in Markstraat, die tuiste van die Paarl-krieketklub, is as ’n sekondêre terrein vir die toernooi aangewys. Internasionale spanne kan dit vir opwarmings-
Boland Park in die Paarl is gekies as gasheer vir die Wêreldbeker-kieket in 2027.
en oefenwedstryde gebruik. Drakenstein-munisipaliteit verwag dat die toernooi ook meer besoekers na die gebied kan lok en plaaslike ondernemings in die gasvryheids- en toerismesektor kan bevoordeel. Raadslid Laurichia van Niekerk, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, sport en ontspanning, sê die munisipaliteit werk saam met toerismevennote om besoekers van die streek se aanbod bewus te maak. “Die gasvryheidsektor, van restaurante en koffiewinkels tot gastehuise en toerismeondernemings, kan voorberei om aansienlik meer besoekers te verwelkom,” sê sy. Volgens die uitvoerende burgemeester, Stephen Korabie, is die Wêreldbeker-aanbieding ’n belangrike geleentheid vir Drakenstein. “Om wedstryde as deel van die 2027 ICC Wêreldbeker-krieket aan te bied, plaas ons munisipaliteit op een van die grootste sportverhoë ter wêreld,” sê Korabie.
4
PaarlPost NUUSNEWS
24 September 2026
Inbraak by VGK Chantélle Hartebeest ’n Ondersoek is gelas ná ’n onlangse inbraak by die VGK Hugenote se kantoor in Paarl-Oos. ’n Ingeligte bron na aan die gemeente sê die inbraak het na bewering gebeur deur die nag van Woensdag 16 September. Sers. Wesley Twigg, woordvoerder vir die polisie in die WesKaap, het die voorval by navraag bevestig. Twigg sê egter die Paarl-Oospolisie het ’n saak van huisbraak en diefstal vir ondersoek geregistreer ná ’n inbraak by die kerk in Klein Drakensteinweg tussen 14 en 16 September. “Volgens [polisie]verslae het die klaer die gebou verlaat en toe sy terugkeer, het sy ontdek dat die agterdeur van die kantoor met geweld oopgebreek is. ’n Rekenaar en ’n lamineermasjien word vermis. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog aangekeer nie.”
Hierdie gemeente is sedert verlede jaar in die kollig as gevolg van sy voormalige gemeenteleier, ds. Michael Wildeman, wat na bewering die gemeente finansieel bedrieg het. Paarl Post het in Augustus berig dat ’n amptelike klag van bedrog vroeër vanjaar by die Paarl-Oos-polisie teen Wildeman geopen is. Hy is op 20 Mei amptelik uit sy pos as gemeenteleier van die VGK Hugenote ontslaan. Die ontslag kom maande nadat Wildeman onder die soeklig gekom het weens kerkgeld wat verdwyn het. ’n Anonieme gemeentelid het voorheen aan Paarl Post onthul dat geld uit die offergawes vir 2024 nie opgespoor kon word nie. Die kwessie het na vore gekom nadat ’n diensverskaffer glo nie betaal is nie, wat die kerkraad genoop het om toegang tot finansiële state te eis. Dit is kort hierna dat daar glo bevind is geld het spoorloos verdwyn.
Cartrack falls victim to cyber attack Car tracking company Cartrack notified clients this week that they fell victim to a ransomware attack in the early hours of 26 August. The company secured their systems and restored full platform operations within hours. The Information Regulator of South Africa and relevant authorities were notified, and an investigation is underway with cybersecurity experts. Hackers gained access to
customer database information, including client identities, contact details, addresses, bank account details and vehicle and driving related data. Cartrack warned that the stolen information could be used for phishing attempts, with clients potentially receiving calls, emails or SMS messages from scammers pretending to represent Cartrack, banks or other trusted organisations.
Optog teen geweld Megan Adendorff Ongeveer 60 mense het op 12 September in Klapmuts bymekaargekom en aan ’n jeugoptog vir vrede deelgeneem om ’n verenigde en volgehoue reaksie teen misdaad en geweld onder die jeug te bepleit. Die gemeenskapsinisiatief is deur pastoor Anthony Pietersen, ’n speurder by die polisie in Klapmuts, gereël met ondersteuning van plaaslike rolspelers, waaronder die Stellenbosch Brigade en Klapmuts Youth Sports Organisation. Ongeveer 30 vrywilligers van Shincheonji Kerk en 30 kinders uit die plaaslike gemeenskap het aan die program deelgeneem. Reën het die opkoms beïnvloed, maar jongmense en gemeenskapsleiers het steeds hul standpunt teen geweld gestel. Volgens Pietersen is die stap aangespoor deur ’n onlangse skietvoorval waarin ’n 16-jarige meisie in ’n bendeverwante voorval in die been geskiet is. “Ek kan dit nie aanvaar nie. Hierdie ding is nie reg nie. Ek moet iets doen,” het Pietersen gesê. VERDER AS KERK SE MURE Hy sê verskeie rolspelers moet saamwerk om programme vir jongmense te ontwikkel en geweld in die gemeenskap aan te pak. “Ons moet almal betrokke kry, al die rolspelers, al die belanghebbendes, sodat ons regtig
Oud en jonk het op Saterdag (12 September) bymekaar gekom om vreedsaam teen geweld in Klapmuts te betoog.
programme vir ons kinders kan begin ontwikkel,” het hy beklemtoon. Pastoor Andries September sê geloofsgemeenskappe moet hul boodskap van vrede en respek verder as die kerk se mure neem. Volgens hom moet kerke hul verskille opsy skuif en deur praktiese optrede eenheid in gemeenskappe toon. Roy van Rooyen, ’n wykraadslid in Klapmuts, het gesê die gemeenskap het meer fasiliteite en strukture nodig om in die uiteenlopende behoeftes van kinders en jongmense te voorsien. ROLMODELLE Van Rooyen het gewaarsku
dat daar nie kitsoplossings vir misdaad en bendebedrywighede is nie en dat langtermynbeplanning en samewerking tussen verskillende sektore nodig is. Hy het ’n beroep op jeug-, godsdiens-, sport- en gemeenskapsleiers gedoen om saam te werk. Volgens hom kan voormalige bendelede wat hul lewe verander het ook as rolmodelle vir jongmense dien. “Daar is hoop. Daar is altyd hoop,” het Van Rooyen gesê. Die organiseerders het beklemtoon dat die stap nie as ’n eenmalige oplossing beskou word nie, maar eerder as ’n beginpunt vir verdere gesprekke oor jeugontwikkeling en veiligheid.
BRAAI DAY SPECIALS available at all stores
OFFER VALID FROM 23 - 27 SEPTEMBER 2026 While Stocks Lasts.
T&C's Apply - The picture of the product in the advertisement may differ to the one instore.
6
PaarlPost NUUSNEWS
24 September 2026
Private safari camp for Kiwis Outpost 28, a temporary 450-tent luxury safari camp built at Mongena Private Game Reserve in Dinokeng for the All Blacks tour, accommodated up to 480 guests per rotation before being dismantled when the tour concluded.
The 32-day rugby tour by New Zealand's All Blacks has injected an estimated R350 million into South Africa's economy, driven largely by a temporary 450tent luxury safari camp that showcased the country's tourism potential beyond the stadium Paarl-based Old School Group, a South African sports and lifestyle agency, delivered the ground programme for All Blacks Travel & Hospitality, moving 1 400 international supporters across four provinces between 6 August and 6 September. The tour generated nearly 16 000 guest nights, more than 2 000 domestic flight bookings and hundreds of coach movements. The centrepiece of the operation was Outpost 28, a purpose-built safari camp constructed on open veld at Mongena Private Game Reserve in Dinokeng. Named after 1928, when the All Blacks first toured South Africa, the temporary facility hosted approximately 950 guests across three rotations, with individual periods accommodating up to 480 people. ENTIRELY OFF-GRID At its peak, the camp featured 2 500 square metres of stretch tent, 2,7 kilometres of electrical cable, 1,7 kilometres of water piping and a 2,2-kilometre electric fence separating guests from the reserve's Big Five. Operating entirely off-grid, it served 11 250 meals and facilitated more than 2 700 game drives. Construction required 27 000 labour hours and 9 000 tent pegs, each driven by hand. When the final guests departed, the entire camp was dismantled and removed. "South Africa sells itself. Our job was to get 1 400 people through it without a seam showing," said Gerhardi Odendaal, chief
executive of Old School Group. "Then we gave them something no brochure had: their own camp in the bush, built for this tour and gone when it ended." Visitors followed the All Blacks through four franchise matches and three tests, with the average guest spending more than 11 nights in the country. Some stayed for three-night test weekends, while others embarked on 31-night journeys spanning Cape Town, the Winelands, Hermanus, Durban, Pretoria, Johannesburg and Sun City. RUGBY LEGENDS The programme included Table Mountain, Robben Island, Soweto, whale watching, cellar tours and brandy tastings. Rugby legends Richie McCaw, Sean Fitzpatrick, Bakkies Botha and Percy Montgomery, among others, participated as guest speakers. Old School Group estimates each guest's ground programme was worth approximately R150 000, contributing to the R350 million total economic impact. This figure excludes match tickets, match hospitality, international flights and extensions. Delivery required approximately 450 coach movements, more than 250 guide days, 36 excursions and 59 functions. Outpost 28 is now an Old School Group product that can be built to measure on private reserves for events and removed afterwards. "Outpost 28 proves we can bring the country's greatest experience to groups the country has never been able to host," said Odendaal. The model demonstrates how major sporting events can become catalysts for broader destination experiences, particularly where traditional infrastructure cannot accommodate large luxury tourism groups.
COUNCIL MEETING: 30 SEPTEMBER 2026 Residents are hereby no�!ed in terms of the Local Government: Municipal Structures Act (Act 117 of 1998) that an Ordinary Council mee�ng will be held in the Council Chambers, 1st Floor, Civic Centre, Berg River Boulevard, Paarl on Wednesday, 30 September 2026 at 09:30. Members of the public who wish to have access to the mee�ng may RSVP to Corne.vanEeden@drakenstein.gov.za by no later than 10:00 on Monday, 28 September 2026. Access may be limited due to prac�cal considera�ons. DR J H LEIBBRANDT CITY MANAGER Paarl Post - 24/09/2026 A city of excellence
BRAAI IS BACK! NM10073080-PL240926
NM10074561-PL240926
Klein Drakenstein Road, Paarl
Tel: 021 862 2396
RAINBOW IQF CHICKEN 1.5 KG
59
99
BRITOS DICED BACON 200G
1999
ROMI 25% FAT SPREAD 1KG
24
99
B-WELL OMEGA COOKING OIL 750ML
52
2 FOR
2195
26
99
SUNLIGHT DISHWASHING LIQUID 750ML
FAIR CAPE 50% JUICE 4L 99
EVERYDAY BAKED BEANS 400G
2499 LONG CHIPS ASSORTED 100G
1899
BEACON ASSORTED SLABS 80G
1499
REGANO PASTA SAUCE 300G
1499
DETTOL SOAP 175G
1499
FIRST CHOICE UHT MILK 1L
JUNGLE OATS 1KG
1550
39
BABY SOFTY DIAPERS 20'S ALL SIZES
HUSKY DOGFOOD 775G
3299
99
2699
FAIR CAPE LUNCHBOX 6X80G
14
99
BULK DEALS
PROMOTION IS VALID FROM 24 SEPT - 1 OCT 2026
MONSTER ENERGY DRINK 24 X 500 ML
063 834 6985 NIKNAKS 50 X 20G
315
45
KOO BAKED BEANS 12 X 400G
RIMAX DOGFOOD 7KG
180
11999
MR ORANGE/ RASCALS 6 X 300ML
2399
We reserve the right to limit quantities. Unit prices apply to bulk prices only. | Prices valid while Promotional stocks last. Errors & Omissions exempted. We try to ensure that all advertised items are correct, however if information is printed incorrectly or mistakes occurs we will display the correct information on a notice in-store. PPHS240926-PL240926
24 September 2026
ADVERTENSIE ADVERTISEMENT
Paarl Post
7
8
PaarlPost PROMOSIE PROMOTIONS
24 September 2026
While Stocks Last Strictly Halaal
HERITAGE DAY
alf Whole/H Lamb
BRAAI DAY
2026
A-Gradew Beef Ste
Grabouw Wors
R127 99
R89 99
R79 99
te/ Bees Pors Trotte
Club Steak
Trays Eggs
R39 99
R129 99
/kg
24 September 2026
Celebrating South Africa's Rich Cultural Heritage One Nation . Many Cultures . One Fire
/kg
/kg
/kg
R59 99
/kg
/tray PPHS240926-PL240926
PAARL
OP THE PEN TO UBLIC
UAL Q M U I PREM
ITY
VARKIN’ LEKKER BRAAI ADDRESS: REMBRANDT MALL, PAARL
TEL: 021 036 0130
OVER 3 0 PRODUCT 0 QUALITY S IN-STO RE!
SKOLE SCHOOLS Paarl Post
24 September 2026
9
Skolesport: Noord t. Suid in Paarl Daar broei opwinding onder skoolatlete, met die land se sterkste skole wat vandeesweek in die Paarl in die Wildeklawer Noord t. Suid Top-14-atletiekbyeenkoms meeding. Die byeenkoms vind op Donderdag en Vrydag (24 en 25 September) by die Dal Josafat-stadion plaas en word deur die Hoër Jongenskool Paarl en die Hoër Meisieskool Paarl aangebied. Dit beloof om een van die hoogtepunte op die skoolatletiekkalender te wees. NOORD T. SUID – WIE IS ALMAL DAAR? Die formaat is eenvoudig en opwindend: skole word in twee streke opgedeel – Noord en Suid – en elkeen stuur sy beste atlete om die eer van hul streek te verdedig. Noord bestaan uit onder andere Grey Kollege, die Hoërskool Waterkloof, Pretoria Boys High, Affies Meisies, die
Hoërskool Klerksdorp en Curro Hazeldean. Suid se geledere sluit in plaaslike skole soos Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, La Rochelle, die Hoër Meisieskool Bloemhof, Outeniqua en die Hoërskool Durbanville – om maar net ’n paar te noem. HOE WERK DIE KOMPETISIE? Elke skool stuur ’n span van 14 atlete (seuns of meisies). ’n Span moet minstens drie atlete in elk van die o.14-, o.15en o.17- ouderdomsgroepe insluit, terwyl o.19 opsioneel is. Die span se ranglys word bepaal deur sy 14 beste prestasies, volgens die amptelike ASA-puntestelsel. Die program dek die volle spektrum van baan- en velditems: van die 100mwedloop tot die 3 000m, hekkies, hindernis, aflosse, verspring, hoogspring, gewigstoot, diskus en spiesgooi. Hamergooi is ook op die lys van items, terwyl paalspring as ’n uitgenooide en bykomende
seniorsitem aangebied word. Die uitslag tel nie vir die spankompetisie nie. DAG VOL AKSIE Vandag (Donderdag) dien as opwarmings- en openingsdag. Hamergooi begin reeds om 16:00, terwyl die kalibrering van apparate vanaf 15:00 plaasvind. Dié aand is daar ’n verwelkomingsfunksie vir onderwysers by die Hoër Meisieskool Paarl se klubhuis. Atlete kry die kans om mekaar op ’n sosiale byeenkoms te ontmoet. Vrydag is die groot kompetisiedag, met al die oorblywende items wat op die baan en veld afgehandel word. MEDALJES EN PRYSE Daar word ruim beloon: die topdrie in elke item kry medaljes, en daar is trofeë vir die beste seuns- en meisiespanne. Op individuele vlak word die beste baan- en veldatlete (seuns en meisies)
gekroon, gebaseer op prestasies oor twee items elk. Atlete moet na afloop van elke item betyds by die wennerspodium wees vir medaljie-oorhandigings. PRAKTIESE REËLINGS Toegang kos R70 vir volwassenes en kinders bo 12 wat nie skooluniform dra nie; leerders in skooluniform kom gratis in. Kaartjies word via iTickets verkoop. Daar is nie parkeerplek binne die stadion nie, maar toegewysde parkeerplek is teen R50 beskikbaar. Gr.7's word genooi om die geleentheid by te woon. Die byeenkoms word regstreeks op die SuperSchools-toepassing gestroom, sodat ondersteuners wat nie kan bywoon nie ook die aksie kan volg. Met die sterkste skole van Noord en Suid wat mekaar in die Paarl ontmoet, beloof hierdie byeenkoms om ’n fees van atletiek te wees.
Matrikulant van Amstelhof Spelfees bring gesinne saam vat nie ‘nee’ vir antwoord David Rossouw
Megan Adendorff ’n Matriekleerder by Klein Nederburg Sekondêre Skool (KN) is aangewys as die landwye wenner van Die Burger se kreatiewe skryfkompetisie in die afdeling Afrikaans- eerste addisionele taal. Kay-Lee Koopman (18) het dié prestasie behaal met haar skryfstuk “ ‘nee’ is die moeilikste woord om te sê”. Dié tienermeisie het nie self vir die kompetisie ingeskryf nie. Haar onderwyser vir Afrikaans- eerste addisionele taal, Toyer Hefca, het haar skryfwerk raakgesien en besluit om dit in te skryf. “Ek was eerlikwaar stomgeslaan en ongelooflik dankbaar!” sê Kay-Lee. Sy sê die idee vir haar skryfstuk het uit alledaagse menslike verhoudings en die druk wat jongmense ervaar om grense te stel, ontstaan. Sy sê die skryfproses was louterend en uitdagend en sy hoop lesers besef dit is aanvaarbaar om vir jouself op te staan. “Dit is nie ’n teken van swakheid om ’nee’ te sê nie, maar eerder ’n teken van selfrespek.” Hefca, wat Kay-Lee sedert gr. 9 onderrig, sê hy het vroeg reeds haar vermoë om haarself deur taal uit te druk, raakgesien. “Wat my veral opgeval het, is haar vermoë om nie bloot ’n onderwerp te beskryf nie, maar om emosie, persoonlike ervaring en betekenis in haar skryfwerk vas te vang.” Volgens Hefca het Kay-Lee se eie stem, oorspronklikheid en emosionele diepte tot die skryfstuk bygedra. Haar ma, Meneshia Koopman, sê KayLee was van kleins af lief vir lees en skryf. Sy het haar op ’n jong ouderdom gereeld biblioteek toe geneem en sê KayLee kon reeds op vyfjarige ouderdom
Kay-Lee Koopman saam met haar ouers, Meneshia en Kobus Koopman.
lees. Teen sewe het sy volgens haar ma gevra vir boeke sonder prente. Koopman sê sy is “verskriklik trots” op haar dogter en voeg by die gesin was emosioneel toe hulle van haar oorwinning hoor. Die trotse ma sê: “Ek weet Kay-Lee, haar pa, Kobus en haar ouer broer, Mckyle, is haar grootste ondersteuners.” Die prestasie kom in Kay-Lee se matriekjaar, wat volgens haar met stres, eksamens en belangrike besluite oor die toekoms gepaardgaan. “Hierdie prestasie is soos ’n ligstraal en ’n bevestiging van my vermoëns. Dit herinner my daaraan dat harde werk vrugte afwerp,” het die meisie beklemtoon. KN het Kay-Lee op hul Facebook-blad met haar prestasie gelukgewens en gesê sy het met haar skryfstuk ’n persentasiegroepering van 90% tot 100% behaal. Die skool het Hefca ook bedank vir sy begeleiding en ondersteuning.
Die Woorde open Wêrelde (Wow)-Spelfees is tans in sy 17de jaar en is voorverlede Saterdag (12 September) by New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl aangebied. Dit is ook die eerste keer dat die skool gasheer vir die provinsiale Spel-en-Telfeeste speel. Die Wow-spelfees is ’n kreatiewe program wat gerig is op die bevordering van taal, letterkunde en kunste in skole en gemeenskappe om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed. Die Millennium Trust het die Wow-Telfees vanjaar moontlik gemaak sodat dit op kring-, distriks- en provinsiale vlak in ál nege provinsies landwyd aangebied kan word. “Die Telfees dien as ’n opwindende platform vir leerders om hul syfervaardighede en wiskundige denke ten toon te stel, terwyl dit ook akademiese selfvertroue en skooltrots bevorder,” het Fiona van Kerwel, Wow-bestuurder, by die bekendstelling gesê. “Ons wil wiskundige geletterdheid verbeter en ’n liefde vir wiskunde help kweek deur prettige berekeninge met ’n element van spanning te kombineer.” Die byeenkoms het omtrent 600 spellers en 200 opvoeders na die geskiedkundige byeenkoms in die Paarl gelok. Paarl Post het tydens die byeenkoms met die skoolhoof, Carlen Oppelt, en die vakopvoeder juffrou Sabina Dumas gesels oor die spesiale geleentheid en wat dit vir die skool en sy personeel beteken om op provinsiale vlak ’n bydrae te kan lewer. Albei het gesê dat dit ’n groot eer is en dat dit die bevordering van taal- en syfervaardigheid verbeter. “Deelname aan die Spel-en-Telfees help leerders nie net om hul spelling, taalvaardighede en syfervaardighede te verbeter nie, maar help ook om hul selfvertroue en dissipline te ontwikkel. Dis nou vir hulle ’n uitdaging om net beter en beter te vaar,” het Dumas gesê. “Toe Wow ons meer as 17 jaar gelede genader het om die spelfees in die Paarl te
begin, het ek onmiddellik ja gesê. Vandag is ons trots om met die kompetisie verbind te wees,” het Dumas bygevoeg. “As opvoeder kon ek duidelik die verskil in spel- en taalgebruik sien toe die Wow-spelfees nie tydens Covid aangebied is nie.” Volgens Dumas bring die Wow-spelfees die gesin bymekaar. “Dis lekker om vir ’n kind wat nie wen nie steeds te kan sê: ‘Jy is die beste in jou skool of kring’. Ons het vandag twee mediese dokters wat vroeër by ons skool die Wow-kompetisie gewen het. Dr. Cassidy Pietersen was as gr.9-leerder ’n nasionale wenner,” het Dumas gesê. “New Orleans het geskiedenis gemaak deur die eerste keer as ’n provinsiale gasheerskool aanbieder van die Spelfees te wees. Die geleentheid is vir ons meer as net ’n kompetisie – dit is ’n viering van tale en die uitnemendheid van ons leerders. Ons maak geskiedenis, want die eerste provinsiale Telfees is hier aangebied. “Wow besef nie hoe hulle ons skole en gemeenskap saamsnoer nie. Wow het aan ’n kind wie se ouerhuis sonder vensters was, gewys dat hulle ook belangrik is en deel is van die gemeenskap. Nuwe wêrelde is vir hulle geopen en nuwe uitdagings is geskep. Wow het opvoeders laat trots voel en weer eens gewys dat die akademie kan baat vind by die Spelfees,” het Dumas bygevoeg. Verskeie lees- en skryfprojekte help lesers ontwikkel. Wow gee nie net aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie nie, maar bemagtig talentvolle kandidate met Wow-studiebeurse aan die Universiteit Stellenbosch. Die Sanlam Wow-Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land en word in ál nege provinsies aangebied en gee jong leerders in ’n vroeë stadium reeds blootstelling aan die US en die geleenthede wat dié instansie bied. Wow bied ook jaarliks ’n program by die Toyota Stellenbosch Woordfees ter viering van die verruimende waarde van die woord aan.
10 PaarlPost PROMOSIE PROMOTIONS
24 September 2026
ZM TRAILER HIRE
Joy Cargill
786 SHUTTLE SERVICES YOUR DESTINATION IS OUR GOAL
S T U D I O O F BA L L E T
AIRPORT TRANSFERS PICK UP & DROP OFF | CHAUFFER
WALEED ABRAHAMS
waleedabr27@gmail.com |
073 380 3053
CLASSES CENTRAL PAARL & PRE-PRIMARY SCHOOLS Any Inquiries: 021 872 3404 | 072 600 8037 joycargill@gmail.com
786 LICENSING & REGISTRATIONS VEHICLE LICENSING, RENEWALS & REGISTRATIONS VEHICLE REGISTRATIONS | LICENSING & SPECIAL NUMBERS NM10074612-PL240926
NM10074611-EN240926
Installation of Solar PV Systems Maintenance of Solar PV Systems +277 393 05464
NM10074589-PL240926
NM10074613-PL240926
FIBRE WIRELESS VOIP bre@iinet.co.za 021 879 2150 | 0670924749
NEVER FACE A BLACKOUT AGAIN! Innovative and sustainable solar solutions built for South African conditions. We keep homes, businesses and farms running, no matter what the grid does!
RESIDENTIAL
COMMERCIAL
AGRICULTURAL
Reliable power, every day Visible, marketable upgrade to your property Strong, fast payback for commercial and agricultural businesses
GET YOUR FREE QUOTE TODAY! Corné +27 (0) 82 770 7772 | www.blackout-power.co.za
079 035 9294 • 082 826 4898 dw.cleaning.solutions02@gmail.com Winelands 0000000-PL240926
24 September 2026
>2355;"E
GHD; 0;F&HE *:< ./* 71**
GEKLASSIFISEERD CLASSIFIEDS
Paarl Post 11
9;'"H&H >;(!E#&
*/< 787 /4.8
C-(;B=+ @;'"H&H,E;(!E#&6&#?AE(H"B;,$#,%;
%$!&+)-'"!!#
"*('!) # $*%%
,;;@ %D> 8<B 9#; @D"DB> 3)/(
PERSOONLIKE DIENSTE
*)*&! $"%'#"(#"!
ALLERLEI
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
1435
*/)(%.%"$'#' -/,%'& !'(%.+$'0 "2/%654#'$** 7(,.) 7 8!13'4 9&+ &&& 0&-)*#,,!%$'"&(+#$,'"!
EDINA is looking for housekeeping work in house, guesthouse or business or domestic work I can start immediately. I can also babysit. 069 464 9686. SELLINA is looking for domestic work. Reliable and trustworthy. 075 058 3241.
2*(*#(0-
ELEKTRIES
:+5>)3+;+9,16 %4+4@#A, 3C#+.B=#,.?A .A &C#A,.,8 $C1@48.A0 6 '??7 AC)41.=#+: #A#+8,.=#+ #A7 (;=4+ /-.++/ 6 *!.+.,8 ,? 14#7 71#>.A0/ #A7 /<4=.B=#,.?A/ 6 $,1?A0 #,,4A,.?A ,? 74,#.+
#! '*(& $"%))"
HUISVERBETERINGS BUITE
HUISVERBETERINGS BUITE
1836
1836
<<N #<'9 !
J1EI$ /(52H #$&4527 *.5&4 /(D527 LE%$.I -1.&6 12 C1.4
#######'!"$(#&$%
IFBA FC %#BACF&#% %##% IGBO'! OC Z!D!*) \O-!I 9W 1@5X4 U> D@;.Y(19UW 2? U> 1:@ #@@[4 D@;94159@4 ,"1 TV03] U> 3:@ 9T3@T39RT 3R $PP8/ >RL 3:@ 9KK0@ R> $ X@L39=@V XRP/ R> %##% F! AC,GB!#C G-H*#C A2;QS141..QS(44@[ $J_ %C,J#GBA#UG H-GUBUE,IUA#UA OW >(NU.5 U> _ A,HB,GD, %&,GA&U UV@T393/ G07Z@L 5..<QS <?1<.? Q (W[ GFJW,&, ECUG'#BB %&,GA&U UV@T393/ G07Z@L 52Q.16..S< .? 2 K(559@[ 9W 'UXX.W91J U> E5US@51J 1U @(": U1:@5 OW 5@4S@"1 U> "@51(9W_ #C! QQSS< )#IIUGYAFG UG AW# %C,J#GBA#UG H-GU'UE,IUA& %U+UBUFG E,,CI ECF+UG'# F! AW# )#BA#CG ',E# UG #(A#GA Q<. OFG# W-G%C#% !U!A& AWC##N BD-,C# H#AC#B +:9": :(4 $@@W YU41 U5 [@415UJ@[P ,YY 9W1@5@41@[ S@54UW4 :(N9W; U$8@"19UW 1U 1:@ 944.@ U> 4.": "USJ (5@ :@5@$J 5@6.95@[ 1U YU[;@ 1:@ 4(X@ 9W L5919W; L91: 1:@ D@;9415(5 U> #@@[4 G%"@ (1 ',E# AF)G R<1: ^YUU5] OW>U5X(19UW #@47] / D9@$@@7 C15@@1] ^U5@4:U5@] '(S@ BULWQ L91:9W 1LU R/Q L@@74 >5UX 1:@ [(1@ U> 1:@ S.$Y9"(19UW U> 1:94 IU19"@P
,',HC EDFTAD%ADC ,=W74W 0;M %:LW:14W1M XSSUL4M++4 ?K ESL(1L 3>36 E,,DI KJ2. BW9$ .K> 2.2 RR6? %<QSL$ M+/;7W)+Y+8LQMS:N&SN/+
%,A # % ,A ) # I I U G YAF G F G A W U B 1; A W %,& F ! B#EA#H*#C1.15M %# +UIIU#CB " B'WC#+#,AAFCG#&B = 'ZAD'Z CBD!!B]+!MMOI\BGI]32==P B!M!EZGI!_ F/T ?30 TT3T !K,OM_ Y@;(Y&[@N9YY9@54Y@;(YP"UPH( )*!,,$."'"%(+-&,#-"
911O &3$(2 911O /(52H 911O .$/(5. ),-!9;9<<NA=L >521. .$21D(H$
#HAUEGHI#HC,J W#,JCW FE,'CUCUGH#E Q7 + FGDCDP F,,EJ + ?" '#E#D + 5" -GE'#DC#E + 5" EG*#ECDGH + S
B"G FMF 0BMK N9!! :+<-!8
)*!,,&-$'&%(+,#,$-"
SWEMBADDENS
EXN4<MX9X86L$ > , M):)F@8I I)MIR@M/ 2G@:R(R=@IR78- 6M)()M@?:/ @ Q@IR78@: %R6:79@ 7M *TB)=" +)$M)) R8 #8FRM789)8I@: !)@:I" > CG==)LL(G: =796:)IR78 7( I") =796G:L7M/ 78)T/)@M '799G8RI/ C)MFR=) > D)$RLIM@IR78 @L @8 #8FRM789)8I@: !)@:I" EM@=IRIR78)M 1RI" I") !)@:I" EM7()LLR78L '7G8=R: 7( C7GI" ,(MR=@ 5!E'C,4 (7M R8+)6)8+)8I 6M@=IR=) > E)@=) O((R=)M IM@R8R8$ 1R:: ?) @+F@8I@$)7GL- 7M I") LG==)LL(G: =@8+R+@I) 1R:: ?) M)2GRM)+ I7 =796:)I) E)@=) O((R=)M IM@R8R8$ 1RI"R8 H& 978I"L 7( @667R8I9)8I > , F@:R+ 97I7M F)"R=:) +MRF)MNL :R=)8L) > '796GI)M :RI)M@=/< SC O((R=) > #0=)::)8I =799G8R=@IR78 L;R::L R8 @I :)@LI I17 7( I") I"M)) :@8$G@$)L 7( I") A)LI)M8 '@6) EM7FR8=) > #0=)::)8I @8@:/IR=@:- R8I)M6)ML78@: @8+ 6M7P)=I 9@8@$)9)8I L;R::L > ,?R:RI/ I7 (G8=IR78 )(()=IRF):/ R8 LIM)LL(G: LRIG@IR78L3
1868
ME D-1 >5O(OO&4 >Q" ?--J3
5# 2"7=<98;= 8$ 9:=
! A@: ,L=@ =%LLNA! A%: ,??LN,A*%=
/:29;,!! 12%"=$=
6&244,)6
(+3 .0. +-*0 #"#!
':TL<8> Z)6X$ .7 G&6T(XM 5.5K )6 S@$..
#772 "/8 96610 +$$% -'"*&- *!( #*&!,'!*!)'.
+#" *&& ,#-" !##& )*"' %''(.$ ()$####!&&%'*!"#!!&
VERVOER & BERGING
!.)$22)0*,.)' $2-
1870
3 !0*))/2 &%/,/2 (0"$/+&%/,/ 3 '",1&%/,/ 3 ./,-!/%*, 3 #"%/')","0/2 /,&
"+% (2-,&.)/#- 1.&+-$.--++&
! =.< 850 <<64 $ 7&/:7%/&2:3&-7;#);>& $ ,,,;/&2:3&-7;#);>& (:97&1//:7729&&2 <+" '://1-32))*#""""$&!%(+$!"$$'
5 $=A7 =9 3.:9 5 @:/- =:>4-> 5 #,/-.9<+A-- 5 (3>9< ; I=9-A<A->:>9=.9 5 '=>H 1,0- :. GA,2->> 5 (:>2,3.9-/ A=9-> < 4,.B<9-A1 A-.9=4> 5 6<D G=/4,27> 5 %.>3A=.2- 2,1G=.H =GGA,0-/ 5 &:A- =./ 9?-+9 2,0-A 3G 9, #)F FFF E!;*C 5 "-23A-/ 8H *H24,G> "-23A:9H
)*%""""$'!&(+$#"$$'
?11B4 ?#@> 2-?A:5.,5 ,A52+= 5A :=.*=:7 0#<$D #C *B16D%@>D<% ! 7>D& 81% *B16D%@>D<%
$/('%!/.*+ !# ,1!'&*+) !2"*+#/(*.*-#(
>""6' >)5$ "1& 8)=?59/&(" +"=/ 1)$ =/6(2(/& %+/$+/6 "1! )2 $+/ 5/6=(*/5 )6 .6)&?*$5 "&=/6$(5/& %('' +"=/ $+/ &/5(6/& /22/*$ )6 )?$*)3/< ;/"&/65 %('' 1)$/ $+"$ 5)3/ )2 $+/ .6)3(5/& 6/5?'$5 (1 $+/ "&=/6$(5/3/1$5 "6/ /#$6")6&(1"6! "1& 3"! ,/ (3.)55(,'/ $) "*+(/=/< 4/%"6/ 5)3/ )2 $+/ .6)*/&?6/5 "1& *'"(35 "&=/6$(5/& 3"! ,/ &"10/6)?5 (2 1)$ /#/*?$/& ,! " 7?"'(2(/& 3/&(*"' .6"*$($()1/6< ;/"&/65 "6/ %"61/& $+"$ $+/! 5+)?'& *"6/2?''! *)15(&/6 "1& =/6(2! $+/ "&=/6$(5/6:5 *6/&/1$("'5< >""6' >)5$ "1& 8)=?59/&(" &) 1)$ "**/.$ "1! '(",('($! %+"$5)/=/6 (1 6/5./*$ )2 "1! )2 $+/ 5/6=(*/5 )6 0))&5 "&=/6$(5/&< ()$####!&!%'*!"#!!&
A<L<6 222O&)RX2<8X:)8ZLO>T3O/) VTM 6=X V4:: )Z3XM6<LX9X86 )8Z 6=X )RR:<&)6<T8 RMT&XZ4MXO W! FEUHD IBHU'UF,J I,H,Y#E '@6) AR8):@8+L %RLIMR=I SG8R=R6@:RI/ &J ,:)0@8+)M CIM))I CI)::)8?7L=" KJ.. ...",-,#(,%*,#&,")!"+, $'//'$
(*4 5., ,553
*:!:92 <+64 *1-#:
)*$,,"./'&#(+-%,!-/
')RX -<8X:)8ZL %<L6M<&6 I48<&<R):<60 L6M<3XL 6T2)MZL MX8ZXM<8> ) Z08)9<& )8Z XVVX&6<3X LXM3<&X 6T 6=X &T9948<60 48ZXM <6L ;4M<LZ<&6<T8O ,L )8 #9R:T09X86 #N4<60 #9R:T0XM" 2X &4MMX86:0 TVVXM 6=X VT::T2<8> 3)&)8&<XL 6T )RRMTRM<)6X:0 N4):<V<XZ )8Z X1RXM<X8&XZ <8Z<3<Z4):L$
,?? )<9@ L+,9,=-!!#
';.)< =7>3 (2 ,? =?1A4+"=?+72#=,9=?95#
=,L%=" =%>;N*% + =?,>%= <O3$ .HI 0I0 MFF0 .HH EHI .77E 8C5G0F.)62-53K&/2
7"-11114/-26$3,1334
*M- '-KJI- -5 %M5<7- NM8DM9<JM-O -5 *MJIKM;FJM-O K-8-5M5" M5 ;3"-6-79- ,3-9-7 J<7 EMK /5 IC91-K8 E<5 2R Y+W E<5<( 2? C%EB%H*%D 2.2J I-K M5J<- 7+ ;C 9M8<5I33K E<5 9M- L--JI-K E<5 9M- >-JOP<<1 #3""-K-"JQ3(: P<<1JI<9 -5 9M- N<599K3J I- E,,DIN
<9
%4#&": !4*#6&60 84:2'0": / '86&$*6":
! #>N'!%= ! #>%%9%>= ! 'N=P:,=P%>= ! :,=PNA! B,*PNA%= ! =<@;%= ! ,N>*@A=
*F%'%IGFHH%D$ .R.J6>52.2?
ALGEMEEN 3680
T%GGVC!%@VG! ,A'*'N >=N' !%F##D%- BXFH,C P!%*FD% FE 23 FTBF*%D R6?RO" !*0 B?0 &22.GH &2H$ .) 4: H,- I,,G 26" @%IIVG!BFG" AA?N'*' A@ R6 H,,DB 2.2?N
)*#,,,,"&$%(+"!,""'
GENERAL & HOME SERVICES
1810
!#$ " !#$ " !#$
-J
KRUIEKENNER
1655
&5'0(5.+*0)#)!%#
WWW.NEWLIFEPLASTICS.CO.ZA
NM10071729-PL030926
Verkope: 082 538 6381 | simone@newlifeplastics.co.za Verkope/Fabriek: 079 557 1374 | grant@newlifeplastics.co.za
24 September 2026
NM10074559-PL240926
Vuurwarm Paarl-rugby Furlan Pietersen van Albions gee die bal uit voor hy platgetrek word. Albions en Rangers, albei klubs van die Paarl Rugbykode, het mekaar die afgelope Saterdag op Daljosafat in ’n ligawedstryd gepak. Albions wen die wedstryd met 27-22. Foto: Ernest Kilowan
Paarlberg this Saturday
O
ne of South Africa’s oldest road races returns to Paarl this Saturday, 26 September, when runners take to the streets for the 2026 Paarlberg Half Marathon. First held in 1935, the Paarlberg has a proud history stretching back more than 90 years and is one of the country’s oldest road-running events, second only to the Comrades Marathon in longevity. Taking place during Heritage Month, this year’s event celebrates not only running, but also the history, people and distinctive character of Paarl. All three races will start and finish at De Poort in Turk Street, Southern Paarl. The 21,1 km Half Marathon starts at 06:00, followed by the 10 km Run at 06:30 and the 5 km Run/Walk at 07:00.
Come along and run through history The half-marathon route provides a distinct Paarl experience, taking runners through the town before including the traditional Jan Phillips gravel-road section along the slopes of Paarl Mountain for great views. With runners taking to the streets from early morning, motorists are asked to plan ahead, be patient and exercise particular caution around runners, marshals and event officials. Road closures and traffic disruptions may be in place along sections of the routes during the morning. Members of the public are encouraged to join the festivities at De Poort, which
will serve as the start-and-finish precinct. Spectators can watch runners depart and return, support friends and family and enjoy the race-day atmosphere and event activations. Last-minute entries may still be available for the 21,1 km, 10 km and 5 km events. Runners are strongly advised to check current availability, entry arrangements and final race-day details on the official Paarlberg Half Marathon website before travelling to the event. Onsite Events has thanked the partners whose support is helping to make the 2026 Paarlberg Half Marathon
possible: Drakenstein Municipality, Akademia, NTT Group, Paarl Post, Coke Peninsula Beverages, 32 GI, Manzi Water, Radio KC, KWV, Rawson, Sports SA, Bouttime, Jetour, Paarl Athletics Club and Boland Athletics. The organisers also extend their appreciation to the event officials, traffic authorities, marshals, volunteers and local community who contribute to staging an event of this scale. On Saturday another chapter will be added to a Paarl sporting tradition that began in 1935. This Heritage Month don’t just celebrate history. Run through it. For last-minute entry availability and the latest race-day information,visit the official Paarlberg Half Marathon website www.paarlberghalfmarathon.co.za