Skip to main content

PaarlPost-PL-E-edition - 12 June 2025

Page 1

Voice of Drakenstein | Stem van Drakenstein

W E S EL L

Voorheen die Afrikaanse Patriot

GAS GAS FIL

L

E NG HA C X E

AND

12 Junie 2025 | Prys: R10,00 | Tel: 021 870 4600

LIKE AND SHARE OUR FACEBOOK PAGE

VISIT US TODAY! 395 Main Rd, Lemoenkloof Western Cape Tel: 021 871 1929

Rowers teiken gastehuise Chantélle Hartebeest Die vermoorde Channelle Plaatjies ’n Emosionele oomblik toe die vermoorde Channelle Plaatjies se ouer suster, Matilda “Claney” Plaatjies, deur ’n gemeenskapslid ondersteun word op die toneel waar ’n vrou se liggaam in ’n vlak graf gevind is. Foto: Rasaad Adams

‘Dit maak seer’ Chantélle Hartebeest Die ergste vrese van die Plaatjies-familie het Dinsdag (10 Junie) waar geword toe die polisie bevestig het dat die liggaam wat verlede week in ’n vlak graf in PaarlOos gevind is, dié van die 16-jarige Channelle Plaatjies is. Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, het die hartverskeurende nuus bevestig. Channelle se lyk is verlede Maandag (2 Junie) in ’n bebosde gebied agter die Allandalegevangenis in die Paarl gevind nadat haar familie en ’n soekgeselskap vir nog ’n keer in dié gebied na haar gaan soek het. Die tienermeisie is sedert 14 Mei vermis. Matilda “Claney” Plaatjies, ’n ouer suster van Channelle, het aan Paarl Post gesê die familie het besef daar is groot fout toe Channelle teen die einde Mei nie vir haar ma, Hester Plaatjies, se verjaarsdag opgedaag het nie. Sy is dieselfde week – op 28 Mei – amptelik by die Paarl-Oos polisie as vermis aangemeld. Die polisie het die twee dae daarna ’n grootskaalse soektog in die Baseline-gebied in ’n bebosde gebied agter die Allan-

dale-gevangenis gedoen. Voor die groot soektog op 2 Junie het twee van Paarl Post se verslaggewers die familie op die betrokke dag besoek om oor Channelle se verdwyning te praat. Met die familie se toestemming het die verslaggewers die familie en die soekgeselskap met die verdere soektog in die Baseline-gebied vergesel. Daar het Matilda ’n stuk versteurde grond uitgewys wat haar gepla het en Samuel Jacobs, Matilda en Channelle se pa, het by dié stuk grond begin grawe. Terwyl hy in die grond gegrawe het, het die reuk van iets wat ontbind, in die lug begin hang. Jacobs het kort daarna ’n kondoom en toe ’n sandaal, wat die familie as Channelle s’n identifiseer het, opgegrawe. Die polisie was spoedig op die toneel en die gebied is afgebaken. Teen 16:00 is bevestig dat die lyk van ’n vrou opgegrawe is. Volgens nog ’n ouer suster van Channelle, wat nie genoem wil word nie, het hulle spesifiek die gebied deursoek omdat ’n vriend van Channelle na bewering uit die tronk gebel en glo gesê het hy het haar vermoor en haar daar begrawe. Die vriend is kort ná Channelle se verdwyning op ander, onverwante klagtes in hegtenis geneem. Nicolene Plaatjies, nog ’n

ouer suster van Channelle, sê die nuus dat haar jonger suster nie meer met hulle is nie, maak baie seer. “Ons was geskok en ook hartseer. Ons het nog altyd die hoop gehad dat sy gaan huis toe kom; dit voel nog altyd so unreal. Ek verwag sy gaan enige tyd hier opdaag en sê ‘Nanna, hier is ekke’.” Hester Plaatjies en Samuel Jacobs, Channelle se ouers, neem ook die tyding van haar dood swaar. Nicolene sê as sy enigiets vir haar tienersussie kon sê, sou sy sê dat Channelle veilig is waar sy nou is. “Mag die Here dat sy ons vir altyd beskerm waar ons loop en waar ons sit en waar ons in ons huise slaap. Ek sal altyd lief wees vir haar. Sy sal altyd onse babatjie wees – vir die res van ons lewe. Daai vermisting gaan vir die res van onse lewe daar wees, want dit is nie die middelkind wat gevat is nie, dit is ook nie die tweede oudste kind nie, dit is onse babatjie. Dit is verskriklik baie seer sonder haar. Ons sal vir altyd en ewig lief wees vir haar. Sy het dit nie verdien nie, maar sy is op ’n beter plek daar wat sy is.” Kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oospolisie, het Woensdagmiddag (11 Junie) bevestig dat niemand nog vir Chanelle se moord aangekla is nie.

Wat veronderstel was om ’n prettige wegbreeknaweek vir vier vriendinne van Gauteng te wees, het in ’n nagmerrie ontaard toe hulle by ’n gastehuis in Franschhoek beroof is. Die vier vroue is Sondagnag (8 Junie) by ’n gastehuis in Franschhoek deur rowers oorrompel. Kol. Frederick Rossouw, die stasiebevelvoerder by die Franschhoek-polisie, het die voorval bevestig. Drie mans het die gastehuiskamer waar die vier vroue geslaap het, omstreeks 01:30 binnegedring. “Toe die mans die kamer binnekom waar die vroue geslaap het, het hulle die vroue gevra om alle waardevolle eiendom te oorhandig. Die slagoffers is gesê indien hulle dit nie doen nie, sal die mans hulle doodmaak.” Nadat die verdagtes verskeie eiendom bymekaargemaak het, sê Rossouw, het hulle deur die agterdeur van die gastehuis gevlug. “Een van die slagoffers het toe die paniekknoppie gedruk en die nodige dienste, onder wie die polisie, was kort daarna op die toneel.” Volgens Kurt Maske, ’n plaaslike paramedikus in die gebied, het die voorval die vroue erg getraumatiseer gelaat, hoewel hulle fisiek ongedeerd is. Rossouw sê die mans het verskeie besittings gesteel, wat onder meer ’n selfoon, handsakke, tekkies en juweliersware insluit. Een van slagoffers het op voorwaarde van anonimiteit met Paarl Post gesels. Die 31-jarige vrou sê sy het wakker geword toe sy hoor hoe een van haar vriendinne gil. “Dit was veronderstel om net ’n lekker wegbreek te wees. Hoewel ons die naweek geniet het, het die voorval alles bederf. In daai oomblik, wat

soos ’n ewigheid gevoel het, het ek net by myself gedink hierdie mans gaan ons doodmaak. Dit is wonderbaarlik dat ons dit oorleef het en ek is baie dankbaar, maar ek is ook kwaad, want dit moenie so wees nie. Dit moes in die eerste plek nie gebeur het nie.” Op 31 Mei het drie rowers omsteeks 01:30 ook op ’n gastehuis in Franschhoek toegeslaan, waar ook verskeie produkte soos elektroniese toestelle gesteel is. Een slagoffer is in die voorval gesteek, maar het dit oorleef. Volgens Rossouw vermoed die polisie in hierdie stadium dat dit dieselfde drie rowers is wat by die nuutste voorval betrokke is. “Die beskrywing van die verdagtes is dieselfde – twee lang mans en een korte.” Maandag (9 Junie) omstreeks 21:30 was daar nóg ’n poging om by ’n kleinhoewe in Franschhoek in te breek, sê Rossouw. “Ons het inligting ontvang van mense wat by ’n elektriese heining gepeuter het en toe die alarm afgaan, het ’n veiligheidskamera ’n foto geneem. “Dit was vyf mans en ons het heelnag na hulle gesoek. Dit kon heel moontlik ’n aanval gewees het. “Ons het dit nie ligtelik opgeneem nie. Die misdadigers is baie georganiseerd. “Daar is nou gereeld inbrake en ons wil net die gemeenskap waarsku dat veiligheid by hulself begin en hulle moet seker maak hul veiligheidstoestelle werk.” Enigeen met inligting oor die voorvalle kan speursersant Marize Mentoor van die Franschhoek-polisie by 079 894 1720 kontak. • Kapt. Basil Seekoei van die Paarl-Oos-polisie waarsku ook inwoners van Paarl-Oos oor die toename in inbrake by huise en voertuie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
PaarlPost-PL-E-edition - 12 June 2025 by Novus Media - Issuu