Skip to main content

Paarl Post E-Edition 8 May 2025

Page 1

Voice of Drakenstein | Stem van Drakenstein

Voorheen die Afrikaanse Patriot

8 Mei 2025 | Prys: R10,00 | Tel: 021 870 4600

Afrikaans kom ’n langer pad Afrikaans is vandag amptelik 100 jaar oud nadat die taal op 8 Mei 1925 as een van Suid-Afrika se amptelike landstale verklaar is. Een van die feesvieringe hiervoor was hierdie yslike letters wat die afgelope week van Tshwane na die Afrikaanse Taalmonument vervoer is vir tentoonstelling. Lees meer hieroor en oor die ontstaan van Afrikaans op bl. 5. Foto: Chantélle Hartebeest

Joubert-broer oorlede ‘Nederige motorsport-bekende’ in ongeluk op renbaan

Chantélle Hartebeest Die bekende Paarlse sakeman, eienaar van die Rembrandt Mall en renjaer, Dawie Joubert, en sy familie is in rou gedompel nadat sy broer Pieter Joubert Sondag (4 Mei) dood is terwyl hy aan die Simola-heuwelren in Knysna deelgeneem het. Alison Joubert, Dawie se vrou, het die ontydige dood van haar swaer bevestig. Sy het namens die familie met Paarl Post gesels omdat Pieter se oorlewende sibbe te hartsgebroke is om met die media te praat. “Dit is ’n baie hartseer dag in die Joubert-familie wat ’n passie vir wedrenne deel en saam aan baie byeenkomste deelgeneem het.” Tydens Pieter se eerste lopie van die tweede dag van die Simola het hy beheer oor sy Lotus-renmotor verloor en verongeluk. “Hy het teen 213 km/h op die reguit pad beheer verloor en die bosse en ’n

groot boom aan die voorkant, regs van die renmotor, getref. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” sê Alison. Dawie en hul ander broer, Charl, is ook renjaers en het aan die einste heuwelren deelgeneem. “Dit was spesiaal om al drie saam te hê. Ons het ’n groot familie-teenwoordigheid by Simola gehad as gevolg van die drie broers se deelname, wat ook Pieter se seun, Kevin, ingesluit het.” Volgens Alison het die Joubert-broers van jongs af ’n groot liefde vir motors. “Die Joubert-broers jaag al vandat hulle die pedale in ’n motor kon bykom. Hulle het op ’n erf in Ellisras (nou bekend as Lephalale in Limpopo) grootgeword waar hulle enige plan gemaak het om ’n motor te laat ry sodat hulle kon jaag. Hul ouer broer, Japie, het ’n skrootwerf gehad en hulle het altyd planne gemaak om ’n motor rybaar te kry en daarmee te jaag.” Alison beskryf Pieter as “die mees vermaaklike en positiewe persoon” wat

EA

PPC SUREBUILD CEMENT 50KG 42.5N (BUILDIN) 105029 CASH & CARRY ONLY

10900 EA

BUILD IT CEMENT 50KG 32.5R 143179 CASH & CARRY ONLY

Pieter Joubert met ’n plakkaat van die Simola-heuwelren waarop sy Lotus-renmotor vertoon word.

kend geword het, het tientalle huldeblyke ingestroom. Een persoon beskryf hom as ’n “nederige legende” in die Suid-Afrikaanse motorsport-gemeenskap. Ten tyde van sy dood het Pieter en sy vrou, Ronel, op ’n kleinhoewe in Pretoria gewoon, saam met hul enigste seun, Kevin. Hy word ook oorleef deur drie broers en twee susters. Motorsport Suid-Afrika sal ’n volskaalse ondersoek doen.

QUALITY MATERIALS, EVERY TIME

VALID FROM 8 - 14 MAY 2025 (While stocks last)

12900

altyd ’n sin vir humor gehad het. Sy sê die 55-jarige wat in Saldanhabaai gebore is, was nog altyd by die motorbedryf betrokke en het in Volkswagen-onderdele gespesialiseer. Kort na die ongeluk het die organiseerders van die heuwelren, Knysna Speed Festival, ’n mediaverklaring uitgereik en Pieter se dood bevestig. “Joubert was op dag twee van King of the Hill op sy eerste lopie uit toe hy beheer oor sy Lotus op die vinnige opdraande en reguit pad verloor en van die baan afgeswaai het, nadat dit gelyk het of iets aan die motor gebreek het,” lui die verklaring. Ian Shrosbree, direkteur van Knysna Speed Festival, het bygevoeg: “Ons is verskriklik hartseer oor hierdie voorval, en ons gedagtes en meegevoel is met Pieter se gesin, familie, span en vriende. Pieter se broers Dawie en Charl, wat ook deelgeneem het, het hul wens uitgespreek dat ons met die geleentheid voortgaan.” Sedert die nuus van Pieter se dood be-

92999

11400

4499

EA

EA

DURAM ROOFKOTE SELECTED COLOURS 20L 157671

CEMZA CEMENT 42.5N 50KG 155186 CASH & CARRY ONLY

EA

BUILD IT TILE ADHESIVE CERAMIC 20KG 100205

32999 EA

5L 157672

5499

84900 EA

BI LOW SHEEN WHITE 20LT 164499

239

99 EA

5LT 164498

69

99

38999 EA

EA

1LT 164497

PERMOBOND 5L 105813

EA

SILICONE ALCOLIN CONTRACTORS 260ML CLEAR 156395 BLACK 161168 WHITE 156396

• Email: sales2@bbuildit.co.za PPHS25-PL080525


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Paarl Post E-Edition 8 May 2025 by Novus Media - Issuu