Skip to main content

Paarl Post – E-edition – 7 May 2026

Page 1

7 May 2026 | Tel: 021 870 4600 NM10057102-PL070526

NM10057056-PL070526

‘Grease’ ’n ontploffing van musiek en energie

Hugenote Hoërskool sit vandeesweek sy tradisie van puik musikale produksies met die opvoering van Grease voort. Die blyspel is gebaseer op die gelyknamige 1978-fliek met John Travolta as Danny en Olivia Newton John as Sandy. In Wellington word hul rolle vanjaar onderskeidelik deur Daniël Loedolff (naaslinks op die foto) en Annabelle Neethling, Hugenote se hoofmeisie vir 2026, vertolk. Saam met Loedolff op die verhoog is, van links, Noah Minnaar (Roger), Mika van Niekerk (Kenickie), Jean Retief (Doody) en Braam van Niekerk (Sonny). Die laaste vertoning van Grease is komende Vrydag (8 Mei). Besoek Webtickets vir besprekings. Foto: EJ Langner

Paarlse rugbyspelers in hof Hulle vra borgtog in verkragtingsaak

Jana Scheepers

’n

Plaaslike klubrugbyspeler (23) en sy vriend (28) beplan om skuld te ontken op vier aanklagte van verkragting van ’n 21-jarige student van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) op die Wellington-kampus.

Hulle het by hul hofverskyning op Dinsdag (5 Mei) in hul borgtogaansoek aangedui dat albei van hulle beplan om skuld te ontken en hul onskuld tydens

die verhoor te bewys. Die twee mans het by monde van hul regsverteenwoordiger, Elton Rochert van Rochert Attorneys in Kaapstad, verklarings afgelê as rede dat hul skedule-ses-borgtogaansoek goedgekeur moet word. ’n Skedule-ses-borgtogaansoek behels ernstige misdade waar borgtog slegs in uitsonderlike omstandighede toegestaan word. Dit sluit misdade soos voorafbeplande moord, verkragting met verswarende omstandighede en gewapende roof in. In sulke gevalle berus die bewyslas op die beskuldigde om die hof

te oortuig dat uitsonderlike omstandighede bestaan, wat sy of haar vrylating regverdig. Die staat, by monde van Melissa van der Byl as aanklaer, staan die aansoek teen. Die landdros is Martie Wilson. Die staat het die Maandag (4 Mei) in die hof aangekondig nog drie bykomende aanklagte is by die reeds bestaande verkragtingsaak gevoeg, waarna die saak tot Dinsdag uitgestel was omdat die verdediging aangedui het hulle het meer tyd nodig gehad om voor te berei. Die twee mans het op 28 April die eerste keer in die Wel-

lington-landdroshof verskyn, volgens sers. Wesley Twigg, ’n woordvoerder van die WesKaapse polisie. In die rugbyspeler, wat van die Paarl is en steeds in die dorp woon, se beëdigde verklaring ter ondersteuning van sy borgtogaansoek, het hy sy weergawe van die gebeure neergepen. Volgens hom is hy op 27 April in hegtenis geneem nadat die beweerde verkragtingsvoorval in die vroeë oggendure van 26 April in ’n studentehuis plaasgevind het. Sy verklaring lui dat hy en sy mede-beskuldigde die klaer en twee van haar vriende by ’n nagklub in Newton ontmoet het. Een van die klaer se vriende was glo in ’n verhouding met

een van sy spanmaats. Die rugbyspeler het verder onthul hy en die klaer het in 2025 seksuele omgang met wedersydse toestemming in dieselfde kamer en op dieselfde bed waar die onlangse beweerde verkragting plaasgevind het, gehad. Die rugbyspeler en sy medebeskuldigde het glo dieselfde aand in die klaer se kamer oorgeslaap. Volgens die beskuldigde het hy die klaer op die aand van die beweerde verkragting by die klub gevra oor ’n naakfoto van homself wat tydens hul seksuele omgang in 2025 geneem is en wat sy glo steeds op haar foon gehad het. Na bladsy 2.

AUTUMN SAVINGS: BUILD BETTER VALID FROM 7 - 13 MAY 2026

9599

44999

EA

CORR SHEET 0.20mm 3.0M (610MM COVER) 102529

EA

RYOBI ANGLE GRINDER 115MM 850W 159435

25999 EA

15999 EA

IBR SHEET 0.27mm x 3.0m 102524

CARPORT POST 1.2MM X 76MM X 3.0M ROUND 122548

92999 EA

DURAM ROOFKOTE CHARCOAL 20L 122134

86999 EA

PLASCON VELVAGLO SOLVENT WHITE 5L 105933

49999 EA

PRIMER & SEALER WALL CRAFT 20L 158514

89999 EA

BI LOW SHEEN WHITE 20L 164499

69999 EA

STECO CIRCULAR SAW 185MM 1250W 149189

169999 EA

INGCO ANGLE GRINDER 2400W 230MM 166634

55999 EA

RYOBI BLOWER MULCHING VACUUM 3000W 147995

NM10057485-PL070526


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Paarl Post – E-edition – 7 May 2026 by Novus Media - Issuu