Voice of Drakenstein | Stem van Drakenstein
W E S EL L
Voorheen die Afrikaanse Patriot
GAS GAS FIL
L
E NG HA C X E
AND
LIKE AND SHARE OUR FACEBOOK PAGE
7 Augustus 2025 | Prys: R10,00 | Tel: 021 870 4600
VISIT US TODAY! 395 Main Rd, Lemoenkloof Western Cape Tel: 021 871 1929
INTERSKOLE: Boishaai stap met louere weg
3, 13
Dis derby-tyd! Daar heers groot opgewondenheid in die aanloop tot die jaarlikse derby tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr wat Saterdag (9 Augustus) in die Faurestraat-stadion beslis word. Bo toon die twee skole se o.19A-rugbykapteine goeie sportmanskap en sien daarna uit om mekaar, saam met hul spanmaats, te pak. Van links is Lathi-Thaa Eze (Mej. NOSS), Valentino Williams (NOSS-kaptein), Maahir Slamdien (KN-kaptein) en Nekeysha van Rooyen (Mej. KNSS). Foto: Chantélle Hartebeest
Pa gevonnis vir verkragting Voorvalle strek oor etlike jare ’n 35-jarige man van die Paarl is in die plaaslike streekhof 25 jaar effektiewe tronkstraf opgelê nadat hy sy minderjarige dogter herhaaldelik verkrag het. Vyf jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die man nie in die tydperk waarin die opgeskorte vonnis geld, skuldig bevind word aan statutêre verkragting nie. Hy is ’n bykomende tien jaar tronkstraf opgelê vir aanklagte vier en vyf; aanklag vier vir die dwing of aanhitsing van ’n kind om ’n seksuele oortreding waar te neem, en aanklag vyf vir verkragting. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Hy het reeds drie jaar van sy vonnis uitgedien terwyl hy in aanhouding was hangende die hofsaak. Hy sal dus 17 jaar
direkte tronkstraf uitdien. Die beskuldigde is op 28 Julie skuldig bevind op vyf aanklagte van verkragting, volgens die klagstaat. Sy naam is ook in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders geplaas. Die oortredings het tussen 2019 en 2021 plaasgevind toe die minderjarige tussen vier en ses jaar oud was, volgens ’n betroubare bron wat die slagoffer en haar familie goed ken. Die identiteit van die veroordeelde word nie bekend gemaak nie om die minderjarige slagoffer te beskerm. Volgens sy sosialemedia-profiel is hy ’n oud-leerder van ’n bekende hoërskool in die Paarl. Hy dien tans sy vonnis uit in die Drakenstein-gevangenis, maar daar is ’n moontlikheid dat hy na ’n ander fasiliteit oorgeplaas kan word, volgens die bron.
Foto ter illustrasie. Foto: Argief
Die minderjarige is op die ouderdom van nege maande deur die departement van maatskaplike ontwikkeling (DSD) uit haar ouers se sorg verwyder weens aanhoudende alkohol- en dwelmmisbruik. Op die ouderdom van drie jaar in 2018 is sy egter weer aan haar pa se sorg toevertrou, nadat hy rehabilitasie ondergaan het en hom van alkohol en dwelms weerhou het. Teen daardie tyd was die ouers van
mekaar vervreem, en die ma het glo steeds alkohol en dwelms misbruik, het die bron gesê. In 2021 het die grootouers van die minderjarige, wat toe ses jaar oud was, onraad begin vermoed. Hulle is deur versorgers - wat na die minderjarige omgesien het terwyl haar pa afwesig was - in kennis gestel dat hulle na die minderjarige kyk, waarna die slagoffer se grootouers gesien het in watter toestand hul kleinkind is. Sy was onder meer ondergewig vir haar ouderdom en dikwels sonder kos en het in onhigiëniese toestande by haar pa gewoon, volgens die bron. Haar grootouers het haar toe na ’n dokter geneem, waar ’n mediese ondersoek tragies bevestig het wat niemand wou glo nie: hul kleindogter is verkrag. Die dokter het ook bevestig dat sy infeksies opgedoen het wat haar immuunstelsel affekteer. Die grootouers het toe dadelik beradingsessies geskeduleer en die meisie is in hul sorg geplaas.
20 UPPER LADY GREY STREET, PAARL 021-8711368
Paarl Eye Centre Dr Nieder-Heitmann
Treatment of cataracts, glaucoma, retinal detachments, macular degeneration, eye floaters, diabetic eye disease, dry eyes along with LASIK/PRK screening and comprehensive eye exams. Available for after hour emergencies.
Trusted medical eye care in Paarl since 1993
Dr Putter
Dr Berry