Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Page 1


R The nown at outpouring friends nity, soul craft.

December, long Paul devoted full mary invol the made but ternity, as Castle Pekeur grandchild. brother a wa

Jong krieketkaptein erg aangerand

Jerobeum Titus (27), ’n belowende jong krieketspeler en skolesportassistent van Chicago in Paarl-Oos, het onlangs by die dood omgedraai nadat hy op 27 September – kort voor die begin van vanjaar se krieketseisoen – so erg aangerand is dat hy ’n maand in die Paarl-hospitaal en twee weke in die Tygerberg-hospitaal moes deurbring.

Titus, die kaptein van Chicago se Kudu Lions-krieketklub, het vandeesweek aan Paarl Post gesê “daar lê nog ’n lang herstelpad voor”.

Volgens Titus is hy deur een van sy spanmaats en twee ander mans aangerand weens ’n misverstand oor ’n boodskap wat op die krieketspan se WhatsApp-groep gestuur is “Die span se bestuur het basies gevra dat ek ’n voice note op die groep moet stuur dat almal daardie middag (27September) se spanbou moet bywoon Die seisoen sou die volgende dag begin. “Ek is gevra dat ek in die voice note moet sê dat dié wat nie by die spanbougeleentheid gaan uitkom nie, nie die span gaan haal nie. Ek self glo dat die bestuur se bedoelings goed was – dit was regtig net ’n manier om die ouens by die spanbou te kry,” vertel Titus.

Hy sê later daardie middag is hy deur een van sy spanmaats in die straat oor die boodskap gekonfronteer.

’n Stryery het glo tussen die twee uitgebreek en hulle het aan die baklei geraak.

Volgens Titus het sy spanmaat huis toe gehardloop en kort daarna saam met twee ander jong mans opgedaag Al drie was glo met skerp voorwerpe bewapen.

Hy vertel hoe die drie hom aangerand het. Hy het steekwonde aan verskeie dele

van sy liggaam opgedoen.

Volgens Titus het hy in ’n stadium die grond getref en is herhaaldelik geskop.

Hy sê hy vermoed dis waar hy ernstige abdominale beserings opgedoen het.

“Ek is toe hospitaal toe om vir die steekwonde behandel te word Ek is aan die einde van daardie naweek ontslaan.

“Ek is toe kort daarna ingelig dat ek dringend terug Paarl-hospitaal toe moet

gaan vir ’n noodoperasie. Die hospitaal het toetste gedoen en niks anders fout gevind nie en ek is weer ontslaan.

“Die Donderdag daarna het ek steeds nie gesond gevoel nie en is toe na ’n private dokter toe Hy het gesê ek moet dadelik by die hospitaal uitkom want ek is besig om te sterf,” vertel Titus Hy vertel dat die mediese personeel met sy eerste hospitalisering nie die abdominale beserings opgetel het nie, en dit het vererger toe hy nie daarvoor behandel is nie.

“Ek was vir ’n maand in die Paarlhospitaal en is nog twee weke in die Tygerberg-hospitaal behandel.

“Al waaraan ek kon dink terwyl ek daar gelê het, was wat van my vierjarige seuntjie gaan word as ek dit nie maak nie,” vertel hy

Titus is onlangs ontslaan en sterk tans by die huis aan.

Hy sê hoewel ’n lang herstelpad voorlê, hoop hy om gou weer na die krieketveld terug te keer

Hy sê hy help intussen met afrigting, sover as wat sy liggaam hom toelaat.

Titus sê ook hy hoop om binnekort sy posisie as skolesport-assistent by die Laerskool New Orleans te hervat.

Volgens hom is die spanmaat wat hom saam met twee ander aangerand het, permanent uit die span geskop.

Titus het bevestig dat die drie strafregtelik aangekla is en op 11 Januarie volgende jaar weer in die hof sal verskyn.

Jerobeum Titus (27) wys vandeesweek die letsels op sy maag waar hy geopereer is Foto: Rasaad Adams
TitushetnogvroegverledejaarvirdieBlackPantherskrieketklubgespeelentoelaterdiejaarbyChicagose KuduLionsaangesluit,waarhydiekapteinis

Best secondary city for governance

The Auditor-General of South Africa has awarded Drakenstein Municipality (DM) its 11th clean audit for the 2024-’25 financial year

This is the municipality’s seventh back-to-back clean audit and 18th unqualified audit opinion since 2011, it said in a statement

It views its 11th clean audit as a testament to “excellent management and governance, as the Auditor-General not only considers financial management but also investigates operational processes aimed at delivering outstanding services to residents ”

The municipality further stated this was “a remarkable achievement given the trend of failing municipalities in South Africa,” adding that the Western Cape “is the exception ” Drakenstein Municipality earned top honour earlier this year at the 2025 Western Cape Government’s Service Excellence Awards, held on 12 September, by winning the Best Municipality Award (gold) Swartland Municipality followed in second place (silver), with Mossel Bay Municipality in third (bronze)

“Achieving our 11th clean audit is a powerful statement about Drakenstein Municipality’s unwavering commitment to integrity, accountability and excellence,” said Stephen Korabie, Executive Mayor “This milestone is not just a number It reflects the hard work, resilience and dedication of an exceptional team that kept its

focus in the face of many challenges I am immensely proud of what we have accomplished together ”

DM said its Internal Audit Division is instrumental in its success by ensuring that every recommendation from the Auditor-General is translated into actionable improvements Drakenstein is also said to be the first municipality in South Africa to transform its Municipal Audit Action Plan (MAAP) into detailed Departmental Audit Action Plans (DAAPs).

“These DAAPs provide clear, department-specific directives, creating a structured roadmap for continuous improvement and accountability across the Municipality,” Dr Johan Leibbrandt, City Manager of Drakenstein, said, emphasising such synchronisation is key in achieving clean audits

“Our internal auditors, under the leadership of our Chief Audit Executive, Rozan Jaftha, are our

first line of defence We have a systematic, disciplined approach to evaluating and improving our business processes ” He congratulated the Chief Financial Officer Bradley Brown and his Financial Services team as well as the Executive Directors and their management teams for their crucial role in achieving the Municipality’s 11th clean audit Drakenstein Municipality is currently experiencing robust growth and development while carefully preserving its rural character and country charm through a combination of strategic spatial planning and sustainable practices The news of this clean audit concluded a year regarded as the best in the municipality’s history to date:

JUNE2025

Drakenstein Municipality is

Twee departemente saam

Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek bevestig dat hy nie meer kandidate werf om die vakante amp van uitvoerende direkteur vir gemeenskapsdienste te vul nie, aangesien nou besluit is dat dié departement met die departement van openbare veiligheid gaan saamsmelt.

Paarl Post het in Julie vanjaar berig dat die munisipaliteit in daardie stadium glo “gesukkel” het om die amp gevul te kry weens die skynbare lae salarisaanbod.

Dr. Johan Leibbrandt, die stadsbestuurder, het toe gesê dat die munisipaliteit in daardie stadium met die provinsiale departement van plaaslike regering onderhandel het vir ’n hoër salaris om die geskikte kandidaat te werf.

“Dit is baie belangrik dat hierdie pos met ’n permanente werker gevul word. Ons het by ’n vorige geleentheid verslag gedoen dat die eerste ronde onderhoude gevoer is.

“Slegs twee kandidate het uitgestaan en hulle sal later weer vir verdere besprekings genooi word.

“Ons het met die provinsiale regering vir ’n beter salarisaanbod onderhandel en hoop om nog in Julie ’n antwoord te kry,” het Leibbrandt op ’n raadsvergadering op 27 Junie gesê.

Seraj Johaar, die direkteur vir korporatiewe en beplanningsdienste, het egter vandeesweek ’n ander deuntjie gesing en aangevoer dat hierdie herstrukturering ook tot finansiële besparings vir die munisipaliteit sal lei.

“Die Drakenstein-munisipaliteit se gemeenskapsdienste en openbare veiligheidsdienste het voorheen as ’n enkele departement gefunksioneer en ons is vol vertroue dat die aanstelling van een uitvoerende direkteur om hierdie groep dienste te lei, doeltreffende leiding en bestuur van al die funksies sal verseker,” sê Johaar.

“Aangesien die nasionale departement, wat verantwoordelik is vir plaaslike regering (Cogta), nog geen kennisgewings

oor die boonste salarisskale van senior bestuurders uitgereik het nie, en omdat hul bestaande kennisgewings nie implementeerbaar is nie, is ons nie in staat om kandidate te lok om vir die pos aansoek te doen nie,” verduidelik Johaar.

Bazil Jacobs, ’n raadslid en die leier van die Concerned Drakenstein Residents-party (CDR), het by navraag gesê die party is met die herstrukturering onkant betrap.

“Dit was die stadsbestuurder wat twee jaar gelede aangedring het dat die twee departemente skei. Hy het toe aan die raad verduidelik hoe belangrik dit is vir die twee om apart te funksioneer sodat funksies soos wetstoepassing aandag geniet.

“Ons standpunt was toe al dat ’n departement soos gemeenskapsdienste ’n kritieke rol in ons gemeenskappe vervul, wat die lewering van basiese dienste betref. Jy kort dus personeel wat alleenlik daarop fokus.

“Met dié dat die Drakenstein besig is om so vinnig uit te brei, is dit onprakties dat twee sulke kritieke departemente as een funksioneer.

“Hierdie herstrukturering bevestig CDR se vermoede dat die munisipaliteit nie geld het om vakante poste te vul nie. Dit gaan nie werk nie en aan die einde van die dag is dit ons gemeenskappe wat benadeel gaan word,” het Jacobs gesê

awarded the Schneider Electric Sustainability Impact Award for the Anglophone Africa region for its outstanding efforts in turning sustainability ambition into action and achieving its decarbonisation goals in 2024

AUGUST2025

Drakenstein Municipality is awarded the Municipal Innovation Recognition Award (MIRA) at the Municipal Innovation Recognition Awards in recognition of its Indigent Management System, a tech-driven, compassionate approach to managing indigent consumer support The municipality also received a MIMI Recognition Award for digital transformation readiness

SEPTEMBER2025

Drakenstein Municipality is the named Best Municipality at the Western Cape Government’s

Service Excellence Awards, with Swartland Municipality in second place and Mossel Bay third The Gold Award confirms Drakenstein Municipality’s position as Best Municipality, for outstanding governance, innovation and service delivery

Other highlights the municipality pointed out in the statement reaffirming its stance as “a city that thrives” include:

• Drakenstein Municipality is officially ranked as South Africa’s best secondary city for good governance according to the Governance Performance Index (GPI) 2024 by Good Governance Africa;

• Capital expenditure: 2024 = 98,5%;

Low salary expenditure: 27,1% of the operational budget (national norm: 40%);

• Implementing property rates relief measures by capping property tax increases at 12,5% after Drakenstein’s property values increased by an average of 50% to 60% over the past five years;

• Support for indigent households: R1 750/month per household (national average: R850);

• Unemployment rate: 17,4% (compared to the national average of 33 2%); and

• The municipality has installed Uninterrupted Power Supply (UPS) systems at all traffic lights in the municipal area, which includes Paarl, Wellington, Mbekweni, Gouda, Saron, Hermon and Simondium

The Civic Centre in Paarl Photo: Mark Chipps
Eda Barnard, die direkteur vir openbare veiligheid, sal ook eersdaags met die portefeulje vir gemeenskapsdienste belas wees Foto: Rasaad Adams
Mayor Stephen Korabie

Chanelle-saak in Januarie hervat

Die moordsaak van die 16-jarige Chanelle Plaatjies van die Paarl sal volgende jaar in die hooggeregshof aangehoor word.

Dié verwikkeling in die hofsaak is verlede Donderdag (27 November) in die Paarl-landdroshof bevestig toe die drie beskuldigdes – Keaton Johnson, Bradley Mamani en Theodore Qatha – weer verskyn het. Die drie verskyn op 29Januarie 2026 weer in die landdroshof wanneer die nodige verdere prosesse gevolg sal word, papierwerk afgehandel word en die saak amptelik na die hooggeregshof oorgeplaas word. Die uitstaande toksikologie-verslae is ook afgehandel en by die hof ingedien.

Groot Drakenstein staan op teen geslagsgeweld

Die Groot Drakenstein-polisiekantoor, in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, lede van die slagofferbemagtigingsprogram (VEP) en ander belanghebbendes, het onlangs ’n bewusmakingsinisiatief in die Simondium-gemeenskap gehou as deel van die internasionale 16 dae van aktivisme-veldtog. Die veldtog, wat tans aan die gang is, is daarop gemik om onder meer bewustheid oor geweld teen vroue en kinders te verhoog Die rolspelers het met plakkate deur die Simondium-gemeenskap beweeg en inwoners oor geslagsgeweld em moontlike optrede ingelig

Parkeer-swendelaars in hof

Chantélle Hartebeest

Chanelle se lyk opgegrawe is, op ander onverwante klagtes in hegtenis geneem.

Chanelle, van Smartie Town in PaarlOos, se gesin het haar laas op 14 Mei vanjaar lewend gesien.

Haar familie het haar lyk op 2 Junie in ’n vlak graf in ’n beboste gebied agter die Allandale-gevangenis in die dorp gevind. Volgens Chanelle se gesin was sy en Johnson ten tyde van haar dood in ’n kortstondige romantiese verhouding.

Die tiener se gesin het ook voorheen aan Paarl Post gesê die soektog het in die gebied waar Chanelle gevind is, voortgegaan nadat Johnson na bewering uit die gevangenis laat weet het hy het Chanelle vermoor en haar familie moet haar daar gaan soek.

Johnson is ’n paar dae voordat

Op ’n vorige hofverskyning het dit ook aan die lig gekom dat Johnson in 2022 in hegtenis geneem en aangekla is vir die moord op Jaco Swartz in Willemstraat in Smartie Town. Die saak word in die Paarl-streekshof aangehoor.

Johnson was vir langer as twee jaar in aanhouding en is vier maande voor Chanelle se verdwyning op borgtog vrygelaat.

Met die feestyd wat voorlê, was Hester Plaatjies, Chanelle se ma, duidelik hartseer tydens die hofverrigtinge.

“Dit is vir my moeilik, want dit is die eerste Kersfees ná Chanelle se afsterwe,” het sy aan Paarl Post gesê

Die drie beskuldigdes bly tot hul volgende hofverskyning in aanhouding

Die vyf vermeende “parkeer”-swendelaars, wat onlangs in die Paarl aangekeer is, het die afgelope week weer in die landdroshof verskyn.

Mzamo Paulos, Mcebisi James, Sivuyile Ndevu, Xhanti Ndim Xhaso en Victor Msada staan tereg op aanklagte van bedrog. Hulle is op 22 November in hegtenis geneem nadat hulle na bewering toeriste op die dorp bedrieg het.

Die verdagtes is tussen 32 en 45 jaar oud, het kapt. Basil Seekoei, ’n polisiewoordvoerder vir die Kaapse Wynland-polisiedistrik, bevestig ’n Lid van die veiligheidstrukture in die dorp het aan Paarl Post verduidelik dat die verdagtes na bewering toeriste genader het om parkeergeld buite ’n restaurant te betaal.

“Die vrou is gevra om haar pin [by die kaartmasjien] in te tik. Sy het haar pin ingetik en onraad vermoed toe hulle (die verdagtes) haar kaart vat en weg-

hardloop. Sy het onmiddelik die kaart gestop,” sê die persoon, wat vir veiligheidsredes nie geïdentifiseer wil word nie.

Kort nadat die verdagtes van die toneel af gevlug het, is die veiligheidstruktuur in kennis gestel. ’n Beskrywing van die verdagtes en hul wegkomvoertuig is ook gedeel. Die vyf mans is kort daarna by die Paarl Mall gewaar.

“Die gemeenskap het die voertuig agtervolg en die polisie het die voertuig by Food Lover’s Market vasgekeer en die vyf mans in hegtenis geneem. Drie kaartmasjiene en twee stelle vervalste nommerplate is in hul besit is gekry en hulle het ook die toeristebordjie gehad wat hulle om die nek hang om toeriste te flous – asof hulle amptelike toerismebeamptes is.”

Hul verskyning vandeesweek was vir borgtog-inligting en om onder meer hul adresse vas te stel.

Die mans bly in aanhouding en verskyn weer môre (Vrydag 5 Desember)

Chanelle Plaatjies
Keaton Johnson, Bradley Mamani en Theodore Qatha Foto: Rasaad Adams

Temporary home for Simond school

When the news came through that Simond Private School faced imminent closure at the end of this year

James Fortuin, Chief Executive Officer of Boland Cricket, did not hesitate to join in and help save the school

The biggest challenge the school faced was that they had no building to house the school from next year onwards “EduNation Holdings was approached earlier this year by the Kings Education Group, which had been responsible for the operational management of the Simond Private School The school was facing imminent closure after the landlord at Het Sticht, Simondium confirmed the lease would not be renewed ” Eddie Conradie, business manager at EduNation Holdings, assisted in keeping the school alive “Without new premises, Simond, the oldest private school in Paarl, was at risk of disappearing completely ”

He said when he was tasked with assisting the school he immediately knew it was more than just a relocation project

“Having attended school in Paarl, spending much of my childhood around Boland Cricket, and being a proud Paarl Gim alumnus, the school’s situation felt deeply personal Paarl is a community with heart, heritage and growth, and particularly Southern Paarl, where families have long expressed concern about the lack of more quality schooling options ”

It took one moment and one learner at Simond to convince Conradie fully that he should become involved in sav-

ing the school

“I saw a school driven by Christian values, compassion, academic excellence and an unwavering commitment to each child A young boy walking straight up to me after a meeting, shaking my hand and welcoming me to his school was the moment that sealed it for me; it reminded me that schools are not just buildings; they are children I knew then we simply had to save Simond ”

TO BE HOUSED AT BOLAND CRICKET FOR TWO YEARS

“With the help of my former educator and cricket coach Merwe Genis as well as former Springbok player Louis Koen we began exploring options Their support was instrumental in opening the right conversations and, ultimately, this journey led us to the offices of Boland Cricket And this is where the real turning point happened ” Conradie met with Fortuin to discuss the predicament of the school, the fact that more than 150 learners will be without a school next year In that moment, Conradie recalled, Fortuin responded with concern and a strong

sense of responsibility towards the learners

An agreement was reached and it was decided Simond would be housed at Boland Cricket for two years “under an approved temporary-use agreement In this period we will finalise plans for a permanent, purpose-built campus in Paarl Our vision is to build a modern, state-of-the-art school with full sports facilities, a true educational hub for Southern Paarl, where the population growth clearly demonstrates a pressing need for more high-quality schools ”

FORTUIN’S ROLE DECISIVE AND HISTORIC

Conradie continued: “From our side EduNation will always recognise James had played a decisive and historic role in saving this school His willingness to engage, listen and commit resources reflects his belief in education as a driver of opportunity and social upliftment Boland Cricket has long been a beacon for youth development, so hosting a school on the premises is a natural extension of this vision ”

A testament to Fortuin’s interest in youth development and using the position he’s in to uplift others was recognised last year on receiving the Social Change and Leadership in Sport Award at the annual Cape Winelands Sports Awards

“We will also share certain sports and training facilities with Boland Cricket, creating a unique opportunity for enhanced sports participation and community building ”

In the meantime construction has already started to set up temporary Kwikspace modular classrooms and is set to be ready when school starts on 14 January 2026

Construction has started at Boland Cricket Stadium on the temporary structure where the Simond Private School will be housed temporarily At the construction site are Eddie Conradie, Business Manager at EduNation, and James Fortuin, Chief Executive Officer at Boland Cricket. Photo: Chantélle Hartebeest

Die Drakenstein-munisipaliteit,

vergader. Foto: Rasaad Adams

Burgemeester, toerisme en veiligheid praat oor feestyd

Stephen Korabie, die Drakenstein-munisipaliteit se burgemeester, het die afgelope Donderdag (27 November) beklemtoon veiligheid en toerisme is onlosmaaklik verbind en die sukses van die komende feestyd sal van samewerking tussen owerhede, die sake- en toerismesektor en inwoners afhang

Hy het op ’n Mayoral Connect-sessie met verteenwoordigers uit die toerisme- en veiligheidsbedryf gesê Drakenstein staan aan die vooraand van ’n seisoen wat groot ekonomiese geleenthede én beduidende risiko’s inhou “Die feestyd bring ’n kragtige geleentheid vir ekonomiese groei, gasvryheid en werkskepping, maar dit kom ook met verhoogde uitdagings rondom openbare veiligheid, mobiliteit, verkeer en groot skares,” sê hy Hy het beklemtoon dat toerisme nie ’n “bykomstigheid” vir die stad is nie, maar ’n pilaar van die plaaslike ekonomie

“Geen toeris sal ooit sê: ‘Ek het ’n wonderlike vakansie gehad omdat die slaggate opwindend was en die rommel agter die slaggate mooi gelyk het nie ’ Veiligheid, standaarde en bestendigheid maak saak ”

Korabie het aangekondig dat die munisipaliteit vanjaar nie reaktief optree nie, maar vroegtydig voorbereid is met die Safer Festive Season-gereedheidsplan

Hierde plan is volgens hom ’n geïntegreerde bedryfstrategie wat op vinnige

noodreaksie, volgehoue dienslewering, sigbare wetstoepassing en departementele koördinering fokus

Kernvoorkeure in die plan sluit in die vermindering van padongelukke en beserings, verhoogde sigbare ontplooiing by hoërisikogebiede, oorde en sake-sentrums, die munisipaliteit se volle gereedheid vir die brandseisoen – ondersteun deur ’n 24-uur-noodbeheersentrum – en die voortsetting van afvalverwyderingsdienste; selfs op vakansiedae

“Ons bou aan ’n stad wat aantreklik, skoon, goed bestuur en veilig is,” sê hy Korabie het die samewerking met die polisie, provinsiale die verkeersafdeling, gemeenskapspolisiëringsforums, private veiligheidsondernemings asook toerisme- en sakeleiers benadruk, maar gesê volhoubare veiligheid is ’n gedeelde verantwoordelikheid

“Die munisipaliteit alleen kan nie die feestyd beveilig nie Ons het elke inwoner, elke sektor, elke sakeonderneming en elke besoeker nodig om hul deel te doen

“Bestuur verantwoordelik, respekteer ons verordeninge en meld misdaad of verdagte gedrag aan ”

Hy sê die Drakenstein is reeds bekend vir wêreldklas-besienswaardighede en -mense, en dat die komende seisoen ’n kans is om dié beeld nog verder te verstewig

“Die Drakenstein is nie net mooi nie – dit is veilig, vriendelik en wêreldklas Laat ons hierdie feestyd die veiligste en mees voorspoedige nog maak ”

Pas ontwrig in loonbetoging

Jana Scheepers

Konstruksieaktiwiteite op die Du Toitskloofpas is die afgelope Dinsdag (2 Desember) vir ’n kort rukkie ontwrig toe ’n groep werknemers van Entsha AOT, ’n subkontrakteur wat verantwoordelik is vir opgraderingswerk aan die pas, oor beweerde loongeskille betoog het

Die groep tydelike werkers het op ’n gedeelte van die pas – oorkant DVine Estate in die Paarl – probeer om die pad te versper deur onder meer boomstompe daarop te plaas Dit is egter vinnig verwyder nadat nooddienste, insluitend die polisie en wetstoepassers, op die toneel opgedaag het

Volgens een van die werkers is die groep – wat hul betaling deur Entsha AOT ontvang – veronderstel om teen die 30ste van elke maand betaal te word, maar die bedrag word volgens hulle “nooit” betyds uitbetaal nie

’n Bestuurslid van Entsha AOT het die klagte as ’n “klug” afgemaak Dié lid het verduidelik dat die kontrak, wat Paarl Post onder oë gehad het, bepaal dat werknemers teen die 7de van elke maand betaal moet word – iets wat, volgens Entsha AOT, wel nagekom word

Die bestuurslid, wat verkies om anoniem te bly, het verder bevestig dat die tydelike werknemers ’n kontrak van agt maande onderteken het

Jandré Bakker, die direkteur van

operasionele ondersteuning by die departement van infrastruktuur (DOI), het benadruk dat die departement nie betrokke raak by “geskille of aangeleenthede tussen kontrakteurs en subkontrakteurs, of tussen kontrakteurs (hetsy hoof- of subkontrakteurs) en werknemers” nie

Hy het bygevoeg dat die DOI bewus is van ’n voorval wat konstruksiewerk vir ’n kort tydjie onderbreek het, maar dat die situasie intussen opgelos is en werk sonder verdere ontwrigting voortgaan Volgens Bakker het die projek in Januarie 2025 begin en bly dit op skedule om teen die konstruksiebedryfpouse van Desember 2025 voltooi te wees

Die vroeë deel van volgende jaar sal gebruik word om, indien nodig, enige oorblywende probleme aan te durf

Rooftog nié in Arboretum

ChantélleHartebeest

Die veiligheid van die Arboretum in die Paarl was onlangs weer in die kollig nadat twee tienerseuns glo hier beroof is Paarl Post het verlede week berig oor die twee 14-jarige seuns wat voorverlede Vrydag (21 November) besluit het om langs die Bergrivier te ontspan en vis te vang Hul ontspannende middag is vinnig bederf toe vier mans vanuit nêrens die seuns genader en hulle van hul visvangtoerusting beroof het Die seuns is ook met messe gedreig, sê Annamart Erasmus, een van die seuns se ma ’n Klagte van rooftog met ’n wapen anders as ’n vuurwapen is by die Paarl-polisie aangemeld Navrae is aan die Drakenstein-munisipaliteit gerig oor die Green Rangers-vredes-

te poste omgeskep het

In Paarl Post se navraag is duidelik gevra of die permanente poste reeds gevul is en hoe gereeld die Arboretum gepatrolleer word

In Jacobs se terugvoering sê hy Drakenstein se wetstoepassingsafdeling is op dieselfde dag van die voorval oor die twee seuns, wat beroof is, ingelig

“Die Green Rangers – Drakenstein-munisipaliteit se wetstoepassers wat ten tyde van die voorval die arboretum op vierwielmotorfietse gepatrolleer het – het aangedui dat hulle nie die twee seuns tydens hul patrollies in die arboretum gesien het nie Senior wetstoepassingsbeamptes van die Drakenstein-munisipaliteit is ontplooi om die saak verder te ondersoek Hulle het vasgestel dat die voorval in ’n gebied buite

onder leiding van die burgemeester, Stephen Korabie, het verlede Donderdag met vennote in die toerisme- en veiligheidsbedryf by die Ashanti-landgoed in die Paarl
Polisie- en wetstoepassingsbeamptes moes die DuToitskloofpas patroleer nadat tydelike werkers van Entsha AOT dit probeer versper het Foto: Jana Scheepers

Paarl Post Skuif eerder

ego’s opsy

Geen goeie daad bly ongestraf nie Dié sê-ding bly waar as ’n mens kyk na die binnegevegte wat die afgelope tyd onder rolspelers en in politieke kringe heers met projekte wat bedoel is om gemeenskappe op te hef Paarl Post het die afgelope weke oor talle sulke projekte en kwessies berig Die vraag bly: as iets bedoel is om die gemeenskap op te hef, waarom tree eiebelang en ego dikwels so erg na vore tot op die punt waar daar nie deursigtig opgetree kan word of ’n kompromie bereik kan word nie? Is om die krediet te kry of reg te wees dan regtig so belangrik dat dit die eintlike doel oorskadu – meestal tot nadeel van die gemeenskappe wat dit bedoel om op te hef? Daar is iets besonders mooi daarin wanneer mense hul unieke perspektiewe byeenbring en bereid is om mekaar die oor te gee Dis juis in daardie ruimte van wedersydse respek dat ons tot besluite kom wat ’n breër gemeenskap dien Wanneer ons mekaar se stemme erken en saam na ’n gemeenskaplike doel beweeg, skep ons nie net ’n oplossing nie – ons bou ’n nalatenskap van verbinding en gemeenskapsgees As die oog reg ingestel is en daar werklik gewerk word om ’n gemeenskap op te hef, moet sig van die uiteindelike doel nie verloor word nie Samewerking word eers betekenisvol wanneer ons bereid is om stil te word, te luister, te leer en saam koers te bepaal Dit is hoe ons besluite vorm wat die breër gemeenskap versterk

Soul food

One person gives freely yet gains even more; another withholds unduly, but comes to poverty A generous person will prosper; whoever refreshes others will be refreshed. – Proverbs 11:24-25

Vandale kos jou, die belastingbetaler, baie geld

Dié foto, geneem by Wellington se ingang op die R301, wys die stene wat reeds deur vandale losgemaak is, gereed om gelaai te word (Lees die brief regs)

Briewe van ons lesers | Letters from our readers

Arboretum rangers lie low

Last Thursday’s front page article about the two boys who were attacked and robbed at the Arboretum refers. The big question is: where were the Green Rangers? According to Drakenstein Municipality it is patrolling the Arboretum every day of the week. I jogged through the Arboretum on Monday and there was not a single Green Ranger in sight. Their quad bikes are usually parked at the main entrance of the Arboretum, but they were also missing in action.

On Wednesday last week I also didn’t

see the Rangers during my jog. I remember a few weeks ago DM, in response to a letter from a reader, insisted the Green Rangers are always on patrol in the Arboretum. Last week’s incident exposed the municipality’s lies and they should hang their heads in shame This project seems to be just another gimmick with no substance. Will DM only wake up when an innocent resident lose their life in the Arboretum?

Concerned Resident, Paarl

Read the article on page 6 for Drakenstein Municipality’s response.

’n

Woord van die week

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings. Wil jy ’n woord in die WAT, of selfs een wat nog nie in die WAT is nie, koop of borg? Dit is ook ’n geskikte geskenk Besoek die WAT by www wat co za vir inligting

Verhoed self vandalisme

Hoe is dit moontlik dat ’n munisipaliteit alles in sy vermoë doen om sinvolle opgraderings te maak om ons inwoners se direkte omgewings mooi te maak, met werklik hoëgehalte-werk, net om te sien hoe sekere mense uit die gemeenskap deur absolute vandalistiese diefstal alles ongedaan maak?

Die vraag wat gevra moet word, is waar is die gemeenskap wat deur hierdie misdadigheid benadeel word? Iemand sien mos hoe die diefstal plaasvind. Iemand sien mos hoe ’n tuinpaadjie êrens met hierdie gesteelde materiaal gepak word. Is daar geen skaamte nie? Pla dit nie as ons almal as belastingbetalers so beroof word nie?

Die Drakenstein is ’n paar jaar gelede in Paarl-Oos deur dieselfde soort misdadigheid geteister terwyl van die munisipaliteit se kant juis ’n eerlike poging aangewend is om sypaadjies van dieselfde gehalte te bou as wat in die sogenaamde ryk woonbuurte gedoen word. Die eindresultaat? Die stene is vinniger weggedra as wat die kontrakteur dit kon pak – en die munisipaliteit gaan terug na strak teeroppervlaktes wat regtig nie mooi is nie, maar darem nie gesteel kan word nie. Die foto (links) is Maandagmiddag geneem – net voor die begraafplaas in Wellington se ingang op die R301. Lesers sal oplet dat die stene reeds losgemaak is – gereed om gelaai te word. Doen ons almal ’n guns. Stap ’n bietjie rond in u buurt en kyk in die nabye toekoms waar word ’n nuwe paadjie aangelê. Die materiaal is maklik identifiseerbaar Neem ’n foto en stuur dit aan die Paarl Post Ons is dit almal aan ons mede-belastingbetalers verskuldig.

Johan Rademeyer WELLINGTON

Deel jou idees

Ons hoor graag van jou! Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storie-idees met ons te deel Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer, of weet van iets nuuswaardigs wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou! Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 0664843728 of stuur jou brief per e-pos na paarlpost@novusmedia co za Jou stem maak saak

Stille gebed vir vroue en kinders oor feestyd

Uiteindelik word geslagsgeweld teen vroue en kinders as ’n nasionale krisis verklaar Is hierdie nie ’n geval van mosterd ná die maal nie? Ek wonder maar net want vir hoeveel jare al is die pleidooie aan die poltieke leiers op nasionale vlak gerig om asseblief iets te doen aan die skrikwekkende toename van hierdie verskynsel (geslagsgeweld) in ons samelewing? Elke keer het dit of op dowe ore geval of is net nog ’n keer leë beloftes gemaak. Met elke leë belofte gemaak, het nog ’n kind gesterf Met elke leë belofte

was Een aand toe almal slaap het hy by my kom inkruip Dit was baie seer Ek kan nie meer nie Hy het gesê

koop en dan huis toe sou bring. Hy het my enigste kind verkrag en vermoor Dis slegs die depressie en slaappille wat help dat ek darem saans ’n bietjie kan slaap My kind se dood het veroorsaak dat selfs my

huwelik op die rotse is Die hofsaak sloer nou al vir maande Ek sal slegs berusting kan vind as hy lewenslank tronkstraf sal kry Die hartseerste van alles is dat hy aan ons bekend was.”

“My naam is Karien Ná al die jare besef ek nou eers dat ek nooit met hom moes getrou het nie Die druk van my ouers en veral van my ma het my laat toegee Hulle (my man se familie) is gesiene mense in die Weskus. Ek is nou bitter spyt dat ek nie verder gaan studeer het nie Hy het daarop aangedring dat ek na die kinders moes omsien. Hy sal vir ons sorg. En nou? Ek kom so min by familie en vriende want ek is te bang hulle sien die blou en pers kolle op my gesig en arms raak. Niemand sal my in elk geval glo nie want hy is ’n ouderling op die kerkraad en besit ’n paar besighede op die dorp Hy gee ruimhartig vir die behoeftiges in die gemeenskap Hy is ’n narsis. Ek het al selfdood as ’n uitweg vir my situasie oorweeg.”

“My naam is Anton van Stellenbosch Ek wens ek was ’n sterker man. My pa was ’n saggeaarde man. Ek aard seker maar na hom Ek kom my pligte as man in die huishouding na. My vrou behandel my asof ek ’n vloerlap is. Ek is net goed genoeg as sy my bankkaart in die hande het Sy vermaak my tot in die privaatheid van ons slaapkamer Ek sal nooit my hand teen my vrou lig nie My ouers het my goed groot-

gemaak Sy kraak my voor haar vriende af Ek is nooit goed genoeg na haar sin nie Ek weet nie vir hoe lank ek so sal kan aangaan nie Dis nog net ter wille van ons twee kinders dat ek myself in hierdie huwelik en verhouding bevind. Ek is moeg, maar ek moet sterk staan ter wille van my kinders Die emosionele aftakeling wat ek daagliks moet verduur, raak nou te erg.” As land eerbiedig ons vir nog n jaar die veldtog van 16 dae teen geslagsgeweld. Ons land het inderdaad al lank reeds die krisisvlak bereik wat hierdie verskynsel betref Saam kan ons net bid dat daadwerklike optrede deur ons politieke leiers, wetstoepassers, gemeenskapsorganisasies en ander belangegroepe die gety kan laat draai – tot so ’n mate dat ons gemeenskappe ’n veilige bestaan kan voer Die feestyd is op hande Dit sal my stille gebed wees dat ons nie nog ’n keer moet lees van nog ’n kind of ma wat weens geslaggeweld omgekom het nie Ek kan net hoop en bid dat elke man, vrou en kind nie nog ’n syfer of ’n slagoff

BLY HOOP EN GLO
- Andre Smith

Nog bek-en-klouseer gekry

Die jongste verwikkeling rakende die bek-en-klouseer-uitbreking op die geïndekseerde plaas in Gouda dui op nóg beeste gevind wat nie teen die hoogs aansteeklike virussiekte ingeënt is nie Dít het ’n regstreekse invloed op die kwarantynperiode, kliniese inspeksies en die verdere hantering van die uitbreking

Só sê Agri Wes-Kaap (AWK) en die Rooivleis Produsente-organisasie, Wes-Kaap (RPOWK), in hul jongste persverklaring hieroor

Nóg diere is op 25 November op die indeksplaas ingeënt, wat dus die nuwe datum van waar die twee-weke-kliniese waarnemingsperiode getel sal word en die kwarentyntydperk met ’n verdere 28 dae sal verleng

Verdere ondersoek toon egter steeds geen verdere verspreiding van die siekte het van die indeksplaas af plaasgevind nie “Alle inspeksies en ondersoeke toon dat die uitbreking steeds tot slegs die indeksplaas beperk is Hoewel die Dag-Nul-datum aangeskuif het, is dit bemoedigend dat die beheermaatreëls doeltreffend is om die uitbreking te beperk,” verduidelik die organisasies

Die departement van landbou se veeartsenydienste is steeds besig om ’n abattoir vir die beheerde slagting van diere te oorweeg Dit moet verseker word dat die geïdentifiseerde slagpale aan alle vereistes voldoen voordat goedkeuring verleen kan word om dit vir beheerde slagtings te akkrediteer

Verdere stappe sal met die Rooivleisabattoirvereniging en die departement gekoördineer word

Ten spyte van hierdie verwikkeling is dit belangrik om te beklemtoon die kwarantyngebied rondom die geïndekseerde plaas, alle bewegingsbeperkings, biosekerheidprotokol en steun van wetstoepassingskontrolepunte moet onveranderd en gereed bly en streng toegepas sal word totdat die situasie

genormaliseer het

“Ons standpunt is deursigtigheid, beheer en die beskerming van die Wes-Kaap se veesektor,” sê Louis Wessels van Agri-WesKaap

“AWK en RPOWK bly volledig verbind tot die veilige bekamping van bek-en-klouseer in die provinsie Hierdie voorval is ernstig en ons is ook bedag oor die feestyd wat op hande is, maar die optrede van die veeartsenykundespan en die aanpassings op die plaas verseker dat alle diere nou in die formele moniteringsiklus is, die siekte nie onopgemerk versprei nie en die integriteit van die Wes-Kaap se rooivleisbedryf beskerm word

“Ons sal voortgaan om saam met die departement van landbou, wetstoepassingsinstansies en die bedryf te werk om die uitbreking te beperk en te beheer totdat dit opgelos is ”

Die RPO het verlede week die aankondiging deur die minister van landbou, John Steenhuizen – dat die hele land se spleethoewige plaasdiere en wild teen beken-klouseer ingeënt sal word – verwelkom Volgens die organisasie is die grootste probleem met bek-en-klouseer vir primêre ekstensiewe veeprodusente nie die siekte self nie, maar die ekonomiese gevolge wat daarmee gepaardgaan

“Die virus het ’n beduidende uitwerking op die res van die rooivleiswaardeketting, aangesien voerkrale vir lang tydperke in kwarantyn moet bly, wat mark-bottelnekke skep en prysontwrigting veroorsaak Die bedryf as geheel word deur hierdie krisis verlam en het derhalwe ’n dringende oplossing nodig,” lui ’n verklaring wat de op nasionale vlak ur die organisasie uitgereik is

“Hierdie aksieplan beteken dat speenkalfprodusente marktoegang sal herwin, voerkrale sal hul bedrywighede hervat en ons kan terugkeer na ’n normale vloei van produkte in die rooivleiswaardeketting ”

Brand eis ’n lewe

’n Verwoestende brand het die afgelope naweek in Klapmuts uitgebreek toe 10 strukture in die La Rochelleinformele nedersetting Saterdagmiddag (29 November) verwoes is en een slafoffer oorlede is. ’n Dag later (Sondag 30 November) het ’n brand ’n huis in Alexanderstraat getref.

Volgens Erica de Villiers, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-plaaswag, is ’n noodoproep omstreeks 15:00 ontvang oor ’n brand wat in die La Rochelle- informele nedersetting uitgebreek en groot skade aangerig het, terwyl een sterfgeval ook aangemeld is.

Kapt. F.C van Wyk, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het bevestig dat die liggaam van ’n onbekende [slagoffer] in die puin gevind is nadat die brandweer die brand geblus het. “Die liggaam was so verbrand dat dit onherkenbaar was.”

Van Wyk het bygevoeg dat die oorsaak van die brand tans onbekend is en dat die Klapmuts-polisie ’n geregtelike doodsondersoek geregistreer het.

Die organisasie Gift of the Givers was ook op die toneel om noodhulp te verleen. Hul span het onder meer komberse, kospakkies en ander noodvoorrade aan die geraakte inwoners uitgedeel om onmiddellike verligting in die nasleep van die voorval te verleen

In ’n tweede, onverwante voorval het ’n huis in Klapmuts Sondagmiddag (30November) afgebrand Volgens De Villiers het die plaaswag omstreeks 15:00 ’n noodoproep oor hierdie brand ontvang. Die raadslid JC Anthony het bevestig dat die brand in Alexanderstraat ontstaan het en niemand is beseer of dood nie.

Volgens Anthony bestaan die vermoede dat ’n vuur wat in die agterplaas gemaak is, die oorsaak sou kon wees Volgens hom het ’n vonk waarskynlik in die wind uitgespat en die huis aan die brand gesteek. Twee aangrensende huise het ook skade opgedoen, maar kon deur die brandweer van algehele verwoesting gespaar word.

Paarl Post het by die Klapmuts-polisie oor die brand in Alexanderstraat navraag gedoen, maar geen terugvoer ontvang nie.

’n Paar woonstrukture het Saterdagmiddag (29 November) in die La Rochelle- informele nedersetting in Klapmuts afgebrand. Foto: Klapmuts-plaaswag

Top young performer

Uys (12) has once again distin-

Paarlse tiener jaag sy droom

Jana Scheepers

Tristin Pienaar (19) van die Paarl is só lief daarvoor om met sy Hondamotorfiets mee te ding dat hy al meer as 100 keer geval het, maar nog nie een keer besluit het om die handdoek in te gooi nie

Pienaar is oorspronklik van Johannesburg, maar het saam met sy gesin aan die einde van 2020 na die Paarl verhuis waar hy verlede jaar aan Clift College gematrikuleer het.

Hy is betrokke by die Greeff Christie’s International Real Estate-tak in die Paarl waar hy tans werk en sy kwalifikasie voltooi om ’n agent te word.

Hy het die afgelope Vrydag (28 November) sy motorfiets buite dié eiendomsagentskap geparkeer sodat mense sy

Lienke
From the left are Lienke Uys (12) and Jean Jordaan (Chairman of South Africa Western Mounted Games in the Western Cape)

Inisiatief ’n baken van hoop

In ’n tyd wanneer jongmense toenemend aan uitdagende maatskaplike omstandighede blootgestel word, staan die Paarl-jeuginisiatief (PJI) steeds sterk as ’n baken van hoop – en van praktiese ondersteuning.

Die organisasie, wat in 2003 as ’n artikel-21-maatskappy gestig is en vandag as ’n maatskappy sonder winsbejag funksioneer, fokus daarop om plaaslike jeugdiges te bemagtig om sinvolle, selfstandige toekomsdrome te bou, verduidelik Heini Heyns, PJI se uitvoerende direkteur

Die hart van PJI is die Good Companyprogram, ’n vyfjaar-ontwikkelingsreis waarin leerders van gr 8 tot 12 ondersteuning, mentorskap en geleenthede ontvang Die program is op drie pilare gebou –bemagtiging, persoonlike ontwikkeling en leierskap Jongmense word aangemoedig om verantwoordelike besluite te neem, hulself beter te verstaan en leierskap in hul eie lewe op te neem

“Al die ontwikkelingsgeleenthede word deur PJI se Good Company-program aan die jongmense gebied PJI se formele kurrikulum help jongmense om doelwitte te stel, te leer om probleme op te los en beter besluite te neem en hulle leer hoe om hul tyd en geld beter te bestuur In die emosionele-intelligensie-modules leer hulle om hul emosies en ervaring van die wêreld in woorde uit te druk, om hulself te verstaan en hul verhoudings positief te bestuur,” sê Heyns

“Aan die loopbaanbegeleidingskant leer hulle om beter te studeer sodat hulle in gr 9 beter vakkeuses kan maak nadat ons na die verskillende loopbaanvelde gekyk het Daarna doen ons in gr 11 loopbaanbegeleiding deur sielkundiges van die Universiteit Stellenbosch en in gr 12 help ons die jongmense om vir tersiêre studies of werk aansoek te doen As ons vermoë dit toelaat, soos ’n beskikbare rekenaarlokaal, leer ons die jongmense basiese rekenaargeletterdheid Ons werk nou daaraan om ons eie rekenaarstasie te kry om hiermee voort te gaan ” Benewens die weeklikse kontaksessies funksioneer twee dinamiese klubs, naamlik die Interactklub en die Entrepreneursklub Hierdie ruimtes bied die jongmense praktiese leierservaring deurdat hulle self die klubs bestuur, vergaderings hanteer, take beplan en projekte uitvoer Die Interactklub fokus op dienslewering in die gemeenskap, soos omgeepakkies vir HAM

en Rusthof, of skryfbehoeftes vir gr 7-leerders van plaaslike laerskole ’n Lid, Roshaan Lendoor, is vanjaar selfs genooi om as jeugleier by die Rotariërs se RYLAkamp op te tree

Die Entrepreneursklub het vanjaar met sy Augustus-projek uitgestaan, waar 16 lede ’n verstommende 462 pizza’s op hul plase verkoop het – ’n praktiese inleiding tot klantediens, finansiële bestuur en basiese sake

PJI se invloed strek egter verder as net die hoërskoolprogram Die organisasie bied elke jaar ’n vakansieprogram vir laerskoolkinders van die omliggende plase aan, waar PJI-tieners as kleingroep-fasiliteerders optree Dit leer hulle diensbaarheid, deursettingsvermoë en die belang van omgee Die jaarlikse staptog, ’n groot hoogtepunt, leer deelnemers spanwerk en selfdissipline – en dat elke opdraande uiteindelik ’n afdraande het

Volgens Heyns werk hulle nie direk met skole nie, maar leerders word jaarliks deur gr 7-onderwysers benoem

Vanjaar neem 70 jongmense aan die Good Company-program deel, met deelnemers van Noorder-Paarl, New Orleans, Charleston Hill en enkeles van Labori, Gimnasium en Hugenote

Weeklikse sessies vind gedurende die kwartaal plaas, met klubbyeenkomste meestal op Vrydagnamiddae Tydens vakansies volg eksterne ervarings soos die staptog, #imagine en sekere Rotariërgeleenthede Die matrieks word individueel ondersteun wanneer hul dae te vol raak vir groepsessies

Heyns sê die krag van die program lê in hul persoonlike benadering “Die PaarlJeug-inisiatief se Good Company-program bied baie geleenthede vir jongmense om van hulself te leer, om te groei en te ontwikkel, om nuwe geleenthede aan te gryp en om ’n verskil in hul omgewing te maak Aangesien die groepe relatief klein is in vergelyking met ’n graadgroep in ’n groot skool, geniet die jongmense baie meer persoonlike kontak en leer hulle om menings in ’n veilige, ondersteunende ruimte te deel Dit is hier waar hulle ontdek dat hulle tot veel meer in staat is as wat hulle ooit kon droom Dis hier waar ondersteuningsnetwerke gebou word en waar vreemdelinge familie word ”

Oud-lede soos Glemorene Jacobs, Cameron Baron, Jaybrey Jansen en Eulynne Skippers bevestig jaarliks by byeenkomste hoe PJI ’n bepalende rol in hul groei gespeel het

Hermon vra hulp

RasaadAdams

Geen besproeingstelsel, spreiligte wat nie werk nie en die algemene instandhouding van die veld is van die probleme waaraan die rugbyklub in Hermon hoop die Drakenstein-munisipaliteit voor die aanvang van aanstaande jaar se rugbyseisoen aandag sal gee.

Die klub sê vir etlike jare vra hy dat die munisipaliteit, soos in die geval van ander sportvelde, ’n permanente opsigter moet aanstel

“Ons buurdorpe soos Saron and Gouda het hulle eie permanente opsigter. Hier kom so af en toe iemand uit daai twee dorpe om na die veld te kyk

“Die gevolg is dat die klub self pogings moet aanwend om die veld in ’n speelbare en veilige toestand te kry Daar is byvoorbeeld nie ’n besproeingstelsel nie Ons moet self die veld natmaak met pype wat ons by plaasboere in die omgewing gekry het,” het Rodney Louw, die voorsitter van Hermon se Porseleinberg-rugbyklub, vandeesweek gesê

Die Porseleinberg-rugbyklub is deel van die Boland-rugbyunie (BRU) en speel in die BRU se gemeenskapskild-liga Volgens Louw word gereeld klagtes oor die stand van die veld by die munisipaliteit ingedien

“Die munisipaliteit is bewus van die probleme waarmee ons hier sit Ons spelers, insluitend die netbalvroue, moet in die donker oefen omdat iets so eenvoudig soos spreiligte nie herstel kan word nie

“Ons vra nou al sedert 2010 dat die veld omhein word Daar is net ’n omheining vir die veld self – sodat toeskouers nie tydens wedstryde die veld betree nie In die

rugbyseisoen staan mense sommer teen die R46-pad Van daar af kan hulle ook die veld se enkele houtpawiljoene betree Omdat daar geen omheining is nie, is dit vir ons onmoontlik om die gemeenskap se beweging te beheer,” sê Louw

Hy sê die hele veld kort ernstige aandag

“Ons het iemand parmenent hier nodig, wie se werk dit is om na die veld om te sien En daai werk moet juis noudat die seisoen klaar is, gedoen word Dit voel dan vir ons ander munisipale velde geniet voorkeur bo Hermon ”

Volgens Louw is daar geen tafels en stoele in die klubhuis nie, wat vergaderings en ander saamtrekke bemoeilik.

Faarieg Rhoda, die Drakenstein-munisipaliteit se waarnemende direkteur vir gemeenskapsdienste, het by navraag gesê die sportafdeling het skynbaar slegs een klagte ontvang en dit was rakende die ligte

“Belanghebbendes is daarna ingelig dat ’n tenderproses vir die herstel van ligte by al die munisipaliteit se sportterreine tans in uitvoering is Die herstelwerk sal na verwagting in Januarie 2026 begin

“Die munisipaliteit is ook besig om tafels en stoele vir gebruik in die klubhuis by die Hermon-sportgronde aan te skaf As ’n tussentydse maatreël word diegene wat die klubhuis bepreek, versoek om die munisipaliteit in kennis te stel hoeveel tafels en stoele hulle benodig ”

Volgens Rhoda maak die munisipaliteit se huidige kapitaalbegroting voorsiening vir geld om die ingang van die Hermonsportveld op te gradeer Hierdie projek is op 23 Oktober 2025 suksesvol afgehandel

“Die munisipaliteit wil die inwoners van Hermon verseker dat al die sportvelde in die munisipale gebied dieselfde prioriteit geniet ”

Die Hermon-sportterrein, die tuiste van die Porseleinberg-rugbyklub Foto: Rasaad Adams

Eenjaar-mylpaal met bobaas-diens

Die eerste bestaansjaar van die @Stokery-gerieflikheidsentrum in Stokeryweg, Wellington, bied nie net ’ n terugblik op merkwaardige groei nie, maar ook op die mense wie se toewyding hierdie sukses moontlik maak

Volgens Derick Anderson die algemene bestuurder, is die personeel die fondament van die onderneming Die sentrum, wat bestaan uit die OK Urban OK Liquor die 24-uur-Astron-vulstasie en die Steers-kitskosrestaurant en deur-ry, het van dag een af ’ n sterk diens -en-gehaltefokus gevestig

“Die span het hulle van die eerste dag af tot ’ n kultuur van warmte, gehalte en uitnemende diens verbind Die werknemers is ongelooflike mense wat saam inkoop in die kultuur en strewe na uitnemendheid– alles wat ’ n besoek aan @Stokery ’ n positiewe ervaring maak @Stokery is n plek wat mense graag besoek en geniet, omdat daar ’ n besonderse atmosfeer heers wat elke klant laat tuis voel ”

’N GROEIENDE REPUTASIE VIR GEHALTE

Die @Stokery-gerieflikheidsentrum het vinnig bekend geword vir uitstekende diens, maar meer nog vir sy onoortreflike koffie wat deur ons vriendelike Baristas voorberei word” OK Urban se koffie het so gewild geraak dat hulle hul ure aangepas het om klante reeds van 06:00 in die oggend af te bedien “Ons ken reeds ons klante se voorkeure,” vertel Anderson “Ons mense leer die gemeenskap goed ken – nie net waarvan hulle hou nie maar ook wat hul dag makliker maak ” Dieselfde gees van toewyding strek oor al die ondernemings op die perseel Dit geld vir die energieke petroljoggies op die terrein tot die winkel, die Deli en die Steers – elke werknemer dra by tot die unieke ervaring

LEER, GROEI EN INNOVEER

Anderson kyk met nederigheid en trots

PROMOSIE-ARTIKEL

vriendelike petroljoggies by Astron gee motoriste die gemoedsrus

terug op die eerste jaar

“Die afgelope jaar was ongelooflik positief met baie genade van ons Hemelse Vader Daar was baie beproewinge in ons reis om te leer en te verstaan wat ons klante se behoefte en voorkeure is ”

Tog het die onderneming sy klantebasis vinnig leer ken – van wisselende behoeftes en smake tot die belangrikheid van bestendigheid

Ons het die afgelope jaar geleer dat vriendelikheid behulpsaamheid vinnige diens en hoëgehalte-produkte die verskil in ons onderneming maak Jy kan dit nie doen sonder die beste mense wat in die onderneming werk nie ” Dit is hierdie fokus op mense, kultuur en

@STOKERY 1JAAR!

interne groei wat hul sukses definiëer

“Ons fokus in die onderneming was nog altyd – as ons ’ n goeie kultuur vestig en die beste mense het wat daar werk, sal ons n sukses maak Ons het definitief alle verwaginge oortref en ons persoonlike interne verwagtinge bereik ”

WAT DIE GEMEENSKAP KAN VERWAG

Vir die breër Wellington-gemeenskap beteken dit n betroubare bestemming met uitstekende diens

“Die gemeenskap kan verwag om die beste diens, die vriendelikste werknemers en produkte van goeie gehalte teen bekostigbare pryse te kry”

Of dit nou die Steers-burger is wat jou dag

Die @Stokery-gerieflikheidsentrum is een jaar oud. Die gewilde eenstopervaring bied hope parkering

maak die deli se sushi en warm geregte die OK se gehalte-produkte of die entoesiastiese joggies by die vulstasie – die vennootskap van al die ondernemings op die perseel leef almal dieselfde visie uit

“Ons wil elke dag beter wees en aanhou vernuwe ”

Die bestuur spreek hul opregte dank uit aan die gemeenskap en elke klant vir hul volgehoue ondersteuning

Die
Die sentrumbestuur is, van links, Michael Brown (OK Urban & Liquor), Vivica Fillies (Steers) Georgette Small (Ok Urban & Liquor) en Cornelis Botha (Astron/Steers)
Een jaar gelede,

Mosie oor Safmarine-saal misluk

Die langdurige sage rondom die Safmarine-saal in Wellington – waar Community Youth and Family Services (CYFS) tans gevestig is – het weer op die Drakenstein-munisipaliteit (DM) se onlangse raadsvergadering op 26 November op die voorgrond getree

Die VF Plus het ’n dringende mosie voorgelê om te bespreek op watter gronde CYFS die saal teen einde November moet ontruim, maar die mosie het nie geslaag nie. Altesaam 28 raadslede het teen die mosie gestem, 24 ten gunste daarvan, en een raadslid het nie gestem nie.

Die DM se kantoor van die Speaker het op 28 November ’n verklaring op sosiale media uitgereik waarin teruggekap word ná kritiek teen die munisipaliteit. Daarin word beklemtoon dat die Safmarine-saal aan die DM behoort, “wat volle verantwoordelikheid vir die wettige besetting daarvan behou” Die verklaring lui verder dat die saal laat in 2024 aan CYFS verhuur is “ingevolge ’n vaste-termyn-huurooreenkoms vir ’n tydperk van drie maande, wat sedertdien verval het”.

Paarl Post het vroeër berig dat ’n assessering van die gebou reeds in 2019 gedoen is, waartydens bevind is dat dit nie geskik is vir gebruik nie.

Die DM het destyds oorweeg om die saal te sloop, maar is later deur Henry Jacobs (stigter van CYFS) genader om die perseel te huur, waarna hy restourasiewerk op eie koste aangepak het

Volgens die verklaring is “die munisipale raad in besit van ’n wettig uitgereikte

Vier lede van Community Youth and Family Services (CYFS) het onlangs ’n petisie aan die Drakensteinmunisipaliteit oorhandig. Van links is Christene Persens (CYFS se gemeenskapsbeampte), Michael Scholtz, (pastoor en voorsitter van CYFS se godsdienstige- en beradingsplatform), Henry Jacobs, (stigter van CYFS) en Lee Ann Jacobs (jeugambassadeur van die Verenigde Nasies se Jeugverenigings van Suid-Afrika)

Foto: Jana Scheepers

slopingsertifikaat, wat wesenlike veiligheidsgebreke aan die eiendom identifiseer

Die perseel is aan CYFS verhuur onderhewig aan ’n onderneming dat die huurder die gespesifiseerde gebreke sou herstel om enige veiligheidsgevare wat ’n risiko vir gemeenskapslede kon inhou, te verminder”

Hoewel regstellende werk onderneem is, het die DM se ingenieursdienste-afdeling in ’n opvolginspeksie bevind dat die eiendom “steeds struktureel onstabiel en ongeskik vir bewoning is weens die aanhoudende veiligheidsgebreke wat geïdentifiseer is ”

Die raad het gevolglik besluit om nie die huurkontrak te hernu nie Die DM se

ingenieursdienste-afdeling is tans besig met verdere tegniese evaluerings, waarna “’n gedetailleerde verslag aan die raad voorgelê sal word en waarna ’n finale besluit oor die opknapping en toekomstige benutting van die saal geneem sal word”

PETISIETEENDIEUITSETTING

Henry Jacobs, die stigter van CYFS, asook Christene Persens (CYFS se gemeenskapsbeampte), Michael Scholtz (pastoor en voorsitter van CYFS se godsdienstige- en beradingsplatform) en Lee Ann Jacobs (jeugambassadeur van die Verenigde Nasies se Jeugverenigings van Suid-Afrika) het op 25 November

’n petisie aan die DM oorhandig nadat CYFS vroeër die maand ’n formele kennisgewing ontvang het om die saal te ontruim Jacobs het vroeër aan die koerant bevestig dat hy regsadvies ingewin het om die DM se uitsettingsproses teen te staan Hy het gesê dat hy nie die DM se skrywe aanvaar nie en dat CYFS nie die saal teen 1 Desember sal ontruim nie

Die vreedsame optog op 25November was bedoel om gemeenskapslede se misnoeë oor die besluit uit te spreek

POLITIEKESPANNING

Die DA het reeds in Oktober op ’n raadsvergadering teen die hernuwing van CYFS se huur gestem As meerderheidsparty het dié besluit die finale uitkoms bepaal Die munisipaliteit het wel ’n openbaredeelnameproses in Oktober goedgekeur oor die moontlikheid van ’n tweejaar-huurtermyn en ’n 90-dae-tydperk van onmiddellike okkupasie om verdere vandalisering te voorkom

CYFS bestuur tans sowat 46 programme wat hy self finansier Dit sluit dwelm- en bende-intervensies, jeugwerksessies, vroeëkinderontwikkelingsprogramme en ondersteuningsgroepe vir mans en vroue in Jacobs, wat in 1998 met die bou van die Safmarine-saal gehelp het en in die GPF dien, sê hy het “dadelik ingegryp toe hy die toestand van die Safmarine-saal sien” In ’n verklaring wat onlangs op sosiale media verskyn het, beweer Jacobs dat “politiekery veroorsaak het dat CYFS se huurkontrak deur die DM opgeskort is” Hy voer aan dat sekere DA-raadslede kantoorruimte in die saal wou hê en dat sy weiering hulle “ontstel het”

ACVV Wellington neem bestek op jaarvergadering

Die Wellingtonse Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) het onlangs hul jaarvergadering gehou, waar die bestuur die verloop van 2025 bespreek het, insluitend die suksesse en uitdagings wat die jaar ingehou het. Die ACVV het ook vlugtig besin oor die volgende paar jaar wat voorlê

Die gasspreker by die geleentheid was Handri Liebenberg, die direkteur van die departement van gesonheid in die Kaapse Wynlande. Sy het gaste ’n oorsig van gesondheidsorg in die WesKaap gegee. Sy het ook talle bekommernisse uitgelig – een daarvan dat die provinsie tans ’n uitbreking van masels ervaar en dat tuberkulose ook in die provinsie opslae maak. Nog ’n kommerwekkende ten-

Van links is Steven von Schlicht (ACVV-kantoorbestuurder), Magrietjie de Villiers (ACVV-bemarking), Adri Grobler (voorsitter van die komitee oor die plek van veiligheid), Ilana van Vuuren (menslike hulpbronne), Elmien Rossouw (ACVV-tesourier) en dr. Elna von Schlicht (voorsitter). Foto: Jana Scheepers

dens is dat kinders – hoofsaaklik in die Wes-Kaap en veral in die Breedevallei – volgens haar weens wanvoeding te klein is vir hul ouderdom, wat veroor-

saak dat hulle stadiger groei en hul brein en kognitiewe vermoë stadiger ontwikkel.

Om hierdie tendens hok te slaan, het Liebeberg en haar

span ’n “stunting prevention-program” van stapel gestuur om swanger vroue op te voed oor watter voedsel om in te neem asook om voedsel aan die ma’s en hul baba’s te voorsien.

Nóg ’n program is die “Planet Youth-projek” wat in 40 Weskusskole uitgerol is en op leerders se geestesgesondheid fokus Liebenberg sê die departement beplan om voorskrifte van twee na ses maande te verleng, en eerder as om medikasie by klinkieke af te haal, dit by geregistreerde afhaalpunte beskikbaar te stel.

Volgens die Wellington-ACVV se jaarverslag, wat deur dr Elna von Slicht, die burgemeester van die Kaapse-wynland-distrikmunisipaliteit (KWDM) asook die voorsitter van die Wellington ACVV voorgelê is, het die tak dienste aan 215 gesinne

gelewer, wat onder meer klagte van seksuele en emosionele mishandeling, kinderverwaarlosing, pleegsorgdienste, veiligheids- en pleegsorgkeurings en mediasie en ouerskapsplanne insluit.

Die jaarverslag het ook aangedui dat “fisieke en seksuele verwaarlosing van kinders” dikwels binne die ACVV-Wellington-gebied voorgekom het, en die “behoefte en navraag na kos, klere en komberse” toegeneem het.

Die ACVV-tak het ook ’n toename in aanmeldings in 2025 aangedui.

“Daar was [ook] ’n beduidende groei in die getal pleegsorgkinders en hoërisiko-kinders wat gedragsprobleme by die huis en skool ontwikkel.”

Die jaarverslag wys ook dat slegs drie kinders in pleegsorg geplaas is teenoor 2024.

sy hoofleiers vir 2026 aangewys Van links is Kaylee Koopman

en

Empowering learners to thrive in a digital world

Newton Primary School proudly unveiled its brand-new computer lab on Wednesday (26 November), a generous gift from SA Hope that promises to open new doors for its learners Fully equipped with modern computers, air conditioning and a beautifully-finished workspace, the new lab is more than a room; it’s an investment in the children’s future The school extends a heartfelt gratitude to SA Hope and the installers, technicians, builders and all who contributed to creating this inspiring learning environment, aimed at empowering learners to dream bigger, learn boldly and thrive in a digital world

Zarah vir prestasie vereer

Zarah Vallentyn, ’n leerder aan Orleansvale Primêr, het onlangs op die skool se diplomaplegtigheid die prinsipale toekenning ontvang

Haastige Xavier en Saskia wen Paulus Joubert se hoogste eer Xavier Sauls is op die Laerskool Paulus Joubert se diplomaplegtigheid wat onlangs plaasgevind het, as Sportman van die Jaar aangewys, terwyl Saskia la Douce as Sportvrou van die Jaar gekroon is Xavier is ’n kranige atleet en rugbyspeler en was vanjaar die Boland-kampioen in die 80m, 100m en verspring Hy het by die Wes-Kaapse kampioenskap en die SA kampioenskap meegeding en onlangs by die Curro- en die Prestige-atletiekbyeenkoms uitgeblink Saskia was vanjaar by die Boland-kampioenskapsbyeenkoms die wenner in die 80m en 100m en het bowendien nuwe rekords opgestel Sy het ook ’n goue medalje in verspring gewen Saskia het ook weer eens by die Wes-Kaapse kampioenskap, die SA kampioenskap en die Curro-atletiekbyeenkoms uitgeblink.

Hoofleiers vir die nuwe jaar
Klein Nederburg Sekondêr het onlangs
(onderhoofmeisie), Moegammed Zaheer Miller (hoofseun), Lira-Rose Andrews (hoofmeisie), Scott Adams (onderhoofseun)
Terence Kulsen (waarnemende skoolhoof)
Nuwe leiers in nuwe jaar
vir Noorder Paarl Hoërskool
Die Noorder Paarl Hoërskool het onlangs sy hoofleiers vir 2026 bekendgemaak Van links is Earnel Osborne (onderhoofseun), Cody Williams (hoofseun), Natalie Arendse (skoolhoof), Lilly Endley (hoofmeisie) en Keyshia Weideman (onderhoofmeisie)
Mkenzee presteer in elke vak
Mkenzee Lindoor, ’n leerder van William Lloyd Primêr, is onlangs as die skool se Dux-leerder aangewys Haar trotse skoolhoof, Amanda Adams, staan by haar en al haar trofeë en sertifikate

Stuur jou dagboekinskrywings na paarlpost@ novusmedia co za teen Maandae om 12:00

Ruan soek vrou ‘op sy

Op my eish! keer Donderdag 15 Januarie terug na kykNET met ’n nuwe

DDie November) T20-uitdaging-titel ningsvolle verower late het.

wedstryd waarin mann kon wat jaar 2009-’10-seisoen en riors onder sukses die boulbeurte telling telling derde verloor totdat Adams Goldrush

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.