Paarl Post – E-edition – 27 November 2025

Page 1


Hoës in Bolandrugby oorleef wantrouemosie

Rasaad Adams

Sebastian Abrahams, voorsitter van die Boland-rugbyunie (BRU) se Skeidsregtersvereniging, sê nadat ’n wantrouemosie teen hom en sy ondervoorsitter, Allen Williams, nie geslaag het nie, sal hy vorentoe daarop konsentreer om enige verdeeldheid wat dalk in die vereniging bestaan, uit die weg te ruim.

Die mosie teen Abrahams en Williams het Dinsdagaand (25November) op ’n vergadering gedien.

’n Groep skeidsregters het op 3 Oktober in ’n brief aan die BRU versoek dat die vergadering belê word. Dié brief is deur 10 skeidsregters onderteken.

Sebastian Abrahams, voorsitter van die Boland-rugbyunie (BRU) se Skeidsregtersvereniging

In die brief voer die skeidsregters aan dat hulle vertroue verloor het in dié twee se vermoë om aan die stuur van die vereniging te wees.

Die skeidsregters maak in die brief melding van Abrahams en Williams se beweerde afwesigheid en gebrek aan kommunikasie.

Hulle [die skeidsregters] voer verder aan dat hulle oningelig is oor gebeure omdat daar glo nie gereeld vergaderings plaasvind nie.

“Gereelde vergaderings is noodsaaklik vir die suksesvolle administrasie van ’n vereniging.

“Die feit dat die voorsitter Saterdae by klubrugbywedstryde kommentaar lewer, is werklik ’n bron van kommer. Het hy [ook] tyd om na skeidsregters se vertonings te kyk en raad te verskaf?

“Dit lyk asof die voorsitter vir hierdie vereniging wil voorskryf en vir sekere individue sal wys hy sal doen wat hy voel reg is om te doen. Dit is die rede hoekom dinge in hierdie vereniging besig is om uitmekaar te val.

“Dit lyk asof die voorsitter alleen besluite neem en selde ’n mandaat van sy mede-

bestuurslede kry,” skryf die skeidsregters in die brief Abrahams het Woensdagoggend na afloop van die mosie aan Paarl Post gesê die griewe, soos uiteengesit in die skeidsregters se brief, is nie Dinsdagaand op die vergadering bespreek nie.

“Ek dink [op ’n persoonlike noot] kan ek met sekerheid sê dat die klagte wat in die brief verskyn, nie gestaaf kan word nie. In enige organisasie is daar mense wat ongelukkig sal wees en in hierdie geval word daar in die grondwet voorsiening gemaak om sulke ongelukkighede te opper.

“Hierdie mosie het sekerlik nou bietjie wrywing en verdeeldheid veroorsaak en my werk sal nou wees om die vereniging weer bymekaar te bring.”

Hy sê die belangrike rol van skeidsregters in die rugbygemeenskap moenie onderskat word nie.

“Skeidsregters lewer ’n diens aan die rugbygemeenskap Hierdie gemeenskappe verwag dat ons hierdie diens op ’n eerlike en regverdige wyse uitvoer.

“Daar is dus nie plek vir verdeeldheid onder die skeidsregters nie en indien daar probleme opduik, moet ons verseker dat dit spoedig uitgestryk word,” sê Abrahams.

Volgens hom bly hy positief en hy sê die fokus is nou op voorbereiding vir aanstaande jaar se rugbyseisoen.

Help the police find this man

Paarl East detectives are seeking the assistance of the public to help find Linda Michael Mflatelwa (43)

He was last seen on 12 December 2018 at Jan van Riebeeck Street, Paarl At the time of his disappearance he was wearing black pants, a white shirt and white cap. Mflatelwa is originally from Sterkspruit, Eastern Cape and was visiting family in Paarl Anyone with information regarding his whereabouts is kindly requested to contact the investigating officer, Det Sgt Nomathamsanqa Ninci on 082 213 0261 or Crime Stop on 08600 10111

Vermoorde se neef gestraf

Rasaad Adams

“Dit voel soos ’n berg wat van my skouers af is. My seun se siel kan nou uiteindelik in vrede rus en ons as familie kan hierdie hoofstuk nou agter ons sit.”

Só het Joleen King, die ma van die vermoorde Paulus Joubert-hoofseun Julano King, vandeesweek gesê nadat Julano se neef die afgelope Vrydag (21 November) skuldig gepleit het op die moord en tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is, waarvan vyf jaar opgeskort is op die voorwaarde dat hy in dié tyd nie weer aan moord skuldig bevind word nie.

Gershwin Fransman (24) is daarvan beskuldig dat hy [Julano] King op 17Julie verlede jaar by hul familiewoning in SmartieTown, Paarl-Oos, doodgesteek het

Fransman en King het op dieselfde erf gewoon

Die bewering in daardie stadium was dat King sy oupa glo teen Fransman probeer beskerm het. Fransman het hom in die nek gesteek en King is later in die hospitaal dood.

Fransman het hom op 22 Julie aan die Paarl-Oos-polisie oorgegee en is van moord aangekla.

Die Paulus Joubert Sekondêre Skoolgemeenskap, waar King verlede jaar hoofseun was, was in rou gedompel ná

hul jong leier se tragiese afsterwe

Die saak is aanvanklik in die Paarl-landdroshof aangehoor, maar is toe later na die streekhof oorgeplaas, waar Fransman die afgelope Vrydag ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Hy het skuldig gepleit en die vonnis van 25 jaar aanvaar, waarvan vyf jaar

opgeskort is

King se ma het vandeesweek aan Paarl Post vertel dat sy slegs een van Fransman, haar suster se seun, se hofverskynings bygewoon het.

“Daai was nog in die vroeë dae van die saak. Dit was die eerste keer dat ek hom gesien het ná daardie dag toe hy Julano se lewe geneem het.

“Ek was buite myself; woedend en emosioneel. Ek is toe nooit weer hof toe nie.”

Sy sê daar is geen kwade gevoelens of ongemak onder die familie nie

“Ek staan by wat ek verlede jaar ook gesê het – dat ek hom vergewe vir dit wat hy aan my seun en die familie gedoen het. As ’n familie het ons nie toegelaat dat hierdie saak verdeeldheid veroorsaak nie. Selfs met verlede week se vonnis toe ek dink dat daar ’n bietjie ongemak sou wees, het sy ma na my toe gekom en dankie gesê dat ons mekaar deur die verhoor so mooi ondersteun het.

“Hy het iemand se lewe geneem en moet nou boet daarvoor en die tyd gebruik om te besin oor wat hy gedoen het,” sê sy.

Sy voeg by die afgelope jaar en vyf maande het met baie uitdagings en verlange na haar seun gekom. Sy het egter haar emosionele herstel toegeskryf aan die uitstekende beradingsdienste wat die TC Newman-daghospitaal aan haar gebied het.

Paarl-polisie neem swendelaars in hegtenis

Julano King en sy ma, Joleen, by een van sy rugbywedstryde in 2023 Hy was 18 toe hy in Julie verlede jaar vermoor is

Brand buite Saron eis twee kleuters

’n Familie op ’n plaas sowat 8 km buite

Saron tel nog die stukke op en sê hulle sukkel om tot verhaal te kom nadat hul plaashuis Sondag (23 November) in vlamme omhul is, wat die lewe van twee kleuters geëis het

Jade Faroa (3) en sy niggie Lenicia Beukes (1) was volgens hul ouma Jacoba Links ten tyde van die brand in die plaashuis se badkamer vasgekeer

Links, wat Maandag (24 November) nog weens die brand blase op haar vingers gehad het, vertel die brand het laat Sondagmiddag in een van die slaapkamers begin, terwyl sy voor die familie se woning op die plaas D G Perold-boerdery gesit het

“Ons weet steeds nie hoe dit begin het nie My dogter, wie se meisiekind doodgebrand het, en haar vriendin het in die sitkamer gesit en TV kyk

“Toe hulle twee besef iets brand in die kamer, was die vlamme al hoog Die kinders se oupa [Thomas Links] het op die bed onder die venster gelê en slaap

“Ons kon hom darem betyds wakker maak Die twee kleintjies was in die badkamer Die vlamme en rook was so erg dat ons nie by hulle kon uitkom nie

Berg-rituele ’n brandgevaar

Die brandseisoen het aangebreek en daarmee saam die gevaar van brande in die Drakenstein-vallei, wat deur godsdienstige groepe veroorsaak word Plase op die hange van die Du Toitskloofpas is elke somer op hul hoede om hiérdie soort brande te voorkom, met – volgens ’n plaaseienaar – min bystand van plaaslike owerhede.

’n Boer, wat reeds lank in Donkerkloof op die hange van die pas boer, se plaas het reeds twee keer afgebrand – in 2017 en weer in 2020 Volgens hom is die algemene vermoede dat die brande deur godsdienstige groepe, wat onwettig in die berg vuurmaak, veroorsaak is, maar dit kan nie bevestig word nie

Die boer, wat anoniem wil bly, vertel dat hy die Wes-Kaapse regering oor die kwessie genader het, maar geen terugvoer ontvang het nie

Volgens die bron wil hulle die situasie aan die groot klok hang voordat nog skade aangerig word – nie net op hul plaas nie, maar op die bergagtige gebiede in die vallei, wat CapeNature bestuur

Die boer is van mening indien die godsdienstige groepe, wat bekendstaan as Sioniste en waaroor Paarl Post reeds in 2023 berig het, in hul spore gestuit kan word, dit die plaaslike owerhede geld sal spaar omdat brande verhoed sal word

Volgens die bron betree sangoma’s ook gereeld die bergagtige gebiede naby Donkerkloof om rituele uit te voer

Die boer voeg by dat daar verskeie oplossings vir dié probleem is, maar een blyk te wees om ’n wag by gewilde plekke te plaas, wat die godsdienstige groepe of sangoma’s kan verhoed om die gebied te betree en onwettige vure te maak of kerse aan te steek

VANKERSETOTHOENDERS

Die bron sê brandbestryding kos die Wes-Kaapse regering sowel as die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit (KWDM), wat op bergbrande in die Wynlande reageer, elke jaar miljoene rande en die uitgawes op só ’n wyse verminder kan word

Volgens die boer het die betrokke godsdienstige groep sy plaas al ’n paar keer onwettig betree, waarna hy met die hulp van private veiligheidsdienste sowel as die polisie die mense kon verwyder

Maar wanneer die mense die bergagtige gebiede, wat CapeNature bestuur, onwettig betree, is dit moeilik om plaaslike owerhede om hulp te kontak

Hy vertel dat die godsdienstige groepe, wat dikwels in wit drag geklee is, selfs een keer ’n hoender in een van die fonteine op sy plaas waaruit hy sy drinkwater kry, “geoffer” het

Paarl Post het voorheen berig dat die godsdienstige groepe bergagtige gebiede betree waar

van

die

hulle vure maak om kos gaar te maak of as ’n bron van hitte

Die Sioniste steek ook kerse as deel van hul geloofsgebruike aan Wanneer hulle die gebied verlaat, laat hulle egter die brandende kerse, wat in die grond geplant is, agter, waarna die vlam deur die wind versprei word of die kers per ongeluk op flora val

Luke Folb, ’n woordvoerder van CapeNature, het bevestig dat die organisasie bewus is van die godsdienstige groepe wat veral die Limietberg-natuurreservaat onwettig betree

“Hierdie groepe gaan waar hulle wil, op die grootste deel van die N1 wat deur die Limietberg-natuurreservaat loop Hulle maak vure wat buite beheer raak en soms word hierdie brande nie geblus nie, wat lei tot wegholbrande Die aantal vure langs die [Du Toitskloof]pas kan

toegeskryf word aan mense wat die reservaat onwettig betree Die probleem strek tot by die Rawsonville-kant van die pas ” Folb bevestig ook dat godsdienstige groepe kerse laat brand

GESPREKKEMETGODSDIENSTIGEEN KULTUUR-GROEPE

“Gegewe die wisselvalligheid van die ontmoetings met die groepe wat CapeNature-personeel dreig wanneer hulle probeer om hulle uit die natuurreservaat te verwyder, het CapeNature ’n multidissiplinêre benadering gevolg deur saam met verskeie belanghebbendes (die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wetstoepassers, die departement van binnelandse sake en die Wes-Kaapse regering) te werk om te help om hierdie uitdaging en risiko te bestuur,” sê Folb

“Tans doen CapeNature-personeel oor naweke patrollies en

Drie kerse in ’n bergagtige gebied, met een wat steeds brand, is onlangs deur die Drakenstein-plaaswag afgeneem Dit is vermoedelik daar deur ’n godsdienstige groep agtergelaat. Foto: Verskaf

ons sal voortgaan om proaktief saam met ons vennote te werk om gesamentlike optredes uit te voer, gedragsverandering aan te moedig en die boodskap by die publiek uit te kry Gesamentlike optredes en aktiewe patrollies sal voortgesit word, gegewe die omvang van die gebied en ander dringende take wat deur CapeNature-personeel uitgevoer word Verdere ondersteuning van die openbare sektor tot die private sektor is nodig om hierdie uitdaging uit die weg te ruim,” sê Folb

Jo-anne Otto, ’n woordvoerder vir die KWDM, het bevestig dat die KWDM “saam met CapeNature en die Winelands-brandbeskermingsvereniging (FPA) voortgaan om bewustheid te skep oor die gevare van brande en veral oor vure in gebiede waar geen geriewe bestaan nie Gesprekke is ook met godsdienstige en kulturele groepe gevoer om verantwoordelike en respekvolle gedrag te bevorder ”

Die brandseisoen het in die Wes-Kaap aangebreek en daarmee saam
gevaar
brande in die Drakenstein-vallei, wat vermoedelik deur godsdienstige groepe veroorsaak word Foto: Argief

‘Let us all ensure safety’

Drakenstein Municipality on Friday (21 November) activated its coordinated Festive Season Safety Plan that places traffic management, crime prevention, emergency response and water safety at the centre of this year's summer operations.

The plan outlines operational strategies aimed at keeping residents and holidaymakers safe throughout the peak season.

With thousands of visitors expected and high traffic volumes anticipated across Paarl, Wellington and surrounding areas, the municipality’s Public Safety Department together with police and other enforcement partners, will roll out intensified road patrols, multi-agency vehicle checkpoints, expanded law-enforcement visibility, and strengthened fire, rescue and emergency-response protocols to safeguard residents and holidaymakers.

Friday’s launch was followed by the first multi-agency Vehicle Checkpoint (VCP) of the season on the R44 near Windmeul.

The R44, along with the N1 and several other provincial routes running through Drakenstein, is expected to carry much of the region’s holiday traffic.

Traffic Chief Japie Cornelissen said officers were preparing for exceptionally high traffic volumes.

“We expect heavy traffic as people travel to and from their holiday destinations. Road surveillance and visible law enforcement will be a daily occurrence,” he said.

Cornelissen added that crime often spiked during the holidays, and law-enforcement visibility would increase

accordingly. Twenty new Law Enforcement Advancement Plan (LEAP) officers had joined the festive deployment and will patrol public spaces throughout the season.

“Municipal bylaws exist to protect everyone’s safety and comfort, and will be enforced,” he said.

Deputy Mayor Gert Combrink, who delivered the keynote address on Friday, urged the public to work with authorities.

“Together we can ensure this summer is remembered for joy and not tragedy. Let us commit today, a summer of safety where every child can play freely, every family can travel without fear and all

communities can thrive. Let us work together to make safety not just a plan, but a lived reality ”

MMC for Public Safety and Social Development Avron Appollis emphasised the importance of undertaking an “integrated approach”.

“We cannot work in silos. The criminals outside do not work in silos They also do planning and have their monthly meetings. They study our system, know the routes and where traffic will have their road blocks.

“To our LEAP officers, you guys are doing a great job. Whether it is in Paarl Mountain or the Arboretum your presence is felt.”

Noodlottige botsing

’n Man is die afgelope Vrydagmiddag (21November) in ’n botsing tussen twee voertuie in Franschhoek dood.

Kurt Maske, ’n plaaslike paramedikus in dié dorp, het die voorval bevestig. Dit het Vrydagmiddag net ná 15:00 gebeur

“Een voertuig het teen ’n ander voertuig gebots. Ongelukkig was daar een volwasse manlike padgebruiker wat noodlottige beserings opgedoen het. Die groep Franschhoek First Responders was op die toneel. Die padgebruiker is op die toneel dood verklaar Alle ander dienste was op die toneel.”

Volgens Maske is die oorsaak van die botsing nog onduidelik.

“Dit is nie regtig in hierdie stadium duidelik of dit die wind of nalatigheid deur een van die partye was [wat tot die botsing gelei het] nie.”

The launch included a parade by the municipality’s Law Enforcement Advancement Plan (LEAP) officers
Photo: Rasaad Adams
Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was. Foto: Franschhoek First Responders

Moed om ander te prys

"En die wenner is

Dit is woorde wat soveel vreugde kan bring maar ook soveel verdeelheid en afguns kan saai. Die waarheid is, in die wêreld se oë sal daar altyd net een wenner kan wees – net een persoon wat die hoogste prestasie of die meeste punte kan aanteken, en daar sal altyd ’n stigma rondom die woord “verloorder” bestaan Tog bepaal karakter wie eintlik as die wenner wegstap – wen of verloor. Die nederigheid van ’n tennisspeler wat pas ’n Grand Slam-titel gewen het om erkenning aan sy opponent te gee en sy harde werk en veggees te prys, maar ook die verloorder wat die wenner gelukwens Die naweek se Sanlam-Boland top12eindstryd was weer ’n goeie voorbeeld van dié tipe sportmanskap wat seëvier. Albei spanne het met ’n hongerte op die veld gegaan en alles in die stryd gewerp. Maar toe die eindtelling met ’n verskil van twee punte in die guns van die Saldanhabaaise klub swaai, was die span

Woord van die Week

Briewe van ones lesers

‘Jou beursie by polisie’

Dit is veilig om te sê dat daar nog baie eerlike mense in die wêreld is Ek boer al langer as 40 jaar in Klapmuts Onlangs het ek het by die BP-vulstasie in Klapmuts gaan petrol ingooi en daar met ’n outjie gestaan en gesels.

Toe ry ek daar weg en ek gaan na vriende toe en my seun bel my om te sê iemand het my beursie in die Hoofstraat van die dorp opgetel – reg oorkant Shoprite – en dit by die polisiekantoor gaan ingee.

Toe ek by die polisiekantoor kom, toe sit die drie mans nog daar wat die beursie opgetel en gaan inhandig het.

Hulle werk aan die ander kant van die N1 op ’n varkplaas Ek is so dankbaar dat jy vandag nog sulke eerlike mense kry, want al my kaarte – lisensie, geweerlisensie, IDboekie en nog meer – was nog net so in die beursie.

Die gebaar is iets wat my altyd sal bybly.

Theunis Uys, Klapmuts

Wees oopkop en loop ligvoets in die feestyd

Jy’s al weer doenig met die hamper-antie van twee jaar gelede Jy’t gesien wat jy oorgekom het maar wraggies hoor is min! Hoe op dees aarde kan jy nog ’n keer vir daai grap val? ’n Hele skaap doer uit Calvinia se geweste en die afval en pensgoed is glo gratis. Dan is daar ’n ekstra boks kos met alles in wat jy nodig het vir die groot dae Slegs R2 500! Wat jy waar gekry het Magriet? Jy weet wat daai hamper-antie die laaste keer op sosiale media laat weet het – “Ek maak nie vir my skatte op aarde bymekaar nie Ek is ’n koningskind. My hemelse woning wag vir my Ek skuld niemand niks nie My prys is klaar betaal. So steek daai antie uit Van jou vleis-enkos-hamper gaan daar dadels kom. So, los daai gedagtes Loop neem eerder vir jou kos-en-vleis-seëls by een van ons bekende supermarkte uit O ja, en dis nog nie te laat om daai “lay-buy” vir die kinders se skoolgoed vir volgende jaar uit te neem nie Wraggies, ’n mens wil mos darem nie jaar ná jaar dieselfde strikyster aftrap nie

Die groot dae is amper hier en almal wil mos darem daai “festive feeling” geniet

Hopelik het jy al hier van Junie-maand af daai paar rand per maand se kos-en-vleisseëls gekoop, maar los in vadersnaam tog net daai hamper-antie af Sy gaan weer soos mis voor die son verdwyn en dan

sit jy met die leë koskas en die verdriet daarby

Die groot dae is mos bonustyd – jy ken mos. Moet tog nie laat daai ekstra paar rand in jou beursie jou weer soos ’n kitsmiljoenêr laat optree nie Onthou, die feestyd is ook maar ’n dag en ’n nag lank en dan moet jy weer somme sit en maak hoe jy deur die eerste maand van volgende jaar moet kom. Daai kind, ek gee net om en dis hoekom ek nou al vir jou die paar gedagtes los. Jy’t gesien wat laasjaar op daai tien-dae-kamp in die Strand gebeur het Jou beursie was van “breakingup af oopketel Jy’t mos sommer vir almal se staanplek betaal en die drinken eetgoed het jy self betaal En as die

kassier by die drank- of koswinkel vra of jy kontant gaan betaal en of jy gaan tap , dan was jy mos voorbarig om vir almal te wys hoe jy kan “tap” En toe jou beursie hier teen Boxing Day begin moeg trek, toe het jou gaste ewe skielik ander draaie om ook nog te maak. En as jy pakket gevat het by die werk of jou werksvoordele vir baie jare se diens by jou werkgewer betaal hier oor die groot dae uit, wil ek jou tog vriendelik waarsku om weg te bly van daai slim man wat jou pakketgeld kan verdubbel. Genugtig weet, jy kan mos nie in hierdie uur en eeu nog so dom wees om vir daai grap te val nie As daai oulap van jou uitbetaal, dan stel ek voor jy hardloop na die naaste bank en loop maak daai swaarverdiende geldjie van jou vas. Hou ’n lekker bedraggie vir jouself want jy wil mos darem lekker feestyd hou. En jy mag mos, want beurt is beurt En as jy nog enkel en beskikbaar is, dan moet jy tog net kophou, want daai oulike meisie of outjie gaan vir jou kaal stroop en voor jy kan sê Nuwejaar, dan is hy of sy klaar met jou. Lekker tye is ’n vinger lank. Wees oopkop Dink vooruit Ek meen maar jy’t mos nie dom gekom nie! Loop ligvoet Moenie weer val vir die malligheid van die festive season nie Onthou jy laasjaar? Dis asof daai Mariah Carey-Krismis-songs jou gekielie het om

onnodige goeters te koop En elke keer val jy vir daai grap, want die kinders kerm vir speelgoed en Ipads. Julle weet die stoof by die huis werk perfek, maar nee julle kort nou ewe skielik ’n air fryer En as jou dop hier teen Oukersaand begin trek en julle ’n paar nommertjies van antie Judy Boucher hardop saamgesing het, dan is jou liefde vir jou neef wat kom kuier het mos so baie dat jy sommer ja sê vir daai paar duisend rand wat hy by jou wil leen tot sy skip ingekom het My mens, jy gaan bitter lank wag vir daai skip om anker te gooi in jou hawe! En jy weet wat ná Krismis gebeur het laasjaar Jy moes toe mos knap ná Nuwejaar druipstert in daai ry by die pandjieswinkel gaan staan met jou airfryer en die kind se Ipad. Kan jy nog onthou wie jy almal in daai ry sien staan het? Jip, al daai spanne wat dit so uitbasuin het – dis niks nie, dis festive! Maar nou ja, dis die lewe In elk geval, hoe jy ook al die komende feestyd binnegaan, hoop ek dat jy darem in een stuk aan die ander kant gaan

gespaar!

Post Scriptum
Andre Smith

Taking unified stand against GBV

ChantélleHartebeest

Locals stood in unity with the rest of the country on Friday (22 November) in support of the national G20 Women’s Shutdown

The shutdown was organised by Women For Change (WFC), an organisation combating gender-based violence (GBV), to pressure President Cyril Ramaphosa to declare Gender-Based Violence and Femicide (GBVF) a national disaster On Thursday 20 November, on the eve of the two-day G20 summit, Ramaphosa declared the GBV as a “national crisis”

On Friday, women, members of the Lesbian, Gay, Bisexual, Transgender, Queer, Intersex and others (LGBTQIA+) community, including men, took a moment to refrain from all work to demonstrate the economic and social impact of their absence

Research by the South African Medical Research Council, presented to Parliament’s Portfolio Committee on Social Development is a testament of the magnitude of the problem According to their research SA has recorded an estimated 10 972 femicide cases over the past 20 years; three women are killed every day by an intimate partner, and one in four women reports experiencing physical or sexual abuse

“In April 2025 Women For Change handed over a national petition to the South African government, calling for GBVF to be declared a national disaster,” WFC

explained in a statement “To date, there have been no concrete answers, no accountability, and no meaningful action

“That petition has since grown to more than 200 000 signatures, representing a collective outcry from South Africans who have had enough of the government’s failure to protect women and members of the LGBTQI+ community from violence, rape, and murder ”

Teachers and learners of Noorder Paarl High School joined the shutdown They stood in front of the school and at a nearby traffic light

BETWEENHUSBANDANDWIFE

“Awareness is important, so that the perception of ‘it’s between a husband and his wife, I can’t interfere’ is broken,” said Lauren Solomons, a youth worker at the school “So people can identify a situation as GBV and offer help Send a public message that it is unacceptable and break the stigma of women who feel ashamed, so that they can realise that they are not alone ”

Marvin Arendse, a teacher at Noorder Paarl, said: “I believe that gender-based violence needs to be addressed in more ways than one It starts with education – teaching children respect, equality and healthy relationships from a young age This helps raise a generation that does not accept or normalise violence ”

Cody Williams, head boy of the school for 2026, said: “Our community suffers through the constant battle of gender based violence daily and that is why it is im-

portant to bring awareness not just to our society as a whole, but to our learners in schools to teach and prepare them of any serious crime to harass someone’s rights or feelings and the consequences ”

Principal Natalie Arendse said her heart bled for all the learners in SA “They experience it see it and often are guilty of it themselves,” she said “As said, ‘Hurt people, hurt people ’ Gender-based violence has become such a common occurrence in our communities that people have become desensitised to it It has almost become acceptable We need to raise our voices and ensure our people know, ‘No this is unacceptable’ and there is help; you are not alone.

“It is heartbreaking to see the fallout from it in our schools Broken children, broken families, learners with anxiety, depression Adolescents who are in relationships are already victims of GBV ”

BREAKTHESILENCE

“There needs to be harsher penalties, but also aggressive support and awareness in schools ” Magnolia and Orleansvale primary

schools also supported the shutdown “A moment of silence for GBV We stand against gender-based violence,” Magnolia stated “Together, let’s break the silence, stand against GBV and femicide, and help build a safer South Africa for all ” In Klapmuts police officers, Stellenbosch Municipality, Klapmuts Neigbourhood Watch, StellCare and traffic and law-enforcement officers held a peaceful protest at the Stellengate Boulevard traffic light Ramaphosa’s announcement was also welcomed by many around the country The announcement also came a few days before the start of the 16 Days of Activism for No Violence Against Women and Children Campaign, from 25 November to 10 December

Bridget Masango, chair of the Portfolio Committee on Social Development, stated: “The President’s recognition of GBVF as a national crisis must be a catalyst for real action We need full and urgent implementation of the National Strategic Plan on GBVF, along with tougher policies that deter perpetrators and ensure harsh consequences for those who continue to harm vulnerable citizens "

Franschhoek joins the national shutdown against GBV

On Friday (21 November) Franschhoek

added its voice to the national outcry, joining millions of South Africans in a countrywide shutdown demanding that government declare gender-based violence and femicide a national disaster

Men, women and children, including toddlers from a local nursery group, gathered in Groendal to mourn victims and call for urgent action in a country where attacks on women have become frighteningly commonplace

The crowd was joined by ward councillor Reginald Pheiffer, who addressed demonstrators and urged men in particular to confront the culture that enables violence

“It’s all about talking rather than advocating real change,” he said

“Men have to say this is wrong, rather than this is not my problem, and own up to real accountability and responsibility.”

Tensions rose when protesters were prevented by police from marching through

the village to the local police station, a move many felt sidelined their efforts.

Several participants expressed frustration that they were restricted to the edge of the

roadway in Groendal, far from the village centre where, they argued, their message needed to be seen and heard

“GBV isn’t just confined to shacks,” one

resident said “It also goes on behind shiny closed doors ”

At exactly 12:00 the group lay down on the grass for fifteen minutes, joining communities across South Africa in symbolically shutting down to honour the estimated fifteen women murdered in the country each day

Dressed in purple and black to represent mourning and resistance, participants held placards calling for justice, state accountability, and community solidarity

According to the latest national crime statistics 137 women were murdered and more than 1000 raped between January and March this year alone, figures that underscore the urgency behind Franschhoek’s demonstration

For this community, Friday was not simply a protest but a collective plea: that the violence devastating South African women and girls be met with real action, not just talk

The community of Franschhoek on Friday (21 November) added its voice to the national call for gender-based violence and femicide to be declared a national disaster
Learners of Noorder Paarl stood in solidarity of the G20 Women’s Shutdown on Friday (21 November).

Organisasie staan uitsetting teen

Henry Jacobs, die stigter van Community Youth and Family Services (CYFS) in Wellington, het Dinsdagoggend (25November) ’n petisie aan die Drakenstein-munisipaliteit (DM) oorhandig nadat die DM vroeër die maand ’n kennisgewing aan dié organisasie sonder winsoogmerk uitgereik het om die Safmarine-saal te ontruim.

Dié brief volg nadat die DA in die Drakenstein op die onlangse raadsvergadering in Oktober teen die hernuwing van die verhuring van die Safmarinesaal in Wellington aan CYFS gestem het. Omdat die DA die meerderheidsparty in die raad is, het dié party se stemme die finale besluit bepaal.

Paarl Post het vroeër in November berig dat die DM op ’n raadsvergadering in Oktober 2024 ’n openbaredeelnameproses ten opsigte van die verhuring van die saal aan CYFS vir twee jaar, asook ’n 90-dae-tydperk van onmiddellike okkupasie om verdere vandalisering van die saal te voorkom, goedgekeur het.

Die openbaredeelnameproses is gevolg en geen besware is aangeteken nie, waarna die verhuring van die saal aan CYFS in Desember 2024 goedgekeur is Volgens die raadsvergadering se sakelys is ’n assessering van die gebou se toestand in 2019 gedoen Daar is bevind dat die gebou nie geskik is om gebruik te word nie.

Die DM het toe oorweeg om die saal te sloop, maar is deur Jacobs genader om die saal te huur. Jacobs het ook enige nodige restourasiewerk uit sy eie sak gedoen.

Jacobs het aan die koerant gesê hy

aanvaar nie die DM se skrywe nie en CYFS sal nie die Safmarine-saal teen 1Desember ontruim nie. Volgens hom het hy reeds ’n regsmening ingewin om die DM se uitsettingsverrigtinge teen te staan CYFS het sy verdere ontevredenheid hieroor in die openbaar uitgespreek deur die afgelope Dinsdagoggend (25 November) ’n vreedsame optog te hou. Dit het by die munisipale gebou geëindig

As deel van die vreedsame optog het Jacobs, asook Christene Persens (CYFS se gemeenskapsbeampte), Michael Scholtz (pastoor en voorsitter van CYFS se godsdienstige en beradingsplatform) en Lee-Ann Jacobs (jeugambassadeur van die Verenigde Nasies se Jeugverenigings van Suid-Afrika) ’n plakkaat gedra met die bewoording “Hands off Safmarine Hall!”

CYFS bied tans ongeveer 46 programme aan en dit word self gefinansier. Dit sluit onder meer dwelm-, bende-, vroeëkinderontwikkeling- en jeugsessies in, asook ondersteuningsgroepe vir mans en vroue. Jacobs is onder meer ’n voormalige polisiebeampte in Wellington en het in 2023 ná ’n paar jaar oorsee na die dorp teruggekeer.

Volgens hom het hy dadelik ingegryp toe hy die stand van die Safmarine-saal sien – ’n saal wat hy in 1998 help bou het. Jacobs dien ook in Wellington se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Paarl Post voorheen berig.

Jacobs sê in ’n verklaring, wat op sosiale media gedeel is, dat politiekery veroorsaak het dat CYFS se huurkontrak deur die DM opgeskort is.

In die verklaring voer hy aan sommige DA-raadslede wou kantoorruimte in die

saal gehad het. Hy het dit nie goedgekeur nie en dit het die raadslede glo ontstel. Volgens hom het CYFS in Februarie vanjaar ’n uitsettingskennisgewing van die DA ontvang, waarna dit, volgens hom, verbaal deur ’n senior amptenaar teruggetrek is Hy het toe weer ná die raadsvergadering gehoor dat die DA teen die hernuwing van die verhuring gestem het. Volgens Koos le Roux, die DM se Speaker, het die DM die besluit geneem om nie CYFS se huurooreenkoms te hernu nie weens die “voorskrifte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) rakende die okkupasie van geboue en veral die veiligheid van die gemeenskap”

Die koerant wou by die munisipaliteit weet wat vir die gebou beplan word, waarop Le Roux geantwoord het: “Die DM se planne met die saal sal afhang van die veiligmaak van die gebou en die begrotingsimpak daarvan”.

“Die [DM se munisipale] raad bly daartoe verbind dat die perseel tot voordeel van die breë gemeenskap aangewend moet word en dat skakeling reeds gedoen word aangaande die lewering van uitgebreide voordele ná die voldoening aan okkupasie-voorskrifte,” het Le Roux voorts gesê.

In ’n onlangse verklaring deur Doreen Carolissen van die GOOD-party in die Drakenstein het sy gevra wat die rede vir die DM se besluit is om nie CYFS se huurkontrak te hernu nie.

“Dit val dalk wel binne die munisipaliteit se jurisdiksie om hierdie besluit te neem, maar dit is nie in die openbare belang geneem nie en gewis nie op ’n tyd soos dié – so laat in die jaar – nie Die vraag bly: Wat was die grondslag vir hierdie besluit?”

Die ingang na Community Youth and Family Services in die Safmarine-saal in Wellington. Foto: Community Youth & Family Services CYFS/ Facebook

Paarl’s new place to shop, connect

At the foot of the Drakenstein mountains a new landmark is about to open its doors.

Today, 27 November 2025, the Winelands Square Shopping Centre is officially opening, bringing a contemporary mix of retail, dining and lifestyle to the ever-growing dynamism of the Drakenstein region.

Thoughtfully designed and locally inspired, the centre marks a new era for convenient, community-focused shopping in the Winelands.

With its mountain views, open courtyards and curated tenant mix Winelands Square blends everyday ease with a sense of occasion.

It is a place where errands turn into meaningful moments and shopping is elevated into a truly sublime experience

BLACK FRIDAY WEEKEND |

27–29 NOVEMBER

To mark the opening the centre will host a curated Black Friday experience

Join it for its opening weekend with:

• R2 500 in prize money up for grabs

• Exclusive Black Friday deals map

• A QR code hunt where you stand the chance to win instant prizes

• Opening weekend giveaways and surprises

FESTIVE SEASON HIGHLIGHTS

• Kids Festive Zone

6 & 7 December | 11:00-15:00

Face painting balloon art, and sand art for the little ones.

• Speak to Father Christmas 13, 14 & 15 December | 11:00-16:00

Children can step inside a nostalgic telephone booth to speak directly to Father Christmas.

• Father Christmas Photo Booth 16, 17 & 18 December | 11:00-16:00

Families are invited to capture a festive keepsake together in a dedicated photo booth surrounded by holiday décor

RETAIL THAT REFLECTS ITS COMMUNITY

Winelands Square opens as a vibrant destination for Paarl.

Anchored by Checkers Hyper FreshX, the centre brings together a thoughtful mix of brands from fashion, beauty dining and lifestyle, alongside specialist stores and local favourites.

From everyday essentials to unique finds the centre is designed to feel welcoming, connected, and

enjoyable encouraging visitors to linger, explore, and return Explore the full tenant directory at wwwwinelandssquare co za

LOOKING AHEAD

Phase 1 opens its doors, welcoming the community to the first stage of Winelands Square with curated shops, dining, and experiences.

Phase 2, set for April 2026, will complete the centre with addition-

al stores and lifestyle offerings, transforming Winelands Square into a full, vibrant hub for shopping dining and connection in Paarl.

Rooted in Paarl. Designed for you.

LEASING ENQUIRIES

Visit: winelandssquare co za

Contact: Hannes – hannes@ npre co za | Lourens – lourens@ npre co za

NOW OPEN

‘Suidooster’-sterre waai in by Paarl Mall

Akteurs van die geliefde KykNet-sepie Suidooster het die afgelope naweek by Paarl Mall kom kuier Aanhangers van die akteurs en die sepie het nie op hulle laat wag om die bekendes te groet en selfs ’n foto saam te neem nie Bo staan Levert Louw met sy seun Cee-Jay Hartebeest-Louw op sy arm saam met Maliya Leibrandt en ’n paar van die Suidooster-akteurs: Van links is Irvine van der Merwe (“Nazeem”), Lauren Joseph (“Zoe”), Daniel Coetzee (“Riaan”), Natasha van der Merwe (“Susan”), Craig Arendse (“Gary”), Simone Biscombe (“Bianca”), Eden Classens (“Justin”) en (regs voor) Richard September (“Bennie”) Foto: Chantélle Hartebeest

Paarl hou feesmark

Dit is weer daardie tyd van die jaar en die Paarlse Feesmark is in volle swang Dié jaarlikse feesmark het Maandag (24 November) begin en sal vir die volgende twee weke tot Saterdag (6 Desember) duur Volgens Margie du Plessis, die feesorganiseerder, is daar vanjaar 170 stalletjies met ’n verskeidenheid produkte te koop Dit sluit in houtgoed, juwele, klere, beskuit en selfs speelgoed vir die kleintjies Deur die week sal die feesmark van 09:30 tot 19:30 oop wees en Saterdae van 09:00 tot 15:00 Foto: Chantélle Hartebeest

Poësie ‘vang pyn van die ABO vas’

Proff Heilna du Plooy en Dorothea van Zyl, voormalige dosente in Afrikaans en Nederlands by onderskeidelik die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom en die Universiteit Stellenbosch, het die jaarlikse Paul de Villiers-gedenklesing op 18 November saam op Laborie aangebied

Du Plooy, ook ’n digter, skrywer en skilder, het onlangs na Val de Vie verhuis. Van Zyl, die stigter van die Woordfees en Woorde Open Wêrelde-projek, is ook die beskermvrou van die AngloBoereoorlog-monument. In Afrikaans 100 jaar, waarin die erkenning van Afrikaans as amptelike taal gevier word, was hul tema “Vergewe en vergeet? Die

is hul werk dikwels meer outentiek as geskiedskrywing. Totius was die fynsinnige liriese digter met ’n religieuse aanvoeling. Hy sien die Hand van God in alles, die natuur en historiese gebeure, en teken dit op. Jan FE Celliers, bekend as volksdigter, beeld die oorlogservaring van gewone mense in die Oranje-Vrystaat en Transvaal uit, maar probeer ook by hulle ’n aanvoeling vir ernstiger kuns ontwikkel.”

Van Zyl het op heelwat onverwagte ooreenkomste in die lewensloop en belangstellings van die hoogs uitsonderlike Eugène N Marais en C Louis Leipoldt gewys. “Albei het veelvuldige talente uitgeleef, maar is veral gehuldig vir hul enorme bydrae tot die Tweede Afri

Agter staan dr Carel Stander (voorsitter) en Louis Louw; voor is Hybré van Niekerk, proff Dorothea van Zyl en Heilna du Plooy, sowel as genl. Bertus Steenkamp.

From left are Christabel Vosloo (PR and marketing of Drakenstein Palliative Hospice), Elizabeth Scrimgeor (chief executive officer of Drakenstein Palliative Hospice), Carol-Ann van Jaarsveld (Pink Trees for Pauline), Susan Swanepoel (interdisciplinary teams manager of Drakenstein Palliative Hospice), Elna de Villiers (Pink Trees for Pauline) and Henriette Holtzhausen (Pink Trees for Pauline)

Car handed over to Hospice

In a heart-warming display of community spirit and generosity Drakenstein Palliative Hospice proudly received a vibrant pink vehicle made possible by the cancer awareness initiative, Pink Trees for Pauline, which donated the funds for its purchase.

This symbolic handover represented far more than the arrival of a new car; it reflected the power of unity, compassion and shared purpose.

The eye-catching vehicle was expertly wrapped, branded and delivered by Hospice’s partner Group 1 Auto, which transformed it into a true mobile ambassador for palliative care in the region.

It is a moving reminder of the love and support that fuel the organisation’s

mission to bring comfort, hope and holistic, patient-centred palliative care to the community.

This remarkable gift was made possible by the unwavering support of the Drakenstein and Swartland communities.

Every tree wrapped in pink during the campaign contributed directly to this fundraiser, turning neighbourhoods into symbols of hope and solidarity. Everyone, by wrapping a tree, spreading the word or donating, has made a meaningful and tangible impact.

Hospice is deeply grateful to Pink Trees for Pauline for its generosity, to Group 1 Auto for its branding and delivery, and every individual, school and business that supported this cause.

Nuwe koerant kom in Maart

In ’n tydperk waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat ’n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, op 6Maart 2026 bekendgestel sal word Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels soos Beeld en Rapport verlede jaar Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek ’n duidelike leemte in die drukmedia aan

DRUKMEDIASTAANSYMAN

Ondanks die oorheersing van digitale platforms, het bedryfskenners uitgelig dat daar onder Afrikaanssprekendes steeds ’n groot behoefte aan gedrukte koerante bestaan Die Papier – wat deur Novus Media, ’n filiaal van die JSE-genoteerde Novus Holdings, uitgegee word – sal elke Vrydag in sowel druk- as digitale formaat beskikbaar wees Die fokus sal wees op omvattende nuus, gemeenskapsverhale, sake- en sportnuus, asook kultuur- en leefstylinhoud, toegespits op die behoeftes van die Afrikaanse gemeenskap

INPASMETDIEMARK

André van der Veen, die hoof van Novus Holdings, beklemtoon die markpotensiaal

“Die geleentheid om gedrukte publikasies in gefokusde markte te laat groei, bly relevant, mits [op vernuwende wyse] en met deeglike begrip na die leser se behoeftes geluister word Vir baie Afrikaanse lesers is die formaat van die koerant onmiskenbaar, en ons glo Die Papier gaan breed aanvaar word ” Novus Media het met ’n Afrikaanse mark van meer as sewemiljoen mense in Suid-Afrika die besluit geneem om waarde aan hierdie onderbediende segment te bied “Die Papier is ’n mylpaal vir ons – dit is ons eerste nasionale nuuskoerant en neem gehalte- Afrikaanse joernalistiek na ’n nuwe vlak, met ’n bereik wat al die provin-

sies insluit,” sê Esmé Smit, ’n direkteur van Novus Media

ERVARESPANAANSTUUR

Die weekblad sal bestuur word deur die ervare joernalis en voormalige Beeld-redakteur Barnard Beukman Sy loopbaan sluit hoëprofielposte by Oosterlig, Die Burger en Rapport in Hy is in 2024 deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaanse joernalistiek vereer Beukman sien die projek as ’n historiese keerpunt “Die stigting van ’n nuwe Afrikaanse koerant is ’n besondere en historiese gebeurtenis Dit spreek ’n diep behoefte aan om weer ’n platform te hê waar Afrikaanse Suid-Afrikaners met mekaar in gesprek kan tree, soos Arthur Miller dit gestel het: ‘A good newspaper is a nation in dialogue with itself’ ”

FOKUSOPGEHALTE-JOERNALISTIEK

Volgens Beukman is Die Papier se identiteit gegrond op gehalte eerder as blote verslaggewing “Ons wil die gemeenskap betrek en saamsnoer rondom sake wat vir lesers werklik saak maak Jonger lesers gaan ook ’n tuiste vind, aangesien ons formate en inhoud aanbied wat aan hul behoeftes voldoen ” Novus Media is in 2024 gestig en bedien miljoene lesers landswyd met 21 gemeenskapstitels, waaronder Paarl Post, en gesogte publikasies soos Rooi Rose en Soccer Laduma, asook die Novanews digitale platvorm Die bekendstelling van Die Papier is deel van die maatskappy se strategiese verbintenis om sinergie tussen bestaande titels en nuwe aanwinste te skep

NUWEHOOFSTUKWINK

“6 Maart 2026 beteken ’n nuwe hoofstuk – vir die Afrikaanse drukmedia en joernalistiek Ons sien uit om ’n platform te bou waar gemeenskappe sinvol aan die demokratiese gesprek deelneem,” sê Smit

Bottel kry nuwe kenteken

Simonsvlei se reusagtige bottel, wat van die R101 af, of te wel die Ou Paarlpad, asook van die N1 af gesien kan word, is geklee in ’n splinternuwe oranje-en-geel baadjie om dié kelder se nuwe Mimosa-drankie te adverteer. Hugolene Conradie (40), ’n kunstenaar wat oorspronklik van die Paarl kom, maar etlike jare reeds in Worcester woon, vertel meer oor die proses om hierdie bottel ’n nuwe lewe te gee.

Volgens Simonsvlei se webtuiste is die Mimosa-drankie tans op winkelrakke asook aanlyn beskikbaar en word dit beskryf as ’n spritzer gemaak van wyn, deurdrenk met lemoengeur.

Die kelder het ook op sosiale media geskryf dat die reusebottel in 1988 gebou is en heeltemal hol is. Sou dit gevul word, sou dit 60000 liter wyn kon hou (80000 bottels).

Conradie sê sy het dié reusebottel reeds in 2023 die eerste keer geverf toe Simonsvlei se Vineyard Selection Chardonnay destyds bemark is.

Volgens haar was dit dus ’n groot eer toe die kelder haar ’n tweede keer genader het om die bottel ’n vars leksel verf te gee. Sy het altesaam agt dae daaraan gewerk, onder meer op 12 November toe sy haar 40ste verjaarsdag gevier het –hoog in die lug op ’n hyskraan om die hele lengte van die bottel te verf Sy sê sy het polivinielasetaat-verf (PVA) gebruik omdat dit die elemente kan weerstaan en het die fyner detail met potlood geteken voordat sy later booor dit geverf het.

Om Simonsvlei se reusewynbottel te verf, beskryf Conradie amper as ’n volle-

Hugonele Conradie (40) pronk by die reusebottel wat sy in 2023 vir die eerste keer geverf het

Hugolene Conradie (40), ’n kunstenaar van Worcester, het Simonsvlei se gewilde wynbottel geverf

sirkel-oomblik omdat sy en haar seun destyds, toe hy baie jonger was, gereeld verby die kelder gery en hy aan sy ma gesê het: “Mamma gaan eendag daai bottel verf.”

Dus kon sy nie glo toe Simonsvlei in 2023 die eerste keer na haar uitgereik het om dié bottel te verf nie. Dit was nadat die kelder op soek was na iemand om die bottel op te kikker en ’n advertensie op sosiale media geplaas en kunstenaars

genooi het om hul portefeulje te stuur. Conradie is bekend vir, onder meer, haar muurskilderinge wat reg oor Worcester pronk, maar daarbenewens spog sy ook met haar eie kunsskool vir kinders, wat sy reeds 11 jaar bedryf, en verf sy ook af en toe kinders se gesigte Sy het ook voorheen kunsklasse by die Laerskool Worcester-Oos aangebied, maar het ’n paar jaar gelede ’n geloofsprong geneem en haar eie onderneming

geopen. Vandag is sy alom in Worcester bekend en het onlangs verskeie versierings op regopstaande sementversperrings by die Waardemark in Worcester aangebring, wat groot aandag uitgelok het. Daarbenewens het Conradie ook in 2022 ’n muurskildery by ’n kleuterskool in Avianpark in Worcester as deel van ’n televisie-uitsending van Dankie, Lottoland, geverf.

Hugonele Conradie (40) spog by die klaar geverfde bottel Foto’s: Verskaf

Paarlse tiener maak plan met rommel in Mbekweni

Ameli Brandt (14) van die Paarl het as deel van haar gr.-8-skoolprojek ’n vernuwende benadering uitgedink om rommel in Mbekweni se strate te verminder –deur sokkerballe uit te deel vir diegene wat ’n sak vol rommel, wat hoofsaaklik uit plastiek bestaan, skool toe bring.

Ameli is ’n leerder aan die Green School Suid-Afrika buite die Paarl wat daarop fokus om die konsep van volhoubaarheid in sy leerplan te integreer Volgens haar spruit haar idee voort uit ’n jaarlikse projek wat alle gr.-8-leerders voltooi, naamlik Quest, of ’n passieprojek in Afrikaans. Dié projek strek oor sowat ses maande en vereis dat leerders een van hul passies identifiseer en dit ontwikkel in ’n projek wat ’n komponent van omgewings- of sosiale volhoubaarheid insluit.

Die einde van die passieprojek dui ’n leerder se afsluiting in die skool se intermediêre fase en die begin van hul hoërskoolloopbaan aan. Die projek eindig dan met ’n voorlegging, wat binnekort sal plaasvind, verduidelik Ameli.

PROJEKKRYVLERKE

Ameli het op ’n dag op die N2 gery en die hoeveelheid rommel wat sy gesien het, was massief, vertel sy.

Daar en dan is die hoeksteen van haar passieprojek – om rommel in dié gebied te verminder – gelê.

Ameli het toe uitgereik na ’n sokkerspan wat op die Boy Louw-sportterrein geoefen het en ’n ooreenkoms met hulle aangegaan – vir elke sak rommel wat opgetel word, kry die betrokke sokkerspeler ’n sokkerbal.

In drie weke het dié tiener met haar vernuweende idee 27 sakke rommel van die sokkerspelers ontvang en het dus vir elkeen ’n geskenkte sokkerbal gee.

Toe sy hiermee klaar was, het haar ma gesê “jy kan óf nou die projek klaarmaak, óf jy kan dit groter maak” Ameli het nie op haar laat wag nie en besluit om die projek uit te brei.

Sy verduidelik dat baie van die sokkerspelers wat sy op die Boy Louw-sportterrein ontmoet het, van Mbekweni af kom, waarna sy na die Mbekweni Primêre Skool uitgereik het om die projek vlerke te gee.

Sy het motiveringspraatjies aan die leerders gelewer om hulle aan te moedig om aan die projek deel te neem en het kort daarna ’n skenking van 100 sokkerballe van Shoprite ontvang

Nadat die skool se klasse elk ’n sak rommel ingesamel het, kon sy aan elk van die 28 klasse ’n sokkerbal oorhandig

Ameli het altesaam 1200 sakke rommel ontvang, wat aan die Drakensteinmunisipaliteit se afvaldienste oorhandig is, wat dit verwerk het.

Ameli het verduidelik haar projek is nog nie voltooi nie en sy het nog 72 sokkerballe uit Shoprite se skenking wat sy wil uitdeel.

Sy beoog om minstens nog twee skole in die Drakenstein-gebied te besoek om dieselfde projek daar in te stel.

Tydens die bekendstelling van haar projek het hierdie hardwerkende tiener ook die geleentheid gekry om die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, asook die minister van basiese onderwys, David Maynier, op ’n First Thursday-geleentheid in Kaapstad te ontmoet.

Ameli het met groot passie verduidelik dat sy baie uit die projek geleer het – veral dat die skoolleerders met wie sy gewerk het, nie altyd geweet het watter soort rommel in watter afdeling hoort nie.

INVITATION TO TENDER

COMMAR1/2025 Drakenstein Municipality Centralised Customer Care Communica onPortalforBulkSMSDatabaseSolu on MinimumFun �onality:70% 80/20 4 December 2025 (Compulsory) 15 January 2026 at 10:00

COMMAR2/2025

The supply of support services to Drakenstein Municipality for its Microso� Sharepoint website, intranet and remote centralised display screens from 1 July 2026 un l 30 June 2029 MinimumFun �onality:70%

PSLE01/2025

The Management of Animal Pound Services and Ancillary Func ons for Drakenstein Municipality for a period un l 30 June2028 MinimumFun �onality:70%

80/20 4 December 2025 (Compulsory) 15 January 2026 at 10:00

(Compulsory) 22 January 2026 at 10:00

SCM1/2025 Supply and delivery of office furniture for a period of up to 30June2028 80/20 N/A 11 December 2025 at 10:00

Full details of tender no ces are available on www.drakenstein.gov.za, www.etenders.gov.za and www.cidb.org.za (construc on related tenders) and on the municipal no ce board. A non-refundable fee of R450.00 is payable to Drakenstein Municipality for collec on of documents No fee will be charged when the tender document is requested electronically Tenders may only be submi ed on the tender documenta on provided by the Municipality and must remain valid for a minimum of 120 days a�er tender closing or as specified in the tender document.

Byron-enkelsnit vier die dansvloer

Chantélle Hartebeest

Met die aanvang van die feesseisoen om die draai kan Paarliete ook gereed maak vir die debuutenkelsnit van Byron Daglin Januarie, wat binnekort vrygestel word

Januarie, wat tans voltyds in Spanje sing en aan ander projekte werk, praat met opgewondenheid oor die enkelsnit “Come On Down”, wat ook deel vorm van sy debuutalbum Love & Other Frequencies Die album sal altesaam 11 liedjies hê. Hy sê hoewel hy van jongs af sing en nog altyd ’n passie vir sang gehad het, was dit nie aanvanklik sy droom om sy eie liedjies op te neem nie

“Ek het die afgelope paar jaar ’n bietjie my passie vir musiek begin verloor – dis asof ek net perform het, maar nie meer regtig geskryf of geskep het nie. Iets het hierdie jaar verander; die musiekgogga het weer gebyt en ek het gevoel dis tyd om iets persoonliks te skryf,” verduidelik Januarie.

“Die besluit om hierdie projek aan te pak, het eintlik uit ’n baie eenvoudige, maar diep plek gekom. Ek wil hê wanneer ek eendag nie meer hier is nie, my kinders iets sal hê om na te luister – iets wat vasvang wie ek was. Ek wil hê hulle moet dit vir húlle kinders kan speel en trots kan sê: ‘Dit was my pa.’ Alles wat ná dit gebeur – watter sukses, blootstelling of geleenthede ook al – sal vir my net ’n bonus wees. Hierdie album is in die eerste plek ’n nalatenskap vir my seuns.”

Januarie is oorspronklik van die Paarl en het in Groenheuwel grootgeword. Hy is vir die afgelope 19 jaar met Samenthia getroud en hulle het drie seuns – Orthégio-Jodici (17), Kendrique-Jazario (15) en De’Yondré-Jamahl (12).

“Dit is natuurlik moeilik om so ver en vir sulke lang tye weg van hulle af te wees, want hulle is my hele lewe. My ma, my vrou en my kinders is my grootste ondersteuning – hulle dra my deur alles en hulle geloof in my laat my aanhou droom, groei en werk aan my musiek.”

Vandat Januarie kan onthou, was sang nog altyd deel van sy lewe Hy en sy ouer broer en drie van hul vriende het destyds ’n sanggroep op die been gebring, wat as N-Trigue bekendgestaan het. Hulle het reg oor die Wes-Kaap getoer en opgetree totdat elkeen besluit het om sy eie loopbaan te volg.

“My musiekpad het vroeg begin vorm aanneem Ek het in 2006 tot die Top-32 van SA Idols (seisoen 4) deurgedring en

in 2007 was ek die Breakfast Show op Radio KC 107.7 FM se host Daardie ervarings het my selfvertroue en liefde vir die vermaakbedryf versterk. Sedert 2008 werk ek elke jaar vir ses tot nege maande in Mallorca, Spanje, waar ek optree en my kuns slyp. Ek is tans in Lanzarote in die Kanariese Eilande, Spanje, waar ek steeds voltyds met musiek besig is en aan nuwe projekte werk.” Januarie is ook ’n passievolle sjef, wat verlede jaar Eatin Nook, ’n tuisgemaakte wegneemete-kafee, geopen het.

In Spanje vorm Januarie deel van ’n drie-man-groep wat ’n Motown-huldeblyk doen. Hulle sing ikoniese liedjies uit daardie tydperk en tree by verskeie hotelle, restaurante en klubs op.

“Ek dien ook as die leier van die groep, asook die vocal arranger en is speels gesproke die choreographer Ek is nie die beste danser nie, maar iemand moet darem seker maak ons beweeg in dieselfde rigting,” skerts hy Oor “Come On Down” vertel hy trots: “Die liedjie is ’n energieke, dansbare track oor daardie onweerstaanbare aantrekkingskrag wat iemand op die dansvloer het. Dit gaan oor spontane energie, ritme en die manier waarop iemand se teenwoordigheid jou heeltemal kan vang, selfs al ken jy hulle nie Dis ’n viering van musiek, beweging en die vreugde van daardie oomblik van verbinding.”

Dié liedjie word op 1 Desember amptelik vrygestel en sal op verskeie platforms, insluitend Spotify, Apple Music, YouTube Music en Deezer, onder die naam Byron Daglin beskikbaar wees

Ameli Brandt (14) Foto: Verskaf
Januarie vermaak ’n gehoor met sy sangtalent
Byron Daglin Januarie

Help ouers met jong kankerlyers

ChantélleHartebeest

’n Ouerpaar van die Paarl het kort ná hul oudste seun se dood weens beenkanker sewe jaar gelede besluit om terug te ploeg eerder as om in ’n hoekie te gaan sit en treur

Clyde en Samantha Adams weet hoe dit voel wanneer kanker by jou kind gediagnoseer is – die vrae, die hartseer en ook die finansiële uitwerking Sedert hul seun, Kyle, se afsterwe is hulle vasbeslote om ouers wat dieselfde pad moet stap, te ondersteun Hulle het dus die Kyle Adams Nagedagtenis Strewe (KANS) gestig en dit vorm deel van die plaaslike organisasie sonder winsbejag, Heart NPO

Oor die jare heen het hulle families op verskeie maniere gehelp en vanjaar samel hulle toiletware in vir kinders wat by die Tygerberg-hospitaal vir kanker behandel word, asook vir hul ouers

“Die rede hoekom ons die insameling doen, is omdat ons deur die proses gegaan het en ons het gesien partykeer is jy by die hospitaal, want jy is so vinnig weg van die huis af dat jy eintlik alles vergeet het Jy vergeet ’n waslap, om vir jou onderarmgoed te neem en selfs soms onderklere Jy is so haastig net om jou kind by die hospitaal te kry en dan sit jy aan die einde van die dag daar met niks en dan moet jy wag dat familie vir jou goedjies bring,” verduidelik Clyde

“Die hele storie rondom die insameling is dat ons ná ons seun se dood gevoel het ons wil baie graag families, wat kinders het wat kanker onder lede het, help Kyle was so ’n sterk mens en het altyd mense aangemoedig Ons wou nie sy legacy net daar gelos het nie ”

‘ONSSALMAARMOETVRA’

Clyde vertel met Kyle se siekte en die tye wat hy in die hospitaal opgeneem is, moes hulle baie op ander staatmaak Hulle weet hoe

dit voel om jou voor ander mense klein te maak wanneer die nood druk en julle iets benodig – veral omdat dit nie in hul geaardheid is nie

“Ek het vir my vrou gesê op die einde van die dag gaan ons maar moet vra en dit gaan net ’n ja of ’n nee van iemand af wees Ons het ook destyds baie skenkings van mense af gekry en ons wil ook graag terugploeg in die gemeenskap wat ons gehelp het Dis hoekom ons hierdie soort skenkings vir daardie spesifieke doel insamel, sodat ons dit Tygerberg-hospitaal toe neem vir mammies wat daar is

“My vrou was vir amper ses maande in die hospitaal saam met ons seun Op die einde van die dag werk jy nie en jy het nie geld nie en jy is afhanklik van familie om vir jou goed te bring Dit is nie lekker nie, want jy voel jy wil self sorg, maar ongelukkig as

kanker by die kind gediagnoseer is, moet een van die ouers hul werk prysgee Dit beteken daar is ’n tekort aan ’n inkomste Dit gaan alles daaroor – die tekort aan ’n inkomste omdat een van die ouers permanent saam met die kind by die hospitaal moet wees of permanent by die huis moet wees wanneer die kind nie in die hospitaal is nie ”

‘ASEKMOEDOPGEE,WATDANVAN MYKIND?’

Kyle word onthou as ’n lewenslustige mens wat altyd grappies gemaak het en gaande oor sport was “Selfs toe hy siek geword het en sy been geamputeer is, het hy gesê as hy deur dié kom, wil hy steeds in die sportbedryf bedrywig wees Al moet hy ’n fisio word net om in daai sportomgewing te wees,” vertel Clyde “Hy kon altyd met grootmense

praat en hulle uplift het, maak nie saak wat nie En hy was al kind tussen die grootmanne wat rugby gekyk het,” voeg Samantha by Beenkanker is by Kyle gediagnoseer nadat hy sy knie in ’n rugbywedstryd beseer het Die dokter het aanvanklik gesê hy het ’n spier verrek en hy is vir fisio- behandeling gestuur Ná sowat ’n maand was sy knie steeds dieselfde en Kyle is vir X-strale gestuur waar vasgestel is dat hy ’n gewas in sy knie het Ná verskeie toetse en biopsies het die dokters vasgestel dat dit kanker is Kyle het behandeling by Tygerberg G3 ontvang – dit is die saal waar kinders met kanker behandel word

“Aan die begin was dit ’n bietjie moeilik, maar Kyle was ’n sterk mens Ek het net gedink as ek gaan lê en in ’n hoekie kruip, wat gaan dan van hom word? Daar in die hospitaal is mense in verskillende situasies en dan dink jy jou situasie is so erg As jy by die hospitaal kom, dan praat jy met almal dan besef jy jou situasie is eintlik nie so erg nie,” vertel Samantha.

‘DIEMOEILIKSTEBESLUITNOG’

Kyle se been is geamputeer en ná ses maande van chemoterapie was hy vir ’n jaar kankervry Dit het daarna in sy regterlong teruggekeer en die dokters moes twee gedeeltes van die long verwyder Hy was toe weer in remissie vir sowat ’n jaar voordat die kanker aggressief teruggegroei het

“Toe kom dit terug in sy skouer, sy ruggraat, sy bynier, in sy ander knie en weer in die been wat half geamputeer was,” verduidelik Samantha Volgens Clyde het die dokters hulle vroegtydig gewaarsku dat die soort kanker wat Kyle het, ’n baie aggressiewe kanker is en dat dit ook ’n baie “skelm” kanker is Kyle het met sy laaste diagnose meer as een keer chemo gekry, maar dit het nie gehelp nie en hy het eerder verswak

Clyde en Samantha moes die

Roses kruip toe diep in Xava se hart

Rasaad Adams

Ná sy eerste jaar van rugby by ’n Bolandse klub het Roses United se heelagter, Xavier-Lee Solomons (23), vandeesweek gesê hy het geen rede om in dié stadium enige skuiwe te maak nie en hy sien uit na die toekomstige geleenthede en groei wat dié Wellingtonse klub hom bied.

Solomons was vanjaar sonder twyfel een van Roses se uitstaanspelers en het hom nie eens laat onderkry deur ’n besering wat hom drie wedstryde laat misloop het nie.

Solomons, ’n boorling van die Paarl, het sy klubrugbyloopbaan by die Paarlse Albions-rugbyklub begin, waar hy tot einde verlede jaar gespeel het.

Albions en alle ander klubs in die Paarl val onder die WestelikeProvinsie-rugbyunie.

“Ek het besluit om die skuif na Roses te maak om aan myself te werk en op my ontwikkeling te fokus.

“Roses het my hart kom steel hierdie jaar. Ek het regtig lief kom raak vir hierdie klub en die kultuur wat hulle hier kweek.

“Dis ’n klub waar daar baie ruimte is vir ontwikkeling en persoonlike groei, dus sien ek uit na die seisoen wat voorlê,” sê hy Op die vraag oor hoe rugby by

die Boland-rugbyunie (BRU) se klubs anders as by WP-klubs is, het Solomons gesê: “WP-rugby is meer fisiek.

“Dit is wat elke speler sal sê.

My ervaring is dat daar by Boland meer geleenthede is. Dit is ’n platform vir jong spelers uit ons gemeenskappe om te groei.”

Die afgelope naweek se SanlamBoland-Top-12-eindstryd teen die

span van Saldanha was volgens Solomons vir hom een van die grootste uitdagings van die jaar.

Hy het twee kritieke strafskoppe vir Roses gemis en Paarl Post wou by hom weet hoe ’n speler onder so baie druk positief bly.

“Ons het ’n kans gehad om die game te wen. Dinge het nie goed verloop vir ons nie – veral nie vir my nie.

“Ek is net dankbaar vir my vriende en my spanmaats wat my gemotiveer het. So, ja, ek het alles probeer, maar ongelukkig kan daar net een wenspan wees,” het hy Saterdag (22 November) ná die eindstryd gesê

Hy hou vol dat Roses aanstaande jaar sterker sal terugkeer en sê hy sien veral uit na die span se deelname aan die Gold Cup in 2026.

Solomons sê hoewel hy sy deelname aan klubrugby tot dusver geniet en elke geleentheid benut, is sy droom om eendag ’n professionele rugbykontrak los te speel

Ondanks Roses se nederlaag teen Saldanha in die Top-12eindstryd het die klub ’n baie suksesvolle jaar gehad. Hul enigste ander nederlaag was in ’n Top-12-tuiswedstryd teen Botrivier op 1 November. Roses is onoorwone in die Witsentraal-ligakompetisie.

moeilike besluit maak om die chemobehandeling heeltemal te laat staak

Hy is op 25 November 2018 oorlede – twee weke voor sy 15de verjaarsdag, wat hy op 4 Desember sou vier

Samantha vertel tydens Kyle se herstel ná die longoperasie was hy nie baie beïndruk dat hy tussen grootmense moes lê nie

Hy wou by Anthea Lewis weet hoekom daar ’n saal vir kinders en grootmense en nie vir tieners is nie Lewis werk by Kansa en is deel van dié organisasie se Tough Living with Cancer-program (TLC)

“Anthea het dit reggekry dat hulle ’n gedeelte van een woonblok op die hospitaal se perseel, waar verpleegsters destyds gewoon het, maar wat toe oopgestaan het, aan tieners te dedicate Sy het toe ’n hele vloer gekry wat leeg gestaan het en dit staan nou as die Kyle Adams- en Indica Summer-ward bekend,” sê Clyde “As jy by die hospitaal is en jy moet môre weer daar wees, en om reiskostes te spaar, gaan jy na daai plekkie toe en jy kan daar gaan oorslaap Daar is beddens, ‘n kombuis, produkte om kos te maak en daar is showers en baddens Alles wat ons insamel, gaan na daardie spesifieke ward toe Wanneer enige ouer by daai ward kom en hulle het niks nie, kry hulle basies alles wat hulle nodig het ”

Om uit te reik na ander en gebed is wat hulle staande hou, verduidelik die Adams-egpaar •Die toiletware wat ingesamel word, sluit in seep, waslappe, tandeborsels, tandepasta, wipes, sanitêre doekies en onderarmspuitgoed vir seuns en meisies Die spertyd is 13Desember Clyde vra dat mense self die skenkings moet koop aangesien hulle geen finansiële bydrae ontvang nie •Kontak Clyde (0766878766) of Samantha Adams (0712119295) vir inligting oor waar skenkings afgelewer kan word

APPLICATION TO TENDER FOR SERVICES

The following services are o�ered for tender to suitably qualified and experienced service providers:

• Provision of Temporary Employment Services

• Supply of suitable temporary labour personnel to meet operational requirements across various departments of a feed manufacturing plant

Provision of Specific Operational Services

• Provision of services such as, but not limited to:

▪ O�loading of selected raw materials in bags

▪ Supply ad hoc general labour where required. Supply temporary replacement labour for vacant positions

Tender requirements:

• Adhere to the company code of conduct and ethics

• Adhere to quality management system ISO 9001, ISO 22000, HACCP), continuous workplace improvement program, AFMA code of conduct.

• Comply with the company’s risk, health and safety, and environmental standards

• Supply all necessary equipment to e�ectively and su�iciently execute duties

• Be quality driven, responsible and use own initiative

Closing date: 5 December 2025

Interested parties who meet the above minimum requirements can email Naeema Abrahams at Naeema.Abrahams@meadowcape co.za

Wyle Kyle Adams
Xavier-Lee Solomons Foto: Henko Nel

vWJ Wellington vanjaar aandeelhouers eindgesellighei nie het heerlike wyn Niekerk, van erdie instelling kelder aandeelhoue werk sedert het produsente Wellington en we ongeveer na kelde bederf wyne hoek van Well reeks, W

Agriculture to Residen al use and the development of a ±3.1675 ha residen al precinct. The project will comprise 144 two-storey apartment units across ten buildings, designed to integrate aesthe cally with the exis ng residen al character along Re ef Street. The development will also include 102 private storage units, 303 parking bays for residents and visitors, and several shared ameni es, including an office, refuse area,

M&L the World’s Best Rising Star winery

A South African wine producer has claimed one of the industry’s most coveted awards, with Mullineux & Leeu Family Wines being named the World’s Best Rising Star at The Golden Vines 2025 Awards Gala in Miami on 8 November.

The recognition at what’s often called the Oscars of Wine marks a significant achievement for the Swartland and Franschhoek-based producer, highlighting South Africa’s growing prominence in the global fine wine market

“As a winemaker rooted in the unique terroirs of South Africa, our recognition at this global gathering is both a tremendous honour and a meaningful affirmation of our commitment to craft, place and purpose, and the incredible potential in the Cape,” said Andrea Mullineux, the company’s winemaker

The Golden Vines Awards celebrates excellence in fine wine while raising funds for the Gérard Basset Foundation, which supports education, diversity and innovation in wine, spirits, and hospitality

This year’s results were determined by votes from 830 fine wine merchants, Michelin-starred sommeliers, and industry professionals from more than 100 countries The voting panel included 41 Masters of Wine, 31 Master Sommeliers, 58 Advanced Sommeliers, and 240 WSET Diploma holders, with results independently verified by

Deloitte

Other major winners at the ceremony included Vega Sicilia for World’s Best Fine Wine Producer, Weingut Egon Muller as Europe’s Best Fine Wine Producer, Harlan Estate for the Americas, and Henschke representing the rest of the world

LEADINGMAKEROFFINEWINES

“As a South African wine producer, we are deeply grateful for this award at The Golden Vines as this recognition at the highest level affirms the country’s growing reputation as a leading maker of fine wines,” said Analjit Singh from the company

Co-owner Chris Mullineux dedicated the award to their team and industry supporters, saying: “We dedicate this award to our vineyard and cellar teams, and the fine wine merchants, sommeliers and industry professionals who believe in our wines and share them and our story with the world ”

The evening also recognised other industry leaders, with South Africa’s Rosa Kruger and the Old Vine Project taking the Innovation award, Jean Trimbach (France) receiving the Golden Vines Hall of Fame award and Cathy Corison (America) earning the Sustainability Award

The win comes as South African wine producers continue to gain international recognition for their quality and innovation, building on the country’s centuries-old winemaking tradition

Chris and Andrea Mullineux (right) from Mullineux & Leeu receive the coveted World’s Best Rising Star award at The 2025 Golden Vines Gala at Faena Forum on 8 November in Miami Beach, Florida, presented by Heather Maguire (left)
Photo: Aaron Davidson/Getty Images

Hugenote Laerskool bedank ondersteuners wat

saam die waarde van

onderwys hoog ag

Die Hugenote Laerskool het onlangs ’n geselligheid by Die Kalkoonde in Wellington aangebied om sy getroue borge en mede-rolspelers vir hul volgehoue ondersteuning te bedank Hierdie ondersteuning uit die gemeenskap is ’n ware belegging in die toekoms van die skool, sy leerders en die breër gemeenskap Die skoolhoof, Stephan Hertz, het die skool se opregte dank teenoor elke organisasie en individu wat saam met die skool in die krag van onderwys glo, uitgespreek en sulke ondersteuning as ’n belangrike rolspeler in die skep van geleenthede en ontginning van potensiaal bestempel Foto: Chantélle Hartebeest

Robotikadag vier Afrikaans op unieke wyse

Die Laerskool Paarl Gimnasium het die afgelope Vrydag (21 November) sy Robotikadag by die Taalmonument ter viering van Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal in Suid-Afrika en die Taalmonument se 50ste bestaansjaar aangebied Dit was vir die leerders en personeel van Gimnasium baie besonders om Afrikaans op ’n vernuwende wyse deur robotika te vier Spesiale matte is ontwerp wat die geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans uitbeeld Dit sluit in die drie vastelande waaruit die taal gevorm is, die drie invloedrykste kulture, Paarlberg, die eerste Afrikaanse koerant, elemente soos koeksisters, springbokke en die protea en ’n mat wat van ligte tot donkergroen vloei om die taal se groei te simboliseer Elke element het ook deel van die leerders se uitdagings gevorm

Dux-leerder loop met kas vol trofeë weg

Die Laerskool Paulus Joubert het onlangs hul jaarlikse diplomaplegtigheid in die VGK Huguenote-saal gehou om leerders vir hul prestasies te vereer Kim Jacobs, die hoofmeisie, het die Dux-leerder-toekenning vir haar uitmuntende prestasies ontvang. Sy het vir die vakke Engels, wiskunde, aardrykskunde, geskiedenis, EBW, dans, natuurwetenskap en kuns toekennings ontvang Sy het met altesaam 12 sertifikate, nege medaljes en 10 trofeë weggestap

September ’n krieketster

Shevchenko September van Dalweide Primêre Skool is gekies vir die Bolando 13-seuns-krieketspan, wat aan Krieket Suid-Afrika se nasionale week in Benoni van 29 November tot 2 Desember gaan deelneem Sy skool is baie trots op hom

Bielie van ’n
Cnr Jan Van Riebeeck Drive, Kelsey Street

Haar werk is sag én skerp

Die 2025- Toyota Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel is op 11 Oktober met die aanvang van die fees bekendgestel.

Anna-Bet Stemmet, ’n oudleerder aan die Hoërskool Paarl Gimnasium en wat deesdae in Malmesbury woon, se storie, “Chatsworth, Suster” is een van 23 verhale wat gekies is vir opname in die tiende feesbundel.

Anna-Bet het in Junie vanjaar die nuus ontvang dat haar verhaal vir die Woordfeeskortverhaalbundel gekies is en het besluit om die golf daarvan so ’n bietjie te ry Daarom het sy haar moue opgerol en teen ’n stink spoed weggetrek om haar eie bundel saam te stel

Goed wat gebeur het met mense op plekke is einde Oktober 2025 deur Turksvypublikasies uitgegee Sommige van die werke is splinternuut; ander dateer uit ’n vroeër tyd, met ’n vars baadjie aangetrek “Ek het oor die afgelope dekade as vryskut-kopieskrywer gewerk Hierdie brood-en-botter-skryfwerk strek oor verskeie bedrywe – van kos en wyn tot landbou, tegnologie, mode en kleinhandel Ek het woorde gevind vir alles van beesvoer tot cloud architecture Dit klink dalk droog, maar hierdie soort werk hou die pot aan die kook en kry ’n mens lekker skryf-fiks,” sê die Swartlandse skrywer

Anna-Bet, oftewel Skryfyster, kon gelukkig darem hier en daar ook haar kreatiewe spiere strek Sy het JAN se kookboek vertaal en die Afrikaanse bewoording van die drietalige kinderboek Florence and Watson behartig

Die skryf van die bundel was ’n willens-en-wetens-besluit om haar regte egte skrywersdroom na te jaag

En die vermetele nuwe bundel? Waaroor gaan dit?

“Ek het met Goed wat gebeur het die soort boek geskryf wat ek self wil lees,” vertel Anna-Bet

“Daar is baie gewigtige literatuur oral

Ek skryf myne doelbewus as ’n alternatief daartoe Dis ’n reeks persoonlike essays – sommige vanilla, ander ’n bietjie meer spicy Hier en daar gooi ek selfs ’n eks-kêrel met smaak onder die bus Dink daaraan as ’n guilty pleasure, soos ’n koekie saam met jou tee, of ’n skelm sigaret,” sê die skrywer

SOOSKOMBUISGESPREK

Hunter Kennedy is dit eens “Anna-Bet vertel met ’n oog vir detail en ’n tong in die kies van grootmensskap, braaibroodjies, familie-erfstukke, middernagtelike WhatsApps en hoenders wat beter ouers is as jy Hierdie bundel is vir elkeen wat al in ’n sweetpakbroek op ’n stoep gesit en wonder het: Is dit nou hoe dit eindig? Dis snaaks Dis sag Dis skerp Soos ’n lekker kombuisgesprek by ’n andersins vervelige huispartytjie ”

Die skrywer glo vas ’n mens hoef nie deur ’n boek te sukkel of emosionele derms te ryg om ’n taal-uitstappie te geniet nie

“Monet, Van Gogh en Gauguin het die goeters rondom hulle geskilder – hul kamers, hul tuine, die uitsigte buite hul vensters Anna-Bet doen dieselfde met haar stories Sy vertel die goed wat rondom haar gebeur op ’n manier wat dit half heilig maak,” vertel Kennedy

Die komediant Anne Hirsch sê: “Dis snaaks, want dis waar, en dis hartseer, want dis waar En dan gooi sy nog so ’n bietjie metaforiese glitter en stickers ook by om dit op te swoosh Goed wat gebeur het met mense op plekke is ’n heerlike emosionele palate cleanser in ’n tyd waarin baie dinge swaar en moeilik voel ”

Die mede-skrywer en digter Andries de Beer glo die bundel sal uitstekende Kersgeskenke maak vir tannies, oumas, niggies, susters, vriendinne en fun-loving manne

“Hierdie is ’n raakvat-skrywer wat die lewe se skerp kante sonder fieterjasies of tierlantyntjies onthul, maar dit altyd met sagtheid en deernis balanseer Anna-Bet loop ’n fyn lyn tussen Audrey Blignault en Nataniël, met ’n lekker skoot Maak ’n Las

in die mix ”

Aanlyn-bestellings van die boek kan geplaas word by www skryfyster com Maar waar kom hierdie buiteperd vandaan?

As die oudste dogter van ’n koöperatiewe wynmaker het Anna-Bet met ’n wye draai deur die wynlande gedartel tot in Malmesbury, waar sy deesdae woon, en beide haar pa en skoonma destyds grootgeword het

Sy is as ’n nooi Bester in Robertson gebore, en toe sy vyf jaar oud was, het die gesin Worcester toe getrek, waar haar pa ’n pos as wynmaker in De Doorns aanvaar het Sy het by Worcester Noord Primêre Skool en later die Hoërskool Montana skoolgegaan Toe die gesin in 2000 na Riebeek-Kasteel verhuis, is sy na Paarl Gimnasium, waar sy as A-kandidaat matrikuleer het

Gedurende haar tyd op die skoolbanke het sy aan allerlei heerlike geeky- kultuurgeleenthede soos Akpol en redenaars deelgeneem en ook vir die Sollie (die skoolkoerant) geskryf

DRIEHALWEGRADE

En daarna? Wel, daarna raak dinge toe effens meer interessant

“Ek het as kind gehuppel deur ’n skoolstelsel wat vir visuele leerders soos ek ontwerp is. Toe skrik ek myself in ’n rebellie in en verkwis die geleentheid wat my hardwerkende ouers my gegun het om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer

Daarna doen ek ’n wawiel deur Elsenburglandboukollege en oortuig myself om skone kunste deur Unisa te studeer

“Lang storie kort – ek is ’n terrible student met drie halwe grade, maar ’n wonderlike werker met ’n besonder lang asem Ek hoort nie in die lewe se ivoortorings nie; ek is gemaak vir die soutmyne Sit my teenaan die coalface en ek grawe vir jou lekker goeters daaruit ”

Ná haar tyd in Stellenbosch het AnnaBet haar pad met behulp van ’n verskeidenheid junior skryf-poste en waitering gigs haar pad tot in Kaapstad geraap en sk-

raap, waar sy die storm-en-drang-jare van haar twintigs deurstaan het ’n Hele paar van die stories in Goed wat gebeur het met mense op plekke dateer uit hierdie tyd Sy en haar man, Jacques, het in 2015 Malmesbury toe getrek om ’n gesin te begin Deesdae woon hulle steeds al te lekker in hierdie Swartlandse dorp met hul twee dogters, Alexandra en Valkyrie Dis hier waar sy haar 2025-wenverhaal, heel letterlik, raakgeloop het

“Die gebeure in ‘Chatsworth, Suster’ het my een oggend – twee dae voor die sluitingsdatum vir inskrywings vir die Woordfeeskortverhaalbundel – te beurt geval Ek het heeltyd geweet ek wil vir die kompetisie inskryf, maar die muse het my bly ontwyk. Na afloop van die gebeure in die storie het ek direk na my kantoor toe gestap en die storie binne drie ure van voor tot agter klaar geskryf Ek het die dag daarna nog hier en daar ’n komma rondgeskuif en dit op die nippertjie ingedien,” sê Anna-Bet

Anna-Bet is op Dinsdag 2 Desember by Furniss Cafe in die Paarl vir ‘n boekbekendstelling, met Mariette Loubser (ook ‘n oud-Gimmie, en nou komediant) as gespreksleier Die geleentheid is gratis, en begin 18:00

• Besoek www skryfyster com vir nog besonderhede, of loer gerus op sosiale media Optredes en boek-voorlesings kan versoek word by howzit@skryfyster.com of bookings@skryfyster.com

Anna-Bet Stemmet
H

DEPARTMENTS:

·

· Assembly · Sanding

· Spray painting

· Semi-skilled with Code 08 licence

· Driver Code 10

COMPETENCY REQUIREMENTS:

· Minimum 5 years' experience in the woodwork industry

· Valid driver s licence will be an advantage

· Good communication skills

· Ability to work under pressure

· Willingness to go the extra mile

·

Sportdagboek/Sports Diary

Stuur enige sportgebeure teen Maandae voor 14:00 Send any sports events before Monday at 14:00 Email: paarlpost@novusmedia co za

WEDNESDAY 3 DECEMBER

The Annual General Meeting (AGM) of Young Gardens RFC will be held at 19:00 at the Meeting Room, Faure Street Stadium All members are encouraged to attend

FRIDAY 5 AND SATURDAY 6

DECEMBER

The Paarl Arboretum will once again come alive this December as runners of all ages descend on the historic town for The Rock Ultra Trail Runs This two-day showcase of endurance, scenery and community spirit includes both marathon and ultra-distance challenges

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.