Skip to main content

Paarl Post – E-edition – 18 June 2026

Page 1


Damvlakke styg fluks

Die jongste weeklikse damvlakke toon dat die Wes-Kaap se groot damme steeds goed vaar, met die totale waterberging wat op 73,6% staan teenoor 72,8% die vorige week en 64,8% in dieselfde tyd verlede jaar. Op 15 Junie het die Bergrivierdam van 76,9% tot 78,3% gestyg, terwyl die Theewaterskloofdam, die provinsie se grootste dam, van 74,4% tot 75,1% gestyg het. Die Wemmershoekdam bly byna vol op 99,5%, teenoor 97,8% die vorige week. Die Steenbras Bo-dam het effens gestyg tot 83,2%, terwyl die Steenbras Onder-dam op 50,3% staan. Voëlvleidam het ’n geringe afname van 59,2% tot 59,0% getoon. Altesaam is die damme tans 73,6% vol, vergeleke met 72,8% ’n week gelede en 64,8% in Junie 2025. Hierdie lugfoto is by Voëlvleidam buite Gouda geneem. Foto: Carin Furness

Oumagrootjie skuldig

Die Wellingtonse oumagrootjie wat byna vyf jaar gelede haar drie agterkleinkinders se dood in die Bainskloofpas veroorsaak het, is verlede Vrydag (11 Junie) in die streekhof in Worcester op drie aanklagte van moord skuldig bevind.

Susana “Sarie” de Villiers (71) se skuldigbevinding volg ná ’n lang hofproses wat gespruit het uit die voorval op 20 November 2021 toe sy met haar voertuig van die bergpad in die Bainskloofpas af gery het terwyl Caleb Booysen (8), Gradwell Booysen (5) en Joshua Booysen (2) saam met haar in die voertuig was.

Die drie seuns, wat broers was, het almal as gevolg van die voorval gesterf. De Villiers het die ongeluk oorleef, maar ernstige beserings opgedoen, waaronder nek- en ribbeserings.

Die drie kinders het die dag by De Villiers, haar man, Ivan, ’n prokureur in Wellington, en hul oupa, Carl Smit, in Wellington gekuier.

De Villiers is later die middag met die kinders in haar motor weg, waarna sy deur die versperrings by Bainskloof -

Drie kinders sterf in ongeluk

pas, wat opgerig is vanweë die destydse padwerke, gery het.

Op die kruin van die pas het die motor waarin sy en die drie kinders gery het ongeveer 80 m teen die berg af gestort.

Die familie is later van die voorval ingelig. Ooggetuies het getuig dat daar padwerke in die Bainskloofpas aan die gang was en dat stop-en-ry-punte ingestel was om verkeer te beheer.

Ná die ongeluk was sy weke lank in die Paarl-hospitaal waar sy deur die hospitaal se psigiatriese afdeling geëvalueer is, voordat sy na Valkenberg vir verdere evaluasie gestuur is. Caleb, Gradwell en Joshua is op die toneel dood verklaar

SKULD BEKEN

De Villiers het reeds in Maart verlede jaar skuld op die aanklagte teen haar beken.

Tydens hofverrigtinge in November 2025 het sy getuig oor haar moeilike kinderjare en beweer dat sy as kind meer as een keer seksueel gemolesteer is.

Sy het ook getuig dat die ouers van haar oorlede agterkleinseuns albei met dwelmmisbruik gesukkel het en gereeld onder die invloed van alkohol was, wat volgens haar tot onstabiele omstandighede vir die kinders gelei het.

Ten tyde van hul dood was die kinders in die pleegsorg van hul ma se familie.

VONNISVERRIGTINGE

Advokaat Sakkie Maartens het namens die beskuldigde verskyn terwyl Clifton Maseti opgetree het as die landdros en Cornelius Prinsloo as die staatsaanklaer.

’n SAP69-dokument, wat gewoonlik gebruik word om vorige veroordelings voor die hof te plaas, is as bewysstuk aanvaar.

Die hof het ook getuienis ingevolge artikel 212 van die Strafproseswet 51 van 1977 aanvaar.

Die verdediging het twee getuies

geroep onder wie De Villiers en ’n kliniese psigiater van Paarl-hospitaal terwyl die staat geen geroep het nie.

Die saak is tot 7 Augustus uitgestel vir die voorvonnisfase asook die samestelling van ’n verslag oor korrektiewe toesig.

Caleb (agter; 8), Gradwell (links; 5) en Joshua (2) Booysen. Foto’s: Argief Susana de Villiers (71).

Registration weekend

Registration weekend takes place on 20 and 21 June, with voting stations across the country open from 08:00 to 17:00 on both Saturday and Sunday.

The appeal comes during Youth Month, which commemorates the young South Africans who stood against inequality and racial discrimination during the Soweto uprising in 1976.

All citizens aged 16 years and older (you can however only vote from age 18) are encouraged to register if it is their first time or to re-register if their place of ordinary residence has changed.

For local government elections voters must register where they live and can only cast their ballots at the voting station where they are registered.

Western Cape IEC Provincial Electoral Officer Michael Hendrickse said South Africa’s democracy was built on the participation of its people, who vote based on the courage of their convictions.

“Today’s youth inherit that legacy as well as the responsibility to protect and strengthen it. So go online or make your way to our voting stations on registration weekend.

“You count, your voice counts, so place your opinion in the ballot to make a difference.”

In addition to the registration weekend, citizens can register or re-register online at www.elections.org.za or at local IEC offices.

To check registration details, citizens can visit www.elections.org.za; SMS their ID number to 32810; contact the call centre at 0800 11 8000 during office hours, or check at their voting station during registration weekend.

Klagte teen Mediclinic

’n 61-jarige man van die Bainskloof-omgewing beweer hy is met ’n ernstige en pynlike wond in sy lies gelaat nadat hy in Mei ’n linkerheupvervanging in die Mediclinic Paarl ondergaan het.

Die wond, wat volgens hom tussen 15 cm en 20 cm lank en 1 cm diep was, het tot herhaalde hospitalisasies, infeksies, antibiotikabehandeling en talle opvolgbesoeke gelei.

Die man, wat verkies om anoniem te bly, sê die heupvervanging self was uiters suksesvol, maar dat die komplikasie wat ná die operasie ontstaan het sy herstelproses ingrypend beïnvloed het.

Hy vertel dat hy op 7 Mei vanjaar in die Mediclinic Paarl vir die prosedure opgeneem is.

Volgens hom het die ortopediese chirurg “uitstekende werk” gedoen en kon hy reeds die volgende dag weer loop.

Die man sê hy het egter kort ná die operasie ondraaglike pyn in sy linkerlies begin ervaar. Toe sy pynmedikasie uitgewerk het, het hy die ongemak aan personeel gerapporteer.

“Ek is meegedeel dat die pyn normaal is ná so ’n prosedure,” beweer hy.

ONMIDDELLIK TERUGGEKEER

Volgens die man is hy die volgende dag ontslaan en moes hy by ’n rehabilitasiesentrum in Worcester aanklop.

Hy sê hy het ook daar die liespyn aangemeld, maar dat niemand dit ondersoek het nie.

Eers nadat hy by sy woning aangekom het, het hy na bewering die omvang van die wond ontdek.

“Daar was ’n diep sny in my lies, net langs my geslagsdele. Dit was uiters pynlik

en heeltemal apart van die heupoperasiewond,” het hy in ’n skriftelike klagte aan die hospitaal gesê wat aan die koerant gestuur is.

Die man het foto’s van die wond geneem en dit aan sy ortopediese chirurg gestuur, waarna hy aangeraai is om onmiddellik terug te keer na Mediclinic Paarl.

Volgens hom is hy daarna weer opgeneem en vir ongeveer vyf dae met medisyne behandel.

Die bron sê die wond het egter oor die daaropvolgende weke nie genees soos verwag nie.

Hy moes glo ses tot sewe keer tussen sy woning en Paarl reis vir wondbehandeling en opvolgondersoeke.

Volgens hom het die wond later septies geraak, waarna hy verskeie kursusse antibiotika ontvang het. Toe infeksiemerkers verhoog gebly het, is hy na bewering vir ’n tweede keer gehospitaliseer, dié keer vir nog sewe dae.

Hy beweer dat die wond meer as twee maande ná die operasie steeds nie volledig genees het nie en dat hy steeds pyn ervaar wanneer hy loop.

Die man sê hy beskik oor uitgebreide

kennis van die mediese bedryf nadat hy sowat drie dekades lank mediese toerusting aan dokters en hospitale verskaf het en talle operasies bygewoon het.

Volgens hom kon die wond nie deur die ortopediese chirurg tydens die vervanging van sy heup veroorsaak gewees het nie omdat dit ver van die operasiegebied was.

“Die heupoperasie is perfek uitgevoer en ek het onmiddellike verligting van my heuppyn ervaar. My kommer is oor wat daarna gebeur het,” sê hy.

Volgens hom het hy reeds regshulp ingewin en oorweeg hy verdere stappe.

Twee e-posse in Paarl Post se besit toon dat Mediclinic Paarl skriftelik aangebied het om, as ’n gebaar van welwillendheid en sonder enige erkenning van aanspreeklikheid, redelike uitgawes wat direk verband hou met die behandeling van die lieswond te vergoed.

KOSTE OORWEEG

In die korrespondensie word vermeld dat die hospitaal bereid is om die koste van wondversorgingsverbruiksgoedere en voorgeskrewe behandeling wat spesifiek met die bestuur van die wond verband hou, te oorweeg, mits fakture en bewys van betaling voorgelê word.

Volgens die man is hy egter ontevrede omdat sommige van die uitgawes uiteindelik deur sy mediese fonds betaal is en hy meen hy is nie vir alle koste en verliese vergoed nie.

Volgens Jacorie Visagie, kliëntervaringbestuurder van Mediclinic Paarl, kan die hospitaal nie in die openbaar kommentaar lewer oor pasiëntsake nie.

“Mediclinic Paarl bly beskikbaar om direk met die pasiënt te skakel rakende enige bekommernisse wat hy mag hê,” het sy gesê.

Municipal car used for church transport

Chantélle Hartebeest

Drakenstein Municipality has launched an investigation after an anonymous tip-off alleged that one of its official vehicles was used to transport a municipal employee and several passengers to a church service in Paarl.

The identity of the municipal official involved is unknown at this stage.

According to the anonymous complaint received by Paarl Post , the incident allegedly occurred in May this year.

The complainant alleged: "On the 24th of May 2026, a white Starlet, with the green and blue sticker logo of the Drakenstein Municipality, registration 627** was driven by a man in full church uniform with a woman in full church uniform that I am assuming is the couple, and the car was full with other passengers.

“It was just before 10:00 in the morning when he parked the car at church, and the whole day the car was standing at church opposite W-block and the driver attended church."

The complainant further questioned whether municipal officials are permitted to use council vehicles for private purposes, saying: "What courage does Municipality officials have to attend church with the family driving a council car?

“Is this applicable to all officials or to certain officials? Which department is this official working for that gives such privilege to attend a church with council car? Municipality must give answers on this matter."

Responding to questions from Paarl Post, Drakenstein Municipality's Executive Director for Engineering Services, Louis Pienaar, said the municipality has measures in place to

regulate the use of its fleet.

"The Municipality has a fleet management policy and a vehicle tracking system in place to ensure the proper use of our official vehicles and to prevent any possible misuse," Pienaar said.

He confirmed that the municipality would investigate the allegation.

"The Municipality will investigate this alleged incident.

“Should an investigation find that the relevant policy was breached in this case, we will institute the appropriate corrective and disciplinary steps in accordance with municipal procedures."

At the time of publication, the municipality had not identified the official allegedly involved, and no findings had been made regarding whether the vehicle was being used in breach of municipal policy.

’n
Pasiënt van die Mediclinic Paarl is ongelukkig oor die diens wat hy by dié hospitaal ontvang het. Foto: Mediclinic Paarl/ Google

Wat is dié BRU-geldmodel?

’n Anonieme wenk uit Boland-rugbykringe het ernstige vrae laat ontstaan oor ’n voorgestelde finansieringsmodel wat na bewering tydens die Boland Rugbyunie (BRU) se jaarvergadering die afgelope Saterdag (13 Junie) bespreek is.

Die bron, wat verkies om anoniem te bly, beweer dat verskeie klubbesture en -lede nie behoorlik oor die inhoud en implikasies van die voorgestelde model ingelig is nie.

“Klubs word mislei deur voor te gee dat hulle beter af sal wees,” lui die skriftelike uiteensetting wat saam met die wenk aan Paarl Post gestuur is.

Die bron voer verder aan dat “ ’n groot aantal klubvoorsitters, hul besture en lede geen idee eers [het] wat die sogenaamde ‘Befondsingsmodel’ behels nie” en beweer dat die BRU-president Bennie van Rooi nie sy belofte nagekom het om ná streekvergaderings binne dae ’n volledige skrywe oor die model aan klubs te stuur nie.

Volgens die dokument wat aan Paarl Post voorsien is, behels die voorgestelde model dat alle klubs aan ’n gesentraliseerde stelsel verbind word met een busdiensverskaffer, een stroomdiensmaatskappy, een klereverskaffer, een kaartjieverkoopsplatform en een bank vir finansiële verpligtinge.

Die dokument spel dit uit dat só ’n model moontlik skaalvoordele en standaardisering kan inhou, maar waarsku dat dit ook beduidende risiko’s inhou.

Onder die kommerpunte wat genoem word, is dat klubs hul keuse van diensverskaffers kan verloor, plaaslike ondernemings en borgskappe moontlik uitgesluit kan word en dat beheer oor beeldregte, kaartjieverkope en sekere finansiële funksies na die unie kan verskuif.

Die dokument voer ook aan dat die

BRU reeds finansiële uitdagings ervaar en dat die administrasie van sentrale kontrakte moontlik ’n verdere finansiële en administratiewe las op die unie kan plaas.

As alternatief word ’n streek-koöperatiewe model voorgestel, waar streke gesamentlik voordele van groepaankope kan benut, terwyl plaaslike ondernemings, borgskappe en kluboutonomie behoue bly.

Die dokument stel verder die vraag of die voorgestelde finansieringsmodel bloot ’n beleidsverandering is en of dit eerder neerkom op ’n wysiging van die BRU se grondwet.

Volgens die bron verander die voorstel die verhouding tussen die unie en sy klubs fundamenteel deur klubs se kontraktuele onafhanklikheid te beperk en hulle aan sentrale kontrakte te verbind.

“Hierdie voorstel verander die grondwetlike verhouding tussen klubs en die unie. Dit kan nie deur ’n gewone meerderheid aanvaar word nie. Die vergadering moet eers bevestig watter stempersentasie en prosedure regtens vereis word,” lui die dokument.

Die bron beveel aan dat die sogenaamde monopolie-model nie aanvaar word voordat ’n volledige tenderproses, finansiële waarborge en ’n studie oor die uitwerking op plaaslike ondernemings voltooi is nie.

• Paarl Post kon nie die bewerings onafhanklik bevestig nie. Die koerant het navrae aan die Boland-rugbyunie se president gestuur om op die bewerings te reageer, maar het teen druktyd geen terugvoering ontvang nie. Die koerant is wel in kennis gestel dat ’n openbare perskonferensie die afgelope Saterdag na afloop van die jaarvergadering gehou is en dat die einste punt wat die anonieme bron kwel, daar bespreek is.

Verkeer ’n gevaar

Inwoners van Sanddriftstraat in die Paarl doen ’n dringende beroep op die Drakenstein-munisipaliteit om verkeersveiligheid in dié straat op te los uit vrees dat iemand ernstig beseer of selfs doodgery kan word.

’n Inwoner, wat verkies om anoniem te bly, het aan Paarl Post gesê die kombinasie van swaar verkeer, beperkte sigbaarheid en hoë spoed skep daagliks gevaarlike toestande.

“Ons inwoners in Sanddriftstraat is bekommerd oor die hoeveelheid verkeer en voete in Sanddriftstraat en vrees iemand gaan seerkry weens die spoed waarmee motors soms in ons straat ry,” het die inwoner gesê.

Volgens die inwoner word die probleem vererger deur geparkeerde voertuie, skole wat uitkom, sportbyeenkomste en saamtrekke by die musiekskool, asook verkeer na en van Vredelandgoed.

“Veral omdat sigbaarheid moeilik is weens baie geparkeerde motors en skole wat uitkom, sportgebeure en saamtrekke by die musiekskool. Dan nog in- en uitgaande motors by die Vredelandgoed.

“Ambulanse gebruik die Boulevard, maar hospitaalwerknemers, pasiënte en besoekers gebruik Sanddriftstraat via

Hoofstraat.”

Die inwoner sê gesprekke word al ’n rukkie oor hierdie bekommernis gevoer.

“Daar is reeds ’n geruime tyd kommunikasie tussen die raadslid en die munisipaliteit oor moontlike spoedwalle soos in Hospitaalstraat by die Boland-kollege en die onderwysdepartement, maar daar kom dadels van.

“Daar is kinders in die straat – en busse en taxi’s – en ons hou die asem op, want iemand gaan seerkry.”

Die Drakenstein-munisipaliteit sê egter die saak geniet reeds aandag.

Volgens Louis Pienaar, die uitvoerende direkteur van ingenieursdienste, is die munisipaliteit se ondersoek na die verkeersituasie in Sanddriftstraat reeds in ’n gevorderde stadium.

“Dit het onder andere ’n terreinbesoek deur personeel van die munisipaliteit se afdeling vir ingenieursdienste en die wyksraadslid behels,” sê Pienaar.

Hy verduidelik dat aansoeke vir verkeerskalmeringsmaatreëls, soos spoedwalle, aan streng vereistes moet voldoen.

“Aansoeke vir spoedkalmeringsmaatreëls, soos spoedwalle, moet aan sekere vereistes voldoen. Hierdie vereistes word bepaal deur onder meer spoedmeting, opnames van verkeer en voetgangers, asook inligting oor ongelukke in die gebied. Dit sluit ook opvolgmetings in.”

Die bedrywige Sanddriftstraat.

Kiva granted bail by Paarl Court

Cape Amalgamated Taxi Association (CATA) president Siviwe Kiva (42) appeared in the Paarl Magistrates’ Court Friday (12 June), where he was granted bail in his schedule 6 bail application.

A schedule 6 bail application involves serious crimes where bail is granted only in exceptional circumstances. This includes crimes such as murder, aggravated rape and armed robbery. In such cases the burden of proof lies on the accused to convince the court that exceptional circumstances exist to justify his or her release.

According to the charge sheet Kiva faces one count of murder in connection with the death of Odwa Kohli, who was killed, that his killing was allegedly arranged by Kiva on 27 November 2023 in or near Drommedaris Street in Mbekweni.

Kiva is being represented by William Fullard of Mathewson Gess Attorneys in Cape Town.

Fullard told reporters outside the court on Friday that the state’s case against Kiva looks “thin”.

According to Eric Ntabazalilla, communications manager of the National Prosecuting Authority (NPA) in the Western Cape, the matter was postponed to July.

His appearance in Paarl comes against the backdrop of a separate criminal case

in which he was granted R30 000 bail by the Wynberg Magistrates’ Court.

In that matter he faced charges of murder and attempted murder, also linked to allegations that he hired hitmen during 2023.

Kiva was arrested in Ngcobo, Eastern Cape on 7 May, soon after the Magistrates’ Court in that town had withdrawn a murder charge against him.

His first appearance in the Wynberg Magistrates’ Court was on 11 May, and he then appeared for the first time in the Paarl Magistrates’ Court on 13 May.

As part of the bail conditions imposed in the Wynberg matter Kiva was ordered to attend all future court appearances until the case was finalised. He was also ordered not to have any contact with state witnesses, pending finalisation of the matter.

Beskuldige ‘wil self

Die verdagte in die moordsaak van Lemarsh Blanckenberg het die afgelope Maandag (15 Junie) sy tweede verskyning in die Paarl-landroshof gemaak.

Die 19-jarige Ikraam Sitzer staan tereg op die moord van Blanckenberg wat op 3 Junie in Shirazstraat, Paarl-Oos doodgesteek is.

Die familie van Blanckenberg het voorheen aan Paarl Post gesê dat hulle inligting ontvang het dat die voorval verband hou met Sitzer se beweerde inisiasie by ’n bende.

Met sy eerste verskyning verlede week het Sitzer aangedui dat hy vir homself in die hof gaan praat. Die landdros het hom egter ingelig dat dit nie ’n goeie idee is nie, as gevolg van die erns van die klagte teen hom. Die landdros het ook verduidelik dat daar ’n bylae 5-klag teen Sitzer is, wat as ernstig beskou word en dat hy minstens 15 jaar tronkstraf kan kry.

Die saak word weer volgende Woensdag (22 Junie) in die Paarl-hof voortgesit. Wyle Lemarsh Blanckenberg (19)

Investigation shows policing is in serious crisis

Infrastructure, technology and resource shortages are among the biggest challenges facing Western Cape police stations, according to the provincial Department of Police Oversight and Community Safety's Police Census Project for 2023-’24.

The investigation found 151 stations facing resource deficiencies across the province, including Cloetesville, Klapmuts and Paarl. Klapmuts, a rapidly growing area, operates with only two visible-policing vehicles and six detectives from what is described as “outdated former railway houses”. The station serves a vast area including farms, with local residents calling for a new, more central location.

The census revealed widespread system-

ic problems: 69 stations with poor network connectivity, 121 with slow systems, particularly the Integrated Case Docket Management System, 84 needing additional office space, 81 with insufficient storage for evidence, 103 lacking archive capacity and 125 with no dedicated strongroom for detective services.

Cloetesville has one police officer for every 1 146 residents although station commander Lt-Col Monique Fortuin said there were seven new officers, and the Anti-gang Unit and Public Order Police Unit worked together to combat crime.

DA spokesperson Benedicta van Minnen called for a comprehensive provincial audit to identify gaps and allocate resources.

Siviwe Kiva (42). Photo: Misheck Makora/Daily Sun
T&C's

Sementstof kwel inwoners

Inwoners wat naby die Portland Readymix-sementaanleg in De Zoete Inval in die Paarl woon, het die Drakenstein-munisipaliteit (DM) amptelik versoek om ondersoek in te stel na wat hulle beskryf as volgehoue sementstof, oormatige geraas en moontlike gesondheidsimpakte wat met die aanleg se bedrywighede verband hou.

Ian Visser is een van die besorgde inwoners van die Oude Chardonnay-woonkompleks, wat in die onmiddellike omgewing van Portland Readymix geleë is, en wat hul kommer uitgespreek het.

Volgens Visser bly hy reeds ses jaar in die kompleks en vertel dat klagtes oor Portland Readymix gereeld opduik waarna hy en 47 ander inwoners besluit het om ’n skrywe aan die munisipaliteit te rig.

Die klagtes word deur ’n inwonersopname, fotografiese bewyse en ’n mediese verslag ondersteun en is op 1 Junie by die DM ingedien.

Volgens die dokument meld inwoners vir ’n geruime tyd stof op hul huise, voertuie en tuine aan, terwyl hulle ook gereeld blootgestel word aan geraas van masjinerie, vragmotors en ander aktiwiteite by die aanleg.

Die dokument voer aan dat hierdie toestande inwoners se lewensgehalte en

hul vermoë om hul eiendomme ten volle te geniet aansienlik benadeel.

Om hul bekommernisse te staaf, het inwoners van 27 tot 29 Mei ’n opname gedoen waaraan 48 mense wat in die kompleks woon, deelgeneem het.

Die opname het bevind dat 100% van die respondente aangedui het dat hul stof op hul eiendomme kry, terwyl 77% gesê het dat hulle gereeld en op ’n daaglikse basis die ophoping van stof op hul erwe ervaar.

BLOOTSTELLING OOR LANGTERMYN

Geraasbesoedeling was nog ’n groot bron van kommer.

Volgens die opname het 98% van die respondente aangedui dat hulle deur geraas geraak word, terwyl driekwart gesê het dat die geraas gereeld voorkom.

Inwoners het masjinerie, vragmotors en agtergrondgeraas van die aanleg as die hoofbronne van die versteuring geïdentifiseer.

Byna al die respondente het ook aangedui dat hulle aktiwiteite buite wat hulle as normale werksure beskou, waargeneem het.

Die dokument lug verder uit dat inwoners fotografiese en video-bewyse versamel het wat stofvrystellings en bedrywighede ná werksure dokumenteer.

’n Beduidende gedeelte van die voorlegging fokus op gesondheidskwessies wat inwoners glo verband kan hou met langter-

mynblootstelling aan sementstof.

Volgens die opname het 44% van die respondente asemhalings- of sinusverwante simptome aangemeld wat hulle glo met stofblootstelling verband hou.

Sommige inwoners het ook aangedui dat hul kinders herhalende asemhalingsinfeksies, neusirritasie en sinusverwante siektes ervaar het.

Die dokument meld verder dat die stofblootstelling nie tot buite hul wonings beperk is nie, met inwoners wat beweer dat stof hul huise binnedring en op meubels, beddegoed en klere gaan lê.

As ondersteunende dokumentasie het inwoners ook ’n mediese verslag by die voorlegging ingesluit, wat volgens hulle kommer oor sementverwante blootstelling uitlig.

MUNISIPALE VERANTWOORDELIKHEID

Die voorlegging voer aan dat die munisipaliteit ’n verantwoordelikheid het om toe te sien dat nywerheidsaktiwiteite nie ’n oorlas skep of omliggende residensiële gemeenskappe nadelig beïnvloed nie.

Inwoners versoek dat die munisipaliteit ’n amptelike nakomingsinspeksie uitvoer, sonering en grondgebruikgoedkeurings verifieer, stofonderdrukkingstelsels evalueer en ondersoek instel of die aanleg binne sy goedgekeurde bedryfsure funksioneer.

Hulle vra ook vir onafhanklike lugge-

Inwoners beweer dat Portland Readymix buite werksure bedrywighede voortsit en dat dié aanleg sementstof vrystel wat nadelig vir die omliggende gemeenskap is. ’n Wolk sementstof is dikwels agter wonings sigbaar. Foto: Verskaf

haltemonitering, asook stof- en geraasimpakstudies.

Seraj Johaar, die DM se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste “bevestig ontvangs van die formele klagte en die gepaardgaande dokumentasie wat deur inwoners rakende die Portland Readymix-fasiliteit ingedien is”.

“Die DM bestudeer tans die inhoud van die voorlegging, asook die verskillende tegniese aspekte wat daarin geopper word. Die aangeleentheid word intern ondersoek, en ’n volledige en omvattende reaksie sal mettertyd verskaf word sodra alle betrokke departemente hul ondersoeke afgehandel het,” het Johaar gese. Paarl Post het uitgereik na Portland Readymix, maar geen kommentaar ontvang nie.

‘Wyle Portchie het talle mense deur sy kuns geraak’

Die Stellenbosse kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, alombekend as “Portchie”, is die afgelope Vrydagoggend (12 Junie) in die ouderdom van 62 oorlede.

Die nuus van sy afsterwe is op die gewilde kunstenaar se Facebookblad gedeel.

“Dis met diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel,” lui die inskywing.

“Hy het ontelbare lewens aangeraak deur sy geloof, sy kuns, sy vriendelikheid, sy wysheid, en sy onwrikbare passie vir die lewe. Sy nalatenskap sal voortleef in die harte van almal wat hom geken het en in die skoonheid wat hy na die wêreld gebring het.”

Die inskrywing deel ook ’n aanhaling van Portchie: “Fietsry is soos die lewe – hoe harder jy trap, hoe meer kry jy daaruit.”

Geen verdere besonderhede oor die oorsaak van sy dood is bekendgemaak nie.

“Ons sal hom verskriklik mis, maar sy gees, inspirasie en vreugde sal ons ewig bybly. Rus in vrede, ons liewe broer en

vriend, Portchie.”

Die Stellenbosch-munisipaliteit het in ’n verklaring namens die burgemeester, munisipale raad en administrasie sy medelye aan Portchie se familie, vriende, kollegas en almal wie se lewens hy deur sy kuns en vriendskap geraak het, betuig.

“Portchie was ’n groter-as-die-lewefiguur wie se kleurvolle, lewendige en vreugdevolle kuns sinoniem geword het met die Stellenbosch-kunswêreld en hom erkenning oor Suid-Afrika en oor die wêreld heen besorg het,” lui die verklaring.

“Deur sy kreatiwiteit, passie en unieke gees het hy tallose lewens aangeraak en ’n onuitwisbare indruk op ons gemeenskappe gelaat.”

Die Stellenbosse burgemeester, Jeremy Fasser, het bygevoeg: “Benewens sy artistieke talent, was Portchie bekend vir die warmte, energie en positiwiteit wat hy aan almal rondom hom gebring het. Sy bydrae tot die kulturele struktuur van Stellenbosch sal vir jare onthou word.”

Eikestadnuus, susterskoerant van

Paarl Post, het oor die jare heen verskeie kere oor Portchie en sy werk verslag gedoen.

Met sy 60ste verjaardag in 2023 het hy dié mylpaal gevier met die grootste kunsuitstalling in die Stellenbosch-stadsaal nog. Dié uitstalling was getitled Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square en het talle besoekers na die stadsaal en die dorp gelok.

JOEY GERMISHUIZEN gebore 12 Junie 1951 – oorlede 13 Junie 2026

Die troosdiens vind plaas op 20 Junie 2026 by Huis Silwerkruin Wellington om 11:00. 'n Livestream-skakel sal beskikbaar wees vir familie en vriende wat nie die diens kan bywoon nie.

Met dankbaarheid vir 'n kosbare lewe deel ons die afsterwe van Kontak asseblief Paul Germishuizen 082 568 9225 vir reelings.

Let wel: Die venue kan slegs 60 mense akkommodeer.

NM10062598-PL180626

Jan Hendrik Viljoen, oftewel ‘Portchie’, is Vrydagoggend (12 Junie) oorlede. Foto: Francois Lombard

Paarl Post

The now generation is clued up

Today's young people navigate a world their predecessors could scarcely imagine. Armed with smartphones and endless information streams, they possess a confidence and awareness that sets them apart from previous generations. They create opportunities through digital platforms, launch businesses from bedrooms, and mobilise movements with hashtags. This generation is undeniably clued up. They understand global issues, challenge outdated systems, and demand accountability from leaders. Technology has granted them tools to shape their futures in unprecedented ways.

Yet this connectivity comes at a cost. The pressure to perform, to curate perfect online personas, and to absorb constant information creates anxiety that earlier generations never experienced. Childhood innocence compresses into shorter windows as young people encounter adult content and concerns far earlier than their parents. The same algorithms that offer opportunity can trap them in echo chambers. The platforms that connect them worldwide can isolate them from those across the dinner table. As we mark Youth Month, we must acknowledge both sides of this digital coin. Today's youth are remarkable in their capability and awareness, but they deserve support in managing pressures that come with being perpetually switched on in an increasingly complex world.

Pitkos

Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd. - Spreuke 14:16

Woord van die week

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings. Wil

jy ’n woord in die WAT, of selfs een wat nog nie in die WAT is nie, koop of borg?

Dit is ook ’n geskikte geskenk. Besoek die WAT by www.wat.co.za vir inligting.

Publisher Justin Cupido justin.cupido@novusmedia.co.za

Advertising Manager Justin Cupido justin.cupido@novusmedia.co.za

Editor Maryke Swart maryke.swart@novusmedia.co.za

Journalists Chantelle Hartebeest chantelle.hartebeest@novusmedia.co.za

Jana Scheepers jana.scheepers@novusmedia.co.za

All Hours 066 484 3728

No editorial material or advertisement may be reproduced without the permission of the owner, according to the article 12 (7) of the Copyright Act of 1978.

OMBUDSMAN

on khanyim@ombudsman.org.

www.presscouncil.org.za

Contact Paarl Post’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Paarl Post may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za

If contact is made telephonically please do it via Whatsapp to: 083 543 2471

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Paarl Pos aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za. Indien kontak telefonies gemaak word, gebruik asseblief Whatsapp by: 083 543 2471

NUUS UIT ANDER STREKE

Meegevoel met Laerskool Kathu wyd betuig; oorsaak van botsing nog ondersoek: Huldeblyke stroom van oor die land heen in ná die busongeluk waarin ’n geliefde juffrou van die Laerskool Kathu Saterdagoggend dood is. Verskeie van haar kollegas is ernstig beseer.

Ilze Posthumus (30), ’n gr. 4-onderwyser aan dié skool, het aan haar beserings beswyk nadat die skool se bus teen ’n vragmotor gebots het. – NoordKaap Bulletin

Property employee jailed for R5 552 000 fraud in Cape Town: A 38-year-old Cape Town man has been sentenced to 10 years imprisonment for fraud, of which two years were suspended for a period of five years, meaning he will serve an effective eight years behind bars, the Hawks said this week.

Riaan Theunissen was sentenced on Tuesday 9 June by the Cape Town Regional Court after being convicted on 473 counts of fraud totalling R5 552 000, which he misappropriated from his employer, Just Properties in Table View. – Tygerburger

A final act of bravery: SAPS K9 Floppy dies in police operation: The search for SAPS K9 member Floppy has ended in tragedy, after police confirmed the patrol dog died in the line of duty.

His body was recovered this afternoon (15 June), in dense bush, during an extensive search operation.

Floppy went missing last week after a coordinated operation in the Eastern Cape, where he was sent in to track armed robbery suspects. – PE Express Stellenbosch se geliefde en unieke ‘Portchie’ sterf: Die Stellenbosse kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, alombekend as “Portchie”, is Vrydagoggend (12 Junie) in die ouderdom van 62 oorlede.

Die nuus van sy afsterwe is op die gewilde kunstenaar se Facebookblad gedeel. – Eikestadnuus

Ouboet kuier by Ernst (5) ná ongeluk waarin hy sy been verloor: Dit gaan sommer baie goed met klein Ernst Groenewald (5) wat sy been onlangs in ’n grusame ongeluk op ’n plaas naby Bultfontein verloor het.

Ernst se ma, Liza, sê haar jongste is Sondag uit die intensiewesorgeenheid in die Mediclinic Bloemfontein na die pediatriese saal oorgeplaas.

Die gesin het ook Sondag ’n spesiale oomblik beleef toe Ernst se ouboet, Johan, sy boetie vir die eerste keer sedert die ongeluk weer gesien het. – BloemNews Express

Besoek novanews.co.za vir die volledige berigte en nog gratis nuus.

PAARL POST IS A PUBLICATION OF NOVANEWS.CO.ZA

Ode aan die deugde van vaders in ons wêreld

Vadersdag word dikwels gevier met ’n braai, grappies en foto’s van glimlaggende families. Onder al daardie bolangse gevier lê die emosionele druk wat mans in stilte dra.

Daar is pa’s wat kinders alleen grootmaak, en daar is pa’s wat ingetree het toe ander pa’s uitgetree het. Die oupas, die ooms, die geestelike leiers. Mans wat lang ure werk terwyl hulle ook maar vrese saamdra. Die mans wat nooit genoeg hoor: “Ek is trots op jou” nie. Mans wat aangaan selfs al voel dit onmoontlik. Moderne beskouings het begin verstaan wat die ouer bestel geïgnoreer het. Mans is nie emosielose wesens wat alles net moet verduur totdat hulle uiteindelik ingee nie. Mans is mense met ’n senuweestelsel, wonde, teerheid, verlange, smart en harte wat ook koestering soek. Vir baie geslagte is mans geleer dat manlikheid beteken hulle mag nie emosie toon nie. Hulle moet sterk en bruikbaar wees. Hulle moet kan voorsien en beskerm en opdaag. En as jy wil breek, doen dit privaat.

Dit is egter so dat wanneer iemand sterk moet wees en daar is geen verbintenis met ’n ander mens nie, word dit eensaamheid. Die samelewing van vandag beloon mans slegs vir wat hulle doen en nie vir wie hulle is nie. Kahlil Gibran het geskryf: “Work is love made visible.” En dit is presies hoe mans

liefgehad het. Deur hard te werk. Meestal was ’n man se liefde weggesteek in verantwoordelikheid. Tog leer die moderne tyd dat mans ook na emosionele veiligheid smag. ’n Plek waar hulle nie altyd die rots hoef te wees nie. ’n Plek waar hulle kan erken, sonder skaamte: “Ek sukkel.”

“Hoekom vra niemand hoe dit met my gaan te midde van al die rolle wat ek vertolk nie?” Hierdie is ’n ongeuiterde vraag op mans se lippe. Die wêreld van vandag eis baie van mans. Wees emosioneel bereikbaar maar ook nie te buigsaam nie. Wees suksesvol, maar wees teenwoordig tuis. Wees sensitief maar ook selfversekerd. Lei, maar moenie oorheers nie. Voorsien, maar

moenie laat jou werk jou oorheers nie. Genees jou wonde, reguleer jou emosies, kommunikeer perfek, bly finansieel sterk. Baie mans is uitgeput om te probeer om alles vir almal te wees. Die mees betekenisvolle ding om vir Vadersdag te doen, is om nie meer druk te plaas nie, maar om opreg dankbaar te wees. Dankie dat jy maar gebly het toe die maklikste ding sou wees om te gaan. Dankie dat laste gedra is wat niemand eens agtergekom het nie. Dankie dat jy probeer, selfs al het jy nie eens die taal en woorde om jou eie pyn te verwerk nie. Dankie vir die aanbiedinge van liefde waaroor die geskiedenis nooit skryf nie. Baiekeer word vaderskap in die gewone oomblikke ’n werklikheid: ’n Hand op die skouer, ’n flou grappie by die etenstafel, ritte in die verkeer op pad huis toe, vertonings by die skool wat deur moeë pa’s bygewoon word. Lesse oor hoe om vis te vang, te bid, om ’n motor te bestuur, dinge reg te maak, hoe om te oorleef, hoe om om verskoning te vra, en hoe om weer op te staan ná ’n mislukking. Hierdie dinge maak saak.

Dis hoekom mans broederskap nodig het. Emosionele eerlikheid, doelwitte, rus, toenadering, betekenis en plekke waar hulle net mens kan wees. Robert Bly het waargeneem dat mans grootgemaak word sonder diep emosionele inleiding. Hulle word meesters in hoe om te funksioneer, maar weet nie hoe om te behoort nie. Pa’s hoef nie liefde te verdien deur produktief te wees nie. Jy hoef nie alle laste alleen te dra nie. Jy hoef nie emosioneel onbereikbaar te wees om gerespekteer te word nie. Jy moet dapper wees om te kan voorsien. Maar daar is ook dapperheid in teerheid.

Die dapperheid lê daarin om jou familie te beskerm. Daar is egter ook dapperheid daarin om te kan sê: “Ek het ook hulp nodig.” Soms is die sterkste man die een wat die meeste liefde nodig het. Soms is dit die mans wat die minste sê, dié wat die swaarste dra. Mans het ook ’n behoefte aan waardering, respek, sagtheid en ’n plek om uit te asem. Laat ons hierdie geleentheid gebruik om ons pa’s te herinner dat hulle meer is as voorsieners. Meer as beskermers, meer is as hul resultate. Mag vaders leer dat om liefde te ontvang nie swakheid is nie. Om te rus beteken nie hulle het in gebreke gebly nie. Om te besef manlikheid en kwesbaarheid is nie teenoorgesteldes nie. Die dieper waarheid is ook dat vaders se waarde nie daarin lê

POST SCRIPTUM - Amanda Zulch

Willis vir omgee, deernis onthou

Die Wellington-gemeenskap en die breër perdewêreld treur oor die afsterwe van Lindsay Willis (61), die stigter van die Hope Equestrian and Rehabilitation Centre, wat voorverlede Donderdag (4 Junie) aan natuurlike oorsake oorlede is.

Willis het haar lewe daaraan gewy om kwesbare mense en verwaarloosde perde te help, en haar nalatenskap leef voort in die talle lewens wat sy aangeraak het. Huldeblyke het van oral ingestroom ná die nuus van haar afsterwe, met vriende, ondersteuners en lede van die perdegemeenskap wat haar onthou as ’n vrou met ’n groot hart en ’n onwrikbare passie om ander te dien.

Volgens haar dogter, Shireen Willis, het Lindsay sedert 2021 op ’n plaas in die Malanstasie-gebied buite Wellington gewoon, waar sy tot haar dood na 14 perde omgesien het.

Haar betrokkenheid by die gemeenskap het veel verder gestrek as die versorging van diere. Sy het gereeld minderjariges uit moeilike omstandighede en volwassenes in rehabilitasiesentrums verwelkom en hulle blootgestel aan die terapeutiese waarde en sagte geaardheid van perde.

Shireen vertel dat haar ma aanvanklik vir sowat ses jaar by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Grassy Park betrokke was, waar sy onder meer met perde gewerk het.

Tydens die Covid-19-pandemie het sy die geleentheid gekry om na Wellington te verhuis en haar eie organisasie, die Hope Equestrian and Rehabilitation Centre, te stig.

“Selfs in tye wanneer sy self baie min

AANKONDIGING:

gehad het, het sy steeds maniere gevind om ander te help,” sê Shireen.

Volgens haar was daar by tye meer as 20 kinders wat by haar ma ondersteuning, leiding en omgee ontvang het.

Lindsay laat drie dogters, ’n stiefseun, ’n stiefdogter en nege kleinkinders agter.

’n Gedenkdiens is die afgelope Saterdag (13 Junie) gehou waar familie, vriende en ondersteuners afskeid van haar geneem het.

Shireen sê die Hope Equestrian and Rehabilitation Centre ontvang geen staatsfinansiering nie en word nou deur Lindsay se kinders, wat elk twee werke verrig, asook deur donasies uit die publiek ondersteun.

Ondanks haar afsterwe sal die organisasie voortgaan om sy werk te doen.

Miguel woeker vir sy afskeid

Jana Scheepers

Terwyl baie matrikulante die dae aftel tot hul matriekafskeid, het die 18-jarige Miguel Hendricks, ’n matriekleerlder by die Bergrivier Sekondêre Skool, die afgelope maande hard gewerk om sy eie geld vir dié spesiale geleentheid bymekaar te maak.

Met vasberadenheid, ’n positiewe gesindheid en houers druiwe het Miguel sedert Februarie vanjaar vrugte verkoop om sy droom van ’n onvergeetlike matriekafskeid te verwesenlik.

Vir Miguel is die matriekafskeid meer as net ’n aand van deftige klere, foto’s en vieringe. Dit verteenwoordig die hoogtepunt van jare se harde werk op skool en ’n mylpaal wat hy graag wil beleef sonder om verdere finansiële druk op sy familie te plaas.

“Dit het my geleer en gewys dat jy kan as jy wil – maak nie saak hoe dit mag wees of dalk mag lyk nie, maar dat jy kan,” antwoord hy op die vraag oor wat hierdie projek hom geleer het.

Miguel is die jongste van vier kinders van die enkelma Kollana Hendricks, wat op ’n plaas werk om haar gesin te onderhou.

In plaas daarvan om toe te laat dat sy ma alleen die uitgawes van sy matriekafskeid dra, het Miguel besluit om self verantwoordelikheid te neem.

Hy het ’n plaaslike druiweverpakkingsmaatskappy genader en verduidelik dat hy vrugte wou verkoop om geld in te samel.

Die onderneming het hom daarna gehelp deur druiwe teen ’n bekostigbare prys aan hom beskikbaar te stel.

Miguel woon saam met sy gesin op ’n plaas sowat 40 minute buite Wellington in die rigting van Malmesbury.

Hoewel die lewe op die plaas soms uitdagend is, is dit die enigste tuiste wat hy nog ooit geken het. “Ek is van Wellington en het hier grootgeword,” vertel hy.

Hy het aanvanklik besluit om druiwe te verkoop omdat dit druiweseisoen was en het elke dag ná skool en gedurende sy beskikbare tyd die druiwe verkoop.

“Ek het die druiwe op die skool en in die [Wellington]-omgewing verkoop,” sê hy.

Volgens Miguel het hy daagliks verkope gedoen en die geld versigtig bestuur, maar hy kan nie met sekerheid sê hoeveel geld hy al in totaal verdien het nie.

“Ek kan nie sê hoeveel in totaal nie, want ek het van die geld tussendeur gebruik,” verduidelik hy.

’n Deel van die geld is gebruik vir sy matriekafskeid-uitgawes, terwyl hy ook tot skoolfooie en huishoudelike uitgawes bygedra het.

Met die einde van die druiweseisoen het sy verkope egter tot stilstand gekom. “Ek verkoop tans niks op die oomblik nie omdat die druiwe buite seisoen is,” sê hy.

Miguel se verhaal het wyd aanklank gevind en talle mense in die gemeenskap geïnspireer.

Volgens hom was die reaksie van familie en vriende oorweldigend positief. “Hulle was almal geskok, maar ook gelukkig, en het my altyd bygestaan,” sê hy.

Terwyl sy fokus tans op sy matriekjaar en studies val, droom hy reeds oor sy toekoms ná skool.

“My droom is om ’n elektrisiën te wees wanneer ek klaar is met skool,” sê hy.

“Vandag se matrikulante het veral aanpasbaarheid, kritiese denke, emosionele intelligensie en ’n sterk waardefondament nodig om sukses te behaal. Die wêreld verander vinnig en dit verg meer as net akademiese kennis – dit vereis leierskap, aanpasbaarheid en die vermoë om sinvolle besluite te neem.”

So sê Thinus de Vries van Forvis Mazars, ’n jare lange borg en die amptelike ouditeurs van die Matrikulant van die Jaar­kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Novus Media.

Hy is van mening die kompetisie help om hierdie vaardighede te ontwikkel deur jong mense uit te daag om hul prestasies te verwoord, hul waardes te weerspieël en hul rol in die gemeenskap te verstaan. “Dit skep selfbewustheid, bou selfvertroue en stel hulle bloot aan ’n hoër standaard denke en optrede, wat van waarde is lank nadat matriek verby is.”

Twee van verlede jaar se finaliste, Marné Koen en Amoné Verwey, stem saam deelname aan die eindronde het hul selfbeeld en selfvertroue ’n hupstoot gegee. Verwey sê sy het geleer om tydens die onderhoude op haar voete te dink.

“Die onderhoude het my gehelp om my gedagtes duidelik en met selfvertroue te verwoord. Dit het my uit my gemaksone geneem en my laat besef ek het baie meer potensiaal as wat ek gedink het,” sê Koen. “Forvis Mazars se betrokkenheid skakel direk met ons kernwaardes van uitnemendheid, integriteit en

mensgerigte ontwikkeling. Ons glo in die krag van onderwys en leierskap as drywers van volhoubare groei en hierdie inisiatief gee erkenning aan jong mense wat nie net akademies of in sport presteer nie, maar ook karakter en gemeenskapsbetrokkenheid toon. Ons langtermynbetrokkenheid weerspieël ’n opregte verbintenis tot die ontwikkeling van toekomstige leiers,” sê De Vries.

Hierdie soort inisiatiewe is belangrik omdat dit jong mense help om hul potensiaal raak te sien en met

selfvertroue na die volgende fase van hul lewe te beweeg, sê hy. “In ’n uitdagende omgewing is positiewe erkenning, mentorskap en rolmodelle kragtige drywers van hoop, motivering en leierskap. Sulke platforms wys aan jongmense dat harde werk, waardes en betrokkenheid werklik raakgesien en beloon word.”

Die maatskappy hoop sy borgskap gee nie net erkenning aan die finaliste nie, maar ook selfvertroue en breër blootstelling op ’n kernoomblik in hul lewe. “Die ervaring en ondersteuning wat hulle hier kry,

kan hulle help om ingeligte besluite oor hul studies en loopbane te neem en om met groter geloof in hul eie vermoë die toekoms aan te pak. Uiteindelik hoop ons dit plant ’n saad van ambisie, verantwoordelikheid en lewenslange strewe na uitnemendheid.”

Koen, wat aan die Hoërskool Die Brandwag in Uitenhage matrikuleer het, en Verwey, ’n produk van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, is dit eens dat hulle waardevolle vriendskappe in die eindronde gesluit het.

“Hierdie vriendskappe het my lewe merkbaar verryk en makliker gemaak, aangesien ek nou ’n sterk ondersteuningsnetwerk het van mense wat my motiveer, eerlike raad gee en my aanmoedig om aan te hou groei,” sê Koen.

Verwey vertel hoe hulle tydens die eindronde saam kon lag en mekaar ondersteun het. “Ek kon met ’n geruste hart my nuwe lewenshoofstuk binnestap met die wete dat ek vriende het op wie ek kan staatmaak en by wie ek raad kan vra.”

Dié twee studente in rekeningkunde sê vanjaar se finaliste moet net hulself wees en die proses geniet. “Moenie probeer wees wat jy dink ander van jou verwag nie. Glo in jou eie vermoë. Moenie bang wees om foute te maak nie en sien dit eerder as waardevolle geleenthede om te leer en te ontwikkel,” is Koen se raad.

“Vanjaar se deelnemers moet net hulself wees, die proses geniet en meer van hulself leer. Ek sou hulle aanmoedig om sterk te staan in hul waardes wanneer hulle die onder­

houdvrae beantwoord,” voeg Verwey by.

Skryf só in Matrikulante van oor die land heen en wat in leierskap, akademie, kultuur en sport uitblink en in 2027 aan die Universiteit van die Vrystaat wil studeer, kan hulle vir die kompetisie inskryf.

Beurse, prysgeld en geskenke van sowat R500 000 is op die spel vir die top­25, danksy die borge die Kovsie­Alumnitrust, Forvis Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk. Leerders kan hulself inskryf of deur hul skole benoem word. Altesaam 25 semifinaliste word gekies, waarna 14 finaliste van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein aan die eindronde sal deelneem.

Skandeer die QR­kode, laai die inskryfvorm af, voltooi dit en stuur dit teen 31 Julie aan Linda Greyling by greylinl@ufs.ac.za.

Siska Martin
Thinus de Vries van Forvis Mazars saam met Marné Koen (links) en Amoné Verwey. FOTO: Charl Devenish
Miguel Hendricks (18). Foto: Lisalee Solomons
Lindsay Willis, perdeliefhebber, is onlangs oorlede.

Skryf nou in vir ‘Kokkedoor’

Jy kan jou nou inskryf om deel te neem aan Kokkedoor – een van Suid-Afrika se gewildste koswerklikheidsreekse. Sedert 11 April 2013 inspireer Kokkedoor kykers om sommer self agter die potte en voor die vlamme in te skuif, en nou kan deelnemers wat hul kookvernuf wil wys hulle vir die volgende reeks inskryf.

Die oorspronklike formaat het sedertdien ’n paar kinkels en ontrimpelings ondergaan, maar die gees van die reeks het dieselfde gebly, en die program het net al hoe gewilder geraak.

Hierdie seisoen keer Kokkedoor weer terug na die oorspronklike formaat, maar nie sonder onverwagte kinkels in die kabel nie.

Kokkedoor: Klassiek gaan inspireer met tydlose kookkuns, en deelnemers tot die uiterste in die kombuis beproef.

Die vuurwarm soektog na hierdie seisoen se tien onthoukokke en tien kinkelkokke begin nou.

PRYSGELD

Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe adres soek.

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN ONTHOU- EN KINKELKOKKE?

Onthoukokke is diegene wat ’n onblusbare fakkel vir onthoukos dra. Selfs al beskik jy oor ’n huishoudkunde-graad of het ervaring in ’n braairestaurant opgedoen, kan jy vir hierdie kategorie inskryf. Geen formele opleiding of professionele ervaring word vereis nie, solank jy kennis van en ’n passie vir onthoukos het – soos ma en ouma dit gemaak het. Kinkelkokke moet ’n kwalifikasie as sjef hê of oor professionele kombuis-ervaring (uitgesluit koffiekroeg-ervaring) en uitstekende tegniese vaardighede beskik. ’n Kinkelkok hoef nie tradisie te verwerp en alles wat byderwets is te omhels nie, maar die vermoë om kreatief te herskep is van deurslaggewende belang.

SPANWERK

Dagboek/Diary

Stuur jou dagboekinskrywings na paarlpost@ novusmedia.co.za teen Maandae om 12:00 | Send your diary entries to paarlpost@novusmedia.co.za before Monday at 12:00.

SATURDAY 20 JUNE

Join the first LGBT Market Day at the Vow Event Venue in Paarl (R44 Road, Paarl). June is international LGBT pride month. Enjoy delicious food, locally-made products, music, drinks and Glühwein. Meet members of the LGBT business community and support LGBT owned businesses. Free entry and parking. For more information email info@villagedrinks.co.za

Die groepuitstalling “oos wes tuis bes”, saamgestel deur Anne-Ghrett Erasmus Coetzee en tans by die Breytenbach-galery te sien, word op Saterdag 20 Junie aangevul deur ’n gesprek oor die lewe en werk van een van Wellington se belangrikste skrywers, Adam Small. Prof. Michael le Cordeur en prof. Steward van Wyk sal in gesprek tree oor Small se lewe, sy literêre nalatenskap en sy blywende invloed op die Afrikaanse letterkunde. Die gesprek bied ook ’n geleentheid om

Die ma-en-seun-span, Hanna en Dirk van der Westhuizen, wat Kokkedoor: Son & See in Januarie gewen het.

Elke span bestaan uit ’n kok vanuit een van hierdie kategorieë. Die beoordelaars let op hoe goed en naatloos spanne met uiteenlopende vaardighede hul koppe (én disse) bymekaar kan sit. Soms sal daar ook spanmaats geruil word. Spanwerk bly deurentyd een van die belangrikste aspekte.

WAT OM TE WEET AS JY WIL INSKRYF

Jy moet: Minstens 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie; ’n Suid-Afrikaanse of Namibiese burger wees met ’n geldige ID; Jy kan nie as deel van ’n span inskryf nie.

KAN EK INSKRYF, SELFS AL HET EK KOOKKURSUSSE GEDOEN?

Absoluut. Tradisionele kokke én ervare, kreatiewe sjefs word gekies om aan Kokkedoor: Klassiek deel te neem.

WAAR WORD DIE OUDISIES GEHOU?

Oudisies sal in Kaapstad gehou word gedurende die week van 21 tot 23 Julie.

HOE OM IN TE SKRYF:

Kry die inskrywingsvorm by kyknet.tv of stuur e-pos aan navrae@kokkedoor.tv en ’n inskrywingsvorm sal aan jou gestuur word. Stuur dan die voltooide inskrywingsvorm met jou antwoorde en foto per e-pos terug. Enige verdere vrae kan ook aan navrae@kokkedoor.tv gerig word. Inskrywings sluit middernag, 12 Julie.

te besin oor die verhouding tussen Adam Small, Jakes Gerwel en Breyten Breytenbach – drie figure wat elkeen op hul eie manier die gesprek oor taal, identiteit, geregtigheid en menswaardigheid in Suid-Afrika help vorm het.

Die gesprek begin om 11:00 by die Breytenbachgalery.

Besoekers word ook genooi om die uitstalling “oos wes tuis bes” te besigtig.

Bespreking is noodsaaklik by galery@breytenbachsentrum.co.za of via WhatsApp by 083 415 0002.

SATERDAG 4 JULIE

Karin Hougaard, Anna Davel, Ilse Klink, Andriëtte Norman, Stephanie Baartman en Gracia Louw is van die vrouestemme wat die verhoog vir die ATKV-Crescendo Goud: Divas in Afrikaans by die Daisy Jones-teater op die Summerhill-landgoed in Stellenbosch bestyg. Die gehoor kan ’n vertoning verwag wat met die hart praat – musiek wat eg, oorspronklik en onmiskenbaar Afrikaans is. ATKV-Crescendo Goud: Divas in Afrikaans is ’n terugflits, ’n dankbetuiging en ’n viering van die vroue wat Afrikaanse musiek met siel, storie en oorspronklikheid verryk het. Die vertoning begin om 17:30 vir 19:00. Kaartjies teen R200 is deur Quicket beskikbaar.

Zomerlust and SMEUL open again

One of Paarl's most recognisable heritage landmarks has entered a new chapter with the reopening of Zomerlust Boutique Hotel following an extensive restoration project, while acclaimed local chef Kevin Grobler has returned to his hometown to launch the hotel’s new signature dining destination, SMEUL Restaurant.

Situated on Main Road in Hoog-enDroog, the historic property, which dates back to 1792, has undergone a comprehensive refurbishment aimed at restoring its status as one of the town's premier hospitality destinations. What is so significant is that materials from multiple local businesses were used in the restoration.

The reimagined boutique hotel now offers 15 luxury rooms and suites, each individually designed by interior designer Misi Overturf, whose work draws inspiration from the Boland landscape and the building’s rich architectural heritage.

The restoration has carefully preserved many of the property's original features, including Arts and Crafts-era details such as lead-pane windows, intricate woodwork and historic tiles. Four of the hotel's suites are housed in Die Stalle, the property's original stables dating back to the late 1700s.

Owners Wikus Lategan and Wayne Williams, co-founders of Ion Holdings, said the project evolved into far more than a commercial development.

"We had some initial thoughts about what to do with the property, but inevitably the spirit of this incredible Paarl icon moved us," said Lategan.

"She deserved to be brought back to life, and it is wonderful to see the months of extensive discussions and decisions between ourselves and Misi come to fruition, underpinned by the kind of service and details we would have included in our dream hotel. Turns out our ideal hotel is our own hotel."

"We are very much owner-run and with our intention to offer a standard of hotel that is among the very best in South Africa, this will remain the case," he said.

A major feature of the relaunch is

the public.

OPEN FLAMES

The restaurant marks a homecoming for Grobler, a Paarl native whose career has included senior positions at Michelin-starred Restaurant JAN in France, Delaire Graff Estate and, most recently, SCAPE, where he earned an Eat Out One Star Award in 2025.

SMEUL's concept centres around cooking exclusively over open flames and wood-fired stoves, a deliberate nod to how food would have been prepared on the property more than two centuries ago.

"I've cooked on everything, and I keep coming back to fire," said Grobler.

"It demands your full attention. When you cook over flame, you are reading and balancing heat, smoke, and timing all at once.

“There is nothing between you and the ingredients, and that intimacy is exactly where I want to be."

The restaurant occupies what is believed to be the oldest surviving section of the building, where original clay brickwork and historical architectural elements have been left exposed as part of the restoration.

Williams said partnering with Grobler was a natural fit for the project.

"Collaborating with a culinary expert of Kevin's calibre was a natural extension of our deep-rooted passion for food, and from our very first meeting, our intentions aligned," he said.

Beyond the hotel and restaurant, significant attention was also given to restoring Zomerlust's established gardens, which feature several heritage trees, including a Cape chestnut, magnolia and coral tree.

For generations, Zomerlust has been a gathering place for Paarl residents and visitors alike. With its restoration now complete, the owners hope the historic landmark will once again become a destination where the town's heritage, hospitality and culinary excellence meet under one roof.

SMEUL Restaurant, located in the original cellar spaces of the historic building and open to both hotel guests and
Chef Kevin Grobler explaining some of the dishes to customers at SMEUL. Photos: Chantélle Hartebeest
An example of the lovely food served at SMEUL.

Learners, enter the Gray Challenge

High-school learners from across Southern Africa can now enter the 10th birthday edition of the annual Allan Gray Entrepreneurship Challenge (AGEC).

The milestone year brings a bigger, bolder experience: more fun, more relevance and more of the action-packed activities that have shaped a decade of inspiring and sparking entrepreneurial spirit across the region.

“As the challenge celebrates its 10th year in 2026, it’s amazing to see how this competition continues to spark interest and ignite a passion for entrepreneurship in so many young people from all over Southern Africa,” says Charleen Duncan, head of public affairs and communications at the Allan Gray Orbis Foundation.

“We’re proud of the cultural movement the AGEC has spearheaded over the past decade and the way it is reshaping the entrepreneurial aspirations within Southern African youth.

“This competition’s mission is to get more young people interested in starting on their entrepreneurial journeys as early as possible in life, because entrepreneurship is transformative for young people, their communities, and their economies.”

The AGEC plays a unique role in Southern Africa by focusing on early-stage entrepreneurial exposure, targeting high-school learners and sparking curiosity through fun, gamified learning. Top learners get the opportunity to pitch their business ideas live at the AGEC Summit to turn business plans into real ventures.

‘Puss in Boots’ coming to the Baxter Theatre soon

Families looking for entertainment during the winter school holidays can expect plenty of laughter, music and theatrical magic when Puss in Boots is staged at the Pam Golding Theatre at The Baxter Theatre Centre from 26 June to 18 July.

The production, presented by KickstArt Theatre, marks the company’s return to Cape Town following the success of last year’s Jack and the Beanstalk . It is also the first time writer and director Steven Stead’s version of Puss in Boots will be staged in the city.

Set on a magical Caribbean island, the pantomime follows the adventures of a quick-witted feline hero as he navigates a world filled with colourful characters, lively songs and audience interaction.

The production aims to entertain children with slapstick comedy and spectacle while offering plenty of humour and local references for adults.

Stead said the company was excited to bring the show to Cape Town audiences after the warm reception received by Jack and the Beanstalk

“We are very proud of our family-oriented pantomimes, which are made with great love and much attention to detail.

These have been delighting Durban audiences for two decades, and we know they are the theatrical equivalent of a major sugar rush, but when the Cape Town audience for our Jack and the Beanstalk was so overwhelmingly positive we knew that we had to bring Puss in Boots down this year.

“It is a wild ride for an audience,

with huge laughs, gorgeous visuals and a totally original spin.”

The production, designed by Greg King, features a cast led by Rory Booth as the famous booted cat, alongside Belinda Henwood as the fairy Calypso Honeybunch and Bryan Hiles as the villainous Grimbsy Withergood.

They are joined by Kyran Brady Taylor, Blessing Xaba, Lyle Buxton, Roshanda Lewis, Mthokozisi Zulu and Grace MacIlroy.

King said introducing young audiences to live theatre remained one of the most rewarding aspects of the production.

“It was seeing pantomimes as a child that made me fall in love with the theatre at a young age,” he said.

“And it’s an enormous pleasure to be able to spread that infectious joy and love of live performance to new generations.”

First premiered in Durban in 2015, Puss in Boots has previously been staged at the Lyric Theatre and has enjoyed multiple runs in that city. Organisers describe the show as a feel-good theatre experience that brings people together and offers a memorable outing during the colder months.

Performances will take place from Monday to Saturday, with afternoon shows on Mondays, Tuesdays, Thursdays and Fridays, and two performances on Wednesdays and Saturdays.

Tickets cost R300 for adults and R250 for children and are available through Webtickets. The production runs for two hours and 15 minutes, including a 20-minute interval, and is not suitable for children younger than 3 years.

AGEC started as an online game to get students excited about business, and since inception, has grown into a full-on entrepreneurial movement. The game is open to learners from South Africa, Namibia, Botswana and Eswatini.

The competition features a highschool game based on a deep, scenario-based simulation that puts learners in the driver’s seat of real-world business decisions. Participants can pick from five different shop types to start their “retail empire”. It takes just 30 minutes to complete and it’s completely replayable. The game is free to play but requires 14 MB of data to play, online or downloaded for offline play. The game can be played year-round, although prizes can be earned only in the competition time frame.

No prior business, accounting or finance knowledge is required. Participants will learn everything they need to know by playing the game and participating in activities.

The competition includes hands-on tools for teachers, physical card games such as Startup Shuffle and real-life (IRL) pitching events.

Participants stand a chance to win exciting prizes, including cash and Allan Gray Unit Trusts. The final Business Pitch Challenge will reward the top three learners with incredible prizes, while the Allan Gray High School Game features a generous overall prize pool. Schools can also win a special prize for entering the most participants.

• For more information visit theentrepreneurshipchallenge.com.

Mbekweni sports fest a hit

Hundreds of young athletes descended on the Mbekweni Sports Grounds over the Youth Day weekend as the Isidingo Arts and Recreation Centre hosted its third annual sports festival from 13 to 16 June 2026.

The four-day event saw competitors battle it out across soccer, netball, rugby and volleyball, with the latter making its debut at the festival. Beyond the sports fields, it offered a Youth Day Career Exhibition, social cohesion discussions and entertainment activities aimed at empowering young people.

Sports-festival winners

Soccer: u-11 Wellington Warriors FC; u13 Battalion FC; u-16 Two Oceans Academy.

Netball: u-11 Peace Makers Netball Club; u-13 Sunrise Netball Club; u-16 Sunrise Netball Club.

Rugby: u-13 7s Vlakkeland Blitzies Rugby Club; u-21 15s Desmond Mpilo Tutu High School

Volleyball: Swartland Community Sports Centre (both males and female category)

Basketball: Mbekweni Shaq Squad Basketball Club

Individual awards were presented to athletes who demonstrated sportsmanship, talent and commitment throughout the tournament. Event organiser Esethu Frans said the Isidingo Arts and Recreation Centre remained committed to creating opportunities empowering young people through sport, arts, recreation and education. Head of Programmes at Isidingo Sibuthe James said: “The annual Youth Day Sports Festival continues to grow year after year, proving that when communities, especially businesses invest in young people, they create pathways for success, hope and positive change.”

The organisers thanked sponsors, partners, volunteers, participating schools, sports clubs, exhibiters, stakeholders, community members and media partners.

Two Oceans Academy are back-to-back champions.

Opwindende nuwe hoofstuk begin

TimBuild Paarl in Jan van Riebeeckrylaan is reeds die afgelope jaar en ’n half ’n bekende naam in die Paarl-gemeenskap en slaan nou ’n opwindende nuwe hoofstuk oop met die bekendstelling van sy splinternuwe INGCO Shop-in-Shop hierde naweek (Saterdag 20 Junie).

Hierdie toevoeging versterk TimBuild Paarl se posisie as ’n ware eenstopbestemming vir professionele kontrakteurs sowel as selfdoen-entoesiaste wat op soek is na gehalteprodukte, uitstekende diens en kundige raad onder een dak.

Die winkel se gespesialiseerde afdelings bied reeds ’n volledige sny-en-rant-afwerkingsdiens vir borde, ’n toegewyde Plascon Paint Expert-verftoonbank en ’n eksklusiewe reeks SMART DIY-kaste vir kombuise, slaapkamers en badkamers. Klante kan ook altyd staatmaak op vinnige, vriendelike en betroubare diens.

Die hoogtepunt van die maand is egter die nuwe INGCO Shop-inShop, wat amptelik hierdie Saterdag (20 Junie) bekendgestel word. Dié toegewyde afdeling pronk met ’n uitgebreide reeks INGCO-kraggereedskap en handgereedskap wat geskik is vir feitlik enige projek –van klein huishoudelike take tot groot professionele bouwerk.

Om die bekendstelling te vier, sal ongelooflike eenmalige spesiale aanbiedinge slegs op die dag geldig wees. Hou die plaaslike media dop

Die splinternuwe INGCO Shop-in-Shop word hierdie Saterdag (20 Junie) amptelik in TimBuild Paarl bekendgestel.

vir verdere besonderhede.

Daarbenewens sal die eerste 30 klante wat R2 000 of meer bestee, elk ’n gratis boorstel ontvang.

Lede van die TimBuild Expect More Rewards-lojaliteitsprogram, wat op die dag enige INGCO-produk koop, word outomaties ingeskryf vir die kans om fantastiese pryse te wen. Klante wat nog nie lid is nie, kan maklik aansluit deur bloot hul selfoonnommer by die betaalpunt te verskaf.

Volgens die mede-eienaar Jan Greyling weerspieël die uitbreiding sy span se voortdurende verbintenis

PUBLIC NOTICE ALTENERGY GAS

In terms of sub regulation 4(4) of the Promulgated Major Hazard Installation Regulations, GRN 11536, Vol. 691, 31 January 2023 of the Occupational Health and Safety Act , 1993 (Act 85 of 1993) as amended, Altenergy Gas, located at 1 Oostbosch Street, Charleston Hill, Paarl, Western Cape, 7646, operates a LPG and gas cylinder storage and distribution facility The site stores industrial and medical gases, including Liquefied Petroleum Gas (LPG), Acetylene, Ammonia, Sulphur Dioxide. In the event of a major incident, neighbouring properties may be affected by fire, explosions, toxic dispersions, and heat radiation.

In terms of the sub - regulation 4(5), any interested and affected parties may make representation for consideration in writing to the local authority within 60 days of the publication of this advertisement. In terms of sub - regulation 4(b) the above risk assessment is made available by Altenergy Gas for scrutiny on the 15 August 2026.

Relevant Local Authority, Chief Fire Officer, Wynand Els, Contact number: 021 807 4583 or email: wynand.els@drakenstein.gov.za

Altenergy Gas contact person: Walter Prinsloo, Contact number: 076 534 9320 or email: walter@altenergygas.co.za

Big drop in fuel prices?

South African motorists can look forward to a significant breather at the pumps next month, as latest mid-month data points to a massive drop in the prices of both petrol and diesel.

According to daily fuel position statistics released on 11 June, steep declines in international product prices alongside a supportive local currency are driving substantial over-recoveries across all fuel categories.

While June's fuel price decreases were ultimately offset by the government halving its R3,00 fuel levy relief, further price cuts are projected for July, with petrol potentially dropping by up to R2,56 and diesel by up to R4,68.

However, these upcoming July reductions will be partially countered as the National Treasury adds back the remaining levy amounts of R1,50 for petrol and R1,97 for diesel.

If these trends hold until

the end of the month, the upcoming July price adjustment will bring widespread financial relief to consumers and the transport sector alike. The average unit overrecovery recorded between 29 May 2026 and 11 June 2026 outlines a highly positive forecast for the next official fuel price adjustment:

Petrol 95 ULP: Showing an average over-recovery of 251,540 cents per litre (c/l), hinting at a potential price cut of around R2,52 per litre. Petrol 93 ULP & LRP: Reflecting an average over-recovery of 253,646 c/l, indicating a drop of roughly R2,54 per litre.

Diesel 0.05%: Recording a massive average over-recovery of 427,512 c/l (around R4,28 per litre).

Diesel 0.005%: Displaying an even higher average over-recovery of 456,673 c/l (around R4,57 per litre).

Illuminating Paraffin: Poised for the largest relief, with an average overrecovery of 488,402 c/l.

tot uitstekende klantediens.

“Ons fokus daarop om uitsonderlike diens te lewer en die TimBuild-belofte elke dag uit te leef,” sê Greyling.

“Wanneer klante ons winkel besoek, moet hulle altyd méér ervaar – meer waarde, meer diens, meer gehalte en meer keuse. Dit is wat ‘Expect More’ beteken.”

Met die toevoeging van die nuwe INGCO-afdeling en die winkel se bestaande spesialisaanbiedinge, bewys TimBuild Paarl dat hulle werklik hul slagspreuk uitleef: “Expect More”.

Skoutyd in Swartland

Die Swartlandskou 2026 vind vanjaar van Woensdag 2 September tot Saterdag 5 September op die Moorreesburgskouterein plaas en beloof om weer een van die grootste en mees dinamiese landbou- en masjinerie-uitstallings in die Wes- en Suid-Kaap te wees.

In te rme va n su br eg ulas ie 4( 4) va n di e af ge ko nd igde Hoofgevaarlike Instansie Regulasies, GRN 11536, Vol. 691, 31 Januarie 2023 van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993) soos gewysig, bedryf Altenergy Gas, geleë by 1 Oostboschstraat, Charleston Hill, Paarl, Wes-Kaap, 7646, ʼn LPG en gassilinderopberg- en verspreidingsfasiliteit. Die terrein stoor industriële en mediese gasse, insluitend Vloeibare Petroleumgas (LPG), Asetileen, Ammoniak, Swaweldioksied. In geval van ʼn groot voorval kan aangrensende eiendomme deur brand, ontploffings toksiese verspreidings en hitte-straling geaffekteer word.

In terme van subregulasie 4(5), kan enige belanghebbende en geaffekteerde partye skriftelik verteenwoordiging maak vir oorweging by die plaaslike owerheid binne 60 dae na die publikasie van hierdie advertensie. In terme van subregulasie 4(b)-word bogenoemde risiko-assessering beskikbaar gestel deur Altenergy Gas vir inspeksie op 15 Augustus 2026. Oorheersende Plaaslike Owerheid, Hoofbrandbestuurder, Wy na nd El s, Ko nt ak nom me r: 021 807 458 3 of e- pos : wynand.els@drakenstein.gov.za

Altenergy Gas kontakpersoon: Walter Prinsloo, Kontaknommer: 076 534 9320 of e-pos: walter@altenergygas.co.za

NM10062391-PL180626

Oor die afgelope jare het die Swartlandskou tot ’n toonaangewende platform ontwikkel waar landbou, innovasie, gemeenskap en vermaak saamvloei. Die skou bied ’n omvattende en uiteenlopende program wat voorsiening maak vir bedryfs- kenners, produsente, gesinne en die publiek. Die skou bevestig dat die grootvee-kampioenskappe in 2026 sal voortgaan. Die skou het oor die afgelope paar jaar ’n uiters hoë standaard van biosekuriteit gehandhaaf en bly daartoe verbind om dit te versterk. Addisionele biosekuriteitsmaatreëls word vanjaar geïmplementeer om te verseker die terrein en alle fasiliteite is ten volle gereed en veilig vir die aanbied van die veeprogram.

Die landbouprogram sluit ’n grootvee-arena en kampioen- skappe in, aangevul deur uitstallings van top-telers en ondernemings. Die hoogtepunte sluit

interraskampioenskappe, die Wes-Kaap Jeugskou, ’n pluimveeskou, asook Vlaamse en saalperdkampioenskappe in. ’n Skouspelagtige agt-waspanperdevertoning sal weer ’n hoogtepunt op die program wees.

Besoekers kan die jongste landboumasjinerie van naby ervaar, met uitstallings wat die jongste tegnologie en toerusting vir die moderne boerdery ten toon stel. Demonstrasies en interaktiewe uitstallings bied ’n praktiese blik op hoe hierdie innovasies in die praktyk toegepas word.

Die gewilde Vrouedag op die eerste dag van die skou bly nog ’n hoogtepunt op die program, waar meer as 500 vroue ’n dag van inspirasie en stylvolle vermaak geniet. Vermaak deur Elandré en Francois Boyce, saam met die gasspreker, Donna-Lee Roberts, beloof om die geleentheid besonders te maak. Vanaf Donderdagaand kan besoekers uitsien na musiekvermaak deur gewilde kunstenaars, terwyl kinders weer die gewilde kindergebied propvol prettige aktiwiteite kan geniet.

’n Fees van geure met ’n groot verskeidenheid kosstalletjies en ’n restaurant wag op elke feesganger.

TimBuild Paarl het sy deure in Jan van Riebeeckrylaan sowat ’n jaar en ’n half gelede geopen en gaan van krag tot krag.
Die jaarlikse Swartlandskou keer in September terug na die Moorreesburgskouterrein.

Outside The Bowl decade of service

In 2016, Mark Maingard responded to what he believed was God’s calling: to feed hungry children and restore dignity to vulnerable communities.

What started as a simple act of obedience has grown into a life-changing movement that today feeds thousands of children every single day through Outside The Bowl Africa.

Now, as the organisation celebrates 10 years of impact, they have set their biggest goal yet — providing 10 million meals during their 10th year.

The reality facing many children in South Africa is heartbreaking. A hungry child cannot concentrate in class, cannot develop properly, and often loses the opportunity to thrive before life has even truly begun. For many children, the meal they receive through a feeding programme is the only nutritious meal they will eat that day.

Outside The Bowl Africa works closely with Early Childhood Development centres (ECDs), schools, community organisations and feeding partners across the Drakenstein region and beyond, helping ensure children receive nutritious meals consistently.

The organisation’s specially developed meals are designed to provide high nutritional value while remaining cost-effective and sustainable for largescale feeding programmes. But the need continues to grow.

Every day, more schools and ECD

centres reach out for assistance. More families are struggling. More children arrive at school hungry.

“Our mission has never only been about food,” says the team at Outside The Bowl Africa. “It’s about giving children a fair chance. A child should never have to fight hunger before they can focus on learning, dreaming, and building a future.”

To help reach the ambitious goal of 10 million meals, the organisation is calling on the community, local businesses, churches and individuals to become part of the journey.

One of the major fundraising initiatives currently underway is the organisation’s vehicle raffle campaign. For only R200, supporters stand the chance to win a brand-new Renault Kwid — while simultaneously helping feed a child for an entire school month.

Outside The Bowl Africa believes real change happens when communities stand together. Over the past decade, countless lives have already been impacted through partnerships, generosity and ordinary people choosing to make a difference.

As they look ahead to the next 10 years, the vision remains simple but urgent: no child should go hungry.

Those wanting to support the 10 million meals campaign, partner with the organisation, or learn more about their work can visit africaotb.org or follow the organisation on Facebook

Paarlse VLV-tak staan vroue wêreldwyd

stap vir stap by

VLV Slot van die Paarl het in die Arboretum gaan stap om geld vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) in te samel.

Gedurende takvergaderings word daar ook vriendskapsmunte ingesamel en dit alles word aan WBPV vir hul projekte geskenk.

Die WBPV, internasionaal bekend as die Associated Country Women of the World, is ’n wêreldwye organisasie wat meer as 10 miljoen lede in 87 lande verteenwoordig.

Die Bond fokus op die bemagtiging

van vroue en kinders in landelike gemeenskappe deur opleiding, vaardigheidsontwikkeling en projekte wat volhoubare landbou en gesondheid bevorder.

Suid-Afrika is trots om deel te wees van die netwerk, deur die Vrouelandbouvereniging (VLV). In 2019 is Magdie de Kock as die eerste Afrikaanse wêreldpresident verkies – ’n mylpaal vir ons land. Die WBPV bied ’n internasionale platform waar plaaslike vroue se stemme gehoor en gemeenskapsprojekte versterk kan word.

Fotograwe leer oor beligting

Die Swartland-fotografieklub het verlede Donderdag (11 Junie) sy maandelikse byeenkoms in Piketberg aangebied. Hoewel die bibberweer vir min bywoning gesorg het, was die aand steeds gevul met warm geselskap en ongelooflike mooi fotos.

Inskrywings van altesaam 67 digitale foto’s is deur Alida Heine (Somerset-Wes) beoordeel, terwyl Soreen Gouws (Piketberg) ingestaan het om die gedrukte foto’s te evalueer.

Die temakategorie vir die aand was “hoë-tonale/beligtingsfotografie” of soos dit in Engels na verwys word, High key Klublede het dié tema as ’n lekker uitdaging beskou.

Die foto wat die beste gevaar het, was “Kgalagadi in Hi Key” deur Desere Coetzer (Paarl). Die selfoonkategorie is deur Antoinette Muller (Aurora) met haar inskrywing, “Velddrif’s Lifeline”, gewen.

Muller het ook die afdeling vir gedrukte foto's gewen met “Eyes that know”. In die monokroom-afdeling is Ciszanne Horn (Langebaan) as die wenner aangewys met “Wild Rivalry”. Sy het ook

die senior afdeling met die foto “Observing the Savanah” gewen. Die aand het egter behoort aan Eric Horn (Langebaan) wat met sy inskrywing “Monkey See” geseëvier het as wenner van die ope kategorie, junior afdeling sowel as die algehele wenner. Die klub is opgewonde oor die komende multi-disiplinêre werkswinkel wat op 25 Julie sal plaasvind en daar meer geleer gaan word oor selfoonen monokroomfotografie, insluitend kreatiewe kamerategnieke.

VLV-stappers by die Arboretum. Heel links is die takvoorsitter, Marietjie Lombard.
Eric Horn van Langebaan stap Juniemaand met sy inskrywing “Monkey See” met die lourere weg.
Die selfoonkategorie is deur Antoinette Muller (Aurora) met haar inskrywing “Velddrif’s Lifeline” gewen.
“Kgalagadi in Hi Key” deur Desere Coetzer (Paarl). Haar inskrywing was die temakategoriewenner van die aand.

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

Kindersorg Suid Afrika Paarl is opsoek na die volgende persoon: Melissa Williams Indien enige persoon inligting het waar die betrokke persoon, haar vind . Is u welkom om kontak te maak by 021 862 6182 of Kindersorg Suid Afrika Paarl te besoek op die h/v Paulus & Mackierstraat, Paarl Oos.

GESOEK vir kontant yskaste, wasmasjiene, mikrogolwe ens. Werkend of nie. Doen ook herstelwerk. Kontak Gerard 084 735 7442.

N18 Junie 2026

á afloop van die eerste ronde van die Grootuitdaag-kompetisie het Paarl Post met Hillcrest United se voorsitter, Fiona Adams, gesels oor die span se vordering, die ontwikkeling van jong talent en die uitdagings wat die klub tans in die gesig staar. Dit volg nadat Hillcrest verlede Saterdag in Wellington met 35-23 teen die Ceres-rugbyklub vasgeval het.

Volgens Adams was die eerste helfte van die seisoen ’n kombinasie van positiewe groei en belangrike leeroomblikke. “Die eerste ronde was ’n mengsel van bemoedigende vordering en waardevolle lesse. Alhoewel die resultate nie altyd die moeite weerspieël het wat deur ons spelers en afrigtingspersoneel ingesit is nie, glo ek ons het groei in sleutelareas getoon,” sê sy. Sy wys daarop dat die span se fiksheidsvlakke, toewyding en algehele diepte verbeter het, terwyl spelers ook hul verantwoordelikhede op die veld aanvaar het.

“Die belangrikste is dat ons ’n kultuur van aanspreeklikheid, eenheid en deursettingsvermoë bou. Vordering word nie altyd net deur die telbord gemeet nie, en ek glo die fondamente wat nou gelê word, sal in die tweede ronde vrugte afwerp.”

’n Belangrike fokus vir die klub bly die ontwikkeling van jong spelers en die skep van geleenthede om op senior vlak ervaring op te doen. “Dit is noodsaaklik vir ons langtermyn-visie. Hillcrest United het nog altyd geglo in die ontwikkeling van eie talent en die skep van paaie vir jong spelers om deur die geledere te vorder.”

Volgens haar versnel blootstelling op senior vlak die spelers se ontwikkeling en dra dit by tot die klub se volhoubaarheid.

“Die ervaring wat hulle vandag opdoen, sal die leiers en sleutelspelers van môre vorm. Alhoewel daar korttermyn-uitdagings mag wees, weeg die langtermyn-voordele swaarder.”

As die klub se eerste vroue voorsitter

Sy gaan dit nooit vergeet

Die tradisionele Kampioen van Kampioenewedstryd tussen die Paarl-Rolbalklub se mansen vroue-enkelspelkampioene is Maandag (15 Junie) gespeel en die eerste keer in die klub se geskiedenis is dit tussen ’n getroude egpaar, die mans-enkelspelkampioen, Francois van Deventer, en die vroue-enkelspelkampioen, Tanya van Deventer, beslis. Francois is ná ’n taai stryd as die Kampioen van Kampioene aangewys.

beskou sy haar rol as ’n groot eer, maar ook as ’n verantwoordelikheid. “Om die eerste vroulike voorsitter te wees, is beslis ’n voorreg, maar my fokus was nog altyd daarop om die klub te dien en dit vorentoe te help neem,” sê sy.

Sy meen die huidige fase bied geleenthede om die klub se strukture te versterk, lidmaatskap uit te brei en ’n volhoubare toekoms vir Hillcrest te verseker. “Ek is bevoorreg om saam met ’n toegewyde komitee, afrigtingspersoneel, spelers en vrywilligers te werk wat almal dieselfde passie vir die klub deel.”

DIE BESTE LÊ NOG VOOR . . .

Soos talle gemeenskapsklubs, word Hillcrest ook gekonfronteer met toenemende bedryfskoste. “Vervoer, fasiliteite, toerusting en spelerswelsyn bring toenemende finansiële druk mee. Die versekering van voldoende befondsing bly ’n uitdaging.”

Sy sê egter dat verantwoordelike finansiële bestuur, geldinsamelingsprojekte, borgskapondersteuning en die harde werk

Juniors op pad

Die Junior Springbokke is die afgelope Saterdag (13 Junie) tydens ’n pet-seremonie by die FNB Portside-gebou in Kaapstad vereer. Dié groep is vir die 2026- Wêreldrugby- junior kampioenskap in Georgië aangekondig, met sewe spelers van verlede jaar se wenspan in Italië wat behou is. Die kaptein, Riley Norton (slot), lei ’n span wat ook Oliver Reid, Rambo Kubheka, Siphosethu Mnebelele, Vusi Moyo, Cheswill Jooste en Alzeadon Felix insluit. Drie oud-leerders van Paarl-hoërskole – die senter Markus Muller (Gimnasium Paarl), die loskopstut Jordan Jooste (Hoër Jongenskool Paarl) en die skrumskakel Jayden Brits (Hoër Landbouskool Boland) het hul kleure in ’n historiese oomblik vir dié jong spelers ontvang. Die Junior Bokke sal in Tbilisi gebaseer wees en in poel A teen Wallis, Georgië en Uruguay speel.

Hillies reg vir 2de ronde

van vrywilligers die klub in staat gestel het om steeds geleenthede vir spelers te skep. “Deursigtigheid en verantwoordelike bestuur bly vir ons sleutelprioriteite.”

Adams spreek ook haar waardering uit teenoor die klub se ondersteuners, borge en die gemeenskap. “Ons ondersteuners is een van die klub se grootste sterkpunte en staan agter die span deur oorwinnings én terugslae. Ons borge speel ’n onmisbare rol in ons groei, en ons waardeer elke bydrae.” Sy voeg by dat gemeenskapsrugby afhanklik is van gemeenskapsgees en dat Hillcrest gelukkig is om ’n lojale rugbyfamilie te hê. “Ons fokus vir die tweede ronde is op konsekwentheid, dissipline en uitvoering. Ons het areas geïdentifiseer waar ons moet verbeter en sal voortgaan om . . . dit aan te spreek.”

Volgens Adams wil die klub voortbou op die positiewe aspekte van sy spel, ongedwonge foute beperk en groter selfvertroue in sleuteloomblikke ontwikkel. “Ons doel is nie net om beter resultate te behaal nie, maar om te verseker dat elke speler wat die Hillcrest United-trui dra, die trots, verantwoordelikheid en toewyding verstaan wat daarmee gepaardgaan.”

Sy is oortuig dat die beste rugby van Hillcrest se seisoen nog voorlê.

Hulle begin hul veldtog teen Uruguay op 27 Junie, gevolg deur Georgië (2 Julie) en Wallis (7 Julie). Die uitspeelrondes vind tussen 12 en 18 Julie plaas, met die eindstryd op 18 Julie.

Hillcrest United se voorsitter, Fiona Adams.
Markus Muller en Jordan Jooste by die pet-seremonie van die Junior Bokke voordat hulle eersdaags vir die 2026-Wêreldrugby- junior kampioenskap na Georgië vertrek. Foto: David Rossouw

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Paarl Post – E-edition – 18 June 2026 by Novus Media - Issuu