Paarl Post – E-edition – 18 December 2025

Page 1


2025 se trane en vreugde

23JANUARIE2025

Geskiedkundige huis brand af ’n Geskiedkundige huis in Proteastraat en ’n woonstel in La Modestraat in die omgewing van die Hoër Jongenskool Paarl het Saterdag 18 Januarie tot op die grond afgebrand Net die kaal mure het oorgebly Nadat die huis omstreeks 16:00 vlamgevat het, het ’n kooltjie sowat 30m ver na LaModestraat8 gespring en ’n tuinwoonstel met ’n grasdak ook afgebrand

30JANUARIE2025

Ma vasgevat oor seun se ‘tatoes’ ’n Wellingtonse ma het talle mense erg onthuts nadat sy ’n foto van haar kleuterseun op sosiale media geplaas het waarin hy bendeverwante handgebare uitbeeld, met wat soos tydelike tatoeërmerke op sy hande en skouers lyk Dié tatoeërmerke word met die 28’s-tronkbende geassosieer

6FEBRUARIE2025

Seun (9) verdrink in plaasdam

Die soektog na Francisco Isaacs (9) van Amstelhof in die Paarl het op 3 Februarie tot ’n tragiese einde gekom toe polisieduikers en die honde-eenheid sy liggaam naby die R101/Du Toitskloofpad en die Hugenote-tolplaza uit ’n plaasdam getrek het Francisco is Sondag (2 Februarie) by die Paarl-Oos-polisie as vermis aangemeld

13FEBRUARIE2025

Huge reward for Baanksy

A R1,2 million reward has been issued for the safe return of Baanksy, a two-yearold painting of a sheep that dissappeard from Farm Sanctuary SA in Franschhoek on Saturday 1 February Baanksy, who has gained international recognition for his artistic abilities, was scheduled to meet a UK-based family for a comissioned painting the following day, Sunday the 2nd

20FEBRUARIE2025

Valke teiken labratorium

Die Suid-Afrikaanse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke) het op 12 Februarie op ’n onwettige en werkende steroïde-laboratorium in die Paarl toegesak en ’n 27-jarige man in hegtenis geneem Die laboratorium was in die Zandwyk-sakepark in Paarl-Suid op die R101 (Ou-Paarlpad)

27FEBRUARIE2025

Women foils rape

What began as a routine hike on Paarl Mountain turned into a terrifying fight for

week oorskadu deur die nuus van die dood van ’n Belgiese deelnemer, Ronny Raeymakers (51), wat nie die uiterste hitte oorleef het nie Raeymakers, ’n ervare fietsryer met vorige deelnames aan die Cape Epic, het in die derde skof van die ren sy noodknoppie gedruk nadat hy simptome van sonsteek gehad het Hy is per helikopter na ’n Kaapstadse hospitaal vervoer, waar hy op 24Maart oorlede is

3APRIL

Grootouma erken

skuld op klagte

Die 69-jarige Susana “Sarie” de Villiers, die Wellingtonse oumagrootjie wat met haar drie agterkleinkinders by die Bainskloofpas afgery het, het op Vrydag 28Maart in die streekshof in Worcester verskyn, waar sy op die moord op haar drie agterkleinkinders skuld beken het

10APRIL2025

Vrou sterf, talle dakloos

Die oorsaak van ’n brand by die New Rest-Egoli- informele nedersetting, wat die lewe van ’n 52-jarige vrou geëis en nagenoeg 1000 mense dakloos gelaat het, is onbekend Die polisie moes ingeroep word nadat ’n brandbestryder glo aangeval is

Bejaarde vrou aangerand ’n Bejaarde vrou (83) is na bewering op

beweerde verkragting in hegtenis geneem Die polisiebeampte het na bewering twee aangehoudenes in die Paarl-Oospolisieselle verkrag Die beampte se inhegtenisneming is deur sers Wesley Twigg, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, bevestig

La Motte-rugbyklub slaag in hof

Die dringende aansoek van Franschhoek se La Motte Wanderers-rugbyklub, waarin hy eis dat die klub toegelaat word om van die Westelike Provinsie-rugbyunie weg te breek en by die Boland-rugbyunie (BRU) aan te sluit, is Dinsdag (6 Mei) in die Kaapse hooggeregshof toegestaan

22MEI2025

Cornal Hendricks oorlede

Die ontslape oud-Springbokvleuel Cornal Hendricks, ’n boorling van die Paarl en wat hoërskool aan die Bergrivier Sekondêre Skool in Wellington voltooi het, is Donderdag (15 Mei) in die ouderdom van 37 aan ’n hartaanval oorlede

5JUNIE2025 Lyk in vlak graf

Die ontslape Cornal Hendricks wat tot einde Oktober verlede jaar nog vir die Bulle uitgedraf het
Francisco Isaacs se liggaam word uit ’n plaasdam getrek. Foto: Rasaad Adams
Susana “Sarie” de Villiers

26JUNIE2025

Chanelle begrawe

Die gebroke familie van die vermoorde Chanelle Plaatjies kom Saterdag 21 Junie byeen om afskeid van haar te neem Drie verdagtes – Keaton Johnson, Bradley Mamani en Theodore Qatha – is intussen vir die 16-jarige se moord in hegtenis geneem Johnson het die beskuldigdebank met hul eerste hofverskyning op Donderdag 19 Junie vrolik en met ’n glimlag, ten aanskoue van Chanelle se familie, betree

3JULIE2025

Optog teen seksuele misdade Sowat 300 Groendal-inwoners, onder wie skoolleerders, het Dinsdag (1Julie) ’n vreedsame optog voor die Franschhoek-polisiekantoor gehou Hulle het vir dringende strafregtelike optrede teen vermeende seksuele oortreders in die gebied gevra Een so ’n beweerde oortreder is ’n geskorste onderwyser en pastoor, wat in 2017 vir die seksuele molestering van ’n minderjarige skoolmeisie aangekla is en ’n opgeskorte vonnis ontvang het Nuwe bewerings teen dié verdagte het intussen aan die lig gekom

10JULIE2025

Plaashuise sonder basiese dienste Altesaam 10 huisgesinne op die plaas Limietrivier buite Wellington is deel van 14 plase in Drakenstein waar bewoners – sommige vir langer as 10 jaar – sonder krag, water en sanitasiegeriewe lewe

17JULIE2025

‘Wonderbaba’ ’n Gesin is geskok ná ’n emosionele besoek aan die Mediclinic Paarl op Donderdagaand 10 Julie, waar personeel by die ongevalle-eenheid hulle meegedeel het dat hul baba op 34 weke “doodgebore” is Tot hul verbasing is die baba kort daarna sonder veel komplikasies en springlewendig in die Paarlse staatshospitaal gebore

7AUGUSTUS2025

Oud-brandweerhoof oorlede

Hy was ’n gerespekteerde leier, ’n ware heer en iemand wat die Drakensteingemeenskap met passie gedien het Dit was vandeesweek van die huldeblyke ná die afsterwe van Derick Damons, die Drakenstein-munisipaliteit se voormalige brandweerhoof

14AUGUSTUS2025

Speurder op moordklag

Die polisiespeurder Wayne Wantza (42), wat na bewering in Julie verskeie skote in Schoongezichtstraat, Wellington, afgevuur het in ’n voorval waartydens sy eksmeisie ernstig gewond is en haar kêrel, Petrus Jacobs (49), dood is, het op 13 Augustus in die landdroshof in Wellington sy borgtogaansoek laat vaar

28AUGUSTUS2025

Eerw ‘Danny’ George tree uit

Die einde van sy marathon as leier van die Bethel Congregational kerk is in sig, maar volgens eerw Daniel “Danny” George het hy nog baie om die gemeenskap te bied. George het op Sondag 24Augustus uitgetree nadat hy dié gemeente vir 16 jaar gelei het Hy het toe ook sy

laaste diens waargeneem

4SEPTEMBER2025

Paulus is nuwe ‘derby champs’

Die Paulus Joubert Sekondêre Skool se o 19-rugbyspan het op Saterdag 30 Augustus die span van Klein Nederburg Sekondêre Skool 31-10 geklop om as oorwinnaars in vanjaar se Sanlam Drakenstein Derby-kampioenskap gekroon te word Paulus Joubert het eers met 54 minute verstreke sy eerste drie gaan druk

4SEPTEMBER2025

De Villiers vry ná ‘baie swak saak’

Die MK-lid en voormalige Springbokafrigter Peter de Villiers van die Paarl, het Donderdag 29 Augutus in die streekhof in Malmesbury verskyn waar hy op al drie aanklagte teen hom vrygespreek is Die aanklagte sluit in ’n poging om ’n seksuele misdryf te pleeg, seksuele aanranding en crimen injuria Dit uitspraak volg nadat De Villiers by monde van sy regsverteenwoordiger Henry le Roux, om ontslag aansoek gedoen het en dit goedgekeur is

11SEPTEMBER2025

Gevangene neem eie lewe ná hy vlug

Die familie van die 24-jarige veroordeelde misdadiger, wat Dinsdag 9 September uit die Allandale-gevangenis in die Paarl ontsnap en later sy eie lewe by ’n woning in Paarl-Oos geneem het, eis antwoorde oor wat daartoe kon gelei het dat hy homself om die lewe gebring het Graine Martin van Amstelhof was een van ’n groep gevangenes wat in die tronk se tuin gewerk het toe hy ontsnap het

2OKTOBER2025

Rowers teiken Klapmuts

Klapmuts se plaasgemeenskap is oor die naweek in ’n gewapende huisrooftog deur klapmusrowers geteister, terwyl ’n tweede voorval moontlik verhoed is toe ’n plaaseienaar ’n verdagte gefnuik het

Inwoners van ’n plaas buite Klapmuts is Sondagoggend omstreeks 02:30 in hul huis langs die R101, oftewel die Ou Paarlpad, in ’n gewapende rooftog oorval toe vyf rowers toegang tot hul woning verkry het Volgens ’n bron het die inbrekers die sitkamer se veiligheidshek met ’n koevoet oopgebreek om toegang te verkry

Herrie oor Drakenstein-liedjie

Die Drakenstein-munisipaliteit het bewerings deur die GOOD-party verwerp dat openbare finansiering “gemors” is op sy nuwe munisipale liedjie en gesê dié liedjie se produksiekoste is ten volle deur borge gedek Die borge het ook pa gestaan vir die koste van die spoggaladinee van 17 September toe plaaslike sakelui en politieke leiers onthaal is Dit is ook op dié dinee waar die liedjie, gesing deur Frieda van den Heever, bekendgestel is

9OKTOBER2025

Bainskloof: DM verwerp

VF Plus-mosie

Die VF Plus het skerp kritiek uitgespreek op die besluit van die Drakenstein-munisipaliteit (DM) om ’n mosie van die party te verwerp. Op ’n raadsvergadering is versoek dat die munisipaliteit met die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit

(KWDM) en die Wes-Kaapse provinsiale regering in gesprek tree oor vragmotors se voortdurende misbruik van die Bainskloofpas Stephen Korabie, Drakenstein se burgemeester, het op die vergadering aangevoer dat Bainskloofpas nie onder die DM se jurisdiksie val nie aangesien dit ’n provinsiale pad is

23OKTOBER2025

Waar is kerk se geld?

’n Skandaal oor die VGK Hugenote-gemeente in die Paarl se dominee het op die lappe gekom nadat onthul is dat die geld uit al drie die kerk se bankrekeninge glo verdwyn het Dit sluit glo al die offerhande van 2024 tot op hede in Ds Michael Wildeman en die kerk se skriba is daarvan beskuldig dat hulle agter die verdwyning van die geld sit en dat hulle onregmatige transaksies gedoen het Wildeman het die bewerings ontken en aangevoer dit is ’n komplot om van hom ontslae te raak

’n Herrie het onder politieke partye ontstaan oor ’n liedjie wat vanjaar bekendgestel is om Drakenstein te bemark

6NOVEMBER2025

Brand eis pa en 2 seuns

Die Tulbagh-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat ’n 42-jarige man en sy twee seuns op 5November in die oggendure in ’n strukturele brand in Gouda dood is Die seuns is onderskeidelik ses en nege jaar oud Volgens kapt FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is die hut waarin die gesin in 3de Laan gewoon het, omstreeks 05:10 in vlamme omhul

Drakenstein wil dié bome afkap Inwoners van Newton het op Vrydag 31Oktober met gemengde gevoelens op die Drakenstein-munisipaliteit se skielike aankondiging – dat hy die bloekombome op die Bo-Dal-pad by dié woonbuurt se ingang gaan afkap – reageer Die nabygeleë Diemersfontein-wynlandgoed het glo ’n aanbod gemaak om die bome teen geen

Die polisie en forensiese

koste nie af te kap Die munisipaliteit het die bome se moontlike verwydering aan veiligheidsredes toegeskryf

13NOVEMBER2025

Dam(n)ed if you do

The 879 ha stretch of land surrounding the Berg River Dam in Franschhoek has been leased to the Berg River Dam Adventure Tourism Company which is currently upgrading the area for outdoor recreation The lease has sparked public concern, particularly at a meeting held on 3 November, where some residents argued that the land should remain untouched by contruction or other interventions

20NOVEMBER2025

Hoop vir De Kraal-veld

Die Drakenstein-munisipaliteit het aangekondig dat sport weer so vroeg as Maart 2026 op die verlate De Kraal-sportveld in die Paarl beoefen sal kan word Stephen Korabie, die burgemeester, en ’n munisipale afvaardiging het met rugbylegendes oor De Kraal se herlewing vergader

4DECEMBER2025

Renowned artist Selwyn Pekeur dies The passing of internationally renowned Paarl artist Selwyn Pekeur at the age of 68 this week has sparked an outpouring of tributes from family, friends and the broader arts fraternity, who remember him as a gentle soul with an enduring passion for his craft News of his death broke on Monday 1 December following a “long sickbed and suffering” In a long distinguished career Pekeur made a name for himself not only locally but also among the international arts fraternity Polisie skiet ‘voortvlugtige’dood Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ’n ondersoek begin nadat ’n “voortvlugtige” op Maandag 1 Desember deur polisielede verbonde aan die Mbekweni-polisiekantoor doodgeskiet is toe hy glo ’n beampte aangerand het Die man is vir minstens twee sake gesoek

11DESEMBER2025

‘Swem op eie risiko’ Die Drakenstein-munisipaliteit het inwoners in aanloop tot die feestyd herinner dat swem in die Bergriver nie aangemoedig word nie en op eie risiko geskied Inwoners is herinner dat geen menseredders by riviere aan diens is nie

Photo: Drakenstein Municipality
patologiese dienste op ’n misdaadtoneel in Voorstraat, Wellington waar ’n vermeende rower op 22 September deur die polisie doodgeskiet is nadat hy en nog drie verdagtes glo die Pep-winkel beroof het. Foto: Rasaad Adams
The Berg River Dam Photo: Reghard Goussard

Die Paarl-Wes-GPF se nuwe Community in Blue-lede (CIB) is Maandag bekendgemaak. Foto: Rasaad Adams

Polisie se oë, ore

Die Paarl-Wes-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Maandag (15Desember) met die feestyd op hande, sy nuwe Community in Blue-lede (CIB) bekendgemaak. Hulle sal die polisie se hande in die bekamping van misdaad versterk

Kol May-Louise Dyers, die waarnemende bevelvoerder van die Paarl-polisiekantoor, het Maandag die nuwe CIB-lede se “uniforms” by die Paarl Mall oorhandig Dit het ook gedien as ’n geleentheid vir die gemeenskap om die nuwe lede, wat nou belas is met die verantwoordelikheid om woonbuurte in Paarl-Wes te patrolleer en die polisie se oë en ore te wees, te ontmoet

“Ek wil graag ons dank teenoor julle uitspreek Sonder die gemeenskap sal ons nie misdaad kan bekamp nie Baie dankie dat julle bereid is om die polisie vrywillig te help , ” het Dyers Maandag aan die nuwe lede gesê

“Die opleiding gaan binnekort plaasvind en [ons] sien uit daarna dat julle saam met ons op optredes gaan en padblokkades bywoon Julle sigbaarheid alleen maak al klaar ’n reuseverskil Ons is baie dankbaar

vir hierdie vennootskap ”

Leon Bester, die voormalige voorsitter van die Paarl-Wes-GPF en wat tans as ’n addisionele lid dien, was verantwoordelik vir die werwing en keuring van die nuwe CIB-lede

“Een van die vereistes is dat jy deur die polisie gekeur moet word Jy mag dus geen misdaadrekord hê nie As deel van die werwing het ons na ons onderskeie veiligheidsvennote uitgereik Ons het altesaam 18 aansoeke ontvang en almal is deur die polisie en provinsie goedgekeur,” verduidelik Bester

Volgens Bester sal die opleiding van die nuwe lede uit verskeie komponente bestaan

“Een deel is opleiding rondom padblokkades en hoe om die polisie daar behulpsaam te wees Dan word lede ook opgelei hoe om reageer wanneer hulle eerste op ’n ongeluks- of misdaadtoneel is ”

Volgens Bester is die GPF en al sy veiligheidsvennote gerat om wetstoepassers hierdie feestyd van hulp te wees

Hy het daarop gewys dat twee van die grootste misdaadtendense tydens die feestyd diefstal uit voertuie en huisinbrake is en ’n beroep op inwoners gedoen om die nodige voorsorgmaatreels te tref

Tulbagh se water ‘is vuil’

Ronél van Jaarsveld

Inwoners van Tulbagh het vandeesweek gekla al wys watertoetse van die Witzenberg-munisipaliteit die water is “veilig” om te drink, het dit steeds ’n onaangename reuk en “lyk geel”.

Jaco Steyn, die direkteur van tegniese dienste, het Maandag (15 Desember) gesê die munisipaliteit hou die watersituasie dop. Die pype word steeds gespoel waar dit nodig is. “Ons is vol hoop dat hierdie die probleem met watergehalte in Tulbagh sal oplos,” sê hy. Ná weke van klagtes oor water wat sleg ruik en vuil lyk, het inwoners WaterCAN, ’n burgerlike inisiatief wat hom vir toegang tot skoon drinkwater beywer, genader. Gemeenskapslede het WaterCan se iLab-toetsstel gebruik om water op verskeie plekke te toets Dié toetsstel gee ’n voorlopige aanduiding van watergehalte.

Volgens dr. Ferrial Adam van WaterCAN is van dié watermonsters positief getoets vir ’n aantal koliformige bakterieë, wat wys dat die water nie geskik is om te drink nie. WaterCAN moedig die munisipaliteit aan om inwoners te waarsku om die water eers te kook voordat hulle dit drink en om watertenkwaens vir skoon drinkwater te verskaf. Die munisipaliteit het inwoners intussen gerusgestel en sê onafhanklike watertoetsing word sedert 8 Desember gedoen en die water is veilig vir gebruik. Die munisipaliteit het verlede jaar ’n soortgelyke probleem gehad en die pyplyn van die nuwe dam toegemaak. Drie weke gelede is dit weer oopgemaak om in die groter vraag na water te voorsien Dit sal glo tyd neem om te normaliseer •Inwoners wat klagtes oor watergehalte het, kan dit by die 24-uur-beheerkamer by 023 4920181/2 of op WhatsApp by 0818965480 aanmeld.

Vyf vas wat ‘van toeris steel’

ChantélleHartebeest

Byna vyf weke nadat vyf vermeende swendelaars deur die gemeenskap en die Paarl-polisie vasgetrek is, word die mans steeds aangehou

Die verdagtes is geïdentifiseer as Mzamo Paulos, Mcebisi James, Sivuyile Ndevu, Xhanti Ndim Xhaso en Victor Msada Paulos en James se regsverteenwoordiger het verlede week in die Paarlse landdroshof aansoek gedoen om ’n pleitooreenkoms met die staat aan te gaan

Al vyf verdagtes is op 22 November in hegtenis geneem nadat hulle na bewering toeriste in die dorp bedrieg en hulself glo as toerismebeamptes voorgedoen het

Die verdagtes is tussen 32 jaar en 45 jaar oud Die klagstaat lui dat die verdagtes van diefstal aangekla word

Volgens die klagstaat het die verdagtes die bankkaart by ’n toeris gesteel. ’n Lid van die veiligheidstrukture in die dorp het aan Paarl Post verduidelik dat die verdagtes na bewering die toeriste buite ’n restaurant genader het om parkeergeld te betaal Die mans staan ook tereg op aanklagte van ongemagtigde toegang tot, onderskepping van of inmenging met data, nadat ’n toestel wat sekuriteitsinligting op krediet- of debietkaarte onderskep, in hul besit gevind is

Die verdagtes word tot Januarie aangehou wanneer die saak sal voortduur

DM sny 56 poste

Die Drakenstein-munisipaliteit (DM) het verlede week op ’n raadsvergadering onthul hy beplan om altesaam 56 poste te sny, wat die munisipaliteit R19,3 miljoen gaan bespaar.

Seraj Johaar, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste Foto: Rasaad Adams

Volgens die munisipaliteit se departement korporatiewe en beplanningsdienste is altesaam 2 748 poste geïdentifiseer wat as finansieel onvolhoubaar bestempel is

Die raad het Donderdag (11 Desember) oorweging aan die item gegee, waartydens aangevoer is dat die munisipale organisatoriese struktuur in Junie 2022 laas hersien is Klein veranderings is oor die jare gemaak en deur die burgemeester en stadsbestuurder goedgekeur ingevolge die gedelegeerde bevoegdheid soos deur ’n vorige raadsbesluit bepaal

Hierdie aanpassings was daarop gemik om die munisipaliteit se voortgesette doeltreffende funksionering te verseker.

Senior bestuur het die behoefte geïdentifiseer aan verdere operasionele veranderings aan die huidige struktuur om verbeterde funksionaliteit, beter belyning tussen departemente en meer doeltreffende benutting van beskikbare hulpbronne te verseker

“Die huidige organisasiestruktuur sluit 2 748 poste in, wat as finansieel onvolhoubaar beskou is Gevolglik is daar ’n behoefte om poste, wat nie vir korttermyndienslewering noodsaaklik is nie, af te skaf Altesaam 56 poste is afgeskaf, wat ’n berekende besparing van R19,3 miljoen tot gevolg gehad het,”

Paarl Post verstaan dat die item verlede week slegs gedeeltelik deur die raad aanvaar en goedgekeur is

Die raad het aanvaar dat die gemeenskapsdienste- en openbare veiligheidsdepartemente nou een departement word

Die res van die strukturele veranderings en gepaardgaande afskaffings gaan in die nuwe jaar eers met raadslede op ’n reeks werksessies bespreek word

Paarl Post het twee weke gelede berig oor die samesmelting van gemeenskapsdienste en openbare veiligheid

Seraj Johaar, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van korporatiewe en beplanningsdienste, het toe al gesê dat hierdie herstrukturering tot finansiële besparings vir die munisipaliteit sal lei

“Die Drakenstein-munisipaliteit se gemeenskapsdienste en openbareveiligheidsdienste het voorheen as ’n enkele departement gefunksioneer en ons is vol vertroue dat die aanstelling van een uitvoerende direkteur om hierdie groep dienste te lei, doeltreffende leiding en bestuur van al die funksies sal verseker

“Aangesien die nasionale departement, wat verantwoordelik is vir plaaslike regering (Cogta), nog geen kennisgewings oor die boonste salarisskale van senior bestuurders uitgereik het nie, en omdat hul bestaande kennisgewings nie implementeerbaar is nie, is ons nie in staat om kandidate te lok om vir die pos [uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste] aansoek te doen nie,” het hy by ’n vorige navraag gesê Die amp van uitvoerende direkteur

Big spike in truck accidents

ChantélleHartebeest

A serious collision involving a truck and a bakkie on Sonstraal Road on Friday (12 December) has again placed the spotlight on heavy motor vehicle safety, as the Western Cape Mobility Department warns of a sharp rise in truck-related incidents since the start of the Festive Season

The accident occurred right in front of the entrance to Drakenstein Farm Watch (DFW) Fire & Rescue’s headquarters in Paarl According to DFW, a truck allegedly jack-knifed, causing a bakkie transporting five workers to crash

DFW emergency fire and rescue responders were on scene within minutes Five men were injured in the collision, with the driver of the bakkie trapped inside the vehicle He was later freed by emergency services No fatalities were reported, although responders noted that the outcome could easily have been far worse

Both vehicles sustained extensive damage DFW confirmed that the truck, which was carrying a toxic liquid, did not sustain damage to its tank and no spillage occurred The injured were treated on scene before being transported to hospital by EMS Metro and ER24 ambulances

Drakenstein Municipal Traffic Services and the police assisted with traffic control and crowd management Sonstraal Road was temporarily closed between 16:45 and 17:30 to allow for recovery operations

The local incident comes amid growing concern from the Western Cape Mobility Department, which says that from 1 December the province has already recorded 43 incidents involving heavy motor vehicles These include breakdowns, collisions and overturned trucks on major routes

On Friday Mobility MEC Isaac Sileku described the trend as deeply worrying, particularly as traffic volumes are expected to surge over the busy festive travel period “Road safety is a shared responsibility Every overturned truck is a preventable

tragedy that endangers lives and hampers mobility,” Sileku said, urging freight operators to take immediate steps to improve safety standards

The department warned that heavy motor vehicle accidents not only pose a serious risk to road users, but also result in major delays, with scene clearance often taking between two and six hours or longer

Provincial Traffic Law Enforcement will be on duty around the clock this weekend, with high-visibility patrols along interprovincial corridors and key routes, the department confirmed Chief Director of Traffic Management, Maxine Bezuidenhout, said officers would be deployed in full force, but stressed that enforcement alone was not enough

“Whether you are driving a truck, a private vehicle, or walking near a roadway, your decisions matter Please slow down, rest when you need to, and show consideration for others travelling to be with their families,” she said

Freight operators have been urged to ensure vehicles are roadworthy, comply with speed and load regulations, manage driver fatigue and avoid reckless overtaking Motorists and pedestrians have also been advised to exercise extra caution as congestion increases

Emergency services on the scene of a collision between a truck and a bakkie on Sonstraal Road in Paarl on Friday afternoon Photo: DFW Fire & Rescue NPC/ Facebook

Redaksionele kommentaar

Paarl Post

’n Jaar vol uitdagings

Noudat die jaar tot ’n einde kom, kyk ons terug op ’n tydperk wat oudergewoonte met lief en leed gepaard gegaan het Vir baie was dit ’n jaar van uitdagings en onsekerheid, met sommige struikelblokke wat gevoel het asof dit nooit verby sou gaan nie

Nogtans het hierdie jaar ook gewys waartoe mense in staat is Baie van die uitdagings is oorkom, moeilike tye deurstaan en waardevolle lesse geleer Dit getuig van veerkragtigheid, hoop en die krag van gemeenskappe wat saamstaan

Tog dink ons aan ons lesers wat hierdie tydperk met hartseer ingaan met verlange na geliefdes wat nie vanjaar rondom die Kerstafel gaan sit nie – vir sommiges ’n eerste

Wanneer ’n mens terugkyk op die jaar staan jy soms in verwondering oor hoe jy in jou eenvoud die moeilike tye oorbrug het en dien dit net weer as ’n oortuiging van die belangrikheid van ’n goeie fondasie – hetsy dit een is wat in diepe geloof geweef is of ’n goeie ondersteuningsnetwerk wat jou deur swaar tye kan optel en tree vir tree saam met jou kan stap

Terwyl ons vir die jaar groet, bedank die personeel van Paarl Post elke leser en adverteerder vir u volgehoue ondersteuning

Ons sien uit daarna om julle in die nuwe jaar weer op goeie diens en lekker stories te trakteer

Ons nasionale aanlynplatform, NovaNews, sal lesers in die feestyd steeds op hoogte hou van al die belangrikste stories –plaaslik, nasionaal en internasionaal Mag die feestyd vir almal veilig, vreugdevol en voorspoedig wees Tot volgende jaar!

Soul food

Briewe van ons lesers | Letters from our readers

Kerskruise aangeskakel

Geagte Burgemeester,

Ek en my vrou het vroeër vanaand Wellington van Bainskloof se kant af binnegery en met weemoed besef dat ons blykbaar die Kerstyd binnegaan sonder die sigbaarheid van die kruis op Paarlberg

Ons het toe sommer verder na die Paarl toe gery om dubbel seker te maak van die afwesigheid van die kruis op Paarlberg

Ons het met groot fanfare liggies in Lady Greystraat, Paarl en Kerkstraat, Wellington aangeskakel Langtafels is in beide dorpe gedek om ons gedeelde samesyn en gemeenskaplike omgewing te vier, terwyl die grootste gebeurtenis in menseheugenis klaarblyklik vergeet is in ’n gemeenskap wat in die breë openlik bely dat ons kinders van ’n lewende God is

Louis Pienaar, die direkteur van ingenieursdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, reageer:

Die Drakenstein-munisipaliteit kan bevestig dat die kruise op Paarlberg en in Wellington tradisioneel gedurende Paasfees en Kersfees aangeskakel word Die Wellington-kruis funksioneer normaal

Die Paarl-kruis het ’n tegniese fout ondervind wat veroorsaak het dat dit afgeskakel het, maar dit is weer op die oggend van Maandag 15 Desember aangeskakel Die munisipaliteit is deur lede van die publiek in kennis gestel dat die Paarl-kruis vroeër daardie oggend nie in werking was nie

Beide kruise sal gemonitor word om te verseker dat hulle gedurende die feestyd werkend bly

Die Drakenstein-munisipaliteit het oor die afgelope twee finansiële jare finansiering vir die opgradering van die feesliggies beskikbaar gestel

Above all else guard your heart for everything you do flows from it Keep your mouth free of perversity; keep corrupt talk far from your lips. – Proverbs 4:23-24 available on

My vraag is dus: Kan ons munisipaliteit nie bekostig om die kruis se ligte aan te skakel nie? (Ek is seker die Sakekamer kan deur sy lede ’n plan maak ) Is ’n raadsbesluit geneem dat die kruis nie aangeskakel word nie, of was dit ’n administratiewe oorsig in die geharwar van jaareinde ?

Ek glo die meeste belastingbetalers sal hoop dat die kruis nog voor die Kersdag aangeskakel sal word

JohanRademeyer WELLINGTON

Die Fees van Liggies in Paarl en Wellington het oorweldigende positiewe terugvoer van die publiek ontvang

Ons bly soos altyd daartoe verbind om te verseker dat dienslewering ’n topprioriteit bly en ons sal voortgaan om toe te sien dat die feesliggies aanbly tot voordeel van al ons inwoners en besoekers

Wat is ’n Kersfees dan sonder familie en vriende?

Dit is die eerste keer in baie jare dat ek nie

Kersfees saam met my familie en vriende sal deurbring nie Dis ’n bittersoet gedagte, want aan die een kant weet ek ek moet wees waar ek my tans bevind, maar aan die ander kant tref die gedagte aan ’n Kersdag weg van my familie en vriende al harder Hoe ouer ’n mens word, hoe belangriker word die band wat jy smee met hulle wat die naaste aan jou is – jou familie Moet my nie verkeerd verstaan nie – daar is mos maar altyd daai een of twee familielede wat jy so een keer in ’n dekade wil sien, maar hoe lui die gesegde nou

drank-voorraad

van samekoms. Die kalifas by Mykonos word al ’n jaar vooruit bespreek. Of die gastehuis, woonwa- of tent-staanplek word al lank voor die tyd geboek. Alles word haarfyn vooraf beplan vir daai

Iewers sal wel tyd ingeruim word om ’n draai in Velddrif te gaan maak. Die vars harders, gerookte snoek en bokkoms is ’n moet

Dan is Paternoster volgende op die spyskaart Die mooi van hierdie pragtige Weskusdorpie sal maar altyd bekoor –soveel om te sien en te doen Ek wonder of die mense steeds ’n paar krewe en ’n vars snoekie uit die see daar op die strand kan koop?

St Helenabaai; Tietiesbaai; Jakobsbaai; Saldanhabaai – almal die moeite werd om te gaan inloer, al is dit net vir daai lekker ontbyt of middagete of in die son te lê en bak vir ’n uur of drie Dis mos festive –

word by die bestaande spulletjie gevoeg En dan begin die makietie in alle erns – natuurlik eers met ’n eg Suid-Afrikaanse braai. Dis daarna dat die potte en tafels gaan begin kreun en dreun van allerlei lekkertes Oral in Langebaan hang die klanke van vrolike kuiers en slegs dié tyd van die jaar verskoon almal die meer as normale volume in klank, want dis feestyd aan die Weskus. Gaan loer maar daar by die lagoon en jy sal sien wie almal hul opwagting hier aan die Weskus kom maak het Die Gautengers word jaar ná jaar ’n alombekende gesig hier aan die Weskus. Ons vriende van ons buurland Namibië is kort op hul hakke En moenie vergeet van ons Kapenaars nie – tog te lief vir die Weskus! En natuurlik sal jy al ons kleindorpiemense, wat ’n klipgooi van die see af is, hier kan gewaar Die paar dae word haarfyn beplan. Die see en branders moet aangedurf word.

geen haas. Gee jou lyf n gawe tyd. En dié wat van ’n lekker dagtrippie al langs die kus af hou, is daar meer as genoeg om te sien of te doen Daai familie uit die Vrystaat sal nog ’n keer die lekkerte en waardering smaak van die mooi van onse Weskus – al met die spoorlyn langs tot in Elandsbaai; hou koers tot in Strandfontein. Moenie verby Ebenhaeser ry nie Gaan loer in Gaan maak ’n draai in Lambertsbaai en geniet Weskus-vriendelikheid op sy beste Gaan maak ’n draai by Muisbosskerm se opelugrestaurant Hul gebraaide vis, mossels, kreef, snoek en oondgebakte suurdeegbrood sal jou laat vra vir nog! Gaan stap ’n ent op Lambertsbaai se strand en gee jou maag so ’n bietjie skiet om daai vislekkertes na behore te verteer voordat jy weer jou pad aandurf Langebaan toe En as jou beesstertpot of kerrieafvalpot hier skuins ná Kersdag begin prut, hoop ek dat jou kuier saam met die familie en vriende van naby en ver ekstra lekker sal wees; dat al die strydbyle wat daar dalk is vir daai tyd vergeet sal word of sommer finaal neergegooi sal word. Ons leef in sulke moeilike tye Niks is

Ons weet nie of ons

houers
BLY HOOP EN GLO
- Andre Smith

Ingang na dorp nou baie veiliger

Die nuwe Lanquedoc-brug, ’n langverwagte infrastruktuurprojek in die Dwarsriviervallei, is verlede Donderdag (11 Desember) amptelik deur die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en word as ’n belangrike mylpaal vir die gemeenskap en omliggende gebiede beskou.

Die brug vervang die ou enkelbaan-oorgang, wat Lanquedoc vir baie jare bedien het, maar wat nie meer aan die groeiende verkeers- en veiligheidsbehoeftes van die gebied kon voldoen nie.

Paarl Post het reeds in Augustus verlede jaar berig dat die toestand van die vorige brug en die beperkte toegangsroete ’n groot bron van kommer vir inwoners was – veral tydens spitsverkeer en in noodgevalle, met talle klagtes oor verkeersopeenhopings en veiligheidsrisiko’s.

Die nuwe brug en sy gepaardgaande infrastruktuur bestaan uit ’n verbrede, moderne tweerigting-voertuigbrug, ’n verbeterde ingangsroete na Lanquedoc, asook opgegradeerde nie-gemotoriseerde vervoerfasiliteite vir voetgangers en fietsryers.

Die oorspronklike brug is behou en

DRAKENSTEIN MUNISIPALITEIT

AANSOEK VIR HERSONERING, TOESTEMMING EN AFWYKING INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE DRAKENSTEIN VERORDENING OP MUNISIPALE GRONDGEBRUIKBEPLANNING, 2018: ERF 6924 PAARL

Kennis geskied hiermee ingevolge die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning, 2018, dat 'n aansoek soos hieronder uiteengesit ingedien is by die Grond Ontwikkeling Bestuurs Afdeling. 'n Volledige afskrif van die aansoek is beskikbaar ter insae en kan aangevra word deur 'n epos te stuur na Mnr Jerry Lawrence na e-posadress jerryl2025@gmail.com of deur die aansoeker telefonies te kontak op 067 691 9602. Alternatiewelik kan C. Van der Bank van Drakenstein Munisipaliteit gekontak word op 021 807 4500 of cornelia.vanderbank@drakenstein.gov.za vir meer inligting of om die aansoek te bestudeer

Eiendom : Erf 6924 Paarl

Aansoeker : Jerry Lawrence (Contact no: 067 691 9602) Eienaar : Jerry Lawrence Ligging : Geleë te Klein Drakenstein Weg 110, Paarl Oos Grootte : 520m² Huidige Sonering: Konvensionele Behuisingsone

Voorstel: Hersonering vanaf “Konvensionele Behuisingsone” na Woonbuurt Besigheidsone ten einde die oppervlakte van die bestaande “Huis Winkel” te vergroot vanaf 30m na 90m.

Toestemming ten einde wysigings aan 'n bestaande gebou wat binne die 30m Padverbreding- Oorlegsone van Klein Drakenstein Weg geleë is, toe te laat; en Afwyking vir die verslapping van die westelike syboulyn vanaf die 4,5 meter na 0 meter ten einde die oorskryding van die bestaande gebou, toe te laat

Gemotiveerde besware of kommentare kan skriftelik ingehandig word by Drakenstein Munisipaliteit, Posbus 1, Paarl, 7622 of elektronies by c u s t o m

e n s t e i n g o v z a , s o w e l a s earl.cyster@drakenstein.gov.za in gekopieer word. Neem kennis dat inhandigings moet vo doen aan Artikel 50 van d e Drakenste n Verordening op Grondgebruikbeplanning 2018 en dat d t die Munisipaliteit moet bereik, nie later nie as 30 dae na die datum van die kennisgewingsbrief. Indien 'n persoon nie kan lees of skryf nie, kan so 'n persoon sy kommentaar mondelings by d e Mun s pale Kantore, Bergriv er Boulevard, Paarl, aflê, waar n personeellid sa help om sy kommentaar/vertoëopskriftestel.

DATUM VAN KENNISGEWING: 18 Desember 2025

SLUITINGSDATUM VIR BESWARE: 30 Januarie 2026

herontwikkel as ’n toegewyde voetganger- en fietsryerskruising, wat veiligheid en toeganklikheid verbeter.

Beplanning vir die projek het reeds in 2019 begin, met bouwerk wat in Mei 2024 begin het.

Die R45-miljoen-projek is volgens die munisipaliteit betyds en binne begroting voltooi – iets waaroor groot trots heers.

“Hierdie projek wys wat moontlik is wanneer ’n munisipaliteit, sy inwoners en vennote rondom ’n gedeelde visie van vooruitgang saamwerk,” het die munisipaliteit verlede week in ’n verklaring gesê

Die nuwe brug word beskou as ’n sleutelbydrae tot verbeterde mobiliteit, verhoogde veiligheid en langtermyn maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling in die Dwarsriviervallei

Die munisipaliteit het ook sy dank uitgespreek teenoor Lanquedoc-inwoners, grondeienaars, raadslede, munisipale personeel, ingenieurs en die konstruksiespan vir hul samewerking en ondersteuning tydens die boufase.

Met die voltooiing van die projek staan die Lanquedoc-brug nou as ’n simbool van verantwoordelike beplanning en gemeenskapsamewerking – ’n infrastruktuurbelegging wat die gebied na verwagting vir dekades sal dien.

DRAKENSTEIN MUNICIPALITY

APPLICATION FOR REZONING, CONSENT AND DEPARTURE IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE DRAKENSTEIN BY-LAW ON MUNICIPAL LAND USE PLANNING, 2018: ERF 6924 PAARL

Notice is hereby given in terms of the Drakenstein Bylaw on Municipal Land Use Planning, 2018 that an application as set out below has been subm tted to the Land Development Management Sect on A comprehensivecopyoftheapplicationisavailableforviewingandcanbe requested by sending an email to Mr Jerry Lawrence at e-mail address jerryl2025@gmail.com or by contacting the applicant telephonically on 067 691 9602 A ternat ve y, C Van der Bank from Drakenstein Muni ci pa i ty c an be c ontac ted on 021 807 4500 or cornelia.vanderbank@drakenstein.gov.za to view the application or to obtainmoreinformation

Property: Erf6924Paarl

Applicant: Jerry Lawrence (Contact no: 067 691 9602)

Owner: JerryLawrence Locality: Locatedat110KleinDrakensteinRoad, PaarlEastExtent:520m²

Zoning: ConventionalHousingZone

Proposal : Rezoning from “Conventional Housing Zone to “Neighborhood Business Zone” in order to increase the footprint of the existing House Shop from 30m² to 90m²; Permission in order to permit alterations to an existing building located within the 30m Road Widening Overlay Zone of Klein Drakenstin Road: and Departure to permit the relaxation of the western side building line from 4.5 metres to 0 metres to accommodate an existing building encroachment.

Cap Classique-pionier van Haute Cabrière sterf op 80

Jana Scheepers

’n Baanbreker in die vervaardiging van Cap Classique en die stigter van die bekende Haute Cabrière in Franschhoek, Achim von Arnim, is die afgelope Maandagaand (8 Desember) op 80 jaar vreedsaam oorlede

Von Arnim is in sy laaste dae deur sy familie omring.

Luidens ’n verklaring deur Haute Cabrière het Achim se verhaal lank voor sy dae by dié gewilde wynplaas begin

As ’n jong keldermeester het sy tyd by Boschendal die grondslag vir ’n suskesvolle loopbaan gelê.

Daar het hy een van Suid-Afrika se vroegste tradisionele vonkelwyne en die tweede Cap Classique in die land vervaardig

“Van die begin af het hy reeds verstaan wat baie nooit raaksien nie – dat wyn ’n kunsvorm kan wees en dat die grond self stories dra wat wag om onthul te word,” lui die verklaring.

Sy grootste liefdesverhaal het begin toe hy op ’n stuk grond in Franschhoek, wat hom aan Frankryk herhinner het, afgekom het.

Achim en sy vrou, Hildegard, het toe Haute Cabrière gestig en “’n droom ’n werklikheid gemaak”.

Die Von Arnim-egpaar was met Achim se afsterwe reeds langer as 56 jaar getroud en het vier kinders – Tanja, Takuan, Zoë en Tamo von Arnim.

oor risiko en beloning, oor familie, oor liefde en die strewe na iets groter as jouself,” het Hildegard in die verklaring gesê.

Aan die voet van die Middagkransberg het Achim aan sy eerste wynreeks by Haute Cabrière lewe gegee – die gewilde Pierre Jourdan

“Sy Cap Classiques was ’n huldeblyk aan die vallei se oorspronklike 17deeeuse Hugenoot-eienaar en het die gees van Franse sjampanje laat weerklink,” lui die verklaring.

“Met sy kenmerkende flair het hy ’n toekoms verbeel waar Suid-Afrikaanse bottels trots langs die wêreld se beste kon staan ”

Tydens ’n moeilike oesjaar, toe die druiwe te vinnig vir Cap Classique ryp geword het, het Achim ’n geleentheid gesien, eerder as ’n terugslag.

“Gegrond in sy oortuiging dat groot wyne gekweek word, het hy geneem wat die natuur hom gegee het en die Haute Cabrière Chardonnay Pinot Noir – ’n heel eerste vir Suid-Afrika – begin vervaardig.”

Vandag is Haute Cabrière en veral die Pierre Jourdan Cap Classique-reeks oral in Suid-Afrika te vind en word dit ook uitgevoer.

Luidens die verklaring was VonArnim ’n kreatiewe mens en het hy ook geskilder

Tanja is sedert haar ouers se aftrede die hoof van Haute Cabrière en Takuan die wynplaas se wyn-direkteur, terwyl Zoë op haar pa se nalatenskap voortbou in België, waar sy Haute Cabrière-wyne vir Europa invoer.

“Die verhaal van Achim en Haute Cabrière gaan nie net oor sprankelende wyn nie. Dit gaan oor mense Dit gaan

“Besoekers onthou die vonkel in sy oog, sy vrygewige lag en die manier waarop hy jou laat voel het asof die storie wat hy vertel, net vir jou bedoel is “Baie onthou hom die beste oor ’n gedeelde bottel wyn.”

Huldeblyke vir hierdie Cap Classique-baanbreker het van oral ingestroom – onder andere van die bekende RSG-omroeper Martelize Brink, wat in die Paarl woon.

Motivated objections or comments can be lodged in writing to Drakenstein Municipality PO Box 1, Paarl, 7622 or electronically to customercare@drakenstein.gov.za and copied to earl.cyster@drakenstein.gov.za. Note that submissions must comply with Section 50 of the Drakenstein Bylaw on Municipal Land Use Planning 2018 and must reach the Municipality by no later than 30 days after the date of the notification letter Persons who are unable to read or write, can submit their objections verbally at the Municipal Office, Berg River Boulevard, Paarl, where they will be assisted by a staff member, to put their comment/objection in writing. DATE OF NOTIFICATION: 18 December 2025 CLOSING DATE FOR OBJECTIONS: 30 January 2026 NM10040722-PL181225

Die Stellenbosch-munisipaliteit het verlede week ’n splinternuwe brug en veiliger ingangsroete in Lanquedoc geopen.
Achim von Arnim (80)
Hildegard en Achim von Arnim

Hou jou kinders vanjaar só veilig!

Met die Desembervakansie wat amptelik begin het, waarsku Badisa dat kinders vanjaar aan verhoogde veiligheidsrisiko’s blootgestel kan wees.

“Die kombinasie van langer dae sonder toesig, veranderde roetines, verhoogde alkoholgebruik en die algemene druk van die feestyd lei jaarliks tot ’n styging in voorvalle waarin kinders se veiligheid in gedrang kom,” sê Karoline September, ’n maatskaplike werker by Badisa.

September moedig ouers (en versorgers) aan om altyd te weet waar hul kinders is en sê die belangrikste beginsel is eenvoudig.

“Ouers moet te alle tye weet waar hul kinders is. Wanneer kinders sonder toesig rondbeweeg – veral in die vakansie – word hulle aan gevaar blootgestel. Probeer om jou kinders so ver moontlik by die huis besig te hou sodat hulle nie in die strate hoef rond te dwaal nie. As jy ’n werkende ouer is, moet jy jou kinders in betroubare sorg plaas,” moedig September ouers aan.

Badisa moedig ouers verder aan om verantwoordelik te kuier namate roetines in die feestyd verander. Ouers is meer sosiaal as gevolg van verskeie byeenkomste ook paardgaan.

se liker word na moet alkoholgeb belang risiko’s gelos ouers misbruik verhoog handeling slaan. ander is maak kinders gaan lik meenskap perke gesinne winkelsentrums voorbereiding

Matriekuitslae mag wel gepubliseer word, sê hof

Die Hooggeregshof in Pretoria het vandeesweek bevind dat matriekuitslae op openbare platforms gepubliseer mag word. AfriForum het die beslissing verwelkom en beskou dit as ’n oorwinning vir alle betrokkenes, maar veral vir die beskerming van die openbare belang. Die uitspraak is op 12 Desember deur ’n volbank regters gelewer. Die hof het bevind dat die Inligtingsreguleerder (IR) se argument dat leerders mekaar se eksamennommers sal memoriseer om uitslae te ontleed, eenvoudig onrealisties is.

Regters het verder beslis dat die publiseer van uitslae met slegs eksamennommers voldoende beskerming vir matrikulante se privaatheid bied ’n Kostebevel is ook ten gunste van AfriForum en die mediahuise wat as respondente opgetree het, gemaak.

Die saak oor of matriekuitslae in koerante en ander openbare platforms bekend gemaak mag word, is op 27 en 28 Oktober in die einste hof aangehoor

Volgens Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, dateer die geskil uit 2022 toe die Departement van Basiese Onderwys die publiseer van uitslae probeer verbied het. Regsaksie wat gevolg het, het destyds tot ’n bevel gelei dat die uitslae in openbare belang gepubliseer moet bly.

Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die matriekuitslae gepubliseer mag word

Bailey verduidelik dat die Inligtingsreguleerder aan die einde van verlede jaar weer probeer het om bekendmaking van die 2024-matriekuitslae te verhinder

Die poging om ’n interdik te verkry het egter misluk, waarna die huidige saak oor die meriete aangehoor is Sy sê matrikulante vra AfriForum jaarliks om te help verseker dat uitslae steeds in die media beskikbaar sal wees Die organisasie het daarom ook duidelikheid gesoek oor wanneer privaatheid beskerm moet word en wanneer openbare belang swaarder weeg. “Die uitspraak in hierdie saak dra by tot meer sekerheid hieroor,” sê Bailey. “Vanjaar se matrieks en dié wat nog volg, sal steeds toegang tot hul uitslae hê en AfriForum is dankbaar dat ons hul regte in hierdie verband kon beskerm.”

Badisa gee veiligheidswenke vir kinders oor die feestyd
Foto: Pexels

Gen Z is scaling Christmas down

With just one week remaining until Christmas 2025, groundbreaking research reveals that South Africa’s Gen Z population is fundamentally rewriting the rules of festive celebration. Instead of the traditional endof-year spending spree, young adults aged 18-25 are deliberately scaling back their December festivities, opting for smaller gatherings, modest gifts and tighter budgets.

The comprehensive study, based on months of campus fieldwork, digital behavior tracking, and over 400 qualitative touchpoints across South African universities, paints a clear picture of generational shift. Today’s young adults are designing what researchers call a “quiet December”, one built around emotional preservation rather than consumption

THERISEOF‘ANTI-DECEMBER’

“Gen Z isn’t opting out of December. They’re redesigning it,” explained Greg Potterton, Chief Growth Officer of BOO! Campus Media and author of the newly released Gen Z Futures Report 2025. “The big shopping baskets, big parties and big spending simply don’t match the emotional and financial reality of 2025.”

This intentional downsizing – dubbed the “anti-December” trend – is manifesting across multiple categories:

Mini-gifting: Young adults are choosing personalised gifts ranging from R80-R150, often handmade or carefully curated rather than expensive branded items.

Experience-light celebrations: Traditional expensive outings are being replaced with picnics, sunset walks, and intimate at-home rituals.

Emotional minimalism: The new

approach involves fewer plans, smaller social circles, and significantly reduced pressure to participate in elaborate celebrations.

Quiet joy rituals: Instead of grand gestures, Gen Z is embracing simple pleasures – skincare routines, candles, curated playlists, daily iced drinks and journalling.

BEYONDECONOMICCONSTRAINTS

While South Africa’s economic climate plays a role in this shift, researchers emphasise that financial pressure tells only part of the story. For many young people December has evolved from a month of performance to one of coping and emotional management.

“This generation is incredibly selfaware,” Potterton noted. “They know what drains them and what sustains them. So they are creating a festive season with less pressure and more grounding. It’s a quiet rebellion against holiday excess.”

The trend reflects broader changes in

youth culture, where wellness, mental health and emotional energy consistently rank higher than material display or social status Rather than chase expensive status items, Gen Z is investing in stability, calm and meaningful connection.

THENUMBERSBEHINDTHESHIFT

The Gen Z Futures Report reveals significant insights about this influential demographic:

Population impact: At 19 million people, Gen Z (ages 13-28) comprises 29% of South Africa’s population

Economic influence: By 2030 this cohort is projected to wield over R1,1 trillion in annual spending power.

Current influence: They already impact more than 80% of household purchasing decisions.

Financial priorities: 72% cite affordability as a major consideration, while 70% prioritise financial independence

Spending power: Despite many earning under R5 000 monthly, they save an average of R1 800 per month

Side hustles: Over 60% run additional income streams to manage cost-of-living pressures

MENTALHEALTHAND“SLOWLIVING”

The research reveals that up to 40% of Gen Z individuals struggle with anxiety, viewing rest and scaled-back celebrations as acts of rebellion against academic burnout, financial stress and climate pressures This has led to a preference for “slow communities”, real-world connections and deliberate living over the burnout associated with hyper-speed digital life.

“Today’s 20-somethings favour re-wearing, upcycling and spending on investment pieces with longevity that express

authentic identity, rather than rapid turnover of micro-trends,” the report notes. Remarkably, 73% are willing to pay more for products that align with their values rather than follow the latest trend

IMPLICATIONSFORBRANDSANDRETAILERS

This generational shift carries significant implications for businesses hoping to capture Gen Z loyalty. The research suggests traditional holiday marketing strategies focused on excess and consumption may miss the mark entirely.

“Gen Z is shifting from mere aesthetics to the underlying value of brands,” Potterton explained. : They seek companies that demonstrate genuine commitments to sustainability, diversity, and ethical practices, with 61% describing themselves as ‘forever customers’ when brands deliver on authenticity, quality and value.”

For brands looking to connect with this demographic during the festive season and beyond, the message is clear: bigger doesn’t equal better. Companies that can tap into intentionality, emotional ease, and accessible delight will win relevance with South Africa’s most influential emerging consumer group.

As Gen Z continues to reshape consumer culture, their quiet revolution in festive celebration may signal the beginning of a broader transformation in how South Africans approach seasonal spending, community building and the pursuit of joy.

• The Gen Z Futures Report 2025 was compiled through extensive campus fieldwork, digital behaviour analysis and qualitative research across South African universities. The full report is available through BOO! Campus Media.

South Africa’s Gen Z population are deliberately scaling back their December festivities, opting for smaller gatherings, modest gifts and tighter budgets Photo: AI Generated

Ascension Anglican’s tell the story of the birth of Jesus TheAscensionAnglicanChurchrecentlyhadtheirNativityplaywherethebirthofJesuswasportrayedbythecongregation’sSundayschoolchildren

Fourstars groet gr.R-leerders met glansryke afskeid

Die Fourstars-dagsorgsentrum het onlangs van sy gr R-leerders, wat volgende jaar met laerskool begin, afskeid geneem Die kleintjies was al te pragtig vir hul onlangse “mini-matriekafskeid”, wat hulle saam met hul maats, opvoeders en ouers geniet het, opgetof Raylen spog met dux-beker

Courtrai

se meisies skitter in tennis

Die Laerskool Courtrai se o 13A-meisies-tennisspan het ’n uitstekende jaar agter die rug Hulle sluit die jaar af as Rising Stars se nasionale kampioen, waaraan meer as 800 skole deelgeneem het Die span het ’n besondere prestasie behaal deur al sy wedstryde gedurende die Wynland-, Wes-Kaap- en nasionale kampioenskappe te wen Uitslag by die nasionale kampioenskappe: Die Laerskool Courtrai klop Volkskool 3-0; klop Unika 3-0; klop Eureka in die halfeindstryd 3-0 en klop Stirling in die eindstryd 3-0 Van links is Mienke Troskie, Elisa Ehlers, Lara Schwabe en Munke Blom – al vier vanjaar in gr. 7.

is onlangs as dié skool se duxleerder aangewys Baie geluk, Raylen! Die skoolgemeenskap is baie trots op jou Foto: Karel Cupido

Laerskool Courtrai laat die kishoue reën

Mckenzee vir goeie werk vereer

Photo: by Noël Teba
is,
links: Christian van der Burgh (gr 5), Joha Lerm (gr 5), John Middleton (gr 5) en Daniel Malan (gr 5)
Die meisiespan is, van links: Ameli Engelbrecht (gr 2), Ane Blom (gr 2), Jani Barry (gr 3) en Karla Stadler (gr. 3).
former learners from La Rochelle Girls’ High and Paarl Boys’ High respectively graduated from Stellenbosch University as medical doctors with their MBChB degrees They look forward to serve others in the career that they’ve chosen At the back from left are Carla Theron and Leanka Lombard Standing in front from left are Sameera Seria, Elouise Lourens and Johanné van der Westhuyzen
Boys’ High learners, who form part of the class of 2019, graduated Cum Laude From left are Kian John Ontong, Auden Jacobs and Emile Scriba

18 Desember 2025

Landelike Week-titel in die sakkie

Bolanders onoorwonne

DavidRossouw

Die Boland-o 17-krieketspan het op Maandag 9 Desember in Nelspruit gewys dat hy die land se beste ontwikkelingstreek in Suid-Afrika en die Wes-Kaap is toe hy Krieket Suid-Afrika se o 17- Landelike Weektitel in ’n spannende eindstryd teen Limpopo gewen het Die span het met dié oorwinning die week onoorwonne afgesluit.

Bombelas se 7’s-reeks slaag

Newton Bombelas het onlangs ’n baie suksesvolle 7’s-toernooi aangebied, waaraan 24 van die beste spanne in die Wes-Kaap deelgeneem het

Die prysgeld van R60000 het natuurlik veroorsaak dat spanne mekaar sommer vroeg-vroeg behoorlik die stryd aangesê het Die toeskouers het ook al vroeg hul sitplekke ingeneem en gereed gemaak vir die groot drama wat later in die dag sou volg

Die vroëe gunstelinge was Jaguars, Roses, Witzenberg Blitsies, Jlo’s, Chicago Bulls, Paarl Warriors, Phoenix, Rising Stars en Gel Squad

Die vonke het in die groepfases reeds gespat en die skare is met vernuftige spoed en grasieuse hanteerwerk op bewegings uit die boonste rakke getrakteer Die teenwoordigheid van Alshaun Bock (oud-7’s-Springbok-speler en Boland-Kavaliers-hulpafrigter), Jaquin Jansen (oud-Kavalier) en talle WP- en Boland-klubamptenare het groter glans aan die geleentheid verleen

In die vroeër wedstryde van die week is die korter weergawe T20-wedstryde beslis, maar op die laaste dag van die toernooi is dit verander na die 50-boulbeurt-formaat Limpopo, wat die loot gewen het, se besluit om eerste te kolf het teen hom getel omdat Boland se boulers hulle met akkuraatheid van die eerste bal af onder druk geplaas het Met hul telling op 22/6 in 10 boulbeurte het Limpopo gesteier en dit was net ’n fomaliteit wanneer Boland die uitklophou sou plant

boulersdiepte en akkurate boulwerk onderstreep het

Ongelukkig kon Boland nie die uitklophou plant soos verwag is nie, en Limpopo is toegelaat om te konsolideer Luhan Drotskie het vir Limpopo weerstand gebied met ’n vasberade 24 lopies van 46 balle, maar selfs sy poging kon nie verhoed dat Limpopo vir ’n skamele 73 uitgeboul is nie Goeie veldverk deur Boland het drie uitlope tot gevolg gehad, wat Limpopo verder in ’n moeilike posisie geplaas het Boland se boulers het as ’n eenheid uitgestaan en Bryan Cochrane het met goeie spel in sy tien boulbeurte 2/19 geneem, terwyl Therenzo Jacobs die middelorde met 2/15 in net vyf boulbeurte onder druk geplaas het

Briljante boulwerk deur Adriaan Krynauw het toegesien dat Dumisani Negwenya skoongeboul word en met sy eerste bal in die 41ste boulbeurt Limpopo se lot geseël – ’n vertoning wat Boland se

Die teiken van 74 het na ’n formaliteit gelyk, maar met krieket se onvoorspelbaarheid het Limpopo teruggeveg en Boland se toporde vasgepen om te verhoed dat hulle die oorhand kry Met paaltjies wat met tussenposes geval het, het Daniel Adonis ’n ankerbeurt vir Boland gespeel en sy kalmte gedemonstreer Sy onoorwonne 39 van 87 balle, ’n meesterbeurt wat een grenshou ingesluit het, was ’n toonbeeld van groot wedstryd-temperament van ’n topklasspeler in wording

Tiaan Haasbroek se uitstekende 4/10 het Limpopo in die wedstryd gehou, terwyl AJ Galloway hom met 2/22 goed ondersteun het. Adonis het nie geswig onder Limpopo se boulers nie, maar Boland gehelp om uiteindelik 74/8 in 26 5 boulbeurte te bereik om die titel met twee paaltjies te wen

Toe die toernooidirekteur, Leon Coetzee, die trofee aan die Boland-span oorhandig, was die vreugde van sukses op die seuns se gesigte duidelik sigbaar As wenners van die Landelike Week-trofee het hulle die week onoorwonne afgesluit sonder om ’n enkele wedstryd te verloor – ’n merkwaardige prestasie vir enige span

Boland het met dié oorwinning nie net gewys dat hy die beste plattelandse span is nie, maar ook die streek se diepte van sy jong kriekethelde beklemtoon

Ná die groepfase het die uitkloprondes gevolg en natuurlik was die nodige drama deel daarvan Die manne het mekaar behoorlik gelak en in die grond in gedryf en spoed was soos altyd in 7’s rugby deel

In die eerste halfeindronde het die Gel Squad (Robertson) en Witzenberg Blitsies kragte gemeet Witzenberg Blitsies was seker die span wat die meeste beïndruk het met hul hegte verdediging en flinke voetwerk Hulle het deurgedring nadat Roses teen Jaguars vasgeval het, wat die

ander indrukwekkende span op die dag was In die Bowl-eindstryd het Citrusdal (12) met rising Stars (7) afgereken In die Plaat-eindstryd het Chicago Bulls (19) Phoenix (12) kafgedraf Dit was egter in die Beker-eindstryd waar die Witzenberg Blitsies met die hoogaangeskrewe Jaguars kragte gemeet het Die wedstryd het ná gewone speeltyd dramaties op 12-12 geëindig Ekstra tyd moes gespeel word en Jaguars het met ’n skitter-breekslag deur Diago Julies die wendrie aangeteken Newton Bombelas gaan hierdie toernooi jaarliks aanbied en dit een van die grootstes in die provinsie maak Die speler van die toernooi was Jaybee van Witzenberg JaydenvanWyk van Jaguars het die meeste drieë (7) gedruk

Firing up for Betway SA20 ’26

The fourth season of the Betway SA20 will take place in a new festive window from 26 December to 25 January, giving holidaymakers and those on staycations access to non-stop cricket action and entertainment.

The opening match at Newlands on Boxing Day, 26 December, between defending champions MI Cape Town and Durban's Super Giants, promises electrifying fireworks to start the season The clash will set the tone for an exciting line-up of opening-week fixtures across six stadiums – Newlands, Pretoria, Paarl, Durban, Gqeberha and Johannesburg.

With all six 19-player squads confirmed following a record-breaking auction, attention now turns to the star quality of local and international players who will be lighting up the stage Fans will be treated to some of world cricket’s superstars, with Kagiso Rabada, Jos Buttler, Dewald Brevis, Tristan Stubbs, David Miller and Faf du Plessis bringing their experience and flair to the competition.

Tickets for all fixtures are available through SA20’s official ticketing partner, Ticketpro, via www.SA20.co.za and at the six stadium ticket offices.

Ons bedank u vir u olgehoue ondersteuning ie afgelope jaar en wens u ’ n voorspoedige en eilige Feestyd saam met u geliefdes toe. en

Die Boland Landelike- o 17-krieketspan
Creshum Adonis van Young Gardens op loop met die bal in hul wedstryd teen Paarl Warriors

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.