Die Akademia-kampus in die Paarl is Woensdag (15 Oktober) amptelik bekendgestel met ’n spoggeleentheid op die kampusterrein by Bredastraat 1 Van links: André Verhoog (bestuurslid van die Paarlvallei- prinsipale vereniging), JD Symington (Akademia-direksielid), Daniël Maritz (kapelaan en bestuurder van die NP van Wyk Louw-Sentrum), Henk Schalekamp (Akademia-direksielid), prof Danie Goosen (Akademia), Heinrich Wyngaard (seremoniemeester en voorsitter van die Kaapse Forum), Marthinus Visser (besturende direkteur van Akademia), Jannet Davel (Akademia se hoof van personeel en ontwikkeling) en Gawie du Toit (hoof van Akademia Paarlkampus) Foto’s: Jana Scheepers
Akademiaopendeure
Jana Scheepers
Akademia het gister (Woensdag 15Oktober) ’n nuwe hoofstuk in die Afrikaanse hoëronderwys geskryf met die amptelike opening van sy splinternuwe kampus in die Paarl. Dié onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling, wat reeds in Pretoria gevestig is, brei nou sy voetspoor na die Wes-Kaap uit.
Die kampus, geleë in Bredastraat 1, is op ’n spoggeleentheid aan die gemeenskap en voornemende studente bekendgestel. Voltydse studente sal hul studies hier in 2026 kan begin, terwyl na-uurse studente ook van die kampus gebruik sal maak.
Akademia het sy deure die eerste keer in 2011 geopen.
Volgens Marthinus Visser, die besturende direkteur van Akademia, verteenwoordig die opening die verdieping van ’n vertrouensverhouding tussen die instelling en die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe in die Wes-Kaap
“Sakeondernemings, alumni en ondersteuners het hande gevat met geloof in ons visie. Hierdie kampus behoort nie net aan Akademia nie; dit behoort aan elkeen wat glo in die waarde van moedertaalonderrig,” sê hy. Gawie du Toit, die Paarl-kampushoof, het beklemtoon dat die Afrikaanse taalbeweging sy oorsprong in die Paarl het.
“Hierdie streek se onderwysers, digters en denkers het bewys dat moedertaalonderrig nie ’n voorreg is nie, maar ’n verantwoordelikheid. Die opening van die kampus – in die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal – voltooi as’t ware die kringloop van die taal se geskiedenis,” sê hy.
Verskeie leiers het hul ondersteuning op die geleentheid uitgespreek. Heindrich Wyngaard, die voorsitter van Kaapse Forum, het gesê Akademia help bou aan ’n “keerwal teen onkunde en intellektuele vervlakking”. André Verhoog van die Paarl-Vallei- prinsipale vereniging het dit ’n “mylpaal vir alle Afrikaanse gemeenskappe” genoem
Stephen Korabie, die burgemeester van
die Drakenstein-munisipaliteit (DM), het die instelling verwelkom en gesê dit versterk die munisipaliteit se doelwitte van ekonomiese groei en vaardigheidsontwikkeling
Die kampus beskik oor moderne lesingslokale, oop ruimtes waar voltydse of na-uurse studente kan werk, ’n biblioteek, die Sowel-As-koffiewinkel, genoeg parkering en Die Winkel vir Akademia-handelsware. Sowat 340 studente sal in 2026 hier verwelkom word, met verwagtinge dat dié getal teen 2032 die 2000-kerf sal oorskry Akademia het vroeër vanjaar voorwaardelike goedkeuring van die raad van hoër onderwys se gehaltekomitee vir die vestiging van die Paarl-kampus ontvang en is in Januarie 2011 as ’n hoëronderwysinstelling geregistreer
Volgens Visser sal Bredastraat 1 se tweede en vierde vloer Akademia vir sowat vier tot vyf jaar huisves, waarna die instelling hopelik grond in die munisipaliteit sal koop om die kampus, asook koshuise, permanent op te rig. Hy het verduidelik dat die Paarl, naas
Pretoria as kampus gekies is omdat die instelling in ’n driehoek geleë wou wees, tussen Kaapstad se noordelike voorstede, Stellenbosch en die Paarl. Hy voeg by dat hul navorsing getoon het dat die dorp geskik is vir studente en die kampuslewe – veral weens die legio Afrikaanse skole – en dat die DM ook met die goedkeuring van die bouplanne hand aan hand met die instelling gewerk het. Hoewel Akademia ’n Afrikaanse en Christelike hoëronderwysinstelling is, word voornemende studente van ander tale en gelowe aangemoedig om ook aansoek te doen mits hulle nie besware teen hiérdie model het nie.
Vakgebiede wat Akademia tans aanbied, sluit in ekonomie, geesteswetenskappe, natuurwetenskappe, opvoedkunde en regte
Volgens Visser is die instelling voortdurend besig om uit te brei en beplan Akademia nie om hier halt te roep nie, met landboukursusse wat binnekort vir die Pretoria-kampus beplan word. Besoek Akademia se webwerf (akademia.ac.za) vir nog inligting.
Een van die Akademia Paarl-kampus se lesingslokale.
Die kampus se koffiewinkel, genaamd Sowel-As
Kan sportveld gered word?
Rasaad Adams
Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek gesê te midde van grootskaalse vandalisme, diefstal en die voortslepende bendegeweld in die gebied kan hy in hierdie stadium nie sê of daar hoop is om die Weltevrede-sportterrein in Wellington in die nabye toekoms tot sy voormalige glorie te herstel nie.
tuur het die terrein mettertyd onbruikbaar gemaak.
“Die Weltevrede-sportfasiliteit is tans buite werking as gevolg van grootskaalse vandalisme en diefstal
“Gevolglik laat die munisipaliteit nie toe dat enige geleenthede by die fasiliteit plaasvind nie en word die fasiliteit nie vir enige byeenkomste verhuur nie
“Geen gemagtigde rugbywedstryde word by Weltevrede gespeel nie
Die Drakenstein-munisipaliteit sê dit is tans moeilik om te bepaal of die Weltevrede-sportterrein in Wellington gered kan word. Foto: Rasaad Adams
Galloping ahead
Jana Scheepers
At just 12 years old Paarl’s own Lienke Uys is galloping her way into the national spotlight, proving that passion, perseverance and a perfect partnership can take you far in the world of equestrian sport.
Since first riding at age 7 Lienke, from Wellington, who is currently being homeschooled, has shown remarkable dedication to the discipline of Western Mounted Games, a fast-paced equine sport demanding precision, agility and trust between rider and horse
Her journey has not been without obstacles, especially in her search for an ideal equine partner, but through determination and hard work she found that bond with Petrus (14), an Arab, the horse that would carry her to record-breaking success, mom Margot Uys said
This year marked a turning point in Lienke’s riding career Within just seven months she and Petrus advanced to Child Level 4 Gold Division status in the South African Western Mounted Games Association (SAWMGA), an extraordinary achievement for such a young competitor, the proud mother said, and her hard work had landed her three sponsors.
Along the way the pair shattered three provincial records and clinched the title of Overall Level 4 Gold Division Toyota Regionals Winner for the Western Province, a distinction that recognises outstanding performance across all age groups.
Their impressive momentum continued at the SAWMGA National Championships held in Parys from 6 to 10 October, when Lienke and Petrus represented
Promosie-artikel
the Western Province team Guided by trainer Joshua Menhinick of Fusion Horsemanship, the pair secured an 11th place in the Overall South African Gold Division, Child Level 4 category.
Now Lienke’s journey is set to reach even greater heights. She has received an official invitation to represent the Western Cape at the Barrel Racing SA National Championships, which take place in Ermelo, Mpumalanga on 5 to 6 December.
There she will compete for prestigious titles, including Youth Champion and Open Champion of 2025 on an American Quarter horse.
Barrel racing, a thrilling American rodeo-inspired discipline, challenges horse and rider to race around a clover-leaf pattern of barrels with speed and precision
The sport, which includes events such as pole bending, is rapidly gaining popularity in SA through the efforts of Barrel Racing South Africa (BRSA), a registered non-profit promoting it at all levels.
Maand sonder sosiale media
Jana Scheepers
Twee Drakenstein-inwoners het besluit om aan die globale NoSo-November-veldtog deel te neem en vir 30 dae hul sosialemediaverbruik te verminder of heeltemal uit te skakel.
Iske Conradie van die Paarl en Petronella Strauss (18) van Wellington is twee niggies wat hierdie uitdaging saam en vir ’n tweede keer aanpak nadat hulle dit reeds verlede jaar gedoen het.
Die NoSo-November-veldtog moedig deelnemers aan om hul gebruik van sosiale media in November te verminder of geheel en al te staak, met die doel om tyd meer doelbewus aan te wend en van sosiale media en die negatiewe invloed wat dit kan inhou, afstand te doen.
Die veldtog is volgens Conradie deur die Noord-Amerikaanse Maddie Freeman van stapel gestuur. Sy het vanjaar op Forbes se onder 30-lys vir haar betekenisvolle bydrae tot onderwys en haar sosiale impak verskyn
Conradie is tydens die voltooiing van haar meestersgraad in 2022 in eko-sosiale ontwerp in Italië aan Freeman bekendgestel. Die studie het ondersoek hoe Generasie Z (Gen Z) sosiale media ervaar en gebruik en hoe hulle self oplossings kan ontwerp om gesonder en meer menslike digitale gewoontes te bevorder Conradie se meesterstesis, Screenage Experiences, het haar onderneming, Design My Screen Time, geïnspireër Sy kweek bewustheid by gr.6- tot gr.12leerders en hul ouers oor die verslawende ontwerp van sosialemediatoepassings “deur kreatiewe ontwerpklasse in plaas van skermtyd-preke (wat nie goed werk nie), te gebruik.”
Volgens Strauss neem sy weer aan die veldtog deel om haar aandag ten volle op haar matriekeindeksamen wat voorlê, toe te spits.
‘Beste venue nóg!’ vir ’ n buitelewe-ekspo
Hou Vrydag 7 tot Sondag 9 November 2025 oop vir dié beste Buitelewe-en-avontuur-ekspo om te besoek – in die oulike dorpie Grabouw
Die tuiste van die Buitelewe-en-avontuur-ekspo Grabouw is die Elgin Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam, wat aan die Hottentots-Hollandnatuurreservaat naby Hermanus, Stellenbosch en Caledon grens en is 65 km van Kaapstad af (minder as ’ n uur se ry) Dagbesoekers is dol oor die buitelewe-en-avontuur-leefstyl-ekspo, die “suiwerste buitelewe-en-leefstyl-ekspo” om in die natuur met al die buitemuurse aktiwiteite te wees
Vanjaar stel die uitstallers weer alles vir die buitelewe ten toon – woonwaens, sleepwaens, 4x4-voertuie en 4x4-toerusting, kamptoerusting, braaiers, bergfietse, e-fietse buiteklere en baie meer Al die koswaens, ’ n biertent en ’ n kinderspeelruimte is reg langs die uitstalruimte Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo Grabouw het geweldig gegroei sedert sy bekendstelling in 2023 en het elke jaar verdubbel Ons kernsukses lê in die unieke produkaanbod by asemrowende plekke in die natuur; gefokus op suiwer buiteleweleefstyl, avontuur en aktiwiteite, sê André Verster, die organiseerder van die geleentheid
Sy gaan wegdoen met onder meer Netflix, Instagram, TikTok, YouTube en Facebook, sowel as aanlyn inkopieplatforms nadat sy tydens verlede jaar se NoSo-November-veldtog besef het hoeveel tyd sy hieraan bestee terwyl sy iets meer produktiefs sou kon doen.
Conradie sê sy doen dit om “rustigheid in [haar] kop te kry” en om te fokus en teenwoordig te wees op iets buiten wat op die internet aangaan. Sy sien daarna uit om meer te lees, meer werk gedoen te kry, meer kreatief te wees en “in die oomblik te leef”
Volgens Strauss het sy sedert verlede jaar se veldtog steeds nie die YouTubetoep op haar slimfoon nie en moet via Google toegang verkry. Sy het ook nie Netflix nie, wat haar dwing om dit op die televisie in haar ouerhuis te gaan kyk. Sulke klein veranderings maak dit moeiliker vir haar om op sosiale media te wees en sy verkies dit so.
Vir hierdie 30 dae gaan Conradie en Strauss verskeie sosialemediatoepassings van hul selfone verwyder – en nêrens oopmaak totdat November verby is nie Dié twee moedig ander ook aan om dieselfde te doen.
Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo is die naweek van 9-11 November by die Elgin Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam
“Dit is NIE ’ n musiekfees nie; dit is nie ’ n vlooimark nie; dit is nie ’ n landbouskou nie – dit is n outentieke buitelewe-ervaring Ons het ’ n nuwe Bestemmings-enavontuursentrum by die Grabouwgeleentheid vir 2025 bygevoeg, met uitstallers vir ontspanningsbestemmings avonture soos ziplyne, voetslaan en 4x4en veldryfiets-vriendelike roetes
Die Buitelewe-en-avontuur-ekspo is n wonderlike dag-uitstappie vir die hele gesin, terwyl honde aan leibande welkom is
Hoëgehalte-uitstallers is byderhand en wys die jongste toerusting – alles van kampeergoed en tente tot praktiese en deftige veldrywaens en -sleepwaens tot watersport-toerusting soos kajakke.
Lienke Uys (12) riding her Arab, Petrus (14)
Photo: Supplied/ Margot Uys
Petronella Strauss (18) en Iske Conradie Foto: Verskaf/ Iske Conradie
Fret-liefde loop skeef
Al drie die diertjies wat glo verlede Saterdag (4 Oktober) deur 'n vrywilliger van die Exotic Animal World Klapmuts gesteel is, is veilig "terug by die huis"
Dit volg nadat 'n vrou wat by die sentrum, voorheen bekend as Butterfly World, betrokke was, na aanleiding van haar omgewingsverrykingsprogram blykbaar gedink het sy kon drie frette "'n beter lewe gee"
Die personeel is geskok deur die vrywilliger se optrede, aangesien die sentrum die afgelope drie dekades nog nie 'n soortgelyke voorval gehad het nie Die sentrum spesialiseer as 'n toevlugsoord vir onder meer spinnekoppe, ape, slange en voëls wat of deur hul eienaars oorgegee is of deur plaaslike owerhede afgevat en in die sentrum se sorg geplaas is Volgens Esther Van der Westhuizen, die eienaar van die sentrum, het hulle 'n paar minute nadat die vrywilliger huis toe is, besef die frette is weg. Die personeel, wat besig was met inleidings aan besoekers tussen die sessies met die diere, het haar toe geskakel om te vra of sy die frette van een hok na 'n ander geskuif het Sy het toe gebieg sy het die diertjies geneem en die hasepad gevat
"Frette is op CapeNature se swartlys en mag nie as troeteldiere in die provinsie aangehou word nie Hulle is klein, maar wrede roofdiere en het die vermoë
om 'n vernietigende indringerspesies te wees, soos in Nieu-Seeland, waar hulle kleiner diere wat hulle as prooi jag, uitwis," verduidelik Van der Westhuizen
Die sentrum het onmiddellik na die vrou begin soek 'n Klagte is aanvanklik by die Klapmuts-polisie weens die diefstal aangemeld en is intussen na die eenheid vir bedreigde spesies en veediefstal in Kuilsrivier oorgeplaas
AO André van Greunen van dié betrokke eenheid het gehelp om die frette op te spoor
“FRETTE
nie in die provinsie aangehou mag word nie Die spesies kan moontlik 'n indringerspesie word, of dit is skaars en beskermde spesies
"Baie diere word onwettig in die provinsie aangehou – hulle is óf op die swartlys en is dalk glad nie in die provinsie nie, óf hulle word sonder die nodige permitte aangehou
"Ons fasili- teit het van tyd tot tyd diere waarop beslag gelê is, ontvang om hulle veilig te bewaar terwyl hofsake aan die gang is "
IS OP CAPENATURE SE SWARTLYS EN MAG NIE AS TROETELDIERE IN DIE PROVINSIE AANGEHOU WORD NIE
Van der Westhuizen sê hoewel die vrywilliger aanvanklik gesê het een van die diertjies is in haar sorg oorlede, het die personeel haar nie geglo nie en al drie frette is gevind Die frette is die afgelope Maandag aan die sentrum terugbesorg
"Eksotiese diere kan enigiets van papegaaie en slange of tarantulas en visse wees Die diere is vrylik by troeteldierwinkels beskikbaar
"Die probleem is dat sommige eksotiese diere, wat as troeteldiere beskikbaar kan wees, dalk
Diere wat uit onkunde verkeerdelik na omgesien word, kan siektes soos diabetes en orgaanversaking weens wanvoeding ontwikkeling
Van der Merwe sê hulle het baie diere oor die jare ontvang wat goed versorg is, maar weens onkunde probleme ontwikkel het
"Ons sal nooit aan mense sê om nie 'n spesifieke dier as troeteldier te hê nie, maar om 100% seker te maak hulle weet wat die toekoms van daardie dier in hul sorg sal wees Ons sê gewoonlik vir ons besoekers dat daar duisende katte en honde in skuilings is – neem eerder een van hulle aan " Mense wat misdrywe teen beskermde of eksotiese diere pleeg, kan vervolg word CapeNature het vandeesmaand die uitspraak teen Gustigu Mthini (38) verwelkom nadat hy in Februarie 'n gevlekte ooruil, 'n beskermde spesie, op die Seepunt-promenade met 'n stok gemartel het Mthini is in September deur in die Kaapse
landdroshof skuldig bevind aan dieremishandeling, die jag van 'n bedreigde spesie en onwettige jag deur middel van 'n verbode jagmetode 'n Vierde aanklag teen hom het met immigrasie-oortredings te doen gehad Mthini is met 'n boete van R12000 of 12 maande tronkstraf gestraf "Hierdie skuldigbevinding stuur 'n sterk boodskap uit – dat die onwettige en wrede behandeling van ons wildlewe nie geduld sal word nie CapeNature bly daartoe verbind om nou saam met ons vennote te werk om te verseker dat oortreders aanspreeklik gehou word Elke dier het 'n rol in die handhawing van die balans van ons ekostelsels om te speel," het dr Ashley Naidoo, die hoof van CapeNature, gesê Die plaaslike sentrum het intussen besluit om nie sy vrywilligersprogram te sluit nie
"Aanvanklik het ons 'n skok-reaksie gehad waar ons die vrywilligersprogramme wou kanselleer, maar dit is die eerste keer in 30 jaar dat so iets gebeur Boonop is ons jongvrywilligers-program doeltreffend en werk dit sonder enige probleme, dus sal ons nie daaraan raak nie Ons sal net beter beheer instel om 'n herhaling te voorkom," sê Van der Westhuizen Sers. Madilyn Dombas, 'n woordvoer- der vir die Klapmuts-polisie, bevestig niemand is in verband met die saak in hegtenis geneem nie en die saak word steeds ondersoek •Die publiek word versoek om omgewingsmisdaad met betrekking tot wilde diere per e-pos aan info@capenature co za of Law enforcement@westerncape gov za of op die 24-uur- tolvrye voorvallyn by 0800205005 aan te meld
Die personeel van Exotic Animal World was vandeesweek verheug om dié drie frette, wat na bewering deur ‘n vrywillger gesteel is, terug te kry Foto: Exotic Animal World/Facebook
A medical milestone
Rasaad Adams
After depending on a hearing aid for more than 30 years 69-year-old former teacher
Hendrina Nel experienced what some may still see as a miracle – the gift of hearing. But really, she was at the receiving end of medical excellence at its finest; Nel received a cochlear implant, the first of its kind performed in Paarl, at the Cure Day private hospital on Wednesday (15 October)
This groundbreaking operation was carried out by ear, nose and throat (ENT) specialist and cochlear-implant surgeon Dr André van Straten, marking a new chapter in advanced hearing-restoration services in the region.
Shortly before going into theatre Nel, who once taught in Virginia in the Free State, told Paarl Post she was grateful for this opportunity after more than three decades’ severe hearing loss.
“I am grateful to God for this opportunity, as I had to rely on a hearing aid all these years It was quite challenging as a teacher.
“I would often walk up to students, to listen to them and, often, also to read their lips. It was not always easy; I often made mistakes and misheard a lot of things.
“This is a new chapter and
one I am so grateful for.”
Following the procedure Nel was expected to regain substantial auditory function, dramatically improving her quality of life.
“I just want to hear my grandchildren clearly again.
“I’m looking forward to being part of conversations and hearing better every day.”
“It is indeed a privilege to be part of Mrs Nel’s hearing-restoration journey,” said Van Straten.
“Cochlear implants offer new hope to patients who no longer benefit from hearing aids It is truly rewarding to be part of a team of professionals who help someone reconnect with the world around them.”
Hospital Manager Anel
Scheepers added: “This milestone demonstrates our commitment to medical excellence and patient-care innovation. We are excited to offer such transformative procedures locally and look forward to many more.”
Local audiologist Tamara van Zyl, who has been part of Nel’s journey to hearing since she moved to the Boland, was also present during Wednesday's procedure.
Cure Day Hospital, Paarl, which forms part of the Cure Day Hospitals Group, continues to expand its scope of specialised surgical services with this latest achievement.
The procedure forms part of its mission to offer cutting-edge medical care in a comfortable, patient-friendly environment.
Cat rescued from pole
Rasaad Adams
On Monday (13 October) Wellington SPCA was called out to Benjamin Street, Wellington to rescue a cat that reportedly had been stranded on top of an electric pole for three days
The cat, about 5 months old, was classified as a stray and received treatment at the local SPCA before being put up for adoption.
The association’s Elizabeth Down said such incidents are quite common.
“Apart from being severely dehydrated he is still in a pretty good condition Up to now we have not been able to determine whether he had indeed spent three days on this pole. This was the information we received from the caller.
“In most cases when cats find themselves in such situations it is because they were chased by another animal. It is only when they are up there that they realise just how high they have climbed.
“The idea that he could just get down, for cats always land on their feet, is not always that simple. In this case the feline in question was only 5 months and, frankly, they can still be severely injured even when landing on their feet.”
The public is appealed, in such situations, to contact their local SPCA or the fire department urgently.
Down said the cat in question, now named Benjamin, would be kept for seven days before being put up for adoption.
“With strays we always wait for seven days in case an owner comes along and claims them. In the meantime we hope to get the cat sterilised.”
She said Wellington SPCA does not have an in-house veterinarian and would outsource such services to a private practitioner in the area
The sterilisation of cats can cost R600-R700. Down said there are several other costs involved to ensure the overall health and well-being of the animal in question
Wellington SPCA cannot support animals in need without financial support.
The public can support the good work of the association by making a donation
It can therefore be contacted on 021 864 3726 for more information
Hendrina Nel (69) and her audiologist Tamara van Zyl shortly before the operation on Wednesday (15 October) Photo: Rasaad Adams
This cat was stuck on top of an electric pole in Benjamin Street, Wellington was rescued by the local SPCA on Monday (13 October)
Comment on waste management
Jana Scheepers
Drakenstein residents have until 30 November to comment on Drakenstein Municipality’s (DM) newly proposed Integrated Waste Management Bylaw, which sees several changes to waste management in the valley, including the disposal of compost and a ban on single-use plastics such as straws.
According to Thys Serfontein, DM’s Senior Manager of Solid Waste, the municipal council is expected to approve the bylaw by February 2026.
The municipality is taking a gradual approach to introducing the proposed bylaw. At one of the stakeholder meetings held to date, specifically with the Drakenstein Business Chamber on 10 October, the DM outlined the intended objectives of the bylaw, Serfontein said
To aid with enforcement, the municipality is currently in the process of
appointing two “Bylaw Enforcement Officers”. The officers will play a key role in ensuring compliance with the municipality’s proposed bylaw While the municipal council is taking a phased approach to allow stakeholders time to adapt these officers will be responsible for applying penalties if individuals or businesses fail to meet the requirements once the bylaw is in effect, Serfontein explained The DM did not provided details on the measures the “Bylaw Enforcement Officers” will undertake to implement the proposed Integrated Waste Management Bylaw
SINGLE-USEPLASTICS
One of the main elements of the proposed bylaw is the prohibition of “single-use plastics” including items such as “straws, polystyrene cups and containers and plastic stirrers”
This measure supports the aims of the National Environmental Management Waste Act 58 of 2009, which encourages
waste sent to landfills, with composting identified as a key solution For residents in high-density areas, such as in flats or retirement homes, where home composting might not be feasible, the first phase of a new com-
Other noteworthy points on the draft Integrated Waste Management Bylaw include:
Chapter 1, section 4, point 1(g): The occupier living in the main buidling is responsible for providing vidence to DM
Drakenstein Municipality’s refuse transfer station in Distellery Street in Paarl. Photo’s: Jana Scheepers
A machine called Food 2050, which processes leftover food into a soil enhancer that the DM keeps on their site at the refuse transfer station in Distellery Street in Paarl.
En nou is ons uiteindelik klaar met skool!
Paarl Post
Laaste hekkie vir matrieks
Die vreugdevure brand hoog onder matrikulante in die Drakenstein, wat hierdie week hul laaste amptelike week op die skoolbanke deurgebring het voordat die aanvang van die nasionale seniorsertifikaat-eksamen op 21 Oktober begin
Die vryheidsgevoel wat hierdie week ervaar is toe matrieks vir oulaas die skoolbanke gegroet het, is wel kortstondig met die senutergende laaste skooleksamen wat die volgende paar weke voorlê – die laaste bruggie wat die gr 12’s moet oorsteek voordat hulle die lang verwagte grootmenswêreld betree, wat talle as die uiteindelike vryheid beskou – die tyd waarin hulle meer onafhanklik raak; wanneer ander die studentelewe betree; ander nie kan wag om met hul eerste werk te begin sodat hulle hul eie geld kan verdien en “kan koop wat ons wil” nie
As kind lyk die grootmenswêreld dikwels baie aanloklik, maar met die jare raak die verlange na die eenvoud van kindwees al groter en besef ’n mens dikwels dat jy dit omgewens het terwyl dit eintlik baie meer vryheid gebied het as wat jy in daardie stadium besef het
Die omstandighede is nie vir almal dieselfde nie en vir talle kinders is die feit dat hulle klaarmaak met skool en as 18-jarige hul eie besluite kan neem, die enigste ontvlugting uit haglike huishoudelike omstandighede Maar die groep wat goeie ouers het en ’n relatief sorgvrye lewe lei, klou nog ’n bietjie vas aan jonk wees Vir dié wat ná skool bevoorreg is om te gaan studeer of ’n sabbatsjaar gaan geniet –gebruik die tyd om uit te vind wie jy regtig is Die grootmenswêreld gaan nêrens heen nie en kan lank raak Aan die sowat 77 442 kandidate wat vir hul eindeksamen gaan aansit – vasbyt; julle is amper klaar!
Briewe van ons lesers | Letters from our readers
Many of our men are suffering in silence
October is recognised as Mental Health Awareness Month, a period that calls for reflection and action on an issue that affects all of us, directly or indirectly Mental-health challenges have become so widespread they can rightly be described as another pandemic, a silent killer that continues to rob families and communities of fathers, brothers and sons.
As the Mbekweni Xhosa Traditional Male Initiation Forum, an organisation that works closely with men and boys across all age groups, we cannot remain silent while so many of our men are suffering in silence
We have witnessed, with great sadness, how the weight of unspoken pain and emotional distress has led many men to take their own lives
This silence is often rooted in social stigma and negative perceptions of masculinity, where vulnerability is wrongly seen as weakness
We therefore call on all men, young and old, to speak out, seek help and support one another Let us build a new culture of openness, compassion and empathy
among men, where talking about our mental and emotional struggles becomes a sign of strength rather than shame
As a community we must create safe spaces for men to share their challenges without fear of judgment
To the families who are caring for loved ones battling mental health issues, and to those who have lost loved ones to suicide we extend our deepest sympathy and solidarity Your pain is shared by us all
As a traditional and cultural organisation we are committed to making mental-health awareness part of our educational programme, especially for young men currently journeying through the traditional initiation process
We also open our doors to collaborate with other like-minded organisations and institutions that are working to address the socio-economic and emotional pressures affecting our communities
Together, let us end the silence Let us choose life, empathy, and brotherhood
Mbekweni Xhosa Traditional Male Inisiation Forum,Drakenstein Municipality
Stuur briewe in –dis gratis!
Ons hoor graag van jou! Paarl Post nooi al ons lesers om hul gedagtes, terugvoer en storie-idees met ons te deel. Of jy nou ’n mening wil lug, kommentaar oor plaaslike kwessies wil lewer, of weet van iets nuuswaardig wat in jou gemeenskap gebeur – ons hoor graag van jou!
Stuur ’n WhatsApp na 0664843728 of stuur jou brief per e-pos na paarlpost@ novusmedia.co.za. Jou stem maak saak. We’d love to hear from you! Paarl Post invites all our readers to share their thoughts, feedback and story ideas with us. Whether you have an opinion, want to comment on local issues, or know of something newsworthy in your community – we’d love to hear from you!
Send us a WhatsApp on 0664843728 or email your letter to paarlpost@ novusmedia.co.za. Your voice matters
Voorspoed aan al Paarl se matrieks
My brief gaan uit aan ons matrieks, waarvan ek self ’n dogter het wat vanjaar haar skoolloopbaan voltooi. Die eindeksamen waarvoor julle so lank gewerk het, het uiteindelik aangebreek. Dit is die laaste stappie van ’n reis wat vol harde werk, laat nagte en opofferings was.
Julle het deur uitdagings, veranderinge en onsekerhede gegaan, maar julle het aangehou Dít alleen wys dat julle die vasberadenheid het om sukses te behaal. Onthou: Elke bladsy wat jy nog lees, elke som wat jy weer oefen, elke opstel wat jy hersien, bring jou nader aan jou doel. Moenie nou tou opgooi nie Gebruik hierdie tyd om te wys wat jy weet en om trots te wees op alles wat jy bereik het. Moenie jouself vergelyk met ander nie; fokus op jou eie groei en vordering. Rustig bly, beplan slim en glo in jouself. Selfvertroue en ’n kalm gees is net so belangrik soos kennis. Wanneer jy daardie laaste antwoordstel inhandig, moet jy weet – jy het jou beste gedoen, en dit is genoeg. Ons glo in julle, en jul toekoms wag met oop arms Sterkte, hou moed en gaan wys die wêreld wat julle kan doen. Mamma van ’n matrikulant, PAARL
Vind weer jou doel in die lewe, ‘against all odds’
Dis ongelooflik om te dink dat TimBuild Paarl al een jaar oud is! In net 12 maande het hierdie trotse plaaslike hardeware-en-huisverbeteringswinkel ’n groot indruk gemaak. Die bestuur en personeel sê dit voel asof die jaar verbygevlieg het Maar dit is geen verrassing as ’n mens in ag neem hoe besig hulle was om nie net ’n onderneming op te bou nie, maar ook ’n blywende verhouding met die Paarl-gemeenskap
Nadat die deure verlede jaar oopgemaak is, het TimBuild Paarl vinnig sy oorspronklike perseel ontgroei Ná net ses maande het hy na ’n groter opgegradeerde perseël in Jan van Riebeeck-weg in die hartjie van die dorp geskuif Die skuif het nie net oor meer ruimte gegaan nie, maar ook om meer aan die mense van die Paarl te bied Met die toevoeging van sny- en randafwerkingsfasiliteite op die perseel kan klante nou die volledige TimBuild-aanbod onder een dak ervaar, wat huisverbeteringsprojekte soveel makliker en doeltreffender maak.
As ’n amptelike Plascon Paint Expertwinkel bied TimBuild Paarl eersteklas verf
Om die gemeenskap vir ’n suksesvolle eerste jaar te bedank, hou TimBuild Paarl van 13 tot 18Oktober ’n verjaarsdagviering Almal is welkom! Dis ’n week vol opwinding, weggeepryse en pret vir die hele gesin As deel van die Expect More Rewardsprogram sal lede ’n kans hê om wonderlike pryse te wen Die feesvieringe bereik Vrydag en Saterdag ’n hoogtepunt wanneer verskaffers op die perseel sal wees om hul gewildste en nuutste produkte ten toon te stel, asook ballonbars-kompetisies, spesiale aanbiedinge en selfs ’n kans vir die kleingoed om Tim self te ontmoet!
‘Almal dans saam, ja, altyd saam, Toyota...’
Jana Scheepers
’n Dansvideo van personeellede by Toyota Paarl het sosiale media laat gons en binne ure miljoene kyke op TikTok aangeteken en bewys dat selfs motorhandelaars met ’n bietjie kreatiwiteit groot aanlyn sukses kan behaal Volgens George Tossel, die tak se nuwemotor-verkoopsbestuurder, is die video deel van Toyota Paarl se nuwe sosialemediastrategie, wat in Januarie vanjaar van stapel gestuur is toe hy by die tak aangestel is
Op die video, wat verlede Maandag (6 Oktober) aanlyn gedeel is, kan gesien word hoe die Toyota Paarl-span ’n aanlyntendens op sosiale media probeer naboots, maar hoe dit ’n ander, snaakse wending neem Tossel het aan Paarl Post gesê die video was sy idee en is reeds ongeveer 3,7 miljoen keer op TikTok alleen gekyk Die video is ook op Toyota Paarl se Instagram- en Facebookblaaie gedeel, waar dit ook verskeie kere gekyk en gedeel is, maar die grootste sukses was met TitkTok
Die video het verlede Maandag alleen op TikTok ongeveer twee miljoen kyke verower.
Volgens hom het die tak sedert Januarie hande gevat met Creatory, ’n bemarkingsonderneming in die Paarl, wat die gewilde video geredigeer en die musiek en bewoording bygevoeg het Tossel het bygevoeg hy fokus daarop om die mense “agter” Toyota Paarl te bemark “omdat ’n Toyota homself verkoop” Hierdie inisiatief word geneem omdat mense dié gewilde voertuie verkoop en hy wou graag hierdie werknemers aan die publiek bekend stel
• Volg Toyota Paarl op TikTok, Instagram en Facebook by @toyota paarl.
Skermgreep van die video waarin Toyota Paarl se personeellede dans in die video wat soos ’n veldbrand versprei het Skermgreep: Verskaf/ George Tossel
TimBuild Paarl vier sy eerste verjaarsdag
Goodnow-saal is nou weer goed
Chantélle Hartebeest
Die heropening van die Goodnow-saal in Wellington het Saterdag (11 Oktober) oud en jonk vir die eerste keer bymekaar gebring sedert dit nege jaar gelede in ’n brand tydens die #FeesMustFall-optogte in 2016 verwoes is.
Dié historiese gebou, wat aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) behoort, is sedertdien ten volle gerestoureer. Die heropening is in ’n gesellige atmosfeer met ope arms verwelkom. Die viering is verder gekroon met die uitvoering van die komponis Braam du Toit se “O Fire of the Spirit” – ’n musikale werk wat oorspronklik vir hierdie saal geskryf is, maar nooit sy beplande première daar gehad het nie. Zelda de Beer, ’n dosent wat al langer as drie dekades aan KSUT se onderwysfakulteit verbonde is, beskryf die opening as ’n trotse en dankbare oomblik. “Ons harte was swaar omdat dit so lank gevat het en ons gedink het dit gaan nooit nege jaar neem om die plek te herbou [nie]. Dit is dus met trots dat ons [hier] staan. Dit gee ’n warm gevoel in jou hart om te sien hoe geskiedenis gaan herleef.”
Die rampspoedige dag toe die studen-
te-optog ’n gewelddadige draai geneem en die Goodnow-saal in vlamme, rook en as verval het, sê De Beer, het sy die tragiese gebeurtenis met haar eie oë aanskou.
“Die dag toe hierdie gebou afgebrand het, het ek hier gestaan. Dit was ’n tragiese dag in ons geskiedenis. Jy’t ge-
sien hoe jou geskiedenis, hoe die studente se plek van bymekaar kom en waar hulle sosiale bande gebou het, afbrand. Ons het konserte gehou hier; prysuitde- lings gehou, erekleure aan studente toegeken...en toe brand dit af. Alles is destyds tot as verbrand, maar vandag het dit herrys.
“Hierdie konsert wat gehou word, is spesiaal vir die Goodnow-saal geskryf omdat die gebou afgebrand het. Ja, ons is dus baie bly dat ons vandag hier kan staan en ons sien ’n nuwe toekoms vir ons toekomstige studente. Nou kan hulle weer geskiedenis maak. Ons het gedink ons geskiedenis het afgebrand, maar dit het nie. Al het dit nege jaar gevat om dit te herbou, staan ons vandag hier en ons is baie trots op dit wat ons hier sien.”
De Beer sê sy hoop dat die Goodnow-saal voortaan ’n plek sal wees waar mense vanuit verskillende agtergronde weer bymekaar kan kom.
“Ons hoop dat met die hand wat ons met die Breytenbach-sentrum vat en die konserte wat hier aangebied gaan word, sal die hele land se mense hier bymekaar kan kom en dat dit ’n baken van hoop vir die studente van die toekoms gaan word – ook dat verskillende kulture in ons diverse land hier bymekaar kan kom.”
Mauricia Plaatjies, ’n derdejaar-onderwysstudent by KSUT in Wellington, sê dit is vir haar ongelooflik om die heropening van die Goodnow-saal by te woon. Plaatjies, wat oorspronklik van die Hexriviervallei is, het tydens die openingseremonie ’n gedig voorgelees wat sy spesiaal vir hierdie geskiedkundige saal neergepen het.
“Ek het vanoggend (Saterdag 11 Oktober) gedink aan die heropening en toe sê ek vir myself ek dink nie juis ek besef watter groot voorreg dit is om as ’n huidige student van KSUT verder te bou aan wat die geskiedenis van hierdie mure reeds weerspieël en klaar uitspreek vir ons nie. Nou kan ek sê ek was deel van die herbou basies deur net hier te wees. Die mense wat opgedaag het, is die mense wat die waardering vir hierdie saal altyd sal koester
“Die gedig was ’n brief aan die Goodnow-saal self. Dit het gegaan oor hoe vergete dit basies in almal se teenwoordigheid staan en hoe dit moet kyk hoe almal – toekomsbouers – kom en gaan en hom basies in die proses vergeet.
“Dan het ek ook net klem gelê op hoe daardie dag die saal beïnvloed [het] en hoe hy nou sy storie verder kan vertel.
“Die gedig se naam is ‘Brief aan die Goodnow-Hall’.”
Hier is die gedig wat Plaatjies geskryf het:
Ek het jou naam geken, maar nie jou lewensverhaal. Ek het myself nou amper verpes, want hoekom het ek nie lankal net ’n bietjie dieper gedelf. Besef dat jou geraamtes deel is van jou prag.
Gestaan soos Maria voor die oop graf, min het ek geweet jou donkerte was bereid om al die stof- versierde geheime te verklap.
Jy’t jare lank met verdroogde trane in oë, die kom en gaan, van toekomsbouers aangestaar
Terwyl die dag nog heeltyd in jou gedagtes maal, die dag wat rook jou herinneringe verswelg, wat jy teen vensters af gehuil het, die dag wat as diep spore wou begrawe
Nou kan jy jou storie verder vertel. Wees verseker jou klanke sal nog in elke leeftyd asemhaal Vanaf 1886 tot wanneer die wêreld vergaan
Hier is waar ek dit gaan laat. My brief van waardering aan jou.
Mauricia Plaatjies, ’n derdejaar-onderwysstudent by KSUT in Wellington Foto’s: Chantélle Hartebeest
Wilna du Plessis en Zelda de Beer, albei dosente by die Kaapse Skiereiland van Tegnologie se Wellington-kampus, het die heropening bygewoon
Die Goodnow-saal was gepak tydens die heropeningskonsert
Die Goodnow-saal in Kollegestraat in Wellington behoort sedert 2005 aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie Foto: Jana Scheepers
Die Goodnow-saal voordat die orrel na die gallery geskuif is Foto: Verskaf
KWV bags 21 golds
KWV has clinched the coveted Duimpie Bayly Vertex Trophy for the second consecutive year at the 35th Veritas Awards, reaffirming its position at the pinnacle of South African winemaking.
The producer’s acclaimed The Mentors Perold 2022, a refined Cape Blend, took top honours at what is widely regarded as the “Oscars” of the wine industry.
The glittering gala evening, held at the Cape Town International Convention Centre (CTICC), celebrated excellence among both established brands and newcomers, drawing 550 guests to a night of fine food, award-winning wines and worldclass entertainment.
From a staggering 1 205 entries KWV’s The Mentors Perold 2022 emerged as the overall champion among the Double Gold winners. The Paarl-based producer also walked away with the title of Best Wine Producer for the second year running, earning a record eight Double Gold and 13 Gold medals. KWV further dominated the brandy category, followed by Sydney Back Brandy.
In the class for wineries with 10 entries or fewer Graham Beck Wines from Robertson was named Best Achiever, securing four Double Gold medals and one Gold. Cederberg Wines also impressed, earning four Double Golds and a Gold.
Other standout performers included Nederburg Wines, Perdeberg Wines, and Spier Wines, each claiming three Double Gold medals. Seven producers collected two Double Golds apiece, among them Bellingham, Beyerskloof, Flagstone, Kleine Zalze, Recast Wines, Van Loveren Family Vineyards, and Diemersdal Estate, which also picked up an impressive 11 Gold awards.
In total, 88 Double Gold and 182 Gold medals were presented on the night to thunderous applause.
The evening’s highlight, the presentation of the Duimpie Bayly Veritas Vertex Award, was once again a celebration of craftsmanship and excellence.
The hand-crafted glass trophy was accepted by KWV cellarmaster Justin Corrans and his winemaking team for their The Mentors Perold 2022, a masterful blend of pinotage, shiraz, cabernet sauvignon and malbec
It marked KWV’s third Vertex Award, previously won in 2020 with The Mentors Orchestra 2018 and in 2023 with The Mentors Perold 2021, and the fourth time a red blend has secured the title since the award’s inception.
88EXPERTS
The judging process saw 88 expert international and local judges evaluate entries through five days of blind tastings Among the international panellists were Adero Achola (Kenya), Christine Austin (UK), Treve Ring (Canada), Bernard Stramwasser (Canada), Yoshiko Takahashi (Japan) and Joe Wadsack (UK).
Christo Pienaar, chairperson of the South African National Wine Show Association (SANWSA) and Veritas, expressed gratitude for the industry’s continued support. “We are thankful to our Veritas financial partners for their commitment and ongoing support as part of the country’s most prestigious wine awards.”
Veritas’s anchor sponsors, SA Litho and Deloitte, were joined by partners kykNET-ontbytSAKE, Dry Ice International, Porex SA, Nashua, and newcomers Unitrans and Agrimark.
Three “living legends” of the wine world were also honoured with scrolls of recognition for their outstanding contribution
to the industry
Full medal breakdown
KWV – 8 Double Gold (and 13 Gold)
Laborie Cap Classique Blanc de Blancs 2017
The Mentors Pinotage/Shiraz/ Cabernet Sauvignon/Malbec Perold 2022
The Mentors Perold Pinotage/ Shiraz/Cabernet Sauvignon/ Malbec 2021
Roodeberg Dr Charles Niehaus Cabernet Sauvignon/Shiraz/Malbec/Durif 2022
Roodeberg Reserve 2022
The Mentors Canvas Shiraz/ Durif/Mourvèdre/Tempranillo/ Carignan 2021
The Mentors Canvas Shiraz/ Durif/Tempranillo/Mourvèdre/ Carignan 2022
The Mentors Petit Verdot 2022
Graham Beck Wines – 4 Double Gold (and 1 Gold)
Blanc de Blancs Cap Classique 2019
Cuvée Clive Cap Classique 2019
Ultra Brut Cap Classique 2018
Pinot Noir Rosé Cap Classique 2019
Cederberg Wines – 4 Double Gold (and 1 Gold)
Ghost Corner The Bowline 2024
Ghost Corner Sauvignon Blanc 2024
Ghost Corner Wild Ferment
Sauvignon Blanc 2024
Ghost Corner Sémillon 2024
Spier – 3 Double Gold (and 4 Gold)
Private Collection Chenin
Blanc (WW) 2024
21 Gables Chenin Blanc 2023
Creative Block 3 2021
Perdeberg – 3 Double Gold (and 3 Gold)
Endura Single Vineyard Chenin Blanc 2023
The Dry Land Collection Courageous Barrel Fermented Chenin Blanc 2024
The Dry Land Collection Rossouw’s Heritage 2022
Nederburg Wines – 3 Double
Gold (and 1 Gold)
Private Bin Edelkeur 2011
Private Bin Sémillon NLH 2000
Cabernet Sauvignon Private Bin R163 2015
Diemersdal Estate – 2 Double Gold (and 11 Gold)
The Journal Pinotage 2023
The Journal Pinotage 2022
Van Loveren Family Vineyards – 2 Double Gold (and 4 Gold)
Chenin Blanc No.5 2025
Daydream Chardonnay/Pinot Noir 2025
Beyerskloof – 2 Double Gold (and 3 Gold)
Faith Cape Blend 2022
Diesel Pinotage 2021
Flagstone – 2 Double Gold (and 3 Gold)
Time Manner Place Pinotage 2022
Writer’s Block Pinotage 2022
Kleine Zalze – 2 Double Gold (and 2 Gold)
Vintage Brut Cap Classique 2019
Family Reserve Cabernet Sauvignon 2020
Bellingham – 2 Double Gold (and 1 Gold)
Homestead Old Orchid Chenin
Blanc 2025
The Bernard Series Old Vine Chenin Blanc 2024
Recast Wines – 2 Double Gold
Rudmatis Chenin Blanc 2023
Rudmatis Chenin Blanc 2022
Brandy Category
KWV excelled once again with two Double Gold and six Gold medals, while Backsberg followed closely with two Double Golds.
Sydney Back Limited Release Potstill Brandy 25-Year
Sydney Back Special Release Potstill Brandy 15-Year
Heineken Beverages – 1
Double Gold (and 3 Gold)
Van Ryn’s Single Potstill Brandy Aged 20 Years
Simonsig Family Vineyards – 1 Double Gold
Simonac Cape Brandy XXO Fortified Wine
Boplaas Cellar took home two Double Golds for Cape Tawny NV and Cape Vintage Reserve Port 2009 (plus five Golds). Nuy Cellar also earned two Double Golds for Inspiration White Muscadel 2023 and Legacy Barbieri Idro Red Muscadel 2017.
Nuwe wynhoofstuk vir Landskroon en Survivor Wines
JanaScheepers
Wynliefhebbers kan van nou af die Landskroon-wynplaas, wat onlangs deur Van Loveren oorgekoop is, besoek waar Survivor Wines ook in die proelokaal pronk. Dié handelsnaam is ook onlangs deur Van Loveren gekoop, waarvolgens Landskroon en Survivor die plaas se fasiliteite, insluitend die kelderruimte en botteleringsaanleg, sal deel
Die plaas op die Suid-Agter-Paarlpad het verlede week hierdie vennootskap amptelik bekengestel en gaste deur ’n toer van die wynplaas se kelderruimte en botteleringsaanleg geneem Volgens Fanie Geyser, hoofwynmaker van Landskroon, en Pierre Wahl, hoofwynmaker van Surivor, sal die twee handelsname egter nie die druiwe waarmee die wyn gemaak word deel nie en bly die handelsname twee aparte produkte Landskroon sal steeds sy druiwe van die Landskroon-plaas oes, bestaande uit ongeveer 100 hektaar wingerd waarvan ongeveer 37 hektaar geoes word, volgens Geyser
Landskroon voer baie van sy wyne uit na hoofsaaklik China, Tanzanië en Zanzibar, asook Noord-Amerika met onder meer sy Pinotage, Cabernet Sauvignon en Blanc de Noir wat as topverkopers uitstaan Survivor se druiwe is afkomstig van die Swartlanddistrik, Elgin, Darling asook die Tradouw-gebied naby Barrydale, het Wahl op sy beurt gesê Dié druiwe word dan vervoer na Landskroon waar dit in wyn omskep sal word
Wahl, bekend is as die “Pous van
Die ingang na Landskroon en Survivor Wines, geleë op die Suid-Agter-Paarlpad buite die Paarl. Foto: Jana Scheepers
Pinotage”, het verduidelik dat Survivor voorheen deur Overhex besit is, maar dat hy opgewonde is oor wat hierdie nuwe hoofstuk inhou
Hy het die unieke storie van Survivor Wines se bestaan gedeel en gesê dit het begin met ’n Ngunikoei wat van ’n vragmotor afgespring het en op ’n wynplaas in die Swartlanddistrik te lande gekom het Daar het die eienaar van die plaas haar
“Survivor” gedoop en vandag staan haar dertiende kalfie op Landskroon, nadat dié twee handelsname hande gevat het
Volgens Geyser is daar nog heelwat planne in die pyplyn om Landskroon as ’n groter besienswaardigheid te ontwikkel, maar kan daar nog nie veel hiéroor uit-
gebrei word nie Landskroon het voor die verkoop van die plaas aan Van Loveren vir vyf geslagte aan die De Villiers-familie behoort, het Paarl Post vroeër vanjaar berig
Buiten dat ’n gedeelte van Landskroon op die Suider-Agter-Paarlpad aan Van Loveren verkoop is, is ’n ander gedeelte van die plaas ook saam met grond op verskeie ander plase in dieselfde omgewing aan die eiendomsontwikkelaar Fijnland Holdings verkoop Dié maatskappy beoog om ’n leefstyllandgoed met die naam Fijnland in hierdie gebied te ontwikkel
Een van Fijnland Holdings se lede is Martin Venter, ’n stigterslid van die gesogte Val de Vie-landgoed in die Paarl
Survivor Wines pronk in ’n ysbak met peuselhappies op die bekendstelling
Landskroon se proe- en verkooplokaal
From left, Izéle van Blerk (senior red winemaker KWV with the 2025 Duimpie Bayly Veritas Vertex Award), John Steenhuisen (Minister of Agriculture) and Christo Pienaar (chairperson of Veritas). Photo: Veritas/ website
Paarlzicht pronk met onoorwonne laerskool-kampioen
Paarlzicht se o 13A-rugbyspan is as die Paarl se laerskool-kampioen gekroon nadat dié span die afgelope naweek 26-22 met die Laerskool Drakenstein afgereken het Paarlzicht het daarby ook ’n onoorwone seisoen agter die rug
Breingimnas presteer
Madison Lambrechts, ’n leerder aan die Laerskool Courtrai, het onlangs aan die Wes-Kaapse vroue-skaakkampioenskap deelgeneem Sy is as die top-speler vir meisies o.12 gekroon en was algeheel tweede (seuns en meisies) Madison is ook as die beste junior meisie (8 tot 14 jaar) aangewys Baie geluk, Madison! Die skool is trots op jou
Learner vision fixed
Paarl Rotary recently funded the vision screening of 684 learners in Grades 1 and 5 at three local primary schools They provided 110 pairs of spectacles to learners who would otherwise not have been helped with their vision problems. Here Rotarian Dr Pietie van Aarde looks on as optician Demi Goodwin of Vision Box tests the vision of one of the learners at Imboniselo Primary School. The other schools assisted were Hillcrest and Charleston Hill Primary.
Jana moker onderwater-doele
Jana Durrans van die Laerskool Courtrai is in die o 13A-Boland-waterpolospan opgeneem, wat gedurende Desember aan die nasionale kampioenskap gaan deelneem
businesses and industries in the Oosbosch- and van der Stel street areas and also explore what the Business Parks have to offer in the area
Contact your T arlene.nyman@nov
Paarliete vir diens vereer
Twee onderwysers van die Laerskool Paulus Joubert is onlangs by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se prysuitdelingsgeselligheid vir hul uitmuntende dienslewering oor 30 jaar vereer Hierdie spoggeleentheid is in die Century City-konferensiesentrum gehou Bo staan Godfrey Gertze (waarnemende adjunkhoof) en Joseph Titus met hul eerbewyse
en wit vir sjarme en elegansie op matriekdans
Abbey Dialy, Aureon Adams en Logan Hermaans – al drie leerders aan die Hoërskool Laborie – het onlangs hul matriekafskeidgeselligheid gevier.
Rooi
SA’s leading artisan showcase soon
The Drakenstein Valley adds another jewel to its crown this October as KAMERS/Makers, South Africa’s leading artisan showcase, opens its doors at the renowned Allée Bleue Wine Estate.
From 28 October to 2 November 2025 visitors can step into a world where creativity takes centre stage More than just a market, KAMERS/Makers is a sixday lifestyle event celebrating the very best of South African fashion, jewellery, homeware, décor and gifts, each piece handcrafted by local entrepreneurs
ASHOWWITHAWINELANDSTWIST
Perfectly situated between Franschhoek, Stellenbosch and Paarl, Allée Bleue offers the ultimate Winelands experience – world-class wines, breathtaking views and a vibrant, stylish setting that makes it the ideal backdrop for this celebration of local creativity.
Imagine wandering through a beautifully-curated showcase of more than 170 Makers, glass of wine in hand, as you discover stories and treasures crafted with care and imagination. For Paarlites this central Winelands stop offers an unmissable opportunity to celebrate homegrown talent right on your doorstep.
ANATIONALTREASUREOFCREATIVITYAND ENTREPRENEURSHIP
“What started as a small show in Stellenbosch in 2003 has grown into one of the largest creative platforms on the continent,” says Magdel Kemp, co-owner and COO of KAMERS/Makers “Today we host six national events annually, welcoming nearly 60 000 visitors and cu-
rating more than 300 Makers from across South Africa.”
Since its inception more than 7 500 creative entrepreneurs have exhibited at KAMERS/Makers, collectively generating hundreds of millions of rands for the local economy. In this Spring/summer season alone, Makers are sustaining over 4 000 full-time jobs and 2 650 seasonal or indirect jobs.
“KAMERS/Makers is where creativity becomes livelihood and small businesses take root,” adds Ben-Carl Havemann, co-owner and CEO “For 23 years we’ve been defending the local creative economy against cheap imports. Supporting local isn’t optional; it’s vital for protecting jobs and nurturing SA talent.”
DEEPROOTS,BOLDFUTURES
The theme of this year’s KAMERS/ Makers, “Deep Roots, Bold Futures”, is a celebration of heritage and reinvention, featuring Season Artist Zinhle Sithebe, whose bold Afro-rooted patterns set the creative tone.
Master Maker Accelerator: In partnership with FNB 10 outstanding Makers are competing for the title of Master Maker and R100 000 in seed funding to grow their businesses. Visitors can follow their journey across all three Spring/summer shows.
FORSHOPPERS
Expect the very best of South African fashion and design, from clothing, shoes, and jewellery to accessories, wellness products, pantry treats and homeware. Each item is made by hand with quality, care and originality
Thousands of applications are reviewed each season, but only the most
Boland bruis vir Afrikaans se groot mark en makietie
Die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal bereik sy hoogtepunt op Saterdag 25 Oktober wanneer Afrikaans Amptelik 100 saam met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument die Feesmark en Makietie in die Amfiteater teen die Paarlberg aanbied. Dit vier nie net die afsluiting van ’n monumentale jaar van vieringe nie, maar deel ook in die 50ste bestaansjaar van die Taalmonument – ’n simbool van Afrikaans se erfenis en toekoms.
Hierdie groot dag word moontlik gemaak deur die samewerking van verskeie vennote wat die geleentheid
siewe wyne en unieke uitstallers wat aan feesgangers ’n eg plaaslike ervaring bied Die Feesmark & Makietie is meer as net ’n viering – dit is ’n getuienis van wat moontlik is wanneer gemeenskappe, instellings en vennote saamstaan vir Afrikaans.
Ondersteun ’n skool: Instansies of individue wat betrokke wil raak, kan ’n skool borg en sodoende jongmense se deelname moontlik maak. Kontak die organiseerders gerus by info@afrikaans100. org vir nog besonderhede.
Kom vier saam! Bring jou gesin en vriende, kom dans saam, geniet die
exceptional Makers are selected, ensuring every show is fresh, trend setting and inspiring “Visitors know they will see the best of
Dagboek/Diary
MAANDAG 20 OKTOBER
Die gemeenskap word genooi na die jaarvergadering van die Vriende van die Paarl- munisipale biblioteek om 17:00 vir 17:30 by die biblioteek by Markstraat 1 Al die organisasie se lede word versoek om dit by te woon
DINSDAG 28 OKTOBER
ACVV Paarl Vallei se jaarvergadering sal op 28 Oktober om 09:30 by Langstraat 14, Noorder-Paarl, plaasvind Johan Rademeyer (ACVVhoofbestuurslid) sal die gasspreker wees Skakel 021 871 1515 vir meer inligting
VRYDAG 7 - 9 NOVEMBER
Moenie die BUITELUG-EN-AVONTUUR-EKSPO in Grabouw misloop nie! Die ekspo is by die Elgin-Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam,
the best,” says Havemann “Every season is a reinvention, curated to showcase the most innovative and beautiful work in the country.”
This Winelands showcase is the second show of the Spring/summer 2025 season, following the successful Heritage Day edition in Pretoria.
The Allée Bleue event is traditionally the most scenic and largest of the season, attracting visitors eager to enjoy the blend of South African design excellence and the beauty of the Drakenstein Valley.
AWINELANDSCALENDARHIGHLIGHT
Set against the spectacular backdrop of vineyards and mountains, KAMERS/ Makers at Allée Bleue promises to be a highlight on the Winelands calendar. Visitors can look forward to:
• Artisan fashion and jewellery to refresh your wardrobe
• Homeware and décor that bring South African creativity into your space
• Gifts and accessories as thoughtful as they are original
• Pantry treats and wellness products, perfect for spoiling yourself or others
With its unique mix of design, lifestyle, and Winelands charm, KAMERS/Makers at Allée Bleue offers an unforgettable day out for design lovers, foodies or those simply looking for authentic South African inspiration
Shop the Best of SA Fashion and Design in the Winelands
Venue: Allée Bleue Wine Estate, Drakenstein Valley (near Paarl)
Date: 28 October – 2 November 2025 Tickets available online at kamers.co za
wat aan die Hottentots-Holland-natuurreservaat grens Hierdie gewilde geleentheid bied alles vir die buitelug – kamptoerusting, stap- en fietsrytoerusting kameras batterystelsels sakke braaiers, bergfietse, e-fietse, handgemaakte messe, vellies en buitelugklere, ens Woonwaens en sleepwaens word bymekaar geplaas om vergelyking maklik te maak, terwyl 4x4-voertuie, 4x4-toerusting en 4x4-hulptoerusting ook uitgestal word Die BUITELUG-EN-AVONTUUR-EKSPO is ’n wonderlike dag-uitstappie vir die hele gesin met honde aan leibande wat ook welkom is, talle fantastiese kosverkopers asook ’n biertent, kindervermaak, nie-gemotoriseerde watersport, staproetes, fietsry- of 4x4-uitstappies op die onafhanklike Grabouw-4x4-en-AWD-roetes
Kaartjies by die hek (R80-R150, afhangende van die dag) en kinders onder sewe geniet gratis toegang
Nog inligting by www lrclassic com
Shannen Bartlett in designs of various Makers that will be exhibiting at KAMERS
Skopboksers ryg medaljes
in Cape Winelands Kickboxing het die naweek van 3-5 Oktober aan die Wes-Kaapse kampioenskap in George en Oudtshoorn deelgeneem Al die deelnemers het medaljes verower en hul harde werk en toewyding ten toon gestel ’n Span sal nou gekies word om die Wes-Kaap by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap te verteenwoordig. Cape Winelands Kickboxing is ongelooflik trots op die atlete en hul prestasies
Krieket: Paarl bly in wedloop
Quinton Jacobs
Twee oorwinnings op hul tuisveld verlede naweek in Boland Krieket se Gemeenskapsbeker-T20-kompetisie het toegesien dat die Paarl-krieketklub in die wedloop bly om sy titel te behou Saterdag het hulle die Young People’s- krieketklub met die kous oor die kop huis toe gestuur en Sondag gemaklik met Worcester United-krieketklub afgereken
Die hoogtepunt van die naweek was egter die uitsonderlike vertoning van Taigh Schoor in die Reserwespan teen Worcester Schoor het sy terugkeer in Paarl-kleure met ’n indrukwekkende veelsydige vertoning gevier toe hy eers met die kolf uitgeblink het (39, 3x4 en 2x6), en daarna die eerste sewe paaltjies van die besoekers met uitstekende boulsyfers (4-1-5-7), wat ’n driekuns
ingesluit het, verower het Teen Young People’s het Paarl (135/9) eerste gekolf, met Stefan Conradie (37, 6x4 en 1x6) en Christiaan Bourbon-Leftley (30) aan die spits Slegs Akeem Minnaar (22) kon dubbelsyfers vir die besoekers kry toe Henrico Albertus (4-3-7-3), Herschelle Poggenpoel (4-1-6-2) en Bourbon-Leftley (1 2-0-1-2) verwoesting met die bal vir Paarl kom saai het, om ’n bonuspunt met hul 69-lopie-oorwinning te behaal
Sondag kon die span van Worcester slegs 113 kry, met Charlton Fransman (28) en Mornantauw Amsterdam (34) wat kom wal gooi het Conradie (69 n u n 7x4 en 2x6) was weer die anker in Paarl se sespaaltjie-oorwinning Vrydag, met die afskop van die Boland T10 op Boland Park, kom Paarl Rocks om 20:00 teen Paarl Rapids te staan
Rosesblom intaaistryd
Charl Williams
Pelikaanpark, Wellington Roses
United het Saterdag (11Oktober) ’n spanningsvolle en taai wedstryd teen Vredenburg RVK met 33-32 in die eerste ronde van die Sanlam-BolandTop-12-reeks gewen.
Die besoekers van die Weskus het voor ’n entoesiastiese skare in ’n volgepakte Pelikaanpark vroeg momentum gekry en gou ’n 8-0-voorsprong opgebou.
Vredenburg het die pas van die wedstryd met georganiseerde en kragtige spel bepaal, wat Roses United aanvanklik onder druk geplaas het. Roses het egter teruggeveg en is ná volgehoue druk met ’n strafdrie beloon.
Die fisieke aard van die wedstryd het tot verhoogde emosies op die veld gelei, maar die skeidsregter het die situasie goed met ferm en regverdige besluite hanteer.
’n Rooikaart aan Vredenburg net voor rustyd het Roses die geleentheid gebied om ’n hupstoot te kry en met 21-20 teen halftyd voor te loop.
Roses moes vroeg in die tweede helfte ’n slag verduur toe sy stervleuel met ’n besering aan die kakebeen van die veld af is. Burton Booysen, wat hom vervang het, het egter sterk vertoon en twee drieë
gedruk. Die keerpunt in die wedstryd was toe die plaasvervanger-voorspeler Luyola Nolamafa ’n fout in ’n lynstaan benut het om ’n belangrike drie te druk. Roses het sy voorsprong met nog ’n drie na 33-25 vergroot, maar Vredenburg het veggees opgedis deur tot die einde toe mededingend te speel – selfs met net 14 spelers vir langer as 40 minute. In die laaste twee minute het hulle ’n laaste drie gaan druk om die telling tot 33-32 te bring, maar te min tyd was oor om die oorwinning weg te ruk.
Hoewel Roses United nie sy beste spel gelewer het nie, het hy met waardevolle volpunte weggestap – ’n bewys van die span se diepte en karakter as die Witsentraal-kampioen. Marc Adries is as Speler van die Wedstryd aangewys. Roses sal egter moet skerp wees vir sy volgende toets – ’n moeilike wegwedstryd teen Villagers, verlede jaar se finalis in Worcester, op 18 Oktober
Puntemakers: Roses United (33)
Drieë: Strafdrie, Burton Booysen (2), Luyola Nolamafa, Jo-Nathan August