



LAAI AF: Paarl Interskole 2026 e-boekie
![]()




LAAI AF: Paarl Interskole 2026 e-boekie
‘Nie die eerste aanval’
Chantélle Hartebeest
Geen mens verdien om op só ’n wrede en onmenslike wyse sy lewe te verloor nie. Tog is dit die werklikheid waarmee die familie van Edith Smith (37), ’n jong ma van Paarl-Oos, nou moet saamleef nadat sy Sondagoggend (26 Julie) op die hoek van Cedarlaan en Kareelaan in die New Orleans-woonbuurt deur vyf honde doodgebyt is.
Toe Paarl Post Sondagmiddag Edith se ouerhuis besoek het, was haar ouers nog geskok en het hulle skaars tot verhaal gekom ná hul dogter se traumatiese dood.
Haar pa, Jerimey Smith, sê die nuus sal hom vir altyd
bybly.
“Om daai tyd van die oggend op dié manier wakker gemaak te word, is iets wat ek nie kan beskryf nie. Die gesig wat ek by die hospitaal gesien het, is iets wat ek nie uit my kop kan kry nie.”
Hy beskryf sy dogter bloot as “’n mense-mens”.
Edith se ma, Mertall Smith, het nie juis baie gepraat nie, maar het in ’n stadium ontroosbaar begin huil. Die familie sê hulle wil net hê geregtigheid moet vir Edith geskied.
Volgens ’n ingeligte bron was Edith en haar kêrel op pad terug van ’n nabygeleë winkel waarheen hulle gestap het toe die honde haar aangeval het.
“Dit is nie die eerste keer dat daardie honde by daardie perseel iemand aanval nie. Die

munisipaliteit se wetstoepassers sal iets daadwerklik moet doen voor nog iemand seerkry. Dit is ook onmoontlik vir daai honde om net so by daardie hek uit te kom.”
Volgens die bron woon Edith se kêrel nie te ver van waar sy aangeval is nie.
“Toe hulle verby die erf stap waar die honde woon, was daar een hond in die jaart wat te kere gegaan het. Die kêrel sê toe vir haar hierdie honde is ’n probleem. Toe hulle twee terugkom [van die winkel], roep iemand hom en hy staan en gesels met die persoon en Edith stap toe nou aan. En die volgende oomblik toe is dit net ’n geskree en ’n gegil.
“Toe het die vyf honde, wat almal op een erf woon, vir Edith getakel. Sy het nie eens ’n draad klere aangehad soos die honde met haar aangegaan het nie.”
Die bron sê die eienaar van

die honde het ’n kombers oor die heining aangegee waarna Smith se kêrel haar met sy bakkie hospitaal toe gejaag het.
“Met haar aankoms by die hospitaal was dit reeds te laat. Sy het gesterf.”
Volgens die bron was die honde van verskillende rasse, waaronder boerboele en Duitse herdershonde.
Die tragedie het verdere gewig gekry toe ’n vrou wat sowat ’n maand gelede na bewering deur dieselfde honde aangeval is, maar die aanval oorleef het, aan Paarl Post gewys het waar sy aan haar nek en gesig gebyt is. Sy het steeds steke in haar gesig.



Dit is weer tyd vir een van die grootste skole-sportgebeurtenisse in die wêreld en ’n jaarlikse hoogtepunt in die dorp - Interskole tussen die Hoër Jongenskool Paarl, die Hoër Meisieskool Paarl en die Hoërskool Gimnasium Paarl. Reg vir die gees en aksie is (agter, van links) Ben Pretorius (Gim-dirigent) en Andrè Human (HJS-dirigent). Voor: Rubi Muller (Gim-rosettemeisie), Ethan Barker (Gim o.19A-rugbykaptein), hul gelukbringer, Nols, HJS se gelukbringer, Alexander Visser, AD Faul (HJS o.19A-rugbykaptein) en HJS se sjampanjenooi, Anna Klue. Die hoofwedstryd begin Saterdag 1 Augustus om 16:00 by die Faurestraat-stadion. Foto: Chantélle Hartebeest

’n Vriendin wat tydens Smith se aanval op die toneel was, het vertel hoe sy stuk-stuk Smith se klere en skoene opgetel het nadat die honde dit van haar liggaam afgeskeur het. Daar is ook verdere kommer uitgespreek oor die veiligheid van kleuters omdat ’n kleuterskool geleë is reg oorkant waar die tragedie afgespeel het.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die WesKaapse polisie, sê Paarl-Oospolisie ondersoek die voorval. Na bladsy 2.





Chantélle Hartebeest
Die moord op Tertius Grain het die afgelope Sondagoggend (26 Julie) skokgolwe deur die vallei gestuur.
Rashieda Hendrikse, sy ouer suster, sê sy dood veroorsaak ’n groot wond in die familie, veral omdat hy ’n staatmaker was.
“Tertius was ’n mense-mens en baie uitgesproke, asook ’n rugbyspeler en ’n afrigter. Hy was die wonderlikste pa vir sy kinders en die beste broer wat ons as susters kon gehad het. Hy was ’n liefdevolle mens en sy dood is die moelikste ding wat ons as die Grain-familie moet deurgaan. Hy het gelewe vir sy kinders en hulle was sy alles en hy het tot op die laaste oomblik van sy lewe opgekom vir sy kinders.”
Volgens Hendrikse was Grain (39)
Van bladsy 1.
"Die polisie in Paarl-Oos het 'n saak van strafbare manslag geregistreer na die dood van 'n 37-jarige vrou op 26 Julie omstreeks 04:30 in Cedarlaan, New Orleans. Volgens berigte is sy deur verskeie honde aangeval en gebyt. Sy het verskeie hondebyte aan haar liggaam opgedoen en is na die hospitaal geneem waar sy later aan haar beserings beswyk het. Die ondersoek duur voort."
Lisinda Lubbe, bestuurder van die Paarl Dierebeskermingsvereniging (DBV), sê eienaars moet aanspreeklik gehou word vir die diere in hul besit.
"Eienaars moet definitief aanspreeklik gehou word vir hulle diere."
Lubbe sê dit bly die eienaar se ver-


welbekend, veral met sy betrokkenheid by plaaslike rugby en sy beroep as taxibestuurder.
“Hy het ’n wye vriendekring gehad en die liefde wat hy gehad het vir sport was so groot dat niemand vir hom van ’n sportsveld kon gehou het nie. Hy het kort voor sy dood ’n rugbyafrigter bekom vir Paulus Joubert Sekondêr en ook by die Violets-rugbyklub. Hy het selfs sy eie kinders afgerig in terme van rugby.”
Hendrikse sê hartseer dat Grain diep gemis gaan word deur sy geliefdes en vriende.
“Die vermisting is al reeds daar en dit is baie groot. Nie net vir sy breë familie nie, maar vir sy kinders ook. Sy kinders is stukkend. Ons ma, Truda, is netso gebreek. Sy is nog op pad hierna vanaf Johannesburg,” sê sy in trane.
Grain is Sondagoggend (26 Julie) omstreeks 02:00 in Hoofstraat in die Paarl doodgesteek, sê kapt. Frederick van Wyk,
antwoordelikheid om te sorg dat honde veilig binne hul erf gehou word en wys daarop dat die munisipale verordening slegs twee honde per erf toelaat.
Saul Jacobs, Drakenstein-munisipaliteit se hoof van munisipale verordeningsafdwinging en sekuriteit, sê die munisipaliteit is op Maandag (27 Julie) deur die Paarl-Oos polisie oor die voorval ingelig.
Volgens Jacobs het die eienaar van die eiendom sy vier honde, hoewel inwoners in die omgewing aandring dat dit vyf honde is, vrywillig aan munisipale amptenare oorhandig.
"Ingevolge die Drakenstein-munisipaliteit se dierebeheerverordening, kan die munisipaliteit las dat 'n dier wat as gevaarlik of aggressief beskou word,
Wes-Kaapse polisie woordvoerder.
“Volgens berigte het ’n vrou, haar kêrel en sy pa voor ’n vissery in Hoofstraat, Paarl vir hul vervoer gewag toe ’n blou Opel Corsa stilgehou en ’n groepie mense uit die voertuig geklim het. Hulle was op soek na ’n vermiste selfoon. ’n Argument het begin en een van die mans het die slagoffer twee keer gesteek. Hulle het in die voertuig geklim en weggejaag.”
Van Wyk sê die voertuig van die verdagtes is later dieselfde dag by ’n perseel in St. Peterstraat in Newton, Wellington opgespoor. ’n Volwasse man is kort daarna in hegtenis geneem.
“Die mes wat in die misdaad gebruik is, is in sy besit gevind. Die motief was vermoedelik ’n argument.”
Teen druktyd was geen begrafnisreëlings beskikbaar nie.
Grain, wat sy 40ste verjaarsdag in Augustus sou vier, laat twee dogters en vier seuns agter.
menslik van kant gemaak word."
Lubbe het in tussen ook bevestig dat vier honde aan DBV Paarl oorhandig is en dat hulle Woensdagoggend (29 Julie) "genadedood toegedien is".
"Al vier die honde is German Shepherd kruising (Duitse herdershonde) en dit was drie mannetjies en een wyfie." Lubbe het egter geen melding gemaak van 'n boerboel nie.
Jacobs het verder bevestig dat die munisipaliteit geen rekord het van enige vorige klagtes oor die honde nie en dat hulle die polisie se strafregtelike ondersoek ondersteun.
Buiten haar ouers en ‘n broer laat Edith ook twee kinders - 'n dogter en 'n seun agter.
































































Chantélle Hartebeest
Om op die verkeerde plek op die verkeerde tyd te wees het die afgelope naweek die lewe van ’n jong Wellingtonse man geëis.
Die 23-jarige Gino van Wyk het Saterdag (25 Julie) in die vroeë oggendure van ’n kuier teruggekeer huistoe, toe hy voor sy woning in Benjaminstraat doodgeskiet is.
Volgens George Septo, Van Wyk se oom, was daar voor die noodlottige voorval ’n onderonsie in die straat waarby Van Wyk glad nie betrokke was nie. Die verdagte het in die straat geloop en die vuurwapen in sy besit ’n paar keer oorgehaal, vertel Septo.
’n Neef van Septo het dié jong man meer as een keer aangespreek omdat hy die vuurwapen voor ’n paar jong vroue in die straat oorgehaal het, waarna die spanning opgebou het.
“Toe sê my neef weer vir hom (die verdagte), ‘Boeta, moenie weer daai ding doen wat jy vereffend gedoen het om die gun te cock voor die vroumense nie, want hier is ’n minderjarige kind saam met hulle.’ Toe is dit wat hy reageer en sê: ‘Ja, jy krap die heeltyd aan my. Dit lyk amper so jy het ’n probleem saam met my.’ ” ’n Rukkie later het Van Wyk by die huis teruggekeer en met die mense op straat gesels. Die oomblik toe Van Wyk uit die voertuig klim wat hom kom aflaai het, het die verdagte met die vuurwapen teruggekeer. Nog ’n neef wat teenwoordig was, het toe vir Van Wyk geroep, vertel Septo, en hulle het gestaan en gesels. Op daardie oomblik het die verdagte verby hulle gestap en op Van Wyk losgebrand.
Anneline Clasen, Van Wyk se tannie, sê dit is moeilik om te praat oor hoe hul familie geraak is.

“Almal vra vrae en om terug te gaan na wat Saterdagoggend gebeur het, is nie lekker nie. Die familie is in rou en ons struggle en sit met kopsere, maar dit is baie moeilik. Ons is stukkend want hy sou nie eens ’n vlieg seermaak nie. Almal in die Wellington ken vir hom. Hy was nie ’n moeilike mens nie. Hy was ’n krieketspeler en het gelewe vir die krieket en sy kind van twee jaar oud.”
Sy sê die grootste hartseer is dat Van Wyk se seuntjie sonder sy pa moet grootword.
Stephan Landsberg van die Wellington Aksie Groep sê wat gebeur het, is tragies. “Hy was regtig net op die verkeerde tyd daar toe hy geskiet is. Die straat waar die insident gebeur het, is redelik stil, daar’s nie bendebedrywigheid of sulke tragiese gebeure soos wat Saterdag afgespeel het nie.”
Thembakazi Mpendukana, ’n WesKaapse polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word deur die Wellington-polisie ondersoek. Die voorval het glo omstreeks 02:23 gebeur.
“Volgens omstanders was daar ’n argument tussen die verdagte en die slagoffer wat gelei het dat ’n 23-jarige man geskiet is en op die toneel dood verklaar is. ’n 24-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.”














































INVITATION TO APPLY FOR GRANT IN AID: CALL FOR NON-PROFIT ORGANISATION 2026/2027
must be within the Drakenstein Municipal
Non-profit organisa�ons. 3. Must be A-poli�cal.
Organisa�ons must perform work that is in-line with the Integrated Development Plan (IDP) and Na�onal Development Plan (NDP) on the aims and func�ons of local government.
5. Only special projects will be funded and not the opera�onal costs of the organisa�on.
6. Applica�ons must be fully mo�vated and an implementa�on plan with a detailed budget must be included.
7. A copy of the organisa�on�s cons�tu�on and its registra�on with the Department of Social Services as well as confirma�on of compliance le�er as a non-profit organisa�on, must accompany the applica�on, copy of mee�ng minutes for the quarter and ac�ve board members
8. Sport organiza�ons must be affiliated to the Sport Federa�on in their area (Paarl, Wellington, Saron, Gouda, Hermon and Simondium) and proof there-of must accompany the applica�on) with a list of equipment and or a�re must be submi�ed.
Non-profit organisa�on that are registered and in compliance with the Department of Social Development will be considered for the roll-out of ward-based opera�onal projects.
Non-Profit Organiza�ons and/or bodies who qualify must submit proposals in the following categories:
• Youth • Gender Based Violence (GBVF)
• Food and Nutri�on
• Early Childhood Development (ECDCs)
• Elderly
• People living with disability
• Homeless People (Family reunifica�on)
• Substance Abuse • Crime Preven�on
• HIV/AIDS
• Sport and Recrea�on
Letitia van Zyl-Schultz
Vier maande nadat Kotie Nel in die Paarl vermoor gevind is, het die polisie bevestig dat ’n verdagte in verband met haar moord in hegtenis geneem is.
Novanews het voorheen berig dat Nel op 26 Maart met verskeie steekwonde in ’n woning in Lemoenkloof, Paarl, aangetref is. Sy is op die toneel dood verklaar.
Nel het vroeg vanjaar van Reebok naby Mosselbaai na die Weskus verhuis. Ten tyde van haar dood het sy die huis in Lemoenkloof opgepas.
Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, is ’n 39-jarige man op Maandag 27 Julie in Samora Machel, Kaapstad, in hegtenis geneem.

29 Julie) in die Paarl-landdroshof op ’n aanklag van moord sou verskyn.
Please note that the Grant in Aid policy does not allow funding for organisa�ons that have already received funding during the past two (2) financial years.
Further note, applica�on will not be considered if they do not adhere to all requirements / criteria.
Completed applica�on with full details a�ached thereto must be returned to the Social Development Sec�on, Fi rs t Fl oor We lli ng to n Mu ni ci pa l Bu ild in g, 100 Pe nt z St re et We lli ng to n, or pe r el ec tr on ic ma il to Geduld.Veldsman@drakenstein.gov.za / Wilmorne.Antar@drakenstein.gov.za by not later than 31 August 2026.

• Special Programmes (Human Rights Day, Freedom Day, Youth Day, Heritage Day etc.) DR JH LEIBBRANDT CITY MANAGER Paarl Post - 30/07/2027
Die verdagte is na die Paarl-polisiekantoor geneem, waar hy in aanhouding bly, en na verwagting gister (Woensdag
Die polisie het nog geen verdere besonderhede oor die ondersoek bekend gemaak nie.
The National Prosecuting Authority has secured life imprisonment sentences against a Paarl couple convicted of raping and trafficking two minor victims.
The court ordered their names be entered into the National Register for Sex Offenders and declared both unfit to possess firearms. The NPA has withheld their identities to protect the victims.
The male accused (51) and his wife (42) targeted two vulnerable 14-year-old girls from disadvantaged backgrounds.
The Paarl Regional Court sentenced the pair to 16 life terms and an additional 12 years' direct imprisonment on eight counts of rape, eight counts of trafficking in persons and four counts of grooming children. The sentences will run concurrently.














































































Chantélle Hartebeest
More than 120 years after food production first began on the site, Tiger Brands has given its historic Paarl factory a new lease on life through a R200 million-plus investment that positions the town at the centre of the company's future manufacturing strategy.
The ribbon-cutting ceremony, held on Monday (27 July), marked the official launch of the new Culinary mega-site. It is a major manufacturing hub that will
produce some of South Africa's bestknown household brands while strengthening local supply chains and supporting jobs in the Western Cape.
The investment is the first of Tiger Brands' large-scale structural projects to become operational as part of the company's long-term growth strategy.
Tiger Brands CEO Tjaart Kruger said the investment is aimed at strengthening the company's future while continuing to deliver affordable products to consumers.
"Investments such as the Paarl mega-site are about building a stronger Tiger Brands for the future.



By modernising our manufacturing network and improving how we operate, we are creating a more efficient, resilient and competitive business that is better positioned for long-term growth. Just as importantly, these investments help us to continue delivering the quality, value and affordability that South African consumers rely on every day."
The historic Paarl site, established in 1903 and recognised as the birthplace of All Gold Tomato Sauce, has been transformed into a modern production hub with three specialised manufacturing plants, explained Roger Schierhout, plant manager at Tiger Brands Paarl Culinary.
Among the biggest developments is a dedicated vinegar production plant capable of producing three million litres annually. The facility will supply vinegar for products such as Mrs Ball's Chutney, All Gold Tomato Sauce and Crosse & Blackwell Mayonnaise, reducing Tiger Brands' dependence on external suppliers.
Another milestone is that production of the iconic Mrs Ball's Chutney has, for the first time, been brought in-house at the Paarl facility. Previously manufactured by a third party, the move is expected to strengthen quality control and supply security.
The mega-site has also become the first jam manufacturing facility in South Africa to replace cans with recyclable PET containers, offering consumers lighter and more convenient packaging while maintaining product quality.
Dumo Mfini, managing director of Tiger Brands Culinary, said the investment reinforces the company's commitment to local manufacturing and economic development.
"The transformation of our Paarl facility reflects our efforts to invest in manufacturing capability that enable us to better serve our consumers. By






bringing Mrs Ball's in-house, by securing our vinegar supply, and by improving our packaging, we are focused on driving growth and better meeting consumer needs with convenient packaging solutions. This reinforces our commitment to driving economic development, localisation, supply security and affordability of some of the country's most beloved food brands."
The investment is also expected to benefit the wider regional economy. The Paarl facility sources strawberries from Paarl and Stellenbosch, onions from Villiersdorp and Grabouw, and Seville oranges from Ceres. Altogether seven Western Cape farmers supply produce to the factory, collectively employing more than 300 permanent workers and about 700 seasonal workers during peak harvest periods.
Western Cape Premier Alan Winde, who attended the ribbon-cutting ceremony, said the investment reflects confidence in the province's economy.
"The Western Cape Government's apex priority is nurturing strong, sustainable and inclusive economic growth to create jobs. Through plans such as our Growth for Jobs strategy, we have set out a bold roadmap to achieve breakout economic growth.
This initiative is building a stronger job creation environment for companies such as Tiger Brands, aimed at making it as easy as possible to do business in our province.
"The ongoing investment from Tiger Brands into the Western Cape is an enduring vote of confidence in our province's growth and job creation ecosystem, and we warmly congratulate the Tiger Brands team for this incredible achievement."
The Paarl mega-site now serves as the manufacturing hub for All Gold Jam, Mrs Ball's Chutney, Hugo's Jam, Colman's Worcestershire Sauce and Mustard, and Crosse & Blackwell Kasi Sauces, forming part of Tiger Brands' wider investment programme to strengthen its manufacturing network across South Africa.
























































Chantélle Hartebeest
For 13 women gathered around a table covered in flour at the Huguenot Community Hall in Paarl on 16 July bread became more than a staple food; it became a symbol of hope, healing and new beginnings.
The initiative, led by Paarl baker Arlene West and supported by Paarl FM and Drakenstein Municipality, brought women who have experienced trauma together to spend a day baking bread, share their stories and remind one another that they are not alone.
For West, who is also known as The Sassy Tattooed Baker on social media, the project is deeply personal.
“I am also a woman who has been through trauma. I came out of a marriage in which both physical and emotional abuse were the norm. It had broken me down, my soul, to the point where I didn’t know who I was anymore. I had a car accident 13 years ago that had me in and out of the hospital for six years. The recovery process was also traumatic.”
She said baking had become part of her healing journey after years of surgery following the accident.
“As I told the women here today, I started baking and saw the happiness on my grandmother and mother’s faces, it made me dive into it with enthusiasm. Another motivation was the fact that my child loves brownies, which I bake for him, and wheneveri one or other family member has a birthday I always produce a birthday cake for them.”
What began in her kitchen grew into a much bigger dream.
“For 10 years now I have had a book in

my cupboard with all my notes of how I want to have a community bakery. In the area where I live one sees people struggling. One can make money with biscuits and bread, but I feel it is also important for me to teach people a skill. You know, one can find oneself working in a restaurant tomorrow and produce the bread on site. Also, one can also start one’s own business.”
So it is about far more than teaching people to bake, West indicated.
“It’s a way out of a traumatic situation, very people-centred, showing one that there are people who care and one is not alone. It shows that when one has the right people at one’s side then one can get through just about anything. What I really want to do is help people through their trauma. And this is just the beginning...”
She hopes, one day, to establish a permanent community bakery where she can host regular baking classes and continue supporting people who are working through trauma.
OFFICIAL NOTICE: APPLICATION FOR CONSENT USES IN TERMS OF SECTION 15 (2) OF THE DRAKENSTEIN BY-LAW ON MUNICIPAL LAND USE PLANNING, 2018: FARM NO 1405 PORTION 1, PA ARL
Notice is hereby given, in terms of the Drakenstein By-Law on Municipal Land Use Planning, 2018, that the application set out below has been submitted to the Drakenstein Municipality: Land Use Planning Department A comprehensive copy of the application is available for inspection and/or may be re qu es te d by co nt ac tin g th e ap pl ic an t, Gr an t Ba ar t ma n, at planning6@rumboll.co.za or 022 482 1845. Alternatively, the application may be viewed, or further information obtained, by contacting Jason Daniels at Jason.Daniels@drakenstein.gov.za or 021 807 4581
Property : Farm 1405 Portion 1, Paarl
Owner : Imbuko Logistics Proprietary Limited Zoning Agricul ture Zone
Applicant : CK Rumboll & Partners (Contact No: 022 482 1845) Locality : Farm 1405 Portion 1, Paarl (Bo Dal Road) Total Extent : 37.8645 Ha
Proposal:
•Section 15 (2) (n) of the Drakenstein By-Law on Municipal Land Use Planning (PG 7983 of 28 September 2018) for a Consent Use to permit visitors’ accommodation exceeding the threshold applicable to the Agricultural Zone on the property
•Section 15 (2) (n) of the Drakenstein By-Law on Municipal Land Use Planning (PG 7983 of 28 September 2018) for a Consent Use to permit a visitors’ facility exceeding the threshold applicable to the Agricultural Zone on the property
•Section 15 (2) (n) of the Drakenstein By-Law on Municipal Land Use Planning (PG 7983 of 28 September 2018) for a Consent Use to permit a function venue on the property
•Section 15 (2) (n) of the Drakenstein By-Law on Municipal Land Use
Planning (PG 7983 of 28 September 2018) for a Consent Use to permit a helipad on the property
Motivated objections or comments can be lodged in writing to the Drakenstein Municipality, PO Box 1, Paarl, 7622 or electronically to customercare@drakenstein.gov.za and copied to Jason.Daniels@draken stei n. go v. za. No te th at su bm is si on s mu st co mply wi th Se ct io n 50 of th e Dr aken stei n By -L aw on Mu ni ci pa l La nd Us e Planning, 2018 and must reach the Municipality, by no later than 30 days after the date of the notification letter.
Persons who are unable to read or write, can submit their objections verbally at the Municipal Office, Berg River Boulevard, Paarl, where they will be assisted by a staff member to put their comment/objection in writing.
DATE OF NOTIFICATION: 2026/07/30
CLOSING DATE FOR OBJECTIONS / COMMENTS: 2026/08/28
ADDRESS OF APPLICANT: 16 RAINIER STREET, MALMESBURY, 7300
The day’s theme, “Kneading through your problems and rising above your trauma”, was reflected in every loaf the women made.
“It’s rising above your situation. You have to knead the bread for it to do its work so it can rise. So it’s working (kneading) through your problems and rising above. It’s about putting four different ingredients together that mean nothing on their own, work it through and at the end of the day it gives you a beautiful product.
“It’s the same with us as people. Using one’s skills, combined with one’s determination, will see one start believing in oneself, and that there are people behind one when working through one’s problems, kneading it, and then one consciously decides, ‘I am not going to be defined by my problems, nor am I going to be defined by my trauma. I am going to be better. I’m going to make something of myself, and I am going to rise above my trauma. That is basically what baking bread represents, what it stands for.”
West said 13 women, including her, had taken part in the initiative.
As the dough rose during the day so too had the confidence of the women in the room.
“When I first greeted them they were in their shell. They were unsure whether they were going to follow the instructions correctly; what's also nice and comfortable is that we’re a group of women who can draw much from one another. And now we see a smile on everyone’s face.”
West hopes her project would continue to provide a space where women can find healing, learn a skill and discover that, like bread, they too can rise.
DRAKENSTEIN MUNISIPALITEIT
AMPTELIKE KENNISGEWING: AANSOEK OM VERGUNNINGSGEBRUIKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE DRAKENSTEIN VERORDENING OP MUNISIPALE GROND-GEBRUIKSBEPLANNING, 2018: PLAAS NR. 1405 GEDEELTE 1, PA ARL
Ke nn is ges ki ed hi er me e, in ge vo lg e di e Dr ak en st ei n Ve ro rd en in g op Munisipale Grondgebruiksbeplanning, 2018 dat die onderstaande aansoek in ge di en is by die Dr ak en st ei n Mu ni si pa lit ei t: De pa rt em en t Gr on dgebruiksbeplanning. 'n Volledige afskrif van die aansoek is beskikbaar vir insae en/of kan aangevra word deur die aansoeker Grant Baartman, te kontak by planning6@rumboll.co.za of 022 482 1845. Alternatiewelik kan die aansoek besigtig word, of verdere inligting verkry word, deur Jason Daniels te kontak by Jason.Daniels@drakenstein.gov.za of 021 807 4581.
Eiendom : Plaas 1405 Gedeel te 1, Paarl
Eienaar : Imbuko Logistics Proprietary Limited Sonering : Landbousone
Aansoeker : CK Rumboll & Partners (Kontak Nr: 022 482 1845) Ligging Plaas 1405 Gedeel te 1, Paarl (Bo Dal Pad)
Totale Grootte : 37.8645 Ha
Voorstel:
•Artikel 15 (2) (n) van die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PK 7983 van 28 September 2018) vir 'n Vergunningsgebruik om besoekersverblyf wat die drempel van toepassing op die Landbousone oorskry op die eiendom toe te laat
•Artikel 15 (2) (n) van die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PK 7983 van 28 September 2018) vir 'n Vergunningsgebruik om 'n besoekersfasiliteit wat die drempel van toepassing op die Landbousone oorskry, op die eiendom toe te laat
•Artikel 15 (2) (n) van die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PK 7983 van 28 September 2018) vir 'n Vergunningsgebruik om 'n funksielokaal op die eiendom toe te laat
•Artikel 15 (2) (n) van die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PK 7983 van 28 September 2018) vir 'n Vergunningsgebruik om 'n helikopterlandingsplek op die eiendom toe te laat
Ge mo ti ve er de be sw ar e of ko mm en ta re ka n sk ri ftel ik in ge di en wo rd by di e Draken stei n Mun is ip al itei t, Po sb us 1, Pa arl, 76 22 of el ek tron ie s by customercare@drakenstein.gov.za sowel as Jason.Daniels@drakenstein.gov.za in gekopieer word Neem kennis dat inhandigings moet voldoen aan Artikel 50 van die Drakenstein Verordening op Munisipale Grondgebruiksbeplanning, 2018, en dat dit die Munisipaliteit moet bereik, nie later nie as 30 dae na die datum van die kennisgewings brief
Indien ‘n persoon nie kan lees of skryf nie, kan so ‘n persoon sy kommentaar mondelings by die Munisipale Kantore, Bergrivier Boulevard, Paarl, aflê, waar ‘n personeellid sal help om sy kommentaar/vertoë op skrif te stel.
KENNISGEWING DATUM: 2026/07/30
SLUITINGSDATUM VIR BESWARE / KOMMENTARE: 2026/08/28
ADDRESS VAN AANSOEKER: 16 RAINIER ST, MALMESBURY, 7300
’n Akademiese rekord wat deur konsekwentheid, uitnemendheid en merkwaardige prestasie gekenmerk is, het aan Ulrich le Roux die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe se hoogste studentetoekenning, die 2025 C.G.W. Schumann-medalje, besorg.
Die medalje, wat na prof. C.G.W. Schumann, ’n voormalige dekaan van die fakulteit aan die Universiteit Stellenbosch (US), genoem is, word sedert 1986 jaarliks aan die fakulteit se beste nagraadse student toegeken.
Le Roux se akademiese uitnemendheid was reeds van jongs af duidelik. In 2021 matrikuleer hy aan die Hoër Jongenskool Paarl met ’n gemiddelde van 98% en word aangewys as Suid-Afrika se toppresteerder in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Op universiteit het hy die standaard nóg hoër gestel.
“Hoewel dit nie ongewoon is dat uitsonderlike studente in verskeie modules meer as 90% behaal nie, het Le Roux deurgaans op ’n buitengewone vlak presteer,” sê prof. Garrett Slattery, hoof van die departement aktuariële wetenskap.
“Hy het in ongeveer die helfte van sy voorgraadse modules tussen 97% en 100% behaal, terwyl punte onder 90% seldsaam was. Hy het elke vak in beide sy baccalaureus- en honneursgraad met lof geslaag.”
Sy uitstaande prestasies het aan hom die toekennings as topstudent in aktuariële wetenskap en wiskundige statistiek besorg, asook ’n rektorstoekenning vir uitnemende akademiese prestasie. In sy honneursjaar het hy die hoogste punt – ’n ongekende 86% – in die finale aktuariële wetenskap-eksamen behaal onder sowat 150 honneursstudente van die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-Universiteit.
Op grond van sy akademiese prestasie het Le Roux ook vrystelling ontvang van al die beskikbare eksamens van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika. Benewens sy studies het hy as tutor vir eerste- en derdejaarstudente opgetree, skaak gespeel en sy koshuis, Eendrag, in ultimate frisbee verteenwoordig.
Vroeër vanjaar het Le Roux by Discovery Life in Johannesburg aangesluit.
“Op universiteit is antwoorde oor die algemeen óf reg óf verkeerd. In die werkplek is daar nie ’n memorandum om jou te lei nie. Jy moet verskillende stukke inligting teen mekaar opweeg, jou oordeel gebruik en besluit wat die beste plan van aksie is,” sê Le Roux.
Vir eers fokus hy daarop om hom as aktuaris te kwalifiseer, maar een doelwit bly vir hom vasstaan.
“Ek wil ’n positiewe verskil in die samelewing maak deur my aktuariële werk.”




































































MUNICIPAL PUBLIC ACCOUNTS COMMITTEE MEETING (MPAC): 06 AUGUST 2026
Residents are hereby notified that a meeting of the Municipal Public Accounts Committee will be held in the Council Chambers, 1st Floor, Civic Centre, Berg River Boulevard, Paarl on Thursday, 06 August 2026 at 10:00. Members of the pub li c wh o wi sh to ha ve ac ce ss to th e me et in g ma y RS VP to Francois.Goosen@drakenstein.gov.za by no later than 10:00 on Tuesday, 4 August 2026. Access may be limited due to practical considerations.
Paarl Post - 30/07/2026
NM10067792-PL300726




Siska Martin




The Athlone Institute Trust is pleased to announce the appointment of Dr Harlan Cloete as its chief executive officer Dr Cloete officially assumed office on 6 July 2026
This appointment marks a significant milestone in the history of the trust as it celebrates its centenary year The establishment of the office of the chief executive officer demonstrates the board of trustees' commitment to strengthening the trust's governance, strategic leadership, and operational capacity to ensure its continued growth and sustainability.
As chief executive officer, Dr Cloete will implement
Matriekleerlinge van oor Suid-Afrika heen wat op leierskaps-, akademiese, kultuur- en sportgebied uitblink en beplan om volgende jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te studeer, het net tot komende Vrydag (31 Julie) tyd om hulle vir die UV en Novus Media se Matrikulant van die Jaar-kompetisie in te skryf.
Die 25 topdeelnemers staan die kans om beurse, geldpryse en geskenke van sowat R500 000 te wen. Die pryse word deur UV Studentewerwingsdienste, die Kovsie-Alumnitrust, Forvis Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk geborg.
Leerlinge kan hulself inskryf of deur hul skole benoem word. Ná die keuringsproses word 25 semifinaliste aangewys, waarna 14 finaliste van 5 tot 7 Oktober aan die eindronde in Bloemfontein deelneem.
Vir drie eerstejaarstudente aan die UV was die kompetisie veel meer as net ’n geleentheid om pryse te wen. Hulle sê dit het hul selfvertroue versterk, waardevolle vriendskappe laat ontstaan en die oorgang na universiteit vergemaklik.
Megan Johnson, wat vanjaar medies studeer, sê die kompetisie het haar geleer om in haarself te glo.
“Die kompetisie het my geleer om selfvertroue te hê en getrou aan myself te bly. Ná die kompetisie voel ek baie meer selfversekerd tydens onderhoude en wanneer ek moeilike vrae sonder voorbereiding moet beantwoord.”
Volgens haar het die vriendskappe wat tydens die eindronde ontstaan het haar eerste dae op kampus baie makliker gemaak.
“Ek het reeds mense gehad by wie ek kon aansluit. Drie van die meisies wat ek daar ontmoet het, is vandag my beste vriendinne.”
Haar raad aan vanjaar se deelnemers is om die ervaring te geniet.
“Jy het reeds die harde werk gedoen om te kwalifiseer. Gryp nou die geleentheid aan om nuwe mense te ontmoet en

the Athlone Institute Trust's vision, mission, and strategic objectives Working in close partnership with the board of trustees, he will advance the trust's long-standing commitment to education, community development, and social upliftment by fostering strategic partnerships, expanding stakeholder engagement, and driving sustainable fundraising initiatives that will enhance the trust's programmes and longterm impact

blywende herinneringe te skep.”
Samantha Mynhardt, ook ’n eerstejaar- mediese student, sê die kompetisie het haar gehelp om haar eie vermoëns raak te sien.
“Veral tydens die onderhoude het ek geleer om myself te vertrou, vinnig op my voete te dink en nie bang te wees om my stem te laat hoor nie. Ek het besef ek kan trots wees op wie ek is.”
Sy sê dit was ’n groot voordeel om reeds mense op kampus te ken voordat die akademiese jaar begin het.
“Moenie die kompetisie as net ’n mededinging sien nie, maar as ’n geleentheid om mense te ontmoet saam met wie jy die volgende paar jaar gaan studeer.”
Michelle Jacobs, wat ’n BSc-graad in biologiese wetenskappe volg, sê sy het tydens die kompetisie besef sy behoort tussen ander uitblinkers.
“Die ervaring het my selfvertroue geweldig versterk en my uitgedaag op maniere wat ek nooit self sou aangepak het nie.”
Volgens haar het die mense wat sy tydens die kompetisie ontmoet het steeds ’n belangrike rol in haar universiteitslewe.
“Moet nooit aan jouself twyfel nie. Waag dit om in te skryf. Wat vir jou bestem is, sal sy pad na jou toe vind.” Om in te skryf, skandeer die QR-kode om die inskryfvorm af te laai en te voltooi. Stuur dit teen 31 Julie aan Linda Greyling by greylinl@ufs.ac.za.

For the past 100 years, the Athlone Institute Trust has remained steadfast in its commitment to serving communities through education and social development The appointment of a chief executive officer positions the trust to build on this proud legacy while responding proactively to the opportunities and challenges of a changing society.
The board of trustees extends its sincere
congratulations to Dr Cloete and wishes him every success in his new role. The board looks forward to the future as the trust enters its second century of service and meaningful community impact
The Athlone Institute Trust remains firmly committed to honouring the vision of its founders while creating opportunities that will benefit present and future generations.


SIVIWE

The DEPARTMENT SOCIAL DEVELOPMENT, PAARL LOCAL OFFICE, is requesting MR.XOLISILE & MS. ZIMKITHA MAGODO to urgently contact the Social Worker, MS. NATALIE THEUNISSEN at 021 862 7076, during office hours (07:30-16:00) and / or fax 021 872 0049.
The DEPARTMENT SOCIAL DEVELOPMENT,PAARL LOCAL OFFICE, is requesting MR. GERSHWIN CLAASEN to urgently contact the Social Worker, MS. NATALIE THEUNISSEN at 021 862 7076, during office hours (07:30-16:00) and / or fax 021 872 0049.

PAARL: 3 Slaapkamer huis in rustige woonbuurt. Beskikbaar onmiddellik. R9500 pm. + water. Kontak: 065 062 3016.

Transport & Rubble Removal 082 439 9559 083 363 2224 moeratbuilders @gmail.com

Nokana Financial Services Loans R1000-R8000 Permanent employees Website: Nokana.co.za Whatsapp:0664527442

is
en betroubaar en ek is dringend opsoek na inslaap huisskoonmaakwerk. My WhatsApp nommer is 063 329 7773 of 065 519 1475. Kontabare verwysing Keith Goodwill 082 558 3262 of 083 980 6558.
ZODWA is looking for work as a domestic, cleaner, nanny or laundry attendant. References: Taniya 083 784 9006 or Surika 078 177 0641. Call me on 060 503 9132.
The DEPARTMENT SOCIAL DEVELOPMENT, PAARL LOCAL OFFICE, is requesting MS. JASMINE FERUS & MR. THATO LEKHATI to urgently contact the Social Worker, MS. NATALIE THEUNISSEN at 021 862 7076, during office hours (07:30-16:00) and / or fax 021 872 0049. DRIVER POSITION AVAILABLE - WINE INDUSTRY. We are looking for a reliable and experienced /retired driver to join our team in the wine industry. Requirements: Minimum 5 years' driving experience. Valid Code 14 driver's license. Own reliable transport. Strong work ethic and reliability. If you meet the above requirements and are ready to join a dynamic environment, we would love to hear from you! Send your





ASANDISWA is seeking work as a domestic worker. Preferably 5 days a week or days I can get. I can start immediately. Call 076 683 2238.
EDINA is looking for housekeeping work in house, guesthouse or business or domestic work I can start immediately. I can also babysit. 069 464 9686.
LINDIWE is looking for domestic work. Chars or 5 days per week. I have experience and I have a reference. I can start immediately. Call 061 853 0336.




VAN W D Y E K FR GESTIG 1983
In die boedel van wyle SUSAN CAROLINE SIEBRITZ
Geboortedatum: 10 NOVEMBER 1930
Persoonsnommer: 301110 0065 08 9 van MUNROSTRAAT 10, PAARL
Boedelnommer: 006732/2022
Die EERSTE & FINALE Likwidasie- en Verdelingsrekening in bogenoemde boedel sal oor ‘n tydperk van 21 (een-en-twintig) dae vanaf die 31STE dag van JU LI E 20 26 te r in sa e lê in di e ka nt oor va n di e Weesheer van die Wes-Kaap Hoë Hof te KAAPSTAD en in die kantoor van die Landdros te PAARL.
Geteken te PAARL op hierdie 22STE dag van JULIE 2026.
FRED VAN WYK ING.
Prokureurs vir Eksekuteur/trise
Adres: Jan Van Riebeeckweg 57B PAARL 7646 NM10066944-PL300726
Kaapse Wynland distriKsmunisipaliteit d aliteit
OPENBARE KENNISGEWING EN UITNODIGI NG IMPLEMENTERING VAN VOORSIENINGSKANAALBESTUURSBELEID
Ingevolge para graaf 6.2(a) en 6.3 van die Munisipale Voorsieningskanaalbestuursbeleid, moet implementeringsverslae onderskeidelik aan die Munisipale Raad en Uitvoerende Burgemeester voorgelê word Hierdie verslae, kwartaalliks en jaarliks (jaar geëindig 30 Junie 2026), is voorgelê en deur die Raad bespreek by hulle vergadering gehou op 27 Julie 2026, en daar is besluit da t kennis geneem word van die vordering met die implementering van die Voorsieningskanaalbestuursbeleid, en da t die verslae ingevolge artikel 21A van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet Nr 32 van 2000) openbaar gemaak moet word
NWABISA is looking for domestic work. Full-time or chars. I am also available on Saturdays. I have 20 years' experience and contactable reference. 073 920 4341.
PAUL is looking for work. Gardening or general work. I also have license & experience as a forklift, tuk tuk driver and horse groomer. References available. 068 314 6944.
VAN W D Y E K FR GESTIG 1983
In die boedel van wyle HESTER JEANETTA PRESENCE
Geboortedatum: 29 APRIL 1944
Persoonsnommer: 440429 0102 08 6
van OKKERNEUTLAAN 16, PAARL
Boedelnommer: 006651/2026
Skuldenaars en Skuldeisers in bogenoemde boedel word hiermee aangesê om binne 30 dae, gereken vanaf 31 JULIE 2026, hul vorderings in te dien en hul skulde te betaal by die ondergetekende.
Geteken te PAARL op hierdie 22STE dag van JULIE 2026.
FRED VAN WYK ING.
Prokureurs vir Eksekuteur/trise
Adres: Jan Van Riebeeckweg 57B PAARL 7646
NM10066946-PL300726
VAN W D Y E K FR GESTIG 1983
In die boedel van wyle PETRUS PIETER CUNNINGHAM
Geboortedatum: 18 DESEMBER 1939
Persoonsnommer: 391218 5105 08 0 van RIVERSIDESTRAAT 33, PAARL
Boedelnommer: 013086/2017
Die EERSTE & FINALE Likwidasie- en Verdelingsrekening in bogenoemde boedel sal oor ‘n tydperk van 21 (een-en-twintig) dae vanaf die 31STE dag van JU LI E 2026 te r in sa e lê in di e ka nt oor va n di e Weesheer van die Wes-Kaap Hoë Hof te KAAPSTAD en in die kantoor van die Landdros te PAARL.
Geteken te PAARL op hierdie 22STE dag van JULIE 2026.
FRED VAN WYK ING.
Prokureurs vir Eksekuteur/trise
VAN W D Y E K FR
GESTIG 1983
In die boedel van wyle LILY ANGELINE ARRIES
Geboortedatum: 19 MEI 1952
Persoonsnommer: 520519 0746 08 1 van DESMORESTRAAT 112, PAARL
Boedelnommer: 013907/2024
Sk ul de naar s en Sk ul de is er s in bo ge no em de boedel word hiermee aangesê om binne 30 dae, gereken vanaf 31 JULIE 2026, hul vorderings in te di en en hu l sk ul de te be ta al by di e ondergetekende.
Geteken te PAARL op hierdie 22STE dag van JULIE 2026.
FRED VAN WYK ING.
Prokureurs vir Eksekuteur/trise
Adres: Jan Van Riebeeckweg 57B PAARL 7646
NM10066948-PL300726
Soos vereis kra gtens artikel 21A van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet Nr 32 van 2000), nooi die Kaa pse Wynland Distriksmunisipaliteit hiermee die plaaslike gemeenska p of belanghebbendes om skriftelike kommentaar in te dien of vertoë te rig ten opsigte van die jaarlikse en kwartaallikse implementeringsverslae. Enige persoon wa t nie kan skr yf nie, kan gedurende kantoorure na die Voorsieningskanaalbestuurskantore kom by die ondergemelde adres, waar daardie persoon deur Mev N. Gwegwe bygestaan sal word om daardie persoon se kommentaar of vertoë neer te skr yf. Skriftelike kommentaar of vertoë wa t duidelik aan die buitekant gemerk is met: Implementering van Voorsieningskanaalbestuursbeleid”, kan by die kantore ingehandig word of aan die onderstaande adres gepos word, teen nie later nie as Vr ydag, 28 Augustus 2026 Die verslae is beskikbaar by Mev N. Gwegwe, by die kantoor van die Voorsieningskanaalbestuurseenheid, Du Toitstraa t 29, Stellenbosch. Alterna tiewelik kan dit skriftelik van die Munisipale Bestuurder, Aanda g: Voorsieningskanaalbestuurseenheid, Posbus 100, Stellenbosch, 7599, aangevra word; of per e-pos van scm@ca pewinelands.gov.za of telefonies by tel. 021 888 5107; of van die webblad by: www.ca pewinelands.gov.za afgehaal word. Navrae in verband met bogenoemde kan gerig word aan: Mev N. Gwegwe by tel. 021 888 5107 of scm@ca pewinelands.gov.za


















30 Julie 2026


In die gees van die naweek se interskole tussen Boishaai (die Hoër Jongenskool Paarl) en Gimmies (die Hoërskool
Paarl) het die Paarl-rolbalklub die afgelope Saterdag ’n baie genotvolle Interskoledag aangebied. Spanne is saamgestel uit Paarl- en Wellington-spelers. Gimnasium het as die oortuigende wenner uit die stryd getree.
Charl Williams
Roses United het Saterdag op eie bodem karakter, deursettingsvermoë en kampioengees getoon toe hulle ’n asemrowende 34-32-oorwinning oor Delicious van Ceres in ’n vurige Boland-Groot-uitdaagwedstryd behaal het. Die tweede helfte het ná ’n gelykop-10-10rustydtelling in ’n ware riller ontaard.
Intussen is Maya Hendricks as instaanhoofafrigter van Roses United aangestel terwyl Brendon April sy verpligtinge by die Boland-o.20-span nakom.
Die wedstryd is gekenmerk deur harde, fisieke rugby, met gereelde opstootjies wat die vloei van die spel ontwrig het. Veral die besoekers het hulself daaraan
skuldig gemaak om eerder op die man as op die bal te fokus, wat die spanning op die veld verder laat oplaai het.
Roses het ná rustyd sterk uitgekom en vroeg punte aangeteken, maar Delicious het teruggeveg en selfs met 32-27 voorgeloop toe die wedstryd sy klimaks bereik.
Die plaasvervanger-skrumskakel, Asha Zeeman, het die wedstryd egter onherroeplik in Roses se guns laat kantel.
Zeeman het ná sy toetrede tot die veld ’n geweldige uitwerking gehad en twee drieë gedruk, waaronder die beslissende wen-drie in die laaste minute.
Taigh Schoor het koelkop die doelskop oorgeklits om Roses met 34-32 voor te sit – ’n voorsprong wat hulle tot die eindfluitjie verdedig het. Die emosies het ná die wedstryd oorgekook toe spelers slaags geraak het.
Roses United se voorsitter, Herman

Roses United se instaan-afrigter, Maya Hendricks.
Bailey, het egter vinnig ingegryp en die situasie onder beheer gebring. Die wedstrydbeampte, Nicholas April, moes ook streng optree nadat verskeie Delicious-spelers hom ná die eindfluitjie beledig het. Twee rooikaarte en een geelkaart is aan die besoekers uitgedeel. Roses se
Clayton April en Alshaun Davids het gedurende die wedstryd elk geelkaarte ontvang. Met die bonuspunt-oorwinning verdien Roses United die volle vyf ligapunte en behou hul posisie boaan die Boland-Grootuitdaag-puntelys met 75 punte. Die span het reeds 14 van hul 17 wedstryde hierdie seisoen gewen en bly op koers om hul ligatitel suksesvol te verdedig.
Die ambisies strek egter verder as die plaaslike liga. Roses United berei ook voor vir deelname aan die SA Gold Cup later vanjaar, asook ’n moontlike plek in die Boland-top-12. Volgens beide Hendricks en Bailey beskik die klub oor die nodige diepte om aan albei fronte mededingend te wees.
PUNTEMAKERS
Roses United (34)
Drieë: Burton Booysen (2), Asha Zeeman (2), Doelskoppe: Taigh Schoor (4), Strafdoele: Taigh Schoor (2)






