Leaders vier 120 jaar

Page 1


Leaders vier 120 jaar!

’n Ware storie van ondernemingsgees en volharding staan vandag op die voorpunt van Leaders se meer as 120 jaar in die bedryf.

Dit is ’n hoofstuk wat begin het toe meer as 2 miljoen Jode tussen 1881 en 1920 uit Rusland gevlug het om vervolging vry te spring. Ekonomiese geleenthede het baie van hulle na Suid-Afrika gelok, waar hulle hul in Distrik Ses, Woodstock en ook in kleiner dorpe en landelike gebiede gevestig het. Een so man was Joseph Leader wat in 1897 in Worcester aangekom en as ’n smous gewerk het. Teen 1905 het hy J. Leader, ’n algemene handelaar en meubelwinkel in Baringstraat, op die been gebring.

In die 1930’s het sy seuns Philip en Jack by hom aangesluit.

’N ROEPING TOT FAMILIE EN MEUBELS VAN GEHALTE

Leaders, vernoem na die Joodse familie wat die onderneming besit het, is in 1976 deur Koos Hennig gekoop. Kobus, die oudste Hennig-seun, sluit in 1980 uit die wynbedryf by sy pa aan. Kort daarna, in 1986, word Neels ook gevra om by die familie-onderneming aan te sluit, waar hy vandag nog aan die stuur van sake is.

“In daardie jare was verbruikerspatrone aansienlik anders. Mense het geglo aan gehalte-meubels in die era van smart-hout, geelhout en embuia.

Hierdie tydlose stukke word vandag nog in baie huishoudings gebruik. Kredietkaarte was die uitsondering en ons het op skuld verkoop. Dit was altyd ’n risiko en het kontantvloei-uitdagings teweeggebring,” vertel Neels. Met vasberadenheid en goeie dienslewering het Leaders gegroei tot wat dit vandag is – ’n eenstop-huishoudelike diensverskaffer met alles van vloerbedekkings, blindings en meubels tot elektriese toestelle.

GROEI IN DIE HART VAN

WORCESTER

Leaders het in 2017 van die ou gebou na ’n nuwe perseel geskuif om meer parkering te bied en dit toegankliker vir

Gryffenberg en Jacob

klante te maak. Leaders is vandag, met ’n span van 15 toegewyde personeellede en ’n indrukwekkende vertoonlokaal van 800m², die grootste onafhanklike meubel-en-toebehorewinkel in die groter Breedevallei-omgewing.

“Ons sien ’n duidelike skuif in verbruikersgedrag. Verbruikerspatrone verander baie vinnig en ons sien gewis ’n tendens waar wegbeweeg word van die groter inkopiesentra na meer sentrale geriefseenhede. Onder huidige omstandighede raak naverkoopdiens al hoe belangriker. Mense koop graag by mense wat hulle kan vertrou, wat ongelukkig nie [altyd] by die aanlyn platforms moontlik is nie ,” verduidelik Neels.

TOP CARPETS & FLOORS –SEDERT 2003 DEEL VAN IETS GROTER

Leaders se vloerbedekkingsafdeling het ’n groot mylpaal in 2003 bereik deur by die Top Carpets & Floors-groep aan te sluit – SuidAfrika se voorste netwerk vloerafwerkingspesialiste.

Die Worcester-tak van Top Carpets & Floors bedien vandag die breër Boland-streek en spesialiseer in residensiële, kommersiële en versekeringsvereiste vloerbedekkingsprojekte. Klante kan kies uit ’n volledige reeks produkte van matte, viniel en gelamineerde hout tot blindings – alles professioneel geïnstalleer.

Top Carpets & Floors funksioneer op kernwaardes van uitnemendheid, deursigtigheid en professionaliteit, met ’n landwye netwerk van meer as 130 lede, wat jaarliks meer as 200 000 installasies landswyd uitvoer.

BESOEK VANDAG LEADERS & TOP CARPETS WORCESTER Kom kyk self waarom Leaders en Top Carpets & Floors Worcester die eerste keuse vir gehalte diens en betroubaarheid in die Breedevallei is. Besoek hulle in Tulbaghstraat 77 of skakel 023 342 2217. Of dit nou ’n nuwe sitkamerstel, vloerbedekking of net kundige raad is – Leaders is hier om jou huis ’n tuiste te maak.

to the owners and staff of Leaders on this incredible milestone! It is a testament to your dedication and hard work that your business has thrived for so many years, becoming an integral part of the Worcester community. We wish you continued success for many more years to come.

Van links is Leonie Geldenhuys, Emmelicia Swart, Neels Hennig, Chrisna Hugo, Carin
Gryffenberg.
NM10030511-BW021025

Vertoonlokaal met goeie diens

Leaders se vertoonlokaal bied ’n droom-inkopie-ervaring met sitkamerstelle om van te kies en te keur en meubels om aan enige TV-kamer of sitkamer ’n ontspanne atmosfeer te verleen.

’n Verskeidenheid kaste, geskik vir veeldoelige gebruik, is deel van Leaders se aanbiedinge.

Leaders se wye verskeidenheid elektriese toebehore sluit wasmasjiene en tuimeldroërs in.

Leaders bied allerhande noodsaaklike elektriese toebehore aan, insluitend stofsuiers en verhitters.

Leaders het ’n verskeidenheid ys- en vrieskaste teen kompeterende pryse.

’n Wye verskeidenheid beddens en laaikaste is by Leaders beskikbaar.
Die logistieke span is (van links) Mo-Ain Ismail, Pieter Olivier en Ricardo Fredericks.
Die Top Carpet-span bestaan uit Danny, Dwayne, Gino, Llewellyn en Andries.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.