X1Y8WJQ5-KG260924 NM10039935-KG041225
KOUGA
20 000 COPIES WEEKLY Thursday December 4, 2025 | 042 293 2973
E-mail kougaexpress@novusmedia.co.za
Skattige nuwe beeld steel harte
Die beeld van die die ma-pikkewyn en haar baba, is ’n toonbeeld van die liefde tussen hulle. Dié besondere beeld in die hart van Jeffreysbaai in Diazstraat by die hoofstrand, is die jongste skepping van die dorp se beeldmaker, Renier Viljoen. Dis sy passie om die emosie van liefde uit te beeld – soos ook byvoorbeeld met die beeld van die hond Brag vir sy baas – ook daar by die hoofstrand op die grasarea. Viljoen het ’n spesiale plek in sy hart vir hierdie pikkewyne. ‘Dis die bevredigendste beeld wat ek nog gemaak het,’ sê hy. Dis maar een van die 25 beelde in die dorp wat hy geskep het. Dit is alles deel van die Dorp van Drome projek om Jeffreysbaai te verfraai. Hier is Viljoen (links) trots by die skattige pikkewyne. FOTO: VERONICA FOURIE
042 296 0017 5 Maluti Street, Fountains Estate, Jeffreys Bay NM10039937-KG041225