Skip to main content

HermanusTimes - E-edition-20 August 20205

Page 1

bris for generis NM10022741-HL060825

Nuus Uit die Overberg | News From The Overberg | Established / Gestig 1949 20 Augustus 2025 | Tel 028 312 3717 | www.hermanustimes.co.za | GRATIS / FREE

13 PLACE DISHWASHER SMS46NI00Z

- Stainless Steel - 3 Year guarantee

Wine tours • Sightseeing • Event & Airport Transfers

ONLY R7 999

087 551 1010 www.hermanus-shuttle.co.za shuttle@hermanus.co.za

HERMANUS - 028 426 0014 WHALE COAST MALL, ENTRANCE 4

VALID UNTIL SUNDAY, 31 AUGUST 2025 | While stocks last

www.applianceworld.co.za | E & OE

NM10022861-HL060825

Vreugdevure brand hoog Botla Fire is Saterdag as die streekkampioen gekroon nadat hy Safcol 30-29 geklop het. Herchelle van Aswegen, die hoofafrigter van Botrivier, wys opgewonde die trofee. Lees die verslag op bladsy 12. Foto: Rasaad Adams

Man terug agter tralies Bianca du Plessis Die 18-jarige wat op waarskuwing vrygelaat is nadat hy en ’n minderjarige vir die moord op ’n bejaarde oudonderwyser in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen nadat hy onlangs wéér in hegtenis geneem is nadat hy na bewering ’n man met ’n mes gesteek het. Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se provinsiale woordvoerder, het bevestig Shaun Swart (18), wat op 12 Julie tesame met ’n 16-jarige vir die moord op die oudonderwyser Sammy Cloete in hegtenis geneem en kort daarna op waarskuwing vrygelaat

18-jarige ná moord nou vir mesaanval vas is, sal Woensdag 20 Augustus ’n borgtogaansoek in die Bredasdorplanddroshof bring. Cloete se liggaam is verlede maand (12 Julie) met ’n steekwond in die nek by sy huis in Jakarandalaan, Bredasdorp, ontdek. Die twee verdagtes is aangekeer nadat die polisie inligting opgevolg het dat die tieners gesien is waar hulle met Cloete se voertuig gery het. Buiten die aanklag van moord is die twee ook van huisbraak en motordiefstal aangekla. Swart is egter op waarskuwing vry-

Enrol All Year-round • Small classes • Afrikaans and English • Robotics and Coding • IEB examinations • Bus service • Excellent sports facilities including indoor swimming pool 028 316 4911 hermanus.admin@curro.co.za

curro.co.za

gelaat nadat die ondersoekbeampte in sy borgtogaansoek getuig het Swart was nie by die moord betrokke nie en het slegs ’n pretrit saam met sy 16-jarige medebeskuldigde in die oorledene se voertuig geniet. Die hof het ook gelas dat hy by ’n alternatiewe adres in Struisbaai moet gaan woon. Lt.kol. Anneke Durand, die bevelvoerder van die Bredasdorp-polisie, het bevestig dat Swart in hegtenis geneem is nadat hy ’n 37-jarige man met ’n mes gesteek en ernstig gewond het. Sy eerste hofverskyning in verband

met dié voorval was Woensdag 6 Augustus. Hy is steeds in aanhouding ná sy hofverskyning op 11 Augustus. “Die minderjarige is steeds in aanhouding (in ’n plek van veiligheid vir jeugdiges in konflik met die gereg) terwyl Shaun Swart steeds op waarskuwing uit is vir dié saak,” het Ntabazalila laat weet. “Ons kan bevestig dat hy (Swart) in aanhouding is vir ’n nuwe saak (aanranding met die doel om ernstig te beseer en die verbreking van borgtogvoorwaardes) en op 20 Augustus in die nuwe saak om borgtog aansoek sal doen.” Ntabazalila het bevestig die saak teen Swart en die minderjarige is tot 25 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
HermanusTimes - E-edition-20 August 20205 by Novus Media - Issuu