HERMANUS hermanus@carcareclinic.co.za Call: 021 035 0338
GET YOUR 3RD SERVICE ON US! THE CHEAPEST OF YOUR 3 SERVICES
@
or visit us: 3 Adam Road, Hermanus
IS FREE
R550
VISIT WWW.CARCARECLINIC.CO.ZA FOR ALL THE FULL TERMS AND CONDITIONS
NM10006146-HL020425
087 551 1010 www.hermanus-shuttle.co.za shuttle@hermanus.co.za
Nuus Uit die Overberg | News From The Overberg | Established / Gestig 1949 2 April 2025 | Tel 028 312 3717 | www.hermanustimes.co.za | GRATIS / FREE
Gansbaai rou
Nog ’n sterfte op R43-pad Bianca du Plessis Jaiden Dickson
Ongeveer 150 inwoners van Gansbaai het Saterdag aan ’n vreedsame optog deelgeneem en ’n memorandum aan die polisie oorhandig. Foto: Gans-Berg Nuus Ricardo Tobias
Bianca du Plessis
“
Here, genoeg nou, asb! Jy’t ons nie gemaak om soveel hartseer te kan hanteer nie.”
Só lui Lindie Theart van Gansbaai se inskrywing op sosiale media ná die nuus van die ongeluk wat die jong Jaiden Dickson van Gansbaai se lewe geëis en haar vriendin Elandré Hans in ’n kritieke toestand gelaat het. Nuus van die tragiese ongeluk het die gemeenskap, wat steeds rou ná Ricardo Tobias se moord verlede week, soos ’n vuishou getref. Jaiden (24), ’n uitblinker op sportgebied, en haar 26-jarige vriendin was volgens berigte van Hermanus na Gansbaai op pad toe die Renault Clio waarin hulle gereis het op die R43 tussen Hermanus en Stanford naby Misty Mountains van agter deur ’n wit BMW getref is. AO David Payne, die bevelvoerder van die Stanford-polisie se speurtak, het bevestig dat die botsing kort ná middernag aangemeld is. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. “Albei vroue het buite die voertuig langs die pad gelê. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar en haar passasier sowel as die bestuurder van die
wit BMW is per ambulans hospitaal toe geneem. Die passasier (Elandré) is later na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas,” het Payne gesê. Jaiden en Elandré sou die volgende oggend aan ’n netbalwedstryd tussen Sea Stars en Caledon deelgeneem het. Natasha Julies, voorsitter van Sea Stars-netbalklub, sê hulle het besluit om dié wedstryd na aanleiding van die tragiese nuus af te stel. Lede van die klub het Sondagoggend blomme gelê en ’n kruis by die ongelukstoneel opgerig. “Alles voel nog so onwerklik. Albei het van jongs af vir ons gespeel en voor ons grootgeword,” het Julies snikkend vertel. Jaiden het in verskeie sportsoorte, onder meer, netbal, rugby en atletiek, uitgeblink. Sy was ook ’n finalis in die gewilde Hermanus Times/SuperSportLet’s Play-kompetisie. Sy het ná matriek maatskaplike werk aan die Universiteit Stellenbosch studeer, maar later besluit om humanitêre studies aan te pak. Ure ná Jaiden en Elandré se tragiese ongeluk het ongeveer 150 lede van die gemeenskap aan ’n optog deelgeneem om geregtigheid vir die moord op Ricardo Tobias te eis en ’n memorandum aan die polisie oorhandig. In die memorandum word onder meer geëis dat strenger polisiëring by veral kroeë in die hoofweg
gedoen moet word om te verseker dat dié kuierplekke aan wetgewing voldoen. “Die vermoede bestaan dat dwelms vrylik by van die persele verkoop en misbruik word,” lui die memorandum. Tobias se erg verminkte lyk is Maandag 24 Maart omstreeks 03:00 op die hoek van Bloulelie- en Angelierstraat, enkele meter van sy woonplek in Angelierstraat, gevind. Hy was volgens berigte op pad huis toe ná ’n aand se kuier en karaoke by ’n plaaslike kroeg toe hy vermoor is. Sers. Abigail Naidoo, ’n woordvoerder vir die Gansbaai-polisie, het gesê Tobias het vier steekwonde aan die linkerkant en twee bo-aan die regterkant op sy rug gehad het. “Sy gesig is vergruis aangesien hy ook met ’n stuk beton oor die kop geslaan is,” het sy bygevoeg. Die wreedheid van die moord, sê Theart, wat ’n vyfdegeslaginwoner van Gansbaai is, is iets wat ongehoord in hul dorp is en aan dié van Anene Booysen herinner. Lede van die gemeenskap was Maandag by die Hermanus-landdroshof toe twee verdagtes in verband met Tobias se moord verskyn het. Die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19, is verlede naweek in hegtenis geneem. Die saak is tot 9 April uitgestel. Die verdagtes sal tot dan in aanhouding bly.
’n Man is verlede week in Onrus dood terwyl nog vier mense volgens berigte uit ’n Steven Tarentaal se voertuig lewe is tragies kortgeslinger is toe geknip in ’n ongeluk die bestuurder op die R43 by Onrus. vermoedelik beheer daaroor verloor en dit van die R43 af gery het. Steven “Tarrie” Tarentaal, ’n jongman van Kleinmond, is op die toneel dood. Vier ander mense, onder wie sy broer Erno Adams, is in die ongeluk beseer. Die voorval het Donder– dag 27 Maart om 19:52 gebeur. Kol. Nickey Steyn, die Hermanuspolisie se speurtakbevelvoerder, sê die vermoede bestaan dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het. “Die oorledene is vermoedelik uitgeslinger toe dit gerol het en was onder die wrak vasgepen. Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Steyn gesê. Elvisia Wilskut, Tarentaal se suster, sê Erno is na die Tygerberghospitaal oorgeplaas, waar hy steeds in ’n kritieke dog bestendige toestand is. Die nuus van haar broer se dood was ’n baie groot skok en het almal in rou gedompel aangesien hy oral in Kleinmond bekend was. “Steven was klein maar ge-train. Hy het ’n baie groot hart in sy klein lyfie gehad. Hy was ’n grapjas en het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad.”
Buy a New 5-Door Jimny
in Free Accessories!
1.5 GL 5MT
R5 999
FROM
Get R15,000
PM*
inc. VAT
Retail price includes 4-years/60 000km services plan and a 5-year / 200 000km promotional warranty*.
Drive off in adventure-ready style! Purchase any new 5-Door Suzuki Jimny from Suzuki Hermanus and receive R15,000 worth of accessories—absolutely FREE!
*Ts & Cs Apply Images shown are for illustrative purposes only.
D't miss t—Aessize it today!
NO 4 UITKYK BUSINESS CENTRE, 3 ADAM ROAD, SANDBAAI (BEHIND HI-Q) • TEL NO: 028 050 2825
Hermanus NM10005926-HL020425