21 YEARS' EXPERIENCE
Qualified Technicians
Established in 2003
• Vehicle Maintenance & Servicing • Major Engine Repairs • Modern Vehicle Computerised Fault Finding & Diagnostics Your one stop auto shop • CV Joints, Wheel Bearings • Clutches & Brakes • Suspension & Steering Repairs 20 ARUM Street, INDUSTRIA Bryan McFarlane 028 313 0689 or 083 228 8292 NM10049364-HL040326
Nuus Uit die Overberg | News From The Overberg | Established / Gestig 1949 4 Maart 2026 | Tel 028 312 3717 | www.hermanustimes.co.za | GRATIS / FREE
087 551 1010 www.hermanus-shuttle.co.za shuttle@hermanus.co.za NM10049132-HL040326
Pret op springkasteel
Scan the QR code and get your latest school news . . .
Die tweede Tafelfees is in Caledon gehou en Carter Sonn het dit terdeë op die springkasteel geniet. Lees meer op bladsy 6. Foto: Mitzi Buys
Gypsy Queen bly in nuus
D
aar is vergaderings gehou waar besware van die omliggende buurte onder die aandag van die Theewaterskloof-munisipaliteit gebring is, die ingang van die dorp is bemors en veiligheid is in gedrang gebring – en nou word alles tydelik agterweë gehou. Die omstrede Gypsy Queen-behuisingsprojek, wat einde verlede jaar begin is, bly in die nuus. Dié keer omdat die noodbehuising wat glo vir die slagoffers van die brande wat in Julie 2022 meer as 200 inwoners dakloos gelaat het, nie bewoon word deur die slagoffers nie, maar deur mense wat glad nie deur die brand geraak is nie (“Almal spring in”, Hermanus Times, 6 Julie 2022). Op ’n raadsvergadering in 2022 is aangekondig dat hulle aansoek gedoen het vir 67 huise vir noodbehuising, waarvan 55 huise reeds gebou en bewoon is, met nog 12 huise se fondasies reeds gelê. Daar is ook gevind dat vier huise vir noodbehuising glo aan Snake Park se bokant opgerig is. In Februarie vanjaar het inwoners van die aangrensende buurte waar die noodbe-
Steeds omstredenheid oor noodbehuising huising vir die brandslagoffers gebou is, beweer hulle het bewyse ontvang dat die huise nie deur die brandslagoffers bewoon word nie. “Ek het selfs gevind dat van die inwoners geharde misdadigers is. Dit is belaglik. Daar is mense wat jare al wag vir behuising en nou word die noodbehuising vir misdadigers gebruik. Ons wil graag antwoorde van die munisipaliteit hê. Ons veiligheid is in gedrang,” eis ’n inwoner. Volgens die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWKM) was die noodbehuising oorspronklik bedoel vir die slagoffers van die 2022-Waterwerkebrand, maar “toe die meeste geaffekteerde gesinne hervestiging van die hand gewys het nadat hulle hul strukture herbou het, het die raad sy goedgekeurde noodbehuisings- en begunstigde-toekenningsbeleid toegepas om die oorblywende eenhede toe te ken,” sê die kommunikasiebeampte van die munisipaliteit.
Sy het verder bevestig dat toekenning van huise streng in ooreenstemming met die noodkriteria gedoen is, insluitend uitsettingsrisiko, kwesbaarheid, onveilige lewensomstandighede, vloedblootstelling en ligging binne ontwikkelingsgebiede. “Die algemene behuisingswaglys is slegs van toepassing op formele behuisingsprojekte. Noodbehuisingsintervensies word toegeken op grond van dringende behoefte, in ooreenstemming met goedgekeurde beleid. Die munisipaliteit bly verbind tot billike, beleidsgedrewe en deursigtige prosesse in alle behuisingstoekennings.” ‘FINANSIËLE PROBLEME BY GYPSY QUEEN’ In September verlede jaar het Hermanus Times berig oor die omstredenheid rakende Gypsy Queen (“Grabouw residents up in arms about development”, Hermanus Times, 17 September 2025). In die berig het die Elgin Grabouw Residents and Ratepayers Association (EGRRA) dit duidelik
gemaak dat hulle nie teen die ontwikkeling van Gypsy Queen is nie, maar dat hulle ten gunste is van die oorspronklike planne om Gypsy Queen vir die Flisp-behuisingsprojek (Finance Linked Individual Subsidy Programme) te ontwikkel. Volgens EGGRA het TWKM afgewyk van die oorspronklike planne vir Gypsy Queen en nou wil hulle HOP-huise op erwe van 7 m x 15 m bou. “In hierdie klein ruimte moet ’n mens ’n huis, tuin en parkeerplek aanbring. Verder wou TWKM die gebied as ’n residensiële Sone 2 soneer, wat beteken dat formele huise en informele strukture op dieselfde eiendom toegelaat sal word,” het EGGRA gesê. Die projek is in September verlede jaar begin, met Asla wat sy tydelike konstruksieterrein opgerig het, maar was van korte duur. In Desember het Asla-werknemers glo aan een van die Grabouw-inwoners gesê die projek gaan weens finansiële probleme nie meer voort nie. Hermanus Times het by die TWKM navraag oor toekomsplanne vir Gypsy Queen gedoen, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.
FROM
INTELLIGENT DESIGN. EXCEPTIONAL VALUE.
R 3 499 PER MONTH*
TC's and C's Apply
Drive a vehicle that combines refined styling, advanced safety, and remarkable fuel efficiency — all at an affordable monthly instalment.
13 & 17 Schulphoek Road (next to Hermanus Toyota), Hermanus Business Park, Sandbaai NM10049190-HL040326