Where personal service matters
celebrating the simple joys
St. Peter’s lane Hermanus
Aberdeen Street Hermanus
NM10045394-HL040226
APPLIANCE MARULA FIRM BEDSETS SINGLE 3/4 DOUBLE QUEEN
WAS R3 799 WAS R4 199 WAS R4 999 WAS R5 399
NOW R2 999 NOW R3 599 NOW R4 199 NOW R4 599
110KG PP
087 551 1010 HERMANUS - 028 426 0014 WHALE COAST MALL, ENTRANCE 4
VALID UNTIL SUNDAY, 15 FEBRUARY 2026| WHILE STOCKS LAST
www.applianceworld.co.za | E & OE
Nuus Uit die Overberg | News From The Overberg | Established / Gestig 1949 4 Februarie 2026 | Tel 028 312 3717 | www.hermanustimes.co.za | GRATIS / FREE
Dorp rou ...
www.hermanus-shuttle.co.za shuttle@hermanus.co.za NM10045091-HL040226
3
Ashwin Noble is Donderdagaand in ’n motorongeluk in Grabouw oorlede.
Grabouw geruk
G
rabouw is in rou gedompel nadat een van sy lieflinginwoners, Ashwin Noble, Donderdagaand in ’n botsing in dié dorp oorlede is. Die botsing, wat in die nywerheidsgebied in Grabouw plaasgevind het, het om 19:27 gebeur. Volgens ’n polisiewoordvoerder, Thembakazi Mpendukana, was twee voertuie – ’n motor en ’n taxi – betrokke. “ ’n 28-jarige man, wat ’n passasier in die Honda Ballade was, is op die toneel oorlede. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Mpendukana gesê. Die bestuurder van die Honda is volgens berigte steeds in die waakeenheid. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie. Ashwin was ’n Grabouwer in murg en been en met sy mooi persoonlikheid, groot hart en liefde vir sy medemens het hy in almal se harte ingekruip. “Ashwin was ’n rustige man wat altyd die ekstra myl vir ander geloop het. Sy hand was altyd oop vir almal, sy hart daar vir jou en hy was altyd vriendelik,” het ’n hartseer Bennie Noble, Ashwin se pa, vertel. Volgens Bennie was Ashwin baie lief vir sy tuisdorp en hy het altyd met trots na sy grootworddorp verwys. “Hy is in die dorp gebore en getoë. Hy het sy skoolloopbaan by Kathleen Murray Primêr begin en aan Groenberg Sekondêr gematrikuleer. Hy was geliefd onder baie.” Volgens sy ma, Carmen Windvogel, is die seer nog baie vlak. “My seun was lieflik en het ons nooit enige probleme gegee nie. Hy was altyd daar vir my. Sy dood laat ’n groot leemte in my hart,” het sy gesê. Toe die nuus oor Ashwin se dood gebreek het, het medelye op Facebookblaaie en ook op sosialemediaplatforms ingestroom. ’n Kranslegging is Vrydag
‘Sirkus’ by TWK duur voort
6
’n Kranslegging is Vrydagaand op die plek waar die botsing gebeur het, gehou.
30 Januarie gehou op die plek waar die botsing was. “Dit is vir ons as ouers hartroerend om te sien hoeveel mense die kranslegging bygewoon het. Dit is nie vir ons maklik nie, maar ons vat dit nou dag vir dag. Ons wil elkeen bedank wat ons in dié moeilike tyd ondersteun en deur alles bystaan,” het ’n hartseer Bennie gesê. Ashwin het ten tyde van sy dood by Powafix in die Strand gewerk en het ook voorheen by BuildIt in Grabouw gewerk. ’n Roudiens vind Donderdag om 19:30 by Rise Up in Faith in Molteno plaas. Die begrafnisdiens word Saterdag om 10:00 by Kathleen Murray Primêr gehou. TOESTAND VAN PAAIE BEVRAAGTEKEN Die botsing wat Ashwin se lewe geëis het, het weer die wenkbroue oor die toestand van die paaie in Grabouw laat lig.
Een inwoner het tereg opgemerk dat paaie – veral in die dorp – nie net vol slaggate is nie, maar ook nie voldoende padtekens het nie. “Die pad waar die botsing was, het glad nie strepe nie en daar is selfs ’n stopstraat waar al vir jare glad nie meer ’n stopteken is nie,” het hy gesê. Volgens hom hou taxi’s glad nie by die spoedgrens nie en inwoners het die Theewaterskloof-munisipaliteit al verskeie kere gevra om spoedhobbels op die pad van Rooidakke na die nywerheidsgebied te plaas. “Nie net jaag die mense in die pad nie, maar diere loop gereeld oor die pad en kinders speel langs die pad. Dit is ’n baie gevaarlike stuk pad in die dorp en ek hoop die TWK doen nou iets daaraan. Ons is nou moeg om aan die agterspeen te suig. Wat moet nog in ons dorp gebeur voordat die munisipaliteit daarop ag gaan slaan?”
District acknowledges schools
7
New book about Betty’s Bay