sea view
ABALONE, CRAYFISH, PRAWNS, STEAKS, PASTAS KITCHEN OPEN TILL 10PM – MONDAY TO SUNDAY
I�� �ur 14�h bir�hday.
Thank y�u ��r �he sup��r� ��er �he pas� 14 years NM10056256-HL290426
087 551 1010 Nuus Uit die Overberg | News From The Overberg | Established / Gestig 1949 29 April 2026 | Tel 028 312 3717 | www.hermanustimes.co.za | GRATIS / FREE
www.hermanus-shuttle.co.za shuttle@hermanus.co.za NM10052973-HL010426
Nóg sterf op pad R43 eis die soveelste slagoffer
“D
it staan deesdae bekend as die pad van die dood...” Dit is hoe inwoners van die Overberg voel nadat nog ’n lewe op die R43 naby Benguela Cove verloor is.
Wyle Kurt Fortune wat Sondagoggend op die R43 oorlede is.
Boodskap van Kurt se vrou, Heloise Sondag (26 April) ontvang ek daardie oproep wat elke mens vrees ... In ’n oogwink het my wêreld tot stilstand gekom. My hart het gebreek en ek het gevoel asof my hele wêreld onder my uitgeruk is. Die dag was ’n warrelwind van emosies, mense wat kom en gaan, boodskappe, oproepe, gebede, trane en soveel liefde. Party oomblikke het dit nog onwerk lik gevoel, asof dit nie waar kan wees nie. Nou, in die stilte van die aand, wil ek net dankie sê – dankie aan elkeen wat ’n boodskap gestuur het, gebel het, kom bid het en ons met liefde en onder
steuning omvou het. Aan ons familie, vriende, bure en almal wat van naby en ver gekom het – jul omgee dra ons deur hierdie ondenkbare tyd. Aan Kurt se tweede familie, sy bike club, al die ander bikers en die bestuur en afrigters van die Botrivier- rugbyklub – baie dankie vir jul teenwoordigheid en ondersteuning vandag. Kurt was my anker, my beste vriend en die liefde van my lewe. Vir my en die seuns was hy alles. Vandag het ek opnuut besef hoeveel lewens hy aangeraak het en hoe diep sy spore oral lê. My Poops, ek kan nog nie glo jy is weg nie ...
Sondagoggend, wat vir menige gesin ’n dag is wat hulle saam deurbring, was vir die Fortune-gesin ’n dag wat hulle nooit sal vergeet nie. Kurt, ’n bekende gesig in Hermanus en Botrivier, die eienaar van AJ Motor Trimmers asook die president van die Overberg-Villains-motorfietsklub, is Sondagoggend vroeg noodlottig in ’n ongeluk op die R43 beseer. Volgens sers. Wesley Twigg, woordvoerder vir die WesKaapse polisie, is ’n saak van strafbare manslag by die Hermanus-polisie geregistreer. “ ’n Motor en ’n motorfiets was by die ongeluk betrokke. Volgens die polisieverslag het die motor en motorfiets gebots en is die motorfietsryer op die toneel dood verklaar. “Ons kan bevestig dat ’n man in hegtenis geneem is en in die Hermanus-landdroshof gaan verskyn nadat hy aangekla is. Enigeen met inligting oor die voorval kan Crime Stop by 08600 10111 skakel of die App, MySAPS, gebruik,” het Twigg gesê. Medelye vir Kurt en sy familie het op sosiale media ingestroom. Op die Facebookblad van die Villains-motorfietsklub
staan: “It is with a heavy and broken heart that we announce the passing of our President, Kurt. Kurt was more than a leader, he was a pillar of strength, a source of guidance, and a deeply valued member of our community. His dedication, passion, and unwavering commitment will never be forgotten. “Biking was his life, all he could ever speak about were his race days, riding his bikes, and all the jols. Kurt was the life of the party and truly the light in everyone’s life, bringing energy, laughter, and unforgettable memories wherever he went. The Villains will forever cherish him, holding onto the memories, the lessons, and the impact he made in all our lives. “We extend our heartfelt condolences to his family, loved ones, and everyone whose lives he touched. May we honour his legacy by continuing the work he cared so deeply about. Rest in peace, our President. You will be dearly missed.” Kurt was ook ’n groot Botla Fire-ondersteuner en het nie geskroom om met trots sy Botrivier-rugbyklubtrui te dra nie. Die klub het in ’n persverklaring gesê Kurt was ’n ware aanwins vir die klub deur sy liefde en ondersteuning. “Sy toewyding en passie sal nooit vergeet word nie.” Vrydag op die vooraand van die langnaweek was die R43 vir ’n paar uur gesluit en moes padgebruikers die Karwyderspad neem om by hul bestemming te kom, nadat daar weer eens ’n noodlottige ongeluk op byna dieselfde plek was waar Kurt sy lewe verloor het. Na bladsy 4.