



![]()




Van die os op die jas... Iemand die loef afsteek... Die aap uit die mou laat...
Vir Afrikaanssprekendes is dit natuurlike spreekwoorde, maar vir ander klink dit behoorlik Grieks.
Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie het almal om die wêreld heen Internasionale Moedertaaldag gevier. Die dag is deur Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) ingestel om op die belangrikheid van moedertale en die impak wat dit op kultuur het, te fokus.
Volgens Annelie van Jaarsveldt van afrikaans.com is die belangrikheid van moedertaalonderrig opnuut op die voorgrond, veral in die lig van die Bela-wet wat ‘n direkte impak op gehalte onderrig en veral ook moedertaalonderrig sal hê.
"Talle kinders sukkel reeds akademies en sosiaal om die mas op te kom omdat hulle noodgedwonge in
hulle tweede of selfs derde taal moet skoolgaan. Die impak strek nog verder, want met ’n akademiese agterstand is dit moeilik om in te haal op tersiêre vlak en uiteindelik die arbeidsmark te betree en ’n volhoubare ekonomiese bydrae te lewer. Dit lei weer tot grootskaalse werkloosheid en natuurlik negatiewe sosio-ekonomiese gevolge," het sy in 'n artikel geskryf.
Om op skool in jou moedertaal onderrig te ontvang het in baie lande soveel suksesstories opgelewer. Een van die lande is Suid-Afrika se buurland, Mosambiek waar skole vakke in Portugees aangebied het en dit terwyl daar meer as 20 inheemse tale is en volgens statistieke slegs 17% inwoners se moedertaal Portugees is.
Mosambiek se suksesstorie is ‘n voorbeeld. Die Vamos Ler! (kom ons lees)-program wat deur die United States Agency for International Development (USAID) ondersteun word, het duisende onderwysers opgelei om in hul eie tale onderrig te

gee. "Die program het daartoe bygedra dat leerders graag in hul eie taal wou skoolgaan, was nie bang om skool toe te kom nie en het ook daartoe bygedra dat leerders se punte met rasseskrede verbeter het, " het 'n onderwyser wat moedertaalonderrig ondersteun gesê. Statistieke het ook bewys dat die program in 2003 net 700 studente gehad het en vandag is daar duisende leerders in meer as 21 000 klasse reg oor Mosambiek wat die program volg. "Die Vamos Ler!-program het ook die ouers gehelp, want nou kan
hulle saam met hul kinders leer lees, skryf en hul kennis uitbrei," het die onderwyser gese. Van Jaarsveldt beaam die suksesstories van moedertaalonderrig: "Leerders wat in hul moedertaal kan skoolgaan, het sommer meer selfvertroue, neem deel aan gesprekke en is bekkig in enige geselskap.Niemoedertaalonderrig kan ook jou kind se emosionele ontwikkeling raak en dit kan lei tot probleme soos angstigheid, depressie, aggressie, frustrasie en sommer net ’n gevoel van “ek is nie goed genoeg nie”. Leesbegrip bly ook ‘n kopseer vir menige onderwyser en ouer. Die mees onlangse omvattende PIRLS-data vir Suid-Afrika (2021-verslag, bekendgestel in 2023) het getoon dat 81% van gr. 4-leerders nie in enige taal sinvol kan lees nie. Resultate van 2025-verwante opnames dui daarop dat sowat 70% van leerders in gr. 1-3 steeds nie die nodige lees en geletterdheidsvlakke bereik nie, wat dringende opvoed-
Moedertaal is die wortel van kennis en identiteit, want dit vorm hoe ons dink, leer en met die wêreld kommunikeer.
Onderrig in moedertaal is die sleutel wat die deur na kennis oopsluit. Wanneer 'n leerder in sy of haar eie taal onderrig ontvang, val begrip nie soos reën op klip nie, maar soos saad in vrugbare grond.
Taal is immers die wortel van denke - as die wortel gesond is, groei die boom sterk en dra dit vrugte. Wanneer leerders eers deur 'n vreemde taal moet worstel, voel dit asof hulle teen 'n opdraande berg uitklim met 'n swaar sak op die rug.
Moedertaalonderrig kan leerders help om die bul by die horings te pak. Uitdagings in hul moedertong te kan aanpak, verskille kan uitsorteer en bloot net kan lewe in die taal wat hulle ken. Dis die taal
wat eerste oor jou lippe vorm die oomblik as jy jou eerste woordjies praat.
Die klaskamer en die wêreld, sal nie meer 'n plek van vrees en angs wees nie, maar eerder 'n tuin waar idees en gedagtes bloei. Elkeen van ons moet die sagmoedigheid en die bereidwilligheid kan hê om te lewe in ons taal.
Taal is die hartklep van kultuur. Sonder die moedertaal kan mense voel asof hulle identiteite soos mis voor die son verdwyn. In 'n land soos Suid-Afrika waar verskillende tale saamvloei soos riviere op pad na een see toe, is dit belangrik dat elke taal erken en gekoester word.
Afrikaans is die taal waarin ek droom, lag, en myself die beste kan uitdruk. In Afrikaans kry my idees vlerke, in Afrikaans voel ek nie verlore nie, ek voel



tuis. Die estetiek van Afrikaans laat my elke keer in ekstase verkeer as ek die wondermooiheid van die taal meer en meer verken. Terwyl ek so tussen die ensiklopedieë van Afrikaanse letter kunde paradeer, gee dit my senuwees die gevoel van tevredenheid en dit bring my siel rustigheid. Woorde soos kakofonie, enigma en clairvoyant is woorde wat my moedertaal opwindend, eksklusief, en eksen triek maak. Moedertaal is nie net 'n kommunikasie-instrument nie, maar die klank van ons hart en die kleur van ons identiteit. Deur ons taal te koester, gee ons nie net woorde nie, maar ook ons kultuur, ons drome en ons siel die vlerke om te vlieg. Liebenberg De Rust Futura Academy Keira Liebenberg gr. 12





kundige hervorming noodsaak. Die kernbevindinge is dat Suid-Afrika se gr. 4-leerders 'n gemiddelde telling van 288 behaal, wat drasties laer is as die internasionale middelpunt van 500. Leerders wat in Engels (382) en Afrikaans (387) getoets is, het beter gevaar as diegene wat in Afrikatale getoets is (bv. Sepedi 216, Setswana 211).
Volgens afrikaans.com het navorsing getoon dat kinders wat tot ten minste gr. 4, maar verkieslik langer, moedertaalonderrig ontvang, akademies beter in al hulle vakke presteer as kinders wat nie moedertaalonderrig ontvang het nie. Laasgenoemde onderpresteer ook dikwels.
"Tog glo baie ouers dat hulle hul kinders ’n voorsprong in die lewe gee en hulle beter voorberei vir die toekoms om hulle in Engels te laat skoolgaan, ongeag hul moedertaal. Daar is selfs navorsing wat aandui dat slegs sowat 62% van leerders verkies om in hulle moedertaal onderrig te word," het Van Jaarsveldt afgesluit.






























































































Dit is ‘n sport wat nie baie bekend onder die skoolgemeenskap is nie, maar as dit kom by ‘n sosiale byeenkoms, wil almal die veerpyltjie optel en sy vaardighede uitprobeer.
Eon Swart, Liam Muller en Ashurah Muller is drie leerders van skole in die Overberg wat deel is van die Hermanus Darts Association en vir hulle is dit ‘n sport wat hulle met ander wil deel. School Vibes vind meer uit oor hulle passies, waarom hulle veerpyltjie beoefen en wat hulle mo o in die lewe is...
Eon Swart
In wa er skool en graad is jy?
Sharkies Tutor Centre. Graad 9 Wat is jou gunstelingvak?
Wiskunde
Waarom het jy besluit om veerpyltjies te speel en wat geniet jy die meeste daarvan?
Vir my gaan veerpyltjies oor meer as net die sport. Nie net help dit my met wiskunde nie, maar by die byeenkomste en sosiale geleenthede ontmoet ek baie mense wat ‘n invloed op my lewe kan hê.
Na wie kyk jy op en waarom?
Een van my sporthelde is die Britse veerpyltjiespeler, Luke Li ler. Die man het gewys dat niks hom onder kry nie en dat ‘n mens baie op ‘n jong ouderdom kan bereik.
Wat se ander sportsoorte beoefen jy?
Net soos veerpyltjies geniet ek dit ook om skaak te speel. Skaak leer ‘n mens ook om vooruit te dink en om die regte besluite te maak.
Wat wil jy graag in die sport bereik?
Ek werk hard daaraan om my Protea-kleure te kry.


Raad vir mense wat ander sportsoorte wil beoefen?
Oefen hard en vertrou op jouself.
Wat is jou gunstelingtelevisiereeks?
Wicked tuna
Wat is vir jou die lekkerste deel van veerpyltjies?
Om teen mense te speel wat beter as ek is en daar deur die ervaring leer ek ook baie. .

Ashurah Muller
In wa er skool en graad is jy?
Ek is ‘n gr. 9-leerder aan Swartberg Sekonder.
Wat is jou gunstelingvak?
Engels
Waarom het jy besluit om veerpyltjies te speel en wat geniet jy die meeste daarvan?
Deur om veerpyltjies te speel, help dit my om my ouma se legacy verder te vat. Verder geniet ek ook die sport omdat dit my kop skoon hou en as ek deur moeilike tye gaan, maak dit sommer my kop skoon ook.
Na wie kyk jy op en waarom?
Ek kyk op na Luke Li ler. Die merkwaardige jong man motiveer my baie. Sy selfvertroue om op so ‘n jong ouderdom soveel goed te bereik dryf my om ook dit te probeer bereik.
Wat se ander sportsoorte beoefen jy?
Ek geniet dit ook om rugby te speel. Van kleins af het ons langs die rugbyveld grootgeword en dit is waar die liefde vir die sport vandaan gekom het.
Wat wil jy graag eendag word?
Ek is baie lief vir kos maak en om nuwe geregte uit te probeer, dit is waarom ek graag 'n sjef wil word.
Wat wil jy graag in die sport bereik?
Ek sal baie daarvan hou om eendag my versky-




ning op televisie te maak met veerpyltjies en dan ook om saam met Luke Li ler in ‘n kompetisie te wees.
Raad vir mense wat ander sportsoorte wil beoefen?
Moet nooit moed opgee nie en glo in jouself. Jou gunsteling-televisiereeks?
Law and Order special Victims Unit ...
Liam Muller
In wa er skool en graad is jy?
Ek is in Swartberg Sekonder, gr. 8
Wat is jou gunstelingvak?
Wiskunde en tegnologie
Waarom het jy besluit om veerpyltjies te speel en wat geniet jy die meeste daarvan?
Ek het in ‘n veerpyltjie-familie grootgeword en het nog altyd daarvan gehou om teen ander mense en veral my vriende te speel. Maar ek geniet dit ook baie om kompeterend te speel.
Na wie kyk jy op en waarom?
Ek kyk veral op na my pa en my ooms. Hulle is baie kompeterend en speel orals veerpyltjies waar hulle kan. Hulle dissipline en liefde vir die sport is aansteeklik en ek geniet dit om hulle te sien speel.
Wat se ander sportsoorte beoefen jy?
Omdat ons in so ‘n kompeterende huis grootgeword het waar ons alle sport kan beoefen, geniet ek dit ook om rugby op skoolvlak te speel. Maar veerpyljties bly my gunsteling en die sportsoort het my baie dissipline geleer wat ek in ander sportsoorte ook uitoefen.
Wat wil jy eendag word?
Ek wil bi er graag ‘n argitek word en werk baie hard om eendag my droom te verwesenlik.
Wat wil jy graag in die sport bereik?
Ek wil met elke kompetisie en elke jaar verbeter


sodat ek eendag teen die wêreld se bestes kan kompeteer.
Raad vir mense wat ander sportsoorte wil beoefen? Geniet elke oomblik en sien elke geleentheid as ‘n uitdaging.
Jou gunstelingtelevisiereeks?
DragonballZ
Wat is vir jou die lekkerste deel van veerpyltjies?
As my veerpyltjies val waar dit moet val... Ek geniet dit ook om saam met my mede-klublede te speel ek leer elke keer iets by iemand.
• The Hermanus Darts Association is turning to the community for support as their ladies' team prepares for what could be a career-defining competition at the Western Cape Darts SA Finals.
A er seven years of building their reputation, the association has achieved official registration with DSA South Africa, representing the entire Overberg Region. Now based at the Hermanus Sports Centre, the club has grown to 52 dedicated members.
The stakes are high for the upcoming Inter Association games scheduled for 3-6 April in Saldanha. Teams from across the region will compete in Men's, Ladies, and Youth categories, with winners advancing to National and International competitions – a dream that drives these athletes through their rigorous daily training routines.
Four ladies from HDA need your help. Each competing lady requires R8 000 to cover transport, accommodation, and entry fees – a significant financial hurdle for the team. With four competing players plus one reserve, the total needed amounts to R40 000.
"All and any amounts towards their costs will be greatly appreciated," the association appeals to potential sponsors.
"They need this competition entry as each player gains individual score recognition."
The association emphasises that this competition is crucial for individual player development, with each athlete earning personal scoring recognition that could open doors to higher-level competitions.
For those wishing to support these local athletes, donations can be made to: Hermanus Darts Association: Capitec Savings Account 1756305674 Reference "HDA" Or call 084 792 1548 for more information.














It was a festive day where learners, teachers and parents celebrate a big achievement.
Gansbaai Academia erupted in celebration this week as the beloved institution marked its 16th anniversary, bringing learners, educators, teachers and community members Georgia Williams together to honour more than a decade and a half of educational excellence.
For 16 incredible years Gansbaai Academia has stood as a beacon of growth, excellence and opportunity in our community.
What began as a vision has blossomed into a thriving educational institution that continues to shape young minds and nurture dreams.
“When we look back on these 16 years, not just in terms of the passage of time,” said the Principal




TWilton Phillips addressing the gathered crowd during the anniversary festivities, “but the countless lives that have been transformed within these walls. Every learner who has walked through our doors carries a piece of Gansbaai Academia with them, a legacy we cherish deeply.”
The anniversary celebration highlighted the school’s unwavering commitment to its core values. Through dedication, teamwork, and perseverance, Gansbaai Academia has built a remarkable legacy centered on strong moral values, leadership development and academic excellence.
The school’s impact extended far beyond academic achievements. Students have consistently demonstrated exceptional leadership qualities and participation of the teachers.
“It’s measured in the confidence our students gain, the friendships they forge and the values they carry into their future endeavours.”
The anniversary celebration served as a powerful reminder of the strong community bonds that
hese peanut-bu er energy balls are great as a snack and ideal to pack in a lunch box or take on a hike or road-trip.
25 unsalted almonds, coarsely chopped, or 100 ml sunflower seeds
2 cups (500 ml) uncooked ordinary
oats
150 g pi ed dates, coarsely chopped
¼ cup (60 ml) raisins
1 tbsp (15 ml) cocoa powder
1 tsp (5 ml) ground cinnamon
⅓ cup (80 ml) peanut bu er (with no added salt and sugar)
have supported the school throughout its journey. Parents, teachers and local community members have all played crucial roles in creating the nurturing environment that defines Gansbaai Academia.
A long-time parent reflected on her family’s journey with this speciale school: “We’ve watched our children grow not just academically, but as compassionate, responsible young adults. The teachers here don’t just teach subjects; they shape character.”
Current student and the head girl Yushra Ali expressed her gratitude: “Gansbaai Academia has given me opportunities I never thought possible. The support from our teachers and the friendships I’ve made here will stay with me forever.”
As the school celebrates this significant milestone the focus remains firmly on the future.
Plans are already underway for continued growth and enhancement of educational programmes, ensuring the next generation of students will have even greater opportunities to excel.
"The past 16 years have been just the beginning," emphasised the principal. "We're commi ed to evolving with the times while maintaining the values and excellence that have brought us to this point. Our goal is to continue inspiring and empowering every student who walks through our doors.”
The school has announced several exciting initiatives for the coming year, including expanded extracurricular programmes, enhanced technology integration in classrooms and strengthened partnerships with local businesses for student internship opportunities.
The anniversary festivities included a special assembly featuring performances by the school choir, speeches from founding staffers and a presentation showcasing highlights from the school’s 16-year journey.
As Gansbaai Academia looks ahead its commitment to excellence, unity and empowerment will guide its mission for many years to come. “We are looking forward to it,” the parent stated.
¼ cup (60 ml) strong Rooibos tea, cooledBlend almonds or sunflower seeds in a food processor until coarsely ground. This should make about ¼ cups (60 ml) of ground almonds or seeds. Add oats and blend until it almost looks like a coarse flour mixture. Add dates, raisins, cocoa powder and cinnamon and blend. Add peanut bu er and Rooibos tea and blend until it starts to look like




cookie dough. Roll a tablespoonful each of the mixture into balls. Pack in an airtight container and refrigerate for up to a week. Serve three as a portion for a snack. Roll balls in cocoa powder for an added chocolatey flavour.
Makes 24 balls | Serves 8 | Ready in 30 minutes
* This is from Cooking from the Heart’s DASH edition. The Dietary Ap-


proaches to Stop Hypertension (DASH) is a joint initiative between Pharma Dynamics and The Heart and Stroke Foundation South Africa. Visit heartyfood.co.za. Hearty is Pharma Dynamics’ recently-launched digital heart-healthy recipe collection. It was named Best Free Recipe Resource in the World and second in the Free Resources for Healthcare Professionals category.



























giving young voices a platform!
Hoërskool Bredasdorp se tweekampatlete het uitstekend by die Boland-kampioenskap gevaar. Die atlete se harde werk het vrugte afgewerp en hulle het ‘n derde plek by die kampioenskap behaal. Die skool het op sy Facebookpage gesê hulle is ongelooflik trots op elke atleet se harde werk, deursettingsvermoë en spangees. “Julle het die skool se naam hoog gehou en is ’n trotse voorbeeld van wat met toewyding en spanwerk bereik kan word.”


Die Hoërskool Bredasdorp is baie trots op Dirk Uys, Dirk Neethling en AJ Naudé wat in die Boland-tweekampspan opgeneem is. Die span neem op 24 Maart in Oudtshoorn, aan die SA Tweekampkampioenskap deel.

The u-7s of Hermanus Primary School played their very first match of the term and showed great enthusiasm and teamwork. Final score: 37-29 in Hermanus’ favour. The u-9A team delivered a strong performance and secured a well-deserved 26-13 win against Kleinmond. The u-8 A and B team also won against Kleinmond. It was a successful day of cricket filled with energy, sportsmanship and proud moments on the field.


Hoërskool Hermanus se o.19-krieketspan het Saterdag 21 Februarie teen Curro Hermanus gespeel. Hermanus het eerse gekolf en 461 lopies vir ses paaltjies aangeteken. Daarna is Curro vir 92 lopies uitgeboul. Die vier seuns (almal in gr.10) het die volgende prestasies behaal: Giovanni Momberg (100 lopies (nun) van 44 balle, ses viere en sewe sesse; twee paaltjies vir sewe lopies in drie boulbeurte), Mateo Lanuti (56 lopies van 36 balle, sewe viere en twee sesse), Attie du Toit (108 lopies van 109 balle, 11 viere en een ses), Zack Faure (66 lopies van 66 balle, ses viere en een ses; vyf paaltjies vir vyf lopies in vier boulbeurte).




Hoërskool De Villiers Graaff se skaakspelers het onlangs aan die Overberg-skaakproewe deelgeneem. Die volgende leerders het uitstekend gevaar ná ses rondes: Jody Groenewald, Ayanda Rasekgololo, Esona Makhado, Jay-Leigh Pieterse, Esethu Makhado, Janel van Rooyen, Eduan Rabie, Waylen Maans, Gabriël du Plessis, Simon Benadé en Luhan van der Merwe.




