Skip to main content

Gazette-ST-SwartlandGazette-E-edition- 21 April 2026

Page 1


2025 was‘een vanergste’

Agri Malmesbury het die afgelope week sy jaarvergadering in dieFreek Standersaal aangebied

John Dürr,wat as voorsitter herverkies is, het in sy jaarverslag verwys na dieuitdagings wat dié jaar (Mei 2025 tot April2026) vir lede ingehou het. “Die afgelope jaar was in baie opsigte seker een van die mees uitdagendejare in die geskiedenis van landbou in die Swartland.”

Volgenshom het elkeenvan die drie hoofbedrywe, naamlikdie graan-, vee- en wingerdbedryf,opdie eenofander wyse onderonvoorsiene gebeure op plaaslike en internasionale vlak deurgeloop.

Hy sê hoewel koringproduksie in die land toegeneem het (in 2015 is ongeveer 1,44 miljoen ton op 482 000 ha aangeplant, met sowat 2miljoen ton op 500 000 ha in 2025)produsentepryse vasgevang bly weens onder meer die invoerpariteit met ’n onrealistiese kansvir beduidende prysstygingoor die korttermyn.

“Gelukkig hetkanola veral as goeie wisselbougewas én sy verdraagsaamheid teen droogtes en verbeterdesaadtegnologietot baie produsente se redding gekom.”

Die konflik in die MiddeOoste het enige verwagtingetot prysstygingsnog verder gedemp en terselfdetyd twee van die graanprodusente se hoofinsette, naamlik brandstof en kunsmis, ’n verdere nekslag toegedien.

“Die onlangse skerp stygings in die brandstofprys is nog vars in ons almal se geheue. Een plaaslike uitsondering was StandardPetroleum, wat op 1April steeds diesel teendie ou prys afgelewer het,” deelDürr ’n pluimpie. Volgenshom blydie wynbedryfook onder strukturele druk, wat sedert

Dr.Lizel Grobler,’nforensiesepsigofisioloog,het gedurende Agri Malmesbury se jaarvergadering op 14 April lede en gastemeer oor elkeen se vermoë om hul denketebemeester,kom vertel.

2006 van 102 000ha tot 88 000ha in 2025 gekrimphet –hoofsaaklik weens lae winsgewendheid en die vervanging daarvanmet ander gewasse soos sitrus, neute enbessies.Die onlangsedruiweoes was egterbemoedigendmet hoër volumes en boonop goeie gehalte, brei hy uit.

Dürr verwys wéér na die gevreesde bek-en-klouseer-virussiekte wat middel verledejaar die kopuitgesteek het.

“’nStyginginprodusentepryse van byna 25% in bees- en skaapvleis, gedryf deur uitvoer, het aanvanklik groot belofte vir’ngoeie seisoen ingehou. Vroeg in November2025 het die onvermydelike egtergebeur en het BKS, wat toe reeds in sewe ander provinsies bevestig is, sy verskyning in die Wes-Kaapgemaak, met katestrofiese gevolgeindie uitvoermarkte vanveral rooivleis. Die uitbreking het tot dalende rooivleispryse geleiweens

hoëvolumebinnelandse voorraaden verbruikersvertroue wat ’n knou gekry het, tesame metbewegingskontrole en streng biosekuriteitsmaatreëls. Metdie positiewe gevalvan BKS onder dieeerste melkkuddeindie streek en in dieWesKaap,isgroot finansiële skade en die verliesaan genetiesemateriaal wat oor die jare opgebouis, gevoel.

“Diepsigiese uitwerkingopprodusente en hul werknemers is dikwels onberekenbaar groot,” voeg hy by.

Dürr het namens Agri Malmesbury hul dank teenoorprivate- en staatsveeartse asookhul tegniese personeel uitgespreek, wat’ngroot rol in die bekamping van die virussiekte vervul het en steedsdoen.

“Die rol wat hulle vervul om hierdie hoogsaansteeklike siekte onder beheer te bring,word nie altyd na waarde geskat nie.”

Grootskade weens nalatigheid

Diepas afgelope naweekseswaar reën hetverskeieuitdagings gebiedwaarop Swartland se siviele-ennooddienste reageer het.

Só vertel Mart-MarieHaasbroek, die munisipaliteitseskakebeampte,op navraag oorskade wat weens swaar reën,wat vir17tot 19April voorspel is, aangemeld is

“Die ongewone harde reënbuievan veral Sondaghet tot dieoorstromingvan paaie gelei,omdat diestormwaterstelsels oorweldigisweens dieongewone hoë volume waterwat in ’n baie kort tyd geval het.

“Dieselfde tendensisreg oordie provinsie waargeneem.Altesaam 27mm reën is onder meer binne20minute in dieomgewing van Riebeek-Kasteel ervaar. Swartland se siviele-ennooddienste is ontbied om verskeieinwoners by te staan waarhuise en/ofmotorhuise in dieRiebeekvallei, Moorreesburgen Malmesbury oorstroomhet.Sandsakke is uitgedeelennooddienste hetmet opruimingswerkgehelp,” voegsyby.

Volgens diemunisipaliteitbly stormwaterdreine ’n uitdaging, omdat dit dikwels geblokkeer wordweens vullis wat menseonwettigstort. Diemunisipaliteitherinnerinwonersomnie vullis in stormwaterdreine in te veenie “Dit veroorsaak blokkasiesenwanneer ditreën,kan dit tot oorstromings lei.” Hoewel minimale skade aanmunisipaleinfrastruktuur aangerigis, gaan opruimaksiesvandag voort Werkersfokusveral op dieskoonmaak van paaie

Maggie Laubser‘is terug’

Aanhangersenkunsliefhebbershet verlede Dinsdag (14April) in Malmesbury ter viering van die Maggie Laubser-dag byeengekom.

Die dag is as ’n historiese en kulturele oomblik beskryf toe die bekendstelling van die heel eerste en nou jaarlikse Maggie Laubser-dag gevieris.

Laubser –een van Suid-Afrika se invloedrykste kunstenaars en ’n boorling van die Malmesbury-distrik op die plaas Blaauwblommetjieskloof (1886-1973) het 140 jaar later op 14April2026, op haar geboortedatum, “huis toe gekom” danksy die inisiatief van die Maggie Laubser-stigting, wat die tuiskomsprojek gedryf het.Die dagwas deelvan ’n groter poging om Laubser se werk weer aan nuwe gehore bekend te stelterwyl haar plekindie Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis vereer word.

Die dag het met die amptelike opening van die Maggie Laubser-kunsuitstalling begin, waar 30 oorspronklike werke uit die Sanlam-kunsversameling, onder leiding van die kurator Stefan Hundt, by die Malmesbury-museumten toon gestel word. Daarbenewens is ’n permanente MaggieLaubser-hoekieonthul, wat haar nalatenskap in die dorp verewig.

VolgensDeon Oliver, diestigter van die Maggie Laubser-stigting, wat verheug was oor die groot opkoms, was dit lekker om so baie belangstelling te sien.Oliver het sowat drie jaar gelede in ’n gesprek met vriendebesef ander menseraak net so opgewonde soos hy wanneerdaar oor Maggie gepraat word. Diestigting is nie lank daarna nie tot standgebring.

“Maggie het in die laat dertigs gesê sy wil so graag ietsvir haar mensegedoen het, maar het nie geweet dit gaan so moeilik wees nie. Ons staan vandag hier om te sê: Dankie, Maggie. Dit is ’n voorreg om te sien wat jy gedoen het. Gesondheid op 140jaar.”

Dit is die eerste keer datMalmesbury haar op hierdie manier vereer, voeg hy by. “Mense besef nie sy is hier gebore en getoë nie en dit gaan daaroor om daardie storie terug huis toetebring.”

Hundt het op sy beurt gesêhywas

aangenaamverras oordie gebouwat diestigting vir die uitstalling in gedagte gehad het. “Dit is eintlik baie gepasvir ’n uitstalling van Maggie Laubser.”

Hundt verduidelik hy het van haar oudste tot een vanhaar nuutste werke gekiesomhier uitgestel te word om ’n goeie ideevan haar werk oordie jare te kry

Volgenskenners het die Swartland, dieplaaslewe en sy mense ’n groot rol inhaar laterewerke gespeel. Daarna het gaste na Café Myrtledene beweeg vir ’n voorleggingmet dr. Lydia de Waal en Amanda Botha, watLaubserselewe, werk en invloedbestudeer het. Die kunstenaar Louis Jansenvan Vuurenvan Riebeek-Kasteel het ’n gedigter ere van Maggie geskryfenaan gaste voorgelees. Die gedigsewoorde is ookgetoonset deurdie sangpaarRaaf –nou ookinwonersvan Riebeekvallei –wat dit gesing het. Die dag is op ’n hoënoot deur ’n begeleide kunstoer deur Hundt afgesluit.

SMME Indaba awards five winners for entrepreneurship

Swartland Municipality hostedits third annual SMME Indaba at Malmesbury Town Hall on Friday, bringing together entrepreneurs andstakeholders to foster business growth and collaboration.

Executive mayor Harold Cleophas emphasised the vital role of small enterprises during his keynote address: "SMMEs are the driving force behind aresilient and inclusiveeconomy. Theyare the risk-takers, innovators andjob creators."

Of 25 businesses that applied, 18 participated in the event, with seven deliveringpitches to apanel comprising representativesfrom Standard Bank, Malmesbury Business Chamber,and the municipality.

Fivewinners emerged across various categories, receiving prizesranging from R25 000 to R50 000 from main sponsor Standard Bank.MJCleaning Services wonthe Best Business Growth Award, whileSwartlandTechnology claimedthe BestInnovationAward. Ndiyazazi –I Am Enough received the PositiveCommunity Impact Award forempowering the community

The annualplatform continues strengthening supportnetworks forlocal businessesthroughpartnerships with Standard Bank,Malmesbury Business Chamber,the National YouthDevelopment Agency, andWestern Cape Government.

Die kuratorvan die MalmesburyMuseum,Megan de Beer.ontvang ’n skenking vandr. Lydia de Waal van die Universiteit Stellenbosch.
Die kunstenaar LouisJansenvan Vuuren (regs) het ’n gedig terere vanMaggieLaubsergeskryf,wat hy op die dagbyCaféMyrtledene voorgelees het.Die gedig se woorde is deurdie sangpaar Raaf,wat onlangs na Riebeekvallei verhuis het,getoonset en gesing.
Tinley Marias (graad 7) is die afgelope Dinsdagmet ’n merietetoekenning vereer.Dié gesogtetoekenning is deur Deon Oliver vandie Maggie Laubser-stigting aan haar oorhandig.
Die Maggie Laubser-kunsuitstelling is tot27April by die Malmesbury-museum te sien.
Megan de Beer,die kuratorvan die Malmesburymuseum, knip die seremoniëlelint metdie amptelike opening vandie Maggie Laubser-uitstalling. By haar staan Deon Oliver,die stigter en voorsittervan die MaggieLaubser-stigting
Lede vandie Maggie Laubser-stigting: Louis Jansen vanVuuren en Deon Oliver vandie Swartland,saam met Stefan Hundt (kurator vandie Sanlam-kunsversameling).
From theleft: Malizia Fortuin(MJ Cleaning Services),KoketsoMokoditoa (StandardBank), YonelaMneno (Ndiyazazi –IAmEnough), Eldavinn Davids(SwartlandTechnology), Executive MayorAlderman Harold Cleophas, BradleyChetty(Atlantic Energy SA), NomakweziYedwa (Sono SodwaGeneral Trading),Juandre Klaase(Standard Bank) and Joggie Scholtz –Municipal Manager

Topverskaffersaangewys

Agri Malmesbury het die afgelope Dinsdagaand die topvyf-diensverskaffersvan die jaar gedurende dieverenigingse jaarvergadering bekendgemaak. Hennie van Rooyen van Henrit Agrihet die tweede agtereenvolgende jaarmet die

louereindie eerste plek weggestap. JHL Ingenieursverskaffers wastweede, terwyl Octavoscene die eerste keer op die ranglysinderde plek verskynhet. InteliGro isin vierde plek aangewys, metLPS Trekkeronderdeleindie vyfde posisie.

Adriaan Geldenhuys vanInteliGro(4de) en PieterRouxvan LPS(5de).

Chinesereik uit na oudenjonk

Sakkeensakkevol snoesige komberse,speelgoed, skoene en kosis die afgelope Woensdag (15April) by verskeie organisasies en instellings sonder winsbejag in Malmesbury deur verteenwoordigers en afgevaardigdes van die China CharityRelief-vereniging van Suid-Afrika afgelewer.

Maude Goliath, ’n voormalige onderburgemeester vandie Swartland en wat steeds aktief binne die plaaslikegemeenskapbetrokke is deur te dien waarhulp nodigis, het onlangs na diéChinese vereniging –met wie sy oordie jare ’n goeie verhouding opgebou het– uitgereik.Volgens Goliath hetdie vereniging niegehuiwer om wéér betrokke te raak nie, nadat hulle tien jaar gelede –in 2016, kort voor die openingvan Jo Dolphin Swartland APDsenuwe sentrum vir mensemet gestremdhede in Malmesbury –meubels en kombuisware geskenk het. Verlede week het hulleweer met busse vol goederevoor JoDolphingestop. Goliath, wat destyds op die raad van Jo Dolphingedien het, vertel hoesytien jaar geledenadie vereniging verwys is

nadat almal methul hare in diehande gesitennie geweethet waarhulle die geld gaan kryomdie nuwe sentrummet meubels en lessenaarstoe te rus nie.

“Dié afgevaardigdeshet tweedae ná ’n besoekaan Jo Dolphinbesluit om betrokke te raak. Onssêdankievir julle.Julle is diesoortmense wat vir ander omgee.”

Diebestuurder van Jo Dolphin, Estrellita Geldenhuys,was dit eens dat hierdieskenking broodnodigwas en baie waardeer word. Dievoorsitter, BenCan, hetopsybeurt gesê hy is baietrotsop diepersoneel by Jo Dolphin, wat soveel liefde aandie kinders gee. JiaXiang, ’n onderwyser wat deelvormvan dieafvaardiging, hetgesêdit is ’n groot voorreg om betrokke te wees

Diebusse hetkortnáhul besoekaan Jo Dolphinnadie inwoners van Goue Aar-tehuisvir bejaardesvertrek, waar nógkomberse en kos afgeleweris. DiéKaapstadse vereniging,wat in 2009 gestig is om kwesbare vroue en kinders deur skenkings, opvoeding en ondersteuningtebemagtig, hetoor die jare verskeie skole, kinderhuise en jeuginisiatiewe ondersteun.

Agri Malmesburysediensverskaffers vandie Jaar: LangsHentie Smit (bestuurslid) staan CornéKrugervan JHLIngenierswerke(2de), drs. IdaGloverenCarla vander Merwe vanOctavoscene (3de), Hennie vanRooyen vanHenrit Agri (1ste),
Sakkevol komberse,speelgoed,skoene en koswordbyJoDolphin APD in Malmesburyafgelaai.
Die voormaligeonderburgemeester vandie Swartland,Maude Goliath (3devan links) het die afgelope Woensdag(15 April)verteenwoordigers vandie SA-China CharityRelief-vereniging by Jo-Dolphin verwelkom.
Sakkevol kos, klereenkomberseisdie afgelope Woensdag (15April) by die Goue Aar-tehuis vir bejaardes deurverteenwoordigers en afgevaardigdesvan die SA China CharityRelief-vereniging afgelaai

CK BLINDS Vervaardigersen verskaffers vanalle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

OpAmila Laerskool vertrek haar sionale sal stad dansers Dié en op het. by va erne petisie se hoor Masters remonie stad kleure-sertifikate, ontvang

Franschhoek

ZAEtcisacurated gallery store

Promoting SouthAfrican and pan-African Designers. We specializeinunique, handmade jewelleryand accessories that bridge thegap between traditional heritage and contemporary design.

Amil

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-SwartlandGazette-E-edition- 21 April 2026 by Novus Media - Issuu