Skip to main content

Gazette-ST-SwartlandGazette-E-edition-7 April 2026

Page 1


M’bury-ompad nouoop

Die amptelike opening van dieMalmesbury-ompad vanR693 miljoen is verlede Dinsdag(31Maart) met groot opgewondenheid gevier nadat die bouwerkvan dié 6,7km lange pad bynadrie jaar gelede in Mei 2023 beginhet.

Die openingvan die ompad, wat van dieHopefield-wisselaar op die N7-snelweg tot by die aansluiting van die R45 na Wellington en die R46 na Riebeek-Kasteel strek, hetgepaard gegaan methonderde glimlagte, kleurvolle ballonne en groot opwinding onder elkeenwat bydie massiewe projek betrokke was endit ’n werklikheid help maak het.

Die provinsiale ministervan infrastruktuur, TertuisSimmers, watdie spesiale geleentheid bygewoon het, het kort voor die seremoniële knip van dielint benadruk hoe hierdie projek 287 werksgeleenthede geskep het, terwyl ’n verdere 39 plaaslike ondernemings en 15 opkomende kontrakteurs ondersteun is.“Dieprojek saldie plaaslike ekonomie –veral die landbousektorindie streek–instaat stel om te groei en selfs meer werksgeleenthede teskep. Dit is waarom ons in die Wes-Kaap bou –om ekonomiese groeimoontliktemaak sodat werkgeskep kan word.”

Volgens Simmers bou dié soort infrastruktuur ’n ekostelselwat werk. “Infrastruktuur verbind mense tot geleenthede.”

DieWes-Kaap se premier,AlanWinde, het op sy beurt gesê hierdie projek is ’n beleggingindie toekoms vandie provinsie. “Elke kilometer van ’n goedgeboude en goedonderhoude pad ontsluit geleenthede: Dit verbind gemeenskappe, ondersteun sakeondernemings en skepwerk. Infrastruktuur soos hierdie is dieruggraatvan

’n groeiende ekonomie, wat die doeltreffende bewegingvan goedereenmense moontlikmaak,kosteverlaag en verdere belegging lok.”

Winde het met die noem van die provinsiale regering se tema van die jaar, naamlik‘Get it done with abit of kindness’, beklemtoon hoedinge metdeernis gedoen moetword om die beste provinsie te bou.

“Dit is ’n massiewe infrastruktuursprojek wat’nmassiewe verskil in die inwoners van die provinsie se lewens gaan maak.”

GROOTEKONOMIESEVERSKIL

Volgens homgaan die projeknog lank ’n ekonomiese verskil in die streek tot gevolg hê. “Produkte moet verskuif word –nes mense rondbeweeg. Die belegging sal daardie beweging makliker, vinniger en goedkopermaak.”

Die padisvolgens Winde deur inwoners

met positiwiteit begroet. “’nInwoner het vanoggend gesê hoebly hy is oor diepad, omdat vragmotors nie meer op die hoofpad hoef te ry nie. Almal in Malmesbury –van die raad tot inwoners –ondersteun die projek omdat swaar voertuie nie meer deur die dorp hoef te ry nie. Dié roetebeteken spertye vir aflewerings word gehaal en die landboubedryf bly beweeg. Die dorp self gaan voordeel hieruit trek.”

Hy het op sy beurt na ander dorpe soos Hermanus, Stellenbosch en Knysna verwys, wat ’n ompad van die hand gewys het omdat hulle van mening is swaar voertuie moetdeur die dorp ry om plaaslikesakeondernemings te ondersteun. “Knysna se hoofpad is nou net een oorlaaidemonster.

Op die ou einde gaan dit oor hoe ons die ekonomie aan die gangkan hou. Ons moet nievashou aan al die motors en vragmotors in onsdorpe nie. Onsmiddedorpe is boonop meestalvir motors ontwerp en nie vragmotors nie.”

Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde (links),saam metHaroldCleophas. die uitvoerende burgemeester vandie Swartland,bydie amptelike opening vandie Malmesbury-ompad

aangesluit deur te sê die projek is nie die einde van ’n reis nie, maar ’n stap vorentoeas’nprovinsie wat vir almal werk en ’n toekoms wat op dienslewering, en nie verskonings nie, gebou word

Die uitvoerende burgemeester van die Swartland, HaroldCleophas, is net so opgewondeoor die pad wat ekonomiese groei sal aanwakker. “Die pad is ’n groot ekonomiese inspuiting in ons omgewing. Vir die jare vorentoe is dit ’n baie belangrikepad –veral tenopsigte vanmobiliteit, veiligheid en ekonomiese groei.” Hy het ook uitgewys hoe die projek die vloei van verkeer binne en buitedie dorp gaan verbeter, swaar verkeer uit woon- en sakegebiede sal neem en die landbousektor sal ondersteun.

Johan van Zyl,’nlandbouprodusent buiteMalmesbury in dierigting van Hopefield, sê die nuwe pad gaan nou baie tyd en diesel spaar om produkte uit dorpe soos Wellington, Riebeekvallei, Gouda en Paarl op die plaas te kry.“Ons is mos maar baie afhanklik van onderdele op die plaas uit daardie gebiede,”brei hy uit. Volgens hom word hul landbou-chemieprodukte soos kunsmis ook uit onder meer Wellington

Tertuis Simmers, die provinsiale minister vaninfrastruktuur,knipdie lint tydens die amptelike opening van die Malmesbury-ompad teraanmoediging vanelkeen watbydie massiewe projek betrokke was.

Brandstofpryse leitot spanning

Die kernbevinding uit AgriSAen Agbiz se gesamentlike opname rakende die uitdagings oorbrandstofonder landbouprodusente, vulstasies en brandstofverskaffers is, –hoewel nasionale voorraadvlakkeamptelik as stabiel beskouword,die werklikheid op plaasvlak meer gefragmenteerdis.

Só hetJolanda Andrag,AgriSAse bedryfshoof, op 31 Maart gesê kort voordat die minister vanfinansies, Enoch Godongwana, tydelike verligtingonder brandstofverbruikers aangekondig het. Verbruikers is op 1Aprilbegroet met ’n tydelike R3-verlagingindie brandstofheffingterwyl Suid-Afrikaners hullegereed gemaakhet vir massiewe prysstygings by diepetrolpomp. Die nuwe petrolprys virWoensdag hetmet R3,06 perliter gestyg,terwyl diesel nouR7,37 perliter meerkos.

Produsente en verskaffers in verskeie streke meld volgens Andrag toenemende druk op beskikbaarheid aan,met duideliketekens van rantsoenering,soos in Maart ervaar. “Verskaffers beperk in baie gevallevolumesasgevolg van onsekerheid oor hervoorsiening, watbegin deurwerk na boerdery- en agri-sake-bedrywighede.”

In die Wes-Kaap, spesifiek so duskant planttyd, is die prentjienie eenvan ’n volledigetekort nie, maar eerder van toenemende spanning in die stelsel “Produsente kan in diealgemeen nog brandstofkoop, maar teen beperkte volumes. Hierdie soort omstandighede verhoog die risiko van ontwrigting gedurende ’n kritieke produksievenster.” ’n Belangrike gevolgtrekking uit die data

Vulstasies in Malmesbury wasop31Maart,die dag voor die verhoogde brandstofprysingetreehet, baie bedrywig terwyl motoristevir hulbeurt by die petrolpomp gewaghet

is dat die huidige situasie nie deur ’n enkelefaktor gedryf word nie, maareerder deur ’n kombinasie vaninternasionale olieprysvolatiliteit, logistieke dinamika in die voorsieningsketting en gedragsreaksiesindie mark.

“In so ’n omgewing begin prysseine ’n belangrike rol speel in hoe voorraad verspreienbestuur word.”

Op grondhiervanhet AgriSA en Agbizdie departementvan minerale hulpbronne en energie genader met’n versoek vir ’n tydelike aanpassing aan diebrandstofprysmeganisme. Dit sluit in ’n buite-siklus-prysaanpassing en meer gereelde hersienings vir die duur van die huidige volatiliteit,met die doel om die stelsel te stabiliseer en die aansporings virpaniekaankope of terughouding van voorraad te verminder. “Onsbeklemtoon dathierdie nie ’n sistemiese nasionale tekort is nie, maarwel ’n situasie waar plaaslikespanning en onsekerheid begin opbou –enjuis daaromistydige, proporsionele beleidsreaksie belangrik.”

Hetdie Bergrivier regte?

Watasdie Bergrivier regte gehad het? Diswaarom ’n radikale regsidee dalk presies is wat Suid-Afrika nodig het Dr. Ruda Murray, ’n regsgeleerde en nadoktorale navorsingsgenoot aan die fakulteit regsgeleerdheid by die Universiteit Stellenbosch en navorser by die Development and Rule of Law Programme (DROP),wys daarop dat Suid-Afrika daaglikssowatsewe miljard liter onbehandelde of swakbehandelde riool in sy riviere en damme vrystel. Haar doktorale proefskrif, Conferring rights to South Africa’srivers: Improved protectionand enforcement? Acomparative law study, ondersoek hoe regte aan riviere toegeken kan word om hul beskerming te verbeter. “Ek het begin vra: Watasriviere regte gehad het –nie metafories nie, nie simbolies nie, maar regtens?”

Volgens Murrayishierdie nie ’n veraf statistiek nie –die water vloei verby plase, trek deur dorpe en beland in die lewe van miljoene mense. In 2022 is beraam dat 64% vanSuid-Afrika se rivier-ekostelsels bedreig is, terwyl slegs 13% goed beskerm word. Murray beklemtoon: “Die kernprobleem is nie net swak wette nie, maar swak handhawing en gefragmenteerde bestuur. Die regering tree meestalreaktief op eerder as om probleme te voorkom.”

’N RIVIER ONDER DRUK

Die Bergrivier in die Wes-Kaap kronkel deur vandie provinsie se mees produktiewe landbougrond, hou dorpe soos die Paarl en Wellingtonaan diegang en mondbyVelddrif in die see uit. Dit is diep verweef met die streek se ekonomie en identiteit.

Onder die oppervlak speel egter ’n stiller storie af. Besoedeling vanriool, landbou-afloop en vervalle infrastruktuur laat die watergehalte agteruitgaan. Klimaatsverandering maak droogtes ergerenoorstromingshewiger.

“Hoewel goeieomgewingswette op papier bestaan, skiet handhawing dikwels te kort. Die gaping tussen wetteen

uitkomsteisdie hart van die probleem,” sê Murray.

’N ANDER BENADERING Reg oor die wêreld probeer ’n groeiende regsbeweging iets anders. Meer as 500 inisiatiewe fokus op die regte van die natuur. Lande soos Ecuador, Nieu-Seeland, Colombia en Bangladesj erken riviere as regspersone –met regte en voogde wat namens hulle in diehof en by regeringsvergaderings kan optree. Murray beklemtoon die rol van gemeenskappe: “Gewone mense lei dikwels hierdie gevegte. Wanneer die regering nie ’n rivier beskerm nie, beywer gemeenskappe hulle vir ’n nuwe regshulpmiddel –een wat die rivier sy eie stem gee.”

In plaas daarvan om op groot nasionale hervormings te wag, wys haar navorsing op ’n praktiese beginpunt –begin met een rivier.

Die Bergrivier het sin. Dit is ekonomies noodsaaklik,staar duidelike, gedokumenteerde bedreigings in diegesig en bestuurstrukture bestaan reeds.

“Die Wes-Kaap het die regsbevoegdheid om op te tree en die Bergrivier is ’n logiese beginpunt vir hierdie soort beskerming,” sê Murray.

Om die Bergrivier regte te gee, gaan nie Suid-Afrika se waterkrisis oornag oplos nie, maar dit kan’ndieper verandering bring –hoe riviere in diereg gesien word en hoe ernstig hul beskerming opgeneem word.

“Solank riviere as objekte behandel word, sal hul agteruitgang voortduur. Maar wat as ons hulle as ietsmeer begin sien, soos iets wat beskerming werd is –nie net vir ons nie, maar virdie geslagtewat volg?” sluit Murray af •Hierdie is die eerstein’nkort reeks wat ondersoek of rivierregteinSuidAfrikakan werk en wat dit vir dieBergrivier kanbeteken.

Murray nooi lesers om hul mening te deel –ondersteun hulle die idee om die Bergrivier regte te gee, of is dit’nstap te ver?

Bergrivier-munisipaliteitenhoërskoolleerders

’n Afvaardiging van die Bergrivier-munisipaliteit(BM) hetverledeweek na die gemeenteHeist-op-den-Berg in België gereis, as deel van hullangdurige samewerkingsooreenkomssedert 2014

Die afvaardiging word deurRay van Rooy, dieBM-burgemeester, gelei. ’n Jeuguitruilprogram vorm ookdeel van hierdie voortgesette verhoudingtussen die susterstede,en10leerders van die BM se vierhoërskolehet verlede Vrydag (27Maart) na België vertrekomhul horison in terme van jeugontwikkeling te verbreed

Die program sal ondermeer die leerders toelaat om ideesenervaringsmet die jeug in Heistuit te ruil, betrokketeraak by sake van diesamelewing, en saam te werk aandie volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wat deur die Verenigde Nasies gestelis. Dit is die laaste jaar van die jeuguitruilprogram. Die leerders wat vanjaar se jeuguitruilprogram uitmaak, sluit in Jay-Lee Gal van Steynville Sekondêr; Corban De Klerk van Steynville Sekondêr; Priyanka Swarts van Steynville Sekondêr; Shanielle Witbooi van Steynville Sekondêr; Jayde Waanarvan Piketberg Hoërskool; Jan Thys Bassonvan Piketberg Hoërskool; Zinric-Dean Josephus vandie Hoërskool Porterville; Zané Prins van die Hoërskool Porterville; Natasha Smith van die Hoërskool Velddrif; en Jayron Galantvan die Hoërskool Velddrif.

na België

Diegroep leerderssaam met Jakobus Daniels, portefeuljevoorsittervan finansiële diensteenekonomiese ontwikkelingskomitees, en Filicia Erasmus, administratiewe beampte: strategiesedienste.

Draft budget openfor public input and comment

Swartland Municipality has tabled its draft budgetfor the 2026/2027 financial year,outlining proposed adjustments to property rates and service tariffs.

Property rates are expected to increase by 3.7%,remaining belowinflationtolimittheimpactonresidents

Sanitation tariffsare proposedtoincrease bybetween 4.9% for households and 5.9% for businesses, mainly to support ongoing service delivery andfuture upgradestowastewater infrastructure.

Water tariffswill increase by an averageofaround 5% for lower consumptionhouseholds,withslightlylowerincreasesforhigher usage and for businesses. These adjustmentsare necessary due to rising bulkwater costs andcontinued investment in water infrastructure.

Solid waste tariffsreflectanincrease of 8.9% for households, largely due to thecurrent funding shortfall of the serviceand the costpressuresassociatedwithillegaldumping

Electricity tariffsare proposedtoincrease by11.44%, but this remains subject to approval by the National Energy Regulatorof SouthAfrica(NERSA)inMay2026.

The unexpected war in theMiddle East andthe resulting escalation of energy costs, hashad an impact the cost of operations and had to be consideredindetermining the costs of servicedelivery going forward.Thecost of refuse removal is also severely impactedbyillegaldumpingand is reflected in tariff increase.

Residents are encouragedtoparticipateinthe public consultation process and provideinput before the budgetis finalised. The relevant documents are availableinterms of the MunicipalSystemsAct, 2000 for public inspection during normal office hours at the municipal officesand/orlibrariesin Malmesbury,Moorreesburg, Abbotsdale, Darling,Chatsworth, Riebeek West, Riebeek KasteelandYzerfontein.The documents are also available on thewebsite at www swartland.org.za with effectfrom31March2026.

Comments or representations must reach theMunicipality in writing on or prior to Wednesday,22April 2026atmiddayand mustbeaddressedto:

The Municipal Manager Swartland Municipality

Private Bag X52

Malmesbury 7299 E-mail address: swartlandmun@swartland.org.za

Metdie opening vandie nuwe verbypad net buiteMalmesbury,opdie R45, het dieuitvoerende Burgemeester,Harold Cleophasdie volgende gesê: “Dienuwe verbypad is 'n belangrike stap vorentoe virveral padveiligheid en verkeersvloei virdie dorpvan Malmesbury Metdie swaarvoertuie wat minder deurdie dorpbeweeg helpdit ook om ons eie plaaslikeinfrastruktuur te beskerm en verkeersvloei te verbeter.

Dit bied egter ook 'n goeie geleentheid virekonomiese ontwikkeling en groei aangesiendit dievervoer vangoedere, en verallandbou produktevan en na dieSwartland, vergemaklik.Dit vergemaklik ook dietoegang tot dieRiebeek Vallei, en ontsluit nuwe ekonomiese geleenthedevirhierdiestreek.

Hierdienuwe verbypad skep dusgeleenthede virons gemeenskap, virgroei en welvaart, terwyl ditook diealgehele veiligheid op die paaieinons streek verbeter.Swartland is baieopgewonde oor die positiewe impakwat hierdie tipe infrastruktuurbeleggingin ons streek gaanhê.”

Plaaslikeregeringsverkiesingssal latervanjaar plaasvind, hoeweldie presiese datum nog nie aangekondig is nie. Volgens wetgewingmoetdieverkiesingstussen2November2026en31Januarie2027plaasvind

Hierdieverkiesingsgee inwonersdie geleentheid om virplaaslikemunisipale verteenwoordigers, bekend as raadslede, te stem.Raadslede neembesluite oor noodsaaklikedienste soos water, elektrisiteit,paaie,vullisverwydering en bouregulasies.Sakesoospolisiëring,onderwysengesondheidworddeurnasionaleenprovinsialeregeringhanteer Om te stem, moet jy 18 jaar of ouerwees, 'n geldige Suid-AfrikaanseID(ID-kaart of groen ID-boek) hê, en by die Ona�anklikeVerkiesingskommissie(OVK)geregistreerwees.Indienjyniegeregistreerisnie,saljyniekanstemnie. Die eerste registrasienaweek vind plaas op 20 en 21 Junie 2026.Om te registreer,besoek jou naastestemlokaal met jou IDdokument.Indienjyniesekeriswaarjoustemlokaalisnie,besoek:https://maps.elections.org.za/vsfinder/

As jy onlangs verhuis het —selfs binne dieselfde dorp —moet jy jou besonderhedeopdateeromindie korrekte wyk te stem. Jykanjoubesonderhedeaanlynopdateer,registreerofjouregistrasiestatusnagaanby:https://www.elections.org.za/pw/

022487 9400 |022

Gazette

Kontak ons vir advertensies ennuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

Advertensies LoraineMalan T: 0224824669 S: 0714929797 E: loraine.malan@novusmedia.co.za

Geklassifiseerde advertensies JaydeneSampson S: 071434 7583 E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za

Redakteur MarykeSwart T: 022 713 1066 E: maryke.swart@novusmedia.co.za

OMBUDSMAN

Nr.Distrik KontakpersoonAdres

1 Klein Karoo Distrik Mnr Willem Burger Oudtshoorn Navorsingsplaas, Ou Kammanasie Pad Oudtshoorn, 6620

2 Sentraal Karoo DistrikMeVianca Erasmus 104 Peter Jacobslaan, Beaufort Wes, 6970

Kantoor E-pos

044-803 3747Willem.Burger4@westerncape.gov.za

023-414 9209 Vianca.Erasmus@westerncape.gov.za

3 Noord-Weskus Distrik Mnr MariusDu Randt Posbus 130, Vredendal, 8160 027-201 3502 Marius.DuRandt2@westerncape.gov.za

Contact Swartland Gazette’s ombudsmanwith reader complaints Anycomplaints, queries or suggestions aboutcontent in SwartlandGazette maybesenttoour ombudsman, George Claassen,on021 8513232 or at mediaombud@novusmedia.co.za. Stuur enigeklagtes, navrae of voorstelle oor dieinhoudvan SwartlandGazetteaan onsombudsman, George Claassen by 021851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

4 Kaapse Metropool Distrik Me ConstanceMakhuvha Goulburnsentrum, h/v Goulburnstraat en Voortrekkerpad, Goodwood 021-483 7082 Mmbengeni.Makhuvha@westerncape.gov.za

5 Overberg DistrikMnr Hennis Germishuys Albert Myberg Koshuis, Golfstraat, Bredasdorp, 7280 028-425 4807 Hennis.Germishuys@westerncape.gov.za

6 Kaapse Wynland Distrik Dr. Rene Bastian ABSA-gebou, 4deVloer, Pleinstraat, Stellenbosch, 7600 021-808 7051 Rene.Bastian@westerncape.gov.za

7 Tuinroete Distrik Mnr Clyde Lamberts Ou Lughawepad, George, 6529044-803 3757Clyde.Lamberts@westerncape.gov.za

8 SwartlandDistrik Me Rose Horne Langstraat 42, Moorreesburg, 7310 022-433 8903 Rose.Horne@westerncape.gov.za Alle aansoekers moet vorige staatsbystandverklaar; versuim om dittedoen sal totoutomatiese diskwalifikasie lei. NB: Daarmoet kennis geneem word datstaatsamptenare, werknemersvan semi-staatsinstellings en buitelandse burgers uitgesluit is vanbogenoemde ondersteuning. Die Departementbehou die regvoor om slegs die kritieke itemswat dit noodsaaklik ag binne ’n sakeplan,enbinne beskikbare begrotingsmiddele,goed te keur en te befonds.Persone watgekontrakteer is om ’n diensaan diestaattelewer, salnie ondersteunwordnie SLUITINGSDATUM VIRAANSOEKE: 30 APRIL 2026

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-SwartlandGazette-E-edition-7 April 2026 by Novus Media - Issuu