



![]()




Van skoolbanke tot saam skoolgee. Nou sien dié onderwysegpaar ná 40 jaar van klasgee saam uit na hul aftrede. Randall en Melinda Larey (62), gebore en getoë in Malmesbury, was vir dieafgelope vier dekades deelvan Schoonspruit Sekondêr se leerkrag.
Waar RandallAfrikaans en geografie aangebied het, was Melinda, of eerder “JuffrouLindi” soos haar leerdershaar ken, die boffin wanneer dit by biologie en lewenswetenskappe gekom het Hulle paaie het reeds voor hul loopbaan gekruis nadat RandallenMelinda mekaar op die einste skoolgrond van Schoonspruit Sekondêr ontmoet het. “Ons was in standerd 7(gr.9) in dieselfdeklas. Hy het reeds oë vir my gehad,” vertel Melinda laggend. Randall sê egter sy wouniks weet nie. Onderwys wasdeel van elkeen se grootwordjare, met beide se pa’s wat ’n prinsipaal was. Dit wasdaarom totniemandse verbasing toe dié twee ook besluithet om dieselfde rigting in te slaan en onderwys te studeer nie –endit nogal by die dieselfde onderriginstelling, naamlik dieUniversiteit van Wes-Kaapland (UWK). Ditisook hier waardie liefde begin blom het. Hoewel Randall’nBA-graad en Melinda ’n graad in BSc gedoen het, het hulle naby aan mekaar loseer.
’n Passie vir mekaar én die onderwys het uiteindelik ’n toekoms van eindelose kennis, ervaring, geduld en omgee verseker. Die laaste lui vandie klok op 30 Januarie was virMelinda ’n “hoendervleis-oomblik” –“Dit voel asof jy buite jouself is. Dit was my hoogtepunt vanmyuitdienstrede.”
In 1986 begin hulle amptelik by Schoonspruit skoolgee, hoewel Melinda se studies nog nieklaar wasnie. Randall

begin met Afrikaans wat hy viragt jaar lankaangebied het, voor hy in 1993 geografie begin geehet. Melindagee op haar beurt vir ’n jaar lank wiskundevir st.6-leerders (gr.8) voor sy vir drie jaar lank na UWK terugkeer omhaar studies te voltooi.
In Desember 1989 haak sy en Randdall die knoop deur en hulle trek by hul huisin, waardie Larey’s tot vandag toe bly.
Melinda begin in 1990 weer saam met haarman by Schoonspruitwerk waar sy vir ’n geruime tydbiologiegegee het.Tot hulklaskamerswas langs mekaar geleë.
EKSTROVERTENINTROVERT Melinda beskryfhaarself as ’n ekstrovert, terwylRandall neigomdie stiller, meer
teruggetrokke een van dieegpaar te wees Hy ag professionaliteitbaiehoog. “Hy salnooit my hand in dieopenbaar vashou nie,” lag sy. Melinda vertel hoe lekker sy gekryhet om haar man se siel uit te trek deur soms by sy klas in te loer.“Dan sithymyuit,” skerts sy. “Ons het baielekker skoolgehou,”sê Melinda. Randall stem saam en voeg by dat hulle by alle fasette van skoolgee betrokke was. Randall, ’n voormalige rugbyspeler op provinsiale vlak en ’n ywerige krieketspeler, het sedert hy beginskoolhou het rugby en krieket afgerig,terwyl Melinda weer by dieskool en diedistrik se netbal betrokke was. Hulle moedig leerders graag aan om aan sportdeel te neeem en meen dit is onlosmaaklik van mekaar.“Dit leer die kinders dissipline en skep goeie verhoud

linda vertel hoe ’n oudleerder van Hopefield verlede jaar voor hul huis gestop het en ’n kattebak vol kos en kruideniersware kom afgee het. “Ek sê vir hom, ‘Is jy mal?’ Hy sê toe virmy, ‘Nee, Juffrou. Onshet te veel hier by Juffrou kom eet en slaap.’ Dit was sy dankie.”
Die Larey’ssukkel nog om by hul nuwe normaal aan te pas.“Om 06:00 die oggend is ek op,” sê Randall. Melinda sê weer sy verlang nog nie na die skool nie. “Ons praat ook nie oor die skool nie,”bieg sy. Volgens Randall is dit soms onvermydelik om oor skool te praat, omdat die meeste van sy vriende oudkollegas is of steeds by ’n skool werksaam is.
Hoewel die oupa en ouma van twee kleinkinders nou afgetree is, is te veel stilsit nog nie ’n opsie nie. Melinda bly as die hoof van skolenetbal op distriksvlak betrokke en dien op die provinsie se bestuur, terwyl Randall as ’n gedrewe hengelaar uitsien na sy jaarlikse besoek aan Hentiesbaai.
TYDVIRHULSELF
Buiten stokperdjies, is Randall gevra om by die afrigting van die dorp se krieketspan betrokke te raak.Geen groot projekte of planne lê tans voor nie. “Vir nou pas ons nog aan, rus en geniet ons ons huis.”
Melinda hou van naaldwerk, bak en brou. “Ek moet nou gewoond raak aan die tyd vir myself. Ek is nie gewoond daaraan nie. Onsloopbaan het ons lewe beheer. Ons moet nou leer om selfsugtig te wees.”
Die Larey’shet oor die jare heen ’n sagteplek vir kinders van alle agtergronde ontwikkel. Met dekades se ervaring kan hulle nou tereg sê hoe die kinders se onskuld meestal misbruik is deur hulle te takseer op hul slegte gedrag. “’nMens vergeet partykeer die onskuld van ’n kind en wil die gemeenskap se invloed die skuld gee. Dit is eintlik waar die onskuld van die kind misbruik word. Jy raak lelik wanneer ’n leerder slegtegedrag toon, jy raak ’n persoon wat jy nie regtig is nie. Jy wil nie so wees nie, maar jy weet nie wat werk nie.”
Met onderwysers wat vandag nie meer kinders mag tug nie, moet daar ander strategieë en metodes toegepas wordom leerders te dissiplineer, voeg Randall by. Melinda dink terug en sê sy voel tot vandag toe sleg en skuldig oor leerders wat sy volgens haar seergemaak het. “Ek vergewe my nie maklik as ek leerders seergemaak het nie.”
Sy onthou een leerder met wie sy kwaai was en uit haar klas gestuur het. Die leerder was egter siek,vind sy toe later uit.
WENKEAANJONGONDERWYSERS
Raad aan jong onderwysers wat vandag met hul loopbaan begin, is eenvoudig. “Tree altyd professioneel op waar ook al jy gaan,” sê Randall.
Melinda sê dit sluit in hoe jy met ander praat, jou kleredrag, goeie tydsbestuur, om ’n voorbeeld te wees, en jou geselskap. Hulle moet ook versigtig wees vir sosiale media. “En jy moet voorbereid wees wanneer jy in die klas instap,”sêsyuitdruklik. Randall meen hulle moet nie daarop fokus om terug te kyk vir’nbeter begin nie, maar nou begin vir ’n beter einde. “’n Onderwyser behoort elke dag positief te bly en bereid wees om ietsnuuts te leer.Leer bymekaar.”
Melinda lê klem op goeie voorbereiding. “Ek het nooit ou take of ou lesse gebruik nie. Ek het elke jaar gesit en my lesse en aantekeninge herstruktureer. Wanneer die leerders hul eindeksamen begins skryf, was my eerste kwartaal reeds klaar.”
Hulle het ook die dubbelmediumklasse in ag geneem wat baie tyd in beslag geneem het. Daarom is voorbereiding noodsaaklik. Daar was namiddae nie regtig oomblikke vir afskakel en die skooldag afskud nie. “Baie keer het ons nie ná skool huis toe gekom nie weens sport of om leerders wat ver bly by die huis te gaan aflaai.”
Hulle het ook gedurig leerders uitgehelp wat se vervoer hulle in die steek gelaat het. “Ons het vir ’n paar maande leerders in Mamre gaan haal. Hulle het vandag ver gekom in die lewe.”
Die Larey’sisdit eens dat baie mense ’n groot rol in hul loopbaan en lewe gespeel het. “Dit was ’n eer om saam met hulle skool te gee,” sê hulle dankbaar.
CharlotteLesch
’n Vertoning, enig in sy soort en wat meer as net die kollig op talentplaas, is binnekort in Moorreesburgtesien.
So vertel die organiseerder en Moorreesburg-inwoner, Willie Joubert,opdie skamele ouderdom van19.
Joubert beskryf die talentkompetisie as ’n gemeenskapsgeoriënteerde talent- en vermaaklikheidsgeleentheid wat daarop fokus om plaaslike talent ’n professionele platform te gee waar hulle kanuitblink “Ditisnie netnog ’n byeenkomsnie, maar ietsbesonders en betekenisvol,” sê Joubert,’nvoormalige hoofseun.
“Al was daar in die verlede soortgelyke geleenthede in die streek, glo ek hierdie vertoning staan uitbodie res.”
Joubert vertel die padtot hierwas volstruikelblokke en vermoed hy is die jongste, indien niedie enigste, watop sy ouderdom ’n talent- en vermaaklikheidsverto land die beekba ingestap nie, maa

Willie Joubert (regs) saam met TheodoreJantjies van Suidooster- en 7de Laan-faam waar hulle vandeesweek in Piketbergagter die skerms werksaam was.
Hy beste “Ek sien. met werk,” vertelhydankbaar. In 2025 registreer Joubert amptelik sy
Die kykNET Buite-ekspo Wes-Kaapword weer op die naweek van13tot 15 Maart op die plaasMôreson buite Malmesbury aangebied.Dit is die 31ste ekspo en dié suksesvollekonsep lokgewoonlikomen by 20000 besoekers.
Die ekspo,inveiligeplaasatmosfeer, is vanjaar nóggroter, met30bykomende uitstalareas wat geskep is. Diehooffokus valoptallebuitelewe-uitstallerswat van die nuutste produkte tans beskikbaar in die buitelewe-,kampeer-en4x4-mark uitstal soos wat die koper dit in diepraktyk sou gebruik.
Daar is egter weer iets vir almal –ondermeerManiac4x4-ritte (rygratis saammet ervare bestuurders) en André de VillierssekykNET-hindernisbaan waar jy gratis kan ervaar waartoe van die voertuie werklik in staatis.
Kombekyk ook die Swartland uitdie lug saam metMosselbaai Helikopters
Vir die dames is daar diekunsmark met’ngroot verskeidenheid produkte vangoeie gehalte en vir diekinders ’n opblaaspretpark vanHenties Vrugtesappe. LieweHeksie kom verras die kleinspanopdie Sondagoggend.
Daar is ookdie Jimmy’s Sauces kunstenaarsverhoogmet Wicus van derMerwe, Veldblom,Andriëtte, Brandon Miles,
BlackieSwart, David Fourie, Byron Minnie,Die Broers,JohanLiebenberg, Christo, en Cobus en Jay. Jimmy’s is ookbetrokke by dienuwe “Pot vol liefde”, waarpotjiekos saam met bekendekykNET-persoonlikhede gemaak word. Diemaaltye worddan by hulpbehoewende instansiesas’nSondagmaal afgelewer
Danisdaaroudergewoonte ’n groot verskeidenheid drankies om diedors te lesenvolop smullekker feeskos om die magiestevul
Kamperingen glamping-pakette is beskikbaar.Bespreek aanlyn Dagbesoekerkaartjies wisselvan R30 virkinders tot R120 virvolwassenes, afhangendvan diedag.Daarisook naweekpakkette
Besoek OpenTicketsofwww.ekspo. co.zavir kaartjies en besprekings. Kaartjies ookbydie hekke tydens dieekspo beskikbaar.Koop maar aanlyn om sake by diehekke viralmal te vergemaklik. Besoek www.ekspo.co.zavir noginligting.
◘Tweegelukkige Swartland Gazettelesers kan elk’ndubbelkaartjienadie ekspowen.Stuur jounaam, nommer en waardie ekspo plaasvindopWhatsApp na 0662906512 teenVrydag 6Maart.


John Brown van Langebaan is reeds vir 38 jaar as vrywillige by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) betrokkeen het voorverledeDonderdag (19 Februarie) op Skål International Cape WestCoast se byeenkoms vir lede en eregastebyGrowing Paper se geriewebuite Malmesbury ’n sertifikaat van waardering aan Christine Fortuin van DarlingCellars oorhandig.
DarlingCellars is vereervir sy jarelange en getroue ondersteuning en bydrae tot die NSRI (Stasie 4).
“Julle vennootskap is instrumenteel tot ons mensereddingpogings en onsstrewe na die beveiliging vanlewensinSuid-Afrikaanse waters.”
Brown, in beheer van kusbemanning,sê ook’nonlangse skenkinghet onder meer bygedra tot ’n 2025-jaareindfunksie vir die bemanningslede en hul gesinne.

JohnBrownvanLangebaanisreedsvir35jaarbydie NSRI(Mykonos)betrokkeenoorhandig’nsertifikaat vanwaarderingaanChristineFortuinvanDarling CellarsopSkålInternationalCapeWestCoastse byeenkomsbuiteMalmesbury.
Charlotte Lesch
’n Moontlike geval van die hoogsaansteeklike en gevreesde virussiekte bek-en-klouseer word op ’n plaas in die Swartland ondersoek
DieSwartland-munisipaliteit het Woensdagmiddag in ’n verklaring bevestig hy is in kennis gestel van die onbevestigde geval op ’n plaas geleë nabydie grens aan Kaapstad. Die beeste wat aangemeld is, is na beweringop’nplaas in dieomgewing van Kalbaskraal.
Volgens die verklaring is alle
toegepas wordasof dit ’n bevestigde positiewe geval is,"sêdie munisipaliteit in sy verklaring.
Volgens ’n ingeligtebron in landboukringe sal ’n kwarentyngebied van 10 km ingestel word indien die uitslae positief is.
Plaaslike wetstoepassing is reeds in noue samewerking met verskeie betrokke partye om ’n sone vir bewegingskontrole af te dwing.
Die munisipaliteit het intussen terugvoering van die departement versoek oor wanneer dit moontlik sal wees om die bek-en-klouseer-inentings in die Swartland te begin toedien.






















DDa Die siefees, deur in het st Gene arie) sp wa st wa verslaan Ha bek
