




![]()





CharlotteLesch
Die Swartland is meer as bloot ’n toerismebestemming. Dit is ’n groeiende ekonomiese ekostelselmet toerisme, landbou,sakeondernemingsenkultuur.
Só meen die voorsitter vanSwartland Toerisme,Ashley Stone, gedurendedie openingvan hul netwerkgeleentheid by Delsma-funksielokaal in Riebeek-Kasteel die afgelope Vrydag (20Maart).
Volgens dieuitvoerende burgemeester van die Swartland,Harold Cleophas, wat die verwelkoming behartig het, bied die netwerksessiedie ideale geleentheid waar ’n gemeenskapmet dieselfde visie byeen kan kom.“Ons deeldieselfde visie en dit is om die potensiaal van toerismeenekonomiese groei in dieSwartland te ontsluit.”
Die GassprekerHanna Kleber, die stigter van dieKleber-groep in Duitsland, het daarby aangesluit deur te sê hoebelangrik dit is om dieEuropesereisigersmark se aandag op die Swartland te vestig. “Die Swartland is ’n versteekte juweel.”
Sy het die geleentheid om die byeenkoms by te woon, as ’n voorreg en ’n eerbeskryf. Kleber, wat oor die jaregoeie verhoudinge binne die Suid-Afrikaanse toerismebedryf opgebouhet, het veral klem gelê op die pragtige landskappe waarmeesy en haar dogter én die uitvoerende hoof van die maatskappy Julia Kleber, met hul besoek aan die streek begroet is.
Volgens haar is die Afrika-vasteland steeds onbekendtot die Europese reisigersmark en dié van Duitslandwanneer dit by reis kom. Haarmaatskappy het dit daarom hul missie gemaak om Afrika en alles wat die vasteland te biedhet, oordie afgelope 20 jaar aanveral die Europese mark bekend te stel.“Suid-Afrika is vandag ’n soliede nommer in die Duitse reisigersmark,”
voeg sy by. Nou is dit die Swartland se beurt. Sy meen dit is belangrik om Swartland onder reisagentskappe se aandag te bring en nogbelangriker om sekertemaak die reisagenteken hul produk. “Reisagente moetbehoorlike opleiding kry en julle moetseker maak hulle kry die regte inligting. As hulle nie die produk ken nie, gaan hulle nie die projek op die regte wyse verkoop nie. Reisigers vertrouhul reisagent en die toerpakket wathulle gegee word.”
HELEJAAR’NTOERISMEBESTEMMING
Kleber voeg by hoeSuid-Afrika die hele jaar’ntoerismebestemming is en nieslegs gedurende die somermaande nie –’nfeit wat totvoordeel vandie land benut moet word.
Dit is egter belangrik om te verstaan hoe reisigers dink en reis. Volgens haar statistiek val die meeste reisigers in die Europese mark veral onder die 55-jaar-plusouderdomgroep, is gesond en beskik oor’n goeie inkomste om te kanreis. “Hulle het nie meer ’n nuwe motor nodig nie; hulle het reeds een. En hulle het tyd.”
Met die onsekerheid oor die oorlogindie Midde-Oosteisdie neiging nie om minder te reis nie, maar eerder juis om wegte breek en na bestemmings waar hulle vrede en rustigheid sal kan vind, te ontsnap.Die jonger geslag het ook talle alleenreisigers wat volgens statistiek vir sowat30dae aaneenreis.
Kleber meendie Swartland moet’nander benadering tot die bekendstelling van die streek aan die reisiger vind. “Wat is jul posisie hier in die Swartland; waarvoor staan julle?”het sy die gaste gevra.“Ons het jul gasvryheid en pragtige landskappe ervaar. Maar julle moetversigtig wees hoe julle julself bemark. Dit is ’n plekwaar-

heen kleiner groepe reis as die soort verblyf in ag geneem word. Dit is ’n plek vir avontuurlistigereisigers, wynliefhebbers, stappers en sportentoesiaste In Duitsland salmense eerder ’n fietsry as ’n motor. Hulle sal na landegaan met geleenthede om fiets te ry virontspanning. Mense komvir die wyn en die kos. Julle bied reeds aspekte van ouentieke kosen outentieke landboubedrywighede. Julle beeste is in die veld, nie in ’n kraal nie,”sê sy opgewonde.Toerleiers en geleenthedewaar reisigers byeen kankom en hul ervaringe kan deel, is volgens haar nodig in die streek as gekyk word na internasionale reisneigings. Reisigers is ook lojaal, het sy gesê. “Wanneer hulle ’n goeie ervaring gehadhet, keer hulle terug en deel hul ervaringsmondelings metander reisigers.
NADERAANDIEWÊRELD
Suid-Afrika moetdie Swartland nader aan die wêreld bring. Die fokus moet wees op hoedie Swartland op ’n globale
wyse bemark word en agentevolhoubaar in hul pogings gaan wees. “Kry die regte teikengroep. Die geleentheid vir die Swartland kanwonderlik wees met die regte posisionering. Julle moet saamwerk om die Swartland as ’n bestemming op sy eie bekend te stel en die belangstelling te prikkelomhierheen te kom. Dit kan’n suksesstorie wees.”
Volgens Kleber is die Kaapse Wynlandlughawe die idealegeleentheid vir groei binne die plaaslike toerisme-bedryf.
Verteenwoordigers van dieKaapse Wynland-lughawe het ook die geleentheid besoek,waartydens Deon Cloete, die besturende direkteur van dielughaween voormalige hoofbestuurder vandie Kaapstad- en Durban- internasionalelughawens ’n omvattende oorsig van dié mega-projek gegee het,asook ’n uiteensettingvan wat in die komende maandeverwag kanword. Tydens ’n paneelbespreking tussen die Swartland-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, Jacques Stoltz van die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (Dedat) en Cloete, is vasgestel dat die Swartland in die regte rigting beweeg wat toerisme en groei binne diebedryfbetref.Vir die munispaliteit word toerisme nie vandie ekonomie geskei nie. “Dit is die gevolg van’n munisipaliteit watgroei moontlik maak,” het Scholtzgesê. “Ons visie is eenvoudig. Ons sien toerisme as deel van diebreër, goeie funksionerendeplaaslikeekonomie. Ons fokus oor die volgendevyf jaar is om dit makliker te maak om sake te doen en dit beteken vinniger prosesse, minder rompslomp en meer voorspelbare besluitneming gegrond op gehalte-data.” Stoltz het op sy beurt bygevoeg die streek is op die regte spoor. “Wees daarom duidelik oor wie julle mark is, asook oor die produk wat julle bemark.”



Menseregtedag is die afgelope naweek op 21 Maart op ’n hoë noot afgesluit danksy verskeiejeuggroepevan die Bet-el Baptiste-kerk Malmesbury, die Gethsemane Mission en dieMaranatha Pinkster-kerk in Abbotsdale.
Kindersendie jong mense van die plaaslike gemeenskap het volgens die inwoner Alexander Diedericks na verskeiemotiverende toesprakegeluister oor hoe om ’n veiliger en gesonder lewe te lei. Elkeen is ook by die verrigtinge met ’n kospakkie bederf. Diedericks sê die geleentheid het op bewusmaking oor dwelmsengeweld binne die gemeenskappe gefokus. Die kinders is onder meer aangemoedig om nie die voorbeelde wat deur die huidige generasies daargestel word, na testreef nie.
“Ons is dankbaar en bly virGod wat ons die geleentheidgeskep het om die inisiatief in aksie te kon oordra om ons kinders in die gemeenskap met prettigespeletjies te vermaak en persoonlike ervaringste deel waaruit hulle konleer en self in hul toekomssal kantoepas,” brei hy uit.
Diedericks het namens diejeuggroepe sy dank teenoor diesprekers wat hul persoonlike lewenservaringegedeel het, uitgespreek; so ook teenoor die Swartland-munisipaliteit se brandweerdienste, die Wes-Kaap se mobielekliniek en Anet de Beer, die onderburgemeester vandie streek,vir hul bydraes totdie dagse sukses.
Volgens hom soudie vieringeook nie moontlik gewees het sonder die plaaslike gemeenskap wat die jongspan aangemoedig het om dit by te woon nie.



Die somer raak lank en Wes-Kapenaarsbegin uitsien na koeler daeendie reënseisoen.Die Theewaterskloofdam(foto)sewatervlakkestaan tans op 48,4%teenoor 68,3% verlede jaar,volgens die departement vanwater en sanitasiesejongstebeskikbaresyfersvan 16 Maart.Voëlvleidam buiteGouda staan op 55.6% (66,3% verledejaar)endie Bergrivierdamwat vandie Paarl totbyVelddrif loop staan op 44.5% (67.8% verlede jaar). Foto:Johan Olivier

















South African theatre audiences are getting their first taste of Broadway glamour as Pretty Woman: The Musical makes its local debut thismonth, bringing the beloved1990 film to lifeon stage
Themusical adaptation of the Julia Roberts and Richard Gereromantic comedy will showcase at Cape Town'sArtscape Theatre until 19 April, before transferring to Johannesburg's Teatro at Montecasino from24April.
Based on the hit Hollywoodfilm, the stage version features music by Grammy Award-winningartist BryanAdams, who has expressed his enthusiasm for the production. The show combines the original Roy Orbison classic "Oh, Pretty Woman" with new songs writtenspecifically for the stage adaptation.
The musical tells the storyofVivian and Edward, two unlikely characters whose chanceencounter leads to an unexpected romance. Since its Broadway premiere in 2018, the show has enjoyed successful runs in London's West End and toured across NorthAmericaand Europe.
"Theshow delivered high-energy ensemble numbers,dazzlingcostumes andsets, and asoundtrack that had the audience taking atrip back in timetothe 90s," noted Broadway World in their review.
Local production company Showtime Managementisbringingthe musical to SouthAfricainpartnership withCrossroads Live North America.The production features an all-South African cast, crew

andorchestra working alongside international creative staff.
"This timeless story has captured the hearts of audiences around the world,"said HazelFeldman from Showtime Management."Local theatre-goers will experience the unforgettable songs, dazzling performances, and all the romance, humourand heart that made the film aclassic."
The original creative teamincludesbook writers Garry Marshall and JF Lawton, who created the original film, with songs by Bryan Adams and Jim Vallance. Tony Award winner Jerry Mitchell provides direction and choreography.
The production carries aPGratingof 12+ due to adult themes, andparentalguidance is recommended.
Group discounts apply for partiesof20 or more,and specialTuesdaydiscounts are available Book tickets at Showtime.co.za and Ticketmaster.co.za
Watkry jy wanneer ’n klassiek opgeleide sangeres van Franskraal en ’n popsanger van Yzerfonteinsaamspan?
’n Musikale oomblikwat emosie ontlok en luisteraars op ’n reis verby ruimte en tyd neem.
André Huysamenvan Yzerfontein en die bekende sangeres Nianell hetonlangs kragte saamgesnoeromhul eie weergawe van Snow Patrol se bekendeliedjie “Run” op te neem VolgensNianell is Huysamen ’n besonderse mens.
“Sy sensitiwiteitentoewyding het van ons eerste ontmoeting tot ons onlangse duet deurgeskyn. Ditis’nvreugde om saam met iemand te werk wat my passie deelomdie wêreld te inspireer en ons eenheid met die Goddelike te vier,” vertel sy.
Vir Huysamen is die samewerking ’n droom wat waar geword het.
“Ekwas nog altyd ’n groot aanhanger van Nianell. Haar stemhet die vermoëom jou op ’n geestelike reis te neem. Haar liefde, kalmte en vriendelikheidmaak dit ’n absolute plesier om saam met haar te werk,”sêhy.
Huysamenhet dieduet opVrydag 6Maartby’n uitverkooptevertoningin Yzerfonteinbekendgestel.
“Dit was’nregte hoendervleis-oomblik. Twee vroue wat voor gesit het, hetkort-kort ’npaar trane afgevee.Dit het weer gewys hoe kragtigmusiek kan wees ommenseteverenig,” vertel Huysamen.
Dievertoning, insamewerking met Tiaan Grundling, was ookdie eerste stop van hul Vat My Saam-toer.
Ongeveer120 mense het die geleentheid bygewoon en saam gesing en gedans.
Dieliedjie “Run” is nou op alle digitaleplatforms beskikbaar.

Aansoeker: CK Rumboll &Vennote,Posbus211,Malmesbury,7299. Telno. 0224821845
Eienaar: FWvanderWal,5deStraatno10,Yzerfontein,7351.Telno.0716745681 Verwysingsnommer:15/3/5-14/Erf_265 15/3/10-14/Erf_265
Eiendomsbeskrywing: Erf265,Yzerfontein FisieseAdres:5deStraatno10,Yzerfontein
Volledigebeskrywingvanaansoek:
Die aansoek om opheffing van‘nbeperkendevoorwaarde op erf265,Yzerfontein, ingevolgear kel 25(2)(f) vanSwartland Munisipaliteit:VerordeninginsakeMunisipaleGrondgebruikbeplanning(PK 8226van25Maart2020),isontvang.DievoorstelisdatvoorwaardeB.I(1)van telakteT55557/2025 opgehefwordteneindediebeperkingvandiegebruikvandieperseelteverwyder.
Die aansoek om vergunningsgebruik vir ’n tuisberoep op erf 265, Yzerfontein, ingevolgear kel 25(2)(o)van Swartland Munisipaliteit :VerordeninginsakeMunisipaleGrondgebruikbeplanning(PK 8226 van25Maart 2020), is ontvang. Dietuisberoepsal bedryf word in die vorm van’nkunsateljee (groot50m²)
Kennis word hiermee gegeeingevolgear kel55(1) vanSwartlandMunisipaliteit: Verordeninginsake Munisipale Grondgebruikbeplanning datbogenoemdeaansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanafMaandagtot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45- 17:00enVrydag08:00-13:00 en 13:45 -15:45 by DepartmentOntwikkelingsdienste,kantoor vandie Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor,Kerkstraat,Malmesbury. Enigeskri�elikekommentaar hetsy‘nbeswaar of ondersteuningkan ingevolgear kel60van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, PrivaatsakX52, Malmesbury, 7299/Faks– 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.zagestuur word voor of op 28 April 2026om17:00. Die kommentaar moet assebliefu naam,adres en kontakbesonderhedeasook dievoorkeurwyse waarop daar metu gekommunikeer moetwordaandui, sowelasubelang by dieaansoek asook redesvirukommentaar Telefoniese navrae kangerig word aan die stadsbeplanningsafdeling(Alwyn Burger,HermanOlivierofAnnelie de Jager)by022-487 9400.Die Munisipaliteitmag kommentaar watnadie slui ngsdatum ontvang word weier. Persone watnie kanskryf nie sal deur ‘n munisipale amptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel
MunisipaleKantoor
JJSCHOLTZ Kerkstraat1MunisipaleBestuurder MALMESBURY 7300
27Maart2026

















