


![]()



TheWestern Cape Government Department of Infrastructure (DOI) has officially launched its mobile app Roads4U,designedtoput road-maintenance reporting directly in thehands of the public
Available on both Google Playand the Apple Store,the app allows residentstoreport various infrastructure defects, such as road-surface damage, faulty traffic signals and faded signage. Theinitiativeaimsto enhance the province’s road network by leveraging real-time data and citizencollaboration. Future updates will includea broadcastfeature that provides
all app users with real-time notifications on road closures and otherimportant events.
“A key citizen-focused feature of Roads4U is its ability to automaticallyidentify andsend yourreport to the correct road authority,”saidJandré Bakker, DOI Director: Operational Support.
“For example, if you log a defect on aroad managed by the City of Cape Town or [national road agency] Sanral, the platform identifiesthe responsible authority and forwards it at scheduled intervals. The app informs you which authority received your report andhow to contact them.”
Key features of Roads4U
include:
•Intuitive reporting: Theapp automaticallypins the exact GPSlocationofa reported defect to ensure accuracy.
•Multimedia support:Users can upload photosand add detailed descriptions to assist repair teams.
•Transparency: Citizenswill receive status updates fromthe technical teams in their reports. Each report is assigned a unique reference number, allowing citizens to track the progressoftheir report, if they don'treceive feedback through the app in time.
ProvincialMinister of Infrastructure Tertuis Simmers highlighted the strategic impor-

tanceofthe tool. “For years,our engineers have used multiple internal processes to coordinate road-related work. Roads4U simplifies these workflows
by directingthe publictothe correctofficial or authority, reducing unnecessarysteps and delays.Thismodernapproach strengthenscollaboration...”


Vanlinksstaan sers. Fortuin vandie Darling-polisiekantoor,CarlDirksvan Darling Share andCare, AnthonyDanielsvan Darling Share andCare, Cedric September vanStopCrime,Dirk Lewis(skoolhoof vanVooruitsig Primêr), Jacques Danielsvan Darling Share andCareenonderwysers vanVooruitsig Primêr by Shewaan Jumat, die Rich in Mind-motiveringspreker,enkapt.JJOttovan die Darling-polisiekantoor
Ditwas ’n warm dag, maarnie eensdie hittekon die leerders van dieHoërskool Darling en VooruitsigPrimêr die afgelope Donderdag van die motiveringsprekerShewaan Jumat en Cedric September van dieorganisasieCrimeStop weghou nie soos die leerders aan hul lippegehang het, vertel CarlDirks van DarlingShare andCare, ’n maatskappy sonder winsbejag, wat metinwoners en skoolgaande kindersuit minderbevoorregte omstandighedewerk.
Die voormaligebendelid Jumat,beter bekend as die figuur agter dieTikTokfaam Rich in Mind, het dié twee skole op 12 Maart saam met September, ’n voormalige tronkbewaarder van oor die 40 jaar by die
Pollsmoor-gevangenis, besoek en leerders meer komvertel oor die lewe van ’n bendelid en ’n gevangene. Volgens Dirks, die organiseerdervan die geleentheid, het ’n onderwyser in die omgewing Darling Share and Care genader oor leerders se gedrag en boeliery. Die maatskappyhet koppe bymekaar gesit en gedink oor hoe hulle ’n verskil onderleerders se gedrag kanmaak Rich in Mind en Crime Stop is uiteindelik genaderommet die leerders te kom gesels, gevaartekens van ’n bendelewe te deel en hoe dit regtig is om agtertralies toegesluit te wees. September het onder meerselfgemaakte wapens van gevangenes saamgebring om te wys hoegevaarlik die tronk kan wees. Rich in Mind, ’n inwoner
van Heideveld, Athlone, het leerders op sy beurt vertel oor hoehybybendes betrokke geraak het. Jumat, ’n slagoffer van boeliery, het op 14-jarigeouderdom by ’n bende aange- sluit. Hy het diegevaartekens gedeel wat aanleiding gee tot’nlewe as ’n bendelid. Jumat, wat in 2021 vandaardie lewe losgebreek het, vertel hy was gelukkig.“Sodra jy deel is van ’n bende, komjy nie sommerlewend daar weg nie,” het hy gewaarsku. Dirks vertel hoe die leerders se oë behoorlik gerek het terwyl hulle na Jumat en September se stories geluister het “Ditwas nodig; leerders het geskrik,” voeg hy by. Volgens homwas die personeel dit eens dat dié boodskappe netopdie regte tyd gekomhet.


September vanStopCrime en ‘n voormalige tronkbewaarder by die Pollsmoor-gevangenis het vir leerders vandie tronklewe vertel


Danie Hefers
Weskussers staal hulle vir die verwagte brandstofskok in April. Indien dié prysstygings ’n werklikheid word,sal dit die skerpste styging in brandstofprysein die land se geskiedenis wees. Weens die prys van ru-olie, watsedert die begin van die voortslepende militêre konflikindie Midde-Oostemet sowat 40%gestyg het, en die rand/dollar-wisselkoers, kan die prys van diesel en petrol moontlik onderskeidelik met R7 en R4 per literstyg.
Die brandstofprys raak elke aspek van die lewe –selfs toerisme.Vrese dat dieland selfs binnekort deur ’n ernstige brandstoftekort in die gesig gestaar kan word, wordnou deur sommige kenners geopper.
Weslander, susterskoerant van Gazette, het by sakekamers en landbouorganisasies gaan kers opsteekoor die uitwerking van dié verwagte prysstygingsop Weskussers. VolgensGary Badenhorst, die voorsittervan dieWeskus-sakekamer,hou die vinnig stygende prys van Brent-ruolie beduidende gevolge vir dieplaaslike ekonomieindie Saldanhabaai-gebiedin, watafhanklik is van vervoer, nywerheid, vissery en hawebedrywighede. “Ek is ’n veteraan van die bedryf en hetnog nooit ervaar wat nou op ons afstorm nie,” sê Badenhorst. Hy verduidelikdat Saldanha ’nhaween nywerheidsdorp is waar ekonomiese bedrywighedeafhanklikisvan die vervoer van goedereper pad, seeenspoor. “Wanneer brandstofpryse styg, neem kostes van goedere en dienste toe. Dit raaklogistieke kostes regstreeks en lei totverhoogde skeeps- en visserybedryfs-
kostes. Kleinhandelaars betaalmeer vir aflewerings, boere en produsente betaal meer om produkte te vervoer en ekstra kostes wordaan verbruikers oorgedra Taxi-tariewe en pendelkostes neem toe en gesinnehet uiteindelik minder beskikbare en besteebare inkomste.”
Volgens JohnnyDaSilva,die voorsitter van die Velddrif-sakekamer, is ondernemingsuiters bekommerd oor dieverwagte brandstofpryse. “Brandstof is nie net’nvervoersaaknie. Duurder diesel en petrolraakuiteindelik die prysevan alleprodukte en dienste in die dorp,” sê Da Silva.Hybeklemtoon dat dielandseafhanklikheid van ingevoerde energiebronne kommerwekkend is.
VolgensStoan Bartel, die voorsitter van die sakekamerinSt. Helenabaai, is hulleook uiters bekommerd oordie moontlike uitwerking van ’n skerp brandstofprysstyging op plaaslike ondernemings.“Daar is ’n risiko datvoortgesette brandstofprysstygingsaktiwiteite in die plaaslike ekonomienegatief kan beïnvloed. Stygende vervoerkoste plaasdruk op verbruikers, wat tot ’n skerp afname inbesteding in sektore soos eetplekke, kleinhandel en toerismekan lei.”
Dieverwagte dieselprysstyging is ook slegte nuus vir die land se landbou-, bosbou-,vissery- en mynbousektore.
Volgens SP Tredoux, die streeksbestuurder van Agri Wes-Kaapindie Weskus,isdie moontlike styging kommerwekkend vir die landbou. Boere word reeds verlam deur uitdagingssoos dieselpryse, die hittegolf en bek-en-klouseer. ’n Boer wat maklik tot 100000 liter diesel per jaar verbruik, kan’nstyging van meeras’nhalfmiljoenrandinsy dieseluitgawes verwag.


Diejaarlikse kykNET-buite-ekspo in die Wes-Kaaphet die afgelope naweek op die Môreson-plaas buite Malmesbury plaasgevind. Daar wasiets vir elkebuitelug-entoesias– van4x4-voertuietot kamp- en braaigereedskap.Helikopterritte wasook beskikbaar Foto:Jana Scheepers
DieWeskus-distriksmunisipaliteit (WDM) is onlangs tydens dienegende Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging(Salga) se nasionale kommunikeerdersforum-toekenningsin Kaapstad vir uitnemendheid in munisipale sosialemediabestuur vereer.
Die WDM is aangewysasdie mees aktieweendoeltreffende distriksmunisipaliteit op sosiale mediaindie land. “Hierdie toekenning bevestig die munisipaliteit se volgehoue fokus op doeltreffende kommunikasieendigitale betrokkenheid,” het die WDM kort ná die geleentheidin’nverklaringgedeel.
“Dié nasionale toekenningsvereer munisipale kommunikeerdersenmediabeampteswat positiewenarratiewe vorm,vertroue bouendie goeiewerk vanplaaslike regering oor Suid-Afrika heen sigbaar maak,”brei HeinrichRobertson, verantwoordelik vir diemunisipaliteit se kommunikasiedienste, uit. Volgens die beoordelaars weerspieëldié erkenning veel meer as gereelde plasings op sosiale media. Dit dui op strategiese beplanning, vinnige reaksievermoë, betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheiden ’n sterk verbintenis totdeursigtigheiden aanspreeklikheid
Robertson, wat self die toekenning ontvang het, het die prestasie aansyspan opgedra.
“Ek ontvanghierdie toekenning namens my kollegas,wat ’n enorme bydraetot die kommunikasiesuksesvan die WDM gelewer het. Ons sien kommunikasie as die brugtussen diemunisipaliteit en die gemeenskappe wat ons dien. Daarom stel onshoë standaarde om akkurate, relevante en impakvolle boodskappebetydsaan inwoners oorte dra,” het Robertson gesê.

Heinrich Robertson, die hoof vankommunikasiedienstebydieWeskus-distriksmunisipaliteit(WDM)
Ander Wes-Kaapse munisipaliteite wat tydensdie geleentheid erkenning ontvang het, sluit in die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, die Stad Kaapstad en dieStellenbosch-munisipaliteit,wat ookinverskeieafdelings bekroonis.
“Die toekenning plaas die Weskusop dienasionale kaart as ’n voorloper in moderne,toeganklike en gemeenskapsgerigte munisipale kommunikasie,” het Robertson bygevoeg.
Dietoekennings vier volgensdie vereniginguitnemendheid,vernuwing en invloed in munisipale kommunikasielandswyd. Salga se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê doeltreffende munisipale kommunikasie gaan nie net oordie verspreiding van inligtingnie, maar is ooknoodsaaklikvir die bou van vertroue,deursigtigheidendie bevordering van aktiewe burgerbetrokkenheid op plaaslikevlak.

VanWeskus-kampioen, toeBoland na Boland ASA-kampioen en nou Wes-Kaap se kampioen. LienkaBrand (14), ’n leerder aan die Hoërskool Swartland,het die afgelope Vrydag en Saterdag (13en14Maart)aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap in Stellenbosch deelgeneem, waar sy die rekords behoorlik laat spat het. Lienkahet met die louere weggestap nadat sy die diskus-rekord met 39,61m gebreek het. Sy breek ook dierekord van 45,91m in hamergooi en het in beide items boonop haar eie persoonlike besteafstande verbeter.
Hugo Pienaar, wathaar vanjaar vir die derdejaar afrig, het sy gelukwense op sosiale media uitgespreek.Volgens hom hetLienka eers vanjaar methamergooibegin Sy hetoplaerskool (Hoërskool Piketberg) o.12 en o.13 metdie 750g diskusgegooi.Vanjaar is haar eerste jaar met die1kg-vrouediskus. Sy neem eersdaags in die ASA-jeugkampioenskap van 26 tot 28 Maart deel, gevolg deur die SA Skole-kampioenskap van 8tot 11 April.Op14, lê Lienkatans 3deopdie ranglys vir diskus in die Wes-Kaap.
Malmesbury se Vroue-landbouvereniging(VLV) was vanjaar die gasvroue vir die Sirkel Paarl se 73ste konferensie
Dié besonderse geleentheid is op Donderdag 12 Maart by dieMeerhof-wynkelder aangebied.Die Sirkel Paarl bestaan uit altesaam agt VLV-takke, wat Malmesbury, Suider-Paarl, Slot-van -die-Paarl, Wellington, Strand, Stellenbosch, Klein Drakenstein en die Paarl-Aandtak insluit.
Die konferensie was ’n groot sukses en is goed deur al die VLV-takke verteenwoordig. Die hoofsprekers van die dag, wat gaste en lede behoorlik aangegryp het, was die bekende skrywer Irma Joubert, John Dürr (Agri Malmesbury),Nileta Knoetzen van GrowingPaper, Kaashifa Aziz vanStad Kaapstad se departement van wateren sanitasie en die managter die kamera van die gewilde Voetspore-program, StefanSonnekus.
Die geleentheid het ’n heerlike middagete ingesluit,afgesluit deur die prysuitdeling.
Die pryse is deurMarina Rall oorhandig.
Volgensdie Malmesbury-VLV se voorsitter,Mia Louw, hetdie geleentheid vlot verloop,ten spyte van die kwik watbydie 39°C gedraaihet. “Ekisbaie dankbaar ons kon die geleentheid by so ’n pragtigeonthaal met uitsigte oordie lande aanbiedenekisbly ek kon al my

VLV-lede vanSirkel Paarlbesigtig lede se inskrywings.
takledenooi.”
Volgens Louw was daar goeie samewerking onder al die lede wat hulkant gebring het en seker gemaak hetdie dagis’n grootsukses.“Ditgee vir elkeen weer motiveringomdie groter prentjie van die VLV se doel te sien en te besefdit is nie slegs op takvlak waar ’n lid verryking vindnie,maar dat jy deel is van groter organisasie.”

Die gewilde Kammaland-dans, wat jaar ná jaar as een van die lekkerste partytjies op die Swartland-kalender bekend staan, is terug en kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar. Vanjaar se dans is op Saterdag 23 Mei by die Malmesbury-stadsaal en beloof weer ’n aand vol heerlike musiek, dans en goeie geselskap. Dié partytjie gaan egter oor veel meer as net pret. Die aand word aangebied ten bate van Kammaland Speelskool op die dorp. Dit is wyd bekend as ’n liefdevolle speelskool wat vir jare reeds ’n veilige en verrykende omgewing vir jonger kinders in die gemeenskap skep. Alle geld wat met die dans ingesamel word, salhelp om die speelskool se werk voort te sit en verder te versterk. Die uitnodiging aan gaste is eenvoudig –pof jou hare en stof jou leerbaadjie af. Die Grease-tema roep ’n nostalgiese atmosfeer op met ’n knipoog na rock-’n-roll, klassieke motors en ’n goeie dosis houding. Volgensdie organiseerdersisdie Kammaland-dans bekend daarvoor dat dit die dansvloer tot in die vroeëoggendure laat bewe.
“Die dans is altyd ’n hoogtepuntopdie kalender en ’n wonderlike manier vir die gemeenskap om vir ’n goeie doel saam te trek,” sê Jolita du Boisvan Kammaland. “Ons wil hê mense moet ontspan, lekker kuier en weet dat hulle terselfdertyd ’n verskil maak.” Vanjaar is kaartjiepryse doelbewus meer bekostigbaar gemaak sodat gaste hul eie etes volgens hul begroting en

ElsabeCarstens(SirkelWeskus-president), EstelleduPlessis(voormaligeVLVK-president)enDinetteLochner(VLVK-finansies) hetookdiegeleentheidbygewoon
NiletaKnoetzenvanGrowingPaperwas diehoofsprekerbyvanjaarseVLV-Sirkel Paarl-konferensie.Syhetgastemeerkom verteloorsamewerkingenhoedittot sukseskanleiasditreggedoenword.Haar temawas“Onskraglêinsamewerking”

smaak kan koop.Verskeie kosstalletjiesen“food trucks” sal beskikbaarweeswaar besoekers’n verskeidenheid smullekker happies kan koop.
“Gaste kan maar weet daar is ’n dansvloer waar hulle hul passieskan uithaal,musiek wat herinneringe wakker maakenook nuwe energie bring, asook ’n verskeidenheiddrankiesenkos om die aandnog meergenotvol te maak,” sêDuBois. Kammaland Speelskoolvervul’nbelangrike rol indie plaaslike gemeenskapdeur kindersvan viermaande tot vyf jaar te akkommodeer. Die skool fokus op ’n geborge, stimulerende omgewing waar kinders se fisieke,emosionele en intellektuele ontwikkeling ondersteunword.Buiten dagsorgbieddie speelskool ook nasorgvir laerskoolleerders enverskeieverrykingsaktiwiteite aan. Kaartjieskan bywww kammalandspeelskool.co.za gekoop word.

en Hannalize Louw hethardgewerk om ‘n besonderse73stekonferensie
by Meerhof-wynkelder aan te bied.

IrmaJoubert (heellinks), die bekroonde skrywer vandie Paarl, het as een vandie hoofsprekers by vanjaar se 73steSirkel Paarl-konferensie gasteaangegryptoe sy hullemeer oor haar skryfloopbaan en verhalekom vertel het. By haar staan Marita Lourens, Joanie KingwillenRenévan Wyk, elk ’n lidvan Suider-PaarlVLV.



HUISVERBETERINGS



CK BLINDS Vervaardigersen verskaffersvan alle tipe blindings.Gratis kwotasies.Doen ook herstelwerk. KontakElsabé 072 126 2394.
AANDAG!!! Alle
Kliënte VOERTUIE dringend gesoek Ek koop enige gebruikte voertuie virkontant Skakel 083464 6960 Doen bankaflosse.








Stuur dagboekinskrywingsteen Vrydag om 10:00 virpublikasie-oorweging na swartlandgazette@novusmedia.co.za
VRYDAG 3-SONDAG 5APRIL
Philadelphia PentecostalMinistries SA (PPMSA)hou huljaarlikse Christelike Paasfees-konferensIe by Schoonspruit SekondêreSkool se skoolsaal. Kontak gerus 076796 5466 virnog besonderhede
DieReisigers 2026- nasionale toer kom binnekort na die Weskus. Luna Paigesal op Vrydag 27 Maart(18:30) by Die Swart Kombuis in Koringberg optree –118 km van Kaapstad.
Luna sing oor die “groot reis” en verkenruimteswaar beweging,gemoedsrus, selfliefdeenaanvaarding harmonie bring. Systel gehorebekend aanmusiek
watsytuis geskryf en getoonsethet tydenshaar reise in Suid-Afrikaen Europa, insluitend die SpaanseCamino.
As anoniemereisiger hetsymet medereigers gesels en gewonderoor beduidende verskille, maar– belangriker nog– oordie merkwaardige ooreenkomste watallereisigers op hierdiewonderlikeplaneet saambind.
Die Afrikaanse produksiehet in 2025
by Aardklopgedebuteer, waardit vir Beste Musiekproduksie benoemis. Sedertdien is dit by Woordfees 2025 en verskeie plekke regoor die Wes-Kaap, dieVrystaatenGauteng opgevoer. Dieproduksieduur75minute. Ná ’n kort pouse bied Luna ’n 30-minute-stel in Engels aanmet gunstelingliedereuit haar loopbaan oormeeras20jaar Kaartjies is by WebTickets (R135-R175).






Da
grade Dar hi Grootuitdaagbek
Brian gedru gev strafskop akkura verklein, strafsk 8gebou ma drie het tuiss Mamre dr



