


![]()



Agri SA het verledeweek met diepublikasie van die gewysigde nasionale minimumloon op 3Februarieindie Staatskoerant sy steun vir billike en ordentelike lone vir plaaswerkers in ’n verklaring herhaal. Die nasionale minimumloon sal met ingang 1Maart tot R30,23per uur styg –ingevolge die wet op nasionale minimumloon, wet 9van 2018.
Die organisasie erken die belangrikheid daarvan om kwesbare werkers teen stygende lewenskoste te beskerm. Hierdieaankondiging komegterin ’n tydvan onsekerheidvir die SuidAfrikaanse landbou,met diesektor wat werklike en meetbare ekonomiese verliese ervaar as gevolg van die voort-
durende bek-en-klouseer-uitbraak,die uitdagings ondergraanprodusente en voortslepende biosekuriteitsuitdagings.
“Dieveebedryf is verantwoordelik virtussen 40% en 45% van landbou se bydraetot die BBP. Die tydsberekening van die aanpassing sal bykomende las plaasop’nsektorwat reeds onderdruk verkeer,” sê Johann Kotze, die uitvoerendehoof vanAgriSA.Die landbousektor herstelvan opeenvolgende jare van inkrimping, wat veroorsaak is deur droogte, klimaatswisselvalligheid en dieresiektes. Hoeweldele vandie sektor volgens Agri SA in 2025 herstel getoon het,bly ditbroos en oneweredig.
“Arbeidsintensiewe subsektore, opkomende boere en uitvoergerigtewaardekettings is veral blootgestel.”
AgriSAhet deurgaans beklemtoon dat loonbeleid sektor-responsief en implementeringsbewus moet wees –veral in tydperke vansistemiese risiko soos die huidige bek-en-klouseer-krisis
Terwyl die organisasie regdeurdie nasionaleminimumloon-hersieningsproses konstruktief betrokke was, bly dit bekommerd dataanpassings bo inflasie, wat gedurende ’n tydperk van dieregesondheidsnood ingestel word, bykomende druk op werkgeleenthede, plaas-lewensvatbaarheid en landelike ekonomieë plaas.
AgriSAhet daarom’nberoep gedoen op parallelleoptrede deur dierelevante owerhedeomdie landboubedryfsomgewing te stabiliseer, wat insluitversterkte dieregesondheid- en biosekuriteitstelsels,
versnelde oplossing van uitvoermarkbeperkings, verbeterde hawe- en logistieke prestasie en verligting van geadministreerde insetkoste soos elektrisiteit.
“Sonder hierdieintervensiesisloonaanpassings’nrisikowat werksvolhoubaarheidverswak en werkloosheid versneleerderasomwerkerswelsyn te verbeter.”
AgriSA hetbeloof hy bly verbind tot konstruktiewe betrokkenheidmet die regering,georganiseerde arbeid en sosiale vennote om te verseker dat loonbeleidbeide werkersbeskermingen dielangtermynvolhoubaarheidvan die Suid-Afrikaanselandbou ondersteun –veral in ’n tyd wanneer voedselsekerheid,landelikelewensonderhoud en uitvoerverdienste onder druk is.
TheSouth African Social Security Agency (SASSA) has saved government approximately R44 million per month through an intensified grant review process aimed at ensuring social assistance reachesonly eligible beneficiaries.
The review process, introduced at the start of the 2025/2026 financialyear, translates to savings of about R500 million annually as the agency tightens controls in aconstrained fiscalenvironment.
SASSA CEO Themba Matlou said the review process strengthens the effectiveness, reliability and integrity of the
socialassistancesystem while guardingagainst wastefulexpenditure
“The social grant review process is an important step not only to safeguard the integrity of thesocial assistance programme buttoalso ensure that public fundsare directed to those who need them most, including reducingfraud and misuse of public funds,” Matlou saidduringamedia briefing in Cape TownonThursday.
Theagencyplanned to undertake 420 000 grant reviews for the current financialyear. Bythe thirdquarter,nearly 400 000 beneficiaries hadbeen
notified to come forward, with approximately 240 000 grants reviewed to date. About70000 grants were suspended due to beneficiaries failing to conduct reviews. National Treasury closely monitors the process and hasset conditions to accelerate implementation,including income verification, biometric checks,inter-agency data cross-referencingand quarterly reporting obligations.Through data matching with the South AfricanRevenue Service,the agency identified 495 296 clients who appear ineligible to receive grants. Verification is already underway.

Beneficiaries identified through this process are required to presentthemselvesfor review anddisclosure. Failure to comply mayresult in grant suspension. Theagency said it hasstrengthened partnerships with credit bureaus,banks, SARS, NSFASand other institutions to enhance income verification anddetect irregular grantaccesspatterns. SASSA hasrolledout compulsory biometric enrolment for allnew grantapplications and introduced aself-serviceportal thatallows beneficiaries to completelife certificationremotely. The agency acknowledged challenges linkedtobeneficiariesnot updating contact details,which canresultin missed review notifications. To address this, it introduced afourthpaymentdate in the social grants paymentcycle as asignal for beneficiaries to contactSASSAifpaymentisnot received during the normal first three paymentdays. Thereview processisconducted in line with Regulation 30 andSection 14(5) of the Social AssistanceAct,2004, which requires SASSAtoregularly review social grants to confirm beneficiaries’ continued eligibility
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) het dieonlangse eise van Eskomensekere munisipaliteite –dat huishoudingshul kleinskaalse sonkraginstallasies moet registreer –as onprakties, irrasioneel en onregverdig verwerp.
Ouita, bekend as 'n teenkorrupsiewaghond,het Eskom en plaaslike owerhedegekritiseer vir hul dreigemente oor registrasie vansonkrag as "onredelikenonregverdig".
Die organisasie sê hy het 'n toename in navraevan diepubliek ontvang ná dreigende kommunikasie van Eskom en munisipaliteite, insluitend die StadJohannesburg, wat vereis dat huishoudingskleinskaalse ingebedde opwekkingstelsels(SSEG) onder 100 kW –wat niekragindie netwerk terugvoer nie –moet registreer of vooraf goedkeuring moet verkry.
OUTA het ook opgemerk dat beduidende wysigingsaan vroeëre vereistes en sperdatums reedsgemaak is, wat volgens hom onsekerheid en onduidelikheid aangaande dieowerhede se verwagtinge skep
"Wat op die spel is, is die regtevan landsburgers, watgroot geld uitgegee het om hulselfteen jaresestygende elektrisiteitspryse en 'n onbetroubare kragnetwerk te beskerm," het Wayne Duvenage, dieuitvoerende hoof van OUTA, gesê.
Volgens hom het mense in sonkragstelsels, kragopwekkers, omsetters en ander alternatiewe voorsienings belê om by dieoproepe van Eskom en die regering –omelektrisiteitsverbruik te beperk –aan te pas.
Die huidigeonsekerheid het daartoe gelei dat sonkragprojekte vertraag wordendat finansierders, versekeraarseninstalleerders in baie gevalle onseker is hoeomverder te werkte gaan.
OUTA waarsku finansieringsinstellings en versekeraars om nie finansiering of versekering vir residensiële sonkraginstallasies op grond van hierdie verwarring te weier nie.
Die organisasie moedig huiseienaars
aan om alternatiewe diensverskaffers te vind wat bereid is om veilige en regmatige installasies te ondersteun, mits 'n geldige Sertifikaat van Nakoming (CoC) deur 'n gekwalifiseerde en geregistreerde elektrisiën uitgereik word.
Duvenage sê: "Wat 'n huiseienaar agter die meter op sy eie erf doen om sy afhanklikheid van onbetroubare en duur kragleweransiers te verminder, is nie die besigheid van die diensverskaffer nie, mits die installasie veilig en wettig is en die klant steeds volgens kontrak vir sy elektrisiteit betaal."
Hy sê verder die situasie is vergelykbaar met die e-tol-sage, waar die owerhede die fout maak om te dink dat nuwe prosesse met dreigemente en regulasies deurgedruk kan word, terwyl uitvoerbaarheid, rasionaliteit en openbare aanvaarding die belangrikste vir implementering is.
Die organisasie het ook verwys na verskeie wetlike struikelblokke waaraan sy regspan tans aandag gee. Volgens OUTA vereis die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, die Elektrisiteitsinstallasieregulasies en die nasionale standaard SANS 10142-1 dat 'n residensiële elektriese installasie –waaronder sonkrag –'ngeldige CoC moet hê, uitgereik deur 'n geregistreerde elektrisiën, voordat die stelsel in werking gestel word.
OUTA beskryf die onlangse briewe van Eskom en sommige munisipaliteite aan verbruikers asook openbare verklarings as intimidasietaktiek wat op vrees speel om onnodige nakomingsvereistes af te dwing.
Die organisasie het daarop gewys dat Eskom hul houding oor afsluitings en boetes onlangs versag het, wat aandui onsekerheid heers en hul beplannings stem nie ooreen met hul bevoegdhede nie.
OUTA het aangedui dat hy voortgaan om met belanghebbendes te skakel om te verseker dat rasionaliteit seëvier en om elektrisiteitsgebruikers teen onwettige en onredelike administratiewe optrede te beskerm.
Agri Wes-Kaap (AWK)endie Rooivleisprodusentevereniging watdié provinsie verteenwoordig(RPOWK), hetdie afgelopeVrydagoggend (6 Februarie) amptelike bevestiging van dieWesKaap se departementvan landbou se veeartseny-afdeling ontvangdat daar wel ’n positiewe geval van bek-en-klouseer(BKS) in Mbekweni, Wellington, is.Dit volg nadat die organisasies die vorige dag ’n verklaringuitgereikhet waardie gerugte van ’n moontlike gevalnog ondersoekword
Die BKS se gesamentlike bedryfskomitee (JOC) het kort na die bevestiging vergader en summier’n48-uurreaksieplan in werking gestel. Diehoofdoel van hierdie planis om strengbewegingsbeheervan die diere toetepas.
AWK en RPOWKisook in deurlopende kommunikasie met die departementse veeartsenydienste.
Die organisasie beklemtoon BKS bly ’n staatsbeheerde siekte en verduidelik die staatsveearts neem die verantwoordelikheid vir die bekamping en beheervan die siekte –met die ondersteuning vanalle relevante rolspelers.
“Alle relevante rolspelers is reeds ingelig en daarisgoeie samewerking om die situasie verantwoordelik te bestuur,” stel AWK gerus.
Groot klem word tans op streng bewegingsbeheer van die diere in dié tyd geplaas. “Lede word ernstig versoek om elke voorgeskrewe protokol noukeurig na te kom, geendiere onnodig te skuif nie en om biosekuriteit op plase sonder enigeuitsonderingtoe te pas,” pleitdie betrokke organisasies.
’n Kwarantyngebied van10km is inge-
stel, het AWK se skakelbeampte,Rojeanne de Wet,bygevoeg
Die Swartland-munisipaliteit hetook sy kommer uitgespreek oor die positiewe BKS-geval in die aangrensende munisipaliteit van die Drakenstein, tesame met onbevestigde gevalle van die siekte in die Stad Kaapstad (Khayelitsha).
Die munisipaliteit het sy samewerking met die staatsveeartsenydienste,die Wes-Kaapse departement van landbouen anderbelanghebbendes om biosekuriteitsmaatreëls toe te pas en af te dwing, in ’n verklaring beklemtoon
“Omdie verspreiding van BKSte voorkom,behoort die vervoer van beeste beperk of waar moontlik vermyteword. DieSwartland- munisipale verkeer- en wetstoepassingsdienste is opdraggegee om, waar moontlik,die provinsiale verkeersdienste by te staan metdie polisiëring van die vervoer en beweging van beeste.”
Die munisipaliteit herhaal bek-en-klouseer bly ’n staatsbeheerde siekte,endie departement van veeartsenydienste is verantwoordelik vir die inperking daarvan.
“Dit is egter noodsaaklik dat alle belanghebbendes hul volle samewerking met die implementering van biosekuriteitsmaatreëls verleen. Ons doen ’n beroep op alle plaaslike boere –groot sowelasklein –omsaam te werk en op te treeomhul belange tebeskerm.”
Gerugte van noggevalle in sommige gebiede in die Wes-Kaap doenintussen die ronde onder produsente.
Volgens De Wet weet hulle net vandie een bevestigde geval in Mbekweni.
Sy voeg by dat diere wel vroeg Sondagoggend (8 Februarie) vervoer is, waar provinsiale verkeer en die staatsveearts onmiddelik in kennis gestel is.


het verlede week die aftrede vanhul uitvoerende hoof vandie afgelope 15 jaar,SeanWalsh,aangekondig. Walshwordopgevolgdeurdie voormalige uitvoerende hoof
InvestmentsLimited,Johann le Roux (links)
Die KAL-groep het die afgelope Vrydag (6 Februarie) die aanstelling van sy nuwe uitvoerende hoof, Johann le Roux, in ’n verklaring aansykliënte bekend gemaak. Le Roux salvan 1Maart af die leiselsbySeanWalsh oorneem, wat ná byna 15 jaar se toegewydediens as uitvoerende hoof aftree.
Le Loux is sedert April 2014 by die KAL-groep as ’n nie-uitvoerende direkteur as lid van verskeie subkomiteesén as genooidetot filiaalrade betrokke.Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester(CA; (SA)) en beskik oor’nnagraadse diploma in belasting.LeRouxhet voorheen as die uitvoerende hoof en finansiële direkteur vandie JSE-genoteerde Zeder Investments Limited gedien, asook as direkteur vanverskeie van hulfiliale en geassosieerde maatskappye.“Hy bring
dus’nrykdom ervaring in dielandboubedryf, logistiek,die kleinhandel-endie brandstof- en beleggingsomgewingsna hierdierol. Sy insiginbeide genoteerde en private beleggingsektoreposisioneer homsterk om die groepsevolgende strategiesefaseaan te voer,”brei George Steyn,die voorsittervan dieKAL-groep, verderuit. Diegroep hetsydankbaarheid teen Walsh virsyjare lange leierskap en betekenisvollebydraesuitgespreek Sy termyn is gekenmerkdeurdie transformasievan dieKAL-groep van ’n landbougefokusde organisasie tot die gediversifiseerde leefstyl-kleinhandelaar wat ditvandag is.Hyhet ook’ndeurslaggewende rolindie groepsesuksesvolle notering op die Johannesburgse aandelebeurs(JSE) in 2017 gespeel.

Net voordat die somerson sy tasse pak om ander wêrelddele te besoek, is André Huysamen gereed om die laaste maand van die seisoen voluit te omhels met die vrystelling van sy splinternuwe enkelsnit, “Son, See en Soen.”
“Son, See en Soen” is ’n opregte viering van die Weskus van Suid-Afrika –’nplek wat Yzerfontein met trots sy tuistenoem. Die snitisdeur Tiaan Grundling vervaardig en dra al die eienskappe van ’n ware sokkietreffer.
“Hierdieliedjie het ongelooflik maklik en vinnig ontstaan,” vertel Huysamen.
“Ek het dele daarvan in die kar geskryf op die pad tussen Paternoster en Yzerfontein. Dis ’n huldeblyk aan al my gunstelingplekke aan die Weskus. Die produksie is gewis uit die boonste rakke
Briewe van ons lesers
Grundling het ’n ongelooflike oor vir watwerk en wat nie werk nie en ek vertrou hom volkome om lewe aanmy lirieke tegee. Ek konnie vir ’n beter vervaardiger gevra het nie.”
Met ’n nostalgiese klank, geïnspireer deur middel2000’s- Afrikaanse treffermakers soosFredi Nest en Ray Dylan, vang “Son,See en Soen” ’n tydperk vas toe Afrikaanse musiek ’n ware kulturele verskynsel was.
“Met alles wattans in die wêreld aangaan, het ons ’n grootglimlag nodig. Die lewe is kort en onvoorspelbaar; daarom moet ons dit elke dagvier saam metdie mense watons liefhet –nie net op verjaarsdaeofspesiale geleenthede nie. Die oomblik is nou.”
•“Son, See &Soen” is van Vrydag (13Februarie) af opalle digitale platforms beskikbaar.
Hiermee wil die Lions-klub van Malmesbury sy opregte dank uitspreekteenoor wyle Joseph Rinkwest en sy familie, nadathyinsytestament altesaam R20000 aan Malmesbury se Lions-klub bemaak het vir aanwending in hul projekte waar hulle ’n verskilmaak in die lewe van talle minder bevoorregte en behoeftigde mense in die groterMalmesbury-gebied.
Joseph Rinkwest was ’n
wonderlike voorbeeld van ’n menswat vir sy medemens omgee en ook bereid was om ’n grootbydrae telewer tot liefdadigheid in onsgemeenskap.
Die Lions-klub van Malmesbury onderneem om toe te sien dat die wense vanwylemnr JosephRinkwest in hierdie verband noukeurig uitgevoer word.
Lions-bestuur, ALMESBURY

Moorreesburg se sakekamer het hul jaar met ’n suksesvolle “power hour”afgeskop.
Fritz Els, die voorsitter, het lede en gaste diegeleentheid gegee om hulselfenhulleondernemings voor te stel.
Die geleentheid, watopDonderdag 5Februarie by dieDie Hut plaasgevind het, is gehou om lede meer oor diesakekamer se doelwitte te vertel Volgens Els is diedoel tweeledig, naamlik om ondernemings en besigheid na Moorreesburg te lok,maar ook om ’n
gunstige omgewing vir plaaslike sakelui te skep. Hy het bygevoeg dat talle gesprekke tans met eiendomsontwikkelaars gevoer word, maar dat baie faktore in ag geneem moet word voordat’nnuwe onderneming hom op die dorp kom vestig. Hy het ’n versoek aan lede gerig om die sakekamer in die proses te ondersteun en betrokke te raak.
Els het inwoners gedurende sy voorlegging ook aangemoedig om plaaslikeondernemings te ondersteun.



AfrikaansOppi Platteland 2026 was’ngroot sukses. Só vertel organiseerder Dirkie Gildenhuys. Die musiekfees –die grootste Afrikaanse musiekfees vir die hele gesinopdie platteland– is die afgelope naweek (Saterdag 7Februarie) op die Môreson-plaas buite Malmesbury gehou. Tussen 11 000 en 12 000 feesgangers het vanjaarnadie Swartland gestroom en na 22 musikantekom
luister. VolgensGildenhuyshet die fees verder geskiedenisgemaak deur dielangste kroeg van ’n hele 120m te huisves.Meer as 2000 mense hetgekamp, terwyl ’n verdere400 besoekers van die Glamping-fasiliteite gebruik gemaak het. “Alles hetbaiemooi verloop; ditwas ’n grootsukses en ’n pragtige dag.Almal hetnet ’n lekker tydjiemet geen klagtes nie gehad,” voeghydankbaar by.
’n Suksesvolle Swartland-laerskoleatletiek-byeenkoms het Saterdag (7Februarie) by die Malmesbury-
tartanbaan plaasgevind.Atletevan 22 laerskole het deelgeneem. Die Wes-Boland-atletiekbyeenkoms

vind eerskomende naweek op 14 Februarie ook by dié plaaslike tartanbaan en atletiekveld plaas.




AIBO AGRI ENGINEERING www.aibo.co.za
RED ANT AGRI ENGINEERING SOLUTIONS info@redantagri.co.za
MÔRESON GRONDVERSKUIWERS
www.moresongrondverskuiwers.co.za 023626 3044 / kantoor@moresongrond.co.za h/vKerk&Industriastr,Robertson,6705
ANTONIO’S ENGINEREBUILDERS
12 Boland Street, Daljosaphat, Paarl, 7646 Tel: 021862 6124 www.antonios.co.za




