

![]()


Familie,vriende en die plaaslike skoolgemeenskapvan Wesbank Sekondêr worstel steedsmet dieverlies van Ava Hendricks (16), ’n graad 10-leerder wat meer as ’n week gelede dood is.
Haar skielike dood is daardie Maandag deur die hoërskool op hul sosialemediablad bekendgemaak.Wesbank Sekondêr skryf: “Ditismet leedwysedat ons as skool aankondig dat een van ons leerders vanoggend (27 Julie) op ’n tragiese wyse
gesterfhet.Ons gebede gaan uit na Ava se ouers, diebreë familie, haar wye vriendekring asookalmalbyWesbank Sekondêr,wat deur haar sterfte geraak word.Mag Avasesiel in vrede rus.”
Ava, wathaar skool ondermeermet ywer opdie netbalbaanverteenwoordig het, seroudiens vind komende Woensdag om 19:00 in die skool se saal plaas, gevolg deur haarbegrafnis om 09:30 op 8Augustus by St.ThomasAnglikaanse Kerk. Diekerkdiens salvoorafgegaan word deur ’n besigtiging om 08:30.
’nWildsbok in die landeryevan die Swartland is al dikwels opgemerk en nie ’n rare verskynsel vir die streeknie.
Die kop van ’n dooie bok in ’n parkie waar kleuters baljaar, is wel ongewoon. ’n Raaiselagtige voorval het onlangs in ’n stil woonbuurt in Malmesbury afgespeel toe diekop van ’n Eland –een van die grootste spesies onder wildsbokke ter wêreld–die afgelope naweekdeurkleuters in ’n parkie gewaar is Frik de Beer, een van die inwoners wie se huis naby die parkie in die Tafelzicht-woonbuurt geleë is, vertel die bokkop het tussen bossies in die parkie

Die kopvan ’n Eland is in ’n parkie in Malmesbury ontdek.
gelê. De Beer, wat nie sommerdié plek besoek nie, behalwe wanneer hul kleinkinders kom kuier, se buurmense het hom oor die bokkop ingelig. Die betrokke ma’s was die naweek saam met hul kleuters in die parkie toe die kopmet horings en alontdek is. Volgenssybuurmense, wie se huise aan die parkie grens, het ’n slegtereuk in die lug gehang. De Beerhet dit toe op homself geneem omdie bokkop te laat verwyder.
“Ek het die munisipaliteit gebel en danksy flinkdiens is die kop teen die middagverwyder. Niemandweet hoedie kop daar beland het nie.”
Die provinsialepolisiewoordvoerder kapt. FC vanWyk het verlede week die voorval bevestig waartydens’n16-jarige voetganger aan veelvuldige beserings beswyk het kort nadatsyomstreeks 07:45 deur ’n voertuig op dieN7-snelweg getref is. Avahet glo die snelweg te voet oorgesteek toe’nminibus-taxi,wat skoolgaandeleerders vervoer het, haar getref het.
Die polisie ondersoek’nsaak van strafbare manslag nadatAva op dietoneel dood verklaaris.


’n Buitelandsesakeman in Malmesbury, HualongChan, is Saterdagaandomstreeks07:30 deurvier gewapende mans in Tuinstraat aangevalenberoof
’n Gewapende rooftoghet die afgelope Saterdag (1Augustus) in Malmesbury plaasgevind.Die slagoffer en sakeman Hualong Chan was saam met sy seun toe hy beroof is. Chan was besig om sy onderneming, die Koringaardrankwinkel, omstreeks 19:30 te sluit toe hulle deur vier gewapende mans oorval is. Volgensdie plaaslike polisiewoordvoerdersers. Henry du Randthet die pa en sy seun na hul motor in Tuinstraat gestaptoe onbekende mans hulle nader. “Een van hulle het’n vuurwapenuitgehaalenChan (44) oor diekop geslaan. Geen skote is afgevuur nie.”
Die verdagtes het te voet met ’n groot bedrag geld gevlug nadat hulle die slagoffer beroof het. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die Malmesbury-polisiekantoor

Op die beeldmateriaal vandie sekuriteitskringtelevisie kangesien word hoe die verdagtesvan die toneel vlug.
ondersoek ’n saak van roof Volgens Chan is die besering darem nie te ernstig nie en het hy die volgende dag na die Wesbank-kliniek gegaan vir hulp om die wond op sy kopskoon te maak ’n Sekuriteitswag het Chan op die toneel bygestaan. Die beeldmateriaal van die kringtelevisie is volgens Chan te swak en die vier mans konnie uitgeken word nie. Twee vuurwapens is volgens hom gebruik om die rooftog uit te voer.



Charlotte Lesch
’n Wetenskaptaaktussen twee leerders van die HoërskoolSwartland (HSS)baan die weg vir een van die provinsie se grootste en opwindendste bergfiets-byeenkomste onder skole. Dié bergfietsroete in Malmesburysal op 22 Augustus die eerste keer gasheer weesvir dievierdebeen van die Wes-Kaapse Skoleliga-bergfietsreeks.
Dié groter projek het sy ontstaan te danke aan Hendri Bothma en Waldi Weideman,beide vanjaarinGraad 10, watin 2025 die Bloekombos- en Driehoekpad-bewaringsgebiedvir hul Eskom Ekspo-projek begin ondersoek het. Hulle het vinnig opgemerkhoe erg die terrein besoedel is en dikwels as ’n skuilplek vir haweloses en misdadigersdien.
As ywerige bergfietsryers het dié twee leerders, wat toeingraad9 was, besluit om ’n langtermyn-verskil te maak.
Gedurende dieJunie-eksamenvan 2025 hethulle hul ekstra tydaan die opruim van diebosgebied en die bou van ’n paar spronge en ‘berms’ bestee om hul tegniese vaardighede te verbeter.Dit wasnie lank nie toe nog leerders by hulle aansluit Skielik het ’n klomp maatssaam begin bou. Vandag is dit nie vreemdom ’n klein tjokker met’ngraafoor die skouer en ’n hark onderdie arm bos toe te sien stap nie. Almal bou saam en geniet die baan, vertel HSS se spanbestuurder, Henk Bothma ROETEENSPANVORDERSAAM
Die ontwikkeling van die roetehet handaan handmet die groei van skool se bergfietsspan gegaan. HSS het in 2024 met slegs drie ryers begin. Teen 2025 hetdie span tot vyf ryers gegroei en vanjaar pronk die skoolmet ’n span van 46 entoesiastiese bergfietsryers

All Stars-status behaal het.
Vanjaar kan die span mettrots sê hulle beklee die 11de posisie uit 49 hoërskole, met die vyf beste ryers wat weer as All Stars aangewys is.
Die sukses van die bergfietsprogramhet op hul beurt die belangstellingvan oudleerders gelok, soos die Suid-Afrikaanse én professionele fietsryer Wynand Hofmeyr, wat in 2025 as afrigter betrokke geraak het.
Met nog tweeligarenne op 22 Augustus en 5Septemberisdie doelwit om vanjaar onder die 10 beste skole af te sluit en binne die volgende twee jaar onder die vyf bestes in die provinsie te wees.
Volgens Bothma het die groei van die bergfietsspan op sy beurt nuwe energie in die verdere ontwikkeling en uitbreiding van die roete geblaas. Hoe meer leerders begin ry het, hoemeer wou almal saam bou en die roete verbeter. Dit het ’n projek geword waarin die hele spantrots deel is.
Die baan het in 2025, gedurende die fietsryspan se interskole-ren teen Hugenote Hoërskool,aandag getrek en die terrein is met’nbesoek deur die organiseerders van die skoleliga (Western Cape Schools Cycling)beloon.
Die baanisaan die einde van 2025 amptelik as een van die liggings vir 2026 se Wes-Kaapse Skoleliga-bergfietsreeks gekies.
“Ons baan was suksesvol. Baie werk moes egter ingesit word om elke paadjie, hoekie, draai, jump, berm en bruggie perfek tekry,” voeg Bothma by.
NOGWERKINSKOOLVAKANSIEGEDOEN
Intensiewe aandag en moeite is gedurende vanjaar se Junie-skoolvakansie aandie baan gegee. Pa’senseuns het saam graaf gegooi eninstandhoudingswerk word deurlopend toegepas om dit op standaard te hou.
“Met wataanvanklik as ’n paar jumps in die bos begin het, het die terrein vandag
aan te bied. Die spanensybestuur hoop verder om die aandag van Cycling SA en WP te trek, en die baan raakgesien en erken salword om op ’n hoër tegniese vlak XCO-enXCC- renne aan te bied
“Ons wil nogmeer jongmense die geleentheid geeombergfiets te ry.Dit is ’n sport waar jy as individu groei en terselfdertyd leer om as ’n span saam te werk.”
Die skool sien daarna uitomnog kampioene op te lewer, soos dieoudleerders Johan Rabe,die eienaar van Bike Addict, en Hofmeyr.
Tweejongleerders se besluit om ’n besoedelde bos skoon te maak, het uiteindelik totdie verandering van hul skool se sportprogram gelei, maar ook ’n nuwe trots vir Malmesbury en die hele Swartland geskep Die BloekombosinMalmesburyisin2025met ywer skoongemaak.


Leerdersspring in en help om dieBloekombosopteruim en in ’n fietsrybaan om te skep









Diebeoogde sluiting van Premier Foods se Fruits Products Western Cape-aanleg (FPWC) in Tulbagh plaas sowat 3000 permanente en seisoenale werksgeleenthede by die aanleg, sowelasdie poste van plaaswerkers, in die gedrang.
Die VF Plus in die Wynlandsêin’n verklaring die partysekommeroor die beoogdesluiting vanFPWChet reeds tot dringende gesprekke om dieaanlegte red, gelei.
Luidens die verklaring hetdie betrokke onderneming voorheen aandie Rhodes Food Group behoort, maar is vroeër vanjaar deur Premier oorgeneem, wat dit sedertdien onder die naam FPWC bedryf. Appelkose, perskes en pere word hier verwerk.
Voor die oorname het RFGbeleggers reedsgewaarsku dat sy internasionale afdeling onder druk vanVSA-tariewe was.
Dit het die maatskappy se produkte
minder mededingend gemaak, terwyl ’n wêreldwye ooraanbod van sagtevrugte op pryse gedruk het, volgens ’n berig van Business Tech
UITVOERVOLUMESDAAL
Die maatskappy het gesê internasionale inkomste het gedurende die jaar tot September 2025 met7,9% gedaalnamate uitvoervolumes met 6,8% afgeneem het.
Hoewel die internasionale afdeling 19%van die algehele inkomstegegenereerhet, het dit die groep se swakste presterende segment geword.
Sowat 3000 permanente en seisoenale werksgeleenthede by die aanleg, sowel as die postevan plaaswerkers, is in gedrang.
Die party sê dié sluiting gaan nienet ’n wesenlike impak op die streek se ekonomie hê nie, maar ookopdie breë landbousektor in die Wes-Kaap.
Die VF Plus sê voorts die party het verneemdat skrywes rakende gesprekvoering wat spoedig sou plaas-
vind, op kort kennisgewing aan personeel gestuur is. Slegs’ndag later is reeds begin om toerustingvan die perseel te verwyder.
Volgens die party word die negatiewe impak van die sluiting vererger omdat ’n aanlegwat sap vir die uitvoermark voorberei, daarby ingesluit is.
“Om aan hierdie marktetevoorsien, is driejaarkontrakte metprodusente gesluit. Premier Foodshet egter aangedui hy saldié kontrakte nie nakom nie. In so ’n geval sal produsentereeds in die 2026-’27-seisoen met die vrugte opgeskeep sit.
“Dit volg daarop dat produsente honderde duisende rande aan voorbereiding van grondenboorde vir die opkomende oesbestee het juis om húlkant vandie kontrakte na te kom.Hulle gaan nou noodgedwonge sit metvrugtewat nie ingeneem kan word nie.”
NUWEMARKTENODIG
Die VF Plus sê na raming sal nuwe
markte vir 55 000 en 60 000 tonvrugte gevind moet word. Produsentesal in dié laat stadium vir die gelag moet betaal
Die partysêhyneem aksie op twee vlakke:“Eerstens is die eensydige en roekelose besluit onaanvaarbaar. Die partydring daarop aan dat gesprekke voortgaan, sonder ’n voorafbepaalde uiteinde van sluiting.
“Tweedens neem die partydie voortou om alternatiewe oplossings te vind om die bedryf van finansiële ondergang te red.
“’nOplossing, soortgelyk aan dieeen by Langeberg Foods, toe 2500 werksgeleenthede weens ’n moontlikesluiting in die gedrang was, is noodsaaklik. In daardie geval is die onderneming gered.”
Die VF Plus sê indien die sluiting voortgaan, sal die negatiewe gevolge nie net in Tulbagh se direkte omgewing gevoel word nie, maar selfs so verasdie Langeberg. Volgens die partydoen hy reeds sy uiterste bes om dit te voorkom.








