Skip to main content

Gazette-ST-Swartland-Gazette-E-edition - 28 July 2026

Page 1

Gazette Swartland

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

GRAT IS FREE

28 Julie 2026 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za


II

NUUS NEWS

Swartland | 28 Julie 2026


Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

28 Julie 2026 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za

KANOLATYD IS HIER: Kanolatyd in die Swartland het sy eie bekoring soos motoriste en dié wat die agterpaaie verkies, met goudgeel lande begroet word. Die plaaslike fotograaf Neil Geldenhuys het dié pragfoto Saterdagmiddag op ’n pretrit op die R44 buite Hermon met sonsondergang geneem.

GRAT IS FREE

Gazette Swartland

Verkrag-pa: Lewenslank

Charlotte Lesch

D

ie hofsaak van die pa wat sy drie biologiese dogters tussen die ouderdom van vier en ses jaar tot en met 12-jarige ouderdom seksueel voorberei en verkrag het, het Dinsdag (21 Julie) ná langer as vyf jaar in Malmesbury tot ’n einde gekom.

Die beskuldigde is op aanklagte een, twee en drie van verkragting telkens tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die vonnisse op aanklagte twee en drie sal saamloop met die vonnis op aanklag een, met die gevolg dat slegs een lewenslange tronkstraf uitgedien sal word. Die familie van die slagoffers het mekaar buite die Malmesbury-landdroshof omhels kort ná die vonnigoplegging van die pa, wat volgens regter Phakama

Vonnisse gelyktydig uitgedien

Madinda lewenslange trauma en onsigbare letsels deur sy dade veroorsaak het. Dit was volgens die regter belangrik vir die hof om ’n balans tussen die erns van die misdaad, die persoonlike omstandighede van die oortreder, die belange van die slagoffers en die belange van die gemeenskap en die samelewing met betrekking tot die vonnisoplegging te vind. Die beskuldigde het vroeër vanjaar op 20April by monde van sy prokureur berou getoon, sy dogters om vergifnis gevra, maar herhaal hoe hy self as kind gemolesteer is, intensiewe terapie ondergaan en niemand meer in sy lewe oorhet nie. Die hof het verder die aanbevelings rakende die rehabilitasieprogramme binne die korrektiewe sentrum deur die

sielkundige, die psigiater en die maatskaplike werker betrokke, oorweeg en met die vonnisgoplegging in ag geneem. “Hoewel die beskuldigde uit die samelewing verwyder sal word, sal hy ook behandeling ontvang. Daarom is die hof nie nalatig wat die beskuldigde se sielkundige en geestelike behoeftes betref nie. So baie soos wat die hof moet fokus op hoe die beskuldigde gehelp kan word, moet die slagoffers en die publiek in die algemeen in ag geneem word. In die verslae is aangedui dat die beskuldigde nie sy aksies kon beheer nie en ná die oortredings skuldig gevoel het oor sy dade. Hy het ten tyde die misdaad nodig gehad om sy drange te bevredig en slegs gevoelens of spyt nadat die dade gepleeg is, gekry.”

ka e r u E

“Die feit dat die beskuldigde ’n eerste oortreder is en skuld beken het, het die hof ’n uitgerekte verhoor gespaar en dit word gewoonlik as ’n sterk versagtende faktor gesien, wat tot ’n ligter vonnis kan lei. “Daarby gesê is dit die hof se verantwoordelikheid en plig om ’n vonnis op te lê wat nie negatiewe boodskappe na die gemeenskap, die publiek oor die algemeen en die samelewing daarbuite sal uitstuur nie.” Regter Madinda het verduidelik dit is daarom belangrik om die regte boodskap daar te stel – as jy die wet oortree, sal jy op ’n gepaste wyse gestraf word en só die publiek se vertroue in die howe herstel. “Daarom sal die hof nie ’n gevangenisstraf van korrektiewe toesig oorweeg nie. Niemand is bo die wet verhewe nie.” Na bladsy 2.

Bellville d r o o e Aftre

Kontak gerus vir Azille Visser of Kay Williams, Maatskaplike Werkers op azille@utilitas.co.za / kay@utilitas.co.za / www.utilitas.co.za of 021 946 1685 NM10063798-ST280726


2

NUUS NEWS

Swartland | 28 Julie 2026

Misdade word ondersoek Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FSC), ’n gespesialiseerde afdeling binne die Suid-Afrikaanse-polisiediens, het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings van sekuele teistering aan die lig gekom het. ’n Buitelander, wat by ’n plaaslike wegneemete-plek in Malmesbury werk, is Vrydagmiddag (24 Julie) op aanklagte van beweerde sekuele teistering op die perseel van die onderneming in hegtenis geneem. Volgens sers. Henry du Randt, ’n polisiewoordvoerder vir die omgewing en wat die inhegtenisneming bevestig het, sal die 30-jarige verdagte binnekort voor die landdroshof in Malmesbury verskyn. Bewerings dat dié verdagte werknemers glo by die betrokke onderneming sekueel teister en sekuele gunste in ruil vir die betaling van hul salaris afdwing, het Vrydag die rondes op sosiale media gedoen. Dié bewerings kon nie deur die polisie bevestig word nie. Intussen het geen verdere inhegtenisnemings nog gevolg nadat drie verdagtes in verband met ’n noodlottige skiet-

voorval, waarin Ralph Andrew Philander (57) en Riaan Henrico Goliath (41) dood is, in hegtenis geneem is nie. NOG BENDELEDE OOR SKIETGOED VAS Die polisie het sowat twee weke gelede twee tieners van 16 en 17 jaar oud vir die besit van twee vuurwapens in hegtenis geneem. Volgens Du Randt dui voorlopige ondersoeke daarop dat die jong verdagtes aan ’n mededingende bende behoort. “Die vuurwapens word voorlopig met onlangse skietvoorvalle tussen die betrokke bendes in die omgewing verbind.” Speurders het verder drie verdagtes van 25, 26 en 32 jaar oud in verband met die sinnelose moorde op 12 Julie in die vroeë oggendure, in hegtenis geneem. Agt mense is raakgeskiet, insluitend ’n baba van een jaar oud. Die polisie het intussen bevestig dié verdagtes word met ’n mededingende bende in die gebied verbind. “Die drie verdagtes het reeds in die Malmesbury-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn en sal tot hul volgende hofverskyning in aanhouding bly,” het Du Randt bygevoeg.

Wie ken sy familie? Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het ’n versoek om hulp aan die publiek gerig in ’n soektog na die familie van ’n betrokke pasiënt by die Sonstraal-hospitaal. Die pasiënt, bekend as Hendrik Gouws (54), is op 19 Junie by die hospitaal Van bladsy 1. Regter Madinda het benadruk dat die vonnisoplegging eerder as ’n waarskuwing vir soortgelyke seksuele oortreders moet dien as ’n gerusstelling dat hulle, as hulle aangekeer word, lig daarvan sal afkom. Die staat en verdediging het op 20 April vroeër vanjaar hul versagtende en verswarende argumente gelewer, het Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag gesê. Die drie slagoffers het die hof deur van middel van ’n impakverslag toegespreek, waartydens die langtermyn- emosionele en sielkundige gevolge, trauma en skade weens die beskuldigde (52) se dade aangehoor is. Die beskuldigde het op 17 November 2025 op al drie aanklagte van verkragting skuld beken. Al drie sy dogters was tydens die gebeure minderjarig. Regter Madinda het tydens die vonnisoplegging herhaal hoe die seksuele misdrywe, wat oor ’n tydperk van 12 jaar (2008-2020) plaasgevind het, die drie meisies se lewens tot in volwassenheid gevorm en lewenslange trauma veroor-

opgeneem. Sy laaste woonadres was in Malmesbury. Indien enigiemand meer inligting het, kan die maatskaplike werker, Winnifred Nicholas, by 021 860 2556 gebel word. Hendrik Gouw (54)

Die pa wat sy drie biologiese dogters seksueel voorberei en verkrag het, is Dinsdag (21 Julie) tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

saak het. Elkeen is volgens die pleitverduideliking tussen die ouderdom van vier en ses jaar tot en met 12-jarige ouderdom seksueel voorberei en verkrag. Volgens regter Madinda

het die hof gehoor hoe die pa “slegs liefde ontvang het” wanneer hulle seksuele omgang met hom gehad het. “Die kinders het ook nie ’n idee hoe om te vertrou nie. Sy een dogter sê die wandade teen haar is veroorsaak deur die man wat sy vertrou het as die man wat veronderstel was om sekuriteit te bied. “Daarom beslis die hof dat die belange van die slagoffers betrokke en die belange van die samelewing swaarder as die belange van die beskuldigde weeg.” Die seksuele misdrywe het onder meer in Malmesbury en Gansbaai plaasgevind. Die familie en betrokke partye het ’n sug van verligting geslaak toe die beskuldigde nie bloot onder korrektiewe toesig vrygelaat of ’n straf in die vorm van gemeenskapsdiens opgelê is nie. Die staat het vir direkte gevangenisstraf gepleit, voeg Ntabazalila by. Die beskuldigde kan om parool aansoek doen, hoewel parool slegs oorweeg kan word nadat die slagoffers en die families van die slagoffers geraadpleeg is en hul insette in ag geneem is.

This Weeks Specials OFFER VALID FROM 29 JULY - 2 AUGUST 2026. While Stocks Lasts. T&C's Apply - The picture of the product in the advertisement may differ to the one instore.

5KG CHICKEN FEET

1KG CHICKEN NECKS

5KG CHICKEN LEG ¼

1KG CHICKEN BREAST FILLET

4KG MIXED CHICKEN PORTIONS

R1425099 R109

R109 R5500 99

R109 R1299 99

R1995099 R109

R109 R4999 99

2.5KG VIS FABRIEK STEAKHOUSE CHIPS

1.8KG JUICY VALUE BURGERS

1.4KG MZANZI/THAI/MOROCCAN

1KG SUPREME NUGGETS

R109 R6500 99

R109 R6299 99

R109 R6299 99

R109 R5999 99

each

each

900G NATURES GARDEN CHIPS

R109 R2999 99 each

each

each

1KG VIS FABRIEK POTATO SMILEYS

R109 R4999 99 each

each

each

1KG VIS FABRIEK HASHBROWNS

R109 R4999 99 each

each

each

750G VIS FABRIEK ONION RINGS

R109 R4999 99 each

each

1KG SUPREME CHICKEN STRIPS

R109 R6399 99 each

750G VIS FABRIEK SWEET POTATO FRIES

R109 R4999 99 each

5KG CHICKEN THIGHS

R18999 R109 each

1KG CHICKENTIZER STRIPS

R109 R6399 99 each

3KG CHIPS

R109 R4999 99 each

SAMXXX-AL290726


NUUS NEWS

28 Julie 2026 | Swartland

Daaglikse mis nog lank ons voorland

CBD growth plan shared The Moorreesburg Business Chamber has reaffirmed its commitment to creating a thriving business environment while actively pursuing new investment opportunities to stimulate economic growth and job creation in the town. In it's half year report, chair Fritz Els said the chamber's primary focus remains on establishing and maintaining an environment where businesses can operate successfully while attracting much-needed investment from multinational companies, retailers, manufacturers and service-orientated organisations. “We have successfully formed informal partnerships with organisations that will help us reach these objectives and we are extremely thankful for the continuous engagement with these organisations,” said Els. A key priority has been improving safety and security. In partnership with Moorreesburg Urban and Rural Safety (M.U.R.S.) and the Swartland Municipality, the chamber continues to expand its CCTV camera network throughout the town. Els emphasised that maintaining strong communication with key stakeholders remains essential for supporting local businesses. The chamber also continues to market Moorreesburg as an attractive investment destination. According to Els, attracting investors is a long-term process requiring ongoing engagement, but he believes the town offers significant advantages for businesses and families alike. Several organisations and developers have already expressed interest in investing in the town. HIGHER LSM Property developers, in particular, are exploring opportunities to build housing aimed at the higher Living Standards Measure (LSM) market. The chamber has encouraged developers to make use of local contractors and labour, including bricklayers, electricians and plumbers, ensuring investment directly benefits the local economy. Els pointed to Imibala as an example of this approach after the organisation successfully transformed the former Commando building using local businesses and workers. The chamber is also awaiting the outcome of advanced negotiations surrounding a proposed industrial development, which could significantly boost the local economy and create new employment opportunities should the project proceed. Several commercial developments are already underway. Mr Price is nearing completion of its new store in Main Street opposite Pep, while Hungry Lion has commenced construction next to Nedbank. Clicks is also finalising plans to establish a branch in Moorreesburg. Discussions with Capitec regarding a possible branch in the town are continuing. The chamber is also exploring retail opportunities in Rosenhof after engaging

3

Charlotte Lesch Mr Price is nearing completion of its new store in Main Street, Moorreesburg.

with Usave, part of the Shoprite Group. Although the retailer identified strong potential, the lack of suitable premises with adequate parking and delivery access has delayed the project. Supporting local businesses through networking has remained another priority. As a result, the chamber plans to approach investors to develop new retail space capable of accommodating Usave and additional businesses. Following concerns over the possible closure of the local ABSA branch, the chamber engaged provincial leadership and bank representatives to explore ways of keeping the branch operational. According to Els, ABSA is investigating cost-saving measures while discussions continue. VANDALISM Protecting public infrastructure has also become a growing concern. Sporting facilities play an important role by hosting regional events that attract competitors, families and visitors who contribute to the local economy. However, repeated acts of vandalism have prompted the chamber to call for stronger measures. Plans have now been adopted to improve the protection of public infrastructure, with implementation expected to take place in phases as funding becomes available. The chamber has also launched an Estate Agent Forum, bringing together local estate agents to share feedback received from prospective buyers and identify opportunities to strengthen the town's marketing efforts. The forum will meet regularly to address issues affecting the property sector and monitor progress on identified priorities. Reflecting on the chamber's progress over the past six months, Els said its guiding slogan, "Together. Visible. Forward.", now includes a fourth principle: "Results-Driven.""Everything we do focuses on delivering meaningful results. Discussions and good intentions alone will not move us forward. Real progress comes from action and measurable outcomes." While acknowledging that significant progress has been made, Els said the chamber remains committed to maintaining momentum and achieving its objectives for the remainder of the year."We can be proud of what has been accomplished, but there is still much work to do as we continue building a stronger, safer and more prosperous Moorreesburg."

sluit die Weskus, die Stad Kaapstad en die Tuinroete in.

Die digte mis wat die Swartland, die Boland en omliggende gebiede in die Wes-Kaap vir die afgelope wintersmaande behoorlik omvou, word hoofsaaklik toegeskryf aan ’n gebrek aan kouefronte. Só verduidelik die meteoroloog en Vox Weather-aanbieder Annette Botha. Sy is dit eens dat vanjaar beslis een van die mistigste winters is wat tans in die Wes-Kaap ervaar word. “Die hoofrede is dat ons baie minder sterk kouefronte gehad het en baie fronte het óf heeltemal suid van die Kaap verbybeweeg óf net die kus liggies geraak,” verduidelik Botha. Sy meen sterk wind en reën, wat gewoonlik die vog uit die atmosfeer “skoonvee”, was grootliks afwesig. “Langs die Weskus vorm mis wanneer koel, vogtige lug oor die koue Benguelastroom beweeg. Die lug koel dan af tot by sy doupunt, waarna die waterdamp in fyn waterdruppels kondenseer en mis vorm. Met ligte winde en stabiele weerstoestande kan hierdie mis maklik teen die kus inbeweeg en selfs vroegaand vorm voordat dit oornag verdig,” verduidelik Botha verder. Botha sê daarom het inwoners van die Swartland die afgelope tyd gereeld mistige oggende én aande ervaar – “’n tipiese gevolg van die rustige winterweer wat ons vanjaar beleef het.” ‘NIE JUIS GOEIE NUUS NIE’ Sy voeg by dié rustige weerpatroon is nie juis goeie nuus nie. “Hoewel die mis baie vogtig lyk, dra dit min tot ons waterbronne by. Wat ons nou regtig nodig het, is nog sterk kouefronte, wat wydverspreide reën oor die Wes-Kaap bring om damme verder aan te vul en die winterreënseisoen ’n hupstoot te gee.” Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verduidelik op hul beurt die weerpatroon wyk gewis af van die tipiese normale en seisonale weerstoestande. “Gedurende hierdie tyd van die jaar is kouefronte gewoonlik die oorheersende weerstelsels wat die WesKaap beïnvloed. Sedert die begin van die winter het minder kouefronte die provinsie bereik as wat gewoonlik verwag sou word. In plaas daarvan het verskeie hoogdrukstelsels oorheers, wat gelei het tot bestendige atmosferiese weerstoestande soos ligte en veranderlike winde en die aanhoudende teenwoordigheid van laevlakvog. Hierdie hoogdrukstelsels is hoofsaaklik verantwoordelik vir die blokkering van die tipiese kouefrontstelsels wat die Wes-Kaap in die winter ervaar.” Soortgelyke mistige toestande word volgens die weerdiens in verskeie dele van die Wes-Kaap en nie slegs die Swartland en die Boland nie, ervaar. Dié gebiede

MISTOESTANDE NOG LANK HIER Die weerdiens sê verder die huidige weerstoestande wat gunstig is vir mis, sal na verwagting voortduur namate bestendige atmosferiese toestande, ligte winde en hoë voggehalte in die onderste luglae bly heers. “Dit is dus waarskynlik dat mis sal bly voorkom – veral gedurende die nag en die vroeë oggendure, met die moontlikheid dat dit op sommige plekke tot laat in die middag of vroegaand kan voortduur. Die deurgang van die volgende kouefront sal na verwagting atmosferiese vermenging bevorder en die huidige mistige weerstoestande laat verminder.” Die weerdiens meen dit is egter belangrik om daarop te let dat, sodra die front verbygetrek het, helder lug, ligte winde en hewige afkoeling gedurende die nag weer gunstige toestande vir die vorming van stralingsmis in die vroeë oggendure kan skep. Die weerdiens sê verder duidelike veranderinge het in die plaaslike weerpatrone voorgekom, wat na gunstige toestande vir mistige dae gelei het. “Die afname in kouefronte het gelei tot langdurige tydperke van bestendige atmosferiese weerstoestande, waarin hoëdrukstelsels al meer oorheersend oor die streek voorkom. Hierdie toestande gaan gepaard met ligte en veranderlike winde, hoë humiditeit naby die grond en temperatuuromkerings – faktore wat almal vertikale vermenging onderdruk en veroorsaak dat vog naby die oppervlak vasgevang bly.”

THINKING OF SELLING? LET’S MAKE YOUR NEXT MOVE YOUR BEST MOVE. Get a free, no-obligation assessment of your property and a complimentary comparative market analysis.

16 YEARS

OF REAL ESTATE EXPERIENCE

EXPERT MARKET KNOWLEDGE

PERSONALISED SERVICE

TRUSTED ADVICE. PROVEN RESULTS.

Karin du Toit

Full Status Property Practitioner Registered with the PPRA FFC 1139122 | Resident of Moorreesburg

YOUR PROPERTY JOURNEY. MY PRIORITY. Experience. Integrity. Excellence.

072 692 8949 karindt@realgroup.co.za www.realtorofexcellence.co.za

1st Cloud Based Real Estate Company in South Africa. Realtors across the Western Cape. Associated Realtors in Australia, America, London and Zurich. Leaders in using Technology in the marketing of Real Estate. NM10062189-ST280726

MALMESBURY Bokomoweg 30

WE SELL ONLY RSA PRODUCTS

Tel: 022 482 1511 • 022 482 3948

BULK SAVINGS

PERSIAN CARPERTS NEW IN MALMESBURY

VARS HOENDER FILLET (OOR TOONBANK)

Exclusive Specials on New Stock Arriving Every Month!

R

Persian Carpet & Kelim Specialists • Washing • Repairing • Fringing • Edging • Restoration

69

VARS BULK BRAAI HOENDER PORSIES (20 STUK)

R

95

/kg

R

Shop 36 De Zwartland Market, Corner of the N7 & Piketberg Street, Malmesbury 067 979 0974 shakhanaveed@gmail.com

4995

PORK KEBABS

CURRY/SWEET & SOUR

/kg

R

VARS 5-STUK BRAAIPAK

FRESH WHOLE BIRDS (GRILLERS)

Professional carpet care backed by decades of experience.

52

99

SIZZ LING HOT DEA L

/kg

KOM LOER GERUS IN!

R

7990

/kg

BES T DE AL

FROZEN MIX IQF BRAAI BEST QUALITY/VALUE PORTIONS

5699

R

/kg

12890 3 kg

Vars plaaslike hoender en rooivleis. Geen ingevoerde produkte

GROOT BESPARINGS - Geldig 28 Julie – 2 Augustus 2026. TERWYL VOORRAAD HOU.

NM10067096-ST280726

NM10067198-ST280726


4

NUUS NEWS

Swartland | 28 Julie 2026

Owl Orphange may be closing Noluvu Ludidi After eight years of rescuing and rehabilitating injured and orphaned wildlife, the Owl Orphanage in Velddrif may close its doors.

Die heerlike eenskottel-hoender.

Maklike eenskottel-hoender Hierdie eenvoudige eenskottel-hoenderresep is gerieflik en maklik om aanmekaar te slaan. Volg die resep hier: Bestanddele 8 hoenderdye 1 rooiui in ringe gesny 1 tamatie in ringe gesny Olyfolie Sout en peper 500 ml gaar Spekko-Basmati-rys (was en dreineer dit) 2 knoffelhuisies fyn gerasper 4 x 250 ml kookwater 5 ml paprika 15 ml Baharat (koop by Woolies) 30 ml dadelstroop of heuning (koop dadelstroop ook by Woolies) 50 ml tamatiepaste Gekapte pietersielie vir afronding Metode Stel die oond op 180 oC. Gooi 10 ml growwe sout op die bodem van jou pan.

Bedruip die pan met ’n dun lagie olyfolie. Pak die gesnyde rooiui en tamatie op die olyfolie. Skep die gedreineerde rys op die laag tamatieskywe en uie. Pak die hoender op die rys. Sout en peper na smaak. Sous: Meng die paprika, Baharat- en dadelstroop, tamatiepasta, fyn knoffel en 125 ml olyfolie saam. Roer nou jou kookwater by en meng goed. Skep lepels voel oor die hoender. Maak bakpapier nat en bedek die hoender met die nat bakpapier. Maak dan toe met tinfoelie sodat dit lekker kan stoom. Ná 90 min maak jy oop en laat die hoender in die oond verbruin. Rond af met gekapte pietersielie. • Bron: https://marindakook.co.za/ eenskottel-hoender/

SWARTLAND MUNISIPALITEIT KENNISGEWING 05/2026/20257 VOORGESTELDE HERSONERING VAN GEDEELTE 58 VAN PLAAS MISVERSTAND NO 333, AFDELING MALMESBURY Aansoeker:

CK Rumboll & Partners, PO Box 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845 Eienaar: Elani Waters Home Owners Association, P/A Pam Golding Property Management, PO Box 2398, Cape Town, 8000. Tel no. 0718729138 Email: johanbothaemail@gmail.com Verwysingsnommer: 15/3/3-15/Farm_333/58 Eiendomsbeskrywing: Gedeelte 58 van plaas Misverstand no 333, Afdeling Malmesbury Fisiese Adres: Misverstand oordontwikkeling, 10km oos van Koringberg

Volledige beskrywing van aansoek: Die aansoek om hersonering van gedeelte 58 van plaas Misverstand no 333, Afdeling Malmesbury, ingevolge artikel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat 'n gedeelte van plaas 333/58 (groot 2585m²) hersoneer word vanaf Oopruimtesone 2 na Residensiële sone 3 ten einde 'n area te skep vir die oprigting van bootmotorhuise. Kennis word hiermee gegee ingevolge artikel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury. Enige skriftelike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge artikel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos – swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 31 Augustus 2026 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die sluitingsdatum ontvang word weier. Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel.

Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY 7300

J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder

31 Julie 2026 NM10067385-ST280726

Founder Jacques Nel announced the difficult decision, describing it as the result of nearly 18 months of mounting financial pressure that has made it impossible to continue operating. “This is not a decision I made overnight,” Nel said. “For the past year and a half, I have been fighting to keep the centre alive, but the financial burden has simply become too much. "The rehabilitation centre, which serves the Cape Town, Swartland and West Coast regions, has become a lifeline for injured owls, raptors, blue cranes and other wild birds. However, Nel said the costs of operating a wildlife rehabilitation facility far exceed what many people realise. “People see the birds, but they don’t see the permits, paperwork, rescue vehicles, fuel, medical treatment, staff salaries and the countless hours spent raising funds instead of caring for wildlife,” he said. According to Nel, the centre’s operating costs range between R40 000 and R50 000 a month during the quieter months, while expenses during the breeding season can reach between R600 000 and R700 000. Despite extensive fundraising efforts, including appeals to local and international companies, email campaigns and social media drives, support has steadily declined. Nel said the centre has now stopped accepting new admissions because he can no longer guarantee that incoming birds will receive the care needed to complete their rehabilitation. The facility will continue caring for its current patients for the next one to two months while funds last. Two long-term patients will be trans-

The Owl Orphanage may be closing its doors.

ferred to Betty’s Bay, while birds currently undergoing soft release will be released where possible. Nel warned that the closure leaves a significant gap in wildlife care on the West Coast. “There is no nearby facility that can simply absorb the number of birds we handle. Without rehabilitation, many injured birds will either be euthanised, end up in inexperienced hands or enter the illegal pet trade.” He believes wildlife rehabilitation organisations receive far less support than domestic animal welfare groups despite playing a critical role in protecting biodiversity. During its eight years of operation, the Owl Orphanage has rehabilitated countless injured birds, established partnerships with conservation organisations and government departments, built two rehabilitation centres, launched the West Coast Seal Project and conducted environmental education programmes throughout the region. Although devastated by the closure, Nel says he has not given up on wildlife conservation. “If sustainable funding can be secured, I will continue. The environment is already under immense pressure, and without support for conservation organisations, we risk losing far more than people realise.”


NUUS NEWS

28 Julie 2026 | Swartland

5

Bergrivier-seuns op lewenspad gelei Die Bergrivier-munisipaliteit het in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad (Sanac) se mansafdeling en ander belanghebbendes sy eerste Seunsbyeenkoms (Boys Assembly) by Steynville Primêre Skool in Piketberg aangebied. Ongeveer 200 seuns van oor die Bergrivier- munisipale gebied heen het aan gesprekke oor maatskaplike uitdagings soos tienerswangerskappe, dwelm- en alkoholmisbruik, geslagsgeweld, jeugwerkloosheid, skoolverlating en bendegeweld deelgeneem. Die program het ten doel gehad om seuns toe te rus om gesonde besluite te neem, selfvertroue te bou en positiewe waardes te ontwikkel. Deelnemers is deur interaktiewe sessies en mentorskap aangemoedig om hul potensiaal te bereik en positiewe rolmodelle in hul gemeenskappe te wees. Die adjunkminister van verdediging, genl. Bantu Holomisa, het gesê te veel jongmense word slagoffers van bendegeweld, dwelm- en alkoholmisbruik en ook geslagsgeweld omdat hulle sonder hoop grootword.

Rolspelers van die Bergrivier-munisipaliteit, die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse nasionale VIGS-raad (Sanac) se mansafdeling, en verskeie ander belanghebbendes by die eerste Seuns-byeenkoms by Steynville Primêr in Piketberg.

“Hierdie uitdagings bepaal nie jou toekoms nie. Elke jong seun het die geleentheid om die regte keuses te maak. Dit begin met dissipline,” sê Holomisa. Die geleentheid is ook bygewoon deur koningin Rebecca Komo van die Namakoningshuis. Mario Wessels, die adjunk-burgemees-

ter van die Bergrivier-munisipaliteit, sê die toekoms van seuns begin by die huis. “Ouers, versorgers en gemeenskappe vervul ’n belangrike rol om jong mans groot te maak wat respekvol en verantwoordelik is. Programme soos hierdie help seuns om meer te leer oor positiewe manlikheid, leierskap, ver-

Leer nou om te begin geld spaar Weskussers word gedurende Spaargeldmaand in Julie aangemoedig om beter na hul geld om te sien deur eenvoudige spaargewoontes aan te leer en slim finansiële besluite te neem. Met die koste van kos, vervoer en ander huishoudelike uitgawes wat aanhou styg, kan selfs ’n klein bedrag wat gereeld gespaar word, help wanneer onverwagte uitgawes opduik. Dr. Ivan Meyer, die WesKaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, sê kennis oor geldsake help mense om beter besluite te neem. “Finansiële geletterdheid help verbruikers om ingeligte besluite te neem. Wanneer mense verstaan hoe om te begroot, skuld verantwoordelik te hanteer en vir die toekoms te spaar, kan hulle hul finansies beter bestuur en hulself teen moeilike tye beskerm,” het hy beklemtoon. Baie Suid-Afrikaners sukkel om geld opsy te sit en het nie genoeg spaargeld vir noodgevalle soos mediese kostes, verlies aan inkomste of onverwagte rekeninge nie. Inwoners word aangemoedig om:

antwoordelike burgerskap en gesonde lewenskeuses.” Die munisipaliteit het sy waardering teenoor al die vennote en fasiliteerders wat tot die sukses van die eerste Boys Assembly bygedra het, uitgespreek en sien daarna uit om soortgelyke inisiatiewe voort te sit.

KI-opleiding in Afrikaans lok baie Letitia Van Zyl-Schultz

Spaar moet ‘n lewenswyse word. Foto: Towfiqu Barbhuiya | Unsplash

• ’n eenvoudige begroting vir elke maand op te stel; • ’n klein bedrag geld gereeld te spaar – al is dit net ’n paar rand; • ’n noodfonds vir moeilike tye op te stel en eenkant te hou. • onnodige skuld en impulsiewe aankope te vermy; en • meer oor geldbestuur te leer. Spaar gaan nie net oor hoeveel geld iemand verdien nie, maar ook oor hoe geld bestuur word. Deur klein veranderings aan te bring, kan gesinne meer finansiële sekerheid en minder stres oor geld ervaar. Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer help inwoners

met inligting oor hul regte, hoe om finansiële swendelary te vermy en hoe om beter besluite oor geld te neem. Hierdie Spaargeldmaand word inwoners aangemoedig om een stap te neem om hul finansiële toekoms te verbeter, soos om ’n begroting op te stel en streng daarvolgens te werk, onnodige uitgawes te sny of ’n klein bedrag elke maand te begin spaar. “Spaar is nie ’n bedrag nie; dit is ’n gewoonte.” • Die Wes-Kaapse regering sê hy bly verbind tot die bemagtiging van inwoners deur finansiële opvoeding en verbruikersbeskerming.

Helpende Hand se Wes-Kaapstreek het op 7 Julie aanlyn opleiding in Kunsmatige Intelligensie (KI) as deel van ’n geldinsamelingsinisiatief aangebied. Altesaam 100 deelnemers het die Afrikaanse kursus, aangebied deur Debbie Laubscher van iSimplifi Computers, bygewoon. Die opleiding was gemik op mense met ’n basiese kennis van KI en wat hul vaardighede verder wou ontwikkel en leer hoe om die tegnologie meer doeltreffend in hul werk, sakeonderneming en alledaagse lewe toe te pas. Die feit dat die kursus volledig in Afrikaans aangebied is, het deelnemers die geleentheid gebied om komplekse konsepte makliker te verstaan en prakties toe te pas. ’n Meningspeiling voor die opleiding, waaraan 38 deelnemers deelgeneem het, het getoon dat die meeste reeds KI gebruik. ChatGPT was die gewildste platform, gevolg deur Microsoft Copilot, Gemini, Meta AI, Canva, Claude, Grok, DALL-E

en Perplexity. Slegs ’n paar het aangedui hulle het min of geen ervaring met KI nie. Die opname het gewys dat deelnemers KI byna ewe veel op selfone as op rekenaars gebruik, wat daarop dui dat die tegnologie reeds deel van hul daaglikse werk- en persoonlike lewe is. Hoewel die meeste reeds met KI vertroud is, bestaan ’n duidelike behoefte aan praktiese opleiding wat op gevorderde gebruik en werklike toepassings fokus. Volgens Alisha de Lange, streekbestuurder van Helpende Hand Wes-Kaap, was die terugvoer uiters positief en wys dit op ’n duidelike behoefte in die gemeenskap vir toeganklike, praktiese KI-opleiding. “Mense wil nie net weet wat KI is nie, maar hoe hulle dit verantwoordelik en doeltreffend kan gebruik om hul werk, ondernemings en daaglikse take te verbeter. Die feit dat die opleiding in Afrikaans aangebied is, het dit vir baie deelnemers nog meer waardevol gemaak.” • Nog inligting: stuur e-pos aan alisha@helpendehand.co.za.

E C N 1-2 AUGUST A H C LAST OR SKIP THE QUEUE

REGISTRATION WEEKEND:

TO REGISTER TO

VOTE

AND REGISTER

ONLINE NOW! CHECK.DA.ORG.ZA

ISSUED AND PRINTED BY ASHOR SARUPEN, DA FEDERAL HEAD OFFICE, GARDENS, CAPE TOWN

060 014 0305


6

CLASSIFIEDS GEKLASSIFISEERD

Swartland | 28 Julie 2026

Gazette Kontak ons vir advertensies en nuus

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei. Advertensies Loraine Malan T: 022 4824669 S: 071 4929797 E: loraine.malan@novusmedia.co.za Geklassifiseerde advertensies Jaydene Sampson S: 071 434 7583 E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za Redakteur Maryke Swart T: 022 713 1066 E: maryke.swart@novusmedia.co.za Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za WhatsApp: 066 290 6512 Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

OMBUDSMAN Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za. Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

SWARTLAND MUNISIPALITEIT KENNISGEWING 06/2026/2027 VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN ERF 1237, RIEBEEK KASTEEL Aansoeker:

CK Rumboll & Partners, PO Box 211, Malmesbury, 7299. Tel no. 022-4821845 Eienaar: Johan Vlok Familietrust, Posbus 8, Riebeek Kasteel, 7307. Tel no. 0224481433 Verwysingsnommer: 15/3/3-11/Erf_1237 15/3/6-11/Erf_1237 Eiendomsbeskrywing: Erf 1237, Riebeek Kasteel Fisiese Adres: Geleë tussen Van Riebeeck-, Park-, Kloof- en Merlotstrate, Riebeek Kasteel Volledige beskrywing van aansoek: Die aansoek om hersonering van Erf 1237, Riebeek Kasteel, ingevolge artikel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 1237 (groot 1,4266ha) hersoneer word vanaf Residensiële sone 1 na Onderverdelingsgebied ten einde voorsiening te maak vir die volgende grondgebruike, naamlik: Residensiële sone 1 (groot 11687m² en Vervoersone 2 (groot 2579m²). Die aansoek om onderverdeling van Erf 1237, Riebeek Kasteel, ingevolge artikel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 1237 (groot 1,4266ha) onderverdeel word in 16 Residensiële sone 1 erwe (groot 655m² tot 797m²) en 'n gedeelte pad (groot 2579m²). Kennis word hiermee gegee ingevolge artikel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury. Enige skriftelike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge artikel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos – swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 31 Augustus 2026 om 17:00. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die sluitingsdatum ontvang word weier. Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaar bygestaan word om hulle kommentaar op skrif te stel. J J SCHOLTZ Munisipale Bestuurder Munisipale Kantoor Kerkstraat 1 MALMESBURY 7300 31 Julie 2026 NM10067386-ST280726


NUUS NEWS

28 Julie 2026 | Swartland

7

Klublede rol die toekennings los Die Malmesbury-rolbalklub se jaarlikse prysuitdeling is die afgelope Donderdagaand (23 Julie) met verskeie prestasies onder klublede gevier. Elana de Villiers het as (enkel)beginner onder die vrouespelers beïndruk en dié seisoen met die loure weggestap, terwyl Colin McPherson as die uitblinker onder die mansbeginners aangewys is. Die titel vir die mans-tweebalenkelspel-kampioen onder die lede van die Malmesbury-rolbalklub is deur die ervare Daniël Griebenauw gewen. Dawie Horn, Lodewyk Lesch en Elana de Villiers pronk op hul beurt as die gemengde driespel-kampioene. Die voormalige klubpresident Roux

Vermeulen en sy spanmaat, Elrika Lesch, is aangewys as die wenners onder die klub se gemengde pare, terwyl Roux Vermeulen saam met Cobus Vermeulen as die wenners onder manspare presteer het. Welma Fouché en Mia Willemse is met hul vernuf op die grasblad as die kampioenspan onder die vrouepare aangewys, terwyl Willemse ook as die tweebal-enkelspelkampioen onder die vroue uitgeblink het. Roux Vermeulen, Kobus Groenewald, Helena du Toit en Lodewyk Lesch is as die vierspel-kampioene vir die seisoen aangewys. Die groot trofeewenners vir die aand was Lizelle McPherson, wat as die vroue-enkel-ope-kampioen aangewys is. Roux Vermeulen het op sy beurt as die mans-enkel-ope-kampioen weggestap.

Die Malmesbury-rolbalklub se mans- en vrou-enkel-ope-kampioene vir vanjaar se seisoen is Roux Vermeulen en Lizelle McPherson.

Roux Vermeulen en Cobus Vermeulen is as die wenners in die afdeling vir manspare aangewys.

Die Malmesbury-rolbalklub se Vierspel-kampioene is, van links: Kobus Groenewald, Helena du Toit, Roux Vermeulen en Lodewyk Lesch. Die lede van die Malmesbury-rolbalklub het gedurende die prysuitdelingseremonie op 23 Julie splinternuwe hemde danksy plaaslike borge ontvang. Van links staan Daniel Prins van Chery Malmesbury, Jeffrey Petersen (klubpresident), Elana de Villiers (klublid) en Simon Hugo en Abie Lewis van Suzuki.

Roux Vermeulen en Elrika Lesch stap weg as die wenners onder die gemengde pare. Welma Fouché en Mia Willemse (afwesig) is as die plaaslike rolbalklub in Malmesbury se wenners onder die vrouepare aangewys. Willemse blink ook uit as die vroue-tweebal-enkelspel-kampioen.

Dawie Horn (afwesig), Elana de Villiers en Lodewyk Lesch is as die plaaslike rolbalklub se kampioene in die gemengde driespel aangewys. De Villiers pronk ook as die wenner onder die beginners vir vrouespelers (Novice).

Colin McPherson is aangewys as die plaaslike rolbalklub se wenner onder die beginners vir mans (Novice).

Nog plaaslike sakeondernemings het tot die borg van die Malmesbury-rolbalklub se splinternuwe hemde bygedra. Van links staan Emile Vercuil van William Koch-prokureurs, Jan Brits (klublid), Leani van der Merwe van Top Eiendomme, Lodewyk Lesch (klublid) en Johan Hugo van Flynet.


Swartland Gazette

NM10067445-ST280726

28 Julie 2 0 2 6

Sport

Kontak

Loraine Malan vir advertensies.

071 492 9797 loraine.malan@novusmedia.co.za NM10064698-ST070726

Agteros ook in die kraal David Rossouw

A

bbotsdale en Mamre het die afgelope Saterdag (25Julie) goeie tuisoorwinnings van 39-18 teen Villagers Wittewater en 36-19 teen Porterville behaal.

Beide spanne het strawwe teenstand van hul besoekers ontvang, wat eers in die laaste 20 minute die wedstryd die skaal in hul guns geswaai het. Met die oorwinnings het Abbotsdale en Mamre een posisie opgeskuif. Nog ’n klipharde stryd wag egter Saterdag (1Augustus) in Porterville en in Saron vir hulle. Porterville, wat die tweede plek op die punteleer beklee het, het hom teen Mamre vasgeloop, wat nog nie ’n wedstryd in die tweede ronde verloor het nie. Hoewel Porterville se agttal uit die staanspoor sy krag met sy vaskop getoon en die tuisspan benoud gehad het, het swak oordeel die span in die steek gelaat. Goeie verdediging deur Bradwin Johnson, Anzo Stubbs, Dillon Oppelt en Edwill Okkers het Porterville in hul spore gestuit toe dit lyk of hulle eerste bloed gaan ruik. Mamre het Porterville se druk van die eerste paar minute weerstaan en so ook Kian Adams se komkommerkoel diens aan Bradwin Johnson. Roual Stubbs se goeie tydsberekening het ’n Porterville-aangee teen die kantlyn goed gelees en onderskep om ná ’n 45m-naelloop onder die pale af te rond. Okkers se skop was goed en Mamre was 7-0 voor. Porterville se swaar pak voorspelers het Mamre weer in die vasteskrum getoets, wat tot Calton Esbagh se geelkaart gelei het en sy speeltyd met 10 minute in die koelkamer verkort het. OKKERS REG MET SKOPSKOENE EN VANGHANDE Portervile het die situasie uitgebuit en gaan druk ná goeie spel tussen die voor- en agterspelers, wat die telling 7-7 gelykop gebring het. Hoewel Porterville se voorspelers voorlangs die oorhand gehad het, het Okkers se vernuf uit die heelagterposisie die hoë balle wat op hom geskop is, in teenaanvalle omgeskep, wat tot Austin Apollis se pragdrie onder die pale gelei het. Okkers was weer in die kol met die doelskop en die telling het tot 14-7 gegroei. Die veteraan Gerwin Philander het weer

Tellings swaai eers in laaste 20 minute

Bradwin Johnson op die aanval vir Mamre in ’n Grootuitdaagbekerstryd teen Porterville op die Mamre-sportterrein die afgelope Saterdag. Foto: David Rossouw

eens Mamre se dissipline onder die loep laat kom toe hy twee minute voor rustyd ’n geelkaart gekry het. Howel Porterville verwoed aanvalle afgestuur het, kon hy nie daarin slaag om Mamre se verdediging te deurboor nie en moes hy tevrede wees met ’n agterstand van 7-14 teen rustyd. ’n Derde geelkaart aan Mamre het ’n noodsein uitgestuur toe Kian Adams vir 10 minute gaan afkoel het. Porterville het weer eens die situasie uitgebuit en onmiddelik met ’n drie toegeslaan, wat verdoel is om die telling 14 elk te maak. Bradwin Prins het weer eens sy ervaring en spoed uitgestal toe hy Mamre se derde drie gedruk het, wat Okkers verdoel het (telling 21-14). Hoewel Mamre se algemene spel verbeter het, was sy dissipline nie na wense nie. Porterville het dit uitgebuit en

’n onverdoelde drie aangeteken om die gaping tot 21-19 te laat krimp. BONUSDRIE Okkers het weer eens sy ervaring en veelsydigheid getoon toe hy die bonusdrie ná goeie agterlynspel deur Mamre gedruk en die telling na 26-19 gelig het. Mamre se spel het met rasse skrede verbeter en Okkers het nog ’n strafdoel oorgeklits, maar ’n vierde geelkaart vir die plaasvervanger Adrian Groepies het net weer gewys Mamre sal drasties moet verbeter. Mamre het in die laaste minuut van die wedstryd weer eens sy peil gewys toe die opwindende Bradwin Johnson ná goeie bewegings deur die agterlyn van links na regs en weer van regs na links in die linkerkantse hoek oorduik vir ’n pragtige

drie. Okkers se puik doelskop uit die hoek het die wedstryd met 36-19 vir Mamre beklink. Hoewel Mamre se verdediging en algemene spel in die laaste twee wedstryde baie goed was, sal die afrigter Kenny Stadler gou wees om te erken dat sy span se dissipline drasties sal moet verbeter. Uitslae – 25 Julie Mamre 36-19 Porterville, Abbotsdale 39-18 Villagers Wittewater, Wesbank 46-26 Never Despair, Good Hopes 42-10 Koringberg, Moorreesburg 24-41 Darling, Riebeek United 19-22 Saron Wedstrydbepalings – 1 Augustus Villagers Wittewater t. Wesbank, Porterville t. Abbotsdale, Saron t. Mamre, Moorreesburg t. Good Hopes, Never Despair t. Riebeeck United en Darling t. Koringberg


28 Julie 2026 | Swartland

NUUS NEWS

III


Swartland

GRAT IS FREE

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

28 Julie 2026 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-Swartland-Gazette-E-edition - 28 July 2026 by Novus Media - Issuu