

![]()


’n Skare van ongeveer 350inwoners uit Illingelethu,Malmesbury, het Donderdag (25Junie) aan’nwettige optog oor onwettige immigrante in die plaaslike gemeenskap deelgeneem.
Driegriefskrifte is omstreeks 12:00 daardie dag voor dieplaaslike polisiekantoor vreedsaam aan verteenwoordigers van die polisie, die departement van binnelandse sakeenmunisipale wetstoepassingoorhandig
Twee mense is aan die begin van die betoging in hegtenisgeneem nadat ’n groepjong mense van onderskeidelik Illingelethu en Saamstaan na bewering verrigtingeontwrig het deur verskeie Spaza-winkels ooptebreekenteplun-
der. Ledevan die polisie,munisipale wetstoepassing en verwante owerhede het spoedigingetree en die plunderaars stopgesit Hulgriewe sluit ondermeer’nberoep op die betrokke staatsinstellings in om binne hulmandaatoptetree, onwettige buitelanders in hegtenis te neem,voor diehof te bring en gevolglik te deporteer. Volgens sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder vir die Malmesburypolisie,isdie verrigtingevir die duur vandie optog gemonitoromverdere voorvalle te voorkomenopenbare orde teverseker.
Twee verdagtesvan 19 en 37, wat by die plundery betrokke was, is vir huisbraak en diefstal in hegtenis geneem

Lede vandie Moorreesburg-polisiekantoor konst.Nevelic Zimri, sers.WentzelPieterse en sers. Johnwon Rayners het op Vrydag,26Junie in samewerking met beamptes vandie plaaslikemunisipalewetstoepassinsgdiensteArthur Adonis, JeromeJohnson en Tembalani Kotsana, verskeie verdagtesvir die besitvan onwettigedwelms gearresteer.
Verdagtes wat vermoedelik in die besit van onwettige dwelms is, is die afgelopeVrydag (26 Junie) deur ledevan die Moorreesburg-polisie en wetstoepassingsbeamptes in hul voertuig op die N7-snelweg voorgekeer.
Volgens AO Nicolette Visagie, ’n woordvoerdervir die plaaslike polisie, was die verdagtesglo vanKaapstad na Graafwateronderweg.
Vier verdagtes is by nadere ondersoek in hegtenis geneem nadat vasgestel is dwelms is inwendig deurdie verdagtes versteek Die verdagtes vantussen 30 en44jaar oud is kort daarnanadie plaaslikehospitaal geneemomdie dwelmsteverwyder.
Dagga met ’n straatwaardevan R41850 is uiteindelikverwyder.
Die verdagtes sou gister (Maandag 29Junie) in die Moorreesburg-landdroshof op aanklag van die besit vandwelmsverskyn.

Verdagtesisdie afgelope Vrydag in die omgewing vanMoorreesburgvir dieonwettigebesit van dwelms aangekeer
Tweemense is dood en ’n derdeissteeds in ’n kritieke toestand nadat vermeende bendegeweld die afgelopeWoensdagoggend (24Junie) vroeg in Malmesbury uitgebreek het.
Vyf mense is in dieskietery beseer, van wie twee slagoffers reedsaan hul beseringsbeswyk het.Dit hetlater aan die lig gekom dat vier onbekende vermeende bendelede vir die skietery verantwoordelikwas.
Die voorval hetomstreeks 09:00 in Tintinkiestraat in Wesbank, Malmesbury, plaasgevind en tot’ngrusame misdaadtoneel gelei.
Die verdagtes het volgens ooggetuies met ’n wit Volkswagen-voertuig van die toneelafgevlug en is steeds soek. Die oorledenes se families het intussenhul liggame uitgeken en elkeenseidentiteit bevestig.Ralph Philander (57) en Riaan Henrico Goliath(41) is op die toneel deur

Ongeveer 350 lede uitdie plaaslikegemeenskapIllingelethuhet Donderdag(25Junie)aan ’n vreedsame betoging oor onwettigeimmigranteinhul tuisdorp deelgeneem. Foto:Golden VoiceMedia/Facebook
nooddienspersoneel doodverklaar. Philander wasvolgens die amptelike polisieverklaring glodie leier vandie Mongrel-bende. Die polisie kanindié stadium vandie ondersoek nie bevestigof Goliath wel’nbendelid vandie betrokke bende ofslegs’nonskuldigeomstanderwas nie. ’n 54-jarige is steeds in ’n kritieke toestand in die Swartland-hospitaalnadat die slagoffer metverskeie skietwondeindie kopaangetref is. ’n 26-jarige slagoffer is metskietwonde in die rug en bobeen na die Tygerberg-hospitaalgeneem Verskeiepatroondoppies is op die toneelgevind en deur lede vandie polisie verwyder.Die teenbende-eenheid (AGU) was op die toneel en sal voortaan by dieondersoek betrokke wees. Geweld tussen bendelede vandie Americansendie Mongrels word vermoed, voeg die polisie by

Innovation, entrepreneurship and regional collaboration took centre stage when Swartland Tourism hosted its inaugural Trailblazers and TastemakersSummit at Meerhof Wine Estate on Friday (26 June).
The event brought together entrepreneurs, innovators, tourism leaders andbusiness professionals fromthe Swartland, Stellenbosch, Paarl, Wellington and Tulbagh regions to share ideas, build connections andexplore opportunities forbusiness growth.
Conceived as aplatform to inspire innovation andshowcase businessesshaping the future of their industries, the summit featured aprogrammeofkeynote speakers, case studies and networkingsessions covering topics such as entrepreneurship, leadership, artificial intelligence, branding and technology. Among thespeakers was Dr Doris Viljoen, who discussed strategies for future-proofing businesses in afast-changing world.
Technology expert David Kaye demonstrated practicalapplicationsofartificial intelligence in business, whileacclaimed Swartland winemaker Andrea Mullineuxshared insights from the wine industry. Michael Meyer, founder of Stillwater Sports, also addressed delegates, drawingonhis experience of developing some of South Africa's

most successful sporting events.
Adedicated Tastemakers session explored the role of creativity, designand branding in building sustainable businesses. Ben-Carl Havemann, headofthe Kamers/Makersplatform, spoke about the importanceofcurated exhibitions and market access inhelping entrepreneurs expand theirbrands and reach new customers.
SHEEPTOSHOP
StefanGerber, founder of Gerber&Co, shared the story behind his business, which transforms locally sourced sheepskins into premium textiles

and lifestyle products. His"Sheep to Shop" business model highlighted howinnovation, craftsmanship and storytelling canadd valuetotraditional industries. Thesummit concluded with a"From Passion to Brand" session, where entre-

preneursbehind Darling Sweet, Growing Paper and Cork and Collarreflected on their journeys of turning ideas intosuccessful brands. They spoke about overcoming challenges, building authentic businesses and creating products that resonate with
consumers. Swartland Tourism said the inaugural summit was designed to foster collaboration across the region while equipping entrepreneurs and business owners with practical knowledge and inspiration to strengthen theirenterprises.

Huisvan Heerde se derde spogaand was onlangs ’n besonderehoogtepunt op die plaaslike sosialekalender en het weer eens gewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap vir ’n groter doel saamstaan.
Die geleentheid is by die unieke en pragtige venue Die Stoor aangebied, wat die ideale atmosfeer vir ’naand van samesyn, vermaak en betekenisvolle ondersteuning aan Huis van Heerdese werk geskep het.
Een van die mees betekenisvolleoomblikke van die aand was die geleentheid om terug te kyk op Huis van Heerdese groei en ontwikkeling oor die afgelope paar jaar.
Gaste is ingelig oor die vordering wat sedert 2020 gemaak is, asook die onderskeie projekte en verbeteringswat met die steun van die gemeenskap, skenkers en vennote moontlikgemaak is.
Die merkwaardigeprestasies van die kindersinHuis van Heerdesesorgis met groot trots gedeel–’ninspirerende herinneringaan wat bereikkan word wanneerkinders die liefde, steun en geleenthede ontvang wat hulleverdien.
Die aandisverder verrykdeur’ninspirerende boodskap van die gasspreker, die minister Anton Bredell, wat die belangrikheidvan gemeenskapsbetrokkenheid en samewerkingbeklemtoon het. Virvermaak het Wynand en Cheree,
wie se optredes totdie feestelikeatmosfeer bygedra en groot waardering van diegehoor ontvang het, puik vermaak gebied.Gaste het heerlik aandie uitstekendegeregte, watdeur WilindaHanekom voorberei is en die aand se ervaring verder afgerond het, gesmul.
Eenvan die hoogtepunte vandie aandwas die veiling,wat buitengewone ondersteuning geniet het. Danksy die vrygewigheidvan gaste, skenkers en ondersteuners is ongeveer R120000 ten bate van Huis vanHeerdeendie kinders in hul sorgingesamel.
Volgens Fredalaine Harmse, die bemarker van Huis vanHeerde, sou die sukses vandie aand nie moontlik gewees het sonderdie betrokkenheid en oopharte vandie gemeenskap nie.
“Onswil opregdankiesêaan elke gas wat die aand bygewoon het, elke skenker wat bygedrahet en elke mens watopenige manier deel vanhierdie geleentheid was.Jul ondersteuningmaak ’n werklike verskilindie lewe vanons kinders en stel ons in staat om aan’nveiligeen hoopvolletoekoms vir elkeen van hulle voorttebou,” het sy gesê
“Huisvan Heerde spreeksyopregte dank en waardering uit teenoor almal watbygedrahet om die aand so ’n groot suksestemaak.Die organisasie sien daarna uitomsaammet die gemeenskap aan ’n beter toekoms vir die kinders in onssorgvoort te bou.”


(1)Service Deliveryand BudgetImplementation Plan (SDBIP) 2026/2027
(2)Performance agreements of theMunicipal Manager anddirectors 2026/2027
NOTICE IS HEREBYGIVEN in terms of Sec�ons 53 and 54 of the Local Government: MunicipalFinance ManagementAct 2003 (Act 56 of 2003) thatthe followingdocumentsare availabletothe public for inspec�on at the municipal head office in Malmesbury andonthe municipalwebsite (www.swartland.org.za)
•Servicedeliveryandbudgetimplementa�onplanforthe2026/2027financialyear
•PerformanceagreementsoftheMunicipalManageranddirectorsforthe2026/2027financialyear
Persons who cannotreadorwrite maycontact Ms Nicole eBrand during normal office hoursatthe municipal head office in Malmesbury forassistance regardingthe contents of the above-men�oned documents.
Enquiries canbeaddressedtoOliviaFransman(FransmanO@swartland.org.za)
JJ SCHOLTZ MUNICIPAL MANAGER

Die Swartland-fotografieklub hetsy mees onlangse byeenkoms op 11 Juniein Piketberg aangebied.
Hoewel die bibberweer tot ’n lae bywoningsyfer gelei het, wasdie aand steeds gevul metwarm geselskap en ongelooflike mooi foto’s. Inskrywingsvan altesaam 67 digitale foto’s is deur Alida Heine (Somerset-Wes) beoordeel, terwyl Soreen Gouws(Piketberg)ingestaanhet om die gedrukte foto’stebeoordeel.
Die temavir die aandwas “hoë-tonale/ beligtingsfotografie” of,soos dit in Engels bekendstaan, “High key”,enisas’n lekker uitdaging vir die lede beskou
Die foto watdie beste gevaar het, was “KgalagadiinHiKey” deur Desere Coetzer (Paarl).
Die selfoonafdeling is gewen deur Antoinette Muller (Aurora) methaar
inskrywing “VelddrifsLifeline”. Mullerhet ookdie afdeling virgedrukte foto’s gewen met: “Eyes thatknow”. In diemonokroom-afdeling was Ciszanne Horn (Langebaan) diewenner met“Wild Rivalry” Sy hetook diesenior afdeling gewen metdie foto “Observing the Savanah” Dieaandhet egter behoortaan Eric Horn (Langebaan) wat metsyinskrywing “Monkey see” as wennervan die ope-afdeling,junior afdeling sowelasdie algehele wennergeseëvier het. Dieklubisopgewonde oordie komende multi-disiplinêre werksessie wat na verwagting op 25 Juliesal plaasvind en waarmeergeleergaanword oorselfoon- en monokroomfotografie, insluitend’nverskeidenheid kreatiewe kamerategnieke.



Tydens die bekendstelling vanMarais Erasmus se boek oor sy lewe as internasionalekrieketskeidsregter, was(vanlinks) een vansyseuns, GeoErasmus, Marais self,syvrou, Adéle, en ’n voornemende koper,Johan de Paula. Agterstaan Eddie Conradie jr en Eddie Conradie sr,’noudskoolhoof vanErasmus en stigter vandie privaatskoolCurro.
Sarie Nell
Marais Erasmus, ’n oud-onderwyser en oud-Swartlander, het Donderdagaand in ’n volgepakte saal in Malmesbury sy boek oor sy lewe as internasionaal gevierde krieketskeidsregter bekendgestel. Dié boek, The Rock ’n Roll Years, vertel van sy indrukwekkende loopbaan aan die internasionale front en interessante stories agter sy oënskynlik ontoeganklike gesigsuitdrukking wanneer hy op ’n internasionale krieketveld uitgestap het.
Die aand was gevul met humor, eerlikheid en verwysings na Erasmus en sy gesin se lewens terwyl hy gereeldindie buiteland gewerkhet. Hy en dieskrywer Telford Vice het afwisselend gesels oor sake soos wedstrydknoeiery en befaamde
krieketspelers en -skeidsregters metwie hul paaie gekruishet.
Erasmus se onderonsies metdie gevierdeAustraliese kolwer DavidWarner; dieenigmatieseBilly Bowden, wat sy eie loopbaan as internasionalewitjas benadeel het omdat hy gesukkel het om in spanverband te werk; asook dié keer toe Erasmus op ’n lughawe in Dubai voorgekeer is vir vermoedelik seksspeelgoedinsybesit. In der waarheid was die ‘handboeie’ ’n meetinstrument waarmee skeidsregters krieketballe meet.
Erasmus het herhaaldelik waarderend na syvrou Adélevir haarondersteuning en raakvat tuis terwyl hy weg was, asook dieMalmesbury-gemeenskapseondersteuning deur dik en dun, verwys.
•The Rock ’n Roll Years is deur Naledi uitgegeeeningoeie boekwinkels te koop.
David Rossouw
Nierversakingisonlangs by Alezade Brink,’n27-jarige onderwyseres van Redelinghuys, gediagnoseer en sy worstel met dié ernstige probleem.
Alezade benodig dringend’nnieroorplanting. Haar ma,Denise Brink, is ’n geskikte skenker, maar dieoperasie sal meer as R100000 kos–’nbedragwat ver buite die gesinsevermoëis. Intussen ondergaanAlezade tweekeer per week dialisebehandelinginVredenburg.Hierdie behandeling, saam metdie reiskoste, plaas’ngeweldige finansiële lasophaar en haar familie.Die brandstofkoste alleenbeloop sowat R1200 per week. Sy is tans besig met finaletoetse ter voorbereiding op die oorplanting.
Hoewel sy oor ’n mediesefonds beskik, dek dit ongelukkignie al dieuitgawes nie. Verskeie bybetalings en bykomende kostes moet uithaar eie sakbygedra word –’ndruk waarvoor sy eenvoudig nie voorsiening kan maak nie. ’n BackaBuddy-veldtogisvan stapel gestuuromgeldintesamel, maar dit is steeds ver te min. Hierdie finansiële druk plaas groot spanning op die gesin, watintussen hoop en geloofbehou dat die gemeenskap, private maatskappye, NGO’s en NPO’s sal bydra om diekoste te dek.
Die voorsitter van die Redstars-rugbyklub, Wessie van der Westhuizen, het tydensdie oorhandigingvan ’n R2000-bydrae namens die klub beklemtoon

HerschelleEngelbrecht (kassier),Alezade Brink en BradleyJagens(senior spanbestuurder)
hoeweldie klubself finansiële uitdagings ervaar, hulle glo sportklubs het’ngroter rolasnet om wedstryde te speel.“Ons is deel van diegemeenskap, en waarons kan help, salons help,” hethygesê. Dieklubhet verderaangekondig dat hulle ’n “HighTea virAlezade”op Vrouedag in Augustus gaan aanbied. Hierdie geleentheidsal nie netgeld insamel nie, maar ookdie gemeenskap bymekaar bringomsolidariteitenondersteuningtetoon. DieRedstars-rugbyklub van Redelinghuys hoop dat ander instansies,sakeondernemingsenindividue sal aansluitomdie veldtog verder te versterk. DieRedstarsvan Redelinghuyshet weer eens gewys dat die gemeenskap van Redelinghuys deel is daarvanen’nverskil in dielewevan Alezade kan maak.





Luda en HoffieRetief hetJHL IngenieursverskaffersinMalmesbury 30 jaar gelede geopen. Deesdaebestuur die tweedegenerasie-Retiefs die onderneming,wat op produkte en dienste virlandbouerseningenieursfokus


Sarie Nell
’nFamilie-onderneming metsterk waardesendie doel om die ingenieurs- en landboubedryf in dieSwartland te ondersteun; ’n plek waar kliënte altyd met’nvriendelikeglimlag gehelp word
Sedert HoffieRetiefJHL IngenieursverskaffersinJunie 1996 geopen het, het hierdieverskaffer vaningenieurs-en landbouprodukte regdeur30jaar nienet oorleef nie, maar gegroei en verskeie kere pryse gewenwanneer dieMalmesburysakekamerenAgri Malmesbury jaarliks hulbeste diensverskaffersaanwys. Vandag kykJohanRetief, besturende direkteur en tweedegenerasie-Retiefterug na hierdieonderneming van30jaar:
“Hoewelons naam na JHL Groupveranderhet,bly dielesse geleer,lojale diensverskaffersengewaardeerde kliënte dieselfde
“JHL se ingesteldheidisdié vaneerlikheid, harde werk en nederigheid. Vir onsis kliënte nie’nonderbreking in ons werk nie –hulle is dieredevir ons werk!
GOEIE MENSE
“Lojale kliënte vervul ’n kardinale rol in ons onderneming en dieSwartland se

watinMalmesbury komwerksoek, maar nieplaaslik ondersteun nie.
“Verder is onspersoneel ons grootste bate.SedertJHL se begindaeskepons ’n kultuurvan samewerking en respek vir mekaar
“JHL se personeel is ’n merkwaardige groepmense.Elkeenhet sy taak watdie onderneming soos’ngoedgeoliedemasjien laat werk –die kantoorpersoneelsientoe datdie geldsake klop; hulle is dikwels ook sieketroostersenhuweliksberaders en sien mooi om na diemanne se moraal. Verder is daar diebestuurspan en dietoonbank-ouens watons klante vriendelik ontvang.JHL se stoormanne maak sekerdat elkeboutjieenmoertjie in dieregte boksie beland en terafsluiting is daar iemandwat kliënte se stukkende produkteregmaak.
“Elkeen vervul dussyofhaar belangrike
rol. Ons dinkook terugaan ArnoldRix en Tertia Lambrecht,wie se bydraenog daagliksgesienengevoel kanword.”
TOEKOMSPLANNE
“OmJHL se goeiediens oor diejarevol te hou en om by te blymet nuwe en moderne tegnologiesonder om diemenslikeaspek te verloor.Ons salaltyd ons landlyn binne sekondes antwoordendadelik help “Baiedankie aan diemensevan ons gemeenskap virdie plaaslikeondersteuning deur diejare. Sonder dielandbouers kanJHL maar sy deuresluit. En, sonder geloof in ons Vader sou ons dit niegemaak hetnie .”
•JHL verwys na dieRetiefgesin se voorletters:Die egpaar HoffieenLudaRetiefas dieoorspronklikestigters, plus hulkinders Jan-Hofmeyr, JohanenLumé




Letitia VanZyl-Schultz
Etienne Laubscher is ’n bekende figuur aan die Weskus –veralvir sy betrokkenheid by kanovaart en die Weskus-kanowedvaartgemeenskap. Maarnege maandegeledehet sy lewe skielik ’n dramatiesewending geneem toe hy vir ’n noodoperasie opgeneem is.
“Nádie noodoperasie het die medici geenidee gehad of ek twee weke,twee maandeoftwee jaar oor hetnie,” vertel hy.
Kort daarna het die diagnosegevolg: kolonkanker.’nTweede groot operasie was nodig, terwyl dokters ook bekommerd was oor kolle wat op sy lewer opgemerk is.
Diemaande wat gevolg het, wasgevul met onsekerheid,behandeling eneindelose wagtye. Chemoterapiemet twee potensieel toksiese middels, gereelde besoeke aan drie hospitale en verskeie klinieke, asooklang ure op die pad, het deel van sy daagliksewerklikheid geword.
Ten spyte van die uitdagings hethy bly vasklou aan sy geloof.
“Maar nou, nege maande later, is ek deur die genade van God steedshier,”sê hy.
Die goeie nuus het onlangs van die Groote Schuur-hospitaal gekom. Volgens die jongste toetse en skanderings lykdit asofsylewer nie deur die kanker aangetas is nie.
Vir Laubscher is dié uitslag meeras net ’n mediese mylpaal.
“Baie dankie vir al julgebede, besoeke, oproepeenondersteuning.Indie Weskus is ’n mensnooit alleen nie.”
Hy vertel dat hy tydens sy behandeling

“EK IS UIT MY HARTUIT DANKBAAR VIRDIE GEMEENSKAP

byelkehospitaal iemand van die Weskus raakgeloop het –’nervaring wat hom telkensaan die besondere omgee-gees van diestreekherinner het.
“Ekisuit my hart uit dankbaar vir die gemeenskap se omgeeharte.”
Hoewel die nuus positief is, lê ’n langherstelpad steeds voor. Oorvyf maande wagopvolgtoetse, maar intussen fokus hy daarop om sy kragte stadig terug te kry
Die herstelproses verg geduld. Sy
LetitiaVanZyl-Schultz
Monique Bolton moes op 33jarige ouderdom die waarheid in die oë kyk –alkohol was nie meeriets wat sy beheer het nie dit het háár beheer.
“Al die jare het ek gedink ek is in beheer,” vertel sy. “Maar daar kom ’n tyd wanneer jou hele dagseroetine om alkohol draaienjynie meersonder dit kan oorleef nie.”

Wat eens begin hetasietswat plesier gebring het, het geleidelik veranderiniets veeldonkerder. Sy het plekke vermy waar geenalkohol was nie, haarself al hoe meer van ander afgesonder en uiteindelik agter geslote deure gedrink. “Wanneer die lekker daarvan eensaamheid word, weet jy iets is verkeerd.Ekwou nooit aanvaar alkohol was’nprobleem nie.”
Die pad na herstel wasegter nie eenvoudig nie. Volgens Monique was sy self haar grootste struikelblok. “Ek wou nie myself aan AA oorgee nie. Ek was bang –bang oor hoe ek sonder alkohol sou oorleef.”
Dit was deur Alkoholiste Anoniem (AA) dat sy geleer het om haar lewe weerdag vir dag aantepak. “AA hetmygeleer om sekere plekke,mense en dinge te vermy en om alles een dagop’nkeer te pak.”
Dieuitwerking van haar verslawinghet byna elke aspek van haar lewe geraak.Sy beskryf haarself in daardie tyd as iemand watbloot bestaan het. “Ek was soos ’n zombie. Ek kon nie sonder alkohol oorleef nie.”
ALLESVERNIETIG
Haar verhoudingshet verbrokkel, haar selfbeeld het verdwyn en sy hethaarselfbegin verloor. “Die laaste verhouding waarin ek was, was chaos. Familieenvriende het my nie meer vir kuiersgenooi nie omdat hulleskaam was vir my. My selfbeeld was in skerwe. Ek het nie omgegee hoe ek lyk nie.”
Vandag klink haar stem anders, sterker, rustigerenvol dankbaarheid. “Ek leef voluit. Ek leef met ’n vaste fondasie en ’n sterk verhouding met God,wat eerste in
my lewe is.”
Hoewelsyerken dat sy mense gedurende haar jare van alkoholmisbruik seergemaak het, hoop sy dat vergifnis met tyd salkom.
“Ek hoop die mense wat ek seergemaak het, kanmyeendag vergewe. Ek is gelukkig. Ek bou verhoudings op ’n vaste fondasie. My selfbeeld is terug. Ek kan weer lag en weer vir myself in die spieël kyk.”
WANOPVATTINGS
Volgens haar bestaan daar steeds baie wanopvattings oor alkoholisme
“Mensedink só iemand het net geen wilskrag nie en wonder hoekomhulle nie net kan ophounie. Vir ’n alkoholis werk dit nie so nie.”
Sy beskryf alkoholisme as ’n siekte wat begrip, ondersteuning en hulp vereis. “Ek het baie kere gesê dit is my laastedrankie, maar ek kon dit nooit deurvoer nie. Mense moet hulself oor alkoholisme opvoed voordat hulle oordeel.”
Vir diegene wat vandag vasgevang voel inverslawingenbangisomhulp te vra, het Monique ’n eenvoudigemaar kragtige boodskap.“Ek was ook bang. Maardaar is ondersteuningsgroepe waar mense verstaan waardeur jy gaan. AA is ’n veilige plek waar jy genesing kanvind tussen mense wat dieselfde siekte bestry.”
Haar raad aan iemand wat huiwer om die eerste stap te neem? “Doen dit net. Stap net deur die deure. Jou vrees sal weggaan.”
Wanneer sy vandag terugkyk na die vrou wat sy eens was, voel sy nie oordeel nie, maar deernis. “Eksou vir só iemand sê: ‘Ek is jammer vir alleswat ek aan jou gedoenhet.Ekhet myself so afgeskeep en nooit besef daar is ’n uitkomkans nie.’”
Sy glo haar lewe het verander toesy bereid was om hulp te aanvaar, die Twaalf Stappe te volg en haar geloof vastegryp. “Daar is altyd hoop. Godsal daardie kettings vir jou breek.”
Dan kom die woorde wat haar hele reis opsom: “Eerstoe ek die bottel neersit, kon ek mylewe metgoudvul.”

