Skip to main content

Gazette-ST-Swartland-Gazette-2 June 2026

Page 1


Akademia krygrond in Boschenmeer

DieAfrikaanse universiteit Akademia het’nbeduidende stuk grondindie Boschenmeer-gebied vandie Paarlverkry,wat ’n groot stap is in dievestiging van’npermanente kampus vir Afrikaanse hoër onderwys in dieWes-Kaap

Dieinstelling hetlaas week aangekondig dat dit 105hektaargrond,bekend asVêrgesig,gekoop het, watdeur die eiendomsbeleggingsmaatskappy Kantonontwikkel sal word.Dieselfde ontwikkelingsvennoot bestuurtans die oprigting van Akademia se Pretoria-kampus.

Dieaankoopvan dié grond is moontlik gemaak deurdie besonderse welwillendheid en vertroue vandie gemeenskap in dieKaap, waarvoordie instelling sy opregte en diepedank uitspreek. Hierdie ondersteuningbevestig die gedeeldeoortuiging dat volhoubarehoër onderwys in Afrikaans ’n gemeenskapstrewe is. Die instelling se eerste voltydse studente in die Paarl studeer reeds sedert vanjaar by ’n tussentydse kampus in Bredastraat 1, Esterville. Die aankoop vanVêrgesig is dus diestrategiese voortsetting van Akademia se teenwoordigheidindié streek,en meer spesifiek die Paarl.Gedagtighieraan spreekhierdie toekomstige ontwikkelingsprojek van die instellingse langtermyn-

verbintenis tot die Afrikaanse taal-en kultuurgemeenskappe in die Wes-Kaap Volgens Marthinus Visser, die besturende direkteur van Akademia, verleen dié grondaankoop stukrag aan die instelling se gunstige groeitrajek en verteenwoordig dit nóg ’n belangrike vestigingshoofstuk vir die Afrikaanse universiteitswese.

“Met hierdie stap bevestig Akademia sy voorneme om ’n permanente akademiese tuisteindie Wes-Kaap te vestig –in diens van studente, die taal- en kultuurgemeenskappe en moedertaalonderrig,” sê Visser. “Volgens huidige beplanning sal hierdie kampus uiteindelik voorsiening maak vir ongeveer 3000 studente,met groeiwat gefaseerd en verantwoordelik aangepak sal word. Die droom is om ’n pragtige kampus aan die voet vandie Wemmershoekberge te bou metaldie nodige geriewe vir ’n residensiële studentekampus. Voorsiening word ook gemaak vir ’n voldoende aantal studentekoshuise.

TERREINMETUITSONDERLIKEPOTENSIAAL

Die Vêrgesig-terrein beskik oor ’n topografie wat ideaal is vir ’n geïntegreerde kampusontwikkeling.’nWaterweg wat na die Bergrivier vloei, bied bykomende ondersteuning vir die terrein se toekom-

stige waterbehoeftes. Op helder daestrek die uitsig vanaf Vêrgesig tot by Tafelberg en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Die projek is tans in ’n vroeë fase. Kantonisbesig metdie voorgeskrewe stadsbeplanningsprosesse om die nodige ontwikkelingsregte te bekom, terwyl voorlopige beplanning onverpoosd voortgaan. Die tydlyn vir die toekomstige ontwikkeling sal bepaal word deur die suksesvolle vestiging en uitbouvan Akademia as instelling in die Paarl.

Prof. Gawie du Toit, die hoof van die Paarl-kampus, sê die terrein bied ’n besonderse geleentheid aan die instelling. “Ek sien in my geestesoog hoe ’n toekomstigekampushier, teen die agtergrond van die berge, ’n betekenisvolle bydrae totdie versterking en uitbouing van Afrikaans as wetenskapstaal en as medium van onderrig,leer en roeping kanensal lewer.”

DIEGEMEENSKAPMAAKDIÉTOEKOMSDROOM MOONTLIK

Akademia se vestiging in die WesKaap is van meet af aan toegewyde gemeenskapsbetrokkenheid gekenmerk.Dit was immers die Wes-Kaapse gemeenskap wat die instelling genader het om ’n voltydse kampus in die streek te vestig.

En nou, met die verkrygng van die Vêrgesig-terrein, is dit weer die gemeenskap wat, dié toekomsvooruitsig deur merkwaardige bydraes ’n werklikheid maak Henk Schalekamp,die besturende direkteur van Kanton, beskryf die aanloop totdie koop van die grond as ’n besonder betekenisvolle reis. “Die welwillendheid van die Afrikaanse gemeenskap in die Wes-Kaap het elkeen betrokke diep geraak Hierdie projek getuig uit die staanspoor van dit wat moontlik is wanneer gemeenskappe saam aan ’n gedeelde toekoms bou,”sêSchalekamp

BLIKOPWATVOORLÊ

Vir belangstellendes wat ’n blik op Akademia se toekoms wil kry, wysdie instelling na die wêreldklaskampus wat tans in die oostevan Pretoria ontwikkel word Dié kampus sal sy deure in 2028 open en as akademiese tuiste dien waar studente –voor- en nagraads– in hul moedertaal kan studeer, groei en floreer. Hierdie ontwikkeling bied gevolglik ’n duidelikeaanduiding van die visie wat ook vir die Paarl in die vooruitsig gestel word.

•Nog inligting oor die Toekomsbouer-veldtogenAkademia se kampusontwikkeling in Pretoria is op die instelling se webblad beskikbaar.

The Department of Forestry,Fisheries and the Environment (DFFE)has warned the public not to collectorconsume wild shellfish from SaldanhaBay and surrounding coastal areas.

Monitoring on Monday 25 May detected very high levels of paralytic shellfish toxins (PST) in musselsand oysters from Saldanha Bay farms, with toxin levels recordedatmore than15times the regulatory safety limit.

havebeen closed forharvesting for humanconsumption. The extentofthe risk alongthe West Coast remains unclear, andtoxin levelsmay vary across different areas.

Highconcentrationsoftoxin-producing phytoplankton (Alexandrium catenella) havebeenrecorded, indicating aharmful algal bloom Productionareas in Saldanha Bay

Consumptionofcontaminated shellfish cancause paralytic shellfishpoisoning, which maybelife-threatening.

Thepublic is advised to avoid harvesting or eating wildshellfish from Saldanha Bayand surrounding coastal areasuntil further notice

‘Die Papier’praat

IlseSalzwedel

Die Papier Praat, ’n weeklikse YouTube-nuusprogram, is die jongste toevoeging tot Die Papier-stal. ’n Nuwe program vol nuus sal elke

Donderdag om 19:00 uitgereik word.

Benewens ’n voorskou van wetenswaardighede uit die volgende dag se uitgawe van Die Papier,kan kykersook uitsienna besprekings en ontledings vanplaaslikeen internasionalenuussowel as anderaktuele sake

Sportliefhebbers word nie afgeskeep nie. ’n Sportsegment met ’n oorsig van die week se belangrikste sportnuus én ’n voorskou van die naweek se sportkalender, salaansluit by Die Papier se reeds gewilde weeklikse sportblaaie

Die Papier Praat word aangebied deur Daniëlla van Heerden,’nvoormaligenuusleser van eNuusopkykNET

Jana Swart, ’n gewilde sport-aanbieder en sport-beïnvloeder, sal jouopdie hoogtebring oor allerlei sport.Swart is ’n grootsportliefhebber, met ’n BSc in sportwetenskapen’nhonneursgraad in hoëprestasie-sport.

Sy was ook die mediabeampte van Stellenbosch FC, ’n mededingerindie PSL-sokkerliga.

Barnard Beukman, Die Papier se redakteur, sê hy is opgewonde oor die “opwindende en nodige uitbreiding” van die weekblad se handelsmerk.

“Ons het van die begin af gesê die gedruktekoerant is ’n belangrike basis vir die handelsmerk, maar is slegs eenelement daarvan. Nogelemente is aan die kom, en onswebwerf staan ook aan die vooraand van groot spronge.”

Beukman sê dis vir homensyspan ’n groot eerdat Daniëlla en Janaaan boord is vir Die Papier Praat.“Ek glo hulle gaan help om Afrikaanse nuusuitsendings onherroeplik en op ’n opwindende manier te verander.”

Jeannine van Zyl, die hoof van premium produkte en inhoud by Novus Media, Die Papier se moedermaatskappy, is net so opgewonde oor die toevoeging

“Met Die Papier Praat wil ons Die Papier se platform verder uitbrei om onslesers ook op ’n moderne, toeganklike en persoonlikemaniertebereik,” sê sy. “Die uitsendinggee ons die geleentheid om die stories agter die hoofopskrifte verder te vertel.”

Tieners op padnaItaliëvir akrobatiese gimnastiek

AntwanDicks (16) en Chloé Daniels (13) van Malmesbury is op pad na Italië, waar hulle eersdaags die internasionale verhoog in akrobatiese gimnastiek sal betree. Antwan, ’n leerder aan die Hoërskool Swartland, het op 12-jarige ouderdom (graad 6) die eerstekeer by die Malmesbury-gimnastiekklub aangesluit nadat sy ma met die voorstel gekomhet. Chloé, wat vanjaar haar laerskoolloopbaan by die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) voltooi, het op haar beurt die gimnastiekwêreld reeds sedert agtjarige ouderdom aan haar voete. “My ma het gesê ek het te veel energie en voorgestel ek probeer gimnastiek.” Vir beide dié aspirantegimnaste was dit met die eerste probeerslag neusie verbyen hulle kyk nie een oomblik terug nie. Die dinamiese duo, wat sedert 2024 as spanmaats op mededingendevlak meeding, se harde werk, positiewe gesindheid en passie vir akrobatiese gimnastiek het uiteindelik vrugte afgewerp nadat hulle aandie eindevan verlede jaar vir die Acro Turin-beker gekwalifiseer het. Hulle het onder meer ook verlede jaarasnasionale kampioene op vlak 10 uitgeblink.

AntwanenChloékeer jaar ná jaar terug vir nog’njaar in gimnastiek, ongeag langure en harde werk tussen

Chloé Daniels (13) en AntwanDicks(16)van die Malmesbury-gimnastiekklubsal eersdagSuid-Afrikaenhul klub by die 12de Acro Turin-bekerin Italië verteenwoordig

sy nommer een en enigstesport en hy gee voorkeur aan sy studies tussen oefening en afrigting deur. Wanneer agter die boekegeklim moet word, word oefening ingehaal, maar nooit gekanselleer nie. “Ons maak planne

Daniëlla vanHeerden JanaSwart

Pilatesateljeevir M’bury

The Reform Room is ’n splinternuwe boetiek-pilatesateljeeinMalmesbury.

“Dié ateljee bied ’n rustige,moderne en warm omgewing waar gefokuswordop’n gesonder leefstyl,samesynen diebemagtiging vanvroue,” sê MaritaHarmse (53)en Moniquevan Schalkwyk(30), diemede-eienaarsvan The Reform Room.

Diédinamiesema-en-dogter-spandeel’n passie virpilates, gesondheid, lekker koffie en alleswat mooi in dieleweis.

Marita en haar man hetsowat twee jaar gelede Gauteng virdie Swartland verruil met Moniqueenhaar gesin kort op hulhakke. Marita, dievoormalige eienaar vantwee koffiekroeëen’nsalon, beoefen al virjare pilates, terwylMoniquemeeronlangsná hulseuntjiesegeboorte deurmiddel van ’n keisersneedie ware voordeledaarvan ontdek het. “Pilateshet my gehelp om my rompsterkte(core strength)met min bewegingterugtekry,” vertel sy opgewonde.As ’n kranige atleet op skool en dievoormalige eienaar vanhaar eieskoonheidsalon, meen sy elkevrouverdien dit om mooi en goed oor hulself te voel. Methul aankoms in diestreekhet hulle by ’n plaaslikepilates-klasaangesluit,maar diehervormer-pilates, watmeerweerstand bied,gemis. Dieideevan ’n ateljeevan hul eiewat mat- en hervormer-pilates asook goeiekoffieaanbied,het posgevat.Sohet die soekenadie perfekte ruimte vir’ngesellige koffiewinkel, waar vrouekan saamkom, saam pilateskan doen en ná dietyd heerlikekoffiekan geniet,begin. “Dieideewas om dit klein te hou,” verduidelik Monique, ’n gekwalifiseerde pilates-instrukteur,wat haaropleiding deur diePilates-akademie van Suid-Afrikaverwerf het. Metdie beskikbaarheid vandie perseelopdie hoek vanRaini-

er-enPietRetiefstraatengenoegparkering, hetdit hulle in staatgestelomsaam metdie koffiekroeg-afdelingook gesondepeuselhappies,middagetesasook ’n pilates-klerereeks, waarvan sommige uit Australiëingevoer word,aan te bied

Dieruimte is binne seswekevoor die openingsdag op 9Maartin’nateljee van hoogstaande gehalte omgeskep, terwylervare en gekwalifiseerde instrukteursintussen gewerf is

WÊRELDWYD GEWILD

Diehervormer-pilatesinstrukteursbestaan uit MoniqueenSanjaSteyn,’nbiokinetikus vanDarling, terwylTonia Hendricks mat- en hervormerklasseaanbied. Melinda Bierman, dieeienaar vanBodiesInMotion Pilates, bied op haar beurtmat-pilatesklassesaam metRenelda Wright aan.

Pilateshet wêreldwydgewildgewordas ’n doeltreffende vorm vanoefeningwat op rompsterkte, beheer,balans en liggaamsbewustheidfokus

Mat-pilatesénhervormer-pilatesbied groot voordele virmense vanalle ouderdomme en fiksheidsvlakke.

Mat-pilatesgebruik hoofsaaklik die liggaam se eiegewig virweerstand,terwyl hervormer-pilates’nspesialeveerbelaaide toestelgebruik om verstelbareweerstand te bied.Die “vere” is soortgelykaan gewigte, maar diebewegings blymeerbeheerd met ’n laeuitwerkingopdie gewrigte.Dít maak hervormer-pilatesideaal virmense wat sterkerwil word sonder oormatige druk op dieliggaam

Pilateshelp om kernspiere –insluitend die buik-, rug- en bekkenspiere –teversterk, wat weer beterpostuurenliggaamsbalansbevorder.Gereeldeoefeningkan ook buigsaamheidverbeter, balans en koördinasieversterk

en rug- en nekpyn verlig –veral by mense watlank sitof’nswakpostuur het. Nog’ngroot voordeel is datpilates’n lae-impak-oefeningiswat sag op diegewrigte is.Daarom is ditgeskikvir beginners ouer mense en selfs mense watrehabilitasie ná sekere beserings benodig, mitsdit onder professionele leidingplaasvind Benewens diefisiekevoordele,kan pilates ook help metstresvermindering.Die fokus op asemhalingenbeheerdebewegings bevorder ontspanning, verbeter konsentrasieenverhoog liggaamsbewustheid.Pilates versterk ook spiertonus sonderomgroot spiermassatebou, watdit gewild maak onder mense wat’nsterker,meergebalanseerde liggaam wilontwikkel.

PILATES,KOFFIE EN GESONDE KOS

Buiten pilatesenheerlikekoffiemet die barista Michaela Matthyse aan diestuur, bied TheReform Room gesonde maaltye wat deur diesjefCobus Bekker vanYzerfontein voorbereiensaamgestel word om meer op

dermkanaalgesondheid[guthealth]tefokus Sien uitnadie smaakliksteslaaieensop vir diekouer wintermaande.Daar is natuurlik ook iets virdie soettand met’nverskeidenheid gebak, insluitend sjokolade-bruintjies (brownies)van @downwithdough_za Maritaisveral opgewondeoor diewerksruimte waar ma’s kankom sit en rustigwerk terwyl hulkinders by dieskool is nadathulle ’n sessie pilatesingewerkhet.“Ons wou ’n plek virhoofsaaklik vrouebied, hoewel mansook welkom is,” voeg Maritaby. VirMonique wasdit nogaltyd haar passie om vrouetelaatmooi voel. “En jy hoef niete komvir pilatesnie.”

MaritaenMonique sien ook baie daarna uit om vroueoggende aan te bied,waarvan dieeerstebyeenkoms om diedraai is. SessiesbyBodies In Motion Pilateskan by Melinda by 0825505480 bespreekword. Besprekingsvir dieres vandie mat- en hervormer-pilatesklasseworddeur dieapp Octivbehartig. Registreervandagnog en ontdek ware gesondheid deur beweging

The Reform Room se eie barista, Michaela Matthyse
Diemede-eienaarsvan The Reform Room,MaritaHarmse (53) en Moniquevan Schalkwyk(30).
Cnr Piet Retief &Rainier Street, Malmesbury

kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072126 2394

KARAVANE TE KOOP/HUUR 3020 VOERTUIE

‘Arend’broei op dakby CPM uit

Leerdersvan die Christelike PrivaatskoolMalmesbury (CPM) het die afgelope Donderdag(28 Mei)’nopwindende en onvergeetlike dag beleef toe die groot verrassing met betrekking tot ’n grooteier op dieskool se dak uiteindelik onthul is

Die eier,wat vir sowat ’n week lank op die dakdeur nuuskierige leerders aanskou is, is nouweg nadat CPM se nuwe gelukbringer, ’n arend, sy opwagtinggemaak het. CPM het dieafgelopeweekhul nuwe embleem en ’n vlag bekendgestel, wat vir die eerste keer in baie jare gehys is. Elke leerder is boonop verder verras met’nkolwyntjie en ’n spesiale sleutelhouer vir hul skooltasse.

“Dit was ’n dag gevul met opgewondenheid, trots en spesialeherinneringevir almal,”vertel die onderwyseres Marilize de Kock.

Die skoolhoof, Waldo Cloete, wat hom aan die begin van diejaar byCPM aangesluithet, vertel hoebesluit is om die skoolseembleem, wat al 25 jaarbestaan, te vernuwe. “Onshet ’n maatskappy genaderwat met die nuweembleemna vore gekom het nadat onsons skoolse waardes en geskiedenis verskaf het.”

Die besluit is ook geneemvir ’n permanentegelukbringer, wat by allebyeenkomste salwees. Diearend is simbolies tot die skoolsewaardes, naamlik moed en krag en is ook geskoeiopBybelse

waardes.

“Diearend vlieg die naaste aanGod Onswil ook hê onsleerders moet hoog vlieg, nes’narend,” voeg hy by.“Nou hetdie arend ’n naam nodig.”’nKompetisie is van stapel gestuurwaarleerders name vir die arend kanvoorstel.

Dienaam saloor twee weke bekend gemaak word.

Cloete is ook opgewonde oor die skool se nuwevlag, wat die Graad 7- leerders soggenssal hys.

Derbytussen LS Darling en Vooruitsig eindig‘gelykop’

Die langverwagte jaarlikserugby– en netbal-derbywedstryde tussen Darling se twee laerskole is die afgelope Dinsdag (26 Mei), op die Gabriel Pharoah-sportterrein beslis. Ouers en ondersteuners het in groot getalle opgedaag om die jong seuns en meisies aan te moedig om goed te presteer. In dienetbalafdeling vir o.7- en o.8meisies het Darling en Vooruitsig gelykop gespeel,terwyl dierugbyspanne in dieselfde ouderdomsgroepe elk ’n oorwinning behaal het. Vooruitsig het egter in dieo.9- tot o.12-afdelings die botoon gevoer,terwylDarling die meisies-o.13-afdeling gewen het.

Op die rugbyveld het Vooruitsig die o.9-seunsafdeling gewen, maar Darling het sterk teruggekom met oorwinnings in die o.11- en o.13-afdelings. Darling se rugbyspanne het drie oortuigende oorwinnings teenoor Vooruitsig se twee behaal Hoewel Vooruitsig dienetbal oorheers het, het Darling se rugbyspanne toegesien dat diebalans herstel word. Ditwas virbeideskole ’n trotse dag wat meer oor diegeleentheid om sportbande te verstewig en die gemeenskap vanDarling nader aan mekaar te bring,gegaan het.

Uitslae:

Netbal:

o.7: Darling 0-0 Vooruitsig;

Darling- Speler van die wedstryd –Chelsea Bruintjies.

o.8: Darling 0-0Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Taygon van Schalkwyk.

o.9: Darling 2-7Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Azariah Booysen.

o.10: Darling 0-14 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Shanice van Neel

o.11: Darling 2-7 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Lynn-Lee de Bruyn.

o.12: Darling 7-12 Vooruitsig, Darling- Speler van die wedstryd –Shayla Choga.

o.13 Darling 17-9 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Merglin Andries.

Rugby:

o.7: Darling 15-0 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Ashton Pietersen.

o.8: Darling 0-5Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Kayleb Erasmus.

o.9: Darling 5-15 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Hayden van Bo.

o.11: Darling 17-12 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Colton Warnick en Mason Steenkamp. o.13: Darling 24-5 Vooruitsig; Darling- Speler van die wedstryd –Gragon Samuels.

SWARTLAND MUNICIPALITY

NOTICE 98/2025/2026

PROPOSED AMENDMENT OF GENERAL PLAN, CLOSURE OF PUBLIC PLACE, SUBDIVISION AND CONSOLIDATIONOF ERVEN 327, 3494 (PORTION OF ERF 3490) AND ERF 4987, MALMESBURY

Applicant: CKRumboll &Partners, POBox 211, Malmesbury,7299

Owner: Swartland Municipality,PrivateBag X52, Malmesbury,7299. Telnr. 022-4879400

Reference number: 15/3/6-8/Erf_327,3494,4987

15/3/7-8/Erf_327,3494,4987

15/3/12-8/Erf_327,3494,4987

Property Descrip on: Erven327,3494en4987, Malmesbury

Physical Address: Directly northeastofWesbank to the Platklip River bordering theMountRoyal Golf Estate

Detailed descrip�on of proposal:

An applica on forthe amendmentofGeneral Plan nr.TP11785, in terms of sec on 25(2)(k) of SwartlandMunicipality :Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March2020), hasbeen received.

An applica on forclosure of apublic placeerf 3494 (por on of erf 3490), Malmesbury,interms of sec on 25(2)(a) of SwartlandMunicipality :Municipal Land Use Planning By-Law (PG 8226 of 25 March2020)hasbeenreceived.

Die nuweembleem vandie ChristelikePrivaatskool MalmesburyisopDonderdag, 28 Mei bekend gestel.

van CPM se nuutstegelukbringer, ’n arend,wat Donderdag (28 Mei) “uitgebroei” het CPM se nuwegelukbringer

An applica on forsubdivision of erf 327, Malmesbury,interms of sec on 25(2)(a) of Swartland Municipality :MunicipalLandUse Planning By-Law (PG 8226 of 25 March2020) hasbeenreceived. It isproposedthaterf327besubdividedintoaremainderandpor onA(11,8hainextent).

An applica on forconsolida on of por on Awith erf 349(por on of erf 3490) and erf 4987, Malmesbury,intermsofsec on25(2)(a)ofSwartlandMunicipality:MunicipalLandUsePlanningByLaw(PG8226of25March2020)hasbeenreceived. Aconsolidatederf28,6hainextentiscreated.

o ce is herebygiven in terms of sec on55(1) of the By-lawonMunicipalLand Use Planningthatthe abovemen onedapplica on has been receivedand is available forinspec on from Mondayto Thursday between 08:00-13:00 and 13:45 -17:00 and Friday08:00-13:00 and 13:45 -15:45 at the DepartmentDevelopmentManagement, office of the Senior Manager :DevelopmentManagement, MunicipalOffice, Church Street,Malmesbury. Anywri en comments whether an ob ec�on or supportmay be addressed in terms of sec�on 60 of thesaidlegisla�on to TheMunicipalManager, PrivateBagX52,Malmesbury,7299/Fax–022-4879440/e-mail–swartlandmun@swartland.org.za on or before 6July2026at17:00,quo�ng your name, address or contactdetails as well as the preferred methodofcommunica�on,interest in theapplica�on andreasons forcomments. Telephonicenquiries canbemade to the town planning division (Alwyn Burger, Herman Olivieror AnneliedeJager)at022-4879400.TheMunicipalitymayrefusetoacceptcommentreceiveda�erthe closingdate. Anyperson who cannot write will be assistedbyamunicipal official by transcribingtheir comments.

Municipal Office

JJSCHOLTZ

1ChurchStreetMunicipalManager

PRIVATEBAG X52

MALMESBURY

5June2026

Die groot verrassing is onthulmet CPM se nuwe gelukbringer,die Arend.
Die groot afwagting is verbymet die onthulling

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-Swartland-Gazette-2 June 2026 by Novus Media - Issuu