Skip to main content

Gazette-ST-E-editon-3 June 2025

Page 1

GRAT IS FREE

Swartland

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

MALMESBURY 022 487 1280

OPEN 7 DAYS A WEEK

NO.9 DR EUVRARD STREET, MALMESBURY 3 Junie 2025 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za

Jonges wys hul slag agter die stuur van veteraantrekkers Die Swartland-veteraneklub het die afgelope Saterdag (31Mei) ’n suksesvolle Ploegdag op ’n plaas buite Abbotsdale aangebied. Volgens Pieter van Aswegen, voorsitter

van die klub, is hulle baie tevrede met die opkoms. Sowat 650 besoekers het vanjaar se geleentheid bygewoon, wat bestaan het uit hope vermaak, die geploeg van trekkers,

Luné Oosthuizen (7) van Malmesbury het byna al die veteraantrekkers gedurende vanjaar se Swartland-veteraneklub se gewilde ploegdag, wat op ’n plaas buite Abbotsdale aangebied is, uitgetoets.

4x4-genot en ’n bobaasprysuitdeling. Ná 22 jaar sedert die eerste ploegdag is die Swartland-veteraneklub vandag dankbaar om dié gewilde tradisie voort te sit.

Kobus (15) en Johannes Marais (13), twee broers van Stellenbosch, woon die Swartland-veteraneklub se Ploegdag elke jaar by. Sodra hulle op ’n trekker agter die stuur inskuif, kan niks hulle keer nie.

Twee by verkeer ondersoek Twee werknemers van die Moorreesburg-verkeersafdeling is op administratiewe verlof geplaas hangende die uitkoms van ’n ondersoek na bewerings van moontlike wangedrag en korrupsie. ’n Lasbrief is die afgelope Donderdag (29 Mei) by dié plaaslike verkeersdepartement uitgevoer waar ook op dokumente en selfone beslaggelê is. Dit kom ná onlangse bewerings van moontlike onreëlmatighede wat nou deur nasionale en provinsiale owerhede ondersoek word. Luidens ’n verklaring van die Swartland-munisipaliteit het sy

M’reesburg: ‘korrupsie, wangedrag’ bekyk

munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, en die uitvoerende burgemeester, die raadsheer Harold Cleophas, onmiddellik druk op owerhede geplaas om nadere ondersoek in te stel toe die bewerings van korrupsie en wangedrag deur amptenare aan die lig gekom het. ’n Gesamentlike ondersoek is deur die nasionale departement van vervoer, die Wes-Kaapse departement van mobiliteit en die SAPD se provinsiale kommersiële misdaadeenheid gedoen, met samewerking van die Swartland-munisipaliteit.

Die munisipaliteit sê in die verklaring hy beskou enige bewerings van wangedrag of korrupsie deur amptenare in ’n uiters ernstig lig en sal verseker dat ’n deeglike ondersoek na die beweringe geskied. “Ons sal die sterkste moontlike stappe doen teen enige munisipale amptenaar wat skuldig bevind word aan wangedrag of korrupsie. Die Swartland-munisipaliteit handhaaf ’n nulverdraagsaamheidsbeleid teenoor enige onreëlmatige optrede en sal voortgaan om in die beste

belang van die munisipaliteit en die gemeenskap op te tree,” het die burgemeester en munisipale bestuurder in die gesamentlike verklaring gesê. Terwyl die ondersoek voortduur, het die munisipaliteit maatreëls ingestel om dienslewering by die Moorreesburg-verkeersafdeling te verseker en sal alle nodige pogings aanwend om ontwrigting tot ’n minimum te beperk. Enige amptenaar of lid van die publiek met bykomende inligting word versoek om dit by die kantoor van die munisipale bestuurder of die interne ouditeure by 022 487 9400 aan te meld. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Munisipale begroting 25’26: ‘sal druk op kwesbares verlig’ - 2

ka e r u E

Bellville d r o o e Aftre

Kontak gerus vir Azille Visser of Kay Williams, Maatskaplike Werkers op azille@utilitas.co.za / kay@utilitas.co.za / www.utilitas.co.za of 021 946 1685 NM10014382-ST030625


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook