GRAT IS FREE
Swartland
APPLIANCE 150 FERM BEDSTELLE WAS R6 099 NOU R5 199 ENKEL WAS R6 999 NOU R5 899 3/4 WAS R8 499 NOU R7 199 DUBBEL KONINGIN WAS R8 999 NOU R7 599 KONING WAS R11 499 NOU R9 799 8% EKSTRA VIR XL
MA LM ES BU RY - 0 22 10 0 1 040 DE ZWARTLAND MARKT MALL
GELDIG TOT SONDAG, 19 OKTOBER 2025 | Terwyl voorraad hou
www.applianceworld.co.za | B F & W
Gazette
Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | Riebeek Kasteel | Riebeek Wes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht
7 Oktober 2025 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za
M’burg HS se eerste matrieks Die Moorreesburg Hoërskool pronk vanjaar met hul eerste matriekklas sedert die skool sy deure drie jaar gelede oopgemaak het. Dié matriekleerders het Donderdagaand (2 Oktober) die voorreg gehad om die skool se eerste matriekafskeid by te woon. Willnetha Croy, Shakira Andrews, Linecke Kroy en Ashinique Swartz was die ene glans en styl op hul matriekafskeid by die skool. • Berig en nog foto’s op bl. 7 Foto: Daniela Louw Fotografie
Saldanha deel eer as toppresterende munisipaliteit
Swartland swaai septer Te midde van koerantopskrifte in Suid-Afrika wat steeds die fiskale ineenstorting van talle plaaslike regerings uitlig, weier die Swartland en ’n aantal ander munisipaliteite om toe te gee aan die druk van swak bestuur. Só sê die Swartlandmunisipaliteit in ’n verklaring kort nadat hy as die toppresterende munisipaliteit in die land aangewys is. “Streng en gedissiplineerde
finansiële bestuur is die hoeksteen van hierdie prestasie, wat verantwoordelike munisipaliteite soos die Swartland in staat stel om meer met minder te doen,” lui die verklaring. Dié gesogte toekenning, wat die Swartland met die Saldanhabaai-munisipaliteit deel, is Donderdagaand (2 Oktober) gedurende die nasionale Munisipale Prestasietoekenningsgeleentheid by Sun City oorhandig. Die geleentheid was ’n spogaand aangebied deur die
Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging (Sapoa) in samewerking met Ratings Afrika en die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa). Die munisipaliteit sê hierdie erkenning is gegrond op navorsing wat deur onafhanklike kenners buite die regering en politieke sfeer uit Ratings Afrika se munisipale finansiële volhoubaarheidindeks behartig is, wat dié prestasie nog meer besonders maak. Die Swartland het intussen
sy puntetelling op die nasionale ranglys sedert verlede jaar van 71 uit 100 na 74 uit 100 laat toeneem – ’n doelwit wat deur die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, daargestel is. “Ons is nie perfek nie en ons maak nie daarop aanspraak nie. Dit bevestig egter dat ons die regte dinge doen, die basiese beginsels reg toepas en ’n stewige grondslag lê,” sê die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz. “Hierdie prestasie is ’n spanpoging, gedryf deur elke
toegewyde amptenaar in ons munisipaliteit en wat onder geweldige druk werk om hoëgehalte dienste ten spyte van groot ekonomiese uitdagings aan ons inwoners te lewer,” sê Cleophas. Hy sê die prestasie weerspieël die toewyding en harde werk van die raad en die vennootskappe wat ontstaan wanneer alle rolspelers in die regering saamwerk. “Dit is ook ’n bewys van die inwoners se vertroue in ons en wat ons doen,” voeg hy by.
20 UPPER LADY GREY STREET, PAARL 021-8711368
Paarl Eye Centre Dr Nieder-Heitmann
Treatment of cataracts, glaucoma, retinal detachments, macular degeneration, eye floaters, diabetic eye disease, dry eyes along with LASIK/PRK screening and comprehensive eye exams. Available for after hour emergencies.
Trusted medical eye care in Paarl since 1993
Dr Putter
Dr Berry