Skip to main content

Gazette-ST-E-edition-4 October 2025

Page 1

Swartland

GRAT IS FREE

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

’n Tweede boom is later die middag omstreeks 17:30 in Du Toitstraat agter SuperSpar Malmesbury ook weens die skielike rukwinde omgewaai.

4 November 2025 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za

Die boom in Langstraat het Woensdag laatmiddag by SuperSpar Malmesbury se parkeerterrein omgewaai.

Niemand beseer nie; net ligte skade veroorsaak

Woeste wind waai groot bome om

T

wee bome het vermoedelik binne oomblikke van mekaar gedurende ’n stormsterk wind in die omgewing van SuperSpar Malmesbury se parkeerterrein omgeval.

Die eerste boom is omstreeks 15:00 die middag met wortel en al uit die grond geruk toe rukwinde volgens omstanders skielik opgekom het. Die voorval het verlede Woensdag (29 Oktober) plaasgevind terwyl daar met opgraderingswerk aan die muni-

sipale parkeerterrein en sypaadjies besig was. Die boom het by die ingang van die parkeerterrein in Langstraat gestaan. Die boom was egter volgens ’n plaaslike inwoner, wat ten tyde die voorval teenwoordig was, reeds van binne vrot. Die wind het die laaste hupstootjie tot bo-op ’n vragmotor gegee. “Dit was net ’n kwessie van tyd voordat die boom sou omval.” Die boom het op die vragmotor te lande gekom. ’n Toyota Prado, wat aan die regterkant van die vragmotor

HBV

parkeer was, se skade was minimaal danksy die vragmotor wat die boom gekeer het. Munisipale wetstoepassingsdienste en verkeerspersoneel is na die toneel ontbied, wat uiteindelik die eienaar van die Prado opgespoor het. Niemand is beseer nie. Nóg ’n boom het dieselfde dag in die slag gebly. Die boom het omstreeks 17:30 in Du Toitstraat agter SuperSpar se parkeerterrein vermoedelik ook weens die rukwinde omgewaai. Rampbestuur is in kennis gestel.

Die boom wat omgeval het, kon by die ingang na die parkeerterrein in Langstraat gesien word.

ONS VERHUUR OOK Mobiele Distribusie borde

Enkel en drie fase

Kabels en Spotlights

Scissors Lift op waentjie

ELECTRIES • MEGANIES C.O.C. INSPEKSIES GENERATORS 30 TOT 150 KVA Kontak Henning Burger

083 640 3704 NM10035346-ST041125


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-E-edition-4 October 2025 by Novus Media - Issuu