




ELECTRIES • MEGANIES
C.O.C. INSPEKSIES
GENERATORS 30 TOT 150 KVA
Kontak Henning Burger

![]()





ELECTRIES • MEGANIES
C.O.C. INSPEKSIES
GENERATORS 30 TOT 150 KVA
Kontak Henning Burger

Mobiele Distribusie borde
Kabels en Spotlights

Enkel en drie fase
Scissors Lift op waentjie

D i d d b b s e a p word, van indeks aan likiditeit tyke, tuurontwikkeli skoon as nie. tussen wil, deurdagte en sektor vertroue doeltreffende, munisipale
Strydom, teit en litieke ïteit, om verwesenlik,” is verseker wat geïntegreerde uiteengesit traging uitgevoer an om


Die Swartland se grane het vanjaar oor die algeheel die hele seisoen belowend gelyk ’n Ver ondergemiddelde reënval gedurende September het egter onsekerheid onder die streek se produsente gebring, wat die potensiaal van hul graan betref, verduidelik Suzanne Lureman, ’n landbou-raadgewer by Overberg Agri in Moorreesburg.
Volgens data, wat deur Overberg Agri se silo’s reg oor die streek aangeteken is, het die streek gedurende die groeiseisoen

(April tot September) 34 mm minder reënval ontvang in vergelyking met die langtermyn gemiddeld van 276mm – ’n afname van sowat 12%.
Ten spyte van die droër toestande het opbrengste wat tot dusver gerealiseer het, redelik naby aan die langtermyngemiddeld gebly. Sekere gebiede in die Swartland pronk selfs met bo-gemiddelde opbrengste en goeie broodkoring-grade wat wissel tussen BS, B1, B2 en B3. Daar is egter ook dele waar produsente uitdagings met laer proteïenvlakke en hektolitermassa ervaar, voeg sy by.
Die Safex-Desember-koringprys waarteen produsente koring bemark, is gemiddeld R6192 vir Maart tot nou.
“Die produsent realiseer dus tussen R5 000 tot R5370 per ton ná aftrekkings vir ’n koringprys in die Kaap,” verduidelik Lureman
“Met insetkoste wat nagenoeg R11 000 tot R13 000 per hektaar beloop, bly met ’n gemiddelde oes nie baie oor om van te leef nie.”
Sy sê die insetkostes verskil wel vir sekere produsente, afhangende van die gebied waar hulle plant. Die laaste maand se gemiddelde Safex-Desember-koringprys is ongeveer R5936, met ’n produsenteprys van tussen R5080 en R4700/ton wat die winsgewendheid van koringverbouing geweldig onder druk plaas
Frikkie Barnard, ’n graanverkryger van Afgri, meen ’n rekord opbrengs onder koringprodusente is op die tafel wanneer gekyk word na kilogram koring per millimeter reën.
In die Afgri-opvangsgebied is sowat 30% van die koringoes reeds in, wat beteken daar is nog baie koring op die lande Vir Barnard lyk dit of vanjaar ’n tradisionele Swartland-jaar kan wees met broodkoring-grade wat tot dusver voldoende is Barnard voorspel sowat 60% B3 en 40% B2’s. Die reënval, wat middel September afgesny het, het wel sowat 25% van die opbrengspotensiaal geknyp, sê hy Wat die kanaola betref, het die weer vanjaar saamgespeel, brei hy uit. “Die meeste produsente is tevrede.” Barnard voeg egter by die koringprys bly die grootste doring in die vlees “Die prys maak nie op vir wat ingesit is nie, ongeag waar jy lewer.
Produsente kan nagenoeg R4900 per ton ná aftrekkings verwag. Solank vanjaar se koringoes bo die langtermyn-gemiddeld is en kanola geplant is, kan dit oor die algemeen ’n goeie jaar wees wat produsente sal deurtrek.”
Louis Coetzee, bedryfsbestuurder by Agrimark se graanafdeling, sê op sy beurt graadverspreiding is vanjaar gewis beter as verlede jaar (90%+ broodkoring). Volgens hom was die algehele verwagting ’n effens beter oes, maar die laer reënvalsyfer in September het produsente ’n bietjie uitgevang
“Dit is egter steeds ’n goeie oes – self bo-gemiddeld, dink ek,” voeg hy by.

Charlotte Lesch
Net soos dit een klein klippie gevat het om ’n reus te laat val, was dit in Darling se geval een boodskap op ’n gemeenskapsgroep om ’n reuseprojek van stapel te stuur.
So vertel Wilmie van der Wal, ’n plaaslike inwoner van die streek, hoe dié boodskap waarin na ’n vrywilliger gevra word, saam met ’n vonkie inspirasie vinnig in iets besonders vir haar tuisdorp ontwikkel het. Dít was die begin van “Oh So Darling Projects”.
Van der Wal vertel inwoners het vroeër vanjaar oor die toestand van die dorp se hoofstraat begin kla. Sy het besluit om iets daaraan te doen en vir die gewilde televisiereeks Lottoland Help ’n Dorp in te skryf.
Tot almal se verbasing en met groot opgewondheid word Darling met R800000 vir verskeie verfraaiingsprojekte beloon. “Wat as ’n haastige idee begin het, het gou ’n passievolle gemeenskapsbeweging geword om Darling weer te laat blom,” vertel sy Die Oh So Darling Projectskomitee is in Februarie 2025 amptelik gestig en bestaan uit toegewyde en uiteenlopende vrywilligers, naamlik Van der Wal, Lize Bester, Sharon Burger, Marius Vlotman, Florence Tango, Annetjie Kleynhans, Omnia Grobler, Charlton Philander en Megan Devan. Volgens haar bring elke lid unieke vaardighede na die tafel – van organisering en kreatiwiteit tot hande-arbeid en gemeenskapsbetrokkenheid. Hulle deel almal dieselfde droom en dit is om Darling se ruimtes mooi, lewendig en verbindend te maak.” Een van die vier Lottoland-projekte wat die meeste harte gewen het, is Park Close - ’n eensverwaarloosde stukkie grond wat omskep is in ’n pragtige gemeenskapspark. Die idee agter Park Close was eenvoudig, dog betekenisvol Hulle wou ’n ruimte skep waar mense en


natuur saam kan groei. Die span het hul inspirasie behoorlik geput uit elemente eie aan Darling, naamlik die inheemse veldblomme.”Ons wou ’n park skep wat die kleure, patrone en skoonheid van ons natuurlike omgewing weerspieël Vandag spog die park met mosaïekbankies, volkome geïnspireer deur Darling se blomme-erfenis. Hier vind kuns en natuur ’n volmaakte balans. Daar is ook nou netjies versorgde piekniekareas onder die bome waar gesinne en vriende saam kan ontspan. Met Park Close tans in die kollig, bly dié span werk aan ’n groter droom vir Darling vorentoe. Ander voltooide projekte sluit in die vernuwing van die munisipale swembad se buitemure deur ’n kleurvolle kunskompetisie met plaaslike skole, die versiering van Hoofstraat met muurskilderye deur plaaslike kunstenaars, en die verf van die Darling Outreach Foundation-gebou. “Elke projek vier die samewerking en kreatiwiteit wat hierdie klein, passievolle dorp definieer,” sê sy.
Die toekoms vir die projekte lyk blink soos die Oh So Darling-span reeds woeker en nuwe moontlikhede ondersoek. “Ons kyk na verdere projekte om ons dorp te bly ophef,” sê Van der Wal.
“Ons doel is om die energie lewendig te hou, mense saam te bring en seker te maak elke projek wys ons liefde vir Darling Die komitee wil inwoners aanmoedig en uitnooi om betrokke te raak en betrokke te bly, hetsy deur vrywillige bystand, idees of bloot trots te wees op die veranderinge wat om hulle gebeur en te help om dit in stand te hou. Die inisiatief se finansiële vennoot, The Darling Trust, help om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker en skenkings kan aan die trust, met die verwysing “Oh So Darling”, gegee word.”Wanneer mense saamstaan met ’n gedeelde doel, kan selfs die kleinste saad iets besonders word. Darling is nie net ’n dorp nie – dit is ’n gemeenskap wat saam blom.”

‘Erfenis in die grond’ delf diep in familieboerderye
In ’n tyd waar familieboerdery wêreldwyd onder druk verkeer, bring VIA se splinternuwe reeks Erfenis in die grond weer hoop, trots en inspirasie terug na die plaaswerf Hierdie stories is ’n bewys van erfenis wat nie net geërf word nie, maar daagliks opgebou en bewerk word
Die aanbieder, Peter Pentz – ’n inwoner van Darling en wat deel van sy eie familieboerdery Groote Post is – bied ’n vars perspektief as ’n jong stem in die landboubedryf en iemand wat self tussen generasies beweeg en verstaan hoe tradisie en vernuwing mekaar versterk
Hierdie boeiende erfenisreeks van ses episodes delf dieper in die ryk, diverse geskiedenis van Suid-Afrika se bekende familieplase, wat wissel van wynlande tot vrugteboorde, groenteplase en veeboerderye
Erfenis in die grond vertel die inspirerende verhale van ses suksesvolle plase se unieke geskiedenis, hul tradisies en die bydrae wat elkeen steeds tot Suid-Afrika se landboulandskap lewer Allesverloren, die bekende wynlandgoed in Riebeek-Wes, is een van die plase wat besoek is Peter beskryf die reeks as ’n eerlike en opregte kykie in die lewe van Suid-Afrikaanse boere en hul gesinne
“Ek het tussen wingerde op Groote Post grootgeword en dis waarskynlik hoekom die stories in hierdie reeks my so diep raak Dis eerlike, rou en mooi stories van mense wat vir hul grond en vir mekaar leef Die reeks stel werklik die siel van ons landboubedryf bloot, asook die nalatenskap wat elke generasie agterlaat
“Dit is ’n ongelooflike program met pragtige stories en wonderlike mense wat hul ryk geskiedenis deel, groot passie vir landbou het en daarvolgens bou Die program is ook visueel beeldskoon Ek het saam met ’n ongelooflike span gewerk – kreatiewe, talentvolle mense – en saam het ons duisende kilometers deur die land gereis op soek na al hierdie spesiale stories en om almal op die plase persoonlik te leer ken Dit is die stories van familie en erfenis wat so ’n integrale rol in Suid-Afrika se landbougemeenskap speel ” Gerrie Janse van Vuuren, die medevervaardiger, sê die idee vir die reeks het ontstaan toe hy ’n ruk in die Nuyvallei buite Worcester gewoon het “Ek het op die Conradie-plaas gebly terwyl ek aan ’n ander reeks gewerk het Ek het baie tyd gehad om na al die mooi dinge op die plaas te kyk, asook die indrukwekkende plaashuis en die foto’s van mense wat deel van sy geskiedenis is Ek het gewonder





wat elkeen se storie is Dít is presies wat ons met Erfenis in die grond wou doen – om die stories van die mense op die plase en die pad wat hulle as families gestap het, te deel ” Hy glo kykers sal veral die historiese elemente geniet en die mense se innerlike verhoudings en kring van samewerking van nader kan bekyk
Die mede-vervaardiger Nicolaas Viljoen sê die reeks bring die ryk erfenisverhale wat diep in Suid-Afrika se grond gewortel is, na kykers toe Hy verklap die aanbieder se familieplaas, Groote Post, word ook besoek “Dit was vir ons as ’n span ’n groot voorreg en nadat al die families hul deure vir ons oopgemaak het, ons vriendelik verwelkom het met ’n koppie koffie en varsgebakte beskuit uit die blik, het hulle hul stories met soveel hart gedeel ”
Die plase wat in die reeks te sien is, bestaan uit Malan en Seuns Plesierplante – ses generasies, Magaliesberge, Pretoria-Noord (ornamentale plante en produkte); Heuningkrans – ses generasies, Smithfield, Vrystaat (Merino-skaapboerdery); Allesverloren – vyf generasies, Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap (wynboerdery); Boompie Alleen – vyf generasies, Vrede, Vrystaat (skaap, bees en sojabone); Grootkaliesfontein – vier generasies, Philippolis, Vrystaat (skaapboerdery); en die Swartland se eie Groote Post – vier generasies, Darling, Wes-Kaap (wynboerdery)



Chantélle Hartebeest
Die stryd oor die publikasie van die matriekuitslae het weer onder die soeklig gekom toe die Pretoriase hooggeregshof verlede Dinsdag (28Oktober) in die saak tussen die Inligtingsreguleerder (IR) en die Departement van Basiese Onderwys (DBO) uitspraak voorbehou het.
Die dispuut het oorspronklik in 2022 ontstaan toe die DBO beplan het om te keer dat matriekuitslae in koerante verskyn.
AfriForum en ander organisasies het destyds suksesvol in die hof betoog dat dit in die openbare belang is dat uitslae wel gepubliseer word, mits leerders slegs deur hul eksamennommers geïdentifiseer word. Die DBO het die uitspraak aanvaar en uitslae is sedertdien in 2022, 2023 en 2024 ingevolge hierdie praktyk bekend gemaak.
Nietemin het die IR aan die einde van verlede jaar probeer keer dat die 2024-uitslae gepubliseer word, met die argument dat dit in stryd sou wees met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi). Die poging het egter in Januarie vanjaar misluk toe regter Ronèl Tolmay beslis het publikasie moet toegelaat word.
Die burgerregteorganisasie AfriForum, Maroela Media en ander partye het as belanghebbendes aan die verrigtinge deelgeneem toe die saak verlede Maandag (27Oktober) en Dinsdag (28Oktober) aangehoor is.
“Vir AfriForum is die saak op twee vlakke van belang – dit is vir sommige matrikulante belangrik om hul uitslae so gou as moontlik en so maklik as moontlik in die hande te kry Ons voel dat hul privaatheid voldoende beskerm

word wanneer hul eksamennommers gebruik word om dit te publiseer. Die saak raak ook aan die Popi-wet en daar was nog nie veel litigasie oor dié wet nie. Hierdie saak gaan baie bydra tot wanneer ’n saak in die openbare belang is en wanneer iemand se privaatheid geskend word,” sê Alana Bailey, AfriForum se hoof vir kultuursake.
Tydens die jongste hofverrigtinge het adv Marius Oosthuizen SC namens die DBO aangevoer dat die gebruik van eksamennommers voldoende beskerming bied vir leerders se privaatheid en dat mediavryheid in ’n demokrasie beskerm moet word Adv. Quintus Pelser SC, wat AfriForum, Maroela Media en Anlé Spies verteenwoordig, het beklemtoon dat Maroela Media gratis nuus aan die publiek bied en dat die IR nog geen leerder oor hul standpunt oor die publikasie geraadpleeg het nie.
Dit is nie in hierdie stadium duidelik wanneer die hof sy uitspraak bekend gaan maak nie.

Jana Scheepers
Several businesses in the Drakenstein area, including Paarl-based construction companies, are struggling to operate due to ongoing delays at the national Compensation Fund, a staterun body responsible for assisting employees injured or made ill at work.
The fund, established under the South African Compensation for Occupational Injuries and Diseases Act 130 of 1993, provides financial support to workers or their families in cases of work-related injury illness or death
Attempts to contact the Compensation Fund have been largely unsuccessful, with "telephone lines and emails not working or the system being offline," the source said
They added they had handed in 100 "manual" registrations this year, whereas roughly three years ago between 200 and 300 registrations would typically be completed annually.
The source explained that businesses can register their employees through two channels, either directly via the Compensation Fund's online platform or by using the services of an external specialist. Errors made during self-registration

Charlotte Lesch
The Swartland Community Cadet Squad has once again proven that determination and teamwork can overcome even the toughest challenges.
Led by president Chantal Snell, the squad has been active in the Swartland region for the past four years, drawing enthusiastic young cadets from across the district including Dassenberg, Abbotsdale, Riebeek Wes, Riebeek Kasteel, and the farming communities along the R45 (Malmesbury Team). This year, 20 cadets proudly represented Swartland and the Western Cape at the South African School Band Association (SASBA) National Championships held in Durban, competing in both the Drumline and Show Band categories.
Despite facing large and well-resourced high school bands, some with as many as 80 to 100 members, the Swartland

cadets stood tall Performing with passion and pride, the team earned a Gold Certificate for Best Community Band, a remarkable achievement for a community-based group consisting of learners from Grade 2 to Grade 10.“Our motto is ‘Swartland Skrik vir Niks!’,” said Snell. “We didn’t go there expecting to win our goal was
to learn, grow, and improve our performance. But our cadets gave it their all, and they came home victorious.”The journey to Durban was made possible through months of local fundraising, as the squad received no financial assistance from municipal or provincial departments. “It wasn’t easy,” Snell added, “but our community
pulled together We left Malmesbury at 04:00 on 10 October and arrived in Durban the next morning just in time to perform that afternoon and they still gave it their absolute best. ”The dancers who form part of the team hail from Meiring Primary and Moorreesburg High, while the musicians come from Anne Pienaar Primary, Chatsworth
Primary, Liebenberg Primary, O.J Erasmus Primary, Wesbank High, Schoonspruit High, and Swartland High After returning from Nationals, the group proudly showcased their talent in a Road March in Saldanha Bay, and they are now preparing for a major cadet competition to be held in Malmesbury on 6 December, where six cadet squads will compete.
In addition to their band performances, the Swartland cadets also participate in Hip Hop dance under the community programme “Hip Hop Dans met ons Community Cadet Squads in Swartland ” In May, they travelled to Cape Town to take part in a Hip Hop Dance Competition yet another example of how the youth of Swartland continue to grow in talent and confidence The Swartland Community Cadet Squad practices weekly at their headquarters in Chatsworth and continues to inspire local youth through music, discipline, and teamwork.









ChantélleHartebeest
Die feesvieringe om Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal te gedenk, is die afgelope naweek by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl afgesluit.
Suid-Afrikaners oor die land heen het vanjaar die mylpaal van Afrikaans met verskeie saamtrekke gevier
Die Solidariteit-beweging het vroeër vanjaar reuseletters wat Afrikaans uitspel en kunstig versier is, op ’n vragmotor gelaai en van Pretoria tot in die Paarl ter viering van dié mylpaal gereis
Carien Bloem, die hoof van onderwysprojekte by AfriForum en projekleier van die Afrikaans Amptelik 100-lettertoer, het destyds aan Gazette se susterskoerant, Paarl Post, gesê hulle wou graag as ’n organisasie wat in die noorde van die land is, deel van die feesvieringe in die suide wees
“Ons het nie geweet hoe ons dit gaan doen nie, maar ons wou iets doen wat visueel aantreklik en mooi en sigbaar is en mense kan wys wat alles al in Afrikaans in die noorde van die land gedoen is en gedoen word Dis toe ons besluit het om die reuseletters te maak Agt verskillende
instellings binne die Solidariteit-beweging het elkeen ’n letter gekry, asook die Afrikaans Amptelik 100 se oorsigkomitee Hulle het toe elkeen hul kreatiwiteit ingespan en met illustrasies en woorde uitgebeeld wat hulle doen ”
Dit het 16 uur en 1 400 km geverg om die versierde letters van Pretoria tot by die Afrikaanse Taalmonument te vervoer Met die afgelope naweek se Afrikaans 100- Feesmark en Makietie het feesgangers die trotse taal jolig saam gevier Mense het van wyd en syd gekom om hulself en hul taal te geniet Die vieringe het iets vir almal ingesluit – van lekker Afrikaanse musiek tot die rieldansers wat die stof laat staan en feesgangers elke ritme geniet het Die reuk van heerlike kosgeregte het ook tot die feesatmosfeer bygedra Dit het heerlike kerriegeregte, natuurlik sappige biltong, selfs brandrissiebeet, roomys en die gewilde boba-drankies waaroor die jongspan mal is, ingesluit Verskeie stalletjies het ook die kinders se aandag getrek, wat mamma en pappa laat “uithaal” het Die Afrikaans 100-feesvieringe is nou wel verby, maar dit is gewis veilig om te sê dat die taal in die murg en been van Suid-Afrikaners verder voortleef
For this recipe, the steaks are cut into slices, spiced and cooked very quickly in the air-fryer The meat turns out tender and delicious; just don’t be tempted to overcook it
Serves: 4
Preparation time: 20 minutes
Cooking time: 30 minutes
Air-fryer temperature: 200 ºC
Ingredients
4 large potatoes (use a floury variety that are good for baking such as Avalanche or Sifra)
600 g ostrich or beef fillet
Canola oil
Texan sizzling steak spice
Snipped chives, to serve
Salad, to serve
Amasi sauce
100 ml amasi (or use buttermilk)
100 ml mayonnaise
1 clove garlic, crushed
2 spring onions, finely sliced
5 ml chutney
1 Wash the potatoes, then prick them a few times with a fork Bake on high in the microwave oven for 8-10 minutes until tender Turn over halfway through the cooking time
2 While the potatoes are baking, slice the meat into thin 5-mm slices Drizzle with oil and sprinkle with the sizzling steak spice
3 Amasi sauce - Mix the amasi, mayonnaise, garlic, spring onions and chutney together and set aside
4 Preheat the air fryer to 200 ºC Drizzle the potatoes with the oil and sprinkle with salt Bake in the air-fryer for 12-15 minutes, turning them over halfway through the cooking time
5 Remove the potatoes and put the steak

slices into the air-fryer basket in a single layer Cook for 2-3 minutes, turning the slices over halfway through the cooking time
6 Using a knife, make a criss-cross pattern in the top of each potato Squeeze the potato to expose the flesh Serve each potato drizzled with the sauce, with the steak slices on the side Sprinkle with chives, and serve a salad on the side
This is an extract taken from 30-Minute South African Air-Fryer Cookbook by Louisa Holst, published by Human & Rousseau and retailing for R380 00



Ná ’n sterk vertoning teen Hillcrest United verlede Saterdag (25 Oktober) het Abbotsdale Lillies die afgelope Saterdag (1 November) hul grootste toets in die Sanlam-Boland-Top-12 teen die verdedigende kampioene, Robertson Town, aangepak.
Lillies het die wedstryd afgeskop en Robertson vroeg onder druk geplaas. Hulle het twee keer die kans gehad om eerste punte aan te teken, maar nie daarin geslaag nie. Die wedstryd was die eerste 20 minute taai en geen punte is behaal nie, wat Robertson Town se frustrasie duidelik gewys het deurdat hulle baie strafskoppe afgestaan het. Hul frustrasie het ontplof met kragtige
spel en Town het binne 20 minute vier drieë gaan druk, wat die telling tot 24-0 geneem het toe die manne gaan water drink het.
Lillies se dissipline het hulle in die tweede helfte met twee geelkaarte in die steek gelaat en Robertson het die momentum behou met nog drieë en ’n strafdrie, wat die telling tot 59-0 gestoot het.
Lillies het laat met twee drieë teruggeslaan, maar Robertson het in beseringstyd nog twee keer oorgeduik om die eindtelling op 80-12 te bring – Lillies se grootste nederlaag in die kompetisie. Hoewel hulle aanvanklik sterk teenstand gebied het, het swak dissipline en verdediging in die tweede helfte kommer gewek. Met hul laaste wedstryd teen Safcol United Saterdag (8November), wag nog
’n opdraendestryd vir Denna Koopman en sy span. Hulle sal gewis aan hul dissipline en verdediging moet werk om nie dieselfde foute as teen Robertson te maak nie.
•In ’n maak-of-breek wedstryd op die Alpha Straat Sportgronde tussen Wesbank en Villagers Worcester het Dashston Wellman vroeg deurgebreek, maar Villagers het vinnig teruggekap en in die 10de minuut hul eerste drie gedruk om gelyk te trek, kort daarna gevolg deur ’n tweede en selfs ’n derde drie, om die telling tot 19-7 te neem Wesbank het teruggeveg ná ’n fout van Gherswin Africa, wat Javier Farmer en Wellman in staat gestel het om die telling tot 14-19 te verklein. Kort voor rustyd het Wesbank se verdediging en spel verbeter, wat tot hul derde drie gelei
en die telling 19-19 gelykop getrek het. Albei het in die tweede helfte opwindende hardlooprugby gespeel en die skare vermaak. Twee verdoelde drieë aan elke kant het die telling tot 33-33 geneem. ’n Laatloop op Africa van Villagers het Villagers in die laaste oomblikke danksy ’n strafskop 36-33 laat wen.
Hoewel Wesbank se deelname nou verby is, kan hulle komende Saterdag nog Roses United se posisie beïnvloed wanneer dié twee in die laaste wedstryd van die vyfde ronde kragte meet.
Volledige uitslae:
Saldanhabaai 32-23 Delicious NW; Vanrhynsdorp Eales 29-48 Vredenburg; Wesbank 33-36 Villagers Worcester; Robertson Town 80-12 Abbotsdale; Roses United 17-21 Botrivier; en Safcol United 19-22 Hillcrest United
South Africa’s women’s cricket team etched their names into history on Sunday, claiming a silver medal at the ICC Women’s World Cup 2025 after falling to India in a thrilling final that saw the hosts capture their maiden world title. India clinched the match with 298/7 while South Africa finished at 246 all out.
The Proteas’ journey to their first-ever World Cup final captivated a nation and established new benchmarks
for women’s cricket in South Africa, despite ultimately falling short of the ultimate prize.
Captain Laura Wolvaardt led from the front throughout the tournament, finishing as the leading run-scorer with a remarkable 571 runs. Her crowning moment came in the semi-final against England, where she smashed an extraordinary 169 – the highest individual score by a captain in a World Cup knockout fixture.
“This achievement represents a watershed moment for South
African women’s cricket,” said team management following the final. The Proteas’ semifinal performance epitomised their tournament excellence, posting their highest-ever total in a Women’s World Cup match with 319/7 against England.
Veteran all-rounder Marizanne Kapp also made history during the tournament, becoming the all-time leading wicket-taker in ICC Women’s World Cup history with 44 career wickets, cementing her legacy as one of the game’s greatest
performers For India, Sunday’s victory represented the culmination of years of preparation and investment in women’s cricket.
The hosts’ triumph in front of their home crowd provided the perfect ending to what many considered the most competitive Women’s World Cup to date The tournament showcased the rapid growth of women’s cricket globally, with South Africa’s breakthrough performance highlighting the sport’s expanding reach across tradi-
tional cricket nations
While the Proteas return home without the trophy they desperately sought, their silver medal has laid the foundation for future success and inspired a new generation of young cricketers.
The team’s historic run to the final, built on exceptional individual performances and collective determination, ensures their 2025 World Cup campaign will be remembered as a turning point for SA women’s cricket.