Gazette-ST-E-edition-25 November 2025

Page 1


Die polisiebeamptes van Moorreesburg verantwoordelik vir die aankeer van vier verdagtes wat onder meer van huisbraak en die onwettige besit van ’n vuurwapen beskuldig word.

4 vas oor huisbraak, pistool

Drie minderjarige verdagtes, wat van huisbraak beskuldig word, is verlede week deur lede van die Moorreesburgpolisiekantoor vasgetrek, terwyl ’n vierde verdagte vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem is. Die verdagtes is almal tussen 16 en 17 jaar oud.

Hul inhegtenisneming volg nadat ’n klagte Maandag (17 November) omstreeks 14:45 by die polisie aangemeld is Die klaer, ’n bekende inwoner (81) van die dorp, het ’n oproep van nóg ’n inwoner ontvang om hom te waarsku oor drie tieners wat naby sy eiendom gewaar is Hy het kort daarna klippe op sy dak hoor val. “Die klaer is met ’n vuurwapen na buite. Dit is toe ’n bakleiery tussen die klaer en die verdagtes uitgebreek het,” bevestig die polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie. Een van die verdagtes het te midde van die bakleiery ’n blompot teen die klaer se been gegooi. Met die klaer se val, het die verdagtes die huis binnegegaan en ’n selfoon ter waarde van R1800 gesteel Die klaer se vuurwapen is intussen by hom afgevat toe hulle te voet van die betrokke perseel gevlug het. Die bejaarde is weens sy beserings in die hospitaal opgeneem. Sy enkel is gedurende die aanranding gebreek en hy sterk steeds in die Crest-

’n Onwettige vuurwapen met ammunisie is verlede week by verdagtes in Moorreesburg gekry

care-Malmesbury-hospitaal aan. Die polisie het op dieselfde dag drie verdagtes aangekeer. By verdere ondersoek is ’n 17-jarige vir die besit van die betrokke vuurwapen in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is in April 2022 vir moord aangekeer. Die verdagtes het Vrydag (21 November) in die Moorreesburg-landdroshof verskyn, asook Maandag (24 November) om vir regshulp aansoek te doen.

Klagtes stroom in oor plakkers

Onwettige besetters op ’n oop stuk erf in Loedolfstraat reg langs die Weskuskollege in Malmesbury het die afgelope week klagtes na vore gebring nadat ’n groep hawelose inwoners binne ’n kort tydperk glo aansienlik vermeerder het.

Volgens sommige inwoners en personeel van die kollege begin die informele nedersetting al erger lyk namate getalle onder besetters toeneem. Waar voorheen slegs haweloses in die nag daar kom slaap het, het informele strukture intussen hul verskyning gemaak.

Die Weskus-kollege se bestuur het in reaksie op navrae bevestig hulle is bewus van die hawelose mense op die betrokke perseel reg langs die Malmesbury-kampus, wat in die tussentyd informele strukture daar begin oprig het.

Volgens die kollege is die stuk grond geoormerk vir toekomstige ontwikkelings, insluitend bykomende parkeerterreine en ’n nuwe saal, wat op die kampusterrein gebou gaan word

“Die kollege is in verbinding met die Swartland-munisipaliteit en die plaaslike polisie oor die aangeleentheid. Ons sal binnekort die polisie en die hof van die nodige dokumente voorsien om die formele uitsettingsproses te begin,” het die kollege in ’n verklaring bevestig.

“Die proses sal voortaan verseker die individue betrokke ontvang die nodige bystand met die soeke na ’n ander heen-

kome, terwyl die kollege terselfdertyd aan alle wetlike vereistes voldoen,” voeg die waarnemende hoof van korporatiewe dienste by die Weskus-kollege, Sulaiman Maeresera, by.

Die kollege het in hul verklaring samewerking tussen dié instelling, die munisipaliteit en die polisie verseker sodat die saak op ’n wetlike en gerespekteerde wyse hanteer word en die voorbereiding ten opsigte van die beplande ontwikkelings kan begin.

Sers Henry du Randt, ’n woordvoerder vir die Malmesbury-polisie, het op sy beurt bevestig die polisie is bewus van die informele nedersetting en dat ’n klagte van die publiek ontvang is

’n Oop stuk erf in Loedolfstraat, Malmesbury, waar informele strukture deur onwettige besetters opgerig word, het tot klagtes gelei

Enkelouers vir nog 12 jaar vereer

Enkelouers van matrikulante in die Swartland was die afgelope naweek in die kollig danksy 12 jaar se onbaatsugtige ondersteuning, toewyding, volharding en onvoorwaardelike liefde.

Die organisasie sonder winsbejag Undercover Heroes het op 22 November ’n spesiale sertifikateseremonie vir enkelouers by Wesbank Sekondêr vir ’n groep enkelouers aangebied waar op hulle eerder as hul kinders wat vanjaar matriek voltooi, gefokus is Undercover Heroes is ’n gemeenskapsgedrewe organisasie wat daarop ingestel is om enkelouers en hul familielede te bemagtig, op te hef, te ondersteun, geleenthede te skep en waardigheid terug te bring Die organisasie, wat in 2019 deur ’n oudinwoner van Malmesbury, Nadia Boezak, gestig is, het die eerste keer ’n soortgelyke seremonie in 2023 in die Kaap aangebied

Dit was egter die eerste seremonie vir enkelouers in Malmesbury

Boezak het gedurende die geleentheid aan gaste en ouers vertel sy het vir 11 jaar lank ervaar hoe dit is om ’n enkelouer te wees Sy beskou haarself eerder as die geboortegewer van die organisasie as die stigter, omdat Undercover Heroes volgens haar al lank voor haar geboortedag op God se radar was “Ek moes self deur die reis en die gesukkel van enkelouerskap gaan Ek was in julle skoene en ek ken die stryd ” Sy verduidelik die organisasie se hoekstene is gebou op die geloof dat gewone mense tot buitengewone dinge in staat is “Hier glo ons eenvoudige dade en bloot vriendelike gebare het ’n blywende invloed – hetsy dit nou ’n versorgingspakkie aan ’n matrikulant is of ’n veilige hawe vir gesprekvoering Hier word ’n verskil in

“Julle het ’n goeie werk gedoen ” Om werklik ’n verskil te maak en vir die organisasie se voortbestaan, is die betrokkenheid van die gemeenskap – hetsy plaaslike ondernemings of inwoners –noodsaaklik Boezak sê van die aktwiteite behels die verf en opknap van enkelouers se huise, herstelwerk waar nodig en ondersteuning op verskeie vlakke Hulle bied webinaars aan ouers waarin verskeie onderwerpe bespreek en wenke gedeel word, soos onder andere geestesgesondheid en geldsake Daar is ook maandeliks byeenkomste waar enkleouers bygemaak kan kom Daarom is hul slagspreuk nie verniet “Ondersteun saam enkelouers”

nie “Ons staan saam Daar is geen limiet op die impak wat ons kan maak nie ” Volgens Boezak praat enkelouers dieselfte taal. “Jy is altyd moeg; geld is alewig ’n uitdaging Daar is net sekere uitdagings wat saam met enkelouerskap kom “As jy ooit gewonder het of daar ’n God is – daar is Hy ken al jou trane, al jou uitdagings, struikelblokke en elke stryd en hy het ons gestuur om vandag vir jou te sê jy doen ongelooflike werk As niemand nog vandag vir jou dankie gesê het nie, sê ons vandag vir jou dankie vir al jou liefde en toewyding vir daardie ekstra moeite wanneer jy geen meer energie het nie Jy daag steeds op Ons eer jou vandag Daar

is ’n held binne jou Jy het dit gemaak ” Die gasspreker was die plaaslike voormalige SA 7’s-rugbyspeler Kirsten Conrad, wat ook deur ’n enkelouer grootgemaak is. Haar boodskap aan ouers was om na hul kinders te luister en nooit op te gee nie, “ongeag hoe moeilik tye raak nie” “En bly biddend,” voeg sy by Volgens haar is dit vir ’n kind genoeg om nou en dan te hoor ‘ek is lief vir jou’ “Ondersteun jou kind, maar onthou altyd wie die ouer is ” Sy is vandag baie dankbaar vir elke ouer en haar enkel-ouma vir wat hulle vir haar gedoen het “Jou kind sal altyd sy ma of pa of voog nodig hê, selfs na matriek ”

’n Groep enkelouers wie se kinders vanjaar matrikuleer, is op 22 November gedurende ’n seremonie van hul eie vir hul harde werk, opofferings en ondersteuning vir die afgelope 12 jaar vereer

Still 17000 on waiting list

In the weeks leading up to Christmas, Swartland Municipality is handing over houses to the beneficiaries of housing projects across the region

This early Christmas gift to 145 beneficiaries will help restore dignity and hope to residents who have struggled for many years to gain access to safe shelter, the municipality conveyed on Friday (21 November) Swartland Municipality is currently involved in three housing projects, each at a different stage of development

The largest of these is the De Hoop Housing Project, which is now in its second phase

During the first phase, 395 houses with title deeds were handed over to residents The second phase will deliver a further 166 houses, with a budget of R31 500 000 During November and December 2025, fifty beneficiaries from this project will receive the keys to their new homes and the title deeds will follow in the next few weeks

According to the municipality, the Darling Project Phase 1 will consist of 139 units once completed and will be delivered at a cost of R27 109 000 Construction began in 2024 with the installation of civil engineering services, followed by top-structure construction during the 2025/26 financial

year By the end of November and December 2025, Swartland Municipality will have handed over 32 units to proud new homeowners in Darling The Moorreesburg Project, Phase 1, also began in 2024 and, by December 2025, 63 beneficiaries will be able to move into their new houses Once completed, this project will deliver a total of 280 units at an estimated cost of R77 000 000 During the first handover ceremonies, executive mayor Harold Cleophas had one clear message: “This is your house Take care of it to the best of your ability There will not be another opportunity ”Cleophas emphasized that every beneficiary must understand how fortunate they are to receive a house, and that homeownership comes with responsibil-

ities “Handing over the keys to beneficiaries is always very emotional It is almost always accompanied by tears of gratitude from beneficiaries who have waited for a very long time to have a place they can call their own Every time we do this, we hear stories of people being evicted and exploited, sometimes by family members, sometimes by landlords It is an incredible privilege for me to hand over the keys to someone and know that it has changed their entire life,” said Cleophas They emphasised how housing remains an immense challenge for local governments across South Africa "The provision of housing is complicated by the common

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 48/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING ERF 2828, MOORREESBURG

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299

Tel no. 022 482 1845

Eienaar: EP & R Mar�n, Omegastraat 6, Moorreesburg, 7310

Tel no. 078 935 2075

Verwysingsnommer: 15/3/3-9/Erf_2828 15/3/6-9/Erf_2828

Eiendomsbeskrywing: Erf 2828, Moorreesburg

Fisiese Adres: Omegastraat 6, Moorreesburg

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 2828, Moorreesburg, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 2828 (groot 2,3793ha) hersoneer word vanaf Residensiële sone 1 na Onderverdelingsgebied ten einde voorsiening te maak vir die volgende grondgebruike, naamlik:Sakesone2,Residensiëlesone5enVervoersone2.

Die aansoek om onderverdeling van erf 2828, Moorreesburg, ingevolge ar kel 25(2)(d) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang. Die voorstel is dat erf 2828 (groot 2,3793ha) onderverdeel word in 'n restant (groot 1,8728ha),gedeelteA(groot5015m²),gedeeltesBtotE(groot1,5m²onderskeidelik).

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 23 Januarie 2026 om 15:45. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400. Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel.

Munisipale Bestuurder

J J SCHOLTZ Kerkstraat 1 Munisipale Kantoor

misconception that municipalities budget for and build these projects themselves Housing projects are complete dependent on funding from provincial and national government departments, as well as the availability of suitable land " Swartland Municipality includes 11 towns and villages, and it is according to them important that housing projects are rolled out in a fair sequence so that all communities have an opportunity to benefit They explain however, the availability of funding and suitable land continues to determine how and when projects can be implemented Swartland Municipality’s approach to housing construction is highly collaborative A

000000000-ST251125

housing committee is established for each project, and eleborate that every contractor is required to appoint a community liaison officer who serves as an intermediary between the community and the contractor regarding employment opportunities "By ensuring a collaborative and inclusive process, the municipality helps to minimize delays and maintain effective problem-solving structures throughout the project cycle

The criteria for qualification are determined and enforced by the national department of human settlements, which can also lead to frustration within communities Regulations required by national government, and followed by all municipalities, state that IRDP beneficiaries must earn no more than R3 500 per household per month, not have owned property in the past and include pensioners, military veterans and persons with disabilities

The waiting list for housing in the Swartland stands at 17 000 people The need far outstrips the supply and is devastating to see the desperate need or residents

"Swartland Municipality will however make every effort to ensure the allocated funds for housing projects are spent to create opportunities for our residents in need," they concluded in a press release

SWARTLAND MUNISIPALITEIT

KENNISGEWING 49/2025/2026

VOORGESTELDE HERSONERING EN AFWYKING VAN ONTWIKKELINGSPARAMETERS OP ERF 102, RIEBEEK KASTEEL

Aansoeker: CK Rumboll & Vennote, Posbus 211, Malmesbury, 7299 Tel no. 022 482 1845

Eienaar: MR Maree, Alexanderweg 1, Mowbray, Kaapstad, 7530 Tel no. 083 548 2071

Verwysingsnommer: 15/3/3-11/Erf_102 15/3/4-11/Erf_102

Eiendomsbeskrywing: Erf 102, Riebeek Kasteel

Fisiese Adres: Hermonweg 16, Riebeek Kasteel

Volledige beskrywing van aansoek:

Die aansoek om hersonering van erf 102, Riebeek Kasteel, ingevolge ar kel 25(2)(a) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226 van 25 Maart 2020), is ontvang Die voorstel is dat erf 102 (groot 855m²) hersoneer word vanaf Sakesone 2 na Residensiëlesone1teneindediebestaandewoonhuistewe g.

Die aansoek om afwyking van ontwikkelingsparameters op erf 102, Riebeek Kasteel, ingevolge ar kel 25(2)(b) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8226van25Maart2020),isontvang.Dieafwykingsbehelsdievolgende:

• Afwykingvandie4mstraatboulyn(Hermonweg)na3,1m;

• Afwykingvandie4mstraatboulyn(PietRe efstraat)na3,2m;

• Afwykingvandie1,5msyboulyn(oostelikegrens)na1m

(Die afwykings word veroorsaak deur die plasing van bestaande geboue ten opsigte van die voorgesteldesoneringsparameters.)

Kennis word hiermee gegee ingevolge ar kel 55(1) van Swartland Munisipaliteit : Verordening insake Munisipale Grondgebruikbeplanning dat bogenoemde aansoek ontvang is en beskikbaar is vir inspeksie vanaf Maandag tot Donderdag tussen 08:00-13:00 en 13:45 - 17:00 en Vrydag 08:00-13:00 en 13:45 - 15:45 by Departement Ontwikkelingsbestuur, kantoor van die Senior Bestuurder : Ontwikkelingsbestuur, Munisipale Kantoor, Kerkstraat, Malmesbury Enige skri�elike kommentaar hetsy 'n beswaar of ondersteuning kan ingevolge ar kel 60 van genoemde wetgewing aan Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury, 7299/Faks – 022-487 9440/e-pos –swartlandmun@swartland.org.za gestuur word voor of op 23 Januarie 2026 om 15:45. Die kommentaar moet asseblief u naam, adres en kontakbesonderhede asook die voorkeurwyse waarop daar met u gekommunikeer moet word aandui, sowel as u belang by die aansoek asook redes vir u kommentaar Telefoniese navrae kan gerig word aan die stadsbeplanningsafdeling (Alwyn Burger, Herman Olivier en Annelie de Jager) by 022-487 9400 Die Munisipaliteit mag kommentaar wat na die slui ngsdatum ontvang word weier Persone wat nie kan skryf nie sal deur 'n munisipale amptenaarbygestaanwordomhullekommentaaropskriftestel.

Munisipale Kantoor

J J SCHOLTZ Kerkstraat 1 Munisipale Bestuurder MALMESBURY 7300

For Magdelena Fortuin (75) it was an emotional moment when she received the keys to her new home on 13 November in Darling
Johanna Pypers (84) receives the keys to her new home from executive mayor, Harold Cleophas in Moorreesburg on 21 November

Boland-skeidsregters eis grotes se koppe moet rol

’n Groep Bolandse skeidsregters eis die dringende verwydering van die voorsitter asook die adjunkvoorsitter van die Boland-rugbyunie (BRU) se skeidregters-vereniging.

Die skeidsregters het daarin geslaag om die unie sover te kry om in ’n algemene vergadering vir vandag (Dinsdag 25November) te belê, waartydens ’n wantrouemosie teen die twee bestuurslede ingedien sal word.

Die Swartland Gazette se susterskoerant Paarl Post het ’n brief onder oë gehad, wat op 3Oktober deur die groep skeidsregters aan die unie gerig is en waarin hulle onder meer aanvoer dat hulle nie meer vetroue in die skeidregtersvereniging se voorsitter, Sebastian Abrahams, en sy adjunkvoorsitter, Allen Williams, het nie.

“Sy afwesigheid spreek boekdele “Daar is ’n gebrek aan kommunikasie.

“Ons as skeidsregters weet nie wat in die vereniging aangaan nie, want ons het slegs twee ledevergaderings vir die jaar tot nou gehou,” lui die brief

“Die vergaderings is noodsaaklik vir die suksesvolle administrasie van ’n vereniging.

“Die feit dat die voorsitter Saterdae by klubrugbywedstryde kommentaar lewer, is werklik ’n bron tot kommer. Het hy [ook] tyd om na skeidsregters se vertonings te kyk en raad te verskaf?

“Dit lyk asof die voorsitter van hierdie vereniging wil dikteer en vir sekere individue sal wys hy sal doen wat hy voel reg is om te doen. Dit is die rede hoekom dinge in hierdie vereniging besig is om uitmekaar te val.

“Dit lyk asof die voorsitter alleen besluite neem en selde ’n mandaat by sy medebestuurslede kry,” skryf die skeidsregters verder in die brief

Die skeidsregters haal dan verder aan uit die skeidsregtersvereniging se beleid

vir algemene bestuur, wat vir wantrouemosies voorsiening maak.

“Ons versoek ’n tydige en gepaste reaksie op hierdie kennisgewing en dat hierdie mosie so gou as moontlik vir bespreking geskeduleer word,” sluit hulle hul brief af.

Linston Manuels, die BRU se afrigtersbestuurder, het die egtheid van die brief by navraag bevestig, asook van ’n brief wat deur die unie uitgereik is waarin hy bevestig dat die wantrouemosie vanaand (Dinsdag 25November) op ’n algemene vergadering gaan dien.

Die mosie is die enigste punt op die sakelys

“Die inligting is heeltemal korrek. Ons kan bevestig dat ’n mosie wel teen die twee betrokke lede gebring is.

“Die mosie, wat vir Dinsdag 25November net ná die Top-12-eindstryd geskeduleer is, is nog op track

“Skeidregters het hul ongelukkigheid uitgespreek oor hoe die vereniging bestuur word – veral deur die voorsitter.

“Daar is natuurlik verskeie redes wat deur die skeidsregters aangevoer is.

“Ons skeidsregters se grondwet maak voorsiening vir sulke mosies, wat deur minstens 10 skeidsregters ondersteun en geteken moet word, wat wel hier die geval was,” het Manuels gesê.

Die Weskus-distrikmunisipaliteit se onderburgemeester, Sandra Crafford, saam met die hoof van die Weskus-kollege, Lungisa Mbulawa, gedurende sy voorlegging

Weskus-kollege onthul planne

Die Weskus-kollege het onlangs die geleentheid gekry om sy huidige inisiatiewe en toekomstige ontwikkelingsplanne in die raadsaal van die Weskus-distriksmunisipaliteit aan die Weskus-distrikskoördineerdersforum voor te lê. Die geleentheid is op 20 November deur burgemeesters en munisipale bestuurders van reg oor die distrik bygewoon.

André Truter, die burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het die kollege na afloop van die voorlegging geloof en met die aanbieding gelukgewens. Munisipale leiers en verteenwoordigers van reg oor die distrik het hul ondersteuning teenoor die kollege en die belangrikheid van sterker, volgehoue samewerking tussen munisipaliteite en die instelling beklemtoon. Klem is gelê op die noodsaaklikheid van voortgesette

betrokkenheid vir die bevordering van vaardigheidsontwikkeling en die ondersteuning van volhoubare ekonomiese groei in die Weskusdistrik.

Lungisa Mbulawa, die hoof van die kollege, het die positiewe terugvoer verwelkom “Ons waardeer die aanmoediging wat ons van die munisipaliteite ontvang het en verwelkom groter betrokkenheid wat vaardigheidsontwikkeling, werkskepping en ekonomiese groei sal help bevorder nie net binne die distrik nie, maar ook in die provinsie en die land.”

Die Weskus-kollege beplan voortaan om sy vennootskappe met plaaslike munisipaliteite uit te brei en verdere samewerking met sakekamers en ander belanghebbendes te ondersoek. Die instelling het sy verbintenis herbevestig om relevante opleiding te bied wat aan die behoeftes van ekonomiese ontwikkeling in die Weskus voldoen

Foto ter illustrasie Foto: Argief

Opwipkunsgalery verskyn uit niet

’n Unieke opwip-kunsgalery waar tien plaaslike kunstenaars van Darling se werk op uitstalling sal wees, is die perfekte geleentheid vir daardie laaste jaareind- of Kersfeesinkopies Die oorsprong agter dié kunsgalery spruit uit veel meer as bloot kuns uit ’n hardwerkende man wat sy meubelfabriek al in 1945 geopen het.

Mera Ko-op, die naam van die kunsateljee verantwoordelik vir die opwip-kunsgalery, is ’n kreatiewe familie-samewerking tussen ’n pa en sy twee dogters – iets wat na regte ’n verhaal is wat al geslagte lank aankom Hierdie “artistieke“ familie-uitdrukking van talent, vaardigheid en tegniek deur verskeie kunsmedia soos hout, klei, vesel en vele meer, dateer meer as 80 jaar terug, vertel die plaaslike inwoner en oudste dogter Charmaine Maré

Mera Meubels is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog deur haar oupa Arie Abraham Maré oopgemaak Haar pa, Daniël Jacobus Maré, beter bekend as Joop, het in die voetspore van die geslagte voor hom geloop en twee suksesvolle meubelfabrieke van sy eie op die been gebring “Oupa Arie en my pa het talle skoupryse vir hul kunstige, eiesoortige meubels gewen,“ vertel sy trots Nes hul pa het sy twee dogters, Charmaine en Lorraine, in die meubelfabrieke grootgeword Die Maré’s het intussen na Darling verhuis, waar hulle die afgelope vyf jaar woon Vir Joop is dit te Engels en hy meen hy bly in “Skattebolvill”, slegs 500m van mekaar saam met sy oudste op die “Tsion-landgoed” en die jongste en sy skoonseun by “Darling Cottage“ Joop (83) is die houtkenner, -fluisteraar en -towenaar in die familie, met houtdraaiwerk heel bo aan sy lys van fokusareas nadat sy laaste meubelfabriek verkoop is Nou werk hy uit sy eie werkswinkel in “Skattebolville“ en huiwer nie om die artistieke skatte te ontdek wat in elke stuk hout wag om onthul te word nie Ontwerp is vir hom baie belangrik Hout is in sy DNS as Franse Huggenoot Hy kyk letterlik ’n houtdraai-werkontwerp uit ’n boomstomp of tak uit. Joop sê nooit nee vir ’n stukkie hout nie Skenkings is altyd welkom en as hy genoeg

hout het, word jy met ’n unieke, handgedraaide kelkie beloon, verduidelik Charmaine verder Luwandle is die naam waaragter haar kunswerke met die kenteken van ’n seekoei skuil Luwandle is die isiZulu- stamnaam en vertaling naaste aan haar Franse van, Maré, sê sy Sy is in die isiZulu-kultuur grootgemaak en isiZulu is haar derde mees vaardige taal Van haar kunswerke kommunikeer isiZulu-invloede Sy is ’n veelsydige kunstenaar en werk met verskillende mediums

EIEGALERY

Lorraine het haar eie kunsgalery Wanneer sy nie self uitstal nie, stal sy saam met die Mere-Ko-op uit Die inspirasie agter SpykerKuns, haar galery se naam, se werk is om aan elke kunswerk ’n uniekheid te skenk om te sien hoe mense daarop reageer Sy geniet dit ook om saam met haar pa met hout te werk en is baie trots om al ’n jaar lank saam met hom in sy werkswinkel (Joop se Hoop) te werk. “Dis nie ’n gier wat verbywaai nie Daar is altyd iets nuut en interessant in hout Soms is

dit asof die hout met jou praat,’ vertel haar ouer suster Dié bekroonde kunstenaar agter SprykerKuns is veelsydig met vele trofeë op haar kerfstok wat sy reeds op skool begin inpalm het Haar houtdraaikuns, getiteld Borer Beetle Tunnels, is onder meer gekies vir die uitstalling by die Jan Rupert-kunssentrum, wat tot onlangs in Graaff-Reinet te sien was Straus & Co het haar kunswerk vir tussen R4000 en R6000 waardeer – sonder dat sy formele kunsopleiding het

Die Maré’s beskryf hulself saam met talle ander kunstenaars in die dorp as buitestander-kunstenaars wat nie deel van die hoofstroomkunswêreld is nie en geen formele opleiding het om te wys nie Sommige was motorwerktuigkundiges, terwyl ’n ander ’n regsgeleerde is Een van hulle is ’n afgetredene wat op ’n tyd ’n ingenieurs-tekenaar was Onder hulle is selfs ’n politieke wetenskaplike en eiendomsagent Hul kunswerk is deur die jare verfyn deur nuwe verbeeldingryke interpretasies soos hulle die lewe verken

“Elke kunswerk vertel ’n storie, waarin die medium die held is,” sê Charmaine

NETHIERDIENAWEEKTESIEN

Al drie die Maré’s se kunswerke saam met dié van nog sewe plaaslike inwoners sal Saterdag en Sondag (29 en 30 November) by Mera Ko-op se opwip-kunsgalery by Prospectstraat 5 in Darling te sien wees Charmaine en haar pa se eerste uitstalling was in 2024 Dit was intussen haar missie om die “buite“-kunstenaars (en besoekers) te wys hul talent kan ten toon gestel word en dat die konsep van ’n opwipgalery of -ateljee suksesvol bestuur kan word “Die doel was om al die “heilige koeie“ in die kunswêreld te slag Ek het Tsion [landgoed] vanjaar oopgestel vir almal wat ek uit hul doppe gaan trek het Hulle was so geskok om te sien hoe hulle kuns ten toon gestel word en hoe mense dit koop ” Charmaine meen besoekers staan verstom oor die konsep van ’n opwip-galery en ateljee met soveel diverse kunsitems, talent en die feit dat nie een van

hulle formele kunsopleiding het nie “Dit is net natuurlike, rou talent ” Met die laaste ope ateljee hierdie naweek is nege buitekunstenaars en een fynkunstenaar se werk op uitstalling Die opwip-kunsuitstallings op die Tsion-landgoed (stoep en tuin) bring die kuier na vore, meen sy – nie net tussen die kunstenaars nie, maar besoekers van heinde en ver Daar is gewoonlik slegs twee geleenthede per jaar vir ope kunsgalerye en dit is die Darling-veldblomfees in September en die Darling-voorkamerfees Mera Ko-op wil egter meer geleenthede bied vir kunstenaars om uit te stal

Mera Ko-Op het tot ’n borg aanboord, voeg sy trots by Die Marmalade Cat-restaurant in die hoofstraat is langer as ’n jaar gelede verkoop Die nuwe eienaars het die ruimte langs die restaurant verander na “The CatWalk Kolektif“ Een van Lorraine se kunswerke, Angry Face is deur hulle aangekoop en word hier tentoongestel

Peter Retief (80), een van die kunstenaars, se skilderye gaan op sy beurt meestal oor stories wat in die Karoo afspeel en sluit gewoonlik die karakters in wat hy uitgedink het “Soos vlieënde honde, Nieu-Bethesda-kamele en papegaaimannetjies Ek geniet dit baie om uit te werk hoe om ’n storie te skilder en dan te sien hoeveel genot mense uit die stories agter my skilderye kry “ Melanie van der Westhuisen, wat hoofsaaklik skets en verf, verduidelik hoe lekker dit vir haar is om te sien hoe die prent in haar kop op die canvas nie altyd presies uitkom soos sy dit gesien het nie “Maar dis die lekker daarvan dat jy dit kan verander en dit nog beter as die prentjie in jou kop kan maak ” Marinda, wat intussen ook pottebakkery ontdek het, teken al van kunsbeen af “Dit laat my ontspan en vry voel ” James Retief, Peter se seun, het twee jaar nadat hy as pottebakker begin werk het, ’n voorliefde vir handgemaakte keramiekwerk begin ontwikkel Die bekende kunstenaar Helette Louw, die enigste fynkunstenaar wie se werk ook daar te sien sal wees, reis na ’n sielsplek waar sy oorgee aan die fluisteringe en leiding in haar gees wanneer daar geskilder word. “Ek skilder omdat dit vir my soos asem en bloed is Lewensnoodsaaklik ”

Joop Maré (83) en sy dogters Lorraine (links) en Charmaine van Darling, is elkeen “buite”-kunstenaars wat die komende naweek (29 en 30 November) hul werk by die opwip-kunsgalery van Mera Ko-op gaan uitstal

80-jarige ruk en pluk nog

Andrew Bosman se eerste saketransaksie in Malmesbury was in 1996 toe hy in sy toeknoophemp en das by ’n veiling vir ’n huis opgedaag het Hy het eers later aan die bie-proses begin deelneem Dalk was dit sy das of omdat hy vreemd was vir die Swartlandse manne wat met kortbroeke daar gestaan het –maar die bieëry het kort hierna gestop; die huis was Andrew s’n

Wat net Andrew geweet het, is dat die huis aan hom toegestaan is toe hy ’n skamele R2 000 van sy plafonbedrag af was Dit was September 1996; hy, sy vrou Corné en sy pa en ma het einde November daardie jaar die grasdakhuis betrek Hierdie opgeleide chiropraktisyn, predikant en boer met ’n geskiedenis in die be-

rede polisie sien deesdae uit na sy dertigste jaar as die omgewing se enigste chiropraktisyn – in dieselfde huis, wat deesdae ook ’n gastehuis is Andrew is in 1944 in ’n Seepuntse woonhuis (nie ’n hospitaal of kliniek nie) gebore Daarna het hy in Johannesburg matriek geslaag en by die berede polisie aangesluit In 1964 het hy ’n twee jaar landboudiploma verwerf en saam met sy pa teen die Vaalrivier geboer

“My pa, Manus, was in die lugmag, ’n man met sy eie ligte vliegtuig waarmee hy gereeld na my ouma se Bosveldplaas moes vlieg om daar toesig te hou ”

Nadat Manus baie las van sy rug gehad en ’n chiropraktisyn hom gehelp het, het Andrew en sy pa saam besluit om hulle as chiropraktisyns te bekwaam Hiervoor het hulle en hul vroue van 1968 af tydelik in Iowa in Amerika gaan woon “Ons het

hárd gewerk en die kursus wat oor 52 maande strek, binne 39 maande voltooi ”

Andrew het met hoogste lof geslaag en Manus met lof Hulle het op 6 Mei 1972 met ’n boot in Kaapstad aangekom – op Andrew se 28ste verjaardag Manus het die vorige dag 58 geword ’n Fotograaf van Die Burger het hulle ingewag en daaroor berig; ook dat die pa en seun ’n chiropraktisynspraktyk in Vanderbijlpark sal open “In die volgende jare het ek waarlik tot geloof gekom en lid geraak van die Gideons-beweging, wat Bybels gratis versprei Ek is reeds 52 jaar ’n Gideon Bybelse genesingsverhale het my geïnteresseer: Hoe kon Jesus mense se gebreke en siektes genees?”

Andrew het op 39 Stellenbosch toe verhuis en teologie begin studeer Ná sy studies het hy daar as predikant gewerk voordat hy, sy ouers en Corné in November 1996 Malmesbury toe verhuis het

As 80-plusser is Andrew Bosman steeds opgewonde daaroor om chiropraktisyn te wees – ’n nie-indringende kuur vir probleme rondom die skelet en senuweestelsel

Le Cordeur senior

’n ware legende

Wellington het verlede Saterdag (15November) totsiens gesê aan een van die dorp se bekendste inwoners met die heengaan van Michael le Cordeur senior (90).

Le Cordeur snr. was ten tyde van sy sterfte ’n inwoner van die Silwerkruintehuis vir bejaardes, waar hy saam met sy vrou, Sylvia (87), gewoon het.

Le Cordeur se lewe van nege dekades is gekenmerk deur ’n liefde vir sy vrou en kinders asook sy werk in die leerbedryf, sy rugby en sy krisante As die oudste van ses kinders het hy ’n harde lewe gehad en hy moes ná st.6 (gr 8) gaan werk om sy ma te help om na sy broers en susters om te sien

In sy eie grootmenswêreld het hy met min geld al ses sy eie kinders laat leer en groot trots uit hul prestasies geput. Sy liefde vir sy rubgyklub en blomme was ongekend.

Hy het vir langer as 20 jaar vir Roslins (Roses) uitgedraf en was sedert 2000 vir 25 jaar die president van die Wellingtonse Krisantevereniging In 2018 het hy vriend en vyand verras toe hy op 83-jarige leeftyd die kampioenblom gekweek het.

Hy het ook elders diep spore getrap – die Boy Scouts, as kerkraadslid van die VGK Wellington en lid van die Pauwgedenkskool se beheerliggaam Hy het ’n groot liefde vir lees en die Afrikaanse taal gehad en aan sy kinders oorgedra.

Hy laat sy vrou, Sylvia, en al ses hul kinders agter – André, Michael junior,

Edwena, William, Jessica en Clarence –asook 16 kleinkinders en verskeie agterkleinkinders.

’n Groot boom het in Wellington geval •Le Cordeur is die afgelope Vrydag (21November) uit die VGK Wellington begrawe.

Hardware store’s closure ‘temporary’ amid legal rift

Chantélle Hartebeest

The abrupt closure of Build It Plus Wellington four weeks ago has left the local community reeling with many questions

The business has been an integral part of the Wellington community for the past 34 years and it has always been the go-to place for anything hardware related

Paarl Post reported years ago that the Ahmed family has been in the hardware trade since 1964, beginning with the late Adam Ahmed and his wife, the late Hawa Ahmed Hardware is the family's passion and runs in their veins It was not a surprise when the four Ahmed sons followed in their father's footsteps, each establishing their own stores as the years progressed and the time had come to fly the nest

When Liaquet and Faryal Ahmed saw the opportunity to open a hardware store in Wellington, they grabbed it with both hands They officially opened Wellington Paint and Hardware on 19 September 1991.

Over the years the store has undergone many changes The biggest change was when Liaquet and Faryal decided to demolish the building and rebuild it to what it is today

Construction commenced in 2006 and was completed the following year

The new store was a dream come true for the Ahmeds It was only in 2010 that the Ahmeds decided to grow their busi-

ness even further by becoming part of the "Build It" family

As an integral part of Wellington for more than three decades it is understandable that many residents were left confused when they visited the shop on 22 October just to find it closed

A notice was then put up on the store's WhatsApp status that they would be open for business from 27 October, but that hasn't realised either Now the store's information on Google is also indicating that it is closed temporarily

Paarl Post reached out to Faryal Ahmed last week to ask about the sudden closure of their store She instead referred the reporter in a friendly manner to their attorney

The attorney, who does not want to be named, said the following in his response to Paarl Post's enquiry:

"For legal reasons I can't disclose everything, but it is a temporary closure and it's an internal issue regarding the owners of the business as well as the group that they operate under, which is Build It.

"There are certain disputes that are in the process of being adjudicated in court and as a result of that, like I said it's a temporary closure, and as soon as we finalise negotiations with whoever the role players are and to the extent possible, my clients will endeavor to ensure that they restore the status quo with regards to customers and employees as soon as possible "

Wyle Michael le Cordeur senior

Mark bars uit sy nate vir 10de jaar

Die Langsdiebos-mark in Baroccastraat in Malmesbury vier op Saterdag 6 Desember sy 10de verjaardag. Dit gaan ’n besondere geleentheid wees waar uitstallers hul dank teenoor die gemeenskap met ’n besondere groot uitstalling sal betoon. Die gemeenskap het die mark oor tien jaar elke Saterdag ondersteun

Die uitstallers wil graag hul dank oordra vir die ondersteuning van die gemeenskap die afgelope dekade. Baie is tuisskeppers wat in die moeilike ekonomiese toestand op so ’n wyse ’n inkomste genereer. Daar is ook uitstallers wat deur die bemarking van hul artikels geld vir behoeftige instansies wat ook in die

omstandighede die wind van voor kry, help insamel. Al die produkte is van hoogstaande gehalte.

Die mark word op die terrein van die Voortrekkers (agter die Hoërskool Swartland) gehou en sodoende lewer die mark ook ’n waardevolle bydrae om die Voortrekker-beweging te ondersteun

Die mark sal nie net in die saal wees nie, maar die terrein buite die saal is vir ekstra uitstalruimte opgeknap.

Lesers word genooi om heerlik te kom ontspan met ’n koppie koffie en ’n jafel of pannekoek en om behalwe lekker tuisgemaakte voedselprodukte ook ander projekte van die tuisskeppers te ondersteun Vir meer inligting kan Mariette Burger by 0606545372 gekontak word.

Quick air-fryer veggie pizza

Feel like a pizza, but don’t have time to prepare a base? No worries. You can use a ready-made flatbread, pita bread or tramezzini instead. Serves: 4

Preparation time: 15 minutes

Cooking time: 30 minutes

Air-fryer temperature: 200 ºC

2 Turkish flatbreads (or 4 tramezzini)

1 medium-sized brinjal, cubed

4 courgettes, cubed

2 cloves garlic, crushed

10 ml dried Italian herbs

30 ml olive oil

1 x 250 g punnet baby rosa tomatoes, halved

Sundried tomato pesto or basil pesto

400 ml grated mozzarella cheese

2 marinated artichoke hearts, drained and sliced (optional)

Fresh basil or oregano, to serve

1. Preheat the air-fryer to 200 ºC. Put each flatbread into the air-fryer for 1 minute, then remove and set aside

2. While the flatbreads are cooking,

place the brinjal, courgettes, garlic, Italian herbs and oil into a bowl and toss to coat. Put the vegetables into the air-fryer and cook for 5 minutes, stirring halfway through the cooking time Add the tomatoes and cook for a further 5 minutes or until cooked Remove from the air-fryer and set aside. Wipe the air-fryer tray clean

3. Spread the browned side of each flatbread with a layer of pesto and sprinkle each one with a little of the mozzarella Top with the cooked vegetables and artichokes, if using. Season with salt and freshly ground black pepper Cover with the remaining mozzarella.

4. Cook each flatbread separately in the air-fryer for 2-3 minutes until the cheese is melted and golden Top with fresh basil or oregano and serve hot.

This is an extract taken from 30-Minute South African Air-Fryer Cookbook by Louisa Holst, published by Human & Rousseau and retailing for R380.00.

’n Groepie uitstallers wat hul produkte by die mark te koop sal aanbied

TENDER N SALE OF PROPER

Sport

Koringbergbuigdieknie

KAtlantics van Mount Pleasant net te sterk

oringberg, die naaswenner van die Swartland-Weskusstreek, het die afgelope Saterdag (22 November) voor sy grootste uitdaging te staan gekom toe hy Atlantics van Mount Pleasant, Hermanus, in die Sanlam-BolandSuper-16-eindronde op die Boland-stadion in Wellington gepak het.

Die wedstryd het teen ’n vinnige tempo afgeskop met Atlantics wat die eerste drie in die derde minuut van die wedstryd gedruk het (deur Wesley Spandiel) vir ’n voorsprong van 5-0 en gewys het

Slegs

Lams Boud ( Slegs

Lekker

hulle is daar vir besigheid Atlantics het die eerste 10 minute van die wedstryd beheer en dinge vir Koringberg baie moeilik gemaak Toe hulle hul tweede druk en die voorsprong tot 10-0 rek, het hulle seker gemaak Koringberg se pak voorspelers kry nie die bal in die hande nie ’n Strafskop aan Atlantics weens onkantspel deur Koringberg, wat net nie sy hand op die bal kon kry nie, het die telling tot 13-0 verhoog Met die aanbreek van die lemoenbreek (20minute) en Atlantics in beheer van die wedstryd, het Christopher Pasens hard met sy manne gesels Dit was net die nodige inspuiting wat die manne nodig gehad het, want ná die hervatting het Koringberg teruggeslaan met ’n pragtige drie deur Reagan Roman Winston-Lee van Wyk het geen fout met die doelskop gemaak nie en twee

punte bygevoeg, wat die telling tot 13-7 laat krimp het Koringberg het danksy meer balbesit die voortou geneem toe Jayson Jacobus van ’n vasteskrum in Atlantics se 22m-gebied gaan druk het, en toe Van Wyk die doelskop oorklits, was die voorsprong 14-13 in Koringberg se guns Atlantics het egter net voor rustyd met ’n verdoelde drie teruggeslaan, wat hulle netnet met 20-14 voor geplaas het Howel Koringberg meer balbesit in die tweede helfte gewen het, kon hy nie die kanse gebruik nie want hy het te veel foute begaan, wat Atlantics net voor gehou het Twee vinnige drieë deur Conway Sauls en Nevan Afrika het die telling tot 27-14 gelig Hoewel Koringberg aanval ná aanval afgestuur het, kon hy weens ongedwonge foute nie Atlantics se voordeellyn oorsteek nie, wat gelei het tot teenaanvalle deur Atlantics en

Spandiel se tweede drie in die wedstryd ’n Strafskop en ’n verdoelde drie laat in die tweede helfte deur Van Wyk kon egter nie Atlantics stop om die 2025-Sanlam-Boland-Super-16-Beker met 32-24 los te speel nie

As finalis en naaswenner in die Sanlam-Boland-Super-16 het Koringberg nie net die seisoen op ’n hoë noot afgesluit nie, maar is ook R40 000 ryker wat gewis volgende seisoen goed gebruik sal word wanneer hy in 2026 in die Swartland Grootuitdaagbekerkompetisie van die Boland Rugbyunie meeding Finale uitslae:

Sanlam-Boland-Super-10-eindronde: Miracles 26-26 Progress Botha

Sanlam-Boland-Super-16-eindronde: Atlantics 32-24 Koringberg

Sanlam-Boland-Super-8-eindronde: Walkerbay Vroue 6321Central Wolves

Sanlam-Boland-Top-12-eindronde: Saldanhabaai 31-29 Roses United

Die span van Koringberg was die

naaswenners in die Sanlam-Boland Super 16-kompetisie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.