Gazette-ST-E-edition-16 September 2025

Page 1


Swartland shines at Awards

The Swartland Municipality was once again recognised as a stellar example of service excellence in the Western Cape at the Western Cape Government’s annual Service Excellence Awards.

Of the eight projects entered four were shortlisted, the most of any municipality to date.

The prestigious event took place on Friday evening (12 September). In a statement the municipality said its Small, Medium and Micro Enterprise (SMME) Development Programme achieved bronze in the Best Municipal Project category. A trailblazing success for the municipality, it focuses on creating sustainable support and growth opportunities for SMMEs.

Over the past three years Swartland Municipality has worked tirelessly to establish both a community and a support network of SMMEs. In the past year alone, 160 participants benefited from six SMME-training sessions, while 25 business registrations were referred to Small Enterprise Development (Seda) for further assistance

In addition, the municipality has created a comprehensive database of 172 SMMEs, making it easier for businesses to access resources and support. In 2024 Darling became the third town to benefit from an economic business hub, following Riebeek Valley and Malmesbury. These hubs provide carefully selected

entrepreneurs with their first formal business space from which to launch and grow. They are closely monitored to track challenges, successes, and longterm sustainability. Said the municipality: “Our Youth Office also supported the launch of school-based career clubs, engaging learners on the importance of entrepreneurship, local economic development and available SMME-support opportunities. These engagements align with the G4U Jobs platform, which highlights pathways to sustainable employment and economic participation.

“These initiatives demonstrate the municipality’s continued commitment to empowering entrepreneurs, expanding access to business development resources, and promoting inclusive local economic growth.”

Swartland Municipality was further honoured with silver in the Best Municipality in the Western Cape category. “We remain one of the top-performing municipalities in both the Western Cape and South Africa, and are deeply grateful for this recognition from the Western Cape Government. Our multiple nominations and awards at the Service Excellence Awards underscore Swartland’s unwavering dedication to its core mandate: delivering quality services to our residents and communities.” It said such accolades also set a benchmark so a model of municipal best practice is always there.

Drie wyne pronk

op top 20-lys

Groote Post Vineyards buite Darling pronk vanjaar nie net met een nie, maar drie wyne onder FNB se gesogte top-20 finaliste

Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc wys vanjaar sy veelsydigheid én verouderingspotensiaal met twintig finaliste uit vier oesjare wat vir FNB se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie aangekondig is ’n Paneel kenners onder leiding van dr Carien Coetzee, ’n ervare Sauvignon Blanc-beoordelaar, het die top-20finaliste uit 167 inskrywings van 98 produsente aangewys Dit is die 19de jaar van dié gesogte kompetisie, aangebied deur Sauvignon Blanc SA met FNB die hoofborg en Ever Solutions ’n platinumvennoot “Die paneel het die noukeurige gebruik van hout, die balans van groener style se vrugtekompleksiteit asook die volronde karakter van die 2025-wyne geloof,” sê Coetzee “Die 2024- gehoute wyne het uitgestaan en produsente se vernuf om met komplekse style te eksperimenteer, is geloof ”

Die finaliste kom uit koel en warmer streke oor die land heen Groote Post Vineyards is al etlike kere benoem en het die voorreg gehad om ’n ongelooflike ses keer onder die top-10 gelys te word Dié historiese wynplaas buite Darling pronk met drie wyne in die top-20 in vanjaar se benoeming, insluitend twee oesjare van dieselfde wyn – ’n besonderse prestasie Lukas Wentzel, die wynmaker by Groote Post, word as een van die land se top-wynmakers beskou en meen dit is ’n bewys dat hierdie kultivar uiters geskik is vir Groote Post om te maak – danksy die topgehalte van Darling se Sauvignon Blanc-wingerde en -wyndruiwe “Die 2025-oesjaar is uitstekend – veral die intensiteit van die wyne beïndruk,” voeg hy by Hy het by navraag oor die kultivar

“DIE 2024-GEHOUTE WYNE HET UITGESTAAN, EN PRODUSENTE SE VERNUF OM MET KOMPLEKSE STYLE TE EKSPERIMENTEER, IS GELOOF ”

se gewildheid gesê mense ken dié druifsoort en weet wat om te verwag “Dit is ’n kultivar wat deur wyndrinkers oor alle spektrums geniet kan word ”

Wentzel som Sauvignon Blanc in ’n neutedop op as “verfrissend en vars”

“Daar is verskillende style, gepas vir verskillende mense se smake, en getuig gewis van ’n vernuwing in styl ”

Wentzel sê dit is steeds belangrik om vir hierdie soort kompetisies in te skryf vir groter bewustheid oor goeie gehalte-wyne “Dit bied ons ’n platform om ons werk ten toon te stel en dit is belangrik om vir kompetisies met integriteit in te skryf en ’n maatstaf te stel wat vertrou kan word,” sê hy Saam met Coetzee het kenners soos dr Winifred Bowman (Kaapse Wynmeester en internasionale beoordelaar), Praisy Dlamini (wynmaker en hoof van Adama Wines en HER Wine Collection), die wynmakers Morgan Steyn (De Grendel) en Juandré Bruwer (Diemersdal) asook die gasbeoordelaars Liezl Richards (Kaapse Wynmeester en uitvoerbestuurder by Gabriëlskloof) en Lauren Segers-Jewell (Wine Cellar), op die paneel gedien Vanjaar het Sauvignon Blanc SA met die Franse maatskappy Winespace saamgewerk om met die steun van Tonnellerie Sylvain as borg, sy TASTEEplatform te benut – ’n stelsel wat intydse puntetoekenning vergemaklik en selfs KI gebruik om vir sekere wyne professionele smaakprofiele op te stel

Jong ‘boere’ maak ’n plan by skou

Paul Neethling en Dean Bester, albei gr 10-leerders aan die Hoërskool Swartland in Malmesbury, het ’n indruk gemaak by Nampo Wes-Kaap in Bredasdorp nadat hulle innoverende landbou-implement beoordelaars behoorlik beïndruk het.

Die kompetisie, naamlik die Nampoboereplan-kompetisie, moedig onder meer produsente, studente en leerders jaarliks aan om met unieke boereplanne vorendag te kom en dit by een van die grootste landbouskoue ten toon te stel

Volgens HSS se landbouwetenskap-en natuurwetenskap-onderwyseres

Barbara Cronjé spruit die leerders se inskrywing uit hul Eskom-ekspotaak wat leerders aan die begin van die jaar gedoen het Cronjé het die leerders aangemoedig om vir hierdie kompetisie in te skryf omdat dit landbougeörienteerd is Deelnemers het verlede Woensdag (10 September) die geleentheid gekry om hul boereplanne op die skouterrein uit te stal Paul en Dean se boereplan, genaamd die Draadspan-implement, het hulle uiteindelik met ’n ongelooflike tweede plek en prysgeld beloon

Swartlandskou bult sy spiere

In die Swartland-skou se 91ste bestaansjaar was groot opwinding en prestasies aan die orde van die dag, met ’n rekordgetal van meer as 21000 besoekers oor die vier dae.

Die Swartlandse dorp Moorreesburg het van 3 tot 6 September behoorlik uit sy nate gebars met die skou – ’n tentoontoonstelling van die voorste tegnologie, diere en implemente wat die landboubedryf het om te bied

Die skoubestuur is egter nog besig om die finale besoekersyfers te finaliseer, voeg die skou in sy verklaring by.

JONGSTETEGNOLOGIE– ’NEERSTEIN SUID-AFRIKA

Daar is jaarliks gesonde mededinging onder die Swartlandskou se uitstallers om een van die skou se gesogte pryse in die afdelings vir onderskeidelik masjinerie-, motor- en landbounywerheid-uitstallings op te raap. Die landboumaatskappy Afgri, een van die Swartlandskou se ankerborge, het vanjaar die nuwe John Deere T6700-stroper by die skou bekendgestel – ’n eerste in SuidAfrika. Hierdie onthulling het die Afgri-span die Nulandis-wisseltrofee vir die beste uitstalling in die afdeling vir implemente bo R15 miljoen besorg, sowel as vir die beste verkoopspersoon vir implemente bo R15 miljoen

INTERRASKAMPIOENSKAPHERSKRYF

GESKIEDENISBOEKE

Hierdie gesogte beesskou lok elke jaar van die land se voorste telers sowel as talle skougangers wat hierdie gehalte-diere wil kom aanskou. Die kampioenskap was vanjaar gasheer vir altesaam sewe verskillende beesrasse – swart angusse, rooi angusse, herefords, simmentalers, die Santa Gertrudis-beesras sowel as romagnolas. Daarbenewens het dit ook vanjaar op ’n geskiedkundige noot afgesluit toe die angusstoet De Panne die titels vir opperste kampioenbul sowel as opperste kampioenkoei verower het.

Volgens die skou-organiseerders is dit die eerste keer in die geskiedenis van die Swartlandskou dat ’n teler al twee hierdie titels verower.

Die beoordelaars en vertoners was baie beïndruk met die gehalte van die diere en die aanbied van die onderskeie kampioenskappe, en sê die Wes-Kaap hoef vir geen ander gebied terug te staan wanneer dit by die gehalte van vleisbeeste kom nie.

AGTSPAN-WAGPERDEBIEDGROOT SKOUSPEL

Perde is oor al die jare heen een van die spilpunte waarom die Swartlandskou draai, en vanjaar was dit nie anders nie. Die nasionale Vlaamperdkampioenskap sowel as die Wes-Kaapse Saalperd-streekkampioenskap is by die 2025-skou aangebied, met ruiters wat in verskillende klasse deelgeneem het. Die wagspanne van agt is elke jaar ’n groot hoogtepunt en vanjaar het Martin Eksteen as die kampioenwagspan vir 2025 weggestap

TOPKLEINVEEENSKAAPSKEERDERS WYSHULSTAAL

Altesaam 73 SA Vleismerino’s van ses telers het vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Super-10vleismerino-kampioenskap deelgeneem Jannie du Toit van die stoetery Vlakkerug Vleismerino’s in Riebeek-Wes was die ontvanger van die victor ludorum-trofee Daarmee saam het Johan Kotzé van Korhaansrug Merino’s by Moorreesburg die merino-grootkampioenram vir 2025 opgelewer, terwyl Eben Schellink van die stoetery Swartland Merino’s van Malmesbury die trofee vir die reserwe-grootkampioenram gewen het.

Die land se skaapskeerders het ook ’n geleentheid gehad om hul staal by die Swartlandskou te wys Die Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskap is vanjaar in samewerking met die Suid-Afrikaanse Skaapskeerfederasie en dr. Jasper Cloete van die Landboukollege Elsenburg aangebied. Skaapskeerders kon in hierdie kampioenskap meeding om vir die 2026- nasionale kampioenskap te kwalifiseer.

In die ope-skeerafdeling was Hans van Schalkwyk eerste, Zakobane Qamakhana was die naaswenner, Dumisani Xhasa was derde en Willie Vusumzi vierde.

TOONAANGEWENDEPANEELBESPREKINGSENSEMINARE

Die Swartlandskou is nie net ’n vertoonvenster vir die beste wat die landboubedryf het om te bied nie, maar het ook vanjaar as ’n platform gedien vir die aanbied van ’n reeks invloedryke paneelbesprekings en seminare. Hierdie sessies is in samewerking met sleutelvennote aangebied en het ten doel gehad om werklike uitdagings en geleenthede in die landboubedryf te belig

Een van die kernfokusse van só 'n sessie was ons land se uitvoergereedheid. Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, tesame met die verteenwoordigers van verskeie ambassades soos Kanada, Italië, Nederland en Namibië, het hul insigte oor internasionale markgeleenthede en handelsbetrekkinge gedeel Daarmee saam was die Swartlandskou se Produsenteseminaar ook vanjaar ’n groot trekpleister, met sprekers soos die ekonoom Theo Vorster, prof. Johan Fourie

(ekonomiese geskiedenis), dr. Tobias Doyer (landbou-ontwikkeling) en die politieke ontleder JP Landman wat opgetree het. Hul waardevolle perspektiewe oor die ekonomie, volhoubare ontwikkeling en die toekoms van die landbousektor op eie bodem was blywend ’n Verdere insiggewende aanbieding was die Inteligro Intellect Solutions-dag – ’n aanbieding wat gefokus het op praktiese landboukennis en werkbare oplossings wat regstreeks tot volhoubare boerdery bydra. Die Swartlandskou het met hierdie uiteenlopende program net weer bevestig dat dit nie bloot ’n uitstalgeleentheid is nie, maar ook ’n platform vir intellektuele en strategiese gesprekke, waar rolspelers uit die landbou, akademie, regering en die private sektor byeenkom om die pad vorentoe vir die bedryf te help vorm.

GEMEENSKAPENVERTONERSDRABY TOTVOLHOUBARESUKSES Jacques Bester, die president

van die Swartlandskou, het sy dank uitgespreek teenoor alle vertoners, uitstallers, vennote en borge vir hul betekenisvolle rol in die sukses van vanjaar se skou. Hy beklemtoon dat die ekonomiese uitwerking van die skou beduidend is en ’n wye reikwydte het. “Die hele gemeenskap pluk die vrugte daarvan – van die kleinste tot die grootste ondernemings. Die groot getalle besoekers en die positiewe beeld wat hulle verder uitdra, bevestig dat die Swartlandskou ’n belangrike vertoonvenster vir die Wes-Kaap is.” Bester het verder sy waardering teenoor die plaaslike gemeenskap, bestuurslede, vrywillige werkers, die Swartland-munisipaliteit en die Weskus-distriksmunisipaliteit vir hul toegewyde samewerking uitgespreek. “Die kern en hartklop van die Swartlandskou is die mense van Moorreesburg, wat hande vat om ’n skou van gehalte aan te bied waar die landboubedryf en gemeenskap sentraal staan,” sê hy Die 2026-Swartlandskou word vir 2 tot 5 September beplan Besoek www.swartlandskou. co.za vir nog inligting en volg @SwartlandskouMoorreesburg op Facebook en @Swartlandskou op Instagram.

Interras- opperste kampioenbul en opperste kampioenkoei – De Panne-angusstoet
Die Grootkampioenram-wenner Johan Kotzé van Korhaansrug Merino’s op Moorreesburg Van links is Kobus Louw van BKB (borg), Johan en Wilma Kotzé, en Christiaan Esterhuysen (hanteerder)
Die wenner van die nuwe-tegnologie- en masjinerie-uitstalling bo R15 miljoen.
’n John Deere T6700-stroper

Nuwe T20-toernooi begin

Kolwegaanklap

Die Moorreesburgkrieketklub bied op Saterdag 27 September die eerste Swartland-T20-beker by die Gene Louw-sportterrein in Moorreesburg aan

Hierdie opwindende nuwe toernooi sal plaaslike kriekettalent byeenbring en gemeenskapsgees reg oor die Swartland-streek aanmoedig. Die spanne wat sal deelneem, sluit in die Moorreesburg-krieketklub (2024-’25Boland- 1ste divisie se 50-boulbeurt-kampioen); die Darling-krieketklub (2024-’25- Boland Promosie Wes-kampioene); die Malmesbury-krieketklub; en Riebeeck Warriors-krieketklub. Daarbenewens is die Abbotsdale-krieketklub uitgenooi – ’n span sonder sy eie veld en wat nog nie deel van die amptelike

Boland-ligastrukture is nie. Hulle sal ’n vriendskaplike T20wedstryd teen Moorreesburg se tweede span speel, wat hulle ’n seldsame geleentheid gee om hul krieketervaring te ontwikkel –wat Moorreesburg KK se verbintenis tot die ontwikkeling van die sport in die hele gemeenskap beklemtoon

Die klub nader gerespekteerde plaaslike ondernemings vir borgskappe om hierdie eerste byeenkoms ’n groot sukses te maak. Dié borgskappe kan die volgende behels:

•Geld vir bedryfskoste (grondvoorbereiding, skeidsregters, tellinghouers, toerusting);

•Goedere of dienste (spyseniering, verversings, mediese ondersteuning, drukwerk, klanktoerusting of tentstrukture); en •Pryse vir wenspanne en puik

individuele spelers.

Die verwagting is dat hierdie geleentheid ’n groot skare krieketgeesdriftiges, gesinne en gemeenskapslede van Moorreesburg en omliggende dorpe sal lok, wat uitstekende blootstelling vir sakeondernemings se handelsmerke bied.

Borge se bemarkingsmateriaal sal prominent by alle speelvelde (A-veld agter die stadion en B-veld in die sig van Piketbergweg) vertoon word, wat puik sigbaarheid deur die dag verseker •Vir verdere navrae of om borgskappakkette in lyn met jou sakeonderneming se bemarkingsdoelwit te pas, kontak gerus Marlon Mouton (voorsitter) of Ricardo Coetzee (sekretaris) by moorreesburgcricketclub@gmail.com of vir die Moorreesburg-krieketklub op sy Facebookblad.

Boland leer OP ’n groot rugbyles

Die Sanlam-Boland-o.21-span het Saterdag (13 September) op Pellapark ’n rugbyles gegee wat die jong manne van Oostelike Provinsie (OP) nie gou sal vergeet nie. Boland het in dié SA Rugbyunie-o.21-Skild-ligawedstryd met ’n oortuigende 5012-sege weggestap ná ’n vertoning wat gekenmerk is deur gestruktureerde spel, taktiese vernuf en onwrikbare intensiteit.

Die wedstryd het in helder sonlig afgeskop met OP se losskakel, Adriano Martin, wat die eerste skop behartig het. Boland het eerste bloed getap toe Christiaan Potgieter in die 11de minuut oor die doellyn is. Tireque Apolles (die kaptein) het die doelskop met selfvertroue oorgejaag – die eerste van vyf suksesvolle skoppe wat hy deur die pale sou stuur. OP het kort daarna geantwoord met ’n drie deur Ethan Myners, gevolg deur ’n doelskop van Lyle

Meintjies, wat die telling op 7-7 gelykgetrek het. Die stryd voorlangs was intens, maar Boland se pak het momentum begin bou en Slade Jacobs het in die 36ste minuut die verdediging met ’n skitterende lopie geklop en agter die pale gedruk. Apolles het weer die ekstra twee punte bygevoeg en Boland het met ’n 14-7-voorsprong gaan rus.

Nadat die afrigter, Juan de Jongh, met sy manne gesels het, het Boland die krane in die tweede helfte oopgedraai Die tuisspan het met oorgawe gespeel en ses drieë deur Ronaldo Koker, Enrico Gianni (2), Darren Visser, Patwin van der Merwe en Jeandre Jacobs ingeryg. Apolles het voortgegaan om met sy skopwerk te beïndruk en altesaam 10 punte bygedra.

Boland se voorspelers het die fisieke stryd gewen, terwyl die agterlyn die OP-verdediging herhaaldelik met ritme en presisie oopgeskeur het. Die OP kon eers

laat in die wedstryd nog ’n drie (deur Martinus Strydom) aanteken, maar Meintjies was onsuksesvol met die doelskop. Met Boland se telling – reeds ver uit sig – het die laat poging min aan die uitslag verander.

Die eindtelling van 50-12 is ’n getroue weerspieëling van Boland se oorheersing in elke faset van die spel. Die span sal met hernude selfvertroue in die kompetisie voortbeweeg terwyl die OP sal moet hergroepeer en sy strategie voor sy volgende toets sal moet heroorweeg.

•Puntemakers:

Sanlam Boland o.21

Drieë: Darren Visser (1), Slade Jacobs (1), Christiaan Potgieter (1), Patwin van der Merwe (1), Ronaldo Koker (1), Enrico Gianni (2), Jeandre Jacobs (1)

Doelskoppe: Tireque Apolles (5)

Oostelike Provinsie o.21

Drieë: Ethan Myners (1) en Martinus Strydom (1)

Doelskop: Lyle Meintjies (1)

Rugbydag lui jaarlikse sportdag in

David Rossouw

’n Betekenisvolle bladsy in Malmesbury se sportgeskiedenis is op Woensdag 3 September geskryf toe verteenwoordigers van Wesbank en Never Despair se rugbyklubs saamgekom en besluit het om ’n jaarlikse sportdag tussen dié twee klubs in te stel

Hierdie unieke inisiatief – die eerste van sy soort in Wesbank – sal voortaan as die Malmesbury-erfenisbeker bekendstaan. Die eerste weergawe van die erfenisbeker word op 27 September beslis en sal deur beide klubs aangebied word, met die Wesbank-rugbyklub as die eerste

gasheer Danksy sterk verhoudings met plaaslike ondernemings het Le Minnie-prokureurs na vore getree as die borg van die wisseltrofee, wat die simboliek van samehorigheid en trots beklemtoon

Die dag is daarop gemik om die gemeenskap van Malmesbury nader aan mekaar te bring – om te wys dat rugby meer is as net ’n spel Dit is ’n geleentheid om as een dorp – as een familie –saam te staan en broederliefde tussen klubs en inwoners te vier

As deel van die geskiedkundige oomblik is hooggeplaaste gaste, insluitend die minister van sport en die burgemeester van die Swartland-munisipaliteit

genooi om die geleentheid by te woon – afhangend van hul beskikbaarheid Hul teenwoordigheid sal die dag verder as ’n viering van sport, kultuur en gemeenskapsamehorigheid beklemtoon

Die program sal, indien alles volgens plan verloop, afgeskop word met ’n Old Boys-wedstryd, gevolg deur wedstryde tussen die drie spanne van die twee klubs Die erfenisbeker-dag is nie net ’n sportdag nie – dit is die begin van ’n nalatenskap wat vir komende geslagte gekoester sal word • Kontak Doppies Coetzee by 064 690 4939 vir nog inligting oor die Malmesbury-erfenisbeker

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.