Skip to main content

Gazette-ST-E-edition-16 December 2025

Page 1

GRAT IS FREE

Swartland

Gazette

Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht

16 Desember 2025 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za

Eeue oue erfenis in as Charlotte Lesch

Eindelose skatte verwoes

E

en van die oorspronklike woonhuise op die Waylands-plaas net buite Darling, is “binne vyf minute” in ’n brand verwoes. Die huis het eindelose geskiedkundige skatte bevat wat vir ewig verlore is.

Só vertel die eienaar John Duckitt, wat tot twee weke gelede steeds in die einste huis gewoon het. “Niks het oorgebly nie,” sê ’n steeds verstomde Duckitt, wat op Maandag 2Desember hom tevergeefs na die brandkraan langs die huis gehaas het toe hy sien daar is moeilikheid. Duckitt vermoed die brand by die huis, wat ’n klipgooi van die R315 – sowat 6km buite Darling – geleë is, het weens iemand se sigaretstompie wat langs die teerpad neergegooi is, ontstaan. “Die wind het daardie dag stormsterk tussen 40 en 60 kilometer per uur gewaai.” Met die Swartland-brandweerdienste se aankoms was die meeste skade reeds aangerig, vertel Duckitt, wat intussen by die gastehuis langs hul huis ingetrek het. Hy het die brandweerdienste, wat binne minute daar was, vir hul spoedige reaksie geloof. Hulle was toevallig besig om in ’n bloekombos nie ver van sy plaas af nie, te werk. “Hulle het alles denkbaar gedoen om te red wat te redde was en uitstekende werk gedoen om die ander huise teen die brand te beskerm.” Tot die brandweerdienste se splinternuwe brandweerwa is ingespan om die brand in bedwang te bring, voeg hy by. Die kombinasie van sterk wind, die warm weer, die grasdak en ou materiaal het die brand vinnig in ’n vuurwarm oond verander. Duckitt vertel hoe hierdie huis met sy grasdak al menigte brande in sy leeftyd oorleef het, danksy die akkerbome wat die huis omring. ’n Veldbrand in 2000 het die meeste akkerbome verwoes. “Die laaste akkerbome is deur dié brand vernietig en was nie genoeg om die huis weens die stormsterk wind wat die brand help aandryf het, te beskerm nie.” Die huis is met sy voorouers se aankoms uit Engeland in die 1860’s, gebou. Met hul aankoms was ander woonhuise

L.A .G

ES

RS

L.A

OU R I C . E .G

. PAK K I

Same Day Delivery

Die Swartland-brandweerdiens op die toneel in ’n poging om die brandende huis te red.

reeds op die plaas, waarvan sommige tot vandag toe ’n grasdak het. Sy voorouer William Duckitt het in die 1800’s in Suid-Afrika as die eerste landbouvoorligter aangekom. Hy het ’n tekening met verskeie nuwe tegnologies gevorderde implemente saam met hom gebring. Sy smid het ook na Suid-Afrika gekom om die implemente vir die bevordering van landbouproduksie in die Kaap te bou. Dié oorspronklike tekening is in die Darling-museum te sien. Die plaas is na die familieplaas Waylands in Surrey, Engeland, genoem. “Jare se geskiedenis is verlore. Jy kan nie ’n waarde daarop sit nie,” meen hy. Stokou silwer eetgery is gesmelt en waardevolle skilderye is verbrand. Briewe wat gedurende die eerste wêreldoorlog tussen sy oupa- en oumagrootjie aan mekaar geskryf is, insluitend van sy ouma uit ’n konsentrasiekamp, het ook in die slag gebly. Nóg waardevolle items sluit onder meer ’n mediese glasmikroskoop in, wat vanuit 1854 dateer, porseleinborde uit die 1700’s uit Engeland en talle kosbare foto-albums, om maar net ’n paar te noem. Sprake van herbou en restorasie is weens die komende feestyd vir eers opsy geskuif.

Dankie vir u lojale ondersteuning deur die jaar.

Rook trek uit die huis nadat die plaaslike brandweerdienste die brand in bedwang gebring het.

“JARE SE GESKIEDENIS IS VERLORE. JY KAN NIE ‘N WAARDE DAAROP SIT NIE”

John Duckitt se huis op die Waylands-plaas buite Darling in vlamme.

Bokomoweg 30 en Tuinstraat 6

Bokomoweg 30

Malmesbury Tel: 022 482 1511

Malmesbury Tel: 022 482 3948

Kekkel en Kraai

Henk’s Vleismark

Geseënde feestyd en dankie dat u deel is van ons reis. Ons is gesluit van 23 Desember tot 5 Januarie 2026. Ons sien uit daarna om u in die Nuwe Jaar weer te bedien.

Geseënde Kerstyd!

MALMESBURY, PAARL, STELLENBOSCH, WELLINGTON, SOMERSET-WES, KAAPSTAD & RIEBEEK VALLEI

GERHARD MALAN - 071 354 7591

NM10041427-ST161225

WE SELL ONLY RSA PRODUCTS

NM10041376-ST161225


2

NUUS NEWS

Swartland | 16 Desember 2025

Hou jou kinders só veilig! Met die Desembervakansie, wat amptelik begin het, waarsku Badisa dat kinders hierdie jaar aan verhoogde veiligheidsrisiko’s blootgestel kan wees. “Die kombinasie van langer dae sonder toesig, veranderde roetines, verhoogde alkoholgebruik en die algemene druk van die feestyd lei jaarliks tot ’n styging in voorvalle waarin kinders se veiligheid in gedrang kom,” sê Karoline September, ’n maatskaplike werker by Badisa. Sy moedig ouers aan om altyd te weet waar hul kinders is. September sê die belangrikste beginsel is eenvoudig. “Ouers moet te alle tye weet waar hul kinders is. Wanneer kinders sonder toesig rondbeweeg – veral in die vakansie – word hulle aan gevaar blootgestel. Probeer om jou kinders so ver moontlik by die huis besig te hou sodat hulle nie in die strate hoef rond

te dwaal nie. As jy ’n werkende ouer is, moet jy jou kinders in betroubare sorg plaas,” verduidelik sy. Badisa moedig verder aan om verantwoordelik te kuier namate roetines gedurende die feestyd verander. Ouers is meer sosiaal as gevolg van verskeie byeenkomste wat bygewoon word, wat ook soms met meer alkoholgebruik gepaardgaan. Hierdie faktore kan kinders se veiligheid direk beïnvloed. “Ons sien elke jaar hoe kinders makliker verwaarloos of selfs mishandel word wanneer volwassenes hul aandag na sosiale aktiwiteite verskuif. Ouers moet verantwoordelik omgaan met alkoholgebruik en te alle tye in die beste belang van hul kinders optree,” sê September. Volgens haar kom ’n paar herhalende risiko’s elke vakansietyd na vore. “Kinders word soms alleen by die huis gelos of selfs uitgesluit – veral wanneer

ouers by ander geleenthede is. Alkoholgebruik vererger hierdie situasies en verhoog die kans op verwaarlosing, mishandeling en molestering.” Waterveiligheid moet ook in die kollig wees. “Talle kinders swem in damme en ander waterplekke sonder toesig. Dit is ’n ernstige gevaar. Ouers moet seker maak hul kinders ontvang toesig en dat kinders nie alleen rondloop of alleen gaan swem nie,” waarsku September. Sy moedig ouers ook aan om openlik met kinders oor gevare in die gemeenskap te praat en duidelike reëls en perke vir die vakansie te stel. Wanneer gesinne na besige plekke soos strande, winkelsentrums of feeste gaan, is voorbereiding noodsaaklik. September beveel aan dat ouers vooraf met hul kinders praat en verduidelik dat hulle naby hul ouers of familielede moet bly. Jonger kinders moet hul volle name ken, asook

hul ouers se name. Dit help baie as ’n kind verdwaal. Ouers kan ook ’n eenvoudige armband maak met kontakbesonderhede daarop wat die kind kan dra. As die kind wegraak, kan iemand die ouers vinnig kontak. Kinders moet ook die noodnommer 10111 ken en ouers moet hul kinders wys waarheen hulle kan gaan as hulle verdwaal, soos menseredders op strande, opwip-polisie-eenhede of die inligtingstoonbank in ’n winkelsentrum. “Kontak die plaaslike polisie, jou naaste Badisa-kantoor of maatskaplike dienste in jou omgewing,” sê September. Badisa moedig ouers en versorgers aan om noodnommers byderhand te hou en dit met ouer kinders te deel. “Vinnige optrede kan ’n enorme verskil maak wanneer ’n kind wegraak, beseer word of in gevaar is.” Handige noodnommers vir die Desember-vakansie:

Badisa gee veiligheidswenke vir kinders oor die feestyd.

• Polisie-noodgeval: 10111 • Childline Suid-Afrika (gratis hulplyn vir berading en mishandeling): 116 • Algemene selfoon-noodnommer: 112 • GBV-oproepsentrum (meld mishandeling): 0800 428 428 • Hulplyn vir mensehandel: 0800 222 777 • Ambulans / mediese noodgeval: 10177

LDU-hoof groet ná 30 jaar; gaan kinders en kollegas mis Francois Smit (65) tree ná 30 jaar as hoof van die Laerskool Dirkie Uys in Moorreesburg af nadat sy onderwysloopbaan jare gelede – in 1986 – amptelik in Piketberg begin het. Hy beskryf die oomblik as bittersoet terwyl hy na sy aftrede uitsien, maar ook besef hoe die nuwe fase van sy lewe ’n leerskool op sy eie gaan wees. Hy het talle mylpale gedurende sy jare in die onderwys behaal – die grootste die dag toe as hy skoolhoof by LDU aangestel is. Smit, wat vroeg in Februarie sy 66ste verjaardag sal vier, is in Windhoek gebore. Met ’n bankbestuurder vir ’n pa, het hulle baie rondgetrek. Dit was as volwassene vir Smit gespaar en hy kyk met dankbaarheid terug na drie dekades as inwoner van Moorreesburg, waar hy as afgetredene sal aanbly. Smit het sy kinderjare in onder meer Hartswater, Petrus Steyn, Keetmanshoop en die KleinKaroo deurgebring. Hy het uiteindelik as Tier by die Hoërskool Tygerberg in die noordelike voorstede van Kaapstad matrikuleer, waar hy ’n kranige bokser was, judo gedoen, rugby gespeel en die skool in die toutrekspan verteenwoordig het. Hy is in 1978 na Bloemfontein vir sy tweejaardiensplig in die weermag, waar hy as offisier aangestel is. Sy vernuf op die rugbyveld was nie net tot skoolvlak beperk nie en hy het later vir die weermag uitgedraf. Smit het op onderwys besluit en die pad Boland toe gevat, waar hy by die

Francois Smit (65)

Wellington-onderwyskollege aangesluit het. Sy leierseienskappe het reeds op ’n jong ouderdom deurgesyfer en hy is as primarius van sy koshuis, Macrone, aangewys. Sy eerste onderwyspos was in Piketberg van 1986 tot 1992, waar hy sy merk as leerkrag behoorlik gemaak het en die destydse onderwysdepartement tesame met vakadviseurs en dosente gehelp het om ’n nuwe sillabus en handboeke vir graad 1 tot graad 12 te

skryf. Hy het drie meriete-toekennings ontvang nadat hy daarin geslaag het om die o.13-Boland-rugbyspan na die Cravenweek te neem. Verder het hy ook merietetoekenings van Boland Atletiek vir hekkies ontvang. Smit het die platteland in 1993 agtergelaat en is tot departementshoof by die Laerskool Lochnerhof in die Strand bevorder. Die Swartland het gewink en hy het kort ná sy aanstelling as die nuwe skoolhoof by die Laerskool Dirkie Uys na die platteland teruggekeer. Hy het die leisels by die destydse skoolhoof, Dolf Visser op 35-jarige ouderdom oorgeneem. Sy personeel het in ‘n gesamentlike verklaring vertel hoe hy die kantoor sonder ’n rekenaar ingestap het. “Binne die eerste week het ’n rekenaar op sy lessenaar gepryk. Die volgende dag is met skriflesing en gebed geopen. Dit word tot vandag toe daagliks gedoen. So het hy dadelik met vernuwing en verandering begin.” Smit het elke oggend die personeel met die nuutste onderwyssake op hoogte gebring. Baie verbeterings binne en buite is op die skoolterrein aangebring, soos die opgeknapte ontvangsgebied en twee skoolbusse, om net ’n paar te noem. Om sy personeel te bemagtig en te ontwikkel, was nog altyd een van sy voorkeure. “Mense sê ’n ware leier lei ander op om ook leiers te wees. Mnr. Smit en die leierspan het die

‘Seven Habits’-kursus van Stephan Covey bygewoon. Dit was net die begin.” Die personeel het jaarliks met nuwe moed en insig by die skool ingestap. Smit sal verder onthou word vir sy “buite-die-boks”-benadering, wat dikwels unieke ervarings en blywende herinneringe tot gevolg gehad het. Die skool sal nooit sy worsmaak-geldinsamelingsprojek vergeet nie. “Die eindresultaat was ’n drie kilometer lange wors.” ’n Treinrittoer onder die sportpanne bly ook ’n gunsteling. Sy menswees sal hulle egter altyd bybly. “Sy kantoordeur was altyd vir almal oop. Hy het altyd vir ons tyd gemaak, al was hy hoe besig. Sy omgeehart sal gemis word.” Sy personeel wens Smit nog vele geseënde aftreejare toe, met goeie gesondheid, vreugde en vrede. “Mag Jesus se goedheid en guns jou omvou met die wind van agter en genade van Bo.” Smit sê ná al die jare se hoogtepunte en goeie herinneringe gaan hy die kinders en die personeel die meeste mis. Die verslae, besoeke van die kringkantoor en die administrasiekant van sake gaan hy “minder mis”, skerts hy. Volgens hom het hy net te veel goeie herinneringe om enigeen uit te sonder. Vir nou is aftrede by die see nog nie in die pyplyn nie en sien hy uit om meer tyd saam met sy familie en drie kleinkinders te spandeer.


NUUS NEWS

16 Desember 2025 | Swartland

3

Lions deel weer Kersgeskenke uit

Promosie-artikel

Die gewilde Lions-organisasie, wat wonderlike werk in die gemeenskap van Malmesbury doen om verskeie welsynsorganisasies en mense in nood te ondersteun, het – soos dit elke jaar die gewoonte is – hul jaar se aktiwiteite afgesluit deur Kersgeskenke aan organisasies en mense in nood uit te deel. Die amptelike opening van Old Mutual PFA Malmesbury se spogkantoor wat onlangs opgeknap en vernuwe is, word gevier: Voor staan JC Hennop (finansiële adviseur), Maré De Kock (finansiële adviseur), Willem Relihan (korttermyn-adviseur), Francois Beets (finansiële adviseur) en Vusi Zingitwa (provinsiale algemene bestuurder van Old Mutual) met Hendrik Spies (prinsipaal by Spies and Associates), sy ma Corlia Spies en Jean Simonis (sakebestuurder by Old Mutual) in die middle. Heelagter: Joggie Scholtz (munisipale bestuurder), Shaun Veldsman (streeksbestuurder by Old Mutual) en Harold Cleophas (uitvoerende burgemeester van die Swartland).

Die Lions se eerste besoek was aan die kinders by Alkana. Elke kind het buiten ’n kerspakkie ook ’n geverfde prentjie ontvang om hul kamer op te vrolik. Die voorsitter van die Malmesbury

Lions-klub, Corrie Mostert, en die vorige distrikgoewerneur, José Braga Borges, het die klub se vroue vergesel tydens hul besoeke aan Net ’n Bietjie Liefde asook Aandskemering. Die inwoners van Goue Aar het ook nie vergete gebly nie. Verskeie inwoners van Fonteine-aftreeoord het skenkings gegee en ook gehelp met die opmaak en versiering van die geskenkpakkies. Elke inwoner van Goue Aar het ’n pakkie ontvang, wat onder andere toiletbenodigdhede, lekkergoed en selfs ’n getekende prent om hul kamer te versier, ingesluit het.

OM in Malmesbury heropen Ná maande se navorsing, personeelbetrokkenheid, projekbeplanning en bouwerk vier Old Mutual PFA Malmesbury die amptelike opening en inhuldiging van sy Re-imagined-perseel. Die praktyk van Spies and Associates het verlede Maandag (8 Desember) ’n spesiale openingseremonie van hul opgeknapte Old Mutual PFA-kantoorruimte in Voortrekkerweg saam met familielede, personeel, verskeie rolspelers betrokke by die projek en kliënte gedeel. Shaun Veldsman, die streeksbestuurder by Old Mutual PFA, het die geleentheid, wat deur die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, en die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, bygewoon is, as ’n voorreg bestempel. Vusi Zingitwa, die provinsiale hoofbestuurder by Old Mutual PFA, het op sy beurt uitgebrei oor die doel van die projek, wat reeds sowat vyf jaar gelede in die pyplyn was. Die herontwerp van die eiendom-portefeulje het onder meer op die eksterne beeld en atmosfeer van die kantoorruimte sowel as vernuwing en tegnologie gefokus. “Dit gaan nie net oor die perseel nie, maar hoe ons van daar af werk.” Hendrik Spies, wat al ’n geruime tyd na nuwe kantoorruimte en vernuwing op soek is, brei uit en vertel hoe hierdie kantoor vir die eerste keer in 1981 deur sy pa, Christof Spies, in gebruik geneem is. “Vir hierdie kantoor om ge-Re-imagined te word, was nie ’n maklike projek nie.” Twee van die kantoor se oorspronklike mure, wat na die klippiemure verwys word, is deur die bou- en opknappingspan ter nagedagtenis aan sy pa behou. Spies het die Re-imagined-span vir hul moeite, toewyding en passie wat hulle in die projek gestort het, bedank. Die Re-imagined-projek sluit nie slegs

Malmesbury se span in nie en is ook na ander Old Mutual-takke uitgerol. “Die beeld en die gevoel is deur die bank dieselfde,” voeg Zingitwa by. Volgens Spies is Jurie Strydom, die uitvoerende hoof van Old Mutual, steeds entoesiasties oor kliënte wat na hul kantoor moet kan kom waar ’n heerlike koppie koffie aangebied word. Christof Spies, wat in Julie vanjaar oorlede is, se fondasie wat hy gelê het, is in ’n emosionele oomblik onthou. “Hy het hierdie kantoor van die grond af opgebou. Dit is vir my baie spesiaal om sy droom uit te lewe. Hy het met niks begin. Alle eer aan hom wat die hoekstene hier gelê het. Ons lewe sy legende voort. Ons bou voort op wat julle begin het,” het Spies teenoor sy ma, Corlia, wat die geleentheid bygewoon het, gesê. Zingitwa het dit as heel gepas beskryf toe Corlia gekies is om die seremoniële lint by die opening te knip. “Dít is die mense wat die verskil gemaak het.” Volgens Corlia het haar man Old Mutual hier in Malmesbury “kom staan maak”. “Dit was vir hulle belangrik om al hul kliënte op dieselfde manier te behandel. Niemand het te min geld om dieselfde respek en dieselfde behandeling te kry as wat jou kliënte met baie geld kry nie. Hulle is die advertensie daar buite.” Sy het op haar beurt haar en haar man se trots teenoor hul seun uitgespreek. “Jou pa se trots oor jou het nie perke gehad nie.” Sy het afgesluit deur die personeel en vennote aan te moedig om die kantoor hul eie te maak. “Dit moet vir jou lekker wees om hierheen te kom. “Geniet die ruimte en kom maak dit joune.”

Die Swartland Gazette-span groet vir die jaar.

Kinders by Alkana was so in hul noppies met hul prentjies dat hulle dit voor hul gesiggies geplaas het. Saam met hulle staan (links) Marzanjah Ackerman en regs haar getroue helper, Hannie Roos.

Merry Christmas and a blessed 2026! May this festive season be filled with joy and peace! We appreciate everyone who has supported us throughout the year.

Die laaste uitgawe vir die jaar verskyn vandag, 16 Desember. Die volgende Swartland Gazette sal op Dinsdag 13 Januarie verskyn. Ons bedank graag ons getroue lesers en lojale adverteerders vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope jaar.

WE WILL BE CLOSING 18 DECEMBER 2025 AND RE-OPEN AGAIN ON 8 JANUARY 2026.

71

Geseënde Feestyd aan al ons lesers, kliënte en ondersteuners. NM10041384-ST161225

NM10040976-ST161225

NM10040900-ST161225


4

NUUS NEWS

Swartland | 16 Desember 2025


16 Desember 2025 | Swartland

NUUS NEWS

5


6

NUUS NEWS

Swartland | 16 Desember 2025

Leerders van hoërskole in die Swartland, wat vanjaar se Sondeza Afri-Jeugkamp bygewoon het.

20ste jeugkamp ’n groot sukses Die 20ste Sondeza Afri-Jeugkamp is verlede week in die Swartland gehou. Die kamp word jaarliks by Ganzekraal-ontspanningsoord naby die R27 Grotto Bay aangebied. Die projek is een van die Swartland-munisipaliteit se belangrikste jeuginisiatiewe, wat deur die jare vir jongmense reg oor die Swartland en die Weskus geleenthede geskep het en is ’n toonaangewende jeugontwikkelingsinisiatief wat sedert die ontstaan in 2004 reeds meer as

1 450 jongmense bemagtig het. Dié jaar is ’n besonderse mylpaal vir die program, omdat dit die 20ste jaar is wat die kamp aangebied word. Die Sondeza-program – gebou op die drie pilare van selfinsig (ME), spanwerk (WE) en loopbaanbewustheid (Wêreld van Werk) skep ’n unieke platform waar jongmense uit verskillende agtergronde leierskap, kommunikasie, emosionele intelligensie en gemeenskapsverantwoordelikheid leer. Vanjaar se kamp sluit 38 leerders van Wes-

kus-skole en 12 internasionale afgevaardigdes in en bou voort op die tradisie van multikulturele leer en vriendskap, wat Sondeza oor twee dekades heen gevorm het. Die internasionale leerders kom uit Duitsland, België en Namibië. Leerders kry die geleentheid om mekaar se lande en lewens deur voorleggings, spanbousessies en uitstappies te verken. Een van die gewildste aande in die program is die internasionale aand, waar die leerders uitstallings voorberei en kos-

tradisies van hul lande en streke ten toon stel. Verskeie suksesverhale uit die program getuig van die langtermyn-uitwerking daarvan – met voormalige deelnemers wat leiers by hul skole geword het, universiteitskwalifikasies verwerf het, professionele loopbane volg en betekenisvolle projekte in hul gemeenskappe aanpak. Sondeza is onlangs vir die Wes-Kaapse premier se Diensuitnemendheidstoekennings in die afdeling “beste munisipale projek” ingeskryf in erkenning

aan sy volhoubaarheid, vernuwing en meetbare bydrae tot sosiale ontwikkeling. “Die Swartland-munisipaliteit spreek sy opregte waardering uit teenoor ABSA Bank vir twintig jaar van vennootskap en bedank alle belanghebbendes wat hulself aan die ontwikkeling van jong leiers toewy. Sondeza bly ’n kragtige voorbeeld van wat moontlik is wanneer gemeenskappe en vennote in hul jeug belê,” sluit die munisipaliteit in sy verklaring oor die Sondeza Afri-Jeugkamp af.

WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY / WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT 58 Long Street, Moorreesburg | Langstraat 58, Moorreesburg NOTICES / KENNISGEWINGS OVERSIGHT REPORT, ANNUAL REPORT 2024/2025 AND KING IV: EXECUTIVE SUMMARY OF THE ANNUAL REPORT CLOSURE OF MUNICIPAL OFFICES ANNUAL COMMITTEE MEETING SCHEDULE: 2026 Notice is hereby given in terms of the stipulations of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) as amended and section 129 (3) of the Local Government Municipal Finance Management Act, 2003 (56 of 2003):

The meetings will be held at 11:00 in the Council Chambers, 58 Long Street, Moorreesburg. Die vergaderings vind om 11:00 plaas in die Raadsaal, Langstraat 58, Moorreesburg.

MEETING SCHEDULE / VERGADERINGSKEDULE: 2026

Kennis geskied hiermee ingevolge die bepalings van Artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), soos gewysig, asook Artikel 129 (3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet 56 van 2003), soos gewysig:

Month / Maand

Council Meetings / Raadsvergaderings

Executive Mayoral Committee /

1. The Oversight Report and the Annual Report for the 2024/2025 financial year were approved and adopted without reservations at the 133rd General Council Meeting on 10 December 2025, Council Resolution: ITEM 25/12/10/10.3. The Oversight Report, Annual Report and the King IV Report: Executive Summary of the Annual Report for the 2024/2025 financial year are available on the Municipal website, www.westcoastdm.co.za.

January / Januarie

21 January 2026 / 21 Januarie 2026 134th General Council Meeting / 134ste Algemene Raadsvergadering

14 January 2026 / 14 Januarie 2026

Die Oorsigverslag asook die Jaarverslag vir die 2024/2025 finansiële jaar was aanvaar en goedgekeur sonder voorwaardes tydens die 133ste Algemene Raadsvergadering op 10 Desember 2025, Raadsbesluit ITEM 25/12/10/10.3. Die Oorsigverslag, Jaarverslag en die King IV Verslag: Uitvoerende Opsomming van die Jaarverslag vir die 2024/2025 finansiële jaar is beskikbaar op die Munisipale webtuiste www.westcoastdm.co.za .

February / Februarie

25 February 2026 / 25 Februarie 2026 Special Council Meeting Spesiale Raadsvergadering

18 February 2026 / 18 Februarie 2026

March / Maart

25 March 2026 / 25 Maart 2026 Special Council and 135th General Council Meeting Spesiale Raad en 135ste Algemene Raadsvergadering

18 March 2026 / 18 Maart 2026

2. Municipal offices will be closed from 29 December 2025 to 02 January 2026 and will reopen on Monday, 05 January 2026.Essential Services and Standby Personnel will be on duty. Munisipale Kantore sal gesluit wees vanaf 29 Desember 2025 – 02 Januarie 2026 en heropen Maandag, 05 Januarie 2026. Essensiële dienste en Bystand personeel sal aan diens wees;

Fire Services and Disaster Management Brandweerdienste en Rampbestuur

10177 022-495-0229 / 022-495-0231

Municipal Health Munisipale Gesondheid Swartland: A.Scott F. Lategan Bergrivier: C Kotze (Velddrif) M Meyer (Piketberg)

May / Mei

082 557 7698 084 610 1743 083 609 8051 074 733 9670

Cederberg: D Van Schalk

078 0720107

Matzikama: H Swart

084 503 5117

Saldanha: W Lucas

082 337 1849

Water Services (Office Hours and After Hours) Water Dienste (Kantoor-ure en Na-ure)

April

R Boks (North: Matzikama & Cederberg areas)

073 898 2298

G Wentzel (South: Bergrivier, Swartland & Saldanhabaai areas)

083 477 3999

1. Notice is hereby given in accordance with Section 29A of the Local Government: Municipal Structures Amendment Act, 2021 (Act 3 of 2021), of the following meeting schedule: Kennis geskied hiermee ooreenkomstig Artikel 29A van die Wysigingswet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Wet 3 van 2021, van die volgende vergaderingskedule:

22 April 2026 27 May 2026 / 27 Mei 2026 Special Council and 136th General Council Meeting Spesiale Raad en 136ste Algemene Raadsvergadering

June / June

20 May 2026 / 20 Mei 2026

24 June 2026 / 24 Junie 2026

July / Julie

29 July 2026 / 29 July 2026

August / Augustus

21 August 2026 / 21 Augustus 2026 137th General Council Meeting / 136ste Algemene Raadsvergadering

12 August 2026 / 12 Augustus 2026

September

–

23 September 2026

October / Oktober

21 October 2026 / 21 Oktober 2026

14 October 2026 / 14 Oktober 2026

Special Council Meeting / Spesiale Raadsvergadering

022 495 0277

Roads Paaie

Uitvoerende Burgemeesterskomitee

November /November

–

December / Desember

09 December 2026 / 09 Desember 2026 138th General Council Meeting / 138ste Algemene Raadsvergadering

25 November 2026 / 25 November 2026

Enquiries / Navrae: Mr / Mnr DC Joubert MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER West Coast District Municipality / Weskus Distriksmunisipaliteit PO Box / Posbus 242, Moorreesburg, 7310 Reference / Verwysing: 3/2/2; 3/4/5; 10/3/2/36 NM10040573-ST161225


GEKLASSIFISEERD CLASSIFIEDS

16 Desember 2025 | Swartland

9/0117"?

Gazette ("!%$#&'"!!#

")'&!( # $)%%

-))+ /%* '#, !.) +%&%,* $0"(

57'"B&B 97(!?#& ),8 343 .3,3

Swartland Gazette word deur Boland Media uitgegee en is ‘n lid van NovusMedia. Altesaam 20 000 kopieë word weekliks versprei.

;7'"B&B*?7(!?#&2&#:<?(B"=7*$#*%7

AB>7 -7@&B? )68 +,) 3.))

%B>7*>@<>B@2&#:<?(B"=7*$#*%7

*'&%)%&$( "#"" "!! !!!

#*" %$! )(& '$!

Advertensies Loraine Malan T: 022 4824669 S: 071 4929797 E: loraine.malan@novusmedia.co.za

GENERAL & HOME SERVICES

VOERTUIE

CK BLINDS Vervaardigers en verskaffers van alle tipe blindings. Gratis kwotasies. Doen ook herstelwerk. Kontak Elsabé 072 126 2394.

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

BUY ALL CARS FOR CASH! Call: 084 844 0000

DIENSTE 2420

!%$ $"$ #$%$ "1'&0!/ 1, ),&%!..11' !..1

'# &**'%1 3.),2),-& !&**0 (.*$#1' &+$%%1'&( "%&$!&$

)$($'" *'"%( +&, #&& #,!+

%' *

%>#70-#)8 '#7#/6 *==75 $6-! 9,, 14, .9?, %6-! 94, 491 1229 *7 (A@7#78507 ::#; &#-+65"A7<

%+&%)"*-$, ".##$!&)' . ) ( -- $ #)*0 (*$ (& -"1/!((' #)% +/%//.0/ &%(,($)/$ "&& 13* '&)* 7 +++!60,25,/#(5.604

%%%.+4#--++(0,#/5.60.$#

*+#"""""!"%)(#'"$$&

: *7 (A@7#78 %07660; &#-+65"A7< $6-! 9,, 143 .:99

#0'+*0!5"/4%55!/"%+!5" )' 4+*4/*3+%0*&,%0.%5/!%/ 6'344/"= B% ,#79= .B":3 <B; %:B #%"B?=#B5 :%>B=;B4 B% 73=>B=;B4 #@ B%:>B 73% ":B ":B%=;B #@ !?#"95;B >B3"7B?;BB? ":B 7B?43%>"B ?B=94;3;B #@ 9:;B:%"B =34 <) %:B+ 0B=B?= '#B; 3==B24:B@ 5B%%:= %BB' "3; =#'':>B 73% ":B 2B4##@"B ?B=94;3;B :% <:B?":B 3"7B?;B%=:B= 29:;B%>B*##% := B% "345 =B4@= #%'##%;4:5 := #' ;B 2B<334+ 6#'':>B 73% ":B !?#=B"9?B= B% 2B4#@;B= >B3"7B?;BB? '3> "345 >B733?4:5 *BB= :%":B% %:B 9:;>B7#B? "B9? 1% >B5*34:@:=BB?"B 'B":B=B !?35;:=&% %:B+ 0B=B?= *#?" >B*33?=59 "3; <944B ":B 3"7B?;BB?"B? =B >B4##@*33?":><B:" B% 2B=#%"B?<B"B "BB>4:5 '#B; #%"B?=#B5+ 6'344/"= B% ,#79= .B":3 33%733? >BB% 33%=!?BB54:5<B:" 7:? B%:>B 73% ":B >B3"7B?;BB?"B ":B%=;B #@ !?#"95;B %:B+

$!/(3*!1%0 *. 2-*(4%0' *&,%0.!/%1%5./ 6'344/"= 3%" ,#79= .B":3 <37B %#; 7B?:@:B" *<B;<B? 3%& #@ ;<B =B?7:$B= #? !?#"9$;= 3"7B?;:=B" *:44 <37B ;<B "B=:?B" B@@B$; #? #9;$#'B+ 8B3"B?= *:44 %#;B ;<3; =#'B #@ ;<B !?#':=B" ?B=94;= :% ;<B 3"7B?;:=B'B%;= 3?B B(;?3#?":%3?& 3%" '3& 2B :'!#==:24B ;# 3$<:B7B+ -B*3?B =#'B #@ ;<B !?#$B"9?B= 3%" $43:'= 3"7B?;:=B" '3& 2B "3%>B?#9= :@ %#; B(B$9;B" 2& 3 A934:@:B" 'B":$34 !?3$;:;:#%B?+ 8B3"B?= 3?B *3?%B" ;<3; ;<B& =<#94" $3?B@944& $#%=:"B? 3%" 7B?:@& ;<B 3"7B?;:=B?1= $?B"B%;:34=+ 6'344/"= 3%" ,#79= .B":3 "# %#; 3$$B!; 3%& 4:32:4:;& *<3;=#B7B? :% ?B=!B$; #@ 3%& #@ ;<B =B?7:$B= #? >##"= 3"7B?;:=B"+

%# $!" )'(&*)&% +$, ""! ,#"!

)*"###"##&$('#%""!&

SWARTLAND MUNICIPALITY D

NOTICE 61/2025/2026

N

SW

AR

TLA

CLOSING OF OFFICES ON 24, 31 DECEMBER 2025 AND 2 JANUARY 2026

Munisipaliteit Municipality Umasipale

Notice is hereby given that the offices of Swartland Municipality will be closed to the public on the following dates: on Wednesday, 24 December 2025 from 13:00 (pay points close at 12:00) on Wednesday, 31 December 2025 from 13:00 (pay points close at 12:00) on Friday, 2 January 2026 (whole day) You are kindly requested to make use of the alternative payment points listed below during the above-mentioned dates to pay your service account: Malmesbury

:

Moorreesburg

:

Darling Koringberg

:

Kontak ons vir advertensies en nuus

Pick 'n Pay - Town Superspar - Town Nazrana's Superette – Wesbank Spar The Bank - Wesbank TA Mesoro - Ilinge Lethu Swartland Motors Eleanor Naude Nicky's Shop (Thomas) - Darling South : Agencies

Notice is further given that the emergency/after hours service of the Municipality will be available to assist the public in an emergency at tel. (022) 487 9400 / (022) 487 9479. We wish you a merry Christmas and prosperous New Year! JJ SCHOLTZ MUNICIPAL MANAGER 15 December 2025 NM10041309-ST161225

7

OMBUDSMAN Contact Swartland Gazette’s ombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions about content in Swartland Gazette may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za. Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud van Swartland Gazette aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

Geklassifiseerde advertensies Jaydene Sampson S: 071 434 7583 E: jaydene.sampson@novusmedia.co.za Redakteur Maryke Swart T: 022 713 1066 E: maryke.swart@novusmedia.co.za Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za WhatsApp: 066 290 6512 Stuur nuuswenke aan: SwartlandGazette@novusmedia.co.za WhatsApp: 066 290 6512 Gazette subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

MVDS Van Aarde Boedel Boedel Wyle MELT VAN DER SPUY VAN AARDE (ID nommer: 2901125003084) van Aandskemering ACVV Tehuis vir Bejaardes, Pleinstraat 6, Malmesbury, 7300.

Meesterskantoor: Kaapstad. Boedelnommer: 018235/2022 Kennis geskied hiermee ingevolge Art. 35(5) van Wet 66 van 1965 dat afskr e van die Eerste en Finale Likwidasie-en Distribusierekening in die bogemelde boedel ter insae sal lê in die kantoor van die Meester, Kaapstad vir ‘n tydperk van 21 dae vanaf die datum van publikasie hiervan. Indien geen beswaar hierteen deur die betrokke Meesters ontvang word nie, sal die eksekuteurs voortgaan met betalings ingevolge die rekeninge. ODLLAC FINANCIAL SERVICES Posbus 123; West Coast Village; 7433 Epos: cso@odllac.com Tel: 021 556 4025 / 067 928 3420 Desember, 16 NM10041029-ST161225


Swartland Gazette

Gazette

16 Desember 2 0 25

Sport

Thank you for your support! Enjoy the Festive Period with family and loved ones. The office will close on 19 December 2025 and re-open on 13 January 2026. For urgent matters please contact Ms. Le Minnie on 0651243826.

13 Hugenote Street, Malmesbury info@leminnieattorneys.co.za • www.leminnieattorneys.co.za 022 001 0091 / 061 982 4437 SWGHS161225-ST161225

Swartland

Kontak Loraine Malan vir advertensies. Tel: 022 482 4669 • Sel: 071 492 9797 E-pos: loraine.malan@novusmedia.co.za NM10026652-ST021225

Wesbank-sportlui vereer

David Rossouw

Spelers, sportambassadeurs kry erkenning

D

ie Wesbank-rugbyklub het sy jaarlikse bekeruitdeling die afgelope Saterdag (13 Desember) in die gemeenskapsaal in Malmesbury gehou, waar spelers en sportadministrateurs vir hul bydraes in 2025 vereer is. Die geleentheid het die klub se trots en gemeenskapsgees weerspieël ná ’n seisoen van harde werk en hernuwing. Die voorsitter, Doppies Coetzee, het die jaar as ’n boufase beskryf: “Dit was nie perfek nie, maar dit was ’n goeie seisoen, gebou op opoffering en ’n duidelike visie.” Hy het beklemtoon die klub het ondanks uitdagings sy status as Swartland se voorste rugbyklub deur dade op en weg van die veld af bevestig. Volgens hom lê die ware prestasie in die groei van die klub: Spelers het verantwoordelikheid aanvaar, afrigters het volgehou, die bestuur het stabiliteit gebring en ondersteuners het getrou agter die

Die Wesbank-rugbyklub se bekerwenners (eerstespan) saam met hul afrigters en die uitvoerende bestuurspanne by die jaarlikse bekeruitdeling in die gemeenskapsaal.

span gestaan. Borge het weer vertroue begin toon – ’n teken van vooruitgang. “Ons is nie waar ons wil wees nie, maar ons is ook nie meer waar ons was nie,” het hy gesê. “Die fondament is sterker, die kultuur gesonder en die rigting vorentoe is duidelik.”

Die eerbewyse het nie net individuele uitnemendheid beklemtoon nie, maar ook die kultuur van trots wat Wesbank -rugbyklub dra. Die klub is met ’n gemeenskap wat saam aan ’n sterker toekoms bou, gereed om verder te groei danksy lojale borge, het Coetzee bygevoeg.

Wenners: • Sportman van die jaar – Keagan Kortje • Speler van die jaar – Heziron van Staden • Spelers se Speler van die jaar – Heziron van Staden • Mees toegewyde speler – Keagan Kortje

• Meeste vordering – Heziron van Staden • Meeste drieë – Gavern Skippers Meeste punte – Gavern Skippers • Senior speler – Braison Albertus • Junior Speler – Conan Lategan • 7’s- Speler van die jaar – Dashton Wellman • Hoofafrigter-toekenning – Gavern Skippers • Agterspeler van die jaar – Gavern Skippers (1ste) • Voorspeler van die jaar Tyreec Liedeman (1ste) • Veelsydige speler – Tyron Mquire • Agterspeler van die jaar – Aldrid Markus (2de) • Voorspeler van die jaar – Faize Moosa (2de) • Toegewyde speler – Steven Lategan (2de) • Veelsydige speler – Sherwin Cupido (2de) • Agterspeler van die jaar – Tashwill Fredericks (3de) • Voorspeler van die jaar – Diago Morris (3de) • Toegewyde speler– Cullen Kortje (3de) • Veelsydige speler – Cuan Timotheus (3de)

Malmesbury-krieketklub looi Tulbagh Pioneers twee keer David Rossouw Malmesbury-krieketklub het die afgelope Saterdag (6 Desember) ’n dubbele oorwinning teen Tulbagh Pioneers in die Boland se promosie-wes-liga-50-boulbeurtwedstrydreeks behaal. Beide die eerste en tweede spanne het hul onderskeie wedstryde met uitstekende spanwerk gewen. Eerste span: Malmesbury KK se eerste span het die loot verloor en is deur Tulbagh ingestuur om te kolf. Malmesbury is uit die staanspoor met goeie boulwerk deur Tulbagh onder druk geplaas en is in 46 beurte almal vir 139 lopies uitgehaal. Divann Robertson het die ankerrol

gespeel met ’n geduldige 63 lopies van 91 balle, terwyl Edwin Amerika 19 lopies van 106 balle bygedra het. Tulbagh is die teiken van 140 vir ’n oorwinning gestel, maar kon nie die teiken bereik nie en is vir 97 lopies in net 28.1 boulbeurte uitgeboul. Charlton Botha was in ’n verwoestende bui met die bal en het vyf paaltjies vir net 23 laat kantel. Robertson het ook sy goeie kolfbeurt van 63 lopies opgevolg met die bal en ’n bydrae van 2/28 geneem. Craig Louw het vir Tulbagh Pioneers se eerstes ’n dapper 62 lopies gemoker, maar kon nie die wedstryd in sy span se guns laat draai nie. Rowen Fortuin het 3/7 en Alrich Meyer 2/12 geneem en met die bal vir Tulbagh uitgestaan.

Tweede span: In die tweede wedstryd het Tulbagh Pioneers se tweede span eerste gekolf nadat hulle die loot gewen het. Die span is in sy toegelate 50 boulbeurte vir 110 lopies almal uitgeknikker. JP Meloyer (23) en N Stoffels (17) was die vernaamste bydraers vir Tulbagh se tweedes, terwyl A van Rooyen 2/25 en F Joemath 1/12 die paaltjies geneem het. Malmesbury KK se tweede span het die teiken van die begin af gejaag en met gemak bereik. Llewellyn Koopman het met die telling op 109/3 ’n reuse-ses oor die grens gemoker om die telling tot 115/3 te lig en Malmesbury gehelp om die wedstryd met sewe paaltjies te wen. Brent Julies (35) en Llewellyn Koop-

JINGLE

BITES

Brito's Texas Burgers 20's

SINGLE 20'S X 1

75 99 each

10 - 24 DEC 2025

44

eacch

RY MER CH MUN

35 5

99 each

124

880

each

99 /kg

IVE FEST ST

TA’S SAN PER

FEA

HEL

Albertiinia Braaiwors

SLEI DEA GH LS

PRE-PACKED & FROM THE DELI

Continentall Co Cheese Russian ns 500g 021 950 1000

k up on our stocive produ cts t fes

BULK BUY 20'S X 12

R 99

man (33* nie uit nie) het die oorwinning met selfvertroue en kalmte verseël. Johan Leander het met 3/24 vir Malmesbury uitgeblink, terwyl Lewano Baadjies 2/12 en Cohen Goliath 2/24 goeie ondersteuning gebied het. Hulle het met akkurate boulwerk Tulbagh se kolwers onder druk gehou. Met die feestyd op hande neem alle krieketspanne ’n blaaskans tot 10 Januarie 2026 wanneer die liga-wedstryde hervat sal word. Wedstrydbepalings vir ronde 2: 10 Januarie 2026 Malmesbury KK (tuis) t. Drakenstein Edu, Hopefield Wanderers (tuis) t. Piketberg, Wolseley (tuis) t. Bergrivier, Essex (tuis) t. Tulbagh, Darling KK – loslootjie

French Polo ony 1.5kg www.britos.co.za

Kalahari Steak @britosmeatcentre

49 99

Scan tto join oour ito’s Brit chaannel

/kg

Prices valid at all Brito’s Stores. While stocks last. E&OE.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Gazette-ST-E-edition-16 December 2025 by Novus Media - Issuu