Swartland
ITS TIME TO GET READY FOR WINTER!
Gazette
HAPPYFIREPLACE
NEED A CHIMNEY SWEEP? 30% DISCOUNT Services:
• Chimney sweeping and cleaning • Servicing of cowls and repair • Repainting of replace and braai's • Installing of replaces and braai's • Chimney inspection
( Justin - 083 438 8132
GRAT IS FREE
NM10011389-ST130525
13 Mei 2025 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za
Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht
Onwettige renne gestuit ’n Ondersoek is deur die Malmesbury-polisie van stapel gestuur nadat ’n 31-jarige vrou gedurende ’n perdewedren in Abbotsdale noodlottig beseer is. Die perdewedrenne, wat as ’n “familie-pretdag met jou perd” geadverteer is, is deur die plaaslike polisie in ’n verklaring as onwettig beskryf. Die mees onlangse byeenkoms, wat glo op Sondag 27 April by die Houmoedstalle plaasgevind het, het tragies geëindig toe een van die perde ’n vrou gedurende die geleentheid teen die kop en bors geskop het. Varonique Roman is direk ná die voorval na die Swartland-hospitaal in Malmesbury vir verdere mediese behandeling geneem. Sy is kort daarna weens die ernstige aard van haar beserings na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas. Sy het op 8 Mei aan haar beserings beswyk. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek na die omstandighede wat tot haar dood gelei het, duur voort,” het sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder vir die Malmesbury-polisie, bevestig. Een van Abbotsdale se inwoners, wat anoniem wil bly, sê die situasie word uit verband geruk. Hy meen die perderenne is nie amptelike wedrenne nie, maar byeenkomste waar kinders vir die pret teen mekaar op hul perde jaag. “Die kinders ry die perde vir die plesier. Daar is geen aktiwiteite vir die kinders op Abbotsdale nie. Die byeenkomste is bloot vir die pret om ons kinders van die straat af en uit die kwaad te hou.” Volgens hom is die vrou wat in die voorval beseer en uiteindelik dood is, na bewering herhaaldelik gewaarsku om uit die pad te kom waar die perde gehardloop het. Volgens hom gebeur die byeenkomste meestal vanself wanneer inwoners bymekaarkom om ’n kospakkie of lekkers wat uitgedeel word, te ontvang. “Daar is ook geen geld by die geleenthede betrokke nie,” voeg hy by. Navraag is aan die plaaslike Swartland- en Weskus-DBV’s gestuur om vas te stel of hulle van die sogenaamde perdewedrenne bewus was en of die geleenthede wel onwettig is. Geen terugvoer is voor druktyd ontvang nie.
Pendelaars begin boikot
‘n Taxistaanplek in Bokomoweg, Malmesbury.
Vrae oor taxi’s gevra Plaaslike pendelaars boikot die minibustaxibedryf in die omgewing van Malmesbury. Dit volg nadat ‘n kennisgewing op 11 April vanjaar uitgestuur is waarin bevestig is dat alle vervoerdienste onder kontrak aan die einde van die maand beëindig sal word. “Geen taxi’s sal toegelaat word om mense onder kontrak te vervoer nie,” lui die eerste kennisgewing wat deur die plaaslike vereniging, die Malmesbury-taxivereniging, uitgestuur is. Pendelaars het teen hierdie kennisgewing kapsie gemaak omdat vervoerdienste onder ‘n kontrak volgens hulle meer bekostigbaar en betroubaar is as die gewone minibus-taxidienste in die dorp. Twee byeenkomste onder gemeenskapslede het intussen plaasgevind om die boikot in te stel, maar ook om die kwessies wat pendelaars en bestuurders tans in die gesig staar, te bespreek. Die mees onlangse vergadering van 11 Mei is onder meer gebruik om die kwessie te bespreek, na oplossings te kyk en insae van die plaaslike gemeenskap te verkry. Volgens die voorsitter van die Malmesbury-taxivereniging, Lubabalo Mtikitiki,
Test Drive, Create Change. Hyundai Malmesbury's Test Drive Day for a Great Cause! Join us for a fun-filled day of test drives and give back to the community! When
: 17 May 2025
Where
: Hyundai Malmesbury
Time
: 08:00 to 13:00
Test drive any Hyundai model and we'll donate R50 to Elkana Children's Home! Meet our team and management, while enjoying a delicious boerewors roll on us! Don't miss out on this fantastic opportunity to experience the latest Hyundai models while making a difference. See you there! 022 495 0019 | *Ts & Cs Apply. Vehicle colours & specifications may vary.
is dit nie waar dat alle bestuurders onder kontrak gestop word nie. Die kennisgewing was slegs vir mense wat nie ’n geldige permit het om hul voertuie vir vervoer onder kontrakte te gebruik nie. ’n Tweede kennisgewing is volgens hom uitgestuur om verdere verwarring uit te skakel. Die vereniging meen mense koop motors en werf kliënte sonder geldige dokumente, wat ’n negatiewe uitwerking op die taxi-bedryf het. Die gemeenskapslid Elizabeth Jacobs, wat die mees onlangse vergadering bygewoon het, sê die kennisgewing wat lui dat slegs onwettige taxibestuurders wat pendelaars onder kontrak vervoer, beëindig sal word, is teenstrydig met die aksies wat tans deur lede van die vereniging uitgevoer word. Private vervoer word deur die plaaslike gemeenskap gebruik omdat hulle betroubaar is, volgens die wet in bedryf is en bekend is aan sy of haar kliënte, verduidelik die pendelaars. “As jy een van die taxi’s by die taxi-staanplek in Bokomoweg gebruik, moet jy saam met vreemde bestuurders en vreemde mense ry en jy vrees vir jou lewe, want jy weet nie of die vervoer betroubaar is en of die taxi wettig is nie. Die gemeenskap doen ’n beroep op die plaaslike wetstoepassingsdienste om in
te gryp. ’n Afvaardiging van die Swartland-munisipaliteit en die polisie gaan Dinsdag met Santaco, die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, vergader om oplossings vir die pad vorentoe te vind. Volgens die Swartland-munisipaliteit was die samekoms van 11 Mei ’n informele saamtrek deur die gemeenskap om die kwessies te bespreek en hulle “was nie hierby betrokke nie”. Die munisipaliteit sê dit is belangrik om daarop te let dat die regulering van die taxi-bedryf, die uitreiking van taxilisensies, die regulering van roetes ens. die verantwoordelikheid van die WesKaapse provinsiale departement van mobiliteit en spesifiek die Provinsiale Regulerende Entiteit (PRE) is, wat binne hierdie provinsiale departement gesetel is. Die saak is egter van belang vir die munisipaliteit aangesien dit die potensiaal het om die lewe van sy inwoners te ontwrig en daarom het die munisipaliteit, op versoek en onder leiding van die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, en die burgemeesterskomitee, in ’n fasiliterende hoedanigheid in samewerking met die polisie opgetree. Die eerste vergadering het reeds plaasgevind.