20 Februarie 2025 - 26 Februarie 2025
44 Years at your service
GRATIS | FREE
EikestadNUUS Nuus net vir jou sedert 1950
• All work guaranteed • Quality maintenance • New installations
021 887 2155
X1YDAK85-EN060225
No entry! There were no lessons at Klapmuts Hill Primary and High School on Tuesday (18 February) after parents and community members refused to allow learners through the school gates. This comes after parents of the primary school were informed English will no longer be the language of instruction, following the departure of the teacher of the Grade 5 class. Police were on scene to keep tensions from boiling over. Read the full article on page 7. Photo: Yaël Malgas
Sassa-kaart ’n riller Yaël Malgas “Ons is mense, nie diere nie. Hulle kan ons nie só behandel nie.” Dit was die pensioentrekker Elizabeth Bosch se kommentaar nadat sy en talle pensioentrekkers die SuidAfrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) se kantoor in Klapmuts Maandag (17 Februarie) besoek het. Dié 74-jarige is een van die miljoene Suid-Afrikaners wat nuwe kaarte van Postbank moet kry nadat Sassa aangekondig het die goue kaarte sal uitgefaseer word. Sonder die nuwe kaarte sal begunstigdes van staatstoelaes nie hul geld ontvang nie. Aanvanklik sou die goue kaarte op 28 Februarie ophou
werk het, maar ná pleidooie van die provinsiale regering, begunstigdes en welsynsorganisasies is die afsnydatum tot Donderdag 20 Maart verleng. “Die mense het nie ’n probleem om die kaarte te vervang nie. Ons moes dit voorheen ook doen, maar die manier hoe mense behandel word . . . ek sit hier met trane in my oë,” het Bosch aan Eikestadnuus vertel. Stellenbossers wend hulle nou na organisasies soos StellCare vir advies met die uitdagende proses. ’n Groot deel van hul “vreeslike gesukkel” is omdat hier nie ’n plaaslike Sassakantoor is nie. “Help asseblief. Ek is besig om paniekerig te raak,” het een Stellenbosser op sosiale media geskryf. Dié persoon moes, soos
Bejaardes: ‘Ons is mense, nie diere’ Bosch, van Cloetesville af na Klapmuts reis. Bosch verduidelik slegs ’n handjievol begunstigdes word op ’n keer gehelp, wat beteken dit is ’n lang wag vir die bejaardes. “Sommige van daardie grootmense het 03:00 opgestaan om betyds in die ry te wees. Die mense moet heeldag in die son staan en wanneer dit 16:00 is, sê hulle dat hulle klaar is vir die dag – ‘kom maar môre weer’.” Jaco Londt, die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, het die uitsteldatum in ’n persverklaring verwelkom. Die departement is oorval met navrae en klagtes van
begunstigdes van oor die provinsie heen. “Baie van die klagtes [gaan oor] die gebrek aan Postbankterreine in landelike gebiede. Dit is onaanvaarbaar dat die meeste dienspunte in die provinsie in die Kaapse Metro is, met slegs ’n paar in George, Vredenburg en Caledon – hoewel ons inligting ontvang het dat dié in Vredenburg en Caledon blykbaar nie in werking is nie. Die kantore moet ook voldoende beman word om die toestroming van begunstigdes te hanteer,” lui die verklaring. Londt meen Postbank moet die aantal dienspunte in landelike gebiede vermeerder.
Sassa se goue kaarte verval op 20 Maart vanjaar.
Begunstigdes het egter die opsie om hul toelaes in ’n bankrekening te laat betaal. Londt sê die departement sal voortgaan om die kaartmigrasieproses te monitor om te verseker dat kwesbare inwoners – vir wie toelaes noodsaaklik is – die beste diens moontlik ontvang.