Skip to main content

Eikestadnuus E-Edition - 13 February 2025

Page 1

Department of Home Affairs brings mobile service to Khayamandi - 2

44 Years at your service

13 Februarie 2025 - 19 Februarie 2025

EikestadNUUS

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

• All work guaranteed • Quality maintenance • New installations

021 887 2155

X1YDAK85-EN060225

Jonges vier kultuur in Pniël

Meer as 375 kinders van agt dorpies het Saterdag 25 Januarie by die Pniël-sportterrein opgetree in items wat gedurende die Stellenbosch-skoolvakansieprogramme van die e’Bosch-erfenisstigting ontwikkel is, met optredes in drama, musiek, sport en kuns. Hoogtepunte het Wemmershoek se musiekdrama en Khayamandi se tradisionele dans ingesluit. Ruim ondersteuning van die Jannie Mouton-stigting, Timberlea, die Stellenbosch-munisipaliteit en ander het die fees moontlik gemaak. Die viering het gemeenskapsgees versterk en jeugontwikkeling bevorder. Vir besonderhede van toekomstige skoolvakansieprogramme, kontak school.ebosch@gmail.com.

‘Wat van ons sportklubs?’ Yaël Malgas Sportlui van wyd en syd is ontstoke nadat die Stellenbosch-munisipaliteit planne bekendgemaak het om die Van der Stel-terrein (VDS) se bestuur aan ’n derde party te oorhandig. ’n Kennisgewing vir openbare kommentaar is op 30 Januarie in Eikestadnuus gepubliseer. Hierin verduidelik die munisipaliteit sy planne om die bestuur van die meer as 85 jaar oue sportkompleks – wat onder meer twee rugbyvelde, ’n sokkerveld, twee krieketvelde, ’n hokkieveld, ’n swembad en funksielokale insluit – vir 30 jaar aan die Stellenbosch-sokkerklub te oorhandig. Volgens die munisipaliteit sal dit die finansiële uitgawe van dié kompleks se bestuur versag en die koffers ’n hupstoot gee danksy huur wat geïn sal word. Plaaslike sportlui meen egter die plan beteken eenvoudig die “verkoop” van ’n gemeenskaplike, openbare fasiliteit.

Sportlui ontstoke oor Van der Stel-plan Pieter Lotz, die voorsitter van die Van der Stel-sportklub, sê sprake van die munisipaliteit se planne doen reeds langer as ’n jaar die ronde. Hy meen die gepubliseerde plan is nie in die belang van die gemeenskap of sportlui hier nie. “Die sportklub het meer as 2 000 aktiewe lede wat alles van rugby, krieket tot crossfit insluit. Ná jare word daar ook nou gewerk om weer veerpyltjies terug te bring. Daar is daagliks atlete wat die sportkompleks gebruik,” verduidelik Lotz. Onder die gebruikers van die Stellenbosch-veld is die o.20Springbokspan, plaaslike skole en twee kerke. Lotz sê die beplande eksklusiwiteit wat die Stellenbosch-sokkerklub oor die geriewe sal hê, is kommerwekkend. “Wat gebeur ná die 30 jaar? Indien dit ek was, hoekom sou ek dan ’n gerief wou oorhandig waarin ek miljoene rande belê

het? Eintlik is die huurkontrak ’n verkoopkontrak wat ons betref.” Die Stellenbosch-sokkerklub beoog om R395 miljoen oor vyf tot 10 jaar in die kompleks te belê. Die munisipaliteit meen, luidens die kennisgewing, dit sal help om die sportkompleks ’n fasiliteit van wêreldgehalte te maak. Sporttoerisme sal aangewakker word, wat internasionale sportlui en beleggers sal lok, sê die munisipaliteit. Internasionale toernooie in die VDSfasiliteit is egter nie ongewoon nie. In November is twee tennis-toernooie hier deur die Internasionale Tennisfederasie aangebied. Die munisipaliteit bieg egter dit het nie die “vereiste operasionele infrastruktuur om die standaard van diens te lewer nie”. By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder, gesê hierdie is die tweede openbaredeelnameproses ná

吀栀椀猀

䘀攀戀爀甀愀爀礀

vroeëre gesprekke met belanghebbendes en ’n tenderproses. “Die doel van hierdie voorstel is om die kompleks tot ’n wêreldklas-sportfasiliteit te ontwikkel, wat nasionale en internasionale sportgeleenthede lok, terwyl dit steeds toeganklik bly vir alle inwoners van die munisipaliteit,” sê hy. Lotz sê die klub sou natuurlik ’n algemene belegging in die fasiliteit wou sien, maar meen die kostes van die belegging soos dit nou staan, is te hoog vir die gemeenskap. Hy sê al die sportsoorte wat op die VDS-sportterrein beoefen word, speel in die premierligas van hul onderskeie sporte. Johan Breedt, ondervoorsitter van die klub, sê die geskiedenis en erfenis van die sportkompleks in die Eikestad moenie uit die oog verloor word nie. Hoe meer hy van die uiteindelike planne te hore kom, hoe meer bekommerd raak hy. V Na bladsy 2

匀吀䔀䰀䰀䔀一䈀伀匀䌀䠀

䌀攀氀攀戀爀愀琀攀 琀栀攀 䴀漀渀琀栀 漀昀 䰀漀瘀攀 眀椀琀栀 唀猀℀

䜀刀䄀䈀 䄀 䐀䤀匀䌀伀唀一吀

伀一 䄀䰀䰀 刀䔀倀䄀䤀刀匀 吀䠀刀伀唀䜀䠀伀唀吀 吀䠀䔀 䴀伀一吀䠀 伀䘀 䘀䔀䈀刀唀䄀刀夀 䘀䤀一䐀 唀匀 ⴀ ㌀㔀 䜀䔀伀刀䜀䔀 䈀䰀䄀䬀䔀 匀吀刀䔀䔀吀 倀䰀䄀一䬀䔀一䈀刀唀䜀Ⰰ 匀吀䔀䰀䰀䔀一䈀伀匀䌀䠀Ⰰ 㜀㘀

匀吀䔀䰀䰀䔀一䈀伀匀䌀䠀 䈀刀䄀一䌀䠀 伀一䰀夀

嘀䤀匀䤀吀ⴀ 圀圀圀⸀䌀䄀刀䌀䄀刀䔀䌀䰀䤀一䤀䌀⸀䌀伀⸀娀䄀

䔀䴀䄀䤀䰀 唀匀 ⴀ 匀吀䔀䰀䰀䔀一䈀伀匀䌀䠀䀀䌀䄀刀䌀䄀刀䔀䌀䰀䤀一䤀䌀⸀䌀伀⸀娀䄀

䌀䄀䰀䰀 唀匀 ⴀ

㈀㄀ ㄀㄀

㜀㘀㘀 簀

㜀㈀ 㔀㄀㄀ 㤀㜀㈀㐀


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eikestadnuus E-Edition - 13 February 2025 by Novus Media - Issuu