5 Februarie 2026 - 11 Februarie 2026
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
SA
LIGHTING ELECTRICAL
021 887 2786
LIKE OUR NAME SAYS: ALWAYS A “SALE” NM10045619-EN050226
Oestyd met sopie wyn gevier
Landbouwerkers, besoekers, Stellenbossers, werkers van die Stellenbosch-munisipaliteit en dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het die afgelope Saterdag (31 Januarie) in die middedorp byeengekom vir die 55ste weergawe van die Stellenbosch-oesparade. Dié jaarlikse parade is ter viering van die parstyd, wat tans aan die gang is. Volledige berig en nog foto’s op bl. 4. Foto: Yaël Malgas
Blink toekoms wag nou Stellenbosch-matrieks skitter Drie Stellenbosse skole en leerders van ander skole in die dorp is onder die provinsie se bestes, wat verlede Donderdag (29 Januarie) tydens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se 2025- Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-prysuitdeling by Leeuwenhof vereer is. Dié jaarlikse spoggeleentheid word deur die onderwysdepartement en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, aangebied en vier die uitstaande akademiese prestasies van die provinsie se skole en kandidate in die matriekeindeksamen. Onder die skole wat vanjaar vereer is, is Rhenish Girls’ High School, die Hoër Meisieskool Bloemhof en Paul Roos Gimnasium. Al drie skole is onder die
provinsie se 20 beste skole (80 of meer kandidate), met Rhenish wat die vierde plek op dié lys beklee, Bloemhof die vyfde plek en PRG die negende plek. Bloemhof is ook onder die skole wat vir volgehoue akademiese uitnemendheid vereer is. Die skool het ’n prys ontvang nadat dit vir oor vyf jaar (2021 tot 2025) ’n slaagsyfer van 95% en hoër gehandhaaf het. Dié erkenning volg kort nadat die Skoleondersteuningsentrum die skool as die land se beste Afrikaanse skool aangewys het, gegrond op die aantal onderskeidings per kandidaat van die NSS-eksamen. Altesaam 140 kandidate van Bloemhof het die eksamen afgelê, met dié klas wat altesaam 508 onderskeidings teen ’n gemiddelde 3,62 onderskeidings per kan-
didaat opgeraap het. Bloemhof en Rhenish het onderskeidelik die eerste en tweede plek vir die bevordering van tegniese vakke verwerf. “Ons is baie trots om aan te kondig dat Rhenish die algehele vierde plek in die Wes-Kaap verwerf het – ’n merkwaardige prestasie wat uit die toewyding van ons 2025-matriekklas spruit,” lui ’n inskrywing op hul Facebookblad. “Geluk aan ons leerders, personeel en die klas van 2025 vir hierdie uitstaande prestasies.” Katie Pratt van Rhenish is as die provinsie se beste leerder in visuele kunste aangewys, terwyl die dux-leerder Kristin Williamson asook Chloe Farrel onder die 10 beste Wes-Kaapse matriekleeders geëindig het. Bloemhof het ook ’n toekenning vir uitnemendheid in Afrikaans-huistaal ontvang. “Bloemhof se klas van 2025 het met ’n vakgemiddelde van 82% en bykans 70% van die graadgroep wat in die NSS
onderskeidings in dié vak behaal het, die provinsie se algehele beste prestasie in Afrikaans-huistaal gelewer,” lui ’n inskrywing op die skool se Facebookblad. “Ons is nie net trots op ons leerders nie, maar ook trots op die kundige leerkragte – Hesmé de Klerk, O’Dine Lategan (vakhoof), Louise Joubert, Irene Kritzinger, Santjie van Vuuren en Lida de la Bat.” Benewens die algehele prestasie van PRG het twee van die skool se leerders, Aaron Miller en Ian Lubbe, die top-40-lys met onderskeidelik nege onderskeidings en ’n gemiddelde van 94,83% en 10 onderskeidings en ’n gemiddelde van 94,67% gehaal. Marguerite Steenkamp van die Hoërskool Stellenbosch is ook vir haar prestasie in Afrikaans-huistaal vereer. Sy en twee ander leerders het die hoogste punt (97%) vir Afrikaans-huistaal in die NSS-eksamen behaal.