Eikestadnuus - E-Edition - 4 September 2025

Page 1


Vroue van Klapmuts het Vrydag (29 Augustus) vir ’n laaste bewusmakingsveldtog vir Vrouemaand byeengekom Lede van die plaaslike gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), die slagoffer-ondersteuningsgroep en die geestelike intervensiegroep asook beamptes van die Klapmuts-polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersafdeling, het seker gemaak inwoners agter die stuur het inligting oor geslagsgebaseerde geweld en waar om vir hulp aan te klop. Verkeersbeamptes het seker gemaak al die motoriste wat verby die groep in Stellengate-rylaan gery het, se rybewys en motorlisensies op datum is. Volgens sers. Madilyn Dombas, ’n woordvoerder van die Klapmuts-polisie, was Vrydag se geleentheid ’n belangrike, proaktiewe manier vir die veiligheidsrolspelers om Vrouemaand saam af te sluit Die groep vroue wat inligting aan Klapmuts-inwoners en plaaslike motoriste verskaf het, het die volgende ingesluit: Sers PJ Petersen, Mashell Koopman (GPF), Caroline van Heerden (slagofferondersteuner), Jennefer Fisher (buurtwag),

(slagoff

teuner), Deonique de Villers (buurtwag), Amanda de Villiers, Ursula Japtha (voorsitter van die buurtwag), die verkeersbeamptes L.

en

Herrieoor‘rassistiese’video

Solidariteit, AfriForum en die Stellenbosch-munisipaliteit stel almal ondersoek in om agter die kap van die byl te kom nadat ’n beweerde rassistiese video waarin ’n amptenaar van die Stellenbosch-munisipaliteit opmerkings maak ten opsigte van aanstellings Dinsdag (2 September) op sosiale media opslae gemaak het.

Benewens politici en burgerregteorganisasies soek die inwoners van Stellenbosch antwoorde oor kommentaar wat deur Alexander Kannemeyer, die menslikehulpbronnebestuurder van die Stellenbosch-munisipaliteit, op ’n interne vergadering oor aanstellings gemaak is In die kort video, wat op X (voorheen Twitter) geplaas is, is ’n aanlyn vergadering klaarblyklik aan die gang. Die vergadering was in 2023. Kannemeyer bespreek onder meer ’n spesifieke kandidaat wat hulle glo

Opmerking oor munisipale aanstellings

reg is vir die betrokke pos, asook ’n tweede keuse wat na bewering ’n interne aanstelling sal wees. Die kommentaar wat egter vele mense erg onthuts gelaat en tot oproepe vir Kannemeyer se onmiddellike afdanking gelei het, is sy kommer dat daar “always whites” aan die stuur van veral tegniese departemente is.

Hy skep verder ’n scenario waar die lewe “moeilik gemaak word” vir aangesteldes, hulle bedank en “ons kry wat ons wil hê”, wat volgens kritici van die amptenaar se rassisme spreek. Nou eis opposisiepartye en lede van die publiek dat die DA, die regerende party in die plaaslike munisipale raad, onmiddellik moet optree en die gepaste stappe teen die senior amptenaar vir “gewraakte en rassistiese stellings” geneem moet word.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet (artikel

9) en die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) verbied onbillike diskriminasie, insluitend op grond van ras Adv. Gert van Niekerk, die WesKaapse VF Plus-ondervoorsitter, sê sulke uitlatings is nie net onwettig en diskriminerend nie, maar ondermyn dienslewering en professionele standaarde in die munisipaliteit. “Suid-Afrika sit in sy haglike situasie weens die gevolge van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging en alles wat daaruit voortspruit, soos kaderontplooiing en grootskaalse korrupsie,” sê Van Niekerk. In ’n verklaring wat die Stellenboschmunisipaliteit intussen teruggetrek het, sê die munisipaliteit die video is uit konteks geneem. Stellenbosch se burgemeerster, Jeremy Fasser, het Dinsdagaand in ’n kort verklaring bevestig die omstandighede rakende die video sal ondersoek

word en gepaste stappe sal gevolglik gedoen word.

By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-munisipaliteit, gesê Kannemeyer se uitlatings is nie die amptelike aanstellingsbeleid van die munisipaliteit nie. “Mnr Kannemeyer was ’n menslikehulpbronadviseur wat in Maart 2023 aan die proses deelgeneem het om [raad] te gee oor verskeie aspekte van die keuringsproses, sowel as diensbillikheid soos vereis deur nasionale regeringswetgewing. Hy was nie ’n puntepaneellid nie. Die kandidaat met die hoogste punte is in werklikheid aangestel en is steeds in daardie pos.” AfriForum meen Kannemeyer se kommentaar kom neer op teistering. Dié organisasie sê hy sal ook ondersoek instel na die voorval.

Die plaaslike PA-raadslid John Andrews het by navraag gesê hy het nog nie die video bestudeer nie, maar hy meen ’n algemene baantjies-vir-boeties-sentiment blyk met aanstellings gepaard te gaan.

Elizma Johnathan
eronders-
Moses
Y. Snyders en sers. Madilyn Dombas. Foto s: Yaël Malgas

Vrou (26) vertel van Uber-nagmerrie

Wat net ’n rit huis toe moes wees, het verlede week vir ’n jong vrou van Kuilsrivier in ’n nagmerrie ontaard.

Denusha Nicholas (26), ’n onderwyseres by die Laerskool Vlottenburg in Stellenbosch, vertel sy het Donderdag 28 Augustus omstreeks 15:00 ’n Uber-rit bespreek, wat haar by die skool moes oplaai Die bestuurder was binne 12 minute daar, sê sy “Sy motor was in ’n haglike toestand, baie vuil en het gestink – hyself was ook baie vuil ” Nicholas vertel die bestuurder wou eers ’n afrit in Eersterivier se rigting neem Sy moes hom daarop wys dat sy Kuilsrivier toe wou gaan “Ek het my ma in kennis gestel dat ek nie veilig voel nie en my rit toe verander om eerder net tot by Zevenwacht Mall te gaan – die naaste plek waar ek veilig sou wees ” Toe sy die bestuurder inlig dat sy eerder net tot by die winkelsentrum wou gaan, het hy blykbaar beweer dat hy nie Engels verstaan nie “Ek en hy het begin stry en hy

Inwoners wat op Stellenbosch-plase woon, het in Augustus onder rowers deurgeloop met twee afsonderlike voorvalle net verlede week

Die Stellenbosch-polisie is op soek na verskeie vermeede rowers nadat ’n vrou in Welgevonden-rylaan van haar selfoon beroof is Die vrou het Dinsdag 26 Augustus om 07:23 in haar motor gewag dat ’n plaashek vir haar oopgemaak word toe sy deur ’n rower gekonfronteer is Sy het ’n man by haar venster gesien, wat vir haar selfoon gevra het Toe sy die venster toemaak sonder om haar foon oor te gee, het die rower ’n skoot in

het toe die deur gesluit Ek het hom gevra hoekom sluit hy dit, toe sê hy: ‘You’re going to see what’s going to happen now’ ” Sy kon die deur self oopsluit, maar die bestuurder het weer die deure en vensters gesluit, vertel sy Al het sy agter gesit, het die bestuurder haar aan die been gegryp Op die Polkadraaipad kon sy daarin slaag om uit die bewegende motor te spring “Ek was vir ’n paar sekondes uit Toe ek bykom, het ek besef ek moet hardloop vir my lewe ” Genadiglik het twee mans wat op die pad onderweg was, gesien hoe Nicholas uit die voertuig val “Die Uber-man het weggejaag ” Nicholas sê die twee mans het hulp verleen, maar kon haar nie hospitaal toe neem nie “Hulle het my by ’n plaastannie se huis afgelaai, waar my broer my toe kom haal en Netcare Kuilsrivier toe geneem het ” Sy was sowat sewe ure in die hospitaal

Buiten haar kop, nek en polsgewrig wat seergekry het, het sy albei haar knieë nerfaf geval en is haar lyf met kneusplekke oortrek Nicholas het die voorval by Uber aangemeld en ’n klagte van poging tot ontvoering by die Kuilsrivier-polisie ingedien Sy is Vrydag in kennis gestel dat die saak na die

Stellenbosch-polisiekantoor oorgeplaas is “Uber het my Saterdag gekontak Hulle het die rit se geld aan my terugbetaal en hul wetstoepassingseenheid ondersoek ook die klagte ”

Kapt Nathalie Martin, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-polisie, het bevestig ’n saak van poging tot ontvoering word ondersoek

“Die saak is Vrydag (29 Augustus) van die Kuilsrivier-polise na die Stellenbosch-polisie oorgeplaas en die speurders het die slagoffer besoek,” sê sy Hoewel die Uber-bestuurder se identiteit bekend is, het Martin bevestig niemand is in verband met die saak in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort

Uber het Dinsdag (2 September) in ’n mediaverklaring gesê hulle neem die voorval baie ernstig op en die versekering gegee dat Uber alles in sy vermoë sal doen om die ondersoek te ondersteun en klante se veiligheid te verseker

Nicholas sê Uber het haar Maandag weer gekontak en sy is beïndruk met hul diens en ondersteuning

Volgens Uber werk sy toegewyde veiligheids-reaksiespan aan die saak

Rowers slaan op twee plase toe

die motor se deure afgevuur

Die vrou het haar venster oopgemaak en die selfoon oorhandig voordat die verdagte, met ’n klapmus oor sy kop, weggehardloop het ’n Saak van roof en poging tot moord word deur die Stellenbosch-polisie ondersoek

In ’n afsonderlike geval op Woensdag 27 Augustus is ’n man van ’n plaas op die Polkadraaipad omstreeks 01:15

deur twee gewapende rowwers wakker gemaak

Die verdagtes was in swart klere geklee Volgens die klaer was hy geskok en vreesbevange toe hy twee mans – een met ’n panga en die ander met ’n vuurwapen – in sy slaapkamer aangetref het

Die verdagtes het glo die lig aangeskakel en aangedring op geld en ander waardevolle artikels en wou weet waar die kluis is Die klaer se 96-jarige ma

was ook in die woning

Die verdagtes het ’n Glock 23-vuurwapen, 16 stuks ammunisie en een magasyn, twee iPhone-selfone, ’n skootrekenaar, ’n beursie met verskeie kaarte, nog ’n ekstra magasyn met 15 stuks ammunisie en ’n K-way-baadjie gebuit

Beide die man en sy ma is ongedeerd en die rowers het ná vyf minute van die toneel af gevlug Niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie Die Stellenbosch-polisie vra enigeen met inligting oor die voorvalle om 0218095012/15 of 0825221912 te skakel

Denusha Nicholas (26) ná haar nagmerrie-rit

Stellenbosch girl schools are tops!

Stellenbosch’s girl schools once again shone at this year’s National Teaching Awards with Hoër Meisieskool Bloemhof and Rhenish Girls’ High School named the two best schools in their category.

Bloemhof took first place for the second year in a row for Top Performing Public Ordinary School in Quintile 5, while Rhenish moved from third place in 2024 to second this year Cape Town school Rustenburg Girls’ High was awarded third place.

The awards, held at the Sandton Convention Centre last Friday (29 August), recognised outstanding achievement in terms of quality teaching and learning indicators.

David Maynier, provincial education minister, congratulated all Western Cape schools for their achievement.

According to the Bloemhof team it remains a privilege to receive the top school award. “It was an honour to attend the 11th National Education Excellence Awards, where we had the privilege of receiving recognition alongside two esteemed girls’ schools,” principal Maré Bosch said.

“This acknowledgement reflects the unwavering dedication of our teachers

your hard work too, especially when it’s being done in challenging circumstances ”

According to Rhenish’s principal, Tracey Megom, the school’s win is attributed to the incredible and consistent hard work of its teachers and learners with support from parents and the education district officials.

“I am incredibly proud of our team,” she said “Congratulations to Bloemhof (first) and Rustenburg Girls’ (third), with the three schools proving the power and value of girls’ schools in education.”

The Cape Winelands districts took top honours in various categories, specifically in mathematics and science.

The local district has achieved the highest National Senior Certificate (NSC) mathematics passes 60% and above from 2022 to 2024, highest NSC participation versus achievement in mathematics 2022 to 2024, highest NSC physical science passes 60% and above 2022 to 2024, and the highest NSC participation versus achievement in physical science 2022 to 2024.

The Cape Winelands also won in the accounting sphere, claiming the prize for the highest NSC participation versus achievement in accounting for 2022 t0 2024.

Paying tribute to botanist

Friends,colleaguesandlovedonesofProfDonovan KirkwoodgatheredatthelilypondintheStellenbosch UniversityBotanicalGardenstopaytributetothelife oftheconservationist,botanistandfriend.Kirkwood fellwhileonanexpeditionlookingfororhcidsinthe JonkershoekNatureReservelookingfororchidslast Wednesday(“Kuratorsterfopberg”,Eikestadnuus, 28August).Itwasanemotionalsceneinthegardens onTuesday(2September)ascolleagues,formerinternsandfriendssharedstoriesofKirkwood’sdoggeddeterminationandpassionforconservation,andwillingnesstogiveadvice,helpandmentorothers Manyyoung peoplespokeoftheseedsheplantedinthemtotakeupthebatonandbecomeconservationiststhemselves, claimingthebestwaytohonourKirkwoodistobuildonhislegacyandwork WongaNcise,seniorhorticulturist atthegarden,sharedananecdoteaboutworkingwithKirkwoodinthegardens

Photo: Yaël Malgas

QueBit an AI traffic solution

While the discourse on Artificial Intelligence (AI) continues, one Stellenbosch company is solving real world problems with its technology in a sector that affect all locals – managing traffic

Bytefuse is an AI research and development company that forms part of the Alphawave Group, based in Technopark What started as research for Syntell, a provider of road-safety and fine-management services, has turned into a traffic solution that operates in real time QueBit is a smart traffic system designed to enhance traffic infrastructure within cities

QueBit uses AI to read the traffic flow and respond accordingly by coordinating traffic lights “Making every single traffic light on the R44 green also isn’t the answer,” warned Greg Newman, Bytefuse CEO

According to Newman QueBit’s aim is to manage traffic flow to relieve congestion, creating a more efficient commute for anyone behind the wheel Configuring the timing of traffic lights has been based by collecting data in person “It would have a counter and take a snapshot of time where it counts the vehicles and then uploads that data into some sort of rough algorithm, and it spits timings out,” Newman explained He said in using this process the chance of human error is high, yet the technology has been used for years – and it does not take changes to a town’s traffic patterns into account Changing such patterns and adapting traffic systems can be slow and expensive

Newman said: “We were wondering if it wasn’t possible to use AI to start reconfiguring these intersections automatically, using a system that functions optimally? So we spent quite a while working in simulation ”

After a while a QueBit pilot project was launched in Stellenbosch, where congestion

at the wine estate “There was an enormous number of cars going in and out of Blaauwklippen, and the timings of that intersection just weren’t equipped enough to deal with that kind of volume,” Mawjee pointed out

According to the Bytefuse team such real-time observation enables them to make corresponding updates to a technology that becomes indispensable “We found that whenever we took control, we were able to clear those queues in two traffic cycles ”

This process proliferated; data was gathered from five intersections in all, with QueBit added to various intersections, including Blaauwklippen/Technopark and Annandale

Synchronising these intersections opened up new possibilities and the team found travel times between Stellenbosch and Somerset were significantly cut down, from 14 minutes to three Traffic volumes during peak times and short-term traffic patterns were all captured during the three-week trial Among the finds was that road users on the monitored route held to the same travel times from Monday to Thursday, but on Fridays the exodus out of Stellenbosch, tended to start much earlier, at 14:00

According to Cobus Louw, Bytefuse machine learning engineer, the data gathered through QueBit can assist municipalities in the short and long term It informs future planning and long-term infrastructure projects using an updated data-driven approach He added that possible uses for QueBit are vast – addressing safety concerns, learning road-user behaviours, all thanks to AI

The Quebit team is now expanding their software and gearing-up to role out their AI solution to the market

* Novus Holdings is an investor in Alphawave Group Eikestadnuus is part of Novus Media, a subsidiary of Novus Holdings

Principal Michael Gates (Rustenburg Girls’ High School in Rosebank), provincial education department director Brenda Robertson, Maré Bosch (principal: Hoër Meisieskool Bloemhof), Cape Winelands education district director Noel Petersen and Tracey Megom (principal: Rhenish Girls’ High) at the event.

’n Strawwe 129km vir vrouehigiëne

Vier dae en 129 km later

het ’n moeë maar gelukkige

Keith Present terug in Cloetesville aangekom nadat hy verlede Donderdag (28 Augustus) in die pad geval het om na Robertson te draf om sanitêre doekies in te samel

Die 33-jarige is op die R44pad, naby Welgevonden, deur sy trotse ma, Nadine, “gaan haal” toe sy die laaste paar meter van sy tog vir Vrouemaand saam met hom afgelê het

Keith, ’n lid van die Cloetesville- sokkerklub se bestuur, het verlede week vir die Run4Wings-projek

padgevat Hy en die klub het deur sy draftog sanitêre produkte ingesamel, wat aan vroue en meisies van die buurt geskenk sal word

“Toe Keith ons van sy planne vertel, was dit eers ’n

groot grap Wie is nou ernstig om van Cloetesville na Robertson en dan terug te hardloop?

Namate Augustus nadergekom het, het die groot grap ’n werklikheid geword,” sê Relston Lakay, die voorsitter van die Cloetesville-sokkerklub

Lakay sê die klub is baie trots op Keith “Dit het bonatuurlike krag geverg om vir ’n dag lank te hardloop, in Robertson aan te kom en dan te weet jy moet die volgende oggend weer in die pad val Ons is dankbaar vir almal betrokke

Dit is vir ons as klub belangrik om te help om die gemeenskap positief te transformeer; daarom doen ons wat ons kan met beperkte hulpbronne ”

Keith en sy neef Marlon het Donderdagoggend van die Stone Square KwikSPAR, ’n Run4Wings-borg, saam met hul ondersteuningspan weggespring

Keith het van Cloetesville na Robertson en terug gehardloop om sanitêre doekies tydens Vrouemaand in te samel Foto: Yaël Malgas

In Robertson is die twee onder meer deur die Langeberg-munisipaliteit se burgemeester, Schalk van Eeden, verwelkom, wat ook ’n skenking oorhandig het

Die drawwers het in Worcester by hul tannie Lucinda Wehr oornag voordat hulle terug is Stellenbosch toe “Donderdagaand moes ek

Marlon lekker uitsmeer, want die spiere was maar seer,” skerts Wehr Haar man, Kenny, het vir ’n gedeelte van hul tog saam met die drawwers gery Vriende, familie en ondersteuners het die drawwers die afgelope Sondag (31 Augustus) by die Stellenbosch- Akademie van Sport verwelkom en saam

met Keith en Marlon middagete geniet Hoewel Marlon weens ’n kniebesering nie die hele tog saam met Keith voltooi het nie, was hy by die eindstreep

“Ek is klaar met hardloop vir nou Ek het nog twee verlofdae oor en sal die tyd gebruik om te herstel,” het Keith gesê

Die neefs is verheug oor die ondersteuning wat hulle ontvang het en sê volgende jaar sal hulle nog groter gaan Keith verduidelik dit grief hom dat meisies en vroue vir sanitêre produkte moet betaal terwyl kondome gratis beskikbaar is Die insameling was dus om waardigheid aan meisies, wat dalk nie hul eie doekies kan bekostig nie, te bied

Volgens Ndipiwe Olayi, ’n Stellenbosch-raadslid, is dit wonderlik om te sien dat jongmense daad by die woord voeg om ander te help

Klapmuts-vroue staan saam, vier hul onsigbare krag

Vroue van die Klapmuts-gemeenskap het op Saterdag 16 Augustus ter viering van Vrouemaand vir ’n Rooted & Risingteemaaltyd by die New Heaven New Earthkerk in die Tuine in Kaapstad byeengekom Die geleentheid is deur Shincheonjivrywilligers aangebied en deur vanjaar se nasionale tema, “Bou veerkragtige ekonomieë vir almal”, gelei Dit het die onsigbare krag van vroue in gesinne, werkplekke en gemeenskappe gevier

vroue gedoen het en parallelle met die 1956-Vroue-optog getrek het

Die program het sleuteltoesprake, gesprekke, poësie en musiek verweef, wat ’n energieke ruimte van viering geskep het ’n Hoogtepunt van die dag was die voorlesing van ’n ope brief van ’n lidmaat van die New Heaven New Earth Church of Jesus, wat ’n beroep op eenheid onder

In haar toespraak het pastoor Shirley Brown oor geestelike rykdom besin “Die doel is om die waarheid deur die Skrif te soek en in liefde, begrip en eenheid te wandel ”

Philisiwe Mthimkulu van die departement maatskaplike ontwikkeling het

samewerking onder vroue beklemtoon “Ons ding nie mee nie Samewerking en sorg bou sterker gemeenskappe ” Die geleentheid is afgesluit met ’n beroep om solidariteit en genesing reg deur die jaar te beoefen

“Hou aan druk toepas en laat jou lig skyn,” het Shahieda Martin die gaste aangespoor

Die drawwers Keith en Marlon Present saam met van hul ondersteuners en borge van die Run4Wings-projek

‘Ondersoek ná aanvalle sloer’

’n Onlangse nuusberig oor drie gevalle van aanvalle en rooftogte op gaste-plase in Franschhoek vanjaar het opslae gemaak nadat bronne in die berig beweer het die plaaslike polisie sloer om dié sake op te los

In die mees onlangse voorval op 2 Augustus is ’n man en vrou op die Chamonix-wynlandgoed-en-gasteplaas naby Uitkykstraat in Franschhoek kort ná middernag oorrompel – só erg dat hulle in die hospitaal opgeneem moes word Eikestadnuus het berig dat die voorval in die vroeë oggendure plaasgevind het toe drie gewapende rowers by by die wyn- en gaste-plaas naby Uitkykstraat in Franschhoek ingebreek, die paar-tjie aangerand en hulle van verskeie besittings beroof het (“Broer en suster aangeval, 7 Augustus)

In ’n soortgelyke voorval sowat twee maande tevore is vier vroue op 8 Junie op die Terra de Luc-gasteplaas ook deur drie mans oorrompel Dié voorval het omstreeks 01:30 plaasgevind

Die verdagtes het blykbaar twee vroue vasgebind en beveel om op die maag te lê terwyl die ander twee vroue op die bed gesit het

In nog 'n voorval (op 31 Mei) op die Val d’Or-landgoed in Hoofstraat is ’n soortgelyke modus operandi gevolg toe drie mans toegang tot ’n wooneen

ondersoek strek Geen antwoord is teen druktyd ontvang nie

Die koerant verneem dat slegs sake van huisroof aangemeld is

Die Burger het op 27 Augustus berig die laaste twee slagoffers, wat in die jongste voorval op Chamonix aangeval is, het glo ’n private speurder aangestel om die voorval te ondersoek

Die private speurder het toe glo die bankkaart van een van die slagoffers tot by ’n winkel in Wellington nagespoor en vasgestel dat dieselfde voertuig in al drie rooftogte en aanvalle vanjaar op kringtelevisie-beeldmateriaal te sien is

Volgens die nuusberig is hierdie inligting aan die Franschhoek-polisie oorhandig

Rossouw weerlê egter hierdie verklaring en sê die Franschhoek-polisie het geen inligting van die private speurder ontvang nie

Volgens hom bestaan prossese vir private speurders om saam met die polisie te werk en inligting te deel.

Die Burger berig dat die familiewoordvoerder van die man en vrou, wat op Chamonix aangeval en beroof is, “besef het die ondersoek gaan nie vorder nie”

Hy het die ondersoekbeampte gevra of hy ’n artikel 205-lasbrief verkry het sodat die diensverskaffers gevra kan word om te kyk of daar nuwe simkaarte in die gesteelde fone was

Die ondersoekbeampte het toe glo gevra “of die private speurder dit gedoen het”

Disaster readiness bolstered

The Cape Winelands District Municipality’s (CWDM’s) Fire Services received specialised hazmat equipment, made possible by the Western Cape Government’s Disaster Management, during a handover in Stellenbosch last Thursday (28 August).

The provincial government has embarked on an initiative to strengthen municipal fire services through the added financial support, in recognition of the critical role that suitable equipment plays in the successful management of disasters relating to chemical, biological, and radioactive substances.

A budget of R500 000 was allocated by provincial Disaster Management to help co-fund the acquisition of specialised hazmat equipment in the 2024-’25 financial year. The funding enabled the CWDM’s Fire Services to procure pneumatic pip-plug kits, universal pres-

sure-test kits, large leak-sealing bags, personal electronic dosimeters, zone tarpaulins, hazmat plug and wedge kits, portable decontamination showers, and portable rechargeable LED light kits

The initiative aims to ensure municipal fire services are compliant with national benchmarks and standards, while also strengthening preparedness to respond effectively and safely to incidents involving dangerous goods. This ultimately helps protect personnel, community members and the environment.

Building on this success, provincial government will release an additional R500 000 for more equipment during the current financial year (2025-’26).

The CWDM’s Fire Services responded to three hazmat incidents during the previous financial year All the incidents were successfully managed and had little or no impact on the environment.

At the handover of the hazmat equipment are CWDM Fire Services officials and partners,including Wayne Josias (chief fire officer,second from left),Ettiene du Toit and Colin Deiner (Western Cape Disaster Risk), Amanda de Willet (deputy director of Policy & Strategic Support: Provincial Fire Services),Dr Elna von Schlicht (CWDM executive mayor),Reggie Farao (Mayoral Committee member: Fire Services),Pietie Williams (executive director: CDPS-CWDM),and Piet du Plessis (regional commander: CDPS-CWDM).

Dorpskalender | Town calendar

THURSDAY 4 AND FRIDAY 5 SEPTEMBER

Stellenbosch: The Stellenbosch University Drama Department presents Atrocious Incarnation by Moniq Gouws, featuring Mateo Komlosy and Lukona Mkunyana, at the ADAM SMALL THEATRE LAB at 19:30 daily The production centres on two scientists, two secrets and two sides In a wartime lab where logic meets lunacy, the brilliant buffoons discover consciousness can be bottled, transferred, and thoroughly botched Armed with tin-can phones, cold irons, and catastrophically bad judgment, they’ll stop at nothing to cheat death Between philosophical feuds watch as creators become creatures in this darkly comic dance of desperate doctors Tickets, at R80 each, are on sale online via Quicket

SATURDAY 6 SEPTEMBER

Stellenbosch: SIP THE SEASON, a one-day wine-forward celebration will mark the start of Spring from noon to 15:00 Set across the Oude Werf and Stellenbosch hotels, the experience invites guests to sip, taste, wander, and connect Enjoy MCC tastings from several local wine farms, seasonal small plates, and live music in the heart of town Limited tickets, at R295 per person, include food, bubbles, and entertainment Book your tickets via Quicket

MAANDAG 8 SEPTEMBER

 Stellenbosch: Met Apologie: Ter Nagedagtenis aan Roelof Temmingh (1946-2012) word om 19:00 as deel van die Endler-konsertreeks in die ENDLER-SAAL aangebied Die werk van dié bekende komponis word deur Anmari van der Westhuizen, Liesl Stoltz, Minette du Toit-Pearce, Johanna Roos, Winand Grundling, Marina Pienaar, Roelof Temmingh jr en Liezl-Maret Jacobs uitgevoer Kaartjies is aanlyn by Webtickets te koop

WOENSDAG 10 SEPTEMBER

Stellenbosch: Die jaarlikse Rektor/Burgemeester-erfenistoekennings word om 18:00 by die UNIVERSITEIT STELLENBOSCH-MUSEUM in Ryneveldtstraat gehou

FRIDAY 12 SEPTEMBER

Technopark: MEALS ON WHEELS holds its annual general meeting at Protea Hotel Stellenbosch at 10:30 The meeting will include voting on the organisation’s annual report, audited financial statements for 2024-’25 its budget for 2025-’26 the appointment of auditors, and the new board To RSVP, call 021 851 6610 or 063 499 3110, or email info@mealsonwheelswc org za

THURSDAY 18 SEPTEMBER

 Stellenbosch: Friends in Concert will be presented at JOHNMAN COTTAGE in Herte Street at 18:30 It features Junnan Sun (clarinet), Johanna Roos (violin), and Jose Dias (piano) Sun, a Chinese clarinetist, returns to South Africa for a short tour, and will join Roos and Dias for an extraordinary blend of musical lyricism and fire On the programme are Brahms’ Violin Sonata in A major Op 100 Khachaturian’s Clarinet Trio Schumann’s Fantasy Pieces, Op 73, and French composer Milhaud’s Suite, Op 157b for clarinet, violin, and piano Tickets can be bought online through Quicket

DINSDAG 23 SEPTEMBER

 Stellenbosch: Die Unlock the Violin-sonatareeks bied Schubert Duo Sonata D 574 met die violis Johanna Roos en die pianis Chanda Lumpambo by JOHNMAN COTTAGE van 18:30 tot 19:30 aan Word vir ’n oomblik deel van Schubert se leefwêreld in die 1800’s Kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word

THURSDAY 25 SEPTEMBER

Franschhoek: The Unlock the Violin sonata series presents Schubert Duo Sonata D 574 with violinist Johanna Roos and pianist Chanda Lumpambo at FRANCHHOEK DUTCH REFORMED CHURCH from 11:00 to 12:00 Purchase tickets for the concert and discussion through Quicket

Stuur alle kalender-inskrywings via na eikestadnuus@novusmedia.co.za teen Maandag 14:00

Beste jongwyne om na uit te sien

Wynliefhebbers het baie om na uit te sien daksy talle huidige jongwyne wat eersdaags gebottel sal word

So sê De Wet Viljoen, die voorsitter van die Stellenbosch-jongwynskou Wynmakers van die streek het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees na afloop van vanjaar se skou te ontvang

Die Vergenoegd Löw-wynlandgoed was die wenner van die groot pryse en het met die Vinfruco-trofee vir die algemene kampioen, rooi tafelwyn en die KWV-trofee vir die kampioen- versterkte wyn weggestap. Die Vergenoegd Löw-wynmaker Vusi Dalicuba het die pryse in ontvangs geneem.

Dalicuba sê die trofees bewys dat die span van Vergenoegd Löw weet wat hulle in die wingerde en kelder doen “Dit is ’n aanduiding wat ons doen, beteken ons is op die regte pad. Ons respekteer die terroir en werk dus hard om dit wat in die wingerende gebeur, reg te kry.” De Wet meen die kompetisie, die oud-

ste van sy soort, is ’n belangrike geleentheid vir plaaslike wynmakers

“Ons het vanjaar ’n goeie opkoms gehad en 5% meer inksrywings as in 2024 ontvang. Die gehalte lyk goed en dit is wonderlik om te sien dat die ou tradisionele kelders steeds werk om deel te neem en ’n goeie produk lewer,” sê Viljoen. Hy sê ten spyte van die sektor wat onder druk is en die gebiede waar wyn verbou word, al hoe kleiner word, spreek die inskrywings van produsente wat in hul produk glo en wat werk om die gehalte van Stellenbosch as wynstreek aan die gang te hou.

Die groot wen-plaas van die dag was die Spier-landgoed. Spier het onder meer met die PJ Carinus-trofee vir Chardonnay, die Kooperatiewe Kelders-trofee vir Chenin Blanc en die Grotto-trofee vir algemene wit tafelwyn weggestap. “Hierdie kompetisie is ’n geleentheid om mee te ding en ’n gevoel te kry van waarmee jou kollegas besig is Dit, meer as enige ander kompetisie, is een vir die bedryf en nie die mark nie. Dit bied ook ’n geleentheid vir samesyn,” sê Anthony Kock, Spier se hoof-witwynmaker

‘Ek kan,’ sê vroue ná sessies

“Ek kan” – dit was die tema van Hellene Benans- Fischer van Wemmershoek se gemeenskapsessies in Vrouemaand Benans-Fischer het verskeie geleent- hede vir plaaslike vroue aangebied met motiveringspraatjies, geestelike bemoediging en selfs kuns en kunsvlyt, wat aan die orde van die dag was Ruth Morgan was ’n spreker by een van die sessies waar sy vroue bemoedig het Ook op die gastelys was die buurt se oudste tannie, die 93-jarige Henna Davids, wat vertel het van haar lang en geseënde lewe

Die wenners van vanjaar se Stellenbosch-jongwynskou het die afgelope Vrydag (29 Augustus) by Klein Alto byeengekom om hul trofees te ontvang Foto s: Yaël Malgas
VOERTUIE

Maties struggle to tame NWU Eagles

Renezia Andrews, wing attack of Maties, goes aerial to win possession in her team’s third-round Varsity Netball clash against NWU at the NWU Mafikeng Great Hall in Potchefstroom on Monday evening (1 September). The women from Stellenbosch dug deep in the physical encounter, especially in the final quarter, but suffered a 55-41 defeat at the hands of the home side Both teams looked to establish dominance early in the outing, with the Eagles showing composure and grit to edge the first quarter 13-9 In the second quarter, the Maroon Machine managed to claw their way back, but the hosts still held on to a 22-16 lead at half-time. In the third quarter both teams had a resurgence of energy, but NWU’s accurate attack and defensive stops allowed them to keep their noses in front (4129) Maties threatened a late comeback in the last 15 minutes, keeping the home crowd on edge, but the Eagles’ discipline and resilience saw them over the line. It’s back to the drawing board for Maties Netball as they look to find winning ways in their next outings, a double-header at the University of Pretoria’s Rembrandt Hall on Sunday 7 and Monday 8 September In the competition’s fourth round the Stellenbosch lasses, who are currently in sixth place on the log, will take on fourth-place Madibaz Netball on Sunday at 17:00, followed by their round-five fixture against hosts UP-Tuks Netball (seventh) at 19:00 on Monday Photo: Varsity Sports

Lace up to make a difference

Distance For Difference (D4D) celebrates two decades of making a difference in the lives of vulnerable children this year, raising over R13 million for various children’s charities and individual children in need.

To commemorate the milestone, D4D invites the public to join two exciting fundraising events and be part of the celebration.

The festivities start with The Gratitude Run at the scenic Dornier Wines in Stellenbosch on Heritage Day (Wednesday 24 September). The event offers a heart-pumping start to the day with a fun run/walk and trail runs through the vineyards.

This year’s edition is especially meaningful, honouring both shared heritage and D4D’s 20 years of impact, with every entry helping to build brighter futures for children in need.

Next up is the ultimate test of endurance with The500 24-Hour Cycling and Spinning Challenge at De Hoop Primary School in Somerset West from 10:00 on Saturday 18 October until 10:00 on Sunday 19 October Cyclists will push themselves to cover 500 km in just 24 hours, with the brand-new Team of Two Challenge adding fresh excitement.

Alongside the cycling, the 24-Hour Spinning Challenge returns with high-energy instructors, and perhaps a few fearless participants even attempting all 24 classes back-to-back Companies,

organisations and schools are encouraged to enter teams to occupy a spinning bike for 24 hours.

Stéphan Pieterse, founder and chairperson of D4D, reflects: “When I founded D4D in 2005, my dream was simple – to run in order to change lives Twenty years later, we’ve raised more than R13 million, supported over 60 children’s charities, and witnessed incredible stories of hope and transformation

From future Springbok stars like Gino Cupido to children like Tesswin Douries thriving with specialised education, D4D is proof of what’s possible when people unite around a cause.”

He adds that through events like The500, the Gratitude Run, and now Swim 4 Hope and Hike with Purpose, the organisation has created opportunities for cyclists, runners, swimmers, and hikers to make a difference while doing what they love. “At its heart, D4D is a community of people who give freely of their time, talents, and resources. As we look to the future, we believe the best way to celebrate 20 years is to keep doing what we love – making a difference,” Pieterse says.

Individuals, families, schools, and businesses are invited to get involved through participation, donation, volunteering, or sponsoring For further information, send an email to distance4difference@gmail.com or visit www.d4dsa.co.za.

Fore! Lückhoff High’s future

Alumnitee-off todrivechange

Stellenbosch Golf Club will provide the perfect backdrop for a day filled with friendly competition and a shared commitment to really make a difference at Lückhoff High School through the vision of the alumni.

Golfing enthusiasts and supporters are invited to join alumni on Friday 10 October at the home to the 2026 Investec South African Open The aim of the day is to raise much-needed funds to re-establish Lückhoff High to a top school to which everyone wants to send their children

Gilroy Williams, retired school principal, sportsman and golf day organiser veteran, has been challenged to make this a memorable event

“It is really a humbling experience to do this for my alma mater These last five months were very stressful, as I put enough pressure on myself to do better than before I normally take my dog, Kai, for a walk on the local sports field in the morning and that is where the next ‘big

idea’ comes from – in the peaceful surroundings I do this for all my brothers and sisters who passed through the gates of the then old Lückhoff School and the Lückhoff High we know today, with its proud history of sportsmen and academia,” he says Williams urges everyone all alumni to get involved

There are various ways to show your support, including matric groups donating funds, as there are many expenses prior to the golf day “Or come in your droves, pack your picnic bag and come and support the players,” Williams implores The support the organisers have received from businesses in and around Stellenbosch has been amazing, Williams adds The format is a four-ball better stableford, with a R5000 entry fee or R1250 per person Wet holes are available at R1500 and various prizes are up for grabs There will also be an auction of sporting memorabilia, wines and more Formoredetailsortoenter,contactWilliamson 0837012682orwilliamsgilrov@gmail com

D-dag vir F’hoek en Pniël

AvrilFillies

Franschhoek en Pniël Villagers is die twee spanne van die groter Stellenboschomgewing, wat hierdie Saterdag (6 September) in onderskeidelik Superliga B en C se kwarteindstryde van die Westelike Provinsie-rugbyunie in aksie is

Die kwarteindstryde – ook bekend as die topses – in elk van die Superligas word op die span wat die hoogste op die punteleer gekwalifiseer het– van derde tot sesde – se tuisveld gespeel

Franschhoek (derde) pak Collegians op die Groendal-sportterrein, terwyl Pniël Villagers (sesde) na Oranjezicht reis vir sy kragmeting teen Gardens

Die vrouespan van Van der Stel-Evergreens pak St George’s op Bergzicht in Stellenbosch, nadat VDE onoorwonne in Superliga A se vrouekompetisie geëindig het In die ander kwarteindstryd speel Brackenfell teen die UWK

Die halfeindstryde word Saterdag

13 September op City Park in Athlone beslis, voordat die eindstryde en uitspeelwedstryde op Saterdag 20 September bepaal wie waar in 2026 sal speel

In Superliga A wag Villager en Durbell in die halfeindrondes op die wenners van die kwarteindstryd tussen Valsbaai en SK-Walmers in Constantia en Hamiltons en Ikeys in Groenpunt

In Superliga B wag Primrose en Kraaifontein vir die uitslag tussen Franschhoek en Collegians asook Belhar en Goodwood op Erica-park in Belhar

In Superliga C het Young Peoples en All Saints na die halfeindronde deurgedring en wag op die wenners van die wedstryde tussen Gardens en Pniël Villagers aan die een kant en Violets en Rangers aan die ander

Die laaste twee spanne in Superliga A –Kuilsrivier en St George’s – sak na Superliga B en Hands & Heart en Kylemore van Superliga B na C Strand United, Eersterivier en Caledonian Roses speel volgende jaar in die sone-kompetisie

Alumni of Lückhoff High School invite golfers and supporters of the school to join them for a fundraising golf day to be held on Friday 10 October at the Stellenbosch Golf Club
The Gratitude Run starts the 20th anniversary celebrations of D4D at the scenic Dornier Wines in Stellenbosch on Heritage Day Photo: Tammy Anne Photography

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Eikestadnuus - E-Edition - 4 September 2025 by Novus Media - Issuu