4 September 2025 - 10 September
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
NM10026949-EN040925
Klapmuts-vennote voer veldtog in Vrouemaand
Vroue van Klapmuts het Vrydag (29 Augustus) vir ’n laaste bewusmakingsveldtog vir Vrouemaand byeengekom. Lede van die plaaslike gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), die slagoffer-ondersteuningsgroep en die geestelike intervensiegroep asook beamptes van die Klapmuts-polisie en die Stellenbosch-munisipaliteit se verkeersafdeling, het seker gemaak inwoners agter die stuur het inligting oor geslagsgebaseerde geweld en waar om vir hulp aan te klop. Verkeersbeamptes het seker gemaak al die motoriste wat verby die groep in Stellengate-rylaan gery het, se rybewys en motorlisensies op datum is. Volgens sers. Madilyn Dombas, ’n woordvoerder van die Klapmuts-polisie, was Vrydag se geleentheid ’n belangrike, proaktiewe manier vir die veiligheidsrolspelers om Vrouemaand saam af te sluit. Die groep vroue wat inligting aan Klapmuts-inwoners en plaaslike motoriste verskaf het, het die volgende ingesluit: Sers. PJ Petersen, Mashell Koopman (GPF), Caroline van Heerden (slagofferondersteuner), Jennefer Fisher (buurtwag), Elizma Johnathan (slagofferondersteuner), Deonique de Villers (buurtwag), Amanda de Villiers, Ursula Japtha (voorsitter van die buurtwag), die verkeersbeamptes L. Moses en Y. Snyders en sers. Madilyn Dombas. Foto’s: Yaël Malgas
Herrie oor ‘rassistiese’ video Yaël Malgas
Solidariteit, AfriForum en die Stellenbosch-munisipaliteit stel almal ondersoek in om agter die kap van die byl te kom nadat ’n beweerde rassistiese video waarin ’n amptenaar van die Stellenbosch-munisipaliteit opmerkings maak ten opsigte van aanstellings Dinsdag (2 September) op sosiale media opslae gemaak het. Benewens politici en burgerregteorganisasies soek die inwoners van Stellenbosch antwoorde oor kommentaar wat deur Alexander Kannemeyer, die menslikehulpbronnebestuurder van die Stellenbosch-munisipaliteit, op ’n interne vergadering oor aanstellings gemaak is. In die kort video, wat op X (voorheen Twitter) geplaas is, is ’n aanlyn vergadering klaarblyklik aan die gang. Die vergadering was in 2023. Kannemeyer bespreek onder meer ’n spesifieke kandidaat wat hulle glo
Opmerking oor munisipale aanstellings reg is vir die betrokke pos, asook ’n tweede keuse wat na bewering ’n interne aanstelling sal wees. Die kommentaar wat egter vele mense erg onthuts gelaat en tot oproepe vir Kannemeyer se onmiddellike afdanking gelei het, is sy kommer dat daar “always whites” aan die stuur van veral tegniese departemente is. Hy skep verder ’n scenario waar die lewe “moeilik gemaak word” vir aangesteldes, hulle bedank en “ons kry wat ons wil hê”, wat volgens kritici van die amptenaar se rassisme spreek. Nou eis opposisiepartye en lede van die publiek dat die DA, die regerende party in die plaaslike munisipale raad, onmiddellik moet optree en die gepaste stappe teen die senior amptenaar vir “gewraakte en rassistiese stellings” geneem moet word. Die Suid-Afrikaanse Grondwet (artikel
9) en die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) verbied onbillike diskriminasie, insluitend op grond van ras. Adv. Gert van Niekerk, die WesKaapse VF Plus-ondervoorsitter, sê sulke uitlatings is nie net onwettig en diskriminerend nie, maar ondermyn dienslewering en professionele standaarde in die munisipaliteit. “Suid-Afrika sit in sy haglike situasie weens die gevolge van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging en alles wat daaruit voortspruit, soos kaderontplooiing en grootskaalse korrupsie,” sê Van Niekerk. In ’n verklaring wat die Stellenboschmunisipaliteit intussen teruggetrek het, sê die munisipaliteit die video is uit konteks geneem. Stellenbosch se burgemeerster, Jeremy Fasser, het Dinsdagaand in ’n kort verklaring bevestig die omstandighede rakende die video sal ondersoek
word en gepaste stappe sal gevolglik gedoen word. By navraag het Stuart Grobbelaar, ’n woordvoerder vir die Stellenbosch-munisipaliteit, gesê Kannemeyer se uitlatings is nie die amptelike aanstellingsbeleid van die munisipaliteit nie. “Mnr. Kannemeyer was ’n menslikehulpbronadviseur wat in Maart 2023 aan die proses deelgeneem het om [raad] te gee oor verskeie aspekte van die keuringsproses, sowel as diensbillikheid soos vereis deur nasionale regeringswetgewing. Hy was nie ’n puntepaneellid nie. Die kandidaat met die hoogste punte is in werklikheid aangestel en is steeds in daardie pos.” AfriForum meen Kannemeyer se kommentaar kom neer op teistering. Dié organisasie sê hy sal ook ondersoek instel na die voorval. Die plaaslike PA-raadslid John Andrews het by navraag gesê hy het nog nie die video bestudeer nie, maar hy meen ’n algemene baantjies-vir-boeties-sentiment blyk met aanstellings gepaard te gaan.
AS SEEN ON TV Strawberry Punnets 250 g
3 FOR
R49 White Button Mushroom Punnets 200 g
3 FOR
R49
Nescafé Gold Instant Coffee Assorted 200 g/220 g (Excl. Decaf)
ANY 2 FOR
R270
Beef Rump or Sirloin Steaks
15999
per kg
SAVE R110 Food Lover’s Blended Seed & Extra Virgin Olive Oil 1 L
2 FOR
R110
SAVE R48
SPECIALS VALID MONDAY 1 - SUNDAY 7 SEPTEMBER 2025 SHOP LG1 VERGELEGEN PLEIN SHOPPING CENTRE, 104 BIZWENI AVENUE SUMMER HILL DRIVE, DENNEGEUR • VISIT WWW.FOODLOVERSMARKET.CO.ZA TO SEE ALL OUR SUPER SPECIALS. ACTUAL PRODUCTS ON OFFER MAY DIFFER FROM VISUALS SHOWN, AS THESE ARE SERVING SUGGESTIONS ONLY • HAMILTONS ADVERTISING • NO HAWKERS • NO TRADERS • WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES • E&OE
Food Lover’s Ground Beef 2 x 400 g
7999
per pack