3 September 2026 - 9 September 2026
46 Years at your service
GRATIS | FREE
• All work guaranteed • Quality maintenance • New installations
Nuus net vir jou sedert 1950
021 887 2155
NM10072033-EN030926
Bloodshed in township
Agtjarige meisie oorlede Die Lynedoch-treinstasie buite Stellenbosch. Foto: Yaël Malgas
‘Sy was lief vir drukkies uitdeel’ Yaël Malgas
D
ie skool-gemeenskap van Vlottenburg Primêr treur weer nadat nog een van hul leerders verlede week oorlede is.
Ruché Basson, ’n graad tweetjie van die skool buite Stellenbosch, is verlede Dinsdagmiddag (25 Augustus) dood nadat sy vermoedelik onder ’n trein by Lynedoch-treinstasie beland het. Stellenbosch-polisie bevestig beamptes is om 14:18 na die Lynedoch-treinstasie uitgeroep waar hulle met hul aankoms ’n agt-jarige meisie onder ’n trein gevind het. Ruché is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Volgens Kaptein Nathalie Martin, ’n polisiewoordvoerder, was Ruché vermoedelik besig om uit die skoolbussie te klim toe sy die treinspoor probeer oorsteek het. Volgens Martin is ’n geval van manslag geopen na Ruché se dood.
Vlottenburg Primêr het ná die gr.2leerder se dood hul medely met Ruché se familie betoon. “Met groot hartseer neem ons afskeid van een van ons geliefde leerders. Ons harte is stukkend, en ons gedagtes en gebede is by haar familie, geliefdes, klasmaats, die hele Vlottenburg Primêr en Lynedoch-gemeenskap gedurende hierdie ongelooflik moeilike tyd,” het die skool geskryf op Facebook. Die span van Vlottenburg After School Care het gesê maatjie Ruché sal beslis gemis word. ’n Ondersoek na die gebeure verlede Dinsdag is ook deur die Spoorpassasiersagentskap (Prasa) van stapel gestuur. Zinobulali Mihi, ’n woordvoerder van Prasa, wou nie veel uitlaat oor die gebeure nie gesien die ondersoek nog nie afgehandel is nie. Ruché se pa, Hendrowaan Louw (30) het aan Die Son gesê sy was lief vir drukkies uitdeel en het altyd gehelp met haar jonger sibbe. Ruché was een van ’n tweeling en die oudste van Louw en sy
Wyle Ruché Basson van Lynedoch buite Stellenbosch.
vrou, Rodene, se vyf kinders. Haar dood kom maande nadat Vlottenburg Primêr nog ’n leerder verloor het. Calvin Jansen (12) is voor skool doodgery nadat hy die Polkadraaipad probeer oorsteek het. Hy was op Woensdag 13 Mei saam met ’n familielid, maar hy het haar hand gelos en gehardloop sonder om die aankomende motor te sien. Calvin en sy gesin is van Skilpadvlei-plaas, net treë van waar die ongeluk plaasvgevind het. Ruché se begrafnis vind Sondag (6 September) by die Sustainability Institute in Lynedoch om 09:00 plaas. Die teraardebestelling sal by die Jamestown-begraafplaas wees.
Residents of Kayamandi endured a night of terror when three shootings occurred within mere hours of one another, leaving three dead last week. In the first incident, Stellenbosch police responded the call on Thursday 27 August at 23:30. A complaint had come through of a shooting in Forest Drive, Kayamandi, where an unknown man was found lying face-down. On inspection the man was found with bullet wounds and was declared dead by emergency personnel on the scene. On Friday at 00:15, police officers on patrol were stopped by a woman who said her brother had been shot. When officers arrived they found the man with multiple bullet wounds to his body and head and he was also declared on the scene. Half an hour later, a third person’s body was found by police near Kayamandi Primary School. The complaint registered had alerted police to a person lying in the road at the school, but officers arrived to find an unknown man lying on his back with gunshot wounds to the head. He was declared dead by emergency personnel. Three cases of murder were opened in all three instances and are under investigation. No arrests had been made. Last week’s shootings were the tip of the iceberg in the township this past year. July also ended on a bloody note after gun violence saw four people fatally gunned down and four more, including two police officers, wounded. Stellenbosch police appealed to all residents to take a stand against murder and violent crimes in their communities. “If you have witnessed a murder, have information about one or know persons who are involved in serious criminal activities, please report the information to the police,” Captain Nathalie Martin, Stellenbosch police spokesperson, urged. “Your information could help save lives and bring perpetrators to justice. Together we can help make our communities safer. Speak up, report crime and save lives.” Report information anonymously to Crime Stop on 08600 10111. Alternatively, to any other crimes, call Stellenbosch police on 021 809 5015 or 082 522 1912.
.
2
Eikestadnuus
NUUS NEWS
3 September 2026
’n Laaste saluut van sy kollegas vir AO André Manus (in groen) Maandag (31 Augustus). Saam met hom stap kol. Masiza Ponco van die Stellenbosch-polisie en kapt. Sharlene Canham, waarnemende bevelvoerder van misdaadintelligensie in die Kaapse Wynlande. Foto’s: Yaël Malgas
AO André Manus kry ’n vaarwel-druk van kollega AO Zenobia Sedeman van Cloetesville-polisie.
Polisieman groet ná byna 40 jaar Yaël Malgas Dit was met applous en ’n erewag dat AO André Manus die afgelope Maandag (31 Augustus) die Stellenbosch-polisie gegroet het ná byna vier dekades van diens as polisiebeampte. Manus (60) was verbonde aan die Kaapse Wynlande se eenheid vir misdaadintelligensie. Só gevestig is Manus se netwerk dat sy kollegas gespot het hulle sal ’n kennisgewing by die Stellenbosch-polisiekantoor moet plaas om die gemeenskap te laat weet hy het afgetree. “Ek gaan alles van die polisiediens mis,” vertel Manus. Dié Somerset-Wes inwoner is sedert 1999 deel van die plaaslike misdaadintelligensie, maar wou aanvanklik ’n dominee word. “As kind is een van my vriende doodgesteek en later is my swaer deur ’n polisiebeampte aangerand en geskiet. Daar was toe ’n sentiment dat almal in die polisie sleg is, maar ek wou mense wys om ’n polisiebeampte te wees
beteken om in diens van jou gemeenskap te staan.” Met hierdie visie is Manus in 1988 na die polisiekollege. Sy loopbaan het hier in Stellenbosch begin en hy was lid van die span wat destyds die Cloetesville-polisiekantoor geopen het. Hy was ook ’n ruk lank in Soweto, Johannesburg, gestasioneer. Dit was hierna dat hy by die intelligensie-eenheid aangesluit het. INLIGTING GEWERF “Jy moet goeie menseverhoudings kan bou, bereid wees om te gaan waar niemand anders wil gaan nie en jy moet aanpasbaar wees,” verduidelik Manus oor sy werk. Die werf van inligting en bevestiging van feite was deel van sy daaglikse take. Manus was lid van die spanne wat gewerk het om hoëprofiel-sake te ondersoek, soos die Van Breda-moorde en die Matie Jesse Mitchell wat op sy verjaarsdag in die dorp doodgesteek is. Sy noue samewerking met Stellenbosch
se speurders het ook gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes drie dae nadat Piet de Koker (77) op Saterdag 17 Januarie in die Papegaaiberg-begraafplaas vermoor is. “Daar was so baie tonele, gevalle van selfdood... maar God dra jou deur. Dit gebeur dat mense byvoorbeeld polisiebeamptes op ’n ongelukstoneel sien lag, maar dit is net ’n manier om wat ons sien te verwerk. Ons grap nie oor wat gebeur nie, maar om te lag is gesond,” sê Manus. Tog is daar dae wanneer gehuil word. Manus sê ná ’n onlangse reeks moorde in Kayamandi is hy huis toe met ’n swaar hart en het gebid vir krag om dit te verwerk wat hy op die toneel in die township gesien het. Manus se geloof het in 2015 selfs sterker geword nadat kolonkanker by hom gediagnoseer is. “Dit was ’n Vrydag toe die dokter my monsters vir toetse weggestuur het. Die volgende Maandag bel iemand my vir hulp – ’n man het homself toegesluit met ’n byl in die huis, want hy
104 Dorp Street, Stellenbosch Central, Stellenbosch
wil nie na die rehabilitasiesentrum gaan nie,” onthou hy, “Ek is soontoe om met hom te praat en op die yskas was ’n berig oor sy ma wat borskanker gehad het en hoe sy uiteindelik genees is. Ek het met hom oor die kanker gepraat, alles waardeur sy ma is, en hy is uiteindelik na die rehabilitasiesentrum.” Manus sê kort ná dié voorval het die dokter met die slegte nuus geskakel. Maar Manus meen hy moes daardie dag die beriggie op die yskas gesien het, want daar is toe bewys dat sy toestand geneesbaar is. Dit was ook die begin van sy “naweek-werk” om kos aan minderbevoorregtes in sy tuisdorp uit te deel. “Daar is niks soos ’n dankie van mense wat werklik waardeer wat jy doen nie,” meen Manus. Hy vertel ’n dankie, “God bless you” en glimlagte wat hy sien deur sy gemeenskapswerk laat hom mens voel. Sy raad aan enigeen wat die blou uniform wil dra is eenvoudig: “Wees tot diens vir jou gemeenskap.”
Oud-hoof sal ná klagte sy dag in hof kry Yaël Malgas In Desember vanjaar sal die voormalige plaaslike hoof wat van seksuele aanranding beskuldig word sy dag in die hof hê. Dié voormalige Stellenbosse skoolhoof het die afgelope Dinsdag (1 September) in die Stellenbosch-landdroshof verskyn. Die saak was uitgestel sodat ’n afskrif van die dossier aan die verdediging verskaf kan word, wat intussen uitgevoer is. Die uitgetrede hoof is deur ’n voormalige kollega aangekla van seksuele aanranding ná ’n voorval tydens ’n jaareindfunksie verlede Desember. Die hof het vandeesweek die saak tot Dinsdag 3 Desember uitgestel vir voorverhoor en die volgende dag vir die verhoor om te begin.
(muhammad.brinkhuis@novusmedia.co.za) 084 735 7866
NM10072163-EN030926
HOF VOL ONDERSTEUNERS Ondersteuners van die voormalige onderwyser het Dinsdag soos oudergewoonte hof B volgesit om hul steun aan die beskuldigde te toon. Eikestadnuus het voorheen berig dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) ’n interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur het. Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die WKOD, het destyds gesê die beweerde voorval is op Vrydag 12 Desember by die departement se direktoraat vir werknemersverhoudings aangemeld. Hierna is met die ondersoek begin. Daar was egter geen uitstelsel nie, aangesien die hoof uitgetree het voor die interne saak afgehandel kon word. Die verdediging het vandeesweek aan die hof gedui hulle beplan om ten minste drie getuies tydens die verhoor te roep.
3 September 2026
NUUS NEWS
Eikestadnuus
3
Cloetesville Hoër vereer oud-hoof Yaël Malgas Prof. Ruan Veldtman en Jack Jelbert (jnr.) by die bedreidge blom wat hulle ontdek het.
Seldsame blom herontdek Die tweede BioBlitz-geleentheid by die Papegaaiberg-natuurreservaat het vrugte afgewerp met die herontdekking van ’n seldsame blom teen die hange van die berg in Stellenbosch. Die geleentheid is weer op Saterdag 22 Augustus deur die Vriende van Papegaaiberg in samewerking met die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskap (NITheCS) aangebied, met die waarneming wat tot groot opgewondenheid onder die deelnemers gelei het. Die groep burgerlike wetenskaplikes is weer deur prof. Ruan Veldtman, ’n ekoloog by Sanbi en deel van NITheCS, gelei, met veiligheidsondersteuning deur lede van die Onder Papegaaiberg-buurtwag. Veldtman en Jack Jelbert (jnr.) het tydens die BioBlitz die Black-lug Capeblue (Aristea lugens) herontdek en die waarneming op die iNaturalist-toepassing gelaai. Die blom is op die Sanbirooilys vir bedreigde spesies aangeteken. “Sonder optrede van die munisipaliteit is dit nie moontlik om hierdie spesie of ander in die Papegaaiberg-natuurreservaat te beskerm nie,” sê Veldtman. “Sonder sekuriteit kan die plant gestroop, vertrap of deur onwettige storting bedek word. Die stigting van ’n bestuurskomitee vir die reservaat is die eerste stap om hierdie probleme op te los.” Volgens Karin Coetzee, die voorsitter van die Vriende van Papegaaiberg, is die blom in 2018 laas deur die bekende en geliefde natuurkundige Dave Pepler in die reservaat waargeneem. “Dit was toe nog veilig om in die reservaat te stap,” sê Coetzee. “Dit is so hartseer dat die owerhede nie die reservaat beveilig sodat inwoners en besoekers dit kan geniet nie. Die reservaat bied ’n 360-gradeuitsig oor Stellenbosch, die pragtige berge, Tafelberg en die see.” Coetzee voeg by dat die Vriende van Papegaaiberg reeds versoeke vir dringende ingryping aan die Stellenbosch-munisipaliteit, die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die nasionale departement van bosbou, visserye en die omgewing gerig het, maar sy beweer “niks gebeur om die reservaat te red nie”. “Die reservaat word uiters swak bestuur, is verwaarloos en is lewensgevaarlik
Die bedreigde Black-lug Capeblue (Aristea lugens) is in Augustus in die Papegaaiberg-natuurreservaat waargeneem.
om te besoek. Tydens die BioBlitz is uitheemse plantegroei waargeneem, wat verwyder moet word. Dis ironies dat die seldsame blom reg langs die paadjie by ’n onwettige stortingsterrein, waar misdadigers gereeld deur die reservaat beweeg, ontdek is.” Volgens die Stellenbosch-munisipaliteit is in Januarie 2024 op ’n “praktiese aksieplan” vir die bestuur van die reservaat ooreengekom. “Die aksieplan takel sleutelkwessies, soos toegangsbeheer, heinings, nuwe aanwysingsborde, onwettige storting en die bevordering van toerisme en ontspanningsaktiwiteite in die reservaat,” sê Stuart Grobbelaar, ’n munisipale woordvoerder. “Die munisipaliteit neem die bestuur en beskerming van die reservaat ernstig op. Munisipale wetstoepassers monitor die gebied voortdurend en enige nuwe onwettige strukture word verwyder. Enige ongemagtigde besetting of gebruik van openbare grond, insluitend die natuurreservaat, is onwettig en word aangepak wanneer dit onder die munisipaliteit se aandag gebring word.” Grobbelaar meen onwettige storting is ’n beduidende uitdaging oor die land heen – veral in beboste gebiede. “Hoewel borde en wetstoepassingspatrollies deel van die munisipaliteit se reaksie is, is die samewerking van inwoners en die breër gemeenskap noodsaaklik,” sê hy. “Die munisipaliteit verwelkom hulp, ondersteuning en vrywilligers wat wil bydra tot die voortgesette bestuur en beskerming van die reservaat.”
’n “Terroris” met die Bybel onder die arm – dit is dalk hoe sommige hom onthou, maar vir die breër Hoërskool Cloetesville-gemeenskap is Aldon Louis Gregory April (80) die man wat dié hoërskool help stig het en wie se nalatingskap nou amptelik herdenk word. Die afgelope Saterdag (29 Augustus) is die plaaslike hoërskool se skoolsaal die A.L.G April-skoolsaal “gedoop”. April en die destydse personeel het in 1979 by die skool begin en April, toe net 32, het besluit die skool het ’n saal nodig. Hy het net daar planne beraam vir die skoolsaal, wat nou na hom vernoem is. Onder die alumni, wat staaltjies oor die destydse Cloetesville Sekondêre Skool (CSS) gedeel het, was die seremoniemeester en akteur Denver Vraagom, dr. Emile Reid en CSS se eerste hoofmeisie, Nicola Rabie. Rabie het vertel van hoe April haar en haar vriende by ’n huis gaan haal het nadat hulle besluit het om van hul klasse weg te bly. Reid het op sy beurt vertel van die streng hand waarmee April die skool gelei het. “Ons vereer ’n leier wie se dissipline, diens en toewyding gehelp het om die fondasie te lê waarop die skool en ons almal gebou is,” sê Reid. Die eerste dekade van die skool se geskiedenis was nie sonder uitdagings nie, met die anti-apartheidsbetogings wat ook hier in 1980 plaasgevind het. April onthou hoe onderwysers afdrukke van skoolwerk moes maak en by leerders se huise aflewer om te verseker hulle raak nie agter nie. Benewens die akademie, was dit vir April belangrik dat die leerders aan sport en kulturele aktiwiteite moes
Voormalige skoolhoof van Hoërskool Cloetesville Aldon April saam met Jeremy Fasser, burgemeester van Stellenbosch, tydens die onthulling van die saalherbenoeming-plaak.
Die Hoërskool Cloetseville se A.L.G April-skoolsaal word deur die burgemeester, Jeremy Fasser, die eerste skoolhoof, Aldon April, en die huidige skoolhoof, Brandon du Plessis, geopen. Foto’s: Yaël Malgas
deelneem. Die gebore Wellingtoner kom uit ’n musikale huis en het verseker sang was deel van CSS se buitemuurse aktiwiteite. “Dit is net die Here se genade,” sê April oor sy hoofskap by CSS van 1979 tot 1989. Dit was danksy die oud-skoolhoof Matty Cyster wat April in Cloetesville beland het. Cyster het April, wat destyds in Malmesbury skoolgehou het, vertel ’n skool word in Cloetesville gebou en April het besluit om vir die hoofskap aansoek te doen. Die res is geskiedenis. Oor die skool se leuse, “Net jou beste”, sê April dit was – en is steeds – die droom vir elke leerder. Hy sê die skool is ’n bron van hoop, ’n plek waar leerders moet streef om elke dag beter as gister te wees en te help skryf aan die geskiedenis van die skool en sy gemeenskap.
Alumni, vriende en familie en gaste sing die Hoërskool Cloetesvilleskoollied.
Get the best in Blinds and Shutters
Popular Sheerweave Roller Blinds
IRNA VAN WYK: 082 572 2740 STELLENBOSCH: 021 883 3783 • SOMERSET WEST: 021 851 0176 • GANSBAAI: 068 042 5818 SWELLENDAM: 082 572 2740 • WORCESTER: 082 452 5072 • MOSSELBAAI: 082 449 3653 www.stellenboschblinds.co.za • info@stellenboschblinds.co.za NM10072031-EN030926
4
Eikestadnuus
NUUS NEWS
3 September 2026
Rotariërs staan naskoolsentrum by Yaël Malgas Die leerders van Idasvallei se naskoolprogam, die Academic Support-sentrum, het verlede Woensdag (26 Augustus) ’n skenking van die plaaslike Rotariërs ontvang om die laaste van die winterkoue weg te hou. Die Rotariër-klub van Stellenbosch het altesaam 50 komberse aan die sentrum geskenk. Die sentrum is verlede Mei deur Amanda Fischer en Eon Hendrikse gestig. Hier kry leerders van die buurt hulp met alles van wiskunde tot navorsing vir take. Die sentrum word by die Idasvalleisportterrein gehuisves en deur die wyksraadslid Roy van Rooyen se kantoor ondersteun. Fischer en Hendrikse verduidelik die naskoolprogram is iets wat tussen hul voltydse werk ingepas word, maar met die hulp van vrywilligers uit die gemeenskap, Van Rooyen se bystand en die tyd wat studente van die Universiteit Stellenbosch (US) afstaan om die kinders met huiswerk te help, het dit ’n waardevolle toevoeging tot die gemeenskap geword. “Ons probeer ’n stelsel van verandering met die hulp van die studente teweegbring. Ons wil ’n stelsel skep waar kinders ondersteun word – nie net nou en dan gehelp word nie. Die studente is
Idasvallei-leerders druk besig met wiskunde-aktiwiteite.
Stellenbosch se Rotariërs, die span van die Academic Support-sentrum en Idasvallei se wyksraadslid, Roy van Rooyen, en onderburgemeester, dr Rudi Buys, tydens die kombersoorhandiging by dié naskoolsentrum. Foto’s: Yaël Malgas
hier op Maandae, Woensdae en Vrydae. Sonder hul insae sou die program nie suksesvol kon wees nie,” sê Hendrikse. Die Rotariërs het besluit om ’n bruikbare skenking aan die span te gee. “Ons is besonder bly dat die ruim bydrae van ons mede-Rotariërs in die Verenigde Koninkryk ons in staat gestel het om op ’n duidelik geïdentifiseerde behoefte in ons eie gemeenskap te reageer,” het Monique Labat, die president van die Rotariër-klub van Stellenbosch, gesê.
“Die akademiese ondersteuningsentrum is ’n uitstekende voorbeeld van wat bereik kan word wanneer toegewyde gemeenskapslede, studente en organisasies saamwerk om geleenthede te skep en praktiese ondersteuning te bied.” Die internasionale Engelse Rotariërs is van die Rotariër-klub van East Grinstead Meridian. Dr Rudi Buys, die Stellenbosch-munisipaliteit se onderburgemeester, het by die oorhandiging gesê niemand is
werklik alleen nie. Buys het die kinders aangemoedig en sê hulp is altyd beskikbaar indien hulle “braaf genoeg” is om vir hulp te vra. “Kombersies het ’n manier om ons veilig te laat voel en ek hoop dit is wat julle ervaar. Wanneer dit koud is, trek die kombersies oor jul skouers en dalk voel julle ook nie meer so alleen in daardie oomblik nie,” het Buys gesê. Volgens Labat weerspieël die skenking die Rotariërs se verbintenis tot diens bo persoonlike belang en die plaaslike organisasie se strewe om praktiese gemeenskapsbehoeftes aan te pak en ’n blywende, positiewe invloed te skep. Vir meer oor die Stellenbosch-Rotariërs, stuur ’n e-pos aan Jackie Hunter by secretary@rotarystellenbosch.org.za.
.
Meisies van PC Petersen Primêr saam met die Performance Den-lede, wat skenkings van sanitêre doekies aan die skool gegee het. Foto: Yaël Malgas
Kylemore-gemeenskap spring in Yaël Malgas In gemeenskappe waar noodsaaklike sanitêre produkte vir meisies ’n “luuksheid” kan wees, poog ’n groep Kylemore-inwoners om seker te maak geen meisie mis skool as gevolg van ’n tekort nie. Die motor-entoesiasteklub Performance Den is ’n groep uiteenlopende, familie-georiënteerde vriende van die dorpie en het onlangs bymekaargekom met die idee om meer in hul alma mater en gemeenskap te belê. Robin Jansen van Performance Den verduidelik: “Ons is op soveel maniere geseën – natuurlik sowel as geestelik – en het gevoel ons moet iets aan die gemeenskap teruggee aangesien ’n groot behoefte bestaan om minderbevoorregtes te ondersteun.” Volgens Devon Combrinck, die hoof van P.C. Petersen Primêr, is toegang tot sanitêre produkte ’n uitdaging vir sommige meisies. “Baie van ons leerders kom uit huishoudings waar finansiële uitdagings, onbestendige gesinne, armoede, dwelm- en alkoholverslawing dit moeilik maak om sanitêre en ander higiënse produkte te bekostig. Vir baie van ons is hierdie produkte ’n noodsaaklikheid waar dit in die meeste meisies se lewe ’n luuks-
heid is. Baie van die huishoudings is op survival mode en probeer kos op die tafel sit voordat hulle aan hierdie produkte dink. Die behoefte lei soms daartoe dat meisies skool misloop of ongemak en onsekerheid tydens hul skooldag ervaar.” Vir die groep van Performance Den is dit ook belangrik om die opvoeding en ondersteuning rakende menstruasie te skep. Jansen sê die hoop is hul gemeenskapswerk sal ander plaaslikes inspireer om te help om minderbevoorregte inwoners met basiese behoeftes te ondersteun. “Indien lede van die gemeenskap graag wil help, is hulle meer as welkom om Performance Den te kontak. Ons kan dan toekomstige hulp bespreek, asook enige tekortkominge en behoeftes in die gemeenskap. Dit kan enigiets insluit, soos verfwerk, versiering, persoonlikehigiëneprodukte, kos en ander noodsaaklikhede.” Volhoubare ondersteuning aan die skool kan met behulp van inwoners, ondernemings, gemeenskapsorganisasies en alumni beteken behoeftes onder die leerders – skryfbehoeftes, skoolklere, sporttoerusting en leesmateriaal – kan aangevul word. Combrinck meen gemeenskapsbetrokkenheid by inisiatiewe kan ’n betekenisvolle verskil in
die lewe van leerders, hul skool en die gemeenskap maak. “In Kylemore moet baie ouersessies en opleiding gedoen word sodat ouers hul rol in hul kinders se lewe, die skool en die gemeenskap kan verstaan en om te help bou aan ’n goeie huishouding, ondersteuningsnetwerke en om meer verantwoordelikheid te neem vir hul kinders se opvoeding, groei en waardes,” sê hy. Combrinck voeg by organisasies soos Community Keepers doen reeds goeie werk in die skoolgemeenskap en help om higiëniese produkte te versamel. “Dit help ook om goeie verhoudings te bou, die meisies selfvertroue te gee en die gevoel van ander gee om vir hul behoeftes. Dit kan motivering wees vir ’n meisie om meer te doen, hard te werk en ’n sukses van haar skoolloopbaan te maak. Enigiets volhoubaar lei tot groot sukses,” sê hy. Elke pakkie bevat sanitêre doekies en ’n paar bederfies vir die meisies. Die groep bedank Arts Spitbraai, J and Z accessories, Skytech Branding & Promotions, Logan Jooste Photography en al die individue wat tot die skenking bygedra het. Enigeen wat betrokke wil raak by die gemeenskapswerk kan Jansen by 083 229 0248 kontak.
.
3 September 2026
NUUS NEWS
Eikestadnuus
5
CWDM women fêted
The fifth annual Phenomenal Women of the Winelands Awards brought some of the district’s most inspiring women together at Paarl Town Hall last Tuesday (25 August), as the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM), Cape Winelands District Municipality (CWDM) and Historium Trust honoured women who continued to make a meaningful difference in their communities. Although their titles and professions varied all the winners, runners-up, speakers and special guests shared one defining characteristic: they are powerhouses, leading by exam-
ple and creating positive change wherever they serve. Among the winners and runners up were three Stellenbosch and Klapmuts locals – Stellenbosch resident Lorraine du Toit (basic education winner), Klapmuts local Leticia Petersen (early childhood development winner) and Stellenbosch resident Christolene Davids (early childhood development, runner-up). Reflecting on the significance of the national milestones commemorated this year, Michael Jonas, director of the ATM, said: “As South Africa commemorates 70 years since the historic Women’s March, 50 years since the Soweto Uprisings and 30 years of our Constitution, we honour the wom-
Michael Jonas of the ATM with Stellenbosch resident Christolene Davids (runner-up: ECD), Leticia Petersen (winner: ECD) and Dr Elna von Schlicht (CWDM mayor).
en of the Cape Winelands who continue to embody the resilience, courage and determination that have shaped our nation’s journey towards equality, human rights and community development.” ROOTED IN HERITAGE Guests were inspired by speakers Ambassador Ruby Marks and Advocate Shirlynn Smith. Marks encouraged women to remain rooted in their heritage, family, culture and traditions, reminding them of the importance of remembering “where our umbilical cord is buried”. Meanwhile, Smith inspired those present with a message of hope and perseverance, emphasising “someone else’s ‘not yet’ does not mean your ‘never,’” encouraging women to continue pursuing their goals despite challenges and setbacks. The artists of the Kayamandi township dinner theatre, AmaZink, lifted spirits with their energetic drumming and singing, while Vicky Brink’s moving vocal performance left many guests visibly touched. One of the event’s most poignant moments was a special tribute to celebrated late poet Diana Ferrus, whose enduring contribution to Afrikaans literature and South African culture was honoured through a memorial segment delivered by family member Lanielle Hartzenberg. The ATM and Historium Trust then presented the inaugural Diana Ferrus Award to Mary Banda, principal of Klein Nederburg
ATM director Michael Jonas with Stellenbosch local Lorraine du Toit (winner: basic education) and CWDM mayor Dr Elna von Schlicht.
Secondary School, in recognition of her outstanding contribution to the promotion of Afrikaans. In her keynote address CWDM mayor Dr Elna von Schlicht reflected on the significance of the occasion as her 10-year term draws to a close. “I have met women who quietly carry the weight of their families, who lead businesses, educate our children, care for the vulnerable, work the land, volunteer in their communities and serve without ever seeking recognition,” she said. “Time and again I have been reminded that the greatest leaders are often those whose influence is measured not by titles, but by the lives they change.” OPPORTUNITIES THAT INSPIRE The Mayor’s Discretionary Award was awarded to Francis Nieuwoudt, general manager of the Drakenstein Business Chamber, for her exceptional leadership in the economic sector and
dedication to creating opportunities that empower, support and advance women in business. The call for nominations for the 2026 awards opened in June, with communities invited to nominate women making a positive impact across the Cape Winelands. In August an esteemed panel of accomplished women judges selected the winners and runners-up in each of the 10 categories. The winners and runners-up were invited to attend the gala event as nominees, unaware they had already been selected for top honours in their respective categories. Congratulating the winners and runners-up, Von Schlicht noted the awards are about far more than recognition. “It is about the lives you have touched, the hope you have inspired and the difference you continue to make in your families, workplaces and communities,” she said.
This Weeks Specials OFFER VALID FROM 2 - 6 SEPTEMBER 2026 While Stocks Lasts. T&C's Apply - The picture of the product in the advertisement may differ to the one instore.
5KG CHICKEN THIGHS
R18499 R109 each
700G SEAFOOD MIX
R109 R4499 99 each
18'S TOILET PAPER 2PLY
R109 R7499 99 each
5KG CHICKEN LEG 1/4
R19499 R109
1KG SUPREME CRUMBED HEART SHAPES
each
R109 R5499 99
3KG CHIPS
1KG CHICKENTIZER STRIPS
R109 R4500 99 each
750G ONION RINGS
R109 R4999 99 each
each
R109 R6399 99 each
1KG HASHBROWNS
R109 R4999 99 each
1KG SUPREME CHEESY STEAKLETS
R109 R6499 99 each
2x1KG CHICKEN FILLETS + (GET THE 1KG SUPREME COATING FOR FREE)
R1000099 R109 each
1KG SUPREME CHICKEN STRIPS
2KG CHICKENTIZER BURGERS PLAIN/SPICY
R109 R6399 99
R11499 R109
2.5KG VIS FABRIEK CHIPS 10/12MM
750G VIS FABRIEK 12MM COATED CHIPS
R109 R5675 99
R109 R2799 99
each
each
each
each
750G SWEETPOTATO FRIES
1KG POTATO SMILEYS
700G 16/20 BRECO HEAD ON EASY PEEL PRAWNS
R109 R4999 99
R4999
R13999 R109
each
each
each
SAMXXX-AL020926
6
Eikestadnuus
BRIEWE LETTERS
3 September 2026
Everyone should obey traffic rules
Briewe van ons lesers | Letters from our readers
Cloetesville community unites for a stranger, while police give 100% I want to share a story from Tuesday night (18 August), and to thank the Cloetesville community and police for something I did not expect. That evening, I was robbed in my flat in Central Stellenbosch. My laptop, backpack and phone were taken. Luckily my phone had a tracking app, so I could call my boyfriend, who traced it as it moved down Bird Street. My brother and I set out to follow it and the tracking led towards Cloetesville, where we happened to drive past a police station with a police car idling outside. We stopped and explained what had happened. My brother left me at the station and set off with two officers to the tracked location,
following directions the whole way through a phone call from my boyfriend. The officers were exceptional, allowing me to wait at the station and responding immediately. When they reached the area, a commotion drew people out and the community rallied to help. They let the search move through their properties without a second thought. Kids on bicycles and skateboards rode alongside my brother, searching everywhere. Some kids playing on a jungle gym spotted the man with the backpack running along a rooftop and the crowd chased him to another house, where he leapt into a garden. From the porches, people called out to help the search. By this point, my boyfriend
arrived with the tracking app and the kids huddled around the phone, trying to orientate the map to the streets around them. More police arrived and more residents joined in, torches out, searching the bushes and the streets. By then, there may have been between 50 and 100 people helping. After 20 minutes, someone spotted the man sprinting away and the crowd chased, though he got away. Then, 10 or 15 minutes later, someone found the backpack in one of the gardens, with everything important still inside. The crowd cheered, high fives and hugs went all round, and the police returned my bag to me safely. None of this would have been possible
without the community. People came together to help someone they had never met, and the police gave their all to help with what was, in the end, a petty crime. To every person who searched that night, to all the kids running, skating and pedalling alongside my brother, to everyone who called out from their porch or opened their yard, and to every officer who helped, thank you. My brother and boyfriend never gave up either, and I am grateful to them. What began as one of the worst nights turned into one of the most heartwarming. I will not forget the kindness of this community.
Anon, Email
On Friday 28 August I was nearly run off the road by a white bakkie recklessly breaking traffic rules as I was waiting to cross Helshoogte Road into La Colline Road, a high accident area. I then drove behind this vehicle into town, where the driver proceeded to double-park on a red line while a passenger exited and went to Stellenbosch Town Hall. I later learnt that the event taking place at the town hall was a Stellenbosch Municipality’s Women’s Month staff celebration. Traffic rules are for everyone, but I would think our elected officials would set an example, especially with elections coming up.
Nicole Holm, Stellenbosch
3 September 2026
KUNS & VERMAAK ARTS & ENTERTAINMENT
Stem vir Matie se top-10-liedjie Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Skryf’it-kompetisie staan nou einde se kant toe en ’n Stellenbosser hoop haar liedjie sal die een wees om die groot prys te wen.
te deel met mense wat dit andersins waarskynlik nooit sou kon hoor nie.” Die FAK-Skryf’it 2026-kompetisie is ’n monument van kreatiwiteit, kultuur en taal. Vir die FAK is dit ’n platform waar nuwe stemme in die Afrikaanse musiekwêreld Lienke Viljoen se liedjie opstaan – jong, vars liriek“Straatligte” is ’n oorspronkskrywers en melodiebouers like verwerking. wat Afrikaans met vuur en Die Matie en top-10-fina- waarheid laat sing. Sy is een van vier Weslis van die FAK-Skryf’it Kaapse inskrywings wat dit Die publiek kan nou vir 2026-kompetisie, Lienke hul gunsteling-liedjie stem en deur vyf stemrondes gemaak Viljoen. het om ’n plek in die einindien “Straatligte” wen, sal dronde te bekom. Lienke se liedjie opgeneem en Elke skrywer het ’n ghoe- roe. Diegene vrygestel word. wat die liedjie“Dit voel nog so ’n klein bietjie onwskrywers help, is die bekende Afrikaanse erklik dat dit selfs moontlik is vir my musiekpersoonlikhede Andriëtte Norliedjie om opgeneem te word. Dit sal man, William Wolf, Danie Reënwolf kleintyd-Lienke én vandag se Lienke uit du Toit van Spoegwolf, John-Henry haar vel uit laat spring van blydskap! Dit Opperman van Klopjag-faam en Ampie. is reeds vir my ’n groot voorreg om net Lienke se gehoeroe is William Wolf. die top-10 te kon haal. Dit gee ’n mens ’n Die kompetisie het stemming deur die hupstoot in selfvertroue om te weet dat publiek gebruik om die beste oorspronkdit nie net familie en vriende, wat dalk like en beste KI-gesteunde liedjie van ’n bietjie bevooroordeeld is oor jou liedelke ghoeroe se vier gekose inskrywings jieskryfvermoëns, is wat in jou musiek te bepaal. glo nie,” sê sy. Lienke is oorspronklik van Middelburg in die Oos-Kaap waar sy haar hoërskoolLÊ VREES OPSY, VAT ’N KANS loopbaan deur tuisonderrig voltooi het. “Dit laat my besef dat wat ek doen dalk Deesdae is sy in die Eikestad om haar iets vir ’n wyer kring mense kan betestudies in sportwetekenskap aan die Uni- ken. As my liedjie eers oor die radio versiteit Stellenbosch (US) te voltooi. speel, sal dit vir seker ’n groot ‘knyp Lienkie het altyd van musiek gehou en my’-oomblik wees, net om seker te die skryf van liedjies was ’n manier om maak ek droom nie. Om iets wat ek self haar kreatief uit te leef. geskryf het oor die radio te hoor, sal ’n “Ek het nog altyd daarvan gehou om groot droom wees wat waar word.” liedjies vir mense te skryf. Of dit nou Lienke se raad aan voornemende liedwas om hulle te vermaak of om iets jieskrywers is om te dink aan wat jy sê vir hulle te beteken, was dit vir my ’n want dit kan iemand se lewe verander. heerlike manier om myself kreatief uit “Dit is seker waar vir meer as net te druk en met musikale ‘verf’ rond te liedjieskrywers, maar moenie dat vrees speel,” verduidelik sy. jou keer om jou drome na te jaag nie. Dit is dikwels juis in die oomblikke WAAR WOORDE FAAL, IS DAAR MUSIEK wanneer jy deur jou grootste vrese in die Vir die student is musiek ’n manier gesig gestaar word wat jy jou grootste om haar uit te druk wanneer woorde deurbrake kry. Dit is dalk presies wat soms faal. Daarom was haar deelname iemand vandag nodig het. Jaag volspoed aan die FAK-Skryf’it-kompetisie ’n gulde agter jou drome aan en vat ’n kans. As jy geleentheid om haar passie uit te leef. ’n spoedhobbeltjie tref, is dit is dalk net “Dit is ’n fantastiese geleentheid om wat jy nodig het om aan die sterre te kan dít wat ek deur my liedjies wil sê daar raak.” buite te sit. Die platform gee my die kans Besoek skryf’it.co.za om vir jou gunstelom my woorde, my wysies en my hart ing-liedjie te stem om die topvyf te bereik.
.
Dorpskalender | Town calendar SATURDAY 5 SEPTEMBER Simondium: Join the Clash of the Chefs event at DAWN MOUNTAINS from noon for delicious food, great wines and entertainment to raise funds for The Kusasa Project and Link2Grow. A group of top chefs will prepare meals in this exciting cook-off. They are Christo Pretorius (12 Apostles), Loríanne Heyns (JÉAN), Charles Solomons (Erinvale), Sivuyile Kwaza (Cape Point Vineyards), Christopher Msiza (La Petite Colombe), Thabiso Kabai (FYRE Dining) and Germaine Esau (Groot Phesantekraal). Ashley Dokter-Mosotho (ASH at Diemersfontein) and Caro Alberts (chef, food stylist and presenter of Koskaskenades) will be the MCs, while Lize Mynhardt will perform and Doug Gurr will be the auctioneer. Tickets, at R750 each, include a multi-course lunch, served family-style, a welcome drink, two bottles of wine per table and complimentary water. Bookings: Joan-Anne on 082 442 6545 or info@southernstroll.com. TUESDAY 15 SEPTEMBER Stellenbosch: African Drumming Tuesdays at the STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM will be held from 13:00 to 14:00. It aims to enhance wellness and well-being on campus, with sessions free and open to all. Contact Ricky on 021 808 3660 or rickyb@sun.ac.za to book. WOENSDAG 16 SEPTEMBER Stellenbosch: Die ledevergadering van die STELLENBOSSE HEEMKRING word om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellen-
bosch-Wes gehou. Die spreker is dr. Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Die onderwerp is “Die WAT op pad na die volgende honderd jaar”. Die WAT is die mees omvattende woordeboek van Afrikaans. Die bespreking sluit in ’n kort, geskiedkundige oorsig van die eerste eeu van die WAT; sy rol as omvattende woordeboek; ’n verduideliking oor hoe die WAT van ’n standaardwoordeboek soos die HAT verskil; ’n blik op hoe die WAT saamgestel word (vanaf materiaalversameling tot die skryf van die woordeboekartikels); en toekomsplanne vir die WAT. Almal welkom; RSVP teen Maandag 14 September by sbosheemkring@gmail.com. Aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar. Stellenbosch: Join the Wednesday Museum Walkabouts exploring SU MUSEUM’S various collections from 13:00 to 14:00. The initiative aims to share the facility’s permanent art and historical collections with the public. Admission is free. To RSVP, contact Ricky Brecht on rickyb@sun.ac.za or 021 808 3660. THURSDAY 17 SEPTEMBER Somerset West: The REACH FOR RECOVERY breast cancer support will hold a free talk by specialist surgeon Dr Dewald Coolen on “The role of robotics in breast cancer surgery”. The talk will be held at 09:30 for 10:00 in the Training and Development Room at Mediclinic Vergelegen. All welcome. Refreshments will be served after the talk. For enquiries, call 082 357 0497.
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMEEN 3680
KRUIEKENNER 1435
(:%&%"68%6#*"#6 (%!:&#$ (:,:5028!: &0://:+#)5"64 <7)1.7:.75<7$10=1 5):1 9+ :7,$7: #):!:/5<:52$/25 )< 1)+07$1431)+5./0$52:#$525 ,27 #:50)7>: #):!:/5 :+ '::50:7>:71;
#$"%! '& %() *)&%
.- #0030. +3.5 #11 *-,2 42-!16/0 7)''$+()"%#&&
+#! #+, $!$" )*%""#"$"$&(+$""'$!
GENERAL & HOME SERVICES ELEKTRIES 1810
%))7-$/28: '::50:71$+0))74 $-<0:+$7: :+ :7,$7: #):!:/$!-2+2507$0:.75 >)7! $$+8:-):!28 )- $$+5):1 0: !):+; 6,??1 =51, '4 72921/)20,)+157;2>3.53<2 *//: $$+5):1: 507:+8 ,:707)./21; )*#,,!-,('&+),",%-$
!*9&"&**/8 537!-3%-3 (%97&"$ 1/%<<%9(71'# %3>3,B)-53 4.6A@.3@.,4."AB8A )9 $B3??39!6,=+ +3B 09 46, !3,A)A!"". >). 09 A"95)5""B4.6A@.3@.2
! #>N'!%= ! #>%%9%>= ! 'N=P:,=P%>= ! :,=PNA! B,*PNA%= ! =<@;%= ! ,N>*@A=
=,L%=" =%>;N*% + =?,>%= <O3$ .HI 0I0 MFF0 .HH EHI .77E 8C5G0F.)62-53K&/2 ME D-1 >5O(OO&4 >Q" ?--J3 ! A@: ,L=@ =%LLNA! A%: ,??LN,A*%= )*#""""'%#&(+$!"$$'
BETREKKINGS
')3 )53"?3 A"95)5""B ), 4.6/3,,)6933?7 +".5;3.A3957 -635 -36.-"9),33.5 39 +3B 09 !3,6953.3 !3?"9-,B3??)9- )9 ?)B)-",)3 39 A6<<3.,)1?3 .3-2 %63)3 ,A.)/B3?)A3 39 <6953?)9-3 A6<<@9)A",)3>"".5)-+353 )9 */.)A""9, 39 &9-3?, ), !3?"9-.)A2 $B@@. 09 A6.B (# 39 "A"53<)3,3 .3A6.5 9": 4+,A;+)?;>,026+=.@0.:+ *??3 ""9,63A3 ;6.5 >3.B.6@?)A +"9B33.2 )*%,,#",(#'+),$,&"!
Eikestadnuus
7
7./004!=
("!%$#&'"!!#
"*('!) # $*%%
-))+ /%* '#, !.) +%&%,* $0"(
8A?46!;%A /!A%!"?@ (35 ,,- 3,2(
8A?46!;%A /!A%!"?@
(35 ,,- 3,2(
<+&4;6) >A?46!;%A*4!A%!"?@1%"9:=&A!;4*#"*$4
!%
*)$'!+.-
/,( ")) #,$( *)$'!+.- .001&
+' *--'"( -. -#' &.$$.,!"%) *=1;@25 5F"B7E *6FE? .B.2E %2"@B7) )20E2FE #"7B?"F0 B7E?"=="?B17E $F2EE6F2 ! -=13 F"?2 .F1>=2:E &=2:27? ! ?D2F:1E?"? F2.=";2:27?E 'F"B7 ;":2F" B7E.2;?B17
*%) 557 %5"* $'3/6(!9'./('9(83&, 980124'(!/.-8.+/
#$ "!%'& *$!,(', +&%% )&##&!" (2==8 G/9 +49 G<<C 1F .=6:>B7),>?A):"B=,;1: )!&##&#&#%'")#&#($(
"! $8+$::3)@/ > $::3 $84")20 $::3 *B8"@ ! *:"C #"C8242::3)@/ '8@82"B 4")@C)@/ '<CC82 ! ("0;)"0
3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
6?7 55. .56, &</- %"229 65A 115 A6=6 (!%##%#%%#&"(#%#'$'
ALLERLEI 1655
MY NAAM is Adam van Platteland Piketberg 'n Christelike jongman en ek drink en rook nie. Baie eerlik en betroubaar en ek is dringend opsoek na inslaap huisskoonmaakwerk. My WhatsApp nommer is 063 329 7773 of 065 519 1475. Kontabare verwysing Keith Goodwill 082 558 3262 of 083 980 6558.
5/()3 7$""/
624 """
!+,%3. #3,0/1 "-$ 2&& '&"* ()%##$#$"#&*(!$#'!"
sementwerke
cement works
Sedert 1954 Since
3 September 2026 – 9 September 2026
( 021 873 1154 • sales@lategans.co.za • www.lategans.co.za NM10072034-EN030926
Die beste hokkie in die land! Die hokkiespanne van Paul Roos Gimnasium het ’n uitstekende en geskiedkundige seisoen agter die rug, met dié skool wat spog met die titel van die algehele nommer een seunshokkieprogram in die land. Dit was veral die bydrae van die o.19A-span (foto) wat die skool se status op die punteleer versterk het, met die span wat vir die eerste keer in die skool se geskiedenis amptelik die kroon as die topspan in Suid-Afrika dra. Die o.16A-span het ook ’n bydrae gemaak, met ’n algehele tweede plek in dié ouderdomsgroep, terwyl die o.14A-span ook die eerste plek op die punteleer behaal het. “Dis ’n merkwaardige prestasie wat getuig van harde werk, toewyding en die karakter van die spanne. Veels geluk aan ons spelers en afrigters,” lui ’n inskrywing op die skool se Facebookblad.
SU Paralympian tops Another trophy for Kruger’s mantel
P
aralympian and Stellenbosch University (SU) athlete Simoné Kruger received top honours at the South African Sports Awards.
The 21-year-old field para-athlete won the Sportswoman of the Year with a Disability award at the 19th edition of the glitzy event, presented by the Department of Sports, Arts and Culture at the Sun City Superbowl on Saturday 19 August. The other nominees for the award were sprinter Sheryl James and tennis star Kgothatso Montjane. This award will shine brightly on Kruger’s mantel alongside the Brand South Africa Para Sport Star of the Year award she received at the 2026 gsport Awards on Saturday 8 August, along with the two trophies she clinched at last year’s SA Sports Awards for Sportsperson of the Year with a Disability and Junior Sport Star of the Year. It was especially her achievements at the 2025 World Para Athletics Championships in New Dehli, India, that set
the talented discus and shot-put athlete apart. During the meet, Kruger successfully defended her F38 discus world title. The BSc Sport Science student is also a celebrated member of the SU community, having been named the SU Sportswoman of the Year with a Disability for three consecutive years. “Born with cerebral palsy following a prenatal stroke, Kruger has overcome significant physical challenges to become a world champion – learning to throw the discus left-handed despite hemiplegia affecting the right side of her body,” a social media post from SU declared. Maties Sport also congratulated Kruger on her national honour. “A huge congratulations to our very own Simoné Kruger on being crowned Sportswoman of the Year with a Disability at the South African Sport Awards,” a post on Facebook read. “Simoné’s incredible talent, dedication and unwavering commitment continues to inspire. We are incredibly proud of you!” The national awards looked back on
Para-athlete and world champion Simoné Kruger (centre) is flanked by South African rower Sizwe Ndlovu and media personality Stacey Holland, who presented the award to her.
19 years of celebrating sporting excellence, unity and national pride. Under the theme “Crowned in Greatness” the evening honoured athletes who built the country’s sporting history and celebrated the new generation. The Sport Star of the Year award went to Olympic sprinter Akani Simbine and the Protea men’s test cricket team won the coveted Team of the Year prize.
FOLLOW THE ACTION 2026 season finale
EPISODE #30
03 SEPT
FROM THE TRYLINE TO YOUR TIMELINE The Rugby Factory's final episode for the season, proudly brought to you by BOSSA, features a special farewell to Sean Erasmus. One of South Africa's most successful schoolboy coaches in recent years departs Paarl Boys High to take up the head coach role at Stellenbosch University. The episode celebrates Erasmus's remarkable achievements in school rugby and marks the end of an era at Paarl Boys High whilst looking ahead to his new challenge at university level.
Playoff action kicks off The attention of club rugby fans shifts to the super league playoffs this Saturday (5 September). All three Super League A teams from the Stellenbosch area will feature in Bottom 8 clashes after they finished in the lower half log. Stragglers Van der Stel-Evergreens will travel to face Kuils River, SU Maties will host Unimil and Franschhoek will be on the road for a clash against Brackenfell. In Super League C, stellar seasons for Pniël Villagers and Kylemore will see them battle it out for glory in the Top 8, while Raithby Universals will vie for honours in the Bottom 8. On Saturday, all three teams will host their opponents, with Pniël hosting Eerste River, Kylemore locking horns with Gardens and RU welcoming Atlantis. All the playoffs will kick-off at 15:00. Meanwhile, after a regional break this past weekend, teams in the Northern League will return to action on Saturday, with two derbys scheduled in the Stellenbosch area. Struggling Cloetesville will give it their all when they host league leaders Blue Stars United, while Blakes will welcome Excelsior in the other derby. Stellenbosch-Coronation, who have found great form over recent weeks, will be on a bye, while Faure will host Gordon’s Bay Pioneers in Macassar.