Skip to main content

Eikestadnuus - E-Edition - 3 October 2024

Page 1

Eikestadse ACVV vier 120 jaar en sien uit na nog meer - 3 3 Oktober 2024 - 9 Oktober 2024

EikestadNUUS

GRATIS | FREE

Nuus net vir jou sedert 1950

Jamestown vier 100 j.

Jamestown aan die suidelike buitewyke van Stellenbosch het Saterdag (28 September) sy 100ste bestaansjaar amptelik gevier. Die eeufees het onder meer ’n staptog deur die dorp, ’n paneelbespreking en die opening van die Jamestown-museum ingesluit. ’n Fotosessie is gehou en soos die eerste inwoners van die dorp het inwoners Saterdag op die trappe van die Ou Skoolsaal bymekaar gekom om ’n geskiedkundige foto te neem. Lees meer op bl. 3.

Vier rowers blitsig vas Yaël Malgas Speurwerk en vinnige optrede deur drie Klapmutspolisiebeamptes het vier verdagtes agter tralies laat beland nadat hulle vroegoggend na bewering ’n vrou beroof het. Sers. PJ Pietersen en sy speurder-kollegas AO Brian Crozier en sers. Justin America was op die spoor van Jowayne Willemse, Jeremy Geland, Faseem Figliomend en Ethan Grewer omdat hulle verdink is van ’n rooftog op Woensdag 18 September. Volgens die klaer was sy om 05:40 naby die Pinotage Villas onderweg toe sy deur vier mans genader en met ’n mes gedreig is. Die vrou het dit goedgedink om liewer haar besittings aan

die groep te oorhandig en hulle is weg met haar rugsak wat onder meer haar bankkaarte en geld bevat het. ’n Lid van die plaaslike buurtwag meen rooftogte soos dié is ongelukkig die norm in die buurt. “Douvoordag, soggens van 04:00 en later, loop die boewe met toegemaakte gesigte. Baie van ons mense moet soggens vroeg na die stasie en taxistaanplekke stap en dit is wanneer hulle geteiken word,” verduidelik die buurtwag-lid. Op daardie betrokke Woensdag het die polisiebeamptes die verdagtes agternagesit en die groep aangekeer nog voordat hulle uit die buurt kon vlug.

Sedertdien het die verdagtes in die Paarlse hof verskyn en staan tereg op ’n aanklag van gewapende roof het Sers. Madilyn Dombas, polisiewoordvoerder vir Klapmuts, bevestig. “Ons as die Klapmutsbuurtwag kry heelwat klagtes van vroegoggend-rooftogte en vra die gemeenskap om asseblief hul besittings aan die rowers te oorhandig. Maar maak tog seker jy gee ’n goeie beskrywing aan die polisie sodat hulle die regte mense kan aankeer.” In hierdie geval van die vier verdagtes het ’n goeie, akkurate beskrywing deur die klaer gehelp om die regte kwaaddoeners op te spoor.

Die Klapmuts-veilig­heidsinisiatief is vanjaar gestig in ’n poging om ’n gemeen­skaplike en gesamentlike misdaadbekamping te bewerk­stellig. Hierdeur werk die plaaslike polisie, buurtwagte en die gemeenskapspolisiërings­forum (GPF) saam om ook voorkomend op te tree. Vier lede van die Klapmutsbuurtwag is ook onlangs deur die Stellenbosch-munisipaliteit aangestel as veiligheidsmo­nitors wat saam met wetstoepassingslede werk. Die buurtwaglid sê inwoners word veral ingeloop met OTMbedrog by die Shopritesentrum. Dit blyk veral op dae te wees

IT’S SPRING TIME!

Car Care Clinic

BREAST CANCER

WE SUPPORT THE FIGHT AGAINST BREAST CANCER!

3RD SERVICE

3RD SERVICE

ON US!

ON US!

THE CHEAPEST OF YOUR 3 SERVICES IS FREE

THE CHEAPEST OF YOUR 3 SERVICES IS FREE

VISIT WWW.CARCARECLINIC.CO.ZA FOR THE FULL TERMS AND CONDITIONS

VISIT WWW.CARCARECLINIC.CO.ZA FOR THE FULL TERMS AND CONDITIONS

L E T

U S

S E RV I C E

:072 511 9724

35 George Blake Street Plankenbrug

Email: stellenbosch@carcareclinic.co.za

,

R E PA I R

A N D

M A I N TA I N

YO U R

AWARENESS MONTH

GET YOUR

GET YOUR

STELLENBOSCH Service Centre

:021 110 0766

wanneer staatstoelaes uitbetaal word dat skelms toeslaan. “Wetstoepassers help om dadelik te reageer en hier ook help dit indien inwoners goeie beskrywings aan beamptes kan verskaf.” . In ’n afsonderlike voorval het ’n wenk die Klapmuts-polisie na ’n onwettige vuurwapen gelei wat danksy hul optrede uit die strate verwyder is. Sers. Madilyn Dombas, het inligting ontvang dat ’n verdagte in besit van ’n vuurwapen is. Met die hulp van verkeersbeamptes en die Boland K9-eenheid was Domas op die spoor van Ashwin Visser. Op Vrydag 27 September om 19:45 het die wetstoepassers Visser opgespoor en hom in hegtenis geneem op ’n aanklag van die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Vrou vroegoggend beroof

V E H I C L E

BOOKINGS CAN BE MADE ON OUR WEBSITE www.carcareclinic.co.za

F O R

YO U

and they love us!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook