WHERE QUALITY MEETS CONVENIENCE
NEW STORE OPENING
OK Foods Stellenbosch opens on Thursday, 31 October at Eikestad Mall! Check out our exclusive launch offers inside.
Address: Eikestad Mall, 81 Andringa Street, Stellenbosch, 7600. Trading Hours: Monday – Sunday: 08:00 – 19:00, including Public Holidays.
31 Oktober 2024 - 6 November 2024
EikestadNUUS
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
Somerset West - 021 851 7160 Stellenbosch - 021 887 3618
Besorgde inwoners se bevinding
Vertroue in polisie kwyn Yaël Malgas In tye van nood en wanneer ’n misdryf gepleeg word, sal Stellenbossers eerder private sekuriteit as die polisie ontbied.
Colourful, flower-full parade The annual Garden Town Stellenbosch parade of colour and flowers blossomed in the town on Tuesday (29 October). Stellenbosch locals like the actor Denver Vraagom (pictured) and visitors to the town, took to the streets for the annual parade. Garden tours, screenings of flowerrelated films and an extravaganza of flowers in the Stellenbosch Town Hall are just some of the Garden Town Stellenbosch highlights this year. Visit the “Visit Stellenbosch” Facebook page for a full programme. Photo: Francois Lombard
Dit is van die bevindings van ’n groep besorgde inwoners wat streef om statistieke oor misdaad in te win. Die groep het met inwoners van onder meer Onderpapegaaiberg, Jamestown, Jonkershoek asook die dorpsgebied gesels. Volgens die bevindings voel inwoners oorwegend misdaad in die Stellenbosch-gebied het toegeneem. Daarom was brig. Sandile Sonjani, bevelvoerder van die Stellenbosch-polisie, se pleidooi vir polisiegemeenskapsamewerking by Dinsdag (29 Oktober) se gemeenskapspolisiëringsforum-verkiesing nie verbasend nie. “Stellenbosch is die afgelope weke baie in die nuus – en nie vir goeie dinge nie. My hoop is daarom dat hierdie nuwe gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sal help om ’n nuwe weg te baan vir misdaadbekamping.” Só het Sonjani aan die nuut verkose
GPF-bestuur wat deur die rolspelers verkies is, gesê. Cloetesville, wat Idasvallei insluit, het Saterdag (26 Oktober) sy nuwe GPFbestuur vir die volgende vier jaar verkies. Die Cloetesville-polisie se bevelvoerder, lt.kol. Monique Fortuin, het ’n kort oorsig oor misdaad gegee. Sy het verduidelik kontak-misdrywe – meestal moord en poging tot moord – is in die meeste gevalle bendeverwant. ’n Fokus van die plaaslike polisie is om die veiligheid van matrikulante gedurende die nasionale eindeksamen te verseker. Terselfdertyd word vir die feesseisoen beplan en Fortuin meen daar is ’n jaarlikse verskynsel wat aangepak moet word. “Dit gebeur baie keer dat beskuldigdes in bendeverwante sake hierdie tyd van die jaar vrygelaat word. “Dit het natuurlik ’n invloed op die misdaad in die feestyd en ons [as die polisie] kyk hierna,” het sy verduidelik. Daar is ook goeie nuus van die Cloetesville-polisiekantoor wat onlangs 11 nuwe konstabels ryker geword het. V Na bladsy 2