2 Oktober 2025 - 8 Oktober 2025
GRATIS | FREE Nuus net vir jou sedert 1950
NM10030748-EN021025
SU rector inaugurated Staff and students of Stellenbosch University (SU) officially welcomed their 13th rector, Prof Deresh Ramjugernath, at his inauguration on Wednesday 1 October at Endler Hall. In his address he set out his vision, to make SU an innovative and transformative institution “in service of society.” Ramjugernath, also vice-chancellor of the institution, officially took office on Tuesday 1 April. He paid tribute to his peers for the welcome he received from them and said he felt honoured and humbled to take stewardship of the university. He welcomed the opportunity to play his part in enabling students, staff and alumni reach their full potential, not only in Stellenbosch, but across the country, on the continent and globally. SU chancellor Dr Lesetja Kganyago and registrar Dr Ronel Retief presented Ramjugernath with his official robes. Photo: Yael Malgas
Tweede plaasrooftog betyds gestuit
Rowers teiken Klapmuts Jana Scheepers
K
lapmuts se plaasgemeenskap is die afgelope naweek deur ’n gewapende huisrooftog deur klapmusrowers geteister, terwyl ’n tweede voorval moontlik verhoed is toe ’n plaaseienaar ’n verdagte in sy spore gestuit het. Inwoners van ’n plaas buite Klapmuts is Sondagoggend vroeg, omstreeks 02:30, in hul huis langs die R101, oftewel die Ou Paarlpad, in ’n gewapende rooftog oorval toe vyf rowers toegang tot hul woning verkry het. Die plaas is in die rigting van Kaapstad geleë, naby die kruising van die R304 en die Ou Paarl-pad. Volgens ’n ingeligte bron het die inbrekers glo die veiligheidshek van die sitkamer met ’n koevoet oopgebreek om die huis binne te dring. Volgens sers. Madilyn Dombas, ’n woordvoerder vir die Klapmuts-polisie, is ’n inwoner deur ’n harde geluid uit die bed gejaag. Hy is deur ’n onbekende man
met ’n klapmus, rubberhandskoene en ’n koevoet in sy hande in die slaapkamer verras. “Die inbreker het toe aan die inwoner gesê hy moet stilbly en hom na ’n ander kamer geneem,” sê Dombas. In die ander kamer het hy nog vier mans – almal met klapmusse en rubberhandskoene – gewaar. Die rowers het glo die huis deursoek en drie selfone, juweliersware, geld, skootrekenaars en ’n luidspreker (soundbar) gebuit. Dombas sê die gesteelde items het ’n geraamde waarde van R64 000. “Dié voorval dien as herinnering dat inwoners van die (Klapmuts-) omgewing waaksaam moet bly. Veiligheidsmaatreëls moet ingestel wees en misdadige aktiwiteite moet onmiddellik by die polisie aangemeld word. Inwoners word aangemoedig om na mekaar se veiligheid om te sien,” het ’n anonieme bron gesê. In ’n afsonderlike voorval is ’n vermeende boef in sy spore gestuit waar hy by ’n plaas langs Proteapad se hek gehurk het. Volgens Erica de Villiers, ’n woord-
voerder vir die Klapmuts-plaaswag (KFW), het die plaaswag omstreeks 20:30 ’n noodoproep van die plaaseienaar ontvang. De Villiers voer aan dat die veiligheidstelsel beweging by die hoofhek van die plaas gewaar het. Die wag het ’n flitslig na die gebied geskyn en ’n man geklee in ’n swart broek en baadjie gewaar. Die man het glo in die lang gras gehurk en sy gesig kon nie gesien word nie. Die Paarl-polisie, wat hierdie voorval ondersoek, het nie op Eikestadnuus se navraag gereageer nie. Die KFW- en Klapmuts-polisie is dadelik in kennis gestel, waarna KFW-lede die gebied gefynkam het om “moontlike ontsnappingsroetes toe te maak”, sê De Villiers. Twee private veiligheidsmaatskappye was kort ná die noodoproep ook op die toneel. Twee beamptes het infrarooi toestelle gebruik om die gebied te deursoek. Hul pogings was egter sonder sukses. Die twee voorvalle volg minder as ’n maand ná ’n plaasaanval op die bessie-
plaas, wat ook langs die Proteapad geleê is. In dié plaasaanval en rooftog het ’n egpaar omstreeks 02:00 op Woensdag 10 September wakker geskrik nadat hul slaapkamervensters stukkend geslaan is en drie rowers toegang tot hul huis verkry het (“Paar op plaas aangeval”, Eikestadnuus, 18 September). Die rowers was met onder andere ’n geweer gewapend, waarmee skote glo afgevuur is. Die Klapmuts-polisie het slegs leë patroondoppies op die toneel gevind. Die egpaar het hulle in hul badkamer toegesluit en hulp ontbied. Van die gesteelde eiendom sluit elektroniese toestelle en beursies in. Die polisie ondersoek blykbaar die moontlikheid dat vier oortreders by die aanval en inbraak betrokke was, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Die Klapmuts-polisie ondersoek ’n klagte van huisroof in verband met hierdie plaasaanval. Dit is onbekend of enigiemand al in hegtenis geneem is nadat die polisie nie op Eikestadnuus se navraag reageer het nie.