29 Mei 2025 - 4 Junie 2025
GRATIS | FREE
Nuus net vir jou sedert 1950
NM10009861-EN010525
Lenny spreads love
Mediese dienste na die mense gebring
Nuwe kliniek het suster in die saal Yaël Malgas
Mediese dienste op hul voorstoep is wat plaaswerkers en Idasvallei-inwoners nou kan geniet danksy die Sha’p Leftkliniek in Rustenberg.
Lenny the Leopard, mascot for the Cape Winelands District Municipality’s Disaster Management Centre, playing with children from Khayamandi at the launch of Child Protection Week at the local sport grounds on Tuesday (27 May). Children of local early childhood development centres enjoyed the day with municipal health officials, firefighters and paramedics, among others. More on pg 4. Photo: Yaël Malgas
Security guard killed at sports clubhouse - 2
Aan die stuur van die nuwe kliniek, wat Saterdag (24 Mei) sy amptelike opening gevier het, is suster Mary-Anne Saal, wat byna drie dekades se ondervinding as verpleegster het. Haar oud-kollega, suster Yvette MacDonald, sê sy is glad nie verbaas dat Saal nou aan die stuur van haar eie kliniek is nie. “Sy was nog altyd die soort wat bereid is om die ekstra myl vir haar pasiënte te stap. Sy wou nog altyd ’n verskil in die gemeenskap maak waar sy werk – ’n ware Florence Nightingale met ’n liefde vir mense. Ons as haar oud-kollegas wens haar alle voorspoed toe en is seker sy sal ’n sukses van hierdie geleentheid maak,” vertel McDonald. Saal is oorspronklik van De Aar en vertel hoewel sy aanvanklik ’n maatskaplike werker wou word het sy besef dit is ’n beroep waarin sy moontlik te betrokke by haar kliente sou raak. “Ek besef toe verpleging is beter en ná my studies was ek by die Helderberg-hospitaal vir 20 jaar. In dié hospitaal het ons vele gevalle gesien waar intervensie op kliniek-vlak dalk
“Sy was nog altyd die soort wat bereid is om die ekstra myl te stap.” pasiënte sou gehelp het om baie van die siektetoestande te voorkom. Ek wonder toe wat is dit presies wat werklik op kliniekvlak gebeur en wou daar begin praktiseer. Jy moes egter in kliniese verpleegkunde opgelei wees om by klinieke te werk en daarom is ek toe weer terug na my studies,” verduidelik Saal. Sy sê as enkelouer was dit ’n moeilike besluit om haar voltydse pos te los om hoër onderwys weer aan te pak. Ná haar studies was Saal weer in ’n kliniek in Strand, maar die idee van terugkeer na ’n meer landelike kliniek, soos die van haar kinderdae, was altyd in haar agterkop. Saal reik toe uit na die Cipla-stigting wat streef om meer verpleegster-entrepreneurs te bemagtig deur hul Sha’p Left-klinieke wat in skeepsvraghouers gehuisves word. Andrew Stuart en David Grier van die farmaseutiese maatskappy se stigting, verduidelik die doel is om die gaping tussen staats- en private mediese dienste te vul. “Die Sha’p Left-projek het ’n nasionale voetspoor, maar die meeste van ons klinieke is in die Wes-Kaap. Die grootste van ons klinieke is in Mfuleni,
Bejaarde wag dekades vir titelakte -8
waar sowat 3 000 pasiënte maandeliks dié kliniek besoek en alles van algemene ondersoeke tot kroniese mediese sorg ontvang. Danksy die aard van die kliniek is dit ook maklik om van perseel te verskuif indien ons vind dit is nie die beste ligging vir pasiënte nie,” verduidelik Grier. Stuart sê in Rustenberg se geval was dit belangrik vir die plaaseienaars dat hul werkers vinnige en maklike toegang tot primêre dienste het. “Die klinieke is toegerus met alles wat nodig is vir suster Saal om na hulle om te sien. Ons maak ook seker dat al ons fasiliteite aan al die nodige vereistes voldoen en ons het ’n verstandhouding met die Wes-Kaapse departement van gesondheid om die beste diens moontlik te bied,” sê Stuart. Saal meen ook die dienste op Rustenberg se voorstoep is ook meer doeltrefend vir plaas-bedrywighede aangesien ’n drywer ook werkstyd kwyt is wanneer hulle werkers van en na klinieke in die dorp moet vervoer. Konsultasiesfooie is minimaal en sluit medikasie in. NA BLADSY 2
Tylon tells tale of Afcon achievements - 11